Pateet Laan

Februarie 21, 2008 at 9 : 47 56 Kommentaar

Ek is nie ‘n getroue dissipel van 7de laan nie, maar ek volg dit tog. Ek weet nie hoekom nie, dit irriteer die wit waks by my uit.

Het julle al agter gekom die meeste storie lyne is ‘n maand lank. Die meeste gasspelers bly ook ‘n maand. Bismarck en Ester gaan seker ook elk ‘n maand bly. Baie van die gewilde maandelikse gaste kom na ‘n paar maande terug om iets oor te kom dat hulle nie gou weer gebruik kan word nie. Soos Libby, Jerome en nou Ester. Ongelukkig nie Daleen nie.

Jan-Hendrik was altyd ‘n nice ou gewees, maar deesdae is hy ‘n vark van die eerste waters. Dan praat ek nie eers van Diaan Lawerson wat in 3 jaar se tyd nog steeds 21 is. Vanessa gee my ‘n kramp, haar dikbek houding is nie meer van pas nie. Sy is mos nou al mooi groot. Felicity was oulik, maar gaan koekoes in ‘n krisis. Nog ‘n nuwe gier. En Emma se daal van smarte hou net te lank aan. Ek se maar eerder niks oor Maria en Oubaas nie.

Is julle aanhangers, volgers of gatvol vir die Laan?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Valentynsdag Die groen baadjie

56 Kommentaar Add your own

  • 1. bull  |  Februarie 21, 2008 om 10 : 02

    A3 gaan jy nou ook daar waai.?

  • 2. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 10 : 05

    Ek het gewaai. Die vervloekery staan my nie aan nie.

  • 3. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 21, 2008 om 12 : 01

    O dis hier waar julle wegkruip!

    Ha, ja, ek staan op die wap bekend as Oubaas, en paar mense het al gedink ek is die ware Jakop!

    Nee wat, 7de Laan is deesdae so voorspelbaar soos ‘n taxi. Ek het belangstelling verloor toe ou Francios gewaai het. Ai tog daai fights met Oubaas oor Hilda was altyd al te kostelik!

    Almal wat hier kom kan gerus ‘n draai kom gooi by my site. Kliek net op mu naam.

    Groetnis,

    Gawie.

  • 4. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 12 : 17

    Hallo Gawie

    Ek bly nie op ‘n blog waar daar met God gespot word nie. Dit maak my siek.

  • 5. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 21, 2008 om 12 : 32

    Dis juis hoekom ek al lankaaaaal nie meer daar is nie.

    Ai tog dat grootmense SO tekere kan gaan.

    Wat dink die mense gaan hul bereik?

    Ek sal af en toe kom groet. My baas het i.g.v. ook gevra ons moet bietjie afskaal op internetgebruik want dit plaas baie druk op die server. Ons het volle toegang en gebruik, maar paar mense gaan bietjie oorboord.

  • 6. Verons  |  Februarie 21, 2008 om 1 : 19

    Hallo julle, ek is net vandag bietjie besig gewees en toe ek uiteindelik ‘n bietjie kon gesels toe moes die server eers weer gebounce word! Jis toe sien ek eers al die mails wat ek gekry o.a die een van Jan waar hy oor die kloon kla op Kurt se post! Ek het sommer yskoud geword! Hoe kan mens so iets sê?!
    Ek het gaan kyk wraggies dit het te ver gegaan!!!

  • 7. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 1 : 22

    Verons

    Dit het te ver gegaan en Jac doen so ver niks.

  • 8. Verons  |  Februarie 21, 2008 om 1 : 30

    A3 ek het Jan se mail gekry en ek dink as iemand iets daaromtrent sal doen san sal dit Darren wees, hy het nie te gelukkig geklink nie en ek dink as hy weer ‘n klagte gaan kry gaan hy ontplof! Wat van die uitsaai kommissie kan mens nie daar gaan kla nie?

  • 9. Verons  |  Februarie 21, 2008 om 1 : 33

    O ja en nog iets het jy gesien aan wie het Darren almal ge-cc?
    Dit is na almal in die top bestuur! Ek is seker daar sal binne die volgende paar dae iets gebeur!

  • 10. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 1 : 34

    Verons

    Ek het reeds ‘n klagte aan handig gemaak. Die kloon is besig om die grondwet te oortree. My prokureur is besig om te kyk wat gedoen kan word. Ek kan ‘n naamskending saak maak, maar dit is nie wat ek wil doen nie. Niemand laster met God se naam en kom daarmee weg nie.

  • 11. Verons  |  Februarie 21, 2008 om 1 : 41

    A3 maak sommer ‘n naamskending saak ook oop want dit is per slot van rekening wat die gemors gedoen het! Hy het jou naam beswadder bo en behalwe dat hy Godslasterlik opgetree het!

  • 12. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 1 : 42

    Gelukkig sal die kloon drol nie hier kom aanjaag nie.

  • 13. Verons  |  Februarie 21, 2008 om 1 : 51

    Ja ek het vir hom gesê hy is nie welkom hier nie en ek het al die ander ordentlike bloggers genooi om hier te kom kuier!

  • 14. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 07

    So al asof die drol hom daaraan gaan steur.

  • 15. Verons  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 24

    Kom ons hoop maar so! Ten misnte hier kan ons hom sy eie medisyne terug gee!

  • 16. marynash  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 26

    goeie dag
    mag ek maar hier saam met julle gesels

  • 17. AMH  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 31

    Hallo almal
    het ons nou ‘n nuwe kuier plek gekry?

  • 18. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 31

    Hallo Mary Nash

    Jy is baie welkom en ek hoop jy geniet dit hier.

  • 19. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 32

    AMH

    Jip en hier sal elke dag ‘n nuwe blog wees.

  • 20. marynash  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 34

    dankie ek glo ek sal,

    ek stem saam oor 7de laan maar die ergste vir my is seker zinzi

  • 21. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 34

    Hmmm ek het hoeveel emails aan die webmaster en Kieno gestuur destyds, en hulle het nie eens moeite gedoen om te antwoord nie.

    Ek het lankaaaal voorgestel dat die bloggers verplig moet word om met ‘n geldige email in te teken soos op die forums.

    Ek hoop van harte dat daar iets van gaan kom, want fiet van die saak is God het al baie vir my in my lewe beteken! Toe ek desperaat was vir werk het klomp beraders en Pastore vir my gebid, en skielik kry ek werk. Ek moes it die aard van die saak saambid!

    Lekker aand vir almal.

  • 22. AMH  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 36

    Adrie
    Ag baie dankie jy is te goed vir ons

  • 23. marynash  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 39

    kan ek ‘n dom vraag vra hoe stoor mens vir doringsensomsrose en waar ek is maar dom met die goed.

    ek sal eers maandag weer praat, ek weet ek is nuut maar my swaer het bloedkanker en ons moet hom gaan besoek so asb dink en/of bid vir hom

  • 24. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 39

    Oubaas

    Kieno was op sy beste baie godslasterlik self gewees.

  • 25. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 41

    Mary

    Sterkte met jou swaer. Die blog gaan voort.

    Safe die website as van jou favourites.

  • 26. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 43

    Sjoe Maryna, dis ‘n nuwe woord?

  • 27. marynash  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 49

    baie dankie ek het dit reg gekry

    lekker naweek en dankie vir goeie wense

  • 28. AMH  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 50

    Mense ek sal julle nou moet verlaat.
    Ek hoop julle het ‘n rustige aand verder.

  • 29. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 52

    Sterkte Mary

  • 30. Bossie  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 58

    Ek is bly ek is weg daaranderkant!!
    Ek sien ek word nou geklassifiseer as ‘oppervlakkig’
    Adrie, ek hou van jou ‘oppervlakkige’ gesleskap hoor!! Die kloon gemors gaan nie die satisfaksie kry waarna hy/sy soek nie! Ek sal nie teruggaan nie, al wil ek hoe graag om die ding sy fortune goed te loop vertel. Ek het nog nooit n fight begin of geindig op die blog nie, net meskien Tevor en Adrie se fight ….

  • 31. poplap  |  Februarie 21, 2008 om 2 : 59

    hellooo

  • 32. poplap  |  Februarie 21, 2008 om 3 : 00

    wie se blog is die? a3 of verons?

  • 33. waarnemer  |  Februarie 21, 2008 om 3 : 04

    A3 se blog.

    Bossie, niks sal my weer terug lok terwyl daar so ‘n scene daar gemaak word nie.

  • 34. Adrie  |  Februarie 21, 2008 om 3 : 09

    Hallo Poplap

    Al wat ek se, is dat ek niks gaan wen om op die Jac blog te bly bloot om te wen nie. Ek kan nie eendag daar bo gaan verduidelik dat ek iemand uitgelok het om God te vloek nie, net omdat ek wou wys dat ek beter is nie.

  • 35. Viskop  |  Februarie 21, 2008 om 3 : 12

    Hey julle hiers nou so baie blogs dit maak my kop dom
    Julle moet onthou ek is blond ook nog ( en boonop n man)

  • 36. "Oubaas" Gawie  |  Februarie 21, 2008 om 4 : 16

    LAPPOP! WOW! Bly om jou te sien!🙂🙂 Jy kan gerus ‘n draai gooi by my site! Oe leke ek kom tot met my selfoon hier in!

  • 37. Rooi Koos  |  Februarie 21, 2008 om 4 : 36

    Ek kyk al vir meer as twee jaar nie 7 de laan nie. Die hele storie het geen klimaks nie en daar was nog geen karakter wat nog nie n verhouding of selfs met mekaar getroud was nie. Ek kan my self nie so straf om na die program week in en week uit dag vir dag te sit en kyk nie.

  • 38. sonkind  |  Februarie 21, 2008 om 6 : 42

    Hello almal. Ek het per ongeluk hier by julle ingeval en dit lyk asof julle almal mekaar ken. So, as ek nou amper so nuuskierig soos Francois (van 7de Laan) kan wees (by the way, ek kyk dit ook nie meer nie), kan iemand my dalk vertel wie is die godslasteraar en waar is sy blog?

    Oulike blog hierdie!

  • 39. boendoe  |  Februarie 21, 2008 om 6 : 53

    Hello!
    Ek’s nes Sonkind, baie nuuskierig oor die lasterende blogger!
    7de Laan, nee, ek kyk lankal nie meer nie. Vandat Sandra weg is, is die storie maar yl.

  • 40. "Oubaas" (gawie)  |  Februarie 21, 2008 om 7 : 17

    Ja ons ken mekaar al geruime tyd. Het almal saam geblog op jacarandafm se site, maar dit het nou bietjie begin handuitruk! Ek is seker daarvan dat A3 nuwe siele sal verwelkom hier.

    Lekker aand vir julle.

  • 41. Adrie  |  Februarie 22, 2008 om 5 : 35

    Goeie More en baie welkom Sonkind en Boendoe

    Ek het van te vore op die Jac Website geblog, maar daar het ‘n karakter uitgepop wat God gevloek het. Jacaranda werk aan die probleem.

  • 42. Roer  |  Februarie 22, 2008 om 5 : 41

    Aangename kennis.😀

  • 43. Adrie  |  Februarie 22, 2008 om 5 : 42

    Aan jou ook roer.

  • 44. Sonnetjie  |  Februarie 22, 2008 om 5 : 46

    Hi Ou blog maatjies

    Ek het nou vanoggend vir die eerste keer hier kom inloer – A3,Bossie,AMH,en almal anders, hier gaan ons lekker gesels – toe ek vanoggend hier oopmaak kon ek die rustigheid voel – as mens Jac se blog oopmaak wonder jy wat vir jou voorle – Bossie jy moet nog dat A3 vir my jou email adres stuur ok en jy ook AMH

  • 45. Sonnetjie  |  Februarie 22, 2008 om 5 : 49

    Hey hoe kry julle die prentjies en gesiggies langs julle posts??? ek wil dit ook he!

  • 46. Marilyn  |  Februarie 22, 2008 om 5 : 51

    Ek kyk nog 7de laan. Dis my enigste vreugde. Maar ek stem saam. Dis maar soms lekker boring. Ek het ook van die begin af geweet dat Bismark n skelm is. Hy soek net geld, of iemand met geld. Zinzi is die grootste pyn in die gat. Dit is soms boring en voorspelbaar. Maar ek geniet dit on te sien wat gebeur. Daleen kan maar terug Kaap toe. Neville se oe sit in sy gat en Vince is pa. Soveel intriges. Hoe kan julle dit misloop. LOL

    Ek is al lankal nie meer op Jac se blog nie. Daar was al lankal mense wat my kwaad gemaak het met hulle irriterende opmerkings. Ek het dus die hele laster storie gemis. Maar ek het daai eerste dag al vir Darren respek verloor. Hy het self die naam van die Here ydelik gebruik. Toe Francois hom gebel het voor hy moes begin werk. Ek hou van die show. Hulle het baie pret. Maar ek luister nie so gereeld nie.

  • 47. Adrie  |  Februarie 22, 2008 om 6 : 02

    Hey Julle

    Ons is op die Groen Baadjie blog hoor.

    Die gesiggies, weet ek nie regtig nie. Ek het gister respek vir Darren gekry, hy was net so ontsteld oor die drol.

    Sien julle op die volgende blog.

  • 48. AMH  |  Februarie 22, 2008 om 6 : 08

    Goeie more almal.
    Hoe gaan dit vandag met julle?

  • 49. Bottertjie  |  Februarie 22, 2008 om 10 : 55

    Hallo! Ek het al paar keer daar (by Jacarada) ingeloer, maar dit het my verveel…
    Ek kyk nie 7de Laan nie, maar wel Binnelanders. Partykeer sal ek op Sondae 7de Laan kyk, maar dan change ek weer die channel.

  • 50. Adrie  |  Februarie 22, 2008 om 11 : 17

    Welkom Bottertjie

    Hoekom het jac jou verveel?

  • 51. Dellie  |  Februarie 22, 2008 om 12 : 14

    Hello!

    Ek volg op die spoortjies van Sonkind, Boendoe en Bottertjie. Ek val ook per ongeluk hier in, maar dit lyk of dit kan lekker raak!

    Ek ry nie meer tyd om 7de laan te kyk nie, werk tot na 7 saans, en het gewoonlik beter dinge om te doen Sondae. Ek weet darem Hilda maak snaakse konkoksies en dat ek saam sal eet!😉

    Sal weer kom kuier!

  • 52. Adrie  |  Februarie 22, 2008 om 1 : 16

    Dellie

    Jy is baie welkom.

  • 53. Sewende traan? « Johan Swarts se bl0g  |  Februarie 22, 2008 om 4 : 32

    […] As jy kla oor Sewende Laan se storielyn, toneelspel, relevansie tot hoegenaamd enigiets of korellasie met die werklikheid, het […]

  • 54. mykopop  |  Februarie 23, 2008 om 9 : 59

    Ja hallo julle, bietjie jammer om soveel “off topic” kommentaar te sien. Sien ook my inskrywing http://mykopop.wordpress.com/2007/11/06/oom-oubaas-en-die-groot-wekker/

    so ‘n paar maande gelede al. Miskien as ons nou almal hard begin skree sal hulle die groot wekker hoor lui en vir ons iets anders op die kassie sit. Verkieslik goed wat nie dag vir dag op is nie en ‘n beplande sluitingsdatum het, so binne 12 tot 13 weke!

  • 55. Sewende traan? | Johan Swarts se bl0g  |  Oktober 6, 2008 om 3 : 12

    […] Johan Swarts • February 22, 2008 As jy kla oor Sewende Laan se storielyn, toneelspel, relevansie tot hoegenaamd enigiets of korrelasie met die werklikheid, het […]

  • 56. Wat het Wordpress getref? « Dorings en soms Rose  |  Februarie 19, 2009 om 6 : 04

    […] iets vars opsit en my naam verander – na waarnemer toe.  Ek was so haastig dat ek skoon ‘n post gecopy het, maar dit was darem ‘n post wat ek self geskryf het.  Die blog het afgeskop en […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: