Beginsels

Februarie 22, 2008 at 4 : 49 121 Kommentaar

Daar is ‘n gesegde dat iemand wat vir niks staan nie, val vir niks.  Kortom moet almal beginsels hê.  Ek het ook ‘n professor gehad wat altyd gesê het:  Compromise with all, except with yourself.

 Met dit ingedagte wil ek julle vandag die volgende vra:  Wat is ononderhandelbaar by jou?  Wat is jou beginsels?

Ek weet dit lyk nie so nie, maar selfs ek het ‘n paar beginsels.  Ek beskou hulle as heilig en sommiges is baie privaat.  Ek sal wel van die openlikes met julle deel.

 1.        ‘n Kind is die kroon van die skepping – ek sal hulle altyd beskerm.

 2.      Moet nie ‘n geknakte riet verder breek nie. 

 3.      Staan op waarin jy glo, ongeag van die prys.

 4.      Baklei vir die wat nie vir hulle self kan baklei nie.

 5.      Moenie met mense se gees/menswees speel nie.

 6.      Moenie vertroue te mildelik gee nie.  Laat mense dit verdien.

 7.      Respekteer die natuur.  Dit is sterker as jy.

 8.     Gee vir ander as jy kan, jy sal gestraf word as jy ander laat verhonger.

 9.  Ek volg altyd my eie kop en laat ander nie vir my dink nie.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die groen baadjie Die Huissensasie

121 Kommentaar Add your own

  • 1. Samantha Q  |  Februarie 22, 2008 om 5 : 00

    EERSTE!!!!!!!!!!!!!!

  • 2. Samantha Q  |  Februarie 22, 2008 om 5 : 01

    KOEBAAI!!!! Praat Maandag wee!

  • 3. Michael  |  Februarie 22, 2008 om 6 : 39

    Een ding wat my baie na aan die hart lê is kinders, hulle het nie gevra om daar te wees nie so moenie met hulle mors nie dis seker my grootste beginsel.

    Iets wat my ook dwars die moer in maak is mense wat diere mishandel of die natuur skend vir eie plesier!!

  • 4. SAMANTHA Q  |  Februarie 22, 2008 om 7 : 07

    Testing

  • 5. Jannas  |  Februarie 22, 2008 om 7 : 45

    My beginsels draai om wat die Here ons geleer het wat reg en verkeerd, goed en sleg is.
    Hy het ons, die mens geskep om hom te dien maar ook ons opdrag gegee om gehoorsaam te wees aan die wat Hy oor ons aangestel het. Ons ouers, onderwysers en die gesagstrukture maar ons moet Hom die meeste gehoorsaam wees.
    Hy het ons Sy skepping gegee om oor te heers – nie te verniel nie.
    Hy het ons Sy wette gegee as wette van liefde sodat ons Hom in harmonie met ons naaste kan dien.
    Hy het ons Sy Seun gegee om ons te kom leer hoe om God en mekaar lief te hê en Hy het Sy Seun ons straf laat dra. Ek sal Hom nie belaster of verloên nie.
    Hy het ons Sy Gees gegee. Ek luister na my gewete en voorgevoel.
    Dit is my waardes waardeur ek alles sif.

  • 6. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 22, 2008 om 8 : 56

    Ek wil ook byvoeg: Wees altyd nederig en jy wen die respek van ander. My spreekwoord is juis: RESPECT AND BE RESPECTED! Wag laat ek verder gaan rugby kyk . . . .

  • 7. SAMANTHA Q  |  Februarie 23, 2008 om 9 : 02

    My testing het gewerk van my foon af! Whoopee! Ek kan nou lekka blog van my foon af. Dis nou te sê as da iemand SAAM kan blog!

  • 8. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 23, 2008 om 10 : 54

    More Sam. Ja ek kan ok met my foon blog. Lekker dag vir almal wat hier kom.

  • 9. SAMANTHA Q  |  Februarie 23, 2008 om 4 : 36

    Hi Gawie. Ek sien dis net ek en jy wat die naweek skof doen🙂

  • 10. Adrie  |  Februarie 23, 2008 om 6 : 33

    Hallo!!

    Ek loer ook af en toe in. Ek is👿 vir mxit. Werk nie met my saam di naweek nie.

  • 11. SAMANTHA Q  |  Februarie 23, 2008 om 6 : 58

    @ A3 – Net jammer die NUWE foon wil okki werki😈

  • 12. TristonJ  |  Februarie 23, 2008 om 7 : 10

    Goeie beginsels… almal van hulle! Ek lewe langs die lyn van doen aan anders wat jy aan jou self gedoen wil he^, Dit dek gewoonlik als.🙂

  • 13. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 24, 2008 om 6 : 25

    @ Triston – Ja, dit klink goed! Ons lewe net eenkeer en ons tydjie op aarde is korter as wat ons dink (of voor hoop!).

    Dan sal ek maar Sondag agtermiddag diens doen hehe. Hoop almal het ‘n lekker naweek gehad. Ek toets net gou my piesie uit. Hy het biki connectivity probs gehad.

  • 14. Zoekoe  |  Februarie 24, 2008 om 7 : 12

    Sjoe ne asof jy nie genoeg blogs al het nie Adrie….. Ek moet bieg ek laaik die een ook baie ….. sal weer chat as ek terug by die offies is volgende week !!!

    Groete !!

  • 15. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 7 : 11

    Dan sal ek maar eerste wees om op die Maandagoggend te groet. More sê al julle spinnekoppe. Mag julle ‘n moewiese geseënde week hê!

    Groetnis tot later.

  • 16. Nella  |  Februarie 25, 2008 om 7 : 18

    Dan is ek maar 2de – sou jou gewen het Gawie as ek nie eers moes opvang met die nuus hierbo nie – toemaar more is my beurt.😛

  • 17. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 7 : 25

    Ek staan tog vroeër as jy op! 😛

  • 18. Jannas  |  Februarie 25, 2008 om 7 : 30

    More almal, mag die week geseënd en kloonvry (die slegtes) wees.

  • 19. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 7 : 41

    Môre almal

    lekker week vir julle geniet.

  • 20. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 7 : 51

    Hallo
    Hallo
    Hallo

  • 21. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2008 om 7 : 55

    More maters – ek ook weer terug.

    Ek glo jy doen nie aan iemand anders wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie en leer my kinders ook as jy nie iets goeds van iemand kan sê nie – hou jou bek !

  • 22. Sweetness  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 01

    More almal

    My beginsels is respek vir almal en jy doen nie aan ander wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie.

    A3

    Baie dankie vir ‘n rustige blog. Voel sommer lus om te kuier.

  • 23. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 04

    Sweetness

    Ek is bly julle geniet dit. Dit is immers die bloggers wat van enige blog ‘n sukses maak, nie die administrateurs nie.

  • 24. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 16

    More A3. Ja dis waar nê!

    More sê Marynash, Sweetness, Mathilda en Jan.

    Lekker dag vir almal. Ek loer maar kort-kort in.

    O ja, ek het nie gewet Willie Roos is doofstom nie. het julle gesien hoe praat Schalk Burger vingertaal met hom Saterdag? 😆

  • 25. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 28

    Hi

    Mathilda

    jy praat honderd present die waarheid as jy nie iets goeds kan se nie se dan liewer niks en doen aan ander wat jy aan jouself gedoen sal wil hê, wyse woorde.

    môre almal wat ek nog nie gegroet het nie

  • 26. DEON  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 30

    En more van my ook…

    Wat my aanbetref of my motto is “dont expect anything from anybody and you wont be dissapointed”

  • 27. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 49

    Wie het ‘n interessante naweek gehad?

  • 28. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 54

    Adrie

    Ekke – het toegekyk hoe my man sy bes doen om sy humeur te beteuel met iets wat hy in TL se kamer moes doen !

  • 29. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 54

    Kan ek dit interessant noem as ‘n Vodacom operateur na 3 jaar se gesukkel vir my ‘n slag die REGTE inligting en goeie raad gegee het oor my bluetooth verbinding?

    Ek kon my ore nie glo toe die ou my paar tips gee nie . . . . .

    Ek is so in my oppies dat ek sommer ‘n kompliment op Hellopeter gepos het vir Razool du Plessis!

  • 30. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 55

    oppie = Noppies lol

  • 31. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 8 : 58

    Tilla

    Hoekom het die Engelsman gesukkel?

  • 32. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 9 : 10

    Hi

    myne was maar bedroef, my swaer is toe opgeneem in bloem se isolasie afdeling van die kanker saal so dit was maar depresief.

  • 33. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2008 om 9 : 13

    Adrie

    Hy het die border op die mure geplak (nie ‘n maklike job met skewe mure nie), het naderhand ‘n waterpas gaan haal maar dit het ook nie gewerk nie want dan lyk dit nie reg nie ! Nogal op ‘n moeilike hoogte ook ! Ek het gedink hy gaan opgee en later weer probeer maar hy het deurgedruk en klaargemaak – dis mos vir sy prinses se kamer – geen moeite is te veel nie ! Toe moes hy nog die cot ook regkry want die laai het vasgesit ! (ek is seker daar is ‘n hele paar vloekwoorde in sy swartboekie bygeskryf). Maar dit lyk pragtig – ons is nou reg vir haar !

  • 34. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 9 : 16

    Mary

    Wat is fout met jou swaer?

    Tilla

    So sy kan maar Vrydag kom?

  • 35. Bos  |  Februarie 25, 2008 om 9 : 18

    More almal!!!!

    Ek het ook so paar:

    Respekteer die ouer garde. Hulle verdien dit.
    respekteer Natuur, as sy gedaan is, is ons ook …..(In al haar elemente, julle weet, The sircle of life ….)
    Kinders is n geskenk uit die hand van God. Beskerm hulle al is hulle nie joune nie. Hulle is hulpeloos teen die bose in ons wereld en ons moet hulle belange beskerm.
    Staan vas waarin jy glo, dit definieer wie jy is as persoon.

  • 36. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2008 om 9 : 26

    Adrie

    Jip ! Miskien as ons op ons kniegies gaan en mooi vra sal ons nogsteeds die special birthday hê !

    Marynash

    Jammer om te hoor van jou swaer, al vanoggend gehoor hoe dit gaan ?

  • 37. Rooi Koos  |  Februarie 25, 2008 om 9 : 29

    Ek het nie baie begisels wat ek wetties na leef nie.
    My grootste beginsel is die selfte genade wat God vir my gegee het wil hy vir almal gee. So al haat hulle nou God en wil niks met Hom te doen he nie is daar nog altyd hoop want God sal vir hulle ook genade gee maak nie saak wat nie.

    My lewe moet dan ook n lewe van genade wees teen oor ander mense.
    My familie het eerste aanspraak op my liefde dan die ander mense en diere in die volgorde.
    My liefde teen oor God is op n ander vlak as teen oor mense dit is n onderwerp op sy eie wat ek nie nou hier wil bespreek nie.

  • 38. Miss Nats  |  Februarie 25, 2008 om 9 : 51

    Goeie more julle!!!

    Ek glo vas da aan dat “Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê” Dit laat my twee keer dink!

    En my hart lê baie naby aan diere. ‘n Mens kan nog jou mond oop maak en vir iets vra, waar diere op ‘n mens moet staat maak. Maak my kinderlik ongelukkig om diere mishandeling te lees.

    Maar moet nie dink ek sit diere voor kinders en ou mensies nie. Ek voel ook net so baie vir hulle.. maar my Tweeling en haar Drieling dek daai dele!🙂

  • 39. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 00

    Miss Nats

    Hoe se my kloon altyd? Kinderlik ongelukkig en grootmens die moer in.

  • 40. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 04

    Mathilda

    baie geluk met die aankoms van die baba

    Adrie

    my swaer is 5 jaar terug gediagnoseer met ‘n skaars tipe bloedkanker en dit het (na baie behadeling) goed gegaan tot so begin Feb toe hy weer begin siek word het, hy was in welkom in die hosp vir 2 weke maar daar kon hulle niks vir hom doen nie die dat hy oorgeplaas is Bloem toe, ons sal more of woensdag weet wat al die toetse opgelewer het. dankie vir als

  • 41. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 06

    mathilda / Adrie

    dankie vir jul belangsteling maar dit gaan maar rof my skoonsus is gedaan en die twee kinders (seun van 8 en dogtertjie van 2) verstaan nie so lekker wat is fout met pappa nie en met die isolasie storie mag hulle nie eers daar in nie.

  • 42. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 14

    Mary

    Is hy in isolasie om hom van moontlike infeksie te beskerm? Gee jy dalk om om my die besonderhede te epos?

  • 43. Bos  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 15

    @ Nella

    HALLLOOOO!!! EK SIEN JOU NOU EERS DAAR DOER BO RAAK!!!

  • 44. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 15

    @ marynash – Onthou om my die nodige inligting te gee op Prodigits asb. Ek sal die nodige doen vir jou.

    Sjoe, ja, ek het Desember weer gesien hoe verwaarloos is ‘n drongat se honde en toe kom sê sy kinders ook nog vir my dogter hul het 2 dae laas geeët! GENUGTIG!

    👿 👿 👿

  • 45. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 20

    Sal so maak julle, het nou net met skoonsus gepraat sy se hy het nog niks geeet nie (dit gaan nou so vir ‘n week ) en met twee drups op om die naarheid te keer is hy nog net so naar en van al die opgooi (ekskuus) is sy keel al so rou hy kan skaars praat.

  • 46. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 20

    more almal!!
    hoop dit gaan goed!

    @adrie
    ek wag nog hoor!!!

  • 47. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 23

    BO

    Waarvoor nou weer? Ek het vergeet.

  • 48. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 26

    @adrie
    ek hoop nie dis die ouderdom nie!
    (((facebook)))

  • 49. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 29

    BO

    Wanneer ek weer by facebook uitkom, ek het wel jou invite gekry. Wees net ‘n bietjie geduldig.

  • 50. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 30

    @adrie😦 okay

  • 51. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2008 om 10 : 40

    Marynash

    My niggie het dit ook gekry (bloedkanker) toe sy maar 27 was, baie moeilike tye deur, maar moed hou. Sy het op een dag chemo, bestraling en ‘n bloedoortapping gekry en hulle het haar verloor vir ‘n paar minute, maar hulle het haar darem weer terug gekry en al wat sy daarvan oorgehou het was geheueverlies. Toe is haar spesialis oorlede (taxi haar omgery) en ander dokters gee toe ander medisyne en daar is ons terug by die drawing board ! Het darem nou weer op regte goed maar het nou die dag ‘n sms van die dokter af gekry wat vra ons moet maar vir haar bid want sy reageer wel mooi op die medisyne maar dat die geheueverlies vir hom biki van ‘n probleem is en dat dit maar baie wipplank ry op hierdie stadium. Sy is nou einde Maart 34.

  • 52. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 11 : 11

    Tilla

    Ek se weer, as dokters net na behore kan diagnoseer, sal die wereld baie beter wees.

  • 53. Bos  |  Februarie 25, 2008 om 11 : 17

    @ Adrie

    Is waar wat jy se. Het jy daai artikel van daai vrou gesien in 14 feb. se huisgenoot? Als oor n apteker wat nie seker was oor n dokter se hanskrif nie en toe inplaas van anti histamiene gee hy vir haar verkeerde goed. Daai arme vrou het bitter sleg gelyk, so vol blase en sere en dinge.

  • 54. *Mathilda*  |  Februarie 25, 2008 om 11 : 19

    Adrie

    En hulle moet ordentlike rekords hou ! So iets kan mense hule lewens kos.

  • 55. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 11 : 20

    Bos

    Ek lees nie sommer die huisgenoot nie. Maar kry vir hulle, hulle keuring vir mediese personeel suig.

  • 56. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 11 : 30

    Kanker kruip ook soms weg en dokters kan dit nie altyd sien nie.

    My Oupa was in sy 80’s en so gesond soos ‘n vis in die water. Hy het gereeld hospitaal toe gegaan vir “check-up’s”. Hy het kort-kort gekla van ‘n brandpyn in die maag en het selfs vir x-strale gegaan, maar die drs. kon niks snaaks vind nie. Eendag toe bars sy blindederm, toe hulle hom oopsny toe sien hulle die kanker vir die eerste keer ……. 2 Weke later is hy oorlede.

  • 57. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 11 : 38

    mathilda

    shoe ja ons is nogal in dieselfe boodjie Jaco is nou sept 31 hy is gediagnoseer op 12 feb 2003 5 jaar terug.

    oubaas

    jammer om te hoor van jou oupa

  • 58. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 11 : 51

    Gawie

    Kanker kruip weg, maar dit is nie onsigbaar nie. Dokters is dikwels net te lui om iets volledig te ondersoek.

  • 59. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 12 : 16

    Ons wonderlike onderwys departament weereens.

    Die Gautengse onderwysdepartement gaan die veiligheid by 240 skole oor die provinsie opskerp.

    Me. Angie Motshekga, Gautengse LUR vir onderwys, het gesê haar departement sal nouer met die polisie saamwerk om dié beveiliging te bewerkstellig.

    Dié planne kom te midde van verskeie gewelddadige voorvalle by skole sedert begin vanjaar, waaronder twee seuns van Hoërskool Akasia in Pretoria wat verlede week deur drie medeleerlinge met messe gesteek is.

    “Geweld en afknouery moet vinnig deur onderwysers geïdentifiseer word, voordat dit ’n groter probleem raak,” het Motshekga gesê.

    Die aanslag op geweld en misdaad by skole sal geskied onder die vaandel van ’n nuwe program genaamd Hlayisika, wat “om veilig te wees” beteken.

    Motshekga sê onderwysers, ouers en leerlinge sal opgelei word om gevaarligte raak te sien en gevaarsituasies te ontlont.

    “Ons sal ook skole ordentlik omhein en personeel en leerlinge by skole sal as veiligheidswagte opgelei word.”

    Mnr. Firoz Cachalia, die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê sy departement sal skole help om hul eie veiligheidsplanne op te trek.

    “As daar dán geweld plaasvind of gevare bestaan, sal leerlinge en onderwysers weet wat om te doen,” het hy gesê.

    Meer as 192 000 sal baat vind by die projek. – Cobus Coetzee
    (van Beeld)

  • 60. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 12 : 17

    werk julle almal so hard dat jul nie kan blog nie, of slaap jul nog, of het julle nix om te sê nie?????

  • 61. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 12 : 20

    hi bruinogies

    nee ons dis nou ek kan nie vir almal praat nie loer so nou en dan in en reply as daar met my gesels word.

  • 62. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 12 : 35

    @ BO – dis Maandag jong. Party slaap nog en ander werk vir ‘n slag 🙂

    Wat aanbetref my Oupa dit was ook darem al lank terug. As ek reg onthou in 1977 se wêreld.

    Wel, die mediese wetenskap vorder ook by die dag. Toe ek in 1984/85 se koers vir ‘n EKG gegaan het, het hulle ‘n masjien op my gesit. Verlede jaar het hul bloedgetrek en vir my gesê hul doen dit vir ‘n EKG. Ek kou maar bietjie langtand aan daardie een, maar wie is ek om te stry?

  • 63. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 12 : 49

    Maandag = Doodgaandag.

    Mediese tegnologie ontwikkel by die dag, maar die meeste dokters groei nie saam nie.

  • 64. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 12 : 54

    Adrie

    ek neem aan jy is ver geleerd ek het nie al die kennis nie bly jy kan help

  • 65. Bos  |  Februarie 25, 2008 om 1 : 01

    @ Marynash

    Adrie is soos ons info centre hier rond.Sy het meeste van die tyd n antwoord vir meeste van die vrae!!

  • 66. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 1 : 28

    Mary Nash

    Moet nooit google onderskat nie.

  • 67. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 1 : 34

    Ja Google is ‘n baie slim ou!

    Dankie Mary ek het jou boodskap gekry.

    @ Bos dan noet ons haar maar nomineer vir een of ander titel . . . . . . . . .

  • 68. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 1 : 49

    Oubaas

    Dit help darem as jy weet wat om te google.

  • 69. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 1 : 57

    @adrie

    j het pos!

  • 70. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 1 : 59

    BO

    Na gmail? Of Facebook?

  • 71. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 1 : 59

    gmail.seker nie op facebook nie want jyt my ngi accept nie.

  • 72. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 00

    BO

    Ek kan nie van die werk af Facebook nie.

  • 73. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 03

    @adrie

    dis baie bad!! wel ja ek word betaal om opi internet rond te hang!!
    (grappie) ek het nooit werk om te doeni, so dan mag ek maak wat ek wil!!hehehe.

  • 74. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 10

    BO

    Hoekom jaag jy al my customers weg?

  • 75. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 12

    @adrie

    mmm ek werk nie met customers nie!!!

  • 76. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 13

    @adrie

    is jy nou STD 5? j word mos nou 13 nê🙂

  • 77. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 16

    BO

    Nee, ek word weer 12 die jaar. Hulle het my in st 1 gesit.

  • 78. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 21

    @adrie

    lmga!
    jy moet nou regtig ophou met daai skelm obs “koeldrank” wat j drink en jou geslippery! jou ma gaan jou boudvelle aftrek!j mors haar geld op skoolfondse en j speel met jou eie veiligheid by die skool.”hoop j sit vir jou ‘n mes in vir skool”

  • 79. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 30

    BO

    Ma worry nie, mits sy saam drink. Ek bly darem 12. Sy laat my toe om te slip vir veiligheids doeleindes.

  • 80. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 30

    messe gevaaaarlik

  • 81. Sterretjie  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 30

    Helloaaaaaaaaaaaaaaaa maatjies

    Mwah mwah mwah mwah mwah!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 82. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 33

    @ster

    hallo ou mater!!
    hoe gaan dit?

  • 83. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 35

    hallo sterretjie

  • 84. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 39

    Ster

    Ontmoet Marynash, ‘n nuwe blogger. Sy is nogal oulik.

    Mary

    Sterretjie is die hart van enige blog.

  • 85. Sterretjie  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 45

    In ‘n ligter luim –
    Twee bank amptenare lê na tien jaar se getroude lewe in die bed. Man voel sy manlikheid beweeg en fluister. Skat, die aandele styg en die wisselkoers is bestendig. Wil jy belê? Sy – Nee, die beurs is gesluit. Later is sy lus en fluister, slaap jy skat, die beurs is oop. Te laat sê hy, ek het die aandele uit die hand verkoop.😆 😆

  • 86. marynash  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 45

    ek glo so met so ‘n naam kan dit nie anders nie.

    adrie

    dink jy google sal my kan stuur na ‘n hitman se gegewens
    nee moenie vra nie, dankie vir kompliment

  • 87. Sterretjie  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 47

    Bruinoog
    Hoe gaan dit maatjie.

    Mary
    Hallo daar. En welkom hier tussen ons klomp stoutgatte.

  • 88. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 47

    @ster

    goed en met jou???

  • 89. Sterretjie  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 52

    Bruinoog
    Aan die gang jongie. Waarheen het jy verdwyn??? Of was jy landuit? Gaan dit goed en het jy al ‘n kêreltjie??? Toe toe, praat jong. Wat sukkel ek so met jou vandag?

  • 90. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 2 : 59

    @ster

    ek kon glad nie by jac se blog inkom nie. ja jong ek het ‘n kerel!! ek stres net oor die 3de maart dan moet ek ini hof wees, oor die ongeluk wat ek in was laas jaar augustus. ek moet bja dankie vir adrie sê dat sy nie my email adres weggegooi heti,want anders sou ek nie geweet het van hierdie blog nie!!

    @adrie
    dankie hoor!!!

  • 91. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 07

    BO

    Ek gooi nooit iemand se adres weg nie.

  • 92. Mary-Nash  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 13

    Sterretjie

    dankie tog

  • 93. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 15

    @adrie

    ek weet dis hoekom ek dankie sê!

  • 94. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 19

    BO

    Het jy die ongeluk veroorsaak?

  • 95. bruinogies  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 23

    @adrie

    dit was ‘n stop vir my en die swarte het sonder ligte gery, dit was in die nag gewees.as j op facebook gaan sal j my tjor se foto’s da sien.

    julle moet lekker klets.chat more weer.ek gaan nou huis toe!
    tata

  • 96. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 27

    TATA BO

  • 97. Mary-Nash  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 28

    Ta-ta BO

    gaan niemand met my praat vandag nie

  • 98. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 32

    Mary

    Ek praat al die hele dag met jou.

  • 99. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 35

    Ek probeer ook . . . . . . . . .

  • 100. Mary-Nash  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 35

    ag dis net ‘n grappie

    werk jy lekker of is dit ‘n blou maandag

    ek wil iets se oor vrydag se blog, is jy niks jaloers nie?

  • 101. Mary-Nash  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 36

    hallo gawie

    hoe gaan dit vanmiddag met oom oubaas

  • 102. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 3 : 39

    Mary

    Jaloers op wat?

  • 103. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 01

    Almal is weg.

  • 104. Mary-Nash  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 06

    Adrie

    jaloers in die algemeen as jy verstaan ek kan aflei van jou stuk vooraan dat dit nie die geval is nie, maar ek dink ek is net unsecure

  • 105. Tinkerbell  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 09

    Hallo julle,

    Ek is terug van die Kaap hoe gaan dit met almal, ekt verlang!!

    Hoor daar is ‘n idioot wat julle blog op Jacaranda bederf het.. sies die boks!

  • 106. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 13

    Tienks!!!!!

    Jy is die bewys dat onkruid nie vrek nie.

  • 107. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 14

    Tienks

    Wat het jy in die kaap gemaak en het jy vir ons stunning foto’s?

  • 108. Tinkerbell  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 15

    Hallo? Waar is jy Adrie?

  • 109. Samantha Q  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 16

    Mirrag julle😥

  • 110. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 16

    Mary

    Ek is heeltemaal te heethoofdig om nie jaloers te wees nie, maar dit is nie buite beheer nie.

  • 111. Tinkerbell  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 17

    O daar..! Ja het ‘n paar fotos, sal kyk of ek kan op memory stick sit en vir jou mail..

  • 112. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 17

    Tienks

    Lewens groot hiervoor jou,

    Sam

    Hoekom pis jy nou weer?

  • 113. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 20

    Mary had a little lamb – Jy moenie so op ‘n Maandag met “oom” skoorsoek nie. Dis gevaarlik!

    Marrag sam. wat tjank jy alweer oor? moenie vir my sê jy het jou ander been ook gebreek nie! 😆

  • 114. Samantha Q  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 20

    @ Klokkie

    My goeie de fok! Sit jy nou ‘n smile op my daail! Is jy ONSE klokkie?

  • 115. Tinkerbell  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 22

    Ek moet nou gaan julle ek sal more weer kom kyk wie is almal hier.

    Dankie vir die link Adrie, bly jy het my nie vergeet nie.

    Veilig ry almal

    Cheers,
    Tinks

  • 116. Samantha Q  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 23

    @ Oom Oubaas

    Jhong!….. Ek ga v Hilda sê oom is alweer lelik met my. Pleks oom my troos!

  • 117. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 24

    Tienks

    Ek vergeet nooit iemand nie.

  • 118. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 26

    Ag ok man ***druk*** ***druk*** ***druk*** Voel jy nou beter?

    Lekker aand almal. Ek het orders om uit te sit voor tjailatyd.

  • 119. Mary-Nash  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 32

    tara almal wat gaan

    hallo almal wat nog hier is

  • 120. Mary-Nash  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 48

    ta-ta gaan nou huis toe

    julle moet ‘n geweldige lekker aand hê

  • 121. Adrie  |  Februarie 25, 2008 om 4 : 58

    Baai Almal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: