Posts filed under 'Uncategorized'
Have your cake . . .
Vir die doel van vandag se skrywe, is ‘n koek sommer ook ‘n tert. En ek praat van regte koeke. Soos in eiers, suiker, meel en melk. ‘n Soete verleiding wat ‘n mens moeilik kan bedank, maar wat pylreguit om die heupe gaan sit.
Vra enige lukrate persoon wat sy / haar gunsteling koek is, is die kanse goed dat dit sjokolade koek gaan wees. As die persoon wel nie van koek hou nie, gaan hy/sy wel hulle voortande opoffer vir ‘n stuk melktert. Daar is bittermin mense wat ‘n stukkie gebak nie gaan waardeer nie. Dit hang natuurlik ook af van wie die bakker is. ‘n Mens bak goed of sleg. Daar is niks tussenbeide nie.
Tog is daar soveel meer as net sjokolade koeke. Buitendien kom ‘n sjokolade koek in soveel verskillende vorms, dat dit nie so eenvoudig is nie. Toegegee, die basis bly ‘n sjokolade sponskoek, maar die versiering maak al die verskil in die wêreld. Ek meen, ‘n Kalua Cappuchino Koek is nie ‘n sjokolade koek nie. As jy so dink, het jy dit nog nie geproe nie. Dan praat ek nie eers van Death by Chocolate, Chocolate Mouse of Caramel Chocolate nie.
Juis omdat mens sjokoladekoek onder elke bossie kan uitskop, verkies baie mense vanilla koeke. Dit is ook moontlik om die beste van twee wêrelde te geniet, dus ‘n koek wat deels sjokolade en deels vanilla is. Die naam het my nou ontgaan. Wanneer mens besef dat die kleur van die koek afhanklik is van die geur middels, is die moontlikhede legio. Koffiekoeke, pienk, blou, geel of groenkoeke is alles moontlik.
Swartwoud koeke is ook ‘n baie gewilde keuse. Om wortelkoeke – my persoonlike gunsteling – nie te vergeet nie. Mense sal ook hulle siele verkoop vir ‘n Pepperment Crisp, appel, pekaneut of Suurlemoenskuimtert. Wag, laat ek eerder nie op terte begin nie, julle hoor dalk nooit die einde nie.
Die interessantste koek wat ek al geëet het was ‘n papawersaad koek. Soos van die naam afgelei kan word, bevat die koek papawer saad. Dit is dus ‘n wit koek vol blou spikkels en ja, dit was ‘n baie lekker koek.
Soveel plesier as wat ‘n koek kan verskaf, is daar niks ergers as om ‘n slegte koek af te wurg nie. Die gasvrou roem op haar meesterkoeke waaroor almal glo vuisslaan. Jy kan dit goed glo, hulle baklei sodat daar nie ‘n krummel oorbly wat geëet moet word nie.
Wat is jou gunsteling koek? Kan jy self bak en wat is jou spesialiteit? Wat was die slegste koek wat jy al moes afwurg?
Blogvraag: Watter alkoholiese drank word tradisioneel by ‘n Swartwoudkoek gevoeg? (Ek soek die naam, nie die tipe alkohol nie.)
Blogantwoord: Maxie was reg met Cosatu.
28 comments September 17, 2009
Resessie ‘n verskoning vir Slawerny
Deesdae moet ‘n mens dankbaar wees as jy ‘n werk het. Deesdae moet jy dankbaar wees dat jy juis op ‘n Vrydag of ‘n Maandag moet werk. Die versugting is lekker, behalwe as jy daaraan dink dat dit met ‘n 20 % salaris verlaging gepaard gaan. Jy moet ook jou werk ten alle koste behou. Werk was nog altyd so skaars soos hoendertande en nou is dit nog skaarser. Dit raak moeiliker om jou verpligting na te kom, maar dit is eers moeilik as jy geen inkomste het nie.
Ons besef dit almal en bedank God elke aand daarvoor. Tog is daar ‘n spul gewetenlose werkgewers wat dit ook besef en uitbuit. As jy nie ‘n sent op jou naam het nie, raak jy desperaat. Jy sal bykans enige iets doen om te verseker dat jou kinders met vol magies bed toe gaan. Al moet jy jou eie veiligheid daarvoor inboet of teen ‘n slaweloon werk. ‘n Halwe eier is nog steeds beter as ‘n halwe dop.
Dit is skrikwekkend as ‘n mens besef dat firmas dikwels geld besnoei op veiligheid. As iemand seerkry, moet Mannekrag help. As hulle nie kan / wil nie, dan is dit daarnatoe. As ‘n werker sy ledemaat of selfs sy lewe verloor, is daar nog steeds geen rede vir kommer nie. Daar is nog vele waar daardie een vandaan gekom het.
Wins is ‘n baie eenvoudige vergelyking. Wins = Inkomste – Uitgawes. Die resessie het niemand gedwing om hulle pryse vir dienste of produkte te verlaag nie. Dikwels styg dit juis as gevolg van skommelinge in die geldmarke of stygings in vervoer. Ja, die uitgawes kan seker meer woord. Tog word die inkomste ook dienooreenkomstig meer. Een van die grootste uitgawes is dikwels salarisse.
Pakkette is niks vreemd in moeilike tye nie. Dit is een manier om die salarisse te sny. Tog word mense ook dikwels teen ‘n aansienlike laer salaris aangestel. Met die verskoning van die resessie. Ek het nog nooit gehoor dat iemand se salaris spring wanneer die moeilike tye verby is nie. Hoe minder die uitgawes, hoe meer is die wins. En winste gaan gewoonlik in bestuurders se sakke.
Hoekom iemand betaal wat hy / sy werd is, as jy hom /haar net ‘n gedeelte daarvan kan gee. As hy nie gelukkig is met wat hy kry nie, kan hy sy goed vat en loop. Daar is nog baie ander waar hy vandaan kom. Boonop moet hy die werk van verskeie mense doen, sonder die vergoeding. Juis omdat dit die maatskappy behaag. Dit vat meer tyd, energie en breinkrag.
Vat dit of los dit het nog altyd op slawerny neergekom. Die werk neem mense lewe oor en gee hulle net genoeg om te kan oorleef. Minder indien moontlik.
Is die resessie ‘n aanvaarbare verskoning vir uitbuiting? Is dit in moeilike tye aanvaarbaar om met mense se lewens te speel?
Blogvraag: Watter organisasie se eerste voorsitter (1985 – 1991) was Elijah Barayi?
Blogantwoord: Olga was reg met die lagmasjien oftewel die laff box wat die lag opnames bevat wat in Sitcoms gebruik word.
64 comments September 16, 2009
Patrick Swayze
Wat kan ‘n mens sê as ‘n akteur soos Patrick Swayze sterf? Hy het nooit ‘n Oscar gewen nie en sy Emmy benoemings het net benoemings gebly. Is die kuns van toneelspeel regtig vasgevang in toekennings? Of is ‘n geliefde akteur vasgevang in die harte van mense?
Gaan vra enige vrou wat is haar top 10 flieks van alle tye. Ek gee jou ‘n brief dat Dirty Dancing en / of Ghost in daardie lys gaan wees. Altwee die flieks sou nêrens gewees het sonder Patrick Swayze nie.
Ek lees Dirty Dancing word as ‘n Cult Classic gesien. Patrick Swayze sal dus verewig lewe.
8 comments September 15, 2009
Berg van ‘n molshoop
Ek wil nou nie lelik wees nie, maar hierdie Caster Semenya storie raak nou net een te veel. Regtig, ek voel baie jammer vir haar. Dit kan nie maklik wees as jou drome en ideale dreig om voor jou voete verpletter te word nie. 18 jaar is eintlik nog bitter jonk. ‘n Wrede ontnugtering, maar eintlik ook ‘n genade. Dit is nie te laat om ‘n skuif te maak nie, sy kon in elk geval nie vir die res van haar lewe atletiek gedoen het nie.
Tog met die nuwe ontwikkeling wil ek vir ‘n paar mense vra om by te pik. Dit sou die beste gewees het as die hele aangeleentheid in vertroulikheid afgehandel kon word, dus as dit nooit aan die media gelek was nie. Dit is egter diegene wat haar moes beskerm wat die hele storie in ‘n sirkus laar ontaard het. Semenya is nie die eerste of laaste vrou wat aan geslagstoetse geonderwerp is nie. Daar was verlede jaar 8 vroue getoets, waarvan 4 se sportloopbane tot ‘n einde gekom het. Niemand het dit ‘n Ripley’s storie gemaak nie.
As ek ou koeie uit die sloot uit kan gaan grawe. Malema se sogenaamde beskerming is ‘n klap in haar gesig. “Daar is baie wit vroue wat lelik is, hoekom doen niemand geslagstoetse op hulle nie?” Dit impliseer dat Semenya lelik is. Wat het wit en swart in elk geval met die saak te doen? Dit gaan oor die hoeveelheid testosteroon wat sy het, wat net mooi niks met kleur te doen het nie. Winnie Mandela se “Our little girl . . .” is verkleinerend. In Semenya se skoene sou ek net daar ‘n baba gekry het – en sommer terselfde tyd die IAAF ‘n ding gewys het.
Dit blyk alhoemeer dat Leonard Chuene vir Semenya vir die aasvoëls gewerp. Hy het vermoedelik geweet wat op haar wag. In plaas om haar die vernedering te spaar of om vroegtydig op te tree het hy sy kop in ‘n gat gedruk. Boonop word hy op die skouer geklop oor sy hantering oor die saak? Hy het niks hanteer nie! Hy het nie rassisme gegil.
Ek verstaan Semenya self kry op die oomblik berading oor die artikels in Australië. Terloops, wat het geword van gaan haal die storie uit die perd se mond uit? Deesdae berig koerante en radio’s net oor wat hulle in ander koerante gelees het. Praat van ploeg met ‘n ander se kallers. Terug na Semenya, ek verstaan sy swot sportwetenskap. Nie die maklikste kursus nie, ek dink amper biologie en / of natuurwetenskap is ‘n vereiste. Iewers moes sy al gehoor het van vroulike en manlike geslagsdele. Iewers moes sy al gehoor het dat meisies menustrueer en hoekom hulle menustrueer? Het niemand dit vreemd gevind omdat sy nog nie gemenustrueer nie? Of verskil dit met die agtergeblewendes?
Die een wat nou heeltemaak die dam onder die eend uitruk, is Makhenkesi Stofile. Die man dreig sommer die met die Derde Wêreld oorlog as Semenya gediskwalifiseer word. Na dese is ek nie eers heeltemaal seker dat hy dit figuurlik bedoel nie. Intussen is daar al ook by die VN se afdeling van vrouebemagtiging gestuur. Ek meen, goeie ouers. Die VN het seker beter dinge om te doen.
Die politici in die land het Semenya van haar menswaardigheid beroof om van haar ‘n speelbal te maak.
Hoe voel julle?
Blogvraag: Hoeveel lande is lede van die Verenigde Nasies?
Blogantwoord: Maxie was amper reg met Musiri, Tamil Nadu, Indië.
22 comments September 14, 2009
Straatpissers
Gister moet ek ‘n paar uur lank wag vir ‘n afspraak en besluit dat dit tyd is. Ek bly al amper ‘n dekade in Petoorsdorp en ek het nie juis foto’s van die stad nie. Verskeie redes, in die week het ek nie tyd nie en ek wil dit nie graag alleen gaan doen nie. A-sus was beskikbaar en daar gaan ons, dapper en stapper met niks meer as ‘n kamera by ons nie.
Eers het dit my nie regtig opgeval nie. Tot ‘n polisieman my kom vertel het as ek ‘n foto van die polisiestasie durf neem gaan hy my kamera konfiskeer. Dit is blykbaar teen die wet en blykbaar is hy reg. Dit beteken egter nie dat ek opgegee het op my onwettige foto nie. Dit moes noodgedwonge uitgestel word. Soos ons verder gestap het, slaan die klankie ons tussen die oë. Die urine reuk van iemand wie se niere jare terug opgepak het.
Ek is beslis nie die ordentlikste mens onder die son nie. Ek is ook nie juis geskok as ek iemand sien wat langs die pad water afslaan nie. My neus is nie baie sensitief nie en my maag draai nie sommer nie. Daar was egter die een blog waar ek my uiterste bes moes doen om nie ‘n kat of 12 te skiet nie. ‘n Stryd wat ek net-net gewen het.
Ek twyfel sterk of een mens vir al daardie stank verantwoordelik kan wees. Wat gaan aan? Terug na hulle dierdae waar hulle gebied moes merk het? Hoekom anders sal dit elke paar treë jou kom pootjie? Is daar regtig geen ander plek waar die mense kan pie nie? Die ironie is dat dit ‘n blok van die polisiestasie is. Die polisie wat meer gepla is dat hulle lamp nie afgeneem word nie as om die straatpissers vas te vat.
Die deel waarin ons was word die Kruger roete genoem, dus is dit ‘n toeriste gebied. Watter indruk moet hulle van die land kry as die straat die ene ureum ruik? Wat gaan hulle die langste by bly? Die geboue, waarvan baie regtig pragtig is? Die geskiedenis van die stad? Die vuil strate? Of die urinereuk? Die laasgenoemde word nie op ‘n kamera vasgevang nie, maar dit neem veel langer om te vergeet.
Wat is volgende? Gaan die malls ook gemerk word in die toekoms?
Hoe voel julle oor die mans wat in die middel van die beskawing nie ‘n toilet kan gaan soek nie.
Blogvraag: Waar word die wêreld se eerste toilet gevind wat gebruikers betaal om dit te gebruik? (En kan ons daarvan in die stad kry?)
Blogantwoord: All the small things – Blink 182 (Kaneels) {ek het ‘n fout met die titel gemaak, jammer}; Hungry Eyes – Eric Carmen (Wipneus); Joy to the world – Three Dog Night (Vreugde aarde toe).
Bonuspunte: Wipneus: Cannibal – Mark Knopfler; Innocent – Mike Oldfield; The Fear – Lilly Allen; Ugly – Sugerbabes; Human flesh – black sabbath; boys - brittany spears. Maxie: Victims – culture club; Damage – Chris brown; Joy – Whitney Houston; Fear – Sade; Insect – Six feet under; Locked up – Akon; Amazing – Westlife; Age – Jim croce; Amazing – Westlife; Who’s to blame – Blessed union of souls; Age – Jim croce; locusts – frames; Willes: The room – the living end; i wonder – kanye west; bite back – all american rejects; shoot – sonic youth; innocent – our lady peace; responsible – sara bareilles; fresh human meat – mortem; no other reason – 4 him; unexplained – gravediggaz; in a tin flask – the black heart procession; difficult – burn season; A.I.D.S – M.O.D; AIDS – Ani difranco; Hungry eyes – merle haggard; annual – katy eggleton
Foto: Maxie: The trees – Rush; Wandelpad – Tradisioneel*; The pathway – Screaming trees. Willes: Ek loop die pad – amanda strydom; op pad na nooitgedacht – koos du plessis; Vis innie bos van Anton Goosen; A forest – The cure; Forest – System of a down; In the forest – Van Morrison; The witches pathway – Pagan Altar; The astral pathway – Adagio; The 6th pathway – Crypsis; Path – apocalyptica; the path – h.i.m; the path – down; The path – the human abstract; Shrub – diafanes; on the road to shrub – michael hedges; A forest – The cure; Forest – System of a down; In the forest – Van Morrison; The witches pathway – Pagan Altar; The astral pathway – Adagio; The 6th pathway – Crypsis; Path – apocalyptica; the path – h.i.m; the path – down; The path – the human abstract; Shrub – diafanes; on the road to shrub – michael hedges
54 comments September 13, 2009
Insek Mania
Dit bly verstommend hoe klein dinge mense lam van vrees kan maak. Ek praat nog spesifiek van goggas. Vir geen ander rede as dat hulle lelik is nie. Daar is mense wat eerder alleen in ‘n kamer vol kannibale met honger oë toegesluit sal word as met ‘n insek. Dit laat my nou wonder, sal die honger kannibale in die kamer bly as ‘n insek tussen hulle ingegooi word? Ek meen, doppe en skubbe kan mos nou nie dieselfde wees as ‘n lekker stuk mensvleis nie.
Toegegee, insekte is nie so onskuldig as wat hulle lelik is nie. Malaria eis jaarliks meer slagoffers as vigs en wie is daarvoor verantwoordelik? Muskiete wat boonop baie lelik is. Van die wetters kan ook seer byt / steek en gaan vra maar ‘n boer watter skade kan hulle aanrig? Dit is baie moeilik om ‘n swerm sprinkane voor die voet dood te skiet.
Insekte is darem nie op almal se uitroeilys nie. Hulle bring vir sommige loutere vreugde aarde toe. Kyk maar hoeveel seuntjies hou op een of ander stadium ‘n gogga in ‘n fles aan. Moet dit ook nie verby ‘n dogtertjie sit nie. Dit blyk dat die onverklaarbare vrees met die ouderdom kom.
Blogvraag: Identifiseer die liedjies.
Blogantwoord: Willes was reg met Herr Wolff.

98 comments September 12, 2009
Antwoorde – Deel 2
Maxie:
1. wat is jou definisie van ‘n dame? Ek het jou mos vertel dat dit ‘n lank antwoord is.
Geduld, dame, geduld. Ek sal dit nog doen. Dit is meer in gedrag as in voorkoms.
2. bad of stort? Beide
3. vir watter kos kan jy nooit nee se nie – bv. pizza, steak ens? Dit is makliker om te sê waarvoor ek wel nee sê. Brood, pizza, koeksisters, koekies, vetkoek, koolbredie, sampioene, kaaskoek ens is altyd welkom.
4. hou jy van naellak? Nee
5. dra jy juwele? Ja. Ek lyk soms na Kersfeesboom. Ek is veral mal oor ‘n enkelband, maar verloor myne altyd. Ek dra nie graag kostuumjuwele nie.
6. wat was jou 1ste troeteldier as kind en wat was die naam? ‘n Budgie en kokketiel. Jackie en Toetie. Maar Nils Horgenson het hulle kom haal – ek was 3.
7. as jy net 1 boek moet uitsonder: wat is jou gunstelingboek van alle tye? Unfair vraag. Dalene Matthee se Kringe in ‘n Bos. Ek identifiseer met Saul.
8. wat is die een talent wat jy wens jy’t gehad? Ek wens ek kon sing.
9. verlang jy ooit terug na jou kinderdae? Nee, wel na my studente dae.
10. dra jy grimering? Ja, as ek formeel of professioneel moet wees. Of as ek iewers heen gaan waar ek weet ek gesoengroet word.
Nell:
1. Hoe dink jy gaan jy jou virginity verloor? *Adrie stik aan haar koffie. WAAAAAAAT?
Waar kom jy daaraan? Seker maar op dieselfde manier as ander mense. ‘n Man het ‘n ding wat tussen sy bene hang wat ‘n penis genoem word. ‘n Vrou het ‘n gleufie wat tussen haar bene is wat ‘n vagina genoem word. Wanneer daar vir die eerste keer ‘n penis in ‘n vrou se vagina gedruk word, verloor sy haar virginity. Ek sal seker maar dieselfde doen.
2. Wanneer beplan jy om jou virginity te verloor?
| Two nuns went out of the convent to sell cookies. One of them is known as Sister Mathematical (SM) and the other one is known as Sister Logical (SL). It is getting dark and they are still far away from the convent. SL: Have you noticed that a man has been following us for the past half-hour? SM: Yes, I wonder what he wants. SL: It’s logical. He wants to have his way with us. SM: Oh, no! At this rate he will reach us in 15 minutes at the most. What can we do? SL: The only logical thing to do of course is that we have to start walking faster. SM: It is not working. SL: Of course it is not working. The man did the only obvious thing to do. He started to walk faster too. SM: So, what shall we do? At this rate he will reach us in one minute. SL: The only logical thing we can do is split. You go that way and I’ll go this way. He cannot follow both of us. So the man decided to go after Sister Logical. Sister Mathematical arrives at the convent and is worried because Sister Logical has not yet arrived. Finally, Sister Logical arrives. SM: Sister Logical! Thank God you are here! Tell us what happened! SL: The only logical thing happened. The man could not follow both of us, so he followed me. SM: So, what happened? Please tell us. SL: The only logical thing to happen. I started to run as fast as I could. SM: So what happened? SL: The only logical thing to happen. The man also started to run as fast as he could. SM: And what else? SL: The only logical thing to happen. He reached me. SM: Oh, no! What did you do then? SL: The only logical thing to do. I lifted my dress up. SM: Oh, Sister. What did the man do? SL: The only logical thing to do. He pulled down his pants. SM: Oh, no! What happened then? SL: Isn’t it logical, Sister? A nun with her dress up can run faster than a man with his pants down! (Wanneer ek getroud is). |
3. Verf jy jou toon naels? Indien nie….hoekom nie? Nee, ek hou nie van naellak nie. Dit tjip en irriteer my dan grensloos.
4. As jy nou ‘n love affair met ‘n vroulike ikoon sou he…wie sal dit wees? Dit is ‘n maklike vraag. Niemand anders as Felicia Jollygoodfellow
5. Op watter manlike ikoon het jy ‘n secret crush? Dit is geen geheim nie, Ryk Neetlingh.
6. Watse slegte gewoonte(s) sal jy verander aan Vlam, Girl, Sonkind en Wip? Wat????? Wil jy my op die treinspoor vasbind? Honestly is not the pest policy nie. I love everyone just the way they are. Wag, netnou sê iemand ek is bang.
- Vlam: Sy steur haar te veel aan wat ander mense kan dink of voel. En pas dan haarself daarby aan.
- Girl: Jy lees te veel dinge as ‘n klap in jou gesig, wat dikwels ‘n baie logiese verklaring het.
- Sonkind: Baie moeilik – Perfeksioniste is ‘n pyn in almal se gatte, insluitende hulle eie.
- Wip: Stilstuipe staan my glad nie aan nie.
7.Hou jy van jou spieelbeeld? Nee, glad nie.
8.Wat is volgens jou, jou beste karakter eienskap? Lojaliteit
9. Wat is volgens jou, jou slegste karakter eienskap? Slordig, soos in baie slordig.
10. Wat is volgens jou ma jou beste karakter eienskap? Ek het geen idee nie.
11. Wat is volgens jou ma jou slegste karakter eienskap? Ek is blykbaar ongelooflik selfsugtig en leef net vir myself en de hel met die res.
12. Jy het 24uur oor om te leef….met watter blogger sal jy jou laaste ure wil spandeer en hoekom? Sonder om iemand aanstoot te gee, maar ek gaan nie my laaste 24 h saam met enige blogger deel nie. Ek mag dalk ‘n uur afstaan om ‘n post te skryf om ‘n paar mense te vertel wat ek van hulle dink. Ek kan self nog ‘n uur spandeer om ‘n paar skrywes te gee wat niemand wil hoor nie.
13. Wat is jou hidden talent? Ek is blykbaar ‘n conspiracy theory kenner.
14. As jy ‘n man kon wees vir ‘n dag…wat sal doen wat ons nie kan doen nie? Ek sal my naam in die sneeu (sal sand werk?) piepie.
15. kan jy sandkastele bou? Natuurlik. Lugkastele ook.
24 comments September 12, 2009
Antwoorde – Deel 1
1. Wat se kar ry jy? Almal weet ek ry vir Lucy. O, jy wil weet wat se tipe kar ry ek? ‘n Bloue.
(Chev Aveo LT Sedan)
2. Waar sou jy wou bly as jy enige plek in die wêreld kon kies en hoekom? In ‘n boomhuis in die hartjie van die Amazone. Ek wag net tot hulle internet toegang kry. Rede: Om die oeraap in my te bevredig. Tot dan is ek dood gelukkig in Pretoria.
3. Het jy enige rooi onderklere? Nee, maar ek het in beginsel niks teen Satan’s panties nie.
4. Hoeveel kêrels het jy al gehad? Sjoe, dit is nogal ‘n formule. ‘n Hele 20 x 40/0.025×0.
5. Met wat se gemiddelde simbool het jy matriek geslaag? A vir appel.
Vlam:
1. Hoekom kan jy nie soms net met die flow gaan nie? Net so 1 % van die tyd? My grootste vrees is om soos die res te wees. Dit is vervelig en ek hou nie van vervelig nie. Ek hou van revolusies en dit kry ‘n mens nie saam met die flow nie.
2. Hoekom het jy ‘n voorliefde vir vieslike wit rotgevrete? Dit pas by my persoonlikheid.
3. Wanneer laas het jy jou hart behoorlik uitgesnik? In die onwaarskynlike geval wat ek wel aan die tjank gaan, probeer ek so gou as moontlik ophou. Om die vraag te beantwoord, seker so 3 jaar terug. Toe ek my hond moes laat uitsit het.
4. Huil jy as jy ‘n hartseer fliek kyk? Nee, glad nie.
5. Blaas jy jou neus of gebruik jy reverse gear? Blaas dit.
6. Is jy op die oomblik verlief? Nee
7. Jou gunsteling mince reseppie, asb Ag nee, Vlam. Dink jy dat ek kan kos maak? Kry vir jou bacon cut-offs en verbeel jou dit is mince. Braai dit saam met uie tot gaar. Gooi ‘n pak bevore groente in. Maak ‘n wit sous, maar wees kreatief daarmee. Gooi alles wat jy in die hande kry in wanneer die groente amper sag is. Gooi ‘n paar pakke 2 minute noodles in en wag tot sag. Meng die witsous deur. Bedien. Dit is so lekker as wat jy kreatief is.
8. Het jy al jou droombevalling uitgewerk? Ja, neem ‘n kind van Oos Europa af aan. As baba, dat hy of sy van die begin af Afrikaans en Engels kan leer.
9. Wat gaan jou seuntjie se naam wees? Arthur
10. Wat gaan jou dogtertjie se naam wees? Jessamie
11. Skoengrootte? 7/8
12. Rokgrootte? Ek dra nie rokke nie.
13. Bra size? 36 D
14. Jou grootste achievement? Ek het, sonder om arrogant te wees, nogal baie. Dit is moeilik om een uit te sonder. Na een van my joolprojekte het ‘n groep kinders mishandeling in die gestremdeskool uitgelig wat na ‘n ondersoek gelei het.
15. Die laagste oomblik in jou lewe? Weereens, niks wat die moeite werd is om te noem nie. Ek was wel al afgedank oor my persoonlikheid. Die CCMA het ook nie gedink dit is snaaks nie.
Wie is jou grootste vyand? Ek myself
Het jy al iemand aangeval? Fisies, nee.
Gunsteling dis? Moeilik om iets uit te sonder, ek is mal oor eet.
My ma se kos.
Jou gunsteling movie is Mamma Mia, hoekom? My gunsteling groep is ABBA. Ek wil my doodlag vir die fliek. Ek hou oor die algemeen van musicals.
Op watter dag van die week is jy gebore? Ek was baie klein gewees, maar ek dink dit was ‘n Vrydag.
Kry jy nagmerries en waaroor Nie juis nie.
Is daar iets in jouself wat jou irriteer? Ja, baie
Wat is die kwaliteite waaraan jou beste vriende moet voldoen? Hulle moet betroubaar wees.
Wat is die kwaliteite waaraan jou toekomstige eggenote moet voldoen? MAW wat soek jy in ‘n man? Integriteit bo alles. Persoonlikheid is baie belangrik.
Wat in die lewe krap jou die meeste om? Kindermishandeling.
Hoeveel aandag gee jy aan jou toekoms planne? Verbasend baie.
Jou grootste droom? Om iets van uniek te doen / ontwikkel wat vir miljoene tot voordeel sal strek.
Vir wat in die lewe is jy die dankbaarste? Dat ek my nie juis aan ander mense se menings steur nie. Om Oscar Wilde aan te haal. “I hate it when people agree with me, that usually means that I am wrong.”
Poep jy hard wanneer jy alleen is? Natuurlik, ek het mos ‘n hol
11 comments September 12, 2009
Uiters gewilde onmoontlike onderhoude
Ek het vanoggend vir Nell so ‘n half sarkastiese opmerking gegee en toe begin daar ‘n gedagtetjie in my kop draai. Die pers vertrap gewoonlik mekaar om onderhoude te kry. Hoe grusamer of wreder die daad wat hulle in die tronk gekry het, hoe meer sensasie. En sensasie verkoop koerante en tydskrifte.
Gestel nou dit is moontlik om ‘n uur van Adolf Hitler se tyd in beslag te neem. Hy is in ‘n gemaklike bui en antwoord alles eerlik. Jy is die enigste joernalis by hom. Onthou ook, die koerante gaan mekaar vertrap om die storie by jou te koop. Moet net nie jou kamera vergeet nie. Wat gaan jy hom vra?
Ek sal begin met die snor. Hoekom het hy juis besluit op daardie stukkie snor? Het hy dit nog steeds? Hoekom het hy nie van die jode gehou nie? Het hy vandag berou daaroor? Wat sou hy anders gaan doen het as hy in tyd kon teruggaan? Wanneer het hy besef dat hy beheer oor die oorlog verloor het? Wat het hy gehoop om met die oorlog te bereik? Wie het sy respek met die oorlog gewen? Watter land se leier kon hy nie voor sy oë verdra nie? Het hy homself teen die einde as boos gesien?
Dalk kan ‘n mens ‘n paar meer persoonlike vrae ook in werk. Soos oor sy verhouding met Eva Braun. Waar sy gunsteling vakansie plek is en wat sy gunsteling boek is? Waarheen sal hy graag nog heen wil reis? Wat dink hy van die hedendaagse Duitsers en van wêreld politiek vandag? Wat dink hy van Mugabe?
Veral sal ek wil weet hoe hy die Duitsers so kon opsweep om alle redelike denke te laat vaar.
Wat sal jy van Hitler wou weet? Wie sal jy graag ‘n onderhoud wil voer en wat sal jy hom/haar vra?
Blogvraag: Watter skuilnaam het Hitler gebruik toe hy Eva Braun Oktober 1933 in Munich ontmoet het?
Blogantwoord: Willes was reg met If I ran the Zoo van Dr Seuss.
6 comments September 11, 2009
Die beswaarde onreine waarheid
Nell, regtig, ek het gedink ons is maatjies en nou doen jy DIT aan my.
Enige iets wat jy nog ooit van Adrie wou weet, maar te ordentlik of onordentlik was om te vra, doen dit nou. Speak! Or forever hold your peace. Jy moet jou vraag / vrae in die kommentaar boksie los en ek moet antwoord – daar of in ‘n inskrywing as daar baie vra is. As ek vir een of ander rede nie wil antwoord nie moet ek ‘n snaakse storie opmaak om te vergoed.
Dan het die koei ook soveel mense getag dat ek net vir Adolf Hitler, Dalene Matthee en Elvis Presley oor het om te tag.
Gelukkig kan ek buite die boks dink. Daarmee tag ek dus vir Dellie, Jo-Ann en Nelba.
31 comments September 11, 2009
