Sokkie Tan
September 23, 2009
Verstrooid is mos een van my vele middelname. So pak ek nou die dag weer alles om te gaan gim, maar vergeet my sokkies. Terug huis toe ry is nie eers ‘n opsie nie. Tekkies sonder sokkies ook nie. Dit is maar ‘n bra flou verskoning om nie te gaan gim nie, dus moes ek maar ‘n paar sokkies gaan koop. Siende dat ek nogal ‘n wavrag vol sokkies het, koop ek toe die eerste, beste en goedkoopste paar wat ek sien. Toevallig ‘n paar wit sokkies.
Na skool het ek nog nooit weer wit sokkies gehad nie. Die paar wat ek gekoop het is nou wel nie skoolsokkies nie, maar dit het my aan skoolsokkies laat dink. In my dae was daar ‘n onfeilbare manier om ‘n hoërskool dogter uit te ken. Bruin bene met spierwit voete. ‘n Laerskooldogter het nie juis skoene gedra nie, dus was hulle in ‘n groot mate van ‘n sokkie tan gespaar.
Die son het nie net ons bene gemerk in skool tyd nie. Na skool het ons almal met sokkies en tekkies geloop. Ek kan nie onthou of dit mode of net prakties was nie. Prakties, want vir die meeste skoolsporte het jy met tekkies deelgeneem. Self ek wat nie die wêreld se grootste sport geesdriftige was nie, het ‘n aansienlike tyd op die sport velde deurgebring.
Ons het ons sokkies nooit tot hulle volle lengte opgetrek nie. Net ‘n st 6 dra hulle sokkies so en niemand wil na daardie dae terug nie. Die norm was eerder om hulle twee keer om te vou. Wat basies beteken het die sokkie eindig kort bokant jou enkel.
Ek kan ook baie goed onthou hoe lank dit geneem het om my bene en voete dieselfde skakering te kry. Wat my nou eintlik interesseer, is dat ek nie kan onthou wanneer laas ek ‘n meisie met ‘n sokkie tan gesien het nie.
Wat sal die rede daarvoor wees? Ek meen, meisieskooldrag het nie soveel verander nie. Meisies word seker nog steeds verplig om hier en daar aan sport deel te neem. Selfs met geheim sokkies sal hulle voete steeds wit wees. Miskien kyk ek net teen my ooglede vas. Ek sien die meeste skole laat nog langbroeke enige tyd van die jaar toe. Dit kan die verskynsel verduidelik. Sonbeddens is ook baie meer beskikbaar as ‘n paar jaar gelede. Dalk gaan hulle ook nou kaalvoet skool toe.
Wat dink julle? Het julle sokkie tans gehad? Wat was die reëls in verband met julle sokkies en skoene en het julle dit gevolg? Vir hoeveel jaar lank het jy nog skoolsokkies gedra na skool?
Blogvraag: Aangesien skooldrag in SA die nalatenskap van die Britse kolonisering is, wat was die eerste skool wat bluecoats geimplimenteer het as skool drag?
Blogantwoord: Willes was reg met Douglas Adams
Entry Filed under: Uncategorized. .
24 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Olga | September 23, 2009 at 6 : 50
eerste
2.
Beenkop | September 23, 2009 at 7 : 01
ekt nounet afgekom op hierdie “bly te kenne” ek wou dit invul, maar toe word ek halfpad deur die ding dors.
ek glo nie in skooldrag nie, mens moet jou eie identiteit kan uitleef en ten minste net daai vryheid hê. maar dis nou die britte oraait. uptight imperialist buggers! maar aan die ander hand sou dit moontlik beter gewees het as ons net ‘n britse kolonie gebly het.
3.
Beenkop | September 23, 2009 at 7 : 18
ek dink dit was queen alexandra hoërskool of something
4.
Adrie | September 23, 2009 at 7 : 31
Hallo
5.
Adrie | September 23, 2009 at 7 : 33
BK, jy beter roer met die aansoekvorm. Jy kan drink terwyl jy dit invul.
6.
Adrie | September 23, 2009 at 7 : 47
Ek beskou myself as n individuelis, maar ek steun skoolklere ten volle. Veral as n mens na die geskiedenis kyk.
In die 1400s het skoolklere ontstaan. Die kinders het almal blou jasse skool toe gedra. Neem in ag dat net die ryk kinders daardie tyd laat leer is. Blou was die goedkoopste kleursel, juis om die kinders nederig te hou.
As n mens in ag neem dat daar in dieselfde skool kinders is wie se sakgeld meer is as wat ander se ouers verdien, is skoolklere n noodsaaklikheid. As dit hulle nederigheid leer is dit n bonus.
Verder bring dit n bietjie dissipline wat vandag drasties nodig is. Dit bring ook n samehorigheid, wat jou trots op jou skool maak.
7.
Beenkop | September 23, 2009 at 8 : 07
ons kan lank debat hou daaroor maar onthou net om iets op mense te vorseer is nie altyd die antwoord nie, jy sal gewoonlik die ergste skuim van die aarde kry in plekke soos kerke,seunskole ens.. en meer dis gewoonlik pastoor se suin/dogter.
die sleutelwoord hier is “individuality”
8.
Adrie | September 23, 2009 at 8 : 13
Skoolklere word nie geforseer nie. As jy karate doen, dra jy n gi. As jy na n dinee gaan, dra jy aandrag. As jy strand toe gaan, dra jy swemdrag. As jy skool gaan, dra jy skoolklere. Dit is net.
Ek stem oor die skuim. Hulle gaan daar wees, ongeag wat die kleredrag is.
9.
maxie | September 23, 2009 at 9 : 25
Miaau
Jy bring nou lekker herinneringe terug.
Ons het ook sokkie-tans gehad, ook die kouse teruggevou tot amper binne in die skoolskoene/hardloopskoene.
Pouses het ons soos met ons bene uitgestrek in die son gesit soos akkedissies en elke dag se 3ure atletiek oefening het natuurlik ook gehelp.
Die Engelse kind se skool doen elke Woensdag net sport, hulle dra dan kortbroeke (die res van die week langbroeke).
Ek sien hy spog ook met ‘n sokkie tan
10.
Adrie | September 23, 2009 at 9 : 34
Max
He he – laat jy my nou n ding wonder. As die enigste amper atleet hier, is jy baie stil oor daardie atleet. Hoekom?
n Hele dag vir sport?
Snaaks, ek het nooit seuns se sokkie tans opgelet nie.
11.
maxie | September 23, 2009 at 9 : 47
GEWESE atleet, Adrie…
Moet erken ek was bietjie benoud oor die hele dag se sport maar gelukkig is dit glad nie so ernstig soos dit was in my dag nie..
Hulle speel bietjie sokker, volleyball, tafeltennis, draf bietjie om die blok, swem in die somer, die meisies speel netbal as hulle wil.
Alles baie ontspanne.
12.
Adrie | September 23, 2009 at 9 : 53
13.
Adrie | September 23, 2009 at 9 : 58
Ek dink nie ek het ooit span gehaal in enige skoolsport nie. Waarskynlik omdat ek nooit probeer nie.
Om te dink daar was n tyd wat ek 3000 m kon voltooi nie. Malligheid!
14.
maxie | September 23, 2009 at 9 : 59
Vraag? Watse vraag? Nee wat, ek sien niks nie
15.
Adrie | September 23, 2009 at 10 : 11
GAAN VIR N OOGTOETS. Of kry pille vir spitefulgeit
16.
maxie | September 23, 2009 at 10 : 24
Nope, die pille werk blykbaar nie.
Lekker slaap
17.
Wille Kjind Q | September 24, 2009 at 8 : 49
More more!
18.
Wille Kjind Q | September 24, 2009 at 8 : 55
Ek het gisteraand so gesukkel om hie in te kom toe gat speel ek ma op SANPARKS se website rond.
Ek wil somme vi 2 weke biekie willetuin toe gat. As ek trug kom dan kan ek julle vertel hoe ‘n sokkie tan lyk
Dit sal natuurlik eers volgende jaar wees. Daar is nie nou plek beskikbaar nie
19.
Adrie | September 24, 2009 at 9 : 21
Brom brom
More
20.
Adrie | September 24, 2009 at 9 : 22
Gaan kaalvoet! Netnou dink iemand jy is n skoolkind.
21.
Wille Kjind Q | September 24, 2009 at 10 : 53
Nie MY sokkie tan nie! Tsk! Die klomp uitlanders wat sokkies saam hul plakkies dra man. En wa het jy al ‘n 50% boeremeisie gesien met ‘n sokkie tan
22.
Wille Kjind Q | September 24, 2009 at 12 : 58
Whuhahahahaha!!!!!!!
Ek het 1 van M se geskenke van verlede jaar ondek inni kas bo my hangkas. Die kjind het gedink dis krismis toe ek bêtteries in die karretjie en sy remote sit.
Hulle kry so baja geskenke van hul tannies en ouma dat die goed hulle die hele jaar besig hou
23.
Wille Kjind Q | September 24, 2009 at 3 : 08
*GAAAAAAAAP* Eks lekka moeg en die kuiergas willi loopi. Ek gaap selfs sonner om my hand voor my mond te sit. Ma dink jy die gas vang die skimp
24.
*Mathilda* | September 24, 2009 at 4 : 08
Waar is die Beeld vandag ?