Nuwe loopbaan
September 18, 2009
Die Engelse sê: If you can’t beat them, join them.
Die algemene publiek het al aanvaar dat misdaad ‘n algemene gebeurtenis gaan bly. Die nuus van ‘n moord of verkragting is al soos nuus van die weer. Tensy jy (of ‘n geliefde) die slagoffer was, traak dit jou nie juis nie. Cele het belowe om die misdadigers vas te vat. Wat is die lesser evil, om aan misdadigers uitgelewer te wees of om aan ‘n Polisie mag uitgelewer te wees wat eers skiet en dan vra.
Almal weet hoe voel ek oor Polisie Brutaliteit. Buitendien betaal hulle heeltemaal te min. As ek moet join, join ek die misdadigers. Hulle is juis op die oomblik die wenspan. Wie het al van ‘n misdadiger gehoor wat papierwerk moet afhandel? Hulle kry ook nie ontydige opleiding nie en hulle woon nooit vergaderings by nie. Wat jy in die loopbaan insit, is wat jy uitkry. Jy is ook gewaarborg om ‘n kick uit jou loopbaan te kry. Die enigste probleem is waarin spesialiseer ‘n mens?
Kapery is blykbaar baie lonend. Ek het persoonlike ondervinding van hoe lekker ‘n straat resies kan wees. Al wat jy hoef te doen is om iemand uit hulle kar te boender en dan weg te ry. Maklik. Die probleem is hoe om ‘n betroubare afsetgebied te kry vir jou buit. Ek wil mos nie karre versamel nie. Verkope klink na werk. Dus word die idee geskrap. Dieselfde probleme met dwelmhandel.
Ek was nog altyd ‘n groot bewonderaar van klouterdiewe. Soos ek die storie verstaan moet jy net ‘n agent hê om as ‘n bemiddelaar te wees. Ongelukkig is ek nie soepel nie en ook nie baie lief vir hoogtes nie. Ek het nie die grasie van ‘n kat nie en ek is nogal lomp.
Doodgewone bedrog is nie net vervelig nie, maar ek voel nie gemaklik daarmee om geld te steel nie. Die meeste witboordjie misdadigers steel van die mense wat dit juis nie kan bekostig nie. Daarmee sal ek nie kan saamlewe nie. Ek hou nie daarvan om met syfers te karring nie. Dit klink na ekstra werk. Daar is seker die moontlikheid om van die staat, banke, selfoonmaatskappye of versekering te steel. Ongelukkig steel jy dan van jouself en jy sal vir die verlies moet vergoed.
Sluipmoordenaar is nog iets wat goeie vrugte kan lewer. Jy moet net die eerste keer raak skiet en vinnig met jou wapen en al kan verdwyn. My gewete is glad nie te sprake nie, ek gaan mos net slegte mense skiet. Ek weet nie hoe volhoubaar dit is nie? Ek steek gewoonlik soos ‘n seer duim uit, dus sal my loopbaan maar kort wees.
‘n Verneukkunstenaar is ook ‘n moontlikheid. Dit verg fyn beplanning, maar die beloning is so die moeite werd. Jy moet net nie gevang word nie. Jy kan elke dag iemand anders wees. Was dit nou nie vir my afpissende persoonlikheid nie, het ek dit sterk oorweeg.
Daar bly dus net ontvoering oor. Ek sal nou nie juis die kinders seer maak nie, maar wat doen ek as hulle ouers nie wil betaal nie. EUREKA!!! Ek het dit!!! Ek gaan vir Julius Malema ontvoer. En ek gaan hom nie loslaat tot sy ondersteuners my genoeg betaal nie. Let op die woord – genoeg. In die tussentyd gaan ek hom loslaat as sy vyande my nie genoeg betaal nie. Ek dink ek sal in weelde kan lewe met die plan.
Is jy ‘n joiner? Wat is jou plan van aksie?
Blogvraag:
In Ocean’s Eleven, sê Rusty:
Off the top of my head, I’d say you’re looking at a Boesky, a Jim Brown, a Miss Daisy, two Jethros and a Leon Spinks, not to mention the biggest Ella Fitzgerald…ever.
Waarna verwys hy hiermee?
Blogantwoord: Kirschwasser
Entry Filed under: Uncategorized. .
113 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Beenkop | September 18, 2009 at 6 : 06
ekt ‘n paar idees:
jy verkoop jou kar aan n vriend wat baie ver bly verkieslik op n afgelee plaasarea iewers in bultfontein, n vêr provinsie soos die kaap is nog beter..as jy hom klaar verkoop het dan bel jy die volgende dag die polisie en melt aan jou kar is gesteel, dan gaan jy na die insurance toe en sê jou kar is gesteel. dan benefit jy twee keer.
no.2 as jy iemand moet doodskiet…. eers gaan jy deur die prosedure om n wapen te kry…dan wag jy n baie long while
dan eendag vat jy die geweer, dan steek jy hom baie goed,
dan fake jy ‘n crime scene jy gooi n paar banke om breek n ruit of twee en steek jou duur goed rekenaars en juwele ook weg.
dan bel jy die polisie die volgende dag en se hulle het by jou ingebreek en jou vuurwapen is uit die kluis gesteel terwyl jy weg was vir die aand (wat jy verkieslik moet doen) dan fake jy die kluis wat “gepick”. dan is die vuurwapen amptelik gesteel volgens hulle…dan doen jy wat jy moet doen, maar nie iets te naby nie en ook nie te gou nie en moenie laat iemand jou sien.
2.
Beenkop | September 18, 2009 at 6 : 07
o ja laat ek nou net saamspeel…eerste!
3.
Beenkop | September 18, 2009 at 6 : 19
4.
Adrie | September 18, 2009 at 6 : 26
Beenkop
Weet jy, hoe minder jy met die toneel karring, hoe meer forensies gaan jy agter laat. Verkieslik moet jy nie jou voete naby die toneel sit nie.
Nice song
5.
Olga | September 18, 2009 at 9 : 35
crime doesnt pay snot neus. wil jy haar in haar kwaad sterk beenkop? nie dat sy veel aanmoediging nodig het nie.
6.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 9 : 37
Naandse olga. Hoe gaan dit?
7.
Olga | September 18, 2009 at 9 : 39
elo oom jack. goed dankie. jy?
8.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 9 : 40
Goed goed olga. Jy is deesdae skaars.
9.
Olga | September 18, 2009 at 9 : 41
goeie goed is skaars oom jack. het niemand jou gese nie?
10.
Beenkop | September 18, 2009 at 9 : 42
nah olga ek weet adrie is nie evil nie…sy dink net te veel
11.
Olga | September 18, 2009 at 9 : 44
jy reken beenkop? sy kan in n regte ma baker ontpop hoor.
12.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 9 : 44
Nog net so bekkig soos altyd sien ek. Naandse beenkop.
13.
Olga | September 18, 2009 at 9 : 45
ag oom jack, ek is al bekkig vandat ek 21 was.
14.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 9 : 46
Hoekom het ek altyd gedink dit word mondig genoem?
15.
Olga | September 18, 2009 at 9 : 47
nee oom jack. jy is mos mondig op 18. hello…. mens is bekkig op 21
16.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 9 : 48
Wat gaan nou se dae op die blog aan?
17.
Olga | September 18, 2009 at 9 : 49
as ek so kyk oom jack, niks.
18.
Beenkop | September 18, 2009 at 9 : 51
ek scheme nie daar sal veel aangaan op ‘n vrydagaand
19.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 9 : 52
Ek moet jou gelyk gee. Die park wegkruiper is weg. Ou klip het rubber gevreet en weggehop. White knight se perd het skrikgevat en die hasepad gekies. Tante wipneus wip seker oorsee rond. Wat het jy met die mense gedoen olgatjie?
20.
Olga | September 18, 2009 at 9 : 53
almal jol vanaand beenkop. he he he.
21.
Olga | September 18, 2009 at 9 : 55
as jy so alles weet oom jack, dan weet jy seker ook ek irriteer die k.k uit sommige mense omdat hulle my van onwaarhede beskuldig.
22.
Beenkop | September 18, 2009 at 9 : 56
nee hulle jol al heeldag…nobody’s gonna do business with you on a friday
23.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 9 : 56
En het jy toegelaat dat dit jou afskrik? Jy met jou skerpbek?
24.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 9 : 57
Nuwe s.a ding beenkop.
25.
Adrie | September 18, 2009 at 9 : 58
Olga
Jy moet onthou, Ma Baker het een flaw gehad. Haar seuns was haar medepligtiges. Seuns . . . dws mans.
26.
Olga | September 18, 2009 at 10 : 00
of op n saterdag. of op n sondag beenkop. oom jack, beskuldig my van dine waaraan ek skuldig is. nie om jou nydigheid te voed nie. ek was onskuldig beskuldig. maar dis annie se blog en haar vriende. so ek sal maar wegbly. voordat ek iets kwytraak wat kon gebly het.
27.
Olga | September 18, 2009 at 10 : 01
o, nou weet ek ook waar het sy droo gemaak.
28.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 02
saterdag en sondag antwoord hulle nie eers die telefoon..vrydae antwoord iemand darem en sê vir jou die persoon wat jy soek is al 2 uur weg want hy was nie meer so lus om te werk
29.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 03
Ek het eerlik nie eers daaraan gedink om n bankrower te word nie.
30.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 03
Jy het mos geweet dit was jaloesie van mev ek weet beter. Almal sien haar vir die pampoen wat sy is jong. Wat trek jy toe haar strooi praat aan? Hello juf swaardepull. Hoe gaan dit?
31.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 05
Beenkop
Jy was baie bevoorreg dat daar na twee op n Vrydag iemand was om te antwoord.
32.
Olga | September 18, 2009 at 10 : 05
ek is die nakommer. so dan tap ek maar uit. ek het op almal se tone getrap.
33.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 06
Goed en met jou, Domkrag?
34.
Olga | September 18, 2009 at 10 : 06
wanneer gaan die caster semenya stront eendag end kry?
35.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 07
lol ek weet maar die P.A’s moet werk jy sien dis resessie ^ quote blogopskrif en of dit nou ressesie is of nie die bestuurders gooi anyway al die werk op die P.A se desk sodat hulle kan gaan rond karwei opsoek na iemand met wie hy sy vrou kan verneuk
36.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 07
Altyd goed dankie a3.
37.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 08
nee wag dit was die vorige een…voet fout
38.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 10
Voet fout? Dans jy dan, Beenkop?
39.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 11
ek sê naai man! ek is ‘n man! ek sal met my vrou eendag dans op ons wedding day
40.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 11
Dis ressesie beenkop. Hy verneuk nou maar sy vrou met haar man se vrou.
41.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 13
Whahahahaha
Verneuk sy vrou met haar man se vrou.
42.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 14
okay nou maak jy my deurmekaar! dit klink nou amper soos ‘n gewone suid-afrikaanse verhouding
43.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 14
Olga wa is jy nou?
44.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 16
Hopenlik het Olga koffie en koekies gaan haal
45.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 16
Nuwe suid afrikaanse affair. Vroue mag nou ook meer as 1 man he.
46.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 17
right…kom ons skryf nog bietjie op die bord!
47.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 17
Ek hoop dis gemmerkoekies nie klinkers nie.
48.
Olga | September 18, 2009 at 10 : 19
my foon het gevries. oom jack, niks koekies vir jou nie. bessie, jy kan oom jacks sn kry.
49.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 19
dis prob ‘n nokia
50.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 20
Watse koekies eet ons?
51.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 20
Weg daar bessie. Skoert. Uit. Dis my koekies. Wagter, kom speel met bessie.
52.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 20
fruitcakes
53.
Olga | September 18, 2009 at 10 : 21
ruik ek olierige tjips met baie asyn?
54.
Olga | September 18, 2009 at 10 : 22
gr8 beenkop. ek stem vir vrugte koek. nee jong, dis n samsung.
55.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 23
as jy career shift oorweeg adrie…maak vir jou n fish en tjips shop oop ek belowe jy jy sal wimpy en almal wen veral in ‘n ressesie
56.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 24
Waar is die tjips? Nee olga. Ek eet eerder gemmer koekies.
57.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 24
ja olga ons is rof hierso ons voel nie resessie ons eet sommer vrugtekoek.. die ancyl sal betaal
58.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 25
Het sy geheime resep beenkop?
59.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 26
Beenkop
Ek soek baie, baie geld, vir baie, baie, baie min moeite.
60.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 27
Die ancyl sal dit op skuld koop en se dis apartheidp se skuld dat die rekening nie betaal is nie.
61.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 27
hmmm dan stel ek voor jy stuur n ansoekvorm vir die ANC
62.
Olga | September 18, 2009 at 10 : 28
die foon sal my kwaad maak. nag almal. swt dreamz.
63.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 29
Ek moet onthou om hulle nie skuld te gee nie.
64.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 31
Nag olga. Moet nie weer n vreemdeling word nie. Soet drome hoor. Lekker dux.
65.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 31
Beenkop
Ek het dit al oorweeg.
Domkrag
Het jy al opgelet dat apartheid nie meer die ekskuus vir alles is nie. Apartheid is deur rassisme vervang
66.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 32
Waarvoor sal ek by die anc aansoek doen beenkop?
67.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 32
maar hulle sal net vir jou sê jy is te wit om baie,baie geld te kry vir baie,baie,baie min moeite
wj.. ja en dan sê die ancyl net weer hulle gaan die land onregeerbaar maak as hulle vra hoekom daai rekening nie betaal word!
68.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 33
en as julle aangaan met julle strooi dan kry ons die anc om julle springbok weg te vat!
69.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 33
Beenkop en Domkrag
Werk julle nagskof?
70.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 35
nee man slaap is vir die voëls man
71.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 36
Dis tyd dat die sapd hulle geld begin verdien. Die spul eise em stakings is reeds erg. Kan julle dink watse belaglike eise hulle volgende jaar gaan he? Dan gaan hulle dreig om die fifa byeenkomste omver te werp. Ek se julle, die polisie beter begin optree.
72.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 36
in any way die anc het gese hulle gaan vir eskom kry om die krag af te sit as ons probeer oortyd werk en ryk te wil word
73.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 37
Ek sien daar is n regsmaatskappy wat geld gaan mors omdat Caster met n afwyking gebore is. Wie gaan hulle bluf?
74.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 37
caster…ek weet nie wat om van daai storie te sê
75.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 38
Ek is net home alone. My meisies het die een of ander tranetrekker fliek gaan kyk.
76.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 38
abomination..nie die grootste bodybuilders vrouens wat ek ken het sulke spiere nie…ek weet nie wat is daai.
77.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 40
Die asa het geweet wat hulle stuur om met vroue te gaan kompeteer. Dalk gaan die internationale shysters hulle takel.
78.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 42
Dis is lankal nodig dat iemand die onbevoegdheid van the powers that be aanspreek en oorwin.
79.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 42
Domkrag
Is jy bang jy gaan huil?
80.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 42
wel as ek my oppinie moet lig…die medaljes moet onntrek word dis al manier daar was ‘n onreelmatigheid en ek glo dis net regverdig
81.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 44
Is daar al n datum wanneer ASA moet please explain in die parliment.
82.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 45
Nee wat, ek is nie skaam om te huil nie a3. Ek wou net nie maljan tussen die henne wees nie.
83.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 46
Blykbaar binne 2 weke a3.
84.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 46
Ek dink sy kan maar die medalje hou. Dit is nie haar skuld dat sy so gebore is nie. Dit gaan haar 5 minutes of fame wees. Daar gaan geen ander medaljes.
85.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 47
ek volg nie rêrig die storie nie ekt dit net een kyk gegee en geweet.
maar noudat die blog so op hierdie punt is….. onthou die manne met die suits gaan praat en almal luister en bygesê die wereld daar buite hulle sal enige iets doen enige manier kry solank hulle jou net kan wettiglik kan opf** so hoe minder hulle van jou daar buite weet hoe beter….
86.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 49
Aan die anderkant het sy nes asa geweet daar is vertwyfeling. Asa het haar gefaal en te na gekop. Nou word haar tweeslagtigheid rassisme genoem.
87.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 49
ja maar sy het geweet sy is nie normaal…sy moes eers gepetition het by die raad…iemand along the way moes al vir haar gesê het luister hulle gaan jou nie like daar
88.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 50
Bk
True!
Domkrag
Gaan kyk My sisters keeper. Dit is nogal goed.
89.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 51
Dis n feit soos n koei beenkop. Mens moet jou kaarte teen jou borsg hou.
90.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 51
ag dis marnet ou malema hy is ‘n rassis en hy sien rassisme orals
91.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 52
maar ek dink nie dis nodig dat jy warrie oor ou klein impie
92.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 52
Ek het ook geen idee hoe dit rassime kan wees nie.
Sal my nie verbaas as ASA vir haar gelieg het nie.
93.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 52
*daai ou klein impie
94.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 53
Ek glo nie, maar dankie juf swaardepull. Dis wat die meisies gaan kyk het.
95.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 53
dan is obama se presidency ook rassisme? hy moet wakker word
96.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 55
Is dit nie juis malema wat aanvoer di geslagstoetse was aangevra net omdat semenya lelik is nie?
97.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 55
mind you hulle het vir malema geprank toe dink hy vir n while hy praat actually met obama lol dit was snaaks
98.
Beenkop | September 18, 2009 at 10 : 57
ag malema het ‘n klok gehoor lui daar maar hy weet nie waar die bell hang
99.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 57
He he
SA laat my deesdae aan Ma Maloi van Suburban Bliss dink.
“I am not a racist. Racists hate black people and I loooove black people. I only hate white people.”
100.
Wheelbarrow Jack | September 18, 2009 at 10 : 58
Ag nou ja. Nou gaan ek alles van die fliek hoor. Totsiens a3 en beenkop. Slaap nes julle wil.
101.
Adrie | September 18, 2009 at 10 : 59
Beenkop
Waar het hulle dit gedoen? whahahahahaha
Domkrag
Dit was einste hy.
102.
Beenkop | September 18, 2009 at 11 : 00
good night daar
103.
Beenkop | September 18, 2009 at 11 : 01
ek dink ek kan gou weer die link kry
104.
Beenkop | September 18, 2009 at 11 : 01
105.
Adrie | September 18, 2009 at 11 : 02
Beenkop
Ek moet ook gaan. Het n 7h afspraak more oggend.
106.
Beenkop | September 18, 2009 at 11 : 05
ok dan, lekker slaap
107.
freek | September 18, 2009 at 11 : 51
lyk of ek n joll en n half gemis het.
108.
Wheelbarrow Jack | September 19, 2009 at 8 : 53
More more. Is die koerant alweer laat? Jou afspraak nog aan die gang?
109.
Wille Kjind Q | September 19, 2009 at 9 : 09
*GAAAAAAAAP* More! More! Wat ‘n week. Joh!
110.
Wille Kjind Q | September 19, 2009 at 9 : 11
Wimpy koffie en room koek vi brêkfis. Heeeeerlik
111.
SeeKat | September 19, 2009 at 10 : 40
Al wat n mens nou kan se is dat die Polisie het nou meer mag as die regter. Wat n grap!!!!!!
112.
Adrie | September 19, 2009 at 12 : 01
More
Domkrag, ek le nog al die pad op straat.
Seekat, ek wonder hoeveel onskuldige mense die polisie nou gaan skiet.
113.
Olga | September 20, 2009 at 11 : 50
as die polisie nou nie van n witmens se gesig hou nie, gaan hy/sy ook geskiet word en die moord gaan aan misdaad toegedig word.