Die Huissensasie

Februarie 25, 2008 at 5 : 32 58 Kommentaar

Almal se gunsteling gesinstydskrif is Huisgenoot.  Of moet ek eerder in die verlede tyd praat?  In my eerlike opinie gaan Huisgenoot jaar na jaar agteruit.

Huisgenoot was altyd ‘n tydskrif wat oor gewone mense se ongewone lewe gegaan het.  Deesdae gaan omtrent die helfte van die Huisgenoot oor glans mense.  Die een het daardie een gevry en die een se rok was so laasjaar.  Dieselfde as wat ‘n mens verwag van People of Heat.  Die meeste van die tyd is dit ook al ou nuus.

Die tiener en kinder blaaie irriteer my ook.  As kind het ek Huisgenoot van voor tot agter gelees.  Nie op ‘n paar blaaie gekonsentreer nie.  Watter tiener se begroting laat in elk geval die klere op die modeblad toe?  Die kinder verhale is ook erg afgewater?  Het die kinders van vandag glad nie meer ‘n brein nie?  ‘n Vyfjarige kan ‘n beter storie skryf.  As of dit nie erg genoeg is dat Bollie nou Bobo is nie, gaan maak hulle Oom Dikdaan nou Oom Slokop.

Huisgenoot saal deesdae net holruggeryde perde op.  Soos die Els skandaal, die week se Huisgenoot het nog 2 artikels daarop.  Dit beteken die helfte van die artikels gaan oor Jurie Els.  Sensasie of net in antwoord op wat die publiek verwag?  Ek dink dit is Sensasie, sy ma kon verlede week gekerm het en FC Hamman soek net ook ‘n bietjie aandag.

Ek weet baie mense koop die Huisgenoot net oor die blokkiesraaisel.  Dit is een van die moeiliker raaie in die omtrek.  Wat is daar nog aan ‘n Huisgenoot?  Is die Huisgenoot R12 werd? 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Beginsels Die rower siekte

58 Kommentaar Add your own

  • 1. Oubaas (julle weet mos)  |  Februarie 25, 2008 om 7 : 20

    Ek moet lieg as ek se wanneer ek laas ‘n Huisgenoot gelees het. Ja waar is die dae toe dit nog vol kontrei nuus was en die celebs net een of twee bladsye beslaan het? Hoe mis ek die ou Brandwag nou: 😦

  • 2. Jannas  |  Februarie 25, 2008 om 9 : 38

    Toe hulle die huidige Redaktrise ek dink haar naam is Elmarie of Elsabe of so iets het die verval ‘n drastiese wending verander. Kort daarna het opgehou om dit te koop. Af en toe sien ek een rondlê en uit nostalgie tel ek dit op net om tit binne twee minute weer neer te sit. Soos jy sê, dis nou ‘n regte tiener ‘glitz and glamour’ tydskrif.
    Die snaakste vir my was dat die Redaktrise ‘n vollyf foto van haarself by haar kommentaar plaas (nie dat sy iets om na te kyk nie). Een aand in Midrand is ek op ‘n funksie waar sy ook is en…….die vrou is omtrent 15 jaar ouer as op haar foto. Wat ‘n grap!
    Hulle teiken mark is seker maar onder die fliek/sepieslawe en tieners. SA het nie meer ‘n gesinstydskrif nie – miskien die Getaway en TG-Taalgenoot van die ATKV.

  • 3. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 26, 2008 om 6 : 52

    More sê mense.

    Jannas jy praat daai ding. Ek sien anderdag ‘n seuntjie van graad1 loop met ‘n FHM rond! Ek sal liewers nie sê waar en wanneer ek dit gesien het nie, want netnou is ek weer in die sop.

    Mens kry deesdae darem by winkelsentrums gemeenskaps tydskrifte wat ook heelwat interessanthede bevat.

    Mag almal ‘n geseënde dag hê.

  • 4. Nella  |  Februarie 26, 2008 om 7 : 18

    Hallo almal
    Na een helse dag gister wat geen van my tegnologie of masjienerie gewerk het nie kon ek vanoggend darem op die blog kom – hoop julle het ‘n wonderlike dag gehad.

    Stem saam met julle – die Huisgenoot is ‘n omslag vir advertensies en sensasie want dis al wat jy daarin kry. Ek het nou die dag ‘n hoop ou (nuwe)huisgenote uitgehaal om te soek vir iets om my kind se taak mee te doen – en wragtig niks. Waar is die dae wat ons die bylae bymekaar gemaak het want dit het gehelp met take – waar is die artikel oor die gewone mens – waar is die patrone of kuns wat hulle jou gewys het hoe om iets te maak – my poppe en ek is nou 33 het nog die mooiste bebreide pakkies aan wat uit die huisgenoot kom – nee wat dis ‘n mors van geld. Met hulle 90jaar uitgawe het ek die “bundel” gekoop en het tot ‘n vergrootglas gekry om van die ou artikels te lees – dit het trane na my oe gebring want ek kon onthou as kind toe dit gebeur het – om artikels oor die eerste Merc te lees – toe TV gekom het – die 6 ling wat gebore is – mens kan aan en aan gaan oor die ou dae – in vandag se Huisgenoot is niks wat ek oor die volgende 30 jaar sal onthou nie.

  • 5. Leilani  |  Februarie 26, 2008 om 7 : 22

    Ek is hier! More se julle, ek lees nie meer regtig huisgenoot nie maar my ma doen elke week die blokraaisels. Ek het al probeer maar dem dis moeilik!
    Geduld is seker ‘n groot faktor as jy die raaisels doen………LOL

  • 6. Lettie  |  Februarie 26, 2008 om 7 : 26

    Hoe gaan dit met julle?

    My ma koop getrou elke week die huisgenoot, ek blaai net vinnig deur dit, en sal dalk as daar iets in is wat die moeite werd is lees, maar anders is dit net ‘n mors van geld.

  • 7. Adrie  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 03

    More Almal

    Jan, die huidige redaktrise is Esmare Weideman en ek dink ook sy is hopeloos te vol van haarself. Dit dryf my teen die mure uit dat sy dink haar (of HG) se opinies is die lesers se opinies.

  • 8. Tinkerbell  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 13

    More Almal😆

  • 9. Adrie  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 19

    More Tinks

    Hoe gaan dit vanoggend?

  • 10. Nella  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 24

    Hi A3

    het julle my gister gemis??? die stupid donderweer het al my goed uitgeslaan so ek het geen vorm van komminukasie gister gehad nie.

  • 11. Tinkerbell  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 27

    Goed dankie Adrie en met jou? Dit het snot en trane gereen by ons vanoggend!

  • 12. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 28

    @ Leilani – ag man jy jok! Jy kan nie lees nie want jy lees nie eens jou emails nie!

  • 13. Adrie  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 30

    Nella

    BAie. Die plek was dood.

  • 14. Adrie  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 31

    Ek moes ook amper werk toe roei.

  • 15. Verons  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 35

    More julle!
    Ek moet bieg ek koop die HG uit pure gewoonte want daar is regtig niks in wat my aandag jou nie maar ek moet sê as ek regtig niks meer het om te lees nie dan gaan haal ek al die ou huisgenote uit en dan probeer ek dit van voor tot agter deurlees maar dis so blerrie vervelig dat ek aan die slaap raak! (Goeie slaapmiddel)😉

  • 16. Mary-Nash  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 35

    môre almal

    hoe gaan dit vanoggend met al julle sonnige mense

  • 17. Tinkerbell  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 37

    Die huisgenoot is nie vir my so bad nie, ek lees dit graag maar sal nie my laaste R12 daarvoor gebruik nie ek koop eerder vir my tjoklits!!!

  • 18. Tinkerbell  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 38

    Hallo Verons!! Bly om te sien jy is nog hier!

  • 19. Nella  |  Februarie 26, 2008 om 8 : 43

    Hoe reen dit so by julle – sweer die droogte hang net oor my huis want dit was pikdonker en donderweer maar nie ‘n druppel reen nie – maar Centurion se weer is mos funny, en elke voorstad in Centurion is ook anders dit reen in Clubview en by my 3km verder NIKS

  • 20. Verons  |  Februarie 26, 2008 om 9 : 13

    Hi Tinkerbell
    Ek is maar altyd hier in die rondte! Ek sukkel net my as af om hier in te kom! Vir een of ander rede maak dié blog my pc verskriklik stadig!

  • 21. Tinkerbell  |  Februarie 26, 2008 om 9 : 16

    @ Verons

    Myne is ook bietjie stadiger. Waar is almal vandag? Babbelas of iets?

  • 22. Tinkerbell  |  Februarie 26, 2008 om 9 : 23

    Ja nee Adrie het alweer alleen gedrink!

  • 23. bruinogies  |  Februarie 26, 2008 om 9 : 45

    more more julle!

  • 24. Sweetness  |  Februarie 26, 2008 om 9 : 50

    More almal

    net gou-gou kom hello en dankie se vir julle gebede.

    Maar jenevive het dit toe nie gemaak nie. Sy is Sondagoggend 2h45 dood.
    Sal hierdie week nie kom blog nie. My sus het my nodig so het verlof gevat.

    Baie dankie julle vir julle ondersteuning.

  • 25. bruinogies  |  Februarie 26, 2008 om 10 : 08

    @sweetness

    jammer om te hoor!!!mag God saam julle wees nou ini tyd van nood. Ons dink aan julle.

  • 26. Tinkerbell  |  Februarie 26, 2008 om 10 : 16

    A nee a waar is almal? Is daar ‘n ander blog waarvan ons nie weet nie?

    @ Sweetness

    Baie sterkte, Liewe Jesus sal julle dra deur hierdie moeilike tyd. Ons gebede is met julle.

    Hallo Ogies!!

  • 27. bruinogies  |  Februarie 26, 2008 om 10 : 19

    @tinks

    hallo jy, hoe ganit?
    dit is bja stil opi blog vandag.het ons dalk iets gisteraand gemis???

  • 28. Tinkerbell  |  Februarie 26, 2008 om 10 : 34

    @ Ogies

    Ja lyk my Adrie en kie het sonder ons geparty gisteraand, sies!!!

  • 29. Verons  |  Februarie 26, 2008 om 10 : 36

    Hi Sweetness sterkte vir die tyd wat voorlê ek dink aan julle…

  • 30. Verons  |  Februarie 26, 2008 om 10 : 39

    Hi Sweetness sterkte vir die tyd wat voorlê ek dink aan julle…

  • 31. Nella  |  Februarie 26, 2008 om 11 : 02

    Sweetness
    Baie sterkte vir die tyd wat vir die familie voorle – weet net die Here kom haal sy mooiste blommetjies eerste. Julle is in ons gebede

  • 32. Bos  |  Februarie 26, 2008 om 11 : 12

    @ almal

    More maters!!!

    @ Sweetness

    Daar is niks wat ons kan se om jou en jou sus hulle se pyn weg te vat nie.
    Gee jou sus n stywe druk en se vir haar daar is baie mense wat in hierdie dag vir haar sal bid. Mag God julle die nodige krag gee om deur hierdie moeilike tyd te gaan.

  • 33. Bos  |  Februarie 26, 2008 om 11 : 34

    @ Adrie

    Ek lees die kortverhaal en huisgenooitjies en kyk graag na die boeke en fliek resensies as ek by my skoonma kom, anders sal ek nie vir my die huisgenoot koop nie. Daar is beter dinge wat ek met my geld kan doen. Ongelukkig is die huisgenoot een van daai dinge wat mense koop omdat hulle voel hulle wil dit he, nie ‘moet’ he nie, ‘wil’ he,soos met baie onnodige dinge in die huis.

  • 34. Mary-Nash  |  Februarie 26, 2008 om 11 : 44

    Sweetness

    jammer om van jul verlies te hoor, bid baie vir julle

  • 35. Mary-Nash  |  Februarie 26, 2008 om 11 : 44

    hi bossie

  • 36. Miss Nats  |  Februarie 26, 2008 om 12 : 00

    Hello julle!

    Ek is lekker besig vandag… sal weer later in loer.

    @ Topic
    Ek self koop nie meer die HG nie, maar my ouma doen vir blokraaisels. So dan lees ek dit by haar. Geniet dit so nou en dan, maar soos Adrie sê raak dit soos People en Heat. Ek leees die People magazine, Heat het te veel fotos in, hou van ietsie om te lees ook nie net kyk nie.

  • 37. Bos  |  Februarie 26, 2008 om 12 : 08

    Hi Mary Nash!!

    Hoe gaan dit? Is baie besig vandag. nie veel tyd vir kuier nie!!

    @ Almal

    Ons is besig met stocktake prep, so ek gaan maar skaars wees vir die volgende paar dae!! Sien julle later!!

  • 38. Mary-Nash  |  Februarie 26, 2008 om 12 : 32

    Bos

    nee dit gaan ok, geen verandering in Jaco my swaer se toestand nie nie beter of slegter nie, bly nog naar en eet niks

  • 39. Bos  |  Februarie 26, 2008 om 1 : 14

    @ Mary-Nash

    Julle is in my gebede!! Mag ons Hemelse Pappa vir julle in die tyd baie vrede en krag gee!! JULLE MOET NET BLY GLO!!

  • 40. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 26, 2008 om 3 : 29

    @ Sweetness – Jammer om te verneem van jul verlies.
    @ Mary – Ons hou aan bid vir jou swaer.
    @ Al die ander – Heng maar julle is stil vandag. Toemaar ek ook! Ex vrek besig by die werk.

    Mooi dag vir almal.

  • 41. Nella  |  Februarie 26, 2008 om 3 : 40

    Dis goed dat ons almal so in sinc is – as ons chat dan doen ons dit goed en as ons werk – dan werk ons hard
    Hoop more is stiller vir almal

  • 42. Verons  |  Februarie 26, 2008 om 4 : 06

    Nella ek hoop ook so! Vandag was net een dol dag!

  • 43. Rooi Koos  |  Februarie 26, 2008 om 4 : 27

    Die Huisgenoot wat kan mens se. Dit is waar dit gaan net oor seepie sterre en een of ander elendeling wat een of ander ramp getref het of mense wat ingeloop is deur een of ander boef. Ek se altyd as jy dink dit gaan sleg met jou self koop net die huisgenoot daar sal jy iemant anders kry waarme dit baie slegter as met jou self gaan. Dan is jou probleem sommer n vulletjie.

  • 44. Rooi Koos  |  Februarie 26, 2008 om 4 : 35

    On a Nationwide flight to Johannesburg, a plane passes through a severe storm.
    The turbulence is awful, and things go from bad to worse when one wing is struck by lightning.
    One woman in particular loses it. Screaming, she stands up in the front of the plane. “I’m too young to die,” she wails. Then she yells, “Well, if I’m going to die, I want my last minutes on earth to be memorable!
    Is there anyone on this plane who can make me feel like a WOMAN?”
    For a moment there is silence. Everyone has forgotten their own peril.
    They all stare, riveted, at the desperate woman in the front of the plane.
    Then a farmer from the Free State stands up in the rear of the plane.
    He is handsome: tall, well built, with dark brown hair and hazel eyes.
    He starts to walk slowly up the aisle, unbuttoning his shirt.
    One button at a time……..
    No one moves………………
    He removes his shirt…………..
    Tanned Muscles ripple across his chest……….
    She gasps……………….
    He whispers……………..
    “Iron this…then get me a beer.”

  • 45. Samantha Q  |  Februarie 26, 2008 om 4 : 46

    @ ROOI KOOS

    WHUHAHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    HA! HA! HA!

  • 46. Nella  |  Februarie 26, 2008 om 4 : 46

    Rooi Koos
    Jy speel met die leeu se maanhare ne??? Weg is die dae van vrouens agter stowe met kaal voete en krullers in die hare – of in die geval agter die strykplank – hier word jy met daai einste bottel geneuk as jy so met ‘n vrou praat😛

  • 47. Samantha Q  |  Februarie 26, 2008 om 4 : 48

    WHUHAHAHAHAHAHAHAHAHAH!!!!!!!!!!!!!!!

  • 48. Mary-Nash  |  Februarie 26, 2008 om 4 : 56

    ta-ta almal

    se my bietjie is rooi koos en koos kokkerot dalk een en dieselfde mens of het ek die leeu aan die maanhare of wat ook al beet

  • 49. Samantha Q  |  Februarie 26, 2008 om 4 : 58

    @ RK

    WHUHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAH!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 50. Rooi Koos  |  Februarie 26, 2008 om 5 : 25

    Six retired Irishmen were playing poker in O’Leary’s apartment
    when Paddy Murphy loses $500 on a single hand, clutches his
    chest, and drops dead at the table. Showing respect for their
    fallen brother, the other five continue playing standing up.

    Michael O’Conner looks around and asks, “Oh, me boys, someone
    got’s to tell Paddy’s wife. Who will it be?” They draw straws.
    Paul Gallagher picks the short one. They tell him to be
    discreet, be gentle, don’t make a bad situation any worse.

    “Discreet??? I’m the most discreet Irishmen you’ll ever meet.
    Discretion is me middle name. Leave it to me.”

    Gallagher goes over to Murphy’s house and knocks on the door.
    Mrs. Murphy answers, and asks what he wants. Gallagher declares,
    “Your husband just lost $500, and is afraid to come home.”

    “Tell him to drop dead!” says Murphy’s wife.

    “I’ll go tell him,” says Gallagher.

  • 51. SAMANTHA Q  |  Februarie 26, 2008 om 5 : 36

    WHAHAHAHA!

  • 52. waarnemer  |  Februarie 26, 2008 om 5 : 56

    Hallo Almal

    My tyd is tans beperk. Sal baie vroeg more oggend ‘n nuwe post plaas. My algemene reel is dat my post voor 8h moet op wees.

    Lekker aand.

  • 53. gertgariep  |  Februarie 26, 2008 om 10 : 45

    Die Huisgenoot is stupid, maar niks suig so diep soos daai vrot verskoning van ‘n tydskrif, BikeSA nie. Daar is nou vir jou ‘n disgrace vir enige biker. Ek raak nie eers aan die ding met ‘n vuil tang nie. BikeSA is die toppunt, die definisie van geldmors. Hulle kan gerus die volgende in die HAT sit:

    Geldmors – Werkwoord. Om jou geld op iets nutteloos uit te gee. Om die BikeSA te koop.

  • 54. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 27, 2008 om 7 : 13

    More more almal. Sit weg jul huisgenote en kom chat! 😆

  • 55. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 27, 2008 om 7 : 42

    Leilani het gevra ek moet vir almal groete stuur. Sy’s baie besig op die oomblik.

  • 56. Samantha Q  |  Februarie 27, 2008 om 7 : 47

    More oom Gawie!!!!!!

    Grappie virri dag

    A pretty woman, carrying a stack of boxes from a shopping spree, was
    walking down a street in Cape Town, when all of a sudden the South-Easter lifts her skirt.

    Gatip, standing nearby just looked and smiled.

    The woman snaps at him, “Well, I can see that you’re no gentleman!”

    Gatip replied “And I can check you ain’t one, neither!”

  • 57. Michael  |  Februarie 27, 2008 om 7 : 51

    Môre julle!!!!
    Ek is weer op dag skof so ek kan weer bietjie saam gesels

  • 58. Adrie  |  Februarie 27, 2008 om 7 : 57

    Nuwe blog.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: