‘n Man se plek

Julie 9, 2009

Baie konserwatiewe mense glo vandag nog dat man die hoof van sy huis is.  Die vrou vertolk die rol van sy helper, ten alle tye ondergeskik aan hom.  Vir my klink dit na die man is die koning en die vrou (en kinders) sy slawe.  Dit blyk ook dikwels die geval te wees.  Meneer word van kop tot tone bedien, sy behoeftes word op altyd eerste gestel en hy kan maak en breek soos wat hy wil.   Ek is seker dat dit nie is wat met hoof bedoel word nie, maar dit is hoe hopeloos te veel mense dit vertolk. 

Baie van die ouer geslag dames het ‘n fyn verdraaiing op hierdie siening gesit.  Die man is die hoof en die vrou is die nek.  Die nek kan die hoof in enige rigting draai wat sy wil.  Dit sinspeel daarop dat ‘n vrou ‘n man na haar pype kan laat dans sonder dat hy eers agterkom dat hy ‘n marionet is.  Hy dink hy is die baas, dit is sy besluit, sonder dat hy ooit besef dat sy vrou hom beinvloed het.  Goed en wel, as jy ‘n meester manipuleerder is.  Ek is nie, daarvoor is ek met hopeloos te min takt, geduld en skelmheid geseën. 

Daar is natuurlik ook die Adriana Magrieta Swanepoel siening, wat letterlik uit my duim gesuig is.  ;)   ‘n Mens kan nie wegredeneer dat die man die hoof is nie.  Net so kan ‘n mens nie wegredeneer dat dat ‘n vrou se plek op ‘n man se kop is nie.  Hoof is maar net ‘n sinoniem vir kop.   As hy weet wat goed is, beter hy die leisels oorgee aan Mevrou en haar elke wens gehoorsaam.  Hy moet gesien, maar nie gehoor word nie.  Daar wees wanneer hy benodig word en weg voordat hy onder haar voete kan land.

Klink hemels, maar min mans se ego’s sal dit kan hanteer.  En om eerlik te wees, min vrouens sal dit kan uitstaan.  In die moderne tyd kan jy iemand betaal om in jou elke behoefte te voorsien.  Hoekom dan trou?  Trou bring verpligtinge, of jy daarvan hou of nie.  Jy moet ook jou kant bring.  Punt is dat nie lekker is om verdruk te word nie.  Hoekom dit dan aan iemand doen vir wie jy lief is?

Dit bring my tot die laaste beeldspraak.  As dit soos ‘n preek klink, jammer, maar dit kom ook uit ‘n preek.   Eva is uit Adam se rib gemaak sodat sy vir hom ‘n maat kan wees.  Nie uit sy kopbeen om op sy kop te sit nie.  Nie uit sy voetbeen op op getrap te word nie.  Maar uit sy rib, om ‘n venoot gelyk aan Adam te wees.

Dit laat ‘n mens natuurlik weer by gee en neem.  Wat hy nie wil gee nie, neem jy.  :lol:

Hoe voel jy oor die man / vrou se rol in die huwelik?

Blogvraag:  Wie het Peeping Tom afgeloer toe hy met blindheid gestraf is?

Blogantwoord:  Tilla was reg met Jayne Mansfield.

Entry Filed under: Filosofie. .

176 Comments Add your own

  • 1. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 01

  • 2. Olga  |  Julie 9, 2009 at 6 : 04

    lady godiva.

  • 3. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 06

    Ok nou kan ek ontspan en my actual comment lewer. Net een sin: Wat goed is vir die een is goed vir die ander! Alle reels apply vir altwee. Met baie klein uitsonderings!

  • 4. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 08

    Nice A3 jy het dit!

  • 5. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 6 : 10

    Soos in my goed is myne en sy goed is ook myne?

  • 6. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 11

    Verseker! My opinie

  • 7. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 12

    Sorry besig om kos te maak en seuntjie is saam met die girls in die bad so ek hardloop tussen alles en die rekenaar!

  • 8. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 19

    Nou verstaaaan ek, nee watter reels vir my geld, geld vir hom ook. BV. As ek nie myself mag induldge met duur geskenke nie, mag hy ook nie. Dit werk, vir ons.

  • 9. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 6 : 25

    Hoe lank is julle al getroud?

  • 10. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 29

    nov 13 jaar

  • 11. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 6 : 31

    Liewe ouers. Hoeveel keer naby aan moord?

  • 12. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 6 : 32

    As ek mag vra, was dit van die eksamenlokaal af kerk toe?

  • 13. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 34

    Ons van matriek af saam. So basicly saam ‘groot’ geword, saam gegroei! Gelukkig NA mekaar toe gegroei! Ek sal nooit ‘n beter man kry vir my as ek nie, moenie hom sê nie(shhhhh). Ek’s moewies beneuk. Hy’s rustig.

  • 14. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 at 6 : 35

    Hello

  • 15. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 36

    Basicly ja

  • 16. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 39

    hi m

  • 17. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 at 6 : 39

    Baai

  • 18. *Mathilda*  |  Julie 9, 2009 at 6 : 40

    Hey bv – ganit ?

  • 19. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 41

    Sorry ek meen ek sal ooit beter man vir my kry as HY nie. Sien die kop raas maar bietjie, na 13 jr

  • 20. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 6 : 41

    Ek het al lankal gese die ideale huwelik is waar die man en vrou op verskillende vastelande woon.

  • 21. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 6 : 42

    Waarheen is jy oppad, Tilla?

  • 22. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 43

    Goed dankie self? Net bietjie koud vandag, Eintlik lekker weer

  • 23. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 6 : 45

    Baie koud vandag. :mrgreen:

  • 24. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 6 : 55

    Waas almal? k maak weer sop

  • 25. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 6 : 58

    Gmph! As my geselskap nie goed genoeg is nie. . . . ;)

  • 26. boervrou  |  Julie 9, 2009 at 7 : 17

    Sorry my lyn kry vanaand koud….

  • 27. Olga  |  Julie 9, 2009 at 8 : 00

    Werksoeker bel die willetuin en vra: thembi, is daar enige vakature?
    thembi: auk. ons het nie eers vaka leeus hier nie. waar de moer moet ons vaka tiere kry?

  • 28. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 8 : 01

    Whahahahaha

  • 29. Girl van die Suburbs  |  Julie 9, 2009 at 8 : 12

    Naand se

  • 30. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 8 : 13

    NELL!!!!!

    Hoe gaan dit met jou?

  • 31. Girl van die Suburbs  |  Julie 9, 2009 at 8 : 15

    Ja ek leef

    Okay dankie en daar?

  • 32. Olga  |  Julie 9, 2009 at 8 : 16

    iemand het eendag vir my gese: “my vrou sien op na my.” dit het my afgepis. wat meen hy? ek vir een wil n man in die oe kyk. nie na hom opsien of op hom neersien nie. my pa het nooit toegekyk dat 1 van sy dogters of my ma vloerwas nie. hy sou eerder op sy kniee gaan en dit self was.

  • 33. Girl van die Suburbs  |  Julie 9, 2009 at 8 : 18

    Olga dalk was sy korter as hy ;)

  • 34. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 8 : 18

    Natuurlik leef jy. Onkruid vrek mos nie. :lol:

    Goed, goed.

  • 35. Girl van die Suburbs  |  Julie 9, 2009 at 8 : 20

    Jip, hulle bly net so aan die grens van dood neer val. Ek is al weer siek. Lekker verkoue. Ek verstaan dit nie!

  • 36. Sis Dudu  |  Julie 9, 2009 at 8 : 26

    Auk bakietie.

  • 37. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 8 : 28

    Nell

    Ek hoop jy los jou kieme buite voordat jy inkom.

  • 38. Girl van die Suburbs  |  Julie 9, 2009 at 8 : 28

    Sorry….. :(

  • 39. Olga  |  Julie 9, 2009 at 8 : 30

    Vir ons was my pa se vloeiwassery vet pret. Ons sou al3 op sy rug klim. Hy sou runnik soos n wafferse perd en die wereld vol kruip.

  • 40. Olga  |  Julie 9, 2009 at 8 : 31

    Gebruik jy darew vitamine neeltjie?

  • 41. Girl van die Suburbs  |  Julie 9, 2009 at 8 : 34

    Nee olga ek is baie skuldig jong. So ek moet seker maar v myself kry

  • 42. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 8 : 39

    En n griepinspuiting aan die begin van die jaar

  • 43. Adrie  |  Julie 9, 2009 at 8 : 40

    Seisoen bedoel

  • 44. Olga  |  Julie 9, 2009 at 9 : 47

    Skuus. Opera is vanaand vol tjol. Neeltjie kry goeie multivit of vit c.

  • 45. Wille Kjind Q  |  Julie 10, 2009 at 4 : 50

    More more!!!!! Dis Vrydag!!!!!

  • 46. Olga  |  Julie 10, 2009 at 7 : 08

    More, more.

  • 47. Jaco  |  Julie 10, 2009 at 7 : 40

    More is niks vandag isi dag

    So van n man se plek gepraat ,ek wens ek was nou in n lekker warm bed.

  • 48. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 8 : 10

    More

  • 49. Beeld  |  Julie 10, 2009 at 8 : 11

    Antoinette Pienaar

    Varkgriep is vir die eerste keer by ’n inwoner van ’n Suid-Afrikaanse township gediagnoseer.

    Die gesondheidsdepartement in Mpumalanga het gister gesê die man van die Mhluzi-township in die Steve Tshwete-munisipaliteit het begin sleg voel nadat hy verlede week by die Universiteit-sport Suid-Afrika (Ussa)-toernooi in Johannesburg was.

    Die influensa A (H1N1)-virus is vandeesweek oor die hele land by talle deelnemers aan dié toernooi en hul kontakte gediagnoseer.

    Die gesondheidsowerhede het duisende deelnemers intussen gevra om hulle vir toetse by hul naaste hospitaal aan te meld indien hulle griepsimptome ontwikkel.

    Die man het Maandag met ’n seer keel by die Middelburg-hospitaal aangekom en ’n smeer is dadelik vir toetse na die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) gestuur.

    Die man is intussen gevra om in ’n buitegebou te woon, weg van die vier familielede, onder wie ’n vierjarige kind, met wie hy ’n huis deel.

    Mnr. Mpho Gabashane, gesondheidswoordvoerder van Mpumalanga, het gesê die provinsie het reeds ’n span gestuur om die situasie te monitor.

    Toestande in dié township is glo beter as elders in die provinsie.

    Die verspreiding van varkgriep en die erns van simptome in armer gemeenskappe hier sal epidemioloë ’n idee gee van wat voorlê vir Afrika-lande noudat die virus hier vastrapplek kry.

    Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) waarsku al maande dat die virus se impak op arm gemeenskappe onvoorspelbaar is weens onderliggende faktore soos MIV/vigs en beperkte toegang tot gesondheidsorg.

    Mense wat oorsee aan varkgriep dood is, het dikwels onderliggende toestande soos diabetes, asma, vetsug, hartsiekte en swangerskap gehad.

    Mnr. Fidel Hadebe, woordvoerder van die nasionale gesondheidsdepartement, het gesê die eerste 100 varkgriepgevalle sal afsonderlik getoets word.

    Daarna sal die Nios fokus op die monitering deur sy 230 Viral Watch-persele. Dit is dokters wat smeermonsters insamel van mense met griepsimptome en dit vir ontleding na Nios stuur.

    Dr. Lucille Blumberg van Nios het gesê die Mpumalanga-geval is na haar wete tot dusver die enigste township-geval.

    Sy het gesê sommige van die Viral Watch-persele is in plekke soos die Alexandra-kliniek by Soweto.

    Daar is ook moniteringstelsels vir lugwegsiektes by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto, die Mapulaneng- en Matikwane-hospitale in Mpumalanga en die Edendale-hospitaal in KwaZulu-Natal.

    Blumberg meen Nios sal dus gou weet indien varkgriep in ’n gemeenskap uitbreek.

    Volgens Hadebe is al die gevalle tot dusver matig.

    Teen gistermiddag was daar altesame 48 bevestigde gevalle in die land.

  • 50. Beeld  |  Julie 10, 2009 at 8 : 16

    Parys. – Vandag is die laaste dag wat die vlugdata- en stemopnemers van Air France se vlug 447 hul seine vanuit die Atlantiese Oseaan sal uitstuur.

    Ná vandag het die Franse ondersoekagentskap BEA geen hoop om een van die twee sogenaamde “swart bokse” te vind nie.

    Die opnemers se seine, wat outomaties uitgestuur word om opsporing te vergemaklik, sou volgens kenners al meer as ’n week gelede begin verdof het.

    Die opnemers is ontwerp om vir net langer as ’n maand ’n sein uit te stuur. Deur die loop van vandag sal die seine heeltemal ophou.

    Twee skepe, wat al sedert die ongeluk onophoudelik “ping”-seinopspoorders van die Amerikaanse vloot deur dié waters sleep, het volgens lt.kol. Lorenzo Harris van die Amerikaanse weermagspan nog geen van die opnemers se seine opgetel nie. Die Airbus A330-vliegtuig het op 1 Junie in die Atlantiese Oseaan neergestort nadat dit tussen Rio de Janeiro en Parys in ’n donderstorm ingevlieg het.

    Al 228 passasiers het gesterf en die presiese oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend.

    BEA het verlede week sy voorlopige verslag oor die ongeluk uitgereik. Daar is bevind probleme met die vliegtuig se spoedsensors, oftewel die pitot-buise, was een van verskeie noodlottige faktore.

    Vlieëniers van die Air France-lugdiens het intussen gevra dat ondersoekers inligting van vlug 447 se vorige probleme met spoedsensors bekendmaak.

    Spaf, die vlieëniers se vakbond, het Dinsdag aan BEA en die Franse burgerlugvaartagentskap gesê ’n tegniese ondersoek oor die aard van die destydse voorvalle moet gedoen word.

    Mnr. Alain Bouillard, ondersoeker van die BEA, stem nie saam nie. “Die spoedsensors was ’n faktor, maar nie die hoofoorsaak nie,” het hy gesê. – Sapa-AP

  • 51. Beeld  |  Julie 10, 2009 at 8 : 18

    Antoinette Pienaar

    ’n Johannesburgse vrou het twee weke lank gewag op ’n “noodoperasie” om ’n breingewas te verwyder weens die ernstige tekort aan narkotiseurs by die Charlotte Maxeke-staatshospitaal (voorheen die Johannesburgse Algemene Hospitaal).

    Mev. Magdalena van Tonder (67) is uiteindelik gister geopereer nadat Beeld oor dié gesloer by die Gautengse departement van gesondheid navraag gedoen het.

    Volgens me. Wilma Ryan, Van Tonder se dogter, het dokters haar meegedeel dat daar meer as 20 mense op ’n waglys vir neurologiese prosedures is nadat 15 narkotiseurs by die hospitaal bedank het.

    “ ’n Dokter het gesê hulle het net twee narkotiseurs en dié word vir noodgevalle gebruik.”

    Die dokter het glo gesê dit kan weke tot maande duur voordat sy geopereer sou word.

    Die breingewas is al op 17 Junie by Van Tonder gediagnoseer en ’n staatsneuroloog het haar op 24 Junie ondersoek. Hy het aanbeveel sy moet op 29 Junie hospitaal toe kom vir ’n operasie om die gewas te verwyder.

    Van Tonder se toestand het egter so versleg dat sy nie kon praat of beweeg nie.

    “Ons het toe die dokter op 26 Junie gebel. Hy het gesê sy móét ’n noodoperasie kry en ons moet haar dadelik na die neurochirurgiese saal bring.

    “Toe ons om 10:00 daar aankom, was die dokter weg en die verpleegsters kon hom nie op sy selfoon opspoor nie,” het Ryan gesê.

    Van Tonder is na ongevalle verwys, waar ’n dokter haar na ’n neuroloog terugverwys het.

    Die breinswelling was egter so erg dat hulle haar nie dadelik kon opereer nie. Sy is op ’n drup geplaas om die swelling te laat sak en is tien uur ná haar aankoms opgeneem.

    Drie dae later het ’n ontstelde Ryan gehoor haar ma het in ’n hospitaaltoilet geslaap nadat sy geval het. Niemand het haar gehelp nie.

    ’n Dag later het sy weer geval toe sy gaan bad het. Haar regteroogbank, wang en agterstewe was potblou gekneus.

    ’n Week later is sy steeds nie geopereer nie.

    “Haar toestand het by die dag versleg. Sy was nie heeltemal bewus van wat om haar aangaan nie en sy kon nie haar regterkant beweeg of self sit nie,” het Ryan gesê.

    Beeld het vandeesweek navraag gedoen by die departement van gesondheid en Van Tonder is gister geopereer. Net dele van die gewas kon verwyder word en sy moet nog bestraling kry, het Ryan gesê.

    Die hospitaal se gehaltebestuurder het belowe om Ryan eergistermiddag te sien, maar nie vir die afspraak opgedaag nie.

    “Ons is tog almal belastingbetalers. Waarheen gaan ons geld as die provinsiale hospitale nie eens narkotiseurs het nie?”

    Die departement het gesê hy ondersoek die saak.

    Verlede maand is berig dat die hospitaal vanaf vandeesmaand ’n derde minder operasies sou kon doen omdat hy nie betyds narkotiseurs aangestel het nadat 15 bedank het nie.

    Volgens Ryan het nog ’n vrouepasiënt se gesin gesê sy is eers verlede week geopereer nadat ’n gewas al op 5 Junie by haar gediagnoseer is.

  • 52. Beeld  |  Julie 10, 2009 at 8 : 33

    Die vrou wat saam met me. Winnie Madikizela-Mandela skuldig bevind is in die ontvoering- en moordsaak van mnr. Stompie Seipei is eergister oorlede.

    Me. Xoliswa Falati, in haar 50’s, is in die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg aan vermoedelik longontsteking dood, het biskop Paul Verryn, haar jare lange vriend gesê.

    Volgens hom het Falati ’n moeilike lewe gelei.

    Hy het sy vriendin as iemand met ’n groot persoonlikheid beskryf en ’n lus vir die lewe.

    Fatali het tyd in die tronk deurgebring weens haar betrokkenheid by Seipei se dood.

    Seipei is destyds beskuldig dat hy ’n spioen vir die apartheidsregering was.

    Hy is ontvoer, na bewering na Madikizela-Mandela se huis geneem, gemartel en toe doodgemaak. – Sapa

  • 53. Olga  |  Julie 10, 2009 at 8 : 34

    waarheen gaan die geld, vra ryan? na onnodige naams veranderings, onnodige ministers, onnodige meubelering van reeds gemeubileerde ministers wonings, na groot duur karre vir die onnodige ministers, na uitbetalings onnodige grondeise, na maandelikse salarisse van geskorsde staatsamptenare, na onnodige konvooie om onnodige ministers en hooggeplaasdes rond te karwei, na lyfwagte vir die onnodige ministers, moet ek nog aangaan? want daar is genoeg onnodige plekke waar ons belasting geld heen gaan dat ek heeloggend daaroor kan berig sonder om enige iets te herhaal.

  • 54. Olga  |  Julie 10, 2009 at 8 : 45

    MENSE
    ONTHOU AS
    JULLE
    ADVERTENSIE
    SIEN WAT SE
    `n CHIP OP JOU
    MOTOR SE
    WINDSKERM
    WORD GRATIS
    HERSTEL AS JY
    VERSEKERING
    HET, IS N
    GROOT, VET
    LIEG. BY
    OUTSURANCE
    VERLOOR JY
    JOU GEEN EIS
    BONUS VIR
    JAAR. JA, DIS
    REG, VIR 12 MA
    ANDE.

  • 55. Nats  |  Julie 10, 2009 at 8 : 46

    Helloooooo julle dis Vrydag!!!!

    Uitfreakingeindelik!!!

  • 56. Olga  |  Julie 10, 2009 at 8 : 55

    ai, tog, my vriendin sedert altyd se 80 jarige pa het gster oggend geval en sy heup gebreek. by die pvt hosp in mburg, wou hulle n 40% deposito he wat r30 000 beloop het voordat hulle aan hom raak. en, lw, die oom het mediese fonds. elke maand het n groot deel van sy pensioen gegaan vir sy mediese fonds. en kyk wat kry hy daarvoor? r30 000 kontant deposito en die kortval wat die mediese fonds bo en behalwe die deposito nie betaal nie, moet hy dan binne 30 dae betaal. wat n fantastiese vooruitsig. sy dogter moes toe amper r5 000 inbetaal dat die betrokke hospitaal se ambulans hom na jhb gen moes oorplaas. daar is die arme oom op traksie gesit. hy het nie die nood operasie gekry waarvoor hy en sy dogter nie die bloedgeld geham het om as n deposito te betaal nie.

  • 57. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 8 : 55

    More julle

    Olga – 10 uit 10 vir #54 ! Sit net by wat dit jou andersins kos.

  • 58. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 8 : 56

    Olga

    Ek het mos nou die dag gese dat advertensies so lieg.

    Ek sal graag wil weet wie is die grootste skelms, banke, versekeraars of selfoonmaatskappye

  • 59. Olga  |  Julie 10, 2009 at 8 : 57

    dag nee, donner(dag) tog, dis vrydag.

  • 60. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 8 : 58

    Olga

    Gesondheidsdiens gaan net nog verder verswak. Binnekort sal ‘n mens na die buiteland moet gaan as jy ‘n operasie nodig het.

  • 61. Olga  |  Julie 10, 2009 at 8 : 59

    OM DIE VUURHOUDJIEKOPGROTE CHIP BY GLASFIT TE LAAT HERSTEL SOU R200 KOS. OUTJIE WAT LANGS DIE PAD NET BUITE DIE DORP WERK, HET DIE CHIP HERSTEL VIR R80.

  • 62. Olga  |  Julie 10, 2009 at 9 : 03

    is dit nie einste glasfit se advertensie wat se dat as jy versekering het, sal die herstel van n chip op jou voorruit gratis wees nie? dis mos fals advertensie, is dit nie? waar kan ek n nommer of email adres vir die ombudsman kry? ek dink sulke leuenagtige advertensie verdien die volle tug van die ombudsman.

  • 63. Olga  |  Julie 10, 2009 at 9 : 04

    wha ha ha ha ha ha ha. ek spel vandag amper net so goed soos die universiteit lektor. fals vir vals. wha ha ha ha ha ha.

  • 64. Olga  |  Julie 10, 2009 at 9 : 08

    juf anne, re # 60: dis reeds omdat ons gesondheidsdiense deur buitelanders en aa studente beman word dat die eed van hipokratis niks beteken nie. bid jou aan, drs wat staak vir meer geld. as geld al is wat die blixems wil he moet hulle by die 2010 fifa sokkerwedstryde n rooi lig gaan opsit.

  • 65. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 9 : 09

    Olga

    Ek sal kyk of ek vir jou kan kry.

  • 66. Olga  |  Julie 10, 2009 at 9 : 11

    maar die spul sal dan seker die rooi ligte laat brand bokant die beddens van komatose pasiente.

  • 67. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 9 : 13

    Kloon

    Ek stuur gou vir jou ‘n posduif – kyk biki wat jy hiervan dink

  • 68. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 9 : 13

    Baie lande het afstand gedoen van die Hippocratiese eed.

  • 69. Olga  |  Julie 10, 2009 at 9 : 15

    dankie. ek het n bek en ek is nie bang om dit te gebruik nie.

  • 70. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 9 : 20

    Olga

    Daar is ‘n tegniese vangplek waarmee hulle gaan wegkom. Die advertensie se^ Gewoonlik gratis

  • 71. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 9 : 24

    Ek kan net onthou die advertensie sê die size van die chip moet nie groter as ‘n sekere size wees nie

  • 72. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 9 : 34

    10c stuk

  • 73. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 9 : 37

    Tilla

    Ek het gedink die skoolvakansies is al lankal gevestig rondom die sokker volgende jaar.

  • 74. Olga  |  Julie 10, 2009 at 10 : 21

    die chip was regtig nikr groter as n vuurhoudjiekop nie. as n matter of fact, dis na herstel steeds kleiner as vuurhoudjiekop nie.

  • 75. Olga  |  Julie 10, 2009 at 10 : 27

    dis omdat baie lande se kwaksalwers na ons hosg ingevoer word dat die eed van hipokratis niks beteken nie. ek voel sterk teen r240 per konsultasie by n gg plus r30 prof fooi beteken die pasient se genesing vir hom minder as n opvolg en nog 1 en nog 1.

  • 76. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 10 : 31

    Dit is gek!!!

    Waarvoor is die R240 anders as vir sy professionele fooi?

  • 77. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 10 : 37

    Vandag is die dag wat ek iemand aan hulle kele gaan gryp. As daar nie vanaand ‘n post is nie, moet julle maar weet.

  • 78. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 10 : 41

    Olga

    Blykbaar is die beste om by Advertising Standards Authority of South Africa (ASA) te kla.

    Jy kan hier jou klagte in sit.

    http://www.asasa.org.za/Complaint.aspx

    Hier is hulle website

    http://www.asasa.org.za/

  • 79. Jaco  |  Julie 10, 2009 at 10 : 48

    Adrie en Olga

    ,julle is dam maar twee klae kouse vandag

  • 80. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 10 : 50

    Jaco

    As ons klagtes vrugte dra, gaan jy beslis saam lag.

  • 81. Coyote  |  Julie 10, 2009 at 10 : 58

    Hello A3 ek ek stem met jou stelling hy moet daar wees as jy hom nodig het maar verdwyn voor hy in di pad kom

  • 82. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 11 : 01

    Coyote

    Die goeie vraag is eintlik of ‘n mens hom ooit gaan nodig kry

  • 83. Coyote  |  Julie 10, 2009 at 11 : 07

    A3
    Ek dink ons almal ken di antwoord op daai vraag (twisted)

  • 84. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 11 : 09

    Hmmm

    Kom ons laat dit eerder daar

  • 85. Jaco  |  Julie 10, 2009 at 11 : 16

    OK Adrie ek vat jou woord vir dit.

    Coyote

    Ek arriveer gewoonlik eers en kom dan so bietjie later

  • 86. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 11 : 16

    Kloon – waaroor so getense ?

  • 87. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 11 : 19

    Jaco

    Gedra vir jou – hier is minderjariges op die blog

  • 88. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 11 : 21

    Effiency wat nie in almal se boeke is nie.

  • 89. Olga  |  Julie 10, 2009 at 11 : 28

    as jy nie van ons klagte hou nie, hit the road. jy was nie genooi nie. ek is hier om te kla. juf annie, ek gaan die adres beslis gebruik.

  • 90. Olga  |  Julie 10, 2009 at 11 : 30

    ook nie almal se broeke nie.

  • 91. Olga  |  Julie 10, 2009 at 11 : 31

    bessie, jou klein tefie. sit nou dadelik my foon neer en gaan jaag n man daar buite.

  • 92. Coyote  |  Julie 10, 2009 at 11 : 48

    A3
    Ek hoef nie meer te se ni Jaco het daai een self beantwoord wie het dit nodig
    Hi Tilla & Olga

  • 93. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 11 : 56

    Coyote

    Jy raak erg laks met die gemmerkoekies.

  • 94. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 12 : 06

    Coyote

    Hoe gaan dit ? (of kan jy nie nou praat nie want jy bak vir ons gemmerkoekies ?)

  • 95. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 12 : 17

    Moet net nie die koekies laat brand nie

  • 96. Coyote  |  Julie 10, 2009 at 12 : 23

    Di koekies is lank se tyd vanoggend al in di koekblik wat het julle ni gekyk ni daa is ok koeksisters as julle nou mooi eet behoort dit te hou tot maandag oggend

  • 97. Coyote  |  Julie 10, 2009 at 12 : 26

    Ons braai nou wil julle n steakroll? julle moet vinnig praat

  • 98. Coyote  |  Julie 10, 2009 at 12 : 31

    Los no eers di koekies soos julle nou eet gat da niks vir die naweek wees ni

  • 99. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 12 : 39

    Ek asseblief

  • 100. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 12 : 39

    Vandag vat te blerrie lank

  • 101. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 12 : 40

    Ons het ook darem gebraai

  • 102. Erns  |  Julie 10, 2009 at 12 : 55

    A3
    Ek stuur vir jou een ek sal twee in die k-buis los net in case Willes hier opdaag

  • 103. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 02

    Waar is willes vandag?

  • 104. boervrou  |  Julie 10, 2009 at 1 : 05

    Het iemand iets gese van koekies????, wag ek bring die koffie

  • 105. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 08

    wk en doomsie het die wesies dieretuin toe geneem. hoe was die fliek ander aand coyote? dankie, die gemmerkoekies is n wenner. ek kon darem 1etjie kry.

  • 106. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 11

    my noolste nolie is tuis om sy wasgoed gewas en gestryk te kry. so ek vat net hier en daar grond. gelukkig is dit leke warm vandag. hier, by die huis.

  • 107. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 11

    Ek wonder of Boervrou ‘n beter koffiemaker is as Nell?

    Vrek, almal is beter as Nell.

  • 108. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 13

    BV

    Daar is ‘n baie spesifieke manier waarop ek my koffie drink. Ek drink net Jacobs groen. Met 2 suiker, room en 3 koekies.

    Dit moet verkieslik op my lesenaar wees wanneer ek instap.

    :mrgreen:

  • 109. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 13

    Olga

    Is jou Noolste Nolie weer oppad?

  • 110. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 16

    ja, juf annie, my noolste nolie ry more vroeg new castle toe. die trekpleister, jy weet.

  • 111. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 18

    Olga

    Jy moet nou net nie nalaat om die nuwe mens te leer hoe jy jou koffie drink nie.

  • 112. boervrou  |  Julie 10, 2009 at 1 : 18

    Sjoe, klink lekker en ruik net daai vars gebakte koekies! Ek dink ek vat-vat daaraan om na die koffie gestig gestuur te word. Jacobs gebruik my as advertensie vir hulle. “Drink ons koffie en jou hoofpyn bly weg, wees ‘n koffie addict en jys reg.” So iets

  • 113. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 21

    BV

    Jy het goeie smaak in koffie.

  • 114. boervrou  |  Julie 10, 2009 at 1 : 21

    Ek sit hier met nolle(sorry olga dis waarvoor ek die woord gebruik) in my neus, lyfseer, keelseer, hoofpyn en stywe nek.

  • 115. boervrou  |  Julie 10, 2009 at 1 : 23

    Was eers heavy op die Nescafe, maar as daai Jacobs jou eers vat, ou matie dis tickets, jys gehook.

  • 116. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 24

    my koffie word gemaak met n ronde sakkie uit die box wat se joko. 1 sakkie met kookwater. eers die sakkie. dan die kookwater. nie water wat 20 sekondes gekook het nie, met nuwe kookwater. as die knoppie klik, dan moet die water op die sakkie gegooi word. dan wanneer dit leke aan die sterk kant is, haal uit die sakkie, skeur dit stukkend, sit in die geel bakkie daar.—> dis vir die kompos gat. dan n goeie skoot melk. as hulle te veel melk gooi, gaan hulle self drink. en dis hoe ek my koffie drink. dankie.

  • 117. boervrou  |  Julie 10, 2009 at 1 : 24

    Ek gaan bietjie ‘n sonnetjie soek, sien julle nou-nou.

  • 118. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 26

    bv, gelukkig is daar n groot verskil tussen nole en nolle. enjoy of gebruik bm se sakdoek.

  • 119. boervrou  |  Julie 10, 2009 at 1 : 26

    Olga ons het ook 2 sulke gatte maar dis nie regtig gatte nie, dis bulk bins. En hulle wremel (regte woord?) van die erdwurms, en dit stink glad nie.

  • 120. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 1 : 27

    Wat van my koffie

  • 121. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 28

    Sjoe, Olga. En ek het gedink Tilla is vol stront.

    Hoe drink Bessie haar koffie?

  • 122. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 30

    Boervrou

    Gebruik julle net die erdwurms, of het julle ook ‘n innokulant.

  • 123. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 31

    Tilla

    Jy is mos hier om dit mooi te verduidelik.

  • 124. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 35

    hier kom n ding. ‘n ander ding as el niño. garages word van vandag af verplig om debiet en kredietkaarte te aanvaar vir petrolaankope. dis om die vultstasie rooftogte te verminder. wat ‘n goeie ding is. maar aan die anderkant, . . . . ek se weer, hier kom n ding.

  • 125. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 36

    Olga

    Weet jy iets van die gyselaarsdrama in Brits af?

  • 126. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 36

    gebruik jy em in jou gatte bv?

  • 127. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 38

    net wat ek op die nuus gehoor het. dis opsigters wat hulle gevange hou juf annie. die goed was te slapgat om base as gyselaars te neem.

  • 128. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 1 : 40

    Kloon, ek is nie vol stront nie ! My koffie is maklik

    Cuppachino met room – sonder koffie !

  • 129. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 42

    ;)

    Exactly

  • 130. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 44

    Hulle reken erdwurm kompos is van die beste. Jy gebruik dan eintlik erdwurm poef.

  • 131. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 44

    ek het ook 2 kompos gatte. 1 word gebou terwyl die ander ene gebruik word. stink ook nie, maar ek kan nie meer em kry nie. nou gebruik ek maar seagro in die kompos gat.

  • 132. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 46

    Werk die Seagro?

  • 133. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 46

    ek hoop die erdwurms gaan ook van see klankie hou. as die wind weer vriendelik waai, sal homer maar moet dink hy is soos in sy vlootdae terug op sandybay.

  • 134. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 48

    ja, die seagro werk. jy moet sien hoe mooi groei die klippe. ek oes nou 7 per 30cm2.

  • 135. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 49

    Olga

    BV hulle maak kompos op ‘n heel ander manier.

  • 136. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 50

    seagro maak rerig n positiewe verskil aan my tuin. seld die plante groei beter.

  • 137. Olga  |  Julie 10, 2009 at 1 : 51

    Hoe maak hulle?

  • 138. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 52

    As ek nou reg is, het hulle dromme wat bo en onder oop gemaak kan word. As die kompos materiaal word bo in gegooi. Die innokulant (EM) ook. In die middelrond is die erdwurms wat die materiaal soos dit vrot eet. Hulle eet van onder af op. Hulle bollie gaan ondertoe. ‘n Mens haal dit onder uit en gebruik dit dan in jou lande.

  • 139. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 54

    Soos ‘n mens dit onder uithaal, gooi jy natuurlik nog goed bo in. Jy het die heeltyd kompos, mits jy gereeld top-up.

  • 140. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 1 : 59

    Baie mense wat die metode volg, verkoop ook erdwurms

  • 141. Olga  |  Julie 10, 2009 at 2 : 28

    dis die makliker manier. ek wil ook n paar groot plastiek dromme kry vir die kompos. maar om van onder af boontoe te gebruik, is nogal moeilik. die erdwurms vloek my gereeld.

  • 142. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 2 : 28

    Ek is nou so verveeld – ek dissekteer sommer ‘n erdwurm

  • 143. Olga  |  Julie 10, 2009 at 2 : 30

    opera is vandag weer vol tjol. ek moet nou weer na elke 5c naam en email adres insit. dit maak my die ek in.

  • 144. *Mathilda*  |  Julie 10, 2009 at 2 : 30

    Of gaan vang vis met hulle

  • 145. Jaco  |  Julie 10, 2009 at 2 : 33

    Nee A3

    Sies skaam ert wurm poef

    Hier is minderjarige kinders op die blok

    Gedra jou asbleeeeeeeeeeffffffffff

  • 146. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 2 : 47

    Ekskuus, Jaco

    Ek het eintlik erdwurm kak bedoel

  • 147. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 2 : 47

    Ek is seker jy en die middeljarige kinders weet presies van wat ek praat.

  • 148. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 2 : 48

    Olga

    Jy meng niks in die drom nie. Die erdwurms sorg vir alles.

  • 149. Jaco  |  Julie 10, 2009 at 2 : 50

    Nee A3

    Van watse strooi praat jy nou

  • 150. Adrie  |  Julie 10, 2009 at 2 : 52

    Stank vir dank

    Daar is mense wat baie geld sal betaal vir die inligting wat ek verniet gee.

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin
antonie on Toemaar
Joey on Die nag wat by my spook . .…

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye