Die rower siekte

Februarie 27, 2008 at 7 : 54 114 Kommentaar

Vandag mag julle my maar kruisig.   Daar was op ‘n stadium ‘n grappie oor waarvoor Vigs staan – Vreeslike Irriterende Gat Siekte.  En dit is waar – in my geval.  Daar is baie mense wat kan getuig dat ek selde weier om ‘n geldjie vir ‘n goeie doel te gee.  Tog gee ek nie ‘n sent vir Vigs nie.  Ja, Vigs is ‘n verskriklike siekte met miljoene onskuldige slagoffers.  Die mense gaan ‘n lelike dood te gemoed.  Baie navorsing word nog benodig en navorsing is duur.  Vigs is ‘n waardige cause, maar nie een wat ek ondersteun nie.  Hoekom?Eerstens – Vigs ontneem aandag van ander erenstige siektes:  Vandat Vigs op die toneel verskyn het en bekende mense op die seepkis geklim het, is ander siektes onder die mat gevee.  Vigs is nie die enigste vreeslike siekte wat bestaan nie.  Wat van kanker, tering en malaria om net ‘n paar te noem.  Siektes wat steeds meer lewens eis as Vigs – oor ‘n korter tydperk en ook met intense lyding.  Mens sal sweer dat Afrika net Vigs as ‘n siekte het.  Daar word daagliks nog na asem gesnak oor hoe lank ‘n HIV positiewe persoon kan normaal lewe met regte bestuur.  Tweedens – Te veel fondse gaan na Vigs.  Ek dink Vigs laat ‘n paar mense, veral in Suid-Afrika, word skatryk uit Vigs.  Kyk wat die regering elke jaar aan Vigs programme spandeer.  Elke iemand wat iets goeds wil doen, doen dit vir vigs.  Daar is verskeie elite funksies, wat almal gaan na Vigs.  Vigs kry meer fondse as enige siekte of projekte – tog lyk dit nie of daar ‘n verbetering kom nie.Derdens – Vigs is ‘n vervelige siekte.  Nee, regtig, griep is 10 keer interessanter.  Boonop is HIV ‘n baie delikate sieletjie.  Buite die liggaam vat dit nie veel om die outjies te dood nie.  Vierdens – Toekomstige siektes word geignoreer.  Wat doen Suid-Afrika byvoorbeeld om ‘n siekte soos Malkoeisiekte te beveg?  Ja, Suid-Afrika se mal koeie is almal op die blog en sal nie geëet word nie.  Tog is dit iets wat een of ander tyd sal kop uit steek.  Van prion siektes gepraat, doen Suid-Afrika enige navorsing op siektes soos Creutzefeller Jacobs, Alzheimers of Parkinsons?Vyfdens – Armoede, sanitasiegebrek en opvoeding dra daartoe by dat Vigs nie voorkom word nie.  Die sukses van vigs bevegting lê in voorkoming.  Gratis kondome is nie genoeg nie.Laastens – Vigs is die enigste siekte wat polities beskerm word.  Dit gee Vigs ‘n stigma wat geen siekte verdien nie.  As politiek Vigs beveg het, was die krisis 20 jaar terug opgelos.Toemaar, ‘n mens kry net Vigs net een keer.  Ha Ha Ha – Nog ‘n stort storie.  Mens kry meer as een vigs virus en jy kan met meer as een besmet word.  Wat is julle opinie?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die Huissensasie Afgryslik en onaanvaarbaar

114 Kommentaar Add your own

  • 1. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 02

    Is ek eerste???

  • 2. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 07

    Bos

    Hallo, jy is.

  • 3. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 08

    Bos

    Ek is seker jy het ‘n boek wat jy wil skryf.

  • 4. Mary-Nash  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 10

    môre almal

    ek gaan my nie uitlaat oor vigs nie

  • 5. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 12

    JAAAAAAA!!!!!!!! Ek is eerste!!! Whooo hooo!!!

    @ Adrie

    Ja, jong, dit is nou n teer puntjie die, maar jy is absoluut reg! Vigs is al so holrug gery in ons land soos Steve se rondlopery.Ek meen, hoeveelkeer moet die regering nog pamflette en geite druk om die nasie te waarsku teen die gevare van vigs? In die tyd en eeu sou mens tog dink dat hulle nou al sou leer jy loop nie in die reen sonder n sambreel of reenjas nie. Maar lyk my die dokters raak nou soos fasionistas. Eers was dit die groot K (wat waardig is om n kuur voor te kry) en toe skielik is dit Vigs voor en vigs agter. toe kom die voelgriep storie en toe dit verby was weer Vigs. Kry n kuur vir die verdomde siekte man, hou op om met kos te speel, soos beet en dinge!! Dit help absoluut forkol!!!!

  • 6. Michael  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 13

    hey almal
    Ek wil nie eers begin met die vigs storie nie ek glo daars genoeg plek op die blog nie

    Maar ja ek stem 100% saam met wat hier bo staan

  • 7. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 15

    @ Adrie

    Het klaar geskryf oor die topic,soos jy kan sien, ma my boek, boek kry ek nerens!! Sal die naweek gaan grawe en grou tot ek hom kry!!

  • 8. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 20

    Bos

    Ek het van jou boek oor die topic gepraat.

  • 9. DEON  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 28

    Hallo Girls en Boys,

    Iewers in Habekuk in die Bybel word al gepraat van die mens se waardes wat verander en daar sal ‘n pes uitbreek ensv. nie seker presies waar dit staan nie miskien weet julle.

    Ek weet julle ken my as die jipse mannetjie op die blog maar moet self se my waardes is edel…

  • 10. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 30

    Dagsê almal.

    Vigs word veroorsaak deur losbandige seks, en is dus die straf wat God die mens toedien daarvoor. Dis al wat ek daaromtrent wil sê!

    Mag almal ‘n gesonde en geseënde dag hê!

  • 11. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 32

    My gedagtes vir die dag:

    Ons liefde moet eg wees sonder toneelspel

    Julle moet mekaar hartlik liefh soos broers.

    Die een moet vir die ander respek h.

    In julle werk moet julle nie laat slap l nie maar hard werk.

    Wees geduldig as julle in die moeilikheid is en moenie ophou bid nie.

    As iemand julle kwaad wil aandoen bid dat God hom sal seen moenie bid dat God hom sal straf nie.

    As ander mense gelukkig is wees saam met hulle bly.

    En as hulle bedroef is deel dan saam met hulle in die smart.

    Moenie julle belangrik hou nie maar maak vriende met eenvoudige mense.

    Al sou iemand julle kwaad aandoen moenie hom daarvoor met kwaad terugbetaal nie.

    Moenie toelaat dat die kwaad jou wen nie maar jy moet die kwaad oorwin deur goed te doen.

    Dien die Here met volle ywer. 🙂

  • 12. Verons  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 40

    More more!
    Die rede hoekom Vigs deur die regering beskerm word is omdat meer as die helfte van hulle met die virus besmet is!!

  • 13. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 8 : 43

    Gawie

    Selfs as n STD, is Vigs maar lame. Daar is baie beter STD’s vir straf.

    Verons

    Vigs is wereld wyd polities beskermd, nie net hier nie. Dit was eindlik om die gay gemeenskap teen diskriminasie te beskerm. Die gays het dit egter head on gepak, in so ‘n mate dat hulle dit nie meer regtig vrees nie. In die eerste wereld lande is Vigs nie meer ‘n probleem nie.

  • 14. DEON  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 01

    Oubaas

    Ek dink nie die standaarde en edele inbors bestaan onder mense eintlik wreed en sonder waardes grootgemaak word…….hulle wil nou die kinders in die skole laat eeds en dinge afle maar back at the ranch is daar net geen meer opvoeding nie…ons mense wat nog in God glo moet maar net aanhou bid ek weet ons is seker almal gelyk maar daai hoer kinders van gam het nie integriteit nie….dis half mens half dier en God skape mense na sy beeld…die debat kan uitbrei tot piet kom maar as mens nie eerstens by jou huil opgevoed word nie gaan niks reg kom nie….kyk waaraan word die gemeenskap blootgestel tot in 7 de laan moet almal elke aand ‘n dop drink…..ek se nie mens moet nou geset raak nie maar wraggies ek wens die tyd van radio was terug want om met jou oor te luister is beter opvoeding as die blootstelling aan geweld en seks te aanskou

  • 15. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 11

    Ek stem saam Deon.

    Ja, wat die gedrinkery in die sepies aanbetref staan dit my ook glad nie aan nie. Ons kinders en kleinkinders dink al dis normaal.

    MAAR, wie wil nou na ‘n goeie Christelike storie kyk? Dit bring mos nie SOVEEL geld aan advertensietyd in nie!

  • 16. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 12

    My ma het nou die dag iets gese, waarvan ek graag julle opinies wil hoor. Ek vir een weier om dit te aanvaar.

    Iemand het eendag vir haar gese dat die huwelik beskerm kinders van die bose. Dus ‘n kind wat in die huwelik gebore is, geniet die eenheid se seen teen onheil.

    Met al die groot kinder mishandeling sake, was die ouers of geskei of nie getroud nie. Volgens my ma is dit die bewys dat die huwelik teorie waar is.

  • 17. Michael  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 16

    Adrie
    ek stem ook nie saam nie want hoeveel kinders word nog steeds mishandel in n goeie “gesonde” huwelik?

  • 18. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 19

    Goeie punt!

    Hoeveel Pa’s en self Oupa’s misbruik nie die arme weerlose kindertjies nie?

    Is dit juis nie omdat die huwelik nie meer gaan waaroor dit rêrig moet gaan nie?

    Kom ek stel dit so: Ek is geregistreer op ‘n chatsite waar ek saans vriendskap soek. Niks anders nie. Dis skokkend om te sien hoeveel getroude vrouens, jonk en ouerig, probeer my uitlok!

    Het hulle geen skaamte meer nie?

  • 19. Michael  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 28

    Ou baas
    ons het n jol plek hier by ons wat soos daai room klink. As jy geskei is of jy WIL skei dan gaan jy soontoe

  • 20. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 32

    😆 Omtrent ja! Ek is mos reeds loshotnot!

  • 21. DEON  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 38

    Oubaas

    Ek het ook dit probeer..hahaha nou soek ek maar weer ‘n goeie vriendin by die kerk…..daars niks wat my so gruwelik afsit soos ‘n vrou wat haar so sonder skande aanbied nie. Hulle gooi hulle self uit vir ‘n toffie die ou kou haar so bietjie en beweeg aan vrouens is so stupid en dan dink hulle het jou gevang die ou se gewete pla so bietjie maar daai girl gaan maar net weer vir nog.

    Dis dalk hoekom ek na 4 jaar nog nie aanbeweeg het nie julle sal nie glo hoe jonk die meisies is wat sulke dinge doen nie en NEE dit was nie op ‘n porn site nie. Die girls is maar net baie maklik die tyd wat ‘n mens as jy met iemand gemeenskap het ‘n stukkie van jou siel deel is lyk vir my nou maar soos die mense wat redeneer as dit pap reen skep.

    Waar’s die goedopgevoede dame’s heen

  • 22. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 41

    Deon

    Veralgemeen jy nie nou kwaai nie?

  • 23. DEON  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 48

    Adri my blom

    Miskien maar ek het op ‘n hele paar date sites gaan loer……daai girls is desperaat……..

    Wat my kwaai getref het is dat baie van die vroue enkel is met kinders en dan nie onderhoud van die x kry nie..Ek as man dink sulke mans moet hard gestraf word. Ek kry die enkel dames diep jammer en moet net byvoeg dat daai eks mans aangaan en nie sleg af is nie maar die ma raak desperaat om ‘n man te vang nie…noodwendig vir die liefde nie

  • 24. Nella  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 55

    Hi Almal –
    Ek gaan nou van die os op die jas – maar maar gaan mens anders vir hulp as na jou vriende???
    Wie van julle het vir my inligting oor Jake White – my kind moet ‘n portfolio doen oor hom en die internet help my f….ol – het een van julle miskien sy boek om vir my inligting te gee oor sy kinderdae en jong beroep toe hy skole afgerig het??? Sorry sal later saampraat oor die onderwerp

  • 25. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 56

    Deon

    Ek weet mens kry baie vroue wat net ‘n mealticket soek in ‘n man. Jou eerste comment het daaroor gegaan dat vandag se vroue goedkoop is. Ek dink dit is maar net ‘n klein persentasie van alle vroue. Soos in alles, maar ‘n klein persentasie die hele groep sleg.

  • 26. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 9 : 58

    Nella

    Hier is ‘n paar mense met sy boek wat jou dalk kan help. Vra maar vir Verons, Nats of ander wat die boek by oom Trevor gewen het.

  • 27. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 00

    @ Nella

    Ek mailnou vir jou iets!!

  • 28. DEON  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 02

    Adri

    Dis onregverdig tot vandag toe kry mans meer geld as vroue van daai vroue is na 20 jaar geskei want pappie het menopause gekry vir haar moet hy entertain..as ek wette kon maak sou ek se die vrou wat die kinders (meeste van gevalle) kry moet die man se salaris kry en hy moet hare kry dan sien ons hoe kom ons dametjies se selfbeeld en trots weer terug…

    Ek kry enkel ma’s bitter jammer

  • 29. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 12

    Deon

    My ondervinding van egskeidings is so te se nul. Ek weet egter van mans wat hulle self laat bangkrot verklaar het om onderhoud te ontduik. As so ‘n wet in werking tree, sal hulle seker net bedank om die vroue iets te bewys.

  • 30. Mary-Nash  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 21

    dag weer

    praat van hulp gister aand sou ek julle hulp waardeer het hoor

    gister se huisgenoot storie het alles bewys, die meisiekind van my 5 jaar moes pretjies van suiwelprodukte gehad het vir huiswerk vir kleuterskool en ek het omtrent 20 huisgenote deurgeblaai en niks ek het toe twee klein prentjies uit die ousus se people mag uit gekry.

  • 31. Rooi Koos  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 21

    As jy goedkoop na n vrou soek is dit maklik en sal jy hulle op die hoek van die straat kry. As jy na n goeie vrou soek is dit ook maklik maar die verskil is jy sal hulle nie op die hoek van die staat kry nie. Hulle sal ook nie maklik in die kroeg gekry word nie. Die verskil is jy moet jou eie waardes lig anders gaan sy jou as goedkoop raak sien. Meeste van die tyd kry jy wat jy soek.

  • 32. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 21

    Hallo julle!

  • 33. DEON  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 23

    Kom julle girls ek daag julle uit wie van julle was al deur ‘n egskeiding? wie kry die swaarste die ma en kinders.

    As ek kon sou ek ‘n forum gestig het vir enkel ma’s en die mense onder mekaar probeer help

    My pa het my ma met 3 kinders gelos vir ‘n jonger vrou..by haar het hy nog 2 kinders en is geskei van haar nou is hy ‘n ou man wat alleen in ‘n kamertjie bly en niemand stel eers meer in hom belang nie

  • 34. DEON  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 24

    Dis seker die blinde sambok wat hom nou bykom

  • 35. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 26

    Deon

    In alle egskeidings, kry die kinders die swaarste. Ongelukkig is die ma’s nie altyd onskuldig nie.

  • 36. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 27

    Ja Deon ek weet ook van so ou man wat ‘n swakheid gehad het vir jong blare. Hy is ook nou oud en alleen. Die gras is nie altyd groener nie!

  • 37. Erns  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 28

    Deon

    Skies more
    Ok dis nie so seer die enkel ma’s wat swaar kry nie dis die kinders ek is geskei en sukkel om geld te kry van pa sodra ek hom vas getrek het bedank hy en se hy het nie die fondse om te betaal nie maar weet jy ek kan dalk nie vir my kinders wii of xboxes koop nie maar liefde is daar baie van van my kant af ja geld maak lewe makliker maar liefde is meer belangrik net so jy weet hy bly by die vrou vir wie hy my gelos het en het ook ‘n kind by haar daardie kind kry als maar myne moet gelukkig wees met dalk ‘n naweek hier of daar by hom

    Aan al die ander blog maaitjies hello

  • 38. Mary-Nash  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 29

    ek is geskei 7 jaar gelede

  • 39. Erns  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 29

    Tinkerbell

    Die gras lyk groener want daar is meer beesmis daar

  • 40. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 30

    Haai Adrie, lyk my Rooi Koos gaan met ons raas as ons weer Tiquila drink en op tafels dans?😳

  • 41. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 30

    Ek wil met ‘n ou man trou. Daar is egter ‘n paar voorwaardes.

    Hy moet baie baie oud wees, niks jonger as 90.
    Hy moet baie baie baie geld he, met geen kind of kraai. Ek moet sy enigste erfgenaam wees.
    Hy moet gay wees en trou om dit weg te steek.
    Hy moet impotent wees, as hy vergeet hy is gay.

  • 42. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 32

    Tienks

    Hy sal die tafels regtimmer voordat dit breek. Ek sien nogal met sy siening saam.

    Hierdie blog kort ‘n paar STERK tafels

  • 43. Samantha Q  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 33

    Ek is een van die direkteure van ‘n NGO (Non Governmental Organisation) wat aan die begin NET met vigsleiers gewerk het. Ons het geld van die goewerment gekry vir kursusse en aanbiedinge ens. Ek het 4 jaar terug besluit om eerder daai geld te vat en dit te spandeer op kjinders met terminale kanker. Ek kry nou natuurlik baie minder geld van die goewerment maar tough! Ek laat my nie intemideer nie! GMPF!!!

    P.S Ek tik nou al 2 ure aan hierdie kort stukkie (dis hoe besig ek is)!!!

  • 44. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 33

    Ja Erns party mans is geneig om in die k@k te trap aan die ander kant.

  • 45. Minke  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 35

    Hallo julle
    Ek is bly ons kan hier chat oor ‘n behoorlike topic

    Hi Adrie

    Vul ons hier nie aansoek vorms in nie?
    Kan ek maar net inval?

    Deon

    Dis jammer jy moes deur so egskeiding gaan en klink of jou ma maar ook gesukkel het.
    Kan jy onthou dalk van hoe jou ma dit reggekry het?
    En dink net hoeveel meer jy haar moet waardeer gee die rose terwyl sy lewe

  • 46. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 35

    Oor egskeidings

    Wat is so swaar daaraan om vir jou kinders in dieselfde mate te versorg (geldelik) jy geskei is, as voor dit. Is dit so belangrik om jou eks te laat boet dat jy jou eie vlees en bloed daaronder sal laat ly?

  • 47. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 36

    Adrie as jy hom gekry het stel my asb aan sy gay partner voor!!

  • 48. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 37

    Minke

    Ons ken jou mos.

    Sam

    Ditsim Drieling. Daar word meer as genoeg vir vigs gedoen, tyd dat ander siektes ook aandag kry.

  • 49. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 38

    Tienks

    As sy gay partner nog jonger as jy is? Ek deel nie, veral nie erfporsies nie.

  • 50. Rooi Koos  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 39

    Tinkerbell

    Ek het geen probleem as jy Tiquila drink en jy strip en dans op die tafel. In teen deel ek sal jou nog aanmoedig om dit te doen. Die verskil is ek sal nie met jou wil trou nie. Maak dit maar iemand anders se probleem en as iemand my vrae wat ek van jou dink sal ek hom die waarheid vertel.

  • 51. Erns  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 40

    Adrie

    Onthou voor die egskeiding was daar twee salarisse in die huis nou moet ma sonder pa se gedeelte nogsteeds alles doen wat voorheen gedoen was sonder die ekstra inkomste my kinders boet nie vir hulle slapgat pa se houding nie ek probeer my bes om hulle lewens standaard te handhaaf soos wat dit voorheen was al beteken dit dat ek dalk met minder moet klaar kom solank die kinder het wat hulle moet he of soms wil he is ek gelukkig ek voel net dis sy kinders ook en hy het tog ‘n verantwoordlikheid teenoor hulle dan nie??

  • 52. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 41

    Rooi Koos

    Daar is niks verkeerd met Tequila en op die tafels dans nie – probleem is as jy afval. Niemand het regtig gepraat van strip nie.

  • 53. Erns  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 42

    Adrie

    My idieale man op die oomblik is die ou van die virgin mobile ad wat trou weet nie of jy hom al gesien het nie maar dis waarvoor ek nou gaan bogger die liefde

  • 54. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 42

    @ Nella

    Het jy jou posduif ontvang?

  • 55. Samantha Q  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 42

    @ A3

    Ek het daai stukkie gelees van jou ma. Ek sal maar eerder op mxit sê wat ek van daai statement dink………… Dis natuurlik glad nie mooi goeters nie.

  • 56. Erns  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 42

    Nou wanneer het julle geparty??? het ek nou al weer gemis

  • 57. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 43

    Rooi Koos ek trek my klere vir niemand uit nie en ek dans alleen vir myself op my eie tafel!! As jy wil saam dans sal jy ‘n ander tafel moet kry.

    Adrie

    Ons sal iets moet uitwerk.. ek deel ook nie graag nie!

  • 58. Rooi Koos  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 44

    Adrie

    Dan kan jy maar net sowel op die grond daans want wat wil jy dan nou eintlik wys?

  • 59. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 45

    Erns jy kan volgende keer ook kom saam dans, dis lekker vra vir Adrie!

  • 60. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 45

    Erns

    My aanval was op die mense wat hand toeknyp vir die kinders na ‘n egskeiding. In jou geval: As hy voorheen Rx spandeer het op die kinders, behoort hy na die egskeiding ook Rx te spandeer. Of, as paar het julle Rz op die kinders spandeer waarvan 80% van sy salaris gekom het. Dan behoort dit vir hom ‘n plesier te wees om nog steeds dieselfde bydrae te maak.

  • 61. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 46

    Koos

    Maar wat as die vloer te vol is? Weet jy hoe klein dansvloere kan wees?

  • 62. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 47

    @ Rooikoos

    Ons is nie soos die girls by Teazers nie.

  • 63. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 47

    Hallo Sam ek het verlang na julle. Gaan dit goed met jou?

  • 64. Samantha Q  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 48

    @ Erns

    Ek laaik daai Virgin Money ad stukkend! Een van my fav!

  • 65. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 48

    @ RooiKoos

    Ons manier van op tafesl dans is soos by Barnyard. Vir die fun, nie om muis te wys nie!!! TSK!!!!

  • 66. Minke  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 49

    Dankie Adrie

    Maar net gewonder is dit dieselfde Deon wat op die ander blog was?
    Ek is ook enkel en dit gaan maar moeilik maar ek loop eerder na iemand en vra vir ‘n brood as wat ek met enige man sal flirt vir ‘n meal ticket.

    Wat baie seer maak is as die kinders vir die pa vra net vir ‘n boksie oats en hy en sy hou vrou is dronk. So iets dryf my tot onverantwoordelike dade maar my kinders leer ek ook streng volgens die standaarde wat my ouers my gestel het.

    Ons enkel ouers moet maar ‘n breinskuif maak en eerder die motto its not a problem but a challange volg

  • 67. Erns  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 50

    A3
    Ek verstaan wat jy se

    Tinkerbell

    Laat weet wanneer die volgende keer gaan wees

  • 68. Samantha Q  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 51

    @ Klokkie

    Jhong….. Dit gaan goed onder die omstandighede. Behalwe die feit dat ek met ‘n bloeddruk masjien permanent aan my gekoppel loop, gaan dit nogal punt inni wind. En met jou vriendin?

  • 69. Rooi Koos  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 53

    Die ander dag was ek op n partytjie waar een van die vrouens so lekker getrek was en iemand haar toe uitdaag toe terk sy haar top uit. Wel sy het dit toe om te wys n paar mooi boobs. Die ouens se kometaar het toe gewissel van ek is nou so geskok ek kan nie ophou kyk nie. Die ander ou reken toe dit was nog die mooiste lietjie wat hy nog ooit gehoor het. Die vrouens het net gegiggel en die een se vriendin het haar toe gaan roskam en mooi vertel dat sy alle vroue nou goedkoop gemaak het. Maar sy het gekry wat sy wou die helfte van die enkel ouens het haar toe gaan troos en vir haar gaan vertel hoei oulik sy was.

  • 70. Samantha Q  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 54

    Wie dans nou op watter tafel sonder om my te laat weet❓

  • 71. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 55

    Sam

    Jy weet mos ek en Tienks dans altyd op die tafels. Met of sonder tequila.

  • 72. Erns  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 56

    Minke

    Dis so waar wat jy daar gese het ek stem saam dit maak my ook woedend as ek van sulke goed hoor

    Daai motto van jou is nogal ‘n goeie een

  • 73. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 57

    Minke

    Jy moet die drek skei en klaar kry.

  • 74. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 10 : 59

    @ Rooi Koos

    Is sy enkellopend en hoeveel van die mans op kantoor het haar al gedate?
    Drank is n vieslikke ding, die duiwel se badwater, en alhoewel ek drink, hou ek nie daarvan om so te drink dat ek alle inhibiesies verloor nie. Ek wil darem die volgende dag met my naam en trots op hul plek wakker word!!

  • 75. Lady  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 00

    goeie dag

  • 76. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 00

    Rooi Koos

    Vertel my het jy rooi hare en ‘n woeste baard? Jy klink vir my na seerower.

  • 77. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 06

    Rooi Koos lyk my jy gaan na wille parties jong!! Ons hou maar ons boobs vir onsself al is die Tiquila klaar!

    Sam

    Gaan goed dankie, bly om terug te wees in PTA, die Kaap is baie lekker maar ek kan nie daar bly nie.

    Mail bietjie vir oom Jewels en sê hy moet kom hallo sê!!

  • 78. Rooi Koos  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 06

    Bos

    Dit was niks met werk uit tewaai nie. Dit was by n openbare plek waar nie almal mekaar geken het nie.

  • 79. Rooi Koos  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 08

    Adrie

    Jy kan maar so se Rooi getan in die son.

  • 80. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 09

    A ha Adrie ons het Captain Hook gekry!!

  • 81. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 11

    @ Rooi Koos

    Skies, ek sien nou jy het gese, weet nie waar kom ek aan kantoor nie!!
    Wel, sy het haar fiveminutes of fame in gekry en die mans het dit geniet, meer oor die vrou gaan ek nie se nie, want ek ken haar nie ..

  • 82. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 13

    @ RooiKoos

    Jissie ou, nou wat gaan jy jouselfnoem as die sonbrand weg is? Bruinseun?
    Kom uit die son uit of gebruik suntan lotian!!! TSK!!!

  • 83. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 20

    😳

  • 84. mario  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 29

    hallo almal

    long time no type ne

    ek hoor n klokkie soek my

  • 85. Samantha Q  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 32

    @ Klokkie

    Nou vir wat bloos jy so?

  • 86. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 32

    Yipeeeeeeeeee Oom Jewels!!!! Hoe ganit met jou? Blink jy nog?

  • 87. Nella  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 32

    Bossie

    Ja baie baie dankie – maar ek het vir jou posduif terug gestuur – jy gaan ‘n opstel aan sy been moet vasmaak.

    Kom almal ek soek inligting – ek moet nog die speech skryf en prente en en en doen – ek is mos die superma as dit by take kom anders vergeet my seuns hulle het ‘n ma🙂

  • 88. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 33

    Sam

    Dis vir ou Rooi Koos wat so lekker getan het…

  • 89. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 33

    Bos

    Seker Bruinkoos.

    Mario

    Vang ek jou rooflees? Het jy gesien Tinkerbell is terug.

  • 90. mario  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 35

    tinks

    met my en my jewels en voolkop gaan dit nog baie goed.hoe gaan dit met die liefdeslewe ek hoor peter date nou n prostituut en is permanent gesuip. ou hookie geniet dit natuurlik baie.

  • 91. mario  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 36

    adrie

    sam het my ge sms en ja eks bly tinks is terug het haar gemis

  • 92. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 38

    Mario

    Ek moet se dit is hoogtyd dat jy jou gesig op die blog wys. Hoe gaan dit met die kinders?

  • 93. Samantha Q  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 40

    OUBOET!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 94. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 41

    Ja ekt selfde storie nou die dag gehoor so verlangs.. Sy dans ook op tafels maar sonder klere en Tiquila!

  • 95. mario  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 44

    adrie

    ek vreeslik besig man met jaar einde en maand einde en die nuwe shop en en en en en. met die kinders gaan dit goed net flippen stout en windgat en met doll gaan dit ook goed en met die klein hondjies ook

    sam

    my queen!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 96. Bos  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 45

    @ Mario

    Jissie, ga dit kom hael, sneeu, aardbewing? Baie welkom!! Gedag ons hoor nooit weer van jou nie!!

    @Almal

    Gaan nou regtig gaan!! Baas wil sommige goed al begin tel, so ek sal seker nie weer kan praat nie!!

    Mooi dag!!

  • 97. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 48

    Rooi Koos waas jy nou? Ons grap net bietjie man!

  • 98. mario  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 49

    tinks

    ja die peter tog jy was die laaste goeie ding in sy lewe en hy het jou nie waardeer nie. en hy lyk sleg hoor bierboep stink soos n sjebeen lang hare puisies die werke

  • 99. Samantha Q  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 50

    @ Bos

    Koebaaaaaaai!

  • 100. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 51

    1986 Model Toyota Corolla with Reg. nr. LSN581GP stolen this morning at about 9 o’ clock in Gerrit Maritz Street, Pretoria-North. Please be on the lookout! The car is Champaign colour.

    If spotted call nearest police station or call:

    Gawie: 082 957 9443

    Estelle: 076 052 7172

    Please forward to as many people as possible!

    Thank you,

    Gawie.

  • 101. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 55

    1986 model?

    Wat op aarde wil hulle daarmee doen?

  • 102. Verons  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 55

    Hallooooooooo mario!!! MHWA!!!MHWA!!! Ek soen jou sommer op! Wa was jy so lank??

    Rooi Koos ek kuier in kroeë en glo my daar is ‘n hele paar ouens wat hulle voortanne sal gee om my as partner te kan hê! Van hulle kuier glad nie eers in die kroeë nie maar hulle weet ek doen! En weet jy hoekom? omdat ek weet hoe om my te gedra en hoe om ‘n lastige dronk donner op sy plek te sit!

    Ek sê altyd dis nie waar jy kuier nie dis hoe jy jou kan gedra of jy nou niks drink nie en of jy als wat voorkom uitsuip (soos ek) volgens my is drank nie ‘n verskoning nie! Want as jy jouself soos ‘n slet gedra as jy gesuip is, is jy eintlik ‘n slet wat jy net wegsteek maar soos die gesegte sê drank verdra geen onreg nie!

  • 103. DEON  |  Februarie 27, 2008 om 11 : 56

    Minke
    Was daar dan 2 Deon’s op die blog? Huh? Adri?

    Adri se jy moet die drek los? Is jy lus om bietjie te gesels girl?

  • 104. mario  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 02

    verons

    ek vreet jou ook sommer op

    ek kom eers nou uit diepe rou oor die bulle uit. verloor hulle wragtig op loftus met 35 vokken punte. ek het sondag nie eers uit die bed geklim nie net n pypie in die vodka bottel gedruk en so le en suig in n poging om te vergeet. en iemand gesoek wat n bloubul tatoo van my voolkop af te kom verwyder

  • 105. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 04

    Adrie

    Hulle steel vreeslik karre in Pretoria Noord veral Gerrit Maritz straat, hulle tou die karre na Soshanguve en verkoop die parte en verbrand die karre. Dit het met my ma se ou vollatjie gebeur. Twee weke later gekry, uitgebrand. Ek was erg debliksem in!!!

  • 106. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 07

    Sies Mario jy’t ons dan nog nie eers jou tatoo gewys nie!!!

  • 107. Verons  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 07

    Eish mario nou het my weer van voor af depro! En dit teen die span wat gesorg het dat ons laasjaar in die eindstryd kom!!

  • 108. Verons  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 10

    Tinkerbell as jy op die 1e blog part was (waarheen jy uitgenooi was) sou jy die tattoo gesien het!!!

  • 109. DEON  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 10

    Adri

    Ek voel ook al gatvol om altyd te hoor hoe dankbaar ons moet wees ons lewe en het ongedeurd uitgekom…fok dis ons reg om te lewe so ons moet nou dankie se briefies stuur vir die fokken werf etters dat hulle ons goed steel maar ons darem nie doodmaak nie

  • 110. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 11

    Mario en Verons

    Raak gewoond aan daardie gevoel (hou julle darem nederig).

    Almal

    Ek het ‘n blog gepost oor die Vrystaters se siek sin vir humor. Vir die van julle met ‘n sterk maag.

  • 111. mario  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 13

    tinks

    die tatoo sit nog ek het seconds thoughts gekry toe hulle my vertel hulle sal hom met n laser moet afbrand en ek kyk star wars ek weet hoe brand n laser.

  • 112. Tinkerbell  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 17

    Verons, my hart is baie seer ek wou graag daar wees, sal volgende keer opmaak.

  • 113. Erns  |  Februarie 27, 2008 om 12 : 28

    Adrie

    Sies vir jou ek’s net so hartseer oor die feit dat die bulle verloor het
    I.v.m daai ouens van die Vrystaat af se ek net nou gaan al wat ‘n wit mens is weer geklasifiseer word as ‘n rasis

  • 114. Johann Weber  |  Augustus 12, 2008 om 10 : 45

    Ek is ‘n boer, en ek het geleer dat mens ‘n bees dood skiet as hy nie gered kan word nie. Hoekom geld spandeer aan mense wat dood sal gaan aan vigs? Hulle wil mos nie leer nie? Ek is in elkgeval erg gekant teen die banale seks in hierdie wêreld.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: