‘n Man se plek
Julie 9, 2009
Baie konserwatiewe mense glo vandag nog dat man die hoof van sy huis is. Die vrou vertolk die rol van sy helper, ten alle tye ondergeskik aan hom. Vir my klink dit na die man is die koning en die vrou (en kinders) sy slawe. Dit blyk ook dikwels die geval te wees. Meneer word van kop tot tone bedien, sy behoeftes word op altyd eerste gestel en hy kan maak en breek soos wat hy wil. Ek is seker dat dit nie is wat met hoof bedoel word nie, maar dit is hoe hopeloos te veel mense dit vertolk.
Baie van die ouer geslag dames het ‘n fyn verdraaiing op hierdie siening gesit. Die man is die hoof en die vrou is die nek. Die nek kan die hoof in enige rigting draai wat sy wil. Dit sinspeel daarop dat ‘n vrou ‘n man na haar pype kan laat dans sonder dat hy eers agterkom dat hy ‘n marionet is. Hy dink hy is die baas, dit is sy besluit, sonder dat hy ooit besef dat sy vrou hom beinvloed het. Goed en wel, as jy ‘n meester manipuleerder is. Ek is nie, daarvoor is ek met hopeloos te min takt, geduld en skelmheid geseën.
Daar is natuurlik ook die Adriana Magrieta Swanepoel siening, wat letterlik uit my duim gesuig is.
‘n Mens kan nie wegredeneer dat die man die hoof is nie. Net so kan ‘n mens nie wegredeneer dat dat ‘n vrou se plek op ‘n man se kop is nie. Hoof is maar net ‘n sinoniem vir kop. As hy weet wat goed is, beter hy die leisels oorgee aan Mevrou en haar elke wens gehoorsaam. Hy moet gesien, maar nie gehoor word nie. Daar wees wanneer hy benodig word en weg voordat hy onder haar voete kan land.
Klink hemels, maar min mans se ego’s sal dit kan hanteer. En om eerlik te wees, min vrouens sal dit kan uitstaan. In die moderne tyd kan jy iemand betaal om in jou elke behoefte te voorsien. Hoekom dan trou? Trou bring verpligtinge, of jy daarvan hou of nie. Jy moet ook jou kant bring. Punt is dat nie lekker is om verdruk te word nie. Hoekom dit dan aan iemand doen vir wie jy lief is?
Dit bring my tot die laaste beeldspraak. As dit soos ‘n preek klink, jammer, maar dit kom ook uit ‘n preek. Eva is uit Adam se rib gemaak sodat sy vir hom ‘n maat kan wees. Nie uit sy kopbeen om op sy kop te sit nie. Nie uit sy voetbeen op op getrap te word nie. Maar uit sy rib, om ‘n venoot gelyk aan Adam te wees.
Dit laat ‘n mens natuurlik weer by gee en neem. Wat hy nie wil gee nie, neem jy.
Hoe voel jy oor die man / vrou se rol in die huwelik?
Blogvraag: Wie het Peeping Tom afgeloer toe hy met blindheid gestraf is?
Blogantwoord: Tilla was reg met Jayne Mansfield.
Entry Filed under: Filosofie. .
176 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Adrie | Julie 10, 2009 at 2 : 59
Kompos is van die beste bemesting wat ‘n mens kan kry.
2.
*Mathilda* | Julie 10, 2009 at 3 : 18
Ek het nou mooi vir ‘n maat van AIG vertel wat ek van hom dink – hulle hou net nie op nie – vra wragtig vir my toe ek sê ek stel nie belang om enige polis uit te neem of aan te pas nie – maar hoekom nie – toe vertel ek hom mooi, as ek sê ek stel nie belang nie het dit niks met jou te doen nie – I’ve got my reasons and they have nothing to do with you whatsoever !
3.
Adrie | Julie 10, 2009 at 3 : 28
Whahahahahahahaha
Ek word deesdae elke dag gebel vir ‘n nuwe selfoon kontrak.
4.
Adrie | Julie 10, 2009 at 3 : 48
Olga
Hier is ‘n man so na jou hart.
Sonder die kramp – Paula – is 7de Laan wonderlik. Maar ai tog, moes hulle nou van Neville ’n kuikendief maak? Nou gaan hy uit jammerte aan die patetiese Felicity klou. En sy gaan te onnosel wees om agter te kom hy hunker na ’n ander vrou. Hoe vervelig. JANNEMAN, E-POS
5.
Olga | Julie 10, 2009 at 4 : 11
ek salueer jou janmeman. ek kon dit nie beter se nie. maar hkm epos hy dit vir jou?
6.
Adrie | Julie 10, 2009 at 4 : 13
Van Huisgenoot se website geskaai.
7.
Olga | Julie 10, 2009 at 4 : 15
ek het al 100 keer daar geteef. hkm kies hulle nie 1 van myne nie?
8.
Adrie | Julie 10, 2009 at 4 : 24
Hulle is seker maar bang vir die duiwel.
9.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 00
pateetlaan is regtig BAIE vervelig!!!!
10.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 03
dan praat ek nie eers van Days en Bold nie…dis amazing met watse kak die mense hulle kan besig hou
11.
Olga | Julie 10, 2009 at 5 : 03
yeah, pop stem ook saam.
12.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 06
hello olga,
ek dog nou net eks home-alone….
13.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 07
sou die madam grys hare besorg het.
14.
Olga | Julie 10, 2009 at 5 : 08
my tumi sit elke liewe vakansie pik voor die tv en al dari stront kyk.
15.
Olga | Julie 10, 2009 at 5 : 09
gud danki pop. self?
16.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 10
mind you ek is home alone…hmmm muhahahaha
17.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 11
nee wat gat voor die wind hierie kant.
18.
Olga | Julie 10, 2009 at 5 : 11
waar is jou girls dan?
19.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 12
kuier by ouma en oupa, mos skool vakansie
20.
Olga | Julie 10, 2009 at 5 : 14
nou mis jy hulle vreeslik. is jy op verlof?
21.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 15
jip, ma sien hulle darm mre, jong verlof in die winter werk nie vir my nie…
22.
Olga | Julie 10, 2009 at 5 : 20
vir my oki. maar ek het 6 maande verlof so 2 keer per jaar.
23.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 22
heheheh wens ek was jy
24.
pop | Julie 10, 2009 at 5 : 23
ek gan nou eers loop, praat weer. lekker naweek
25.
Olga | Julie 10, 2009 at 5 : 24
dit raak soms so vervelig dat ek met almal k.k soek.
26.
Olga | Julie 10, 2009 at 5 : 25
dankie. dieselfde vir jou. tata.