O wat is die slaap, ‘n wondersoete ding

Julie 20, 2009 at 6 : 40 24 Kommentaar

Een van my vriende was ‘n paar jaar lank in Engeland.  Hy het nagskof gewerk en sy vriend dagskof.  Hulle het net een bed gehad, wat nie ‘n probleem was nie.  Een het in die dag geslaap en die ander in die nag.  Tot die aand wat altwee by die huis was.  Daar was net een genade, hulle moes saamslaap die aand.  Wat teësinnig gedoen is, maar daar was amper oorlog toe sy vriend hom in die aand nader trek.  Alles in sy slaap.  Hulle het gou-gou ‘n ander bed gaan koop. 

Die lewe is darem maar snaaks.  Van die dag wat jy gebore word, word jy alleen in jou wiegie gelaat om te slaap.  Heel moontlik met ‘n teddiebeer as geselskap, maar jy meestal die enigste asem in die bed.  Dit is jou koningkryk, mits jy in en uit klim wanneer jy moet en dit darem nie te dikwels nat maak nie.  Dit gebeur soms dat die nag te donker is of die spoke jou spook en jy jouself in ‘n ander bed gaan tuismaak.  Tog slaap jy vir ‘n goeie deel van twee dekades alleen.  Ten minste.

Jy hoef nie jou komberse te deel nie.  As jy bo-op jou komberse wil slaap, gaan niemand kla nie.  Jy kan op enige deel van die bed slaap, in enige rigting wat jy wil.  Elke aand op ‘n ander posisie as dit jou gelukkig maak.  Niemand gaan beswaard wees as jy skop, snork, poep, tande kners (behalwe jou tandarts) of selfs sing nie.  Net jou reëls wat tel, as jy nie omgee vir krummels in jou bed nie, sal jy koekies in jou bed eet.  Onder andere.

Een dag is jou bed nie meer jou eie nie.  Daar is iemand wat net soveel sê oor die bed het as wat jy het.  Neem ek in elk geval aan.  Skielik het jy net 50% van die bed, as jy so gelukkig is.  Jou gedrag in die bed kan iemand anders se slaap beinvloed.  Dit is nie die ergste wat kan gebeur nie.  Die ergste is dat iemand wat jy nie kan beheer nie, jou lekker slaap kan beinvloed. 

Punt is, saamslaap neem verseker ‘n sekere mate van aanpassing.  Wat seker vir sommige makliker as ander is?  As ‘n mens oordeel aan die middeljariges wat kla oor hulle maats se gesnorkery, lyk dit na ‘n lewenslange stryd.  Een wat nooit gewen kan word nie.   Dit laat ‘n mens met ‘n proses van bemiddeling.  Die beste maak van ‘n slegte saak.  Die jakkalsies wat nie mak gemaak kan word nie, te aanvaar.

Deel jy gemaklik ‘n bed met iemand anders?  Wat is die jakkalsies se name wat jou slaap versuur?  Waaraan is jy skuldig?

Blogvraag:  Waar speel die storie van Rip van Winkel af?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Daniel Westerling.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Bloubloed Staan jou vrou!!!

24 Kommentaar Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Julie 20, 2009 at 6 : 41

    Eerste

  • 2. *Mathilda*  |  Julie 20, 2009 at 6 : 44

    New York’s Catskill Mountain

  • 3. *Mathilda*  |  Julie 20, 2009 at 6 : 49

    My ander helfte kners sy tande

  • 4. *Mathilda*  |  Julie 20, 2009 at 6 : 54

    Ek is n baie ligte slaper met n baba ook, ek lê baie nagte wakker, maar gelukkig pla dit my glad nie

  • 5. Coyote  |  Julie 20, 2009 at 8 : 40

    S se kniee of voete wat gedurig in rug gedruk word glad nie n nice gevoel nie

  • 6. Kiara  |  Julie 21, 2009 at 6 : 57

    More more

  • 7. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 at 6 : 57

    More maters – hoe gaan dit vandag

  • 8. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 at 8 : 33

    Slaap almal nog ?

  • 9. Nats  |  Julie 21, 2009 at 9 : 04

    Goeie more julle!!

    Ek moet sê ek en Mnr slaap heel gemaklik saam. Hy snork nie… hy staan net redelik baie op om badkamer toe te gaan – maar 99.9% van die keer weet ek nie daarvan nie want ek slaap soos ‘n klip!

    My jakkalsie is ek praat soms in my slaap – gebeur darem baie min, maar ek het al selfs opgestaan en dinge gedoen… weird!

  • 10. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 at 10 : 10

    Dis nie weird genoeg nie Nats – wat weird is is die mense wat in hulle slaap werk ! Hulle het nog nie wakker geword om te kom gesels nie !

  • 11. Coyote  |  Julie 21, 2009 at 11 : 34

    Loda julle kom net se ek is darem wakker
    Die blog is ma stil wat gaan hier aan behalwe niks

  • 12. Coyote  |  Julie 21, 2009 at 11 : 37

    Sal vanaand weer kom inloer dalk is hier meer lewe

  • 13. Plaasjuppie  |  Julie 21, 2009 at 12 : 45

    Ek wil net noem dat die bewerings van snorkery en kombersdiefstal totaal onwaar is . . .

  • 14. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 at 1 : 10

    Plaasjuppie

    Bespeur ek ‘n tikkie skuldige gewete ?

  • 15. Plaasjuppie  |  Julie 21, 2009 at 1 : 17

    Whahahahahaha . . .uhm . . .nee. Dit is ‘n kwessie van gee en neem.
    Ek gee haar die geleentheid om in haar slaap te praat sonder dat ek inchip en ek neem die geleentheid waar om ‘n stukkie ekstra kombers te steel terwyl sy doen . . .

  • 16. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 at 1 : 20

    Uhm – so julle compromise – sy weet net nie daarvan nie ?

  • 17. Plaasjuppie  |  Julie 21, 2009 at 1 : 38

    Wat sy nie weet nie gee my nie blou kolle nie.

  • 18. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 at 2 : 22

    Ha ha – which is fair

  • 19. Girl van die Suburbs  |  Julie 21, 2009 at 2 : 25

    Allo-Allo

    Ek is ‘n terrible bedmaat… Ek slaap woes!

  • 20. Girl van die Suburbs  |  Julie 21, 2009 at 2 : 43

    Wa is almal?

  • 21. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 at 2 : 53

    Hey nell – hoe gaan dit ?

  • 22. Girl van die Suburbs  |  Julie 21, 2009 at 2 : 55

    Jissie, hi vreemdeling… Wel ek weet ek is skuldig.

    Dit gaan goed hier dankie en daar by jou?

  • 23. *Mathilda*  |  Julie 21, 2009 at 3 : 06

    Geen splinternuwe klagtes die kant nie dankie

  • 24. demoerin  |  Julie 23, 2009 at 8 : 38

    :lol: @ plaasjuppie.
    Ek slaap soos ‘n klip – weet van niks wat om my aangaan nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.