Grootskerm vonk

September 25, 2009

Nou die dag vra iemand my wie ek dink die beste chemistry op die silwerdoek het.  Dit is selde dat ek nie ‘n antwoord op iets het nie, maar ek kon met die geleendheid nie ‘n goeie antwoord gee nie.  Bloot omdat ek nooit daaroor gedink het nie. 

Die logiese deel van my meng nie fiksie met die werklikheid nie.  Wat dus in ‘n storie gebeur, dra ek nie oor na die regte lewe nie.  Die regisseur het gesê dat hulle moet soen en dit is hoekom hulle gesoen het.  Dit was ‘n werk, ‘n opdrag wat uitgevoer is.  Daar het nie sterre ontplof nie en daar was geen romanse betrokke nie.  Soos ek die storie verstaan is dit baie tegnies.  Die kamera is blykbaar baie veeleisend – juis omdat die soen mooi moet lyk.

Tog, as ‘n mens na die regisseurs se kommentaar kyk / lees, word die hoofkarakters juis gekies oor die vonk tussen hulle.  Hulle moet chemistry wys of die passie gaan dood op die skerm lyk.  Dus behoort ‘n mens te weet wie maak vir jou ‘n mooi paartjie op die skerm.  Ek pleit dat ek onromanties is.  Julle het nie daardie verskoning nie.  Dus vra ek julle vandag:  Wie is jou gunsteling groot skerm paar?

Net gou om die denke aan die gang te sit.  Meg Ryan en Tom Hanks het ‘n aansienlike hoeveelheid flieks saamgemaak.  Ek dink byvoorbeeld aan Sleepless in Seattle en You’ve got mail.  Daar is ook Julia Robberts en Richard Gere wat al amper aan die heup gebind is.  Dit het baie goed gewerk in Pretty Woman en Runaway Bride.  Nog ‘n reekspaartjie is Sandra Bullock en Keanu Reeves.  Dink ook maar aan Tom Cruise en Nicole Kidman.  Ek dink Kate Hudson en Matthew McConaughey was al meer as een keer afgepaar.  Plaaslik dink ek aan Anna-Mart van der Merwe en Dawid Minnaar en natuurlik ook Sandra Prinsloo en Marius Weyers.

Daar is natuurlik daardie pare wat in een fliek die mense aan die gons gehad het.  Die bekendste voorbeeld is natuurlik Angelina Jolie en Brad Pitt.  Ben Af-Lek (skuus ek bedoel Affleck) en Jennifer Lopez het ook maande lank tydskrifte laat verkoop, al was Gigly uiters swak.  Mense AAAAA nou nog oor Demi Moore en Patrick Swayze in Ghost.  John Travolta en Olivia Newton-John kry ook ‘n eervolle vermelding.  Amper vergeet ek van Renée Zellweger en Colin Firth.

Daar is so baie moontlikhede, maar wie kies jou.  En as ek dit ‘n stap verder kan vat, watter fiktiewe verhouding dink jy sou hou verewig? 

Blogvraag:  Watter graad het Renée Zellweger in 1991 behaal?

Blogantwoord:  Willes was reg met Abram Lyley.

Entry Filed under: Uncategorized. .

75 Comments Add your own

  • 1. maxie  |  September 25, 2009 at 7 : 32

    Julia Roberts en Hugh Grant het ‘n oulike paartjie gemaak in Notting Hill.

  • 2. maxie  |  September 25, 2009 at 7 : 34

    BA (Engels)

  • 3. Adrie  |  September 25, 2009 at 7 : 42

    Hallo Max!

    Hugh Grant maak nogal n nice ander helfte.

  • 4. maxie  |  September 25, 2009 at 7 : 46

    Miaau Adrie!
    Snaaks, ek kon nooit juis vat aan hom kry totdat my vriendin (wat mal is oor hom) my saamgesleep het Bridget Jones’ Diary toe nie.

  • 5. maxie  |  September 25, 2009 at 7 : 47

    En Meryl Streep en Clint Eastwood in Bridges of Madison County..

  • 6. Adrie  |  September 25, 2009 at 7 : 53

    Hugh Grant is net een van die ouens wat blerrie oulik is. Die tipe wat lekker speel, maar jy raak nie mee ernstig nie. Hy en Drew Barrymore is ook nice saam.

  • 7. Adrie  |  September 25, 2009 at 7 : 55

    In my beskeie mening is die Bridges of Madison County baie vervelig.

  • 8. maxie  |  September 25, 2009 at 7 : 59

    Ja, nogal, nou nie juis op my top 10 lysie van romantiese dvd’s nie.

  • 9. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 02

    n Fiktiewe paar wat vir my uitstaan is Jack en Cathy Ryan. Hulle skepper was natuurlik Tom Clancy.

  • 10. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 05

    O ja – Harrison Ford ne?

  • 11. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 06

    Max

    Vir n oomblik het jy my bekommerd gehad.

  • 12. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 08

    Hoekom??

  • 13. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 10

    ;-) My Jack Ryan het n Ben Affleck beeld (sum of all fears), maar ek verwys eintlik na die karakters in die boeke.

  • 14. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 11

    Ek dog amper jy is mal oor n boring fliek.

  • 15. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 12

    O ja, natuurlik, wou eintlik se Harrison Ford het (meestal) die rol van Jack Ryan vertolk in die fliekweergawes van Tom Clancy se boeke :lol:

  • 16. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 19

    Jy noem jouself nou wel onromanties, maar het jy nie tog ‘n gunsteling romantiese fliek nie?

  • 17. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 22

    Dit is n uiters moeilike vraag daardie.

  • 18. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 23

    Een moes tog vir jou uitstaan?

  • 19. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 24

    Baie moeilik om net een uit te sonder. Grrr. Kom ons se maar Mooie dame. En jy?

  • 20. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 26

    Notting Hill, sonder twyfel.
    Mooie Dame is ook ‘n goeie keuse.

  • 21. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 27

    As ek nog n fliekpaar kan uitsonder – Rocky en Adrian Balboa. Daardie 2 het hulle troubeloftes ten volle uitgeleef. Hy het haar altyd op die hande gedra en gerespekteer. Sy het hom weer in alles geondersteun en bygestaan.

  • 22. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 30

    Het nou nog nie die laaste Rocky fliek gekyk nie, le hier erens. Rocky 1 tot 8 (??) was te lank terug om werklik te onthou.

  • 23. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 30

    Ek is mal daaroor as mense bokant hulle omstandighede kan uitstyg, soos wat Vivian gedoen het. Natuurlik bly die chappie scene my gunsteling in die fliek.

  • 24. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 32

    Het jy ooit die fliek Arthur gesien? Stokoud, 1981, Dudley Moore en Liza Minelli. Hul verhouding was nog altyd vir my besonders.

  • 25. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 32

    Rocky 1 – 6. Nommer 2 is my gunsteling. 5 is bekotsingswaardig. 6 sluit alles mooi af.

  • 26. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 34

    Kan om die dood toe nie die chappie scene onthou nie…

  • 27. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 34

    Ja, ek het Arthur so met n halwe oog gekyk. Dit is seker n omgekeerde sprokie. Sy red hom (en nie hy vir haar nie).

  • 28. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 37

    Edward neem vir Vivian om te gaan shop. Voor die winkel vra hy haar om haar gum uit te spoeg. Sy spoeg dan n vrou wat verby loop in die gesig. Aspris natuurlik. :lol:

  • 29. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 39

    :lol: :lol:

  • 30. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 40

    Max, hier is vir jou n ander vraag. Dirty Dancing. Dink jy Johnny en Baby sou getrou het en ge-happy ever after het?

  • 31. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 41

    And for that matter, wat van Danny en Sandy van Grease?

  • 32. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 42

    Arthur: Ja, en die feit dat hulle mekaar so mooi aanvul t.s.v. hul verskillende agtergronde (nes mooie dame, seker).
    En dat sy by hom sou staan, selfs al kon hy al sy rykdom verloor het.

  • 33. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 45

    Dat sy by hom kon staan, al was hy chronies dronk en basies useless.

  • 34. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 45

    Sjoe, nou vra jy my ‘n ding.
    Het Dirty Dancing net eenkeer gekyk, Grease wel meermale.
    In my beskeie opinie: nee, hulle was te jonk :evil:

  • 35. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 48

    Ja, hy was chronies dronk en useless, maar ek was mal oor hom, al was hy soos ‘n ewige kind met sy treinstel ens.
    Hy was darem harmless.
    (Dalk omdat ek iemand geken het wat nes hy was)

  • 36. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 49

    Dirty Dancing net EEN keer gekyk? :shock:

  • 37. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 52

    Ek hou oor die algemeen nie van die hele versorger (kyk na) idee in verhoudings nie. As iemand na gekyk moet word, moet hulle by hulle ma gaan bly.

  • 38. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 53

    Jip, net eenkeer.
    My kerel daai tyd het op ‘n haar na Patrick Swayze gelyk, ek het eerder vir hom gekyk!

  • 39. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 54

    #37 Stem volmondig saam!!!

  • 40. Adrie  |  September 25, 2009 at 8 : 56

    Vraag is, kon hy dans soos Swayze? ;)

  • 41. maxie  |  September 25, 2009 at 8 : 59

    Nee, seker nie, maar om die waarheid te se en met alle respek teenoor Patrick, vir my is daar net 1 Hollywood ster met die regte moves, en dis John Travolta :wink:

  • 42. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 00

    Ek hoor Bridget Jones 3 gaan oor Bridget in haar 40s wat op haar eie n ma wil word. Nou vra ek met trane in my oe, sy en Mark was verloof toe sy 33 was. Hoe lank vat hulle om te trou? Mark en Daniel gaan weer altwee hulle skoene kom volstaan.

  • 43. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 02

    Diana het ook so gedink. Het jy John Travolta in Hairspray gesien? Ek is mal oor Travolta.

  • 44. maxie  |  September 25, 2009 at 9 : 08

    Ek dink nie ek wil nr. 3 kyk nie. Hoor ook sy gaan ‘n vetpak aantrek i.p.v. weer gewig optel vir die rol.
    Sekerlik beter vir haar gesondheid, wonder net hoe geloofwaardig dit gaan wees.

    Ja ek het, het die dvd gekry, ek is ook MAL oor hom.
    Maar net vandat hy gewig opgetel het, toe hy maer was, was hy maar lelik (in my opinie).
    Hy was ook briljant in Michael, die burpende engel.
    Al sy flieks is goed.

  • 45. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 16

    Hy het die mooiste oE. En vir iemand in Hollywood wat maar op sy tweede vrou is, se iets van hom. Sy eerste vrou (nie seker of hy getroud was of net saam gewoon het nie) is dood. Hy het by haar tot op die einde gebly.

  • 46. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 17

    Hy het ook vir Diana elke jaar tot met haar dood n geskenk gestuur.

  • 47. maxie  |  September 25, 2009 at 9 : 22

    Ja, ek het baie respek vir hom. Sy was Diana Hyland, hulle het net saamgewoon.
    Snaaks vir my om te hou van iemand met blou oe, hou nie daarvan omdat myne ook blou is.

  • 48. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 24

    Dit is weird. Ek vrek oor blou en groen oe. Ek hou niks van bruin oe nie. Dit is boring

  • 49. maxie  |  September 25, 2009 at 9 : 26

    Ek’s weer mal oor bruin oe, hoe donkerder, hoe beter!

  • 50. maxie  |  September 25, 2009 at 9 : 27

    Jy klink nou nes my “Brown eyed girl” beste vriendin nr. 2 !

  • 51. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 29

    Stunning song

  • 52. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 31

    My oe is soms swart, maar soms ook baie lig. Hang maar af van my bui.

  • 53. maxie  |  September 25, 2009 at 9 : 34

    Jip, dit is ‘n beautiful song, een van my gunstelinge.
    Snaaks, almal wat ek ken met bruin oe, dink dis boring.
    Vir my is dit regtig mooi.

  • 54. maxie  |  September 25, 2009 at 9 : 35

    Waar’s almal vanaand?

  • 55. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 37

    Seker op reis. Of maak asof hulle n lewe het.

  • 56. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 39

    Bruin oe is nie so sprekend soos ander kleure nie. Honde en diere oor die algemeen het ook bruin oe. Dit het net een uitdrukking

  • 57. maxie  |  September 25, 2009 at 9 : 48

    Dis juis deels hoekom ek dit verkies.
    Niemand kan aan jou oogkleur sien wat jou bui is nie!
    Blou (of meer spesifiek ligblou) kan ook verkeerdelik aangesien word as koud.

  • 58. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 50

    Is jou oe ligblou?

  • 59. Adrie  |  September 25, 2009 at 9 : 53

    My een vriendin reflekteer in swart lig (soos wit klere doen). Dit is nogal freaky. Haar oe is liggroen.

  • 60. maxie  |  September 25, 2009 at 9 : 59

    Meestal, nee, afhangende van bui en watse kleur klere ek dra naaste aan my gesig.

  • 61. maxie  |  September 25, 2009 at 10 : 01

    :lol:

    Het eenkeer ‘n ooginfeksie gehad en oogarts het vloeistof in my oe gegooi om te kyk of daar skade was.
    Het vir paar dae rondgeloop met geel oe, mense se reaksies was nogal pret.

  • 62. Adrie  |  September 25, 2009 at 10 : 04

    Max met ysblokkie oe . . . Wie sou dit kon raai.

    Ek is seker n tipiese brunet. Tot in persoonlikheid ook. Met skelm oe. :mrgreen:

  • 63. Adrie  |  September 25, 2009 at 10 : 08

    Jy het seker soos iemand gelyk wat hopeloos te veel drink.

  • 64. maxie  |  September 25, 2009 at 10 : 13

    Nee!! Ek het NIE koue oe nie, dalk net as ek effe depressief is, en dit gebeur gelukkig bitter selde.
    Skelm oe? Wat jy waar kry?

  • 65. Adrie  |  September 25, 2009 at 10 : 22

    Hie hie . . . Sal jou n foto moet stuur. Dan sal jy verstaan.

    Jou oe raak seker ook koud as jy kwaad raak.

  • 66. Adrie  |  September 25, 2009 at 10 : 27

    Danksy ABBA is ek bygelowig oor mense wat engel oe het

  • 67. maxie  |  September 25, 2009 at 10 : 31

    Jip, raak yskoud as ek my vererg.
    Die snaakse ding oor die geel oe is dat dit dieselfde tyd was as wat iemand in ‘n sepie (dink dit was in Days of our lives) blykbaar geel oe gekry het want sy was met die duiwel besete.
    ‘n Heelwat ouer vriendin het dit gekyk en haar doodgeskrik toe sy my sien met die geel oe, :lol:

  • 68. Adrie  |  September 25, 2009 at 10 : 36

    Whahahaha. Het hulle toe duiwelbesweerders vir jou uitgekry?

  • 69. maxie  |  September 25, 2009 at 10 : 53

    Nee, gelukkig het sy my geken.
    Lekker slaap!

  • 70. Adrie  |  September 25, 2009 at 11 : 00

    Soete drome

  • 71. Wille Kjind Q  |  September 26, 2009 at 7 : 30

    More! More!

  • 72. Wille Kjind Q  |  September 26, 2009 at 7 : 33

    Die beauty spa is vol so vroeg inni oggend. Ek dog ek gat eerste wees :shock:

  • 73. Wille Kjind Q  |  September 26, 2009 at 12 : 28

    MMMmmmmmm

    Die tattoo shop is leeg……….

  • 74. Adrie  |  September 26, 2009 at 12 : 35

    Het jy n nuwe tattoo gekry?

  • 75. Wille Kjind Q  |  September 26, 2009 at 5 : 57

    Maar natuurlik!!!!!

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

25 Christmas questio… on Blerrie huiswerk
vis on Tafelmaniere
Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye