Ontkleedanseresse

Julie 7, 2009

Glenda Kemp.  Dit was ‘n naam wat een keer op ‘n 30 seconds kaartjie was wat ek moes beskryf.  Die naam het vir my soveel beteken as was Martha Botha vir my beteken.  Eers toe ek agterna baie verontwaardig wil weet wie de hel Glenda Kemp is, sal ek hoor van die slangdanser.  Huh?  Die vrou en haar slang, Oupa, het blykbaar Suid-Afrika aan die brand gedans in die sewentigs.  Waarskynlik Suid-Afrika se bekendste ontkleedanseres.  Was dit egter nie vir daardie 30 seconds kaartjie nie, was ek vandag nog nie eers bewus van haar bestaan nie.

Deesdae voel dit vir my asof ek om elke hoek en draai in ‘n stripstorie vasloop.  Eers het Special Assignment ‘n program gedoen van hoe ontkleedanseresse uitgebuit word.  My vriendin wou haar verjaarsdag vier om na ‘n stripshow te gaan kyk (manlik strippers natuurlik) en nou het ‘n ou stripper ‘n boek uitgebring.  Onder andere.

Ek het nog nooit in my lewe na ‘n stripshow gaan kyk nie.   Daar was al ‘n paar kere so iets in die pyplyn, maar dit het elke keer deur die mat geval.  Ek was nie heimlik bly daaroor nie en ek was ook nie teleurgesteld daaroor nie.  Ek sal waarskynlik eendag  daarby uitkom, net om te sien waaroor die bohaai gaan.

Soos ek die storie verstaan het mans en vrouens verskillende benaderings sover dit ontkleevertonings aangaan.  Die verskil is gesetel in die psigiese verskil tussen mans en vrouens.  Mans raak opgewonde met wat hulle sien.  Vrouens met wat hulle voel.  (Daar is seker heelwat waarde in daardie stelling, die pornografie bedryf is op mans gemik).  Die kanse wat ‘n man beheer kan verloor terwyl ‘n danser op die verhoog hom terg, is dus heelwat groter as wanneer die rolle omgeruil is.  Van daar die reël dat die danseresse nie aangeraak mag word nie.  Vrouens daarteen word aangemoedig om hulle dansers te bevoel. 

Dit was blykbaar die reëls, maar dit het intussen tyd glo verander.  Baie van die klubs het deesdae privaathokkies, waar dansers privaat vertonings kan lewer.  So ‘privaat’ as wat hulle wil, teen die prys wat hulle wil.  Die meer konserwatiewe dansers is erg beswaar daardeur, hulle voel dat hulle nie ‘n eerlike bestaan as ‘n ontkleedanseres kan voer nie.  Stewige boetes van die klubeienaars en heffings wat hulle aan die klubs moet betaal, dwing hulle na prostitusie.  Hulle wil net dans vir ‘n lewe en nie seks verkoop nie.  Vandaar die oproep dat ‘n hulle bedryf gereguleer moet word.  In Suid-Afrika is stripping ‘n wettige beroep, prostitusie nie.

Ek is eerlik as ek erken dat ek nie ontkleedansery as ‘n edel beroep sien nie.  Tog dink ek dit is barbaars om die dames in iets te “dwing” waarmee hulle nie gemaklik is nie.  Is daar ‘n verskil daaraan om jou liggaam op sig te verkoop en om dit in die vlees te verkoop?

Die deler is seker net so goed soos die steler.  Ek dink die geleendheid besoek aan so ‘n klub is nie iets om oor huistoe te skryf nie.  Ek dink wel dit kan ‘n probleem wees as dit jou eerste keuse in vermaak is.  Met geleendheid, bedoel ek eintlik ‘n handvol kere in jou lewe.  Hoe minder hoe beter.  Dit beteken darem nie dat jy soos ‘n nat kous by die huis moet sit met ‘n vriend / vriendin se rams/hennepartytjie nie.

Was jy al in ‘n stripclub?  Sal jy ‘n stripshow bywoon?  Hoe voel jy oor strippers?

Blogvraag:  As wie is beter LaDonna Adrian Gaines bekend? 

Blogantwoord:  Tilla was reg met Beagle.

Entry Filed under: In die media. .

531 Comments Add your own

  • 1. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 40

    Gholfer : “Dink jy dis sonde om gholf te speel op ‘n Sondag?”
    Joggie : “Soos jy speel, meneer – is dit ‘n sonde op enige dag van die week!”

  • 2. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 4 : 41

    Klip

    Het jy al ooit golf gespeel?

    En ek bedoel nou nie op die golfbaan gedrink nie.

  • 3. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 42

    A3 ek is n baie goeie golfer, hulle sukkel nou nog om my handicap wetenskaplik uit te werk

  • 4. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 42

    Gholfer : “Dink jy my spel verbeter?”
    Joggie : “Verseker! Jy mis die bal nou baie nader as eers.”

  • 5. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 4 : 43

    Sjoe ons maak seker ou A3 proud! met al ons geselsies
    Klippie wane gaan jy die aansoekvorm invul? jou sommer vasvat terwyl a3 nie hier is nie:
    http://doringsensomsrose.wordpress.com/about/
    452 Comments!!

  • 6. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 45

    Boervrou , my aansoek is daar ingevul

  • 7. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 4 : 45

    Ek hardloop agter geen bal aan nie, en kyk ook g’n hardloop-asb-agter-die -bal-aan-sport nie. Baasvanieplaas speel vir genot

  • 8. Nats  |  Julie 8, 2009 at 4 : 45

    Boervrou
    Skink asb!! My klein glasie staan da langs die kaggel!

    Klip
    :lol:

  • 9. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 4 : 45

    Klip

    Watse skandes hoor ek nou van jou.

    Loop!!! Dadelik. Jy is al ‘n legende op die blog, maar geen aansoekvorm nie.

  • 10. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 46

    comment # 52 by bly te kenne

  • 11. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 4 : 46

    A3 jys terug! Is jy trots op ons

  • 12. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 4 : 47

    Sorrie klippie…

  • 13. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 47

    A3 try net hierrie lekka hanepoot wat boervrou inskenk “hik”

    “TJORTS” op n mooi sons ondergang

  • 14. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 4 : 48

    Skuus, Klip

    Sien jy is daar.

  • 15. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 48

    Gholfer : “Ek het nog nooit voorheen so sleg gespeel nie!”
    Joggie : “Ek het nie besef jy het al voorheen gespeel nie.”

  • 16. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 4 : 48

    Hoe smaak hy nats? sjoe ek voel lekker van die warm gevoel. Soek jy ook a3?

  • 17. Nats  |  Julie 8, 2009 at 4 : 50

    Mmmmm… dis lekker ja!

    Toe toe moenie skaam wees nie – skink nog bietjie daar Boervrou!!

  • 18. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 4 : 50

    Skink Klip

    BV

    Amper. Ek sal baie, baie trots wees as daar 1000 comments op is.

    Ek sal oor die maan spring met ‘n 1500 comments.

    Ek sal baie bly wees as ons vandag 500 kan maak. Kan nie onthou wanneer laas was daar so baie op die blog nie.

  • 19. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 4 : 50

    A3 sê nou eers of jy trots is op ons? ♥

  • 20. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 50

    No problem boervrou,A3 , ek het van die goed wat ek by bly te kenne opgesit het,uit ge tippex, ek kan dit ook nie sien nie

  • 21. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 51

    Saam met edna was daar oor die 600 gewees

  • 22. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 4 : 51

    Klip is nr 48 op bly te kenne.

  • 23. Nats  |  Julie 8, 2009 at 4 : 52

    Sien julle more!!!!!!

  • 24. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 53

    Boervrou , A3 maak n kontant skenking in elkeen van ons se bank rekeninge as daar oor die 1500 comments is , maar ook eers as sy van die maan af terugkom

  • 25. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 4 : 53

    Ek dink dit was so 660 comments gewees daardie dag met Edna.

  • 26. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 4 : 53

    Sorry die lyn is so staaadig. Julle ek is dead serious ek drink geniune ‘n ou glasie hier op julle. Op nuwe vriende! Oues is goues, nuwes is ….. ek weet nie help bietjie!

  • 27. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 4 : 54

    Nuwes is beloftes

  • 28. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 54

    As ek nou vannaand by die huis aankom met so n huppel in my stap van al hierrie hanepoot , gaan die honde ten minste warm slaap

  • 29. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 4 : 55

    Ek wonder wat gaan Mev Klip se van die geflirtery op die blog.

  • 30. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 55

    Geniet jou aand Nats , mag jou sons ondergang ook iets besonders wees vannaand

  • 31. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 4 : 56

    Ahh nats, sien more. Julle ek brand weer die kos!

  • 32. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 57

    WOW volgens my rekords is # 48 Sharona , wat betek as ek sy is moet el sit en piepie

  • 33. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 58

    Boervrou , en n golfer is honger na so n lang dag se stap , moet net nie verbrou nie

  • 34. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 4 : 58

    shhht!

  • 35. Klip  |  Julie 8, 2009 at 4 : 59

    A3 A3 A3 ons praat mos nie uit nie ……….of hoe , en wat beteken flirt , kan n mens dit eet ?

  • 36. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 5 : 00

    Ja ek sms reeds vir baasvanieplaas…hy moet KFC bring.

  • 37. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 00

    Gholfer : “Hierdie is die swakste baan waarop ek nog gespeel het!”
    Joggie : “Hierdie is nie meer die baan nie meneer – ons het hom al ‘n halfuur terug verlaat.”

  • 38. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 01

    Twee gholfers staan op die bof om af te slaan. Die eerste een staan en korrel en meet en pas en vroetel en krap maar kom nie sover om sy hou te slaan nie. Op die ou end is sy maat so gefrustreerd dat hy vra: “Ag nee man, hoekom slaan jy nie die bal nie?”
    Die eerste ou antwoord. “Jong, my vrou staan my en dophou vanuit die klubhuis en ek wil hê dit moet ‘n perfekte hou wees.”
    “Vergeet dit,” sê die ander ou “… met die beste hou ter wêreld, sal jy haar nie hiervandaan kan raakslaan nie!”

  • 39. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 02

    Ek kom eers 8uur vannaand by die huis , hoe moet ek nou voel

  • 40. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 5 : 02

    Jaaaa ek sê mos jy moet stand up doen ,ek gaan nou die blog wêreld verlaat, ;-( moet kids in kry en skoon kry. Groete sien more

  • 41. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 03

    Geniet die aand en die KFC en die, en die, en die …………….

  • 42. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 5 : 05

    Mooi bly julle, Tata A3

  • 43. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 5 : 05

    Nou is ek ook lus vir KFC

  • 44. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 05

    Twee ouens is besig om op die skoonveld na hulle balletjies aan te stap. Op daardie stadium kom ‘n begrafnisstoet op ‘n nabygeleë pad verby. Die een ou gaan staan doodstil en haal sy hoed af en buig eerbiedig sy hoof.
    Toe die stoet verby is sê sy maat “Ek het nie geweet jy het so baie respek vir die dood nie?”
    “Dis nie dit nie,” sê die eerste ou ” … dis seker die regte ding om te doen. Jy moet onthou ek was darem 14 jaar met haar getroud!”

  • 45. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 5 : 06

    Bye, BV

    Noudat die KFC voor my staan is ek glad nie meer lus daarvoor nie.

  • 46. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 06

    Hanepoot en KFC , het iemand iets gese van selluliet

  • 47. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 5 : 07

    Voor my staan in skrif bedoel ek.

  • 48. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 08

    Hoe nou A3 ??, al daai geld wat jy gespend het op KFC, en nou wil jy nie eet nie

  • 49. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 08

    Nou is ek hommer

  • 50. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 09

    Mathilda, wats op die spyskaart ?

  • 51. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 09

    Baja hommer

  • 52. Adrie  |  Julie 8, 2009 at 5 : 09

    Ek koop nie KFC nie. Dit is deesdae nie meer vir my lekker nie.

    500ste

  • 53. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 10

    #50 , beteken dit nou jy begin regmaak om te spring A3?

  • 54. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 11

    Het gisteraand kfc gehad

  • 55. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 11

    I ‘ve had it all this morning

  • 56. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 12

    I WISH!!!!

  • 57. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 16

    Wat ? Kellogs

  • 58. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 16

    Debonnairs vanaand?

  • 59. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 17

    Allbran

  • 60. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 19

    My kind het blykbaar kos gemaak

  • 61. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 20

    Ek eet nou al die 3de keer aan die kos in my kosblik

  • 62. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 22

    Mathilda , dan gaan dit lekker smaak , ek wens my kinders wil vir my kos maak …….nee wag , dan maak ek liewer self

  • 63. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 23

    Ek sal nou amper enigeiets eet wat voorkom

  • 64. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 23

    A3 is jy alweer besig om te antwoord op daai “profile” van jou

  • 65. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 24

    Mathilda is jy dan nog by die werk?

  • 66. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 25

    Ja sy het nogal vinnig verdwyn

  • 67. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 26

    Ek is ook nog steeds lus vir n ligte iets om te eet , soos n 2kg rump steak en chips

  • 68. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 27

    Sy het toemaar seker besluit om oor die maan te spring , dit is nogals volmaan …

  • 69. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 28

    Nope, ek het opera se mini vir haar aangetrek

  • 70. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 28

    Of sy staan in die ry en wag vir haar beloning vir 500 comments

  • 71. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 29

    WOW , dis gn wonner die maan is so helder nie

  • 72. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 30

    N medium 2kg steak

  • 73. boervrou  |  Julie 8, 2009 at 5 : 31

    A3 ek het sopas aan gesluit by jou FB obviously op my regte naam.

  • 74. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 33

    Meduim RARE.

    Nou raas die wurms dartem maar lekker hier in my pens

  • 75. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 35

    A3 op face book??? Sy is die week op Huisgenoot se voorblad

  • 76. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 37

    Hulle het my gedelete van face book , ek hou blykbaar n gevaar in vir almal wat op dieet is

  • 77. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 38

    Is dit nie nou aand ete nie????

    Twee brommers sit op ‘n drol. Een poep kliphard en lag. Die ander een se geskok: “Nee maggies man, ek eet!”

  • 78. Klip  |  Julie 8, 2009 at 5 : 39

    Ok Ok ek loop nou …………

  • 79. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 48

    Sorry klip, ek kon nie op die net inkom nie, het nie bedoel om jou alleen te los nie

  • 80. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 5 : 51

    Sjoe, dit was die meeste comments in n baie lang tyd

  • 81. *Mathilda*  |  Julie 8, 2009 at 6 : 08

    Dan waai ek maar

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

vis on Tafelmaniere
Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin
antonie on Toemaar

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye