Gesig van stede

Julie 5, 2009

Daar kan seker geredeneer word dat ‘n stad se mense oorsprong aan sy karakter gee.  Dit is waar, maar die gesig van ‘n stad is gewoonlik te danke aan een of ander struktuur.  Selfs meer as een.

Soos in New York. Tot 11 September 2001 wat Die Twin Towers een van landmerke van die stad gewees.  Op ‘n stadium die hoogste geboue in die wêreld, dit het langer as 8 maande geduur, terwyl daar 24 uur ‘n dag gewerk is, om dit skoon te maak na die tragedie.  Die bekenste landmerk in New York is seker die Lady of Liberty.  Geleë in die New Yorkse hawe op Liberty Hawe, sal dit beslis iets wees wat ek sal besoek as ek ooit in New York is.  Die Hollywood teken is weer ‘n kenmerk van Los Angeles.  

In Europa is daar natuurlik ‘n hele paar.  Parys is seker ‘n goeie plek om te begin.  Vlieg ooit daaroor en ek waarborg jou dat jy jou nek sal verrek om die Eiffeltoring te sien.  Die Arc de Triomphe verdien seker ook om genoem te word.  In London is daar die Big Ben en die London Towers.  In Rome is daar die Colosseum sowel as ‘n hele paar belangrike kerke.

Rio de Janeiro het die Christus Beeld.  Wat hoog bo ‘n koppie oor die stad waak.  Indië het weer die Taj Mahal.  Sydney se landmerk is weer die opera huis. 

In Kaapstad praat die mense van die Sout en Pepper potte.  Verkoeltorings wat langs die snelweg staan.  Kaapstad se bekendste landmerk is seker maar Tafelberg.  In Johannesburg word daar weer met die Orlando torings en die Hillbrow Toring gespog.  In Pretoria flankeer die Voortrekker Monument weer die heel tyd met die Uniegebou.

‘n Prentjie van een van die landmerke is meer as genoeg om die stad mee te identifiseer.  Hoeveel van hulle het jy al met jou eie oë gesien?  Hoeveel wil jy met die hand gaan groet?  Watter landmerke verdien om genoem te word, maar skitter in hulle afwesigheid?

Blogvraag:  Waar sal ‘n mens die Toring van Pisa vind?

Blogantwoord:  Treasure – Tree 63 (Skat – nee, Olga, jy het nie eers geweet dat dit ‘n liedjie is nie), Colourful – Parlotones (Maxie), Wise Men – James Blunt (Olga).  Bonuspunte:  4th of July – Sound Garden (Olga);  People – Barbra Streisand (Olga); No Secrets – Angels (Olga); Darlin’ – Tom Jones (Olga); The Core – Eric Clapton (Olga); The Riddle – Nik Kershaw (Max); Today – The Smashing Pumpkins (Max); Couldn’t care less - Barenaked Ladies (Olga); In The Secret – Chris Tomlin (Olga).

Entry Filed under: Uncategorized. .

197 Comments Add your own

  • 1. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 10

    italia. eerste.

  • 2. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 7 : 12

    Olga

    Ek vra die stad, nie die land nie. :evil:

  • 3. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 20

    net so tussen hakies (ek het met treasure gespeel, maar darlin ken ek. al het ek n bubble met die sanger gehap.)

  • 4. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 21

    die stad is pisa.

  • 5. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 23

    In die toskane distrik. nog iets? die straat? dan moet ek gaan google.

  • 6. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 7 : 24

    Ek het nie eers geweet daar bestaan so n stad nie.

  • 7. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 7 : 27

    Wat is die straat? ek hoop jou italiaans is goed.

    Ek het gedog dit is in Rome. :oops:

  • 8. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 34

    en het jy nou van besluit verander?

  • 9. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 35

    rome het n kleinhuisie vol landmerke. maar die toring word nie vir rome genoem nie.

  • 10. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 7 : 38

    Jip, my google wys ook dat die toing in Pisa is.

  • 11. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 44

    wha ha ha ha ha ha ha ha ha ha. slim het haar baas gevang.

  • 12. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 46

    ons het tog die klip. the window. maar dit is nie toeganklik vir die publiek nie. wil jy n foto daarvan he?

  • 13. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 7 : 47

    Gelukkig het ek gaan seker maak voordat ek gaan post het.

  • 14. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 7 : 48

    Olga

    Ek het n foto. Waar was die SW vinger gewees.

  • 15. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 51

    net die vinger, ook bekend as vinger van God.

  • 16. Olga  |  Julie 5, 2009 at 7 : 56

    ons het ook n vinger. die rotsvinger. ai, in engels the pinnacle

  • 17. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 8 : 02

    Olga

    SW is groot. Waar was dit gewees?

    My vriendin was onlangs in Namibie. Luderitz het al amper 20 mm reen gehad die jaar. Die mense kan glo nie uitgepraat word daaroor nie. Hulle kry gewoonlik 10 mm n jaar. Hulle het Etosha ook vol water gekry.

  • 18. *Mathilda*  |  Julie 5, 2009 at 8 : 17

    Halo jule

  • 19. *Mathilda*  |  Julie 5, 2009 at 8 : 19

    Wat was op beker en boontjie se spyskaart vanaand

  • 20. Olga  |  Julie 5, 2009 at 8 : 19

    dit is naby asab. en dit is in die woestyn. die nama woord waaruit dit vertaal is, is mukurob. dis halfpad visrivier canyon toe van mariental af

  • 21. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 8 : 26

    Tilla

    Was nie daar vanaand nie, was vanoggend kerk toe.

  • 22. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 8 : 29

    Die toring van pisa is n kerk. Die toppunt van die toring is 3.99 m van die middelpunt af. Dit is na restorasie, op n stadium was dit selfs meer.

  • 23. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 8 : 30

    Olga

    Het jy die vinger al met jou eie oe gesien?

  • 24. *Mathilda*  |  Julie 5, 2009 at 8 : 30

    Jy jou mms gekry

  • 25. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 8 : 32

    Ek het al die Eiffeltoring en die Guiness toring al gesien. En die platklip natuurlik.

  • 26. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 8 : 32

    Nee, watter mms?

  • 27. *Mathilda*  |  Julie 5, 2009 at 8 : 34

    Van tl met haar bokstertjies

  • 28. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 8 : 36

    Seker nog oppad. Die goed vat mos hulle eie goeie tyd.

  • 29. *Mathilda*  |  Julie 5, 2009 at 8 : 37

    Dit was maklik al 2 ure terug

  • 30. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 8 : 44

    Ek het eendag n mms vir iemand 8h45 gestuur. Die persoon het dit eers 4h00 die volgende oggend gekry. Amper 20 ure later.

  • 31. *Mathilda*  |  Julie 5, 2009 at 8 : 45

    Lekker dux, sien julle more

  • 32. *Mathilda*  |  Julie 5, 2009 at 8 : 49

    Al die ander sn op dieselfde mms het lankal deurgegaan, dalk weet jou sein dat jy ha gaan wil opvreet en dat ek nie nou tyd het om ha goed te pak nie

  • 33. Adrie  |  Julie 5, 2009 at 8 : 51

    Vat more die dag af en dan kan jy ongesteurd pak.

  • 34. Olga  |  Julie 5, 2009 at 9 : 54

    Ek het die vinger en die witvrou met die hand gegroet,ja. tafelberg gedek en ongedek beskou. chapmans peak beleef. ook diaz punt by luderitz. ook kolmannskuppe se sand aan my voeie gekry.

  • 35. Olga  |  Julie 5, 2009 at 9 : 58

    wie het al die gesig in die rots by Godswindow persoonlik gesien? het jy dit al gesien juf annie? dis ongelooflik. het jy n foto daarvan?

  • 36. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 5 : 12

    More more! Eks glad nie lus om uit die bed te klim nie. Dis te koud :evil:

  • 37. Olga  |  Julie 6, 2009 at 7 : 08

    more, more.

  • 38. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 7 : 17

    more maaikies

  • 39. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 7 : 22

    Die mis is weer willer as die wildtuin hier by ons !

  • 40. Jaco  |  Julie 6, 2009 at 7 : 54

    More Mathilda

  • 41. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 8 : 22

    More Jaco – lekker naweek gehad ?

  • 42. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 8 : 23

    Waar is die koerant vanoggend ?

  • 43. Beeld  |  Julie 6, 2009 at 8 : 24

    Buks Viljoen

    ’n Vrou van Gauteng wat die Innibos-fees in Nelspruit bygewoon het, het ’n rower doodgeskiet wat een van haar vriendinne se handsak gegryp het.

    Mev. Leona van Lingen en haar man, Willie, het Vrydagmiddag skaars ’n uur voor die aanval van Gauteng in Nelspruit aangekom.

    “As ons nie ’n vuurwapen by ons gehad het nie, sou ons waarskynlik baie erger daarvan afgekom het,” het mnr. Van Lingen gesê.

    Volgens die polisie in Nelspruit het die Van Lingen-egpaar, mev. Betsie Zwart en ’n vierde vrou (ene me. Van Wyk) kort ná hul aankoms hul voertuig by die Innibos-feesterrein geparkeer.

    Hulle wou na ’n vertoning by die Hoërskool Nelspruit gaan kyk en het omstreeks 16:40 die sowat 4 km na die skool te voet aangepak.

    Sowat 800 m van die feesterrein af in Piet Retiefstraat het die vier aanvallers op ’n laagwaterbrug glo van agter verby die groep geloop.

    “Hulle het skielik omgespring en op ons afgestorm. Een het Betsie se handsak gegryp,” het mnr. Van Lingen vertel.

    “Sy het teruggebaklei. Een van die aanvallers het ’n mes uitgepluk en haar daarmee probeer steek.”

    Mev. Van Lingen het blykbaar in ’n stadium haar rewolwer uitgehaal.

    ’n Skoot het afgegaan en die vermeende rower is in die bors getref.

    Hy is op slag dood.

    Die ander drie verdagtes het gevlug.

    By die polisie se aankoms op die toneel was die mes steeds in die verdagte se hand.

    Mev. Van Lingen was ná die skietvoorval erg geskok en moes traumabehandeling kry.

    “Dit gaan nou onder omstandighede beter met haar,” het mnr. Van Lingen gistermiddag gesê.

    Die familie het eergisteroggend teruggekeer huis toe.

    Insp. Dawie Pretorius, polisiewoordvoerder, het bevestig die voorval word ondersoek.

    Sodra die saak volledig ondersoek is, sal die dossier na die senior staatsaanklaer verwys word om te bepaal of iemand vervolg moet word, het Pretorius gesê.

    Me. Sandra Jacobs, feeswoordvoerder, het gesê vanjaar se fees is deur die meeste mense nóg bygewoon, berig Sanri van Wyk.

    Jacobs sê sowat 33 000 mense het eergisteraand se Jacaranda 94.2- konsert op die feesterrein bygewoon, terwyl altesame 100 000 mense deur die loop van die week deur die hekke van die feesterrein is.

    Voor die konsert is die derde en laaste rugbytoets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus in Johannesburg op ’n grootskerm voor die hoofpaviljoen op die feesterrein uitgesaai.

  • 44. Beeld  |  Julie 6, 2009 at 8 : 26

    Daniel Maluleke

    ’n Verbyganger het die naweek langs ’n stroom in Sunnyside, Pretoria, op ’n brandende tas afgekom waarin die lyk van ’n vrou was.

    Die vrou se kop, arms en bene was afgesny.

    Daar was net ’n bolyf in die tas. Dit wil voorkom of die moordenaar die vrou iewers anders vermoor en die lyk langs die stroom gaan stort het, het me. Evelyn Hardaker, polisiewoordvoerder, gesê.

    Volgens haar is die polisie onseker of die vrou se vermiste liggaamsdele gebruik is om moetie te maak.

    ’n Moorddossier is aangelê.

    Niemand is nog weens die voorval in hegtenis geneem nie.

    Die slagoffer kon ook nog nie geïdentifiseer word nie.

    Sy het ’n oranje T-hemp en ’n wit bloes gedra.

    Dit kom skaars ’n maand nadat twee mans aangekeer is toe hulle liggaamsdele, wat glo uit ’n lykhuis gesteel is, aan ’n san?goma wou verkoop.

    Een van die verdagtes het in die lykhuis gewerk en sy vermeende makker is ’n pastoor van Mpumalanga.

    Hulle is betrap met ’n borskas en vingers in hul besit.

    Mnr. Joseph Buba, ’n bekende sangoma van Ga-Rankuwa buite Pretoria, het by navraag aan Beeld gesê sangomas kan die kop van ’n mens in ’n emmer sit en dit met moetie en die seewater besprinkel om iemand te “vermoor”.

    Volgens hom neem hulle ’n mes en noem die naam van die mens wat hulle vermoor wil hê.

    Die kop in die emmer word dan met ’n mes gesteek.

    Buba beweer die mens wie se naam genoem is, kan op dié manier ’n beroerte kry of dood neerslaan.

    Die tegniek word ook gebruik om meer as een mens in ’n gesin te vermoor.

    Volgens Buba glo sangomas dat die hande en vingers van mense geluk kan bring, terwyl iemand se bors gebruik word as vrugbaarheidsbehandeling vir vroue wat nie kinders kan kry nie.

    Mense met inligting oor die lyk in die brandende tas word gevra om insp. André Nel te bel by 082 774 3394.

  • 45. Beeld  |  Julie 6, 2009 at 8 : 45

    Marietie Louw-Carstens

    Polokwane (Pietersburg). – ’n Voormalige vroue-inspekteur van die Thabazimbi-polisie in Limpopo wat aangekla is van die moord op haar man, oorweeg regstappe teen die polisie nadat bevind is haar man het selfmoord gepleeg.

    Me. Melanie Coetzee (34) het gesê sy is die laaste bykans twee jaar “deur loutere hel”.

    Sy is in November 2007 aangekla van die moord op haar man, Francois (27). Sy’s ook uit die polisie geskors en later ontslaan.

    Die finale geregtelike doods?ondersoek (GO), wat eers verlede maand amptelik bekend gemaak is, het bevind mnr. Coetzee het selfmoord gepleeg.

    Die moordklag teen Coetzee is teruggetrek, maar sy sukkel steeds om in die polisie heraangestel te word en is geldelik afhanklik van haar ouers.

    “Ek gaan dit nie hier los nie. Ek is onregverdig behandel en moet iets daaromtrent doen,” het me. Coetzee gesê.

    Forensiese sowel as ballistiese toetse wat deel was van die finale GO-verslag het gewys mnr. Coetzee het homself geskiet.

    “My en my kind se lewe is opgemors . . .” het Coetzee gister gesê.

    Sy het gesien hoe haar man hom in hul hoofslaapkamer in die kop skiet. Haar seun, Divan Spammer (7), uit ’n vorige huwelik, was ook in die huis. Dit is steeds nie duidelik of Divan die selfmoord gesien het nie.

    “Hy is steeds baie getraumatiseer. As hy ’n polisieman in uniform sien, is hy bang hulle vat my weer weg.”

    Me. Coetzee is dieselfde aand van haar man se selfmoord, op Dinsdag 20 November 2007, in hegtenis geneem. Sy was ’n week lank in aanhouding in die polisieselle op Bela-Bela (Warmbad) en is toe op R10 000 borgtog vrygelaat.

    Coetzee het van die begin af volgehou haar man, met wie sy ses maande getroud was, het selfmoord gepleeg. “Hy het homself voor my in sy kop skiet. Hy het die pistool teen sy regterslaap gedruk en die sneller getrek.”

    Die paartjie was drie jaar lank in ’n verhouding voordat hulle getroud is. Hy het kort voordat hy homself geskiet het, vir sy vrou gesê hy is baie lief vir haar en kan nie meer met ’n skuldgevoel saamleef nie. Dis steeds onduidelik wat hy bedoel het.

    Hy was ’n kontrakteur by Anglo Platinum se Amandelbult-myn buite Thabazimbi.

    Coetzee het gesê haar man was depressief.

    “Ons het huweliksprobleme gehad, maar alles was opgelos. Die twee weke voor sy dood was daar geen probleme nie.”

    Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die meriete van Coetzee se saak sal ondersoek word om te bepaal of sy as polisielid heraangestel kan word.

  • 46. Olga  |  Julie 6, 2009 at 8 : 47

    Ek se lankal innibos is n kak fees. nou sien julle hoekom. al die grootste kunstenaars se shows word ander tereine aangebied. jy moet daar kom blokke ver parkeer en hoop jou kar is nog daar of dat jy veilig gaan stap om daar te kom. ek sou ook eerder stap van die terrein af.

  • 47. Beeld  |  Julie 6, 2009 at 8 : 54

    Kaapstad. – Die departement van korrektiewe dienste het gister duur volbladadvertensies in twee Sondagkoerante geplaas, terwyl ’n beroep op staatsdepartemente gedoen is om koste te bespaar.

    In dié advertensies, wat in die Sunday Times en City Press verskyn het, word berig oor die minister, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en haar adjunk, me. Hlengiwe Mkhize, se begrotingstoesprake die afgelope week.

    Advertensies van dié aard – volkleur, volblad en vir eenmalige plasing – kan maklik tot R500 000 elk kos. Dit is deur die DA as “onnodige openbare skakeling en ’n vermorsing van geld” bestempel.

    Mnr. Manelisi Wolela, woordvoerder, het onderneem om met Mapisa-Nqakula se kommentaar terug te bel, maar dit het nie gebeur nie.

    Mnr. James Selfe, DA-skaduminister van korrektiewe dienste, wil nou by die minister weet wat die presiese koste van die advertensies was en tot watter mate dié uitgawe tot die voordeel van die publiek strek.

    “Dit kom neer op die misbruik van mag en vir seker ook die wanbesteding van openbare geld in diens van wat in wese ’n partypolitieke doelwit is,” het hy gesê.

    Selfe glo dit is nou meer as ooit van kardinale belang dat die regering, in ag genome die ekonomiese resessie, sy “gebruiklike uitspattige besteding” moet besnoei.

    Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, het dié boodskap baie duidelik gemaak toe hy pas in sy eie begrotingsrede ’n pleidooi ge-lewer het vir meer gedissiplineerde geldbestuur deur die staat.

  • 48. Beeld  |  Julie 6, 2009 at 8 : 55

    Henk Steenkamp

    Durban. – Selfs pres. Jacob Zuma se mond het van verbasing oopgehang oor die volk se passie vir Afrika se grootste perdewedren, die Vodacom Durban July.

    Die July-byeenkoms is eergister hier in Greyville gehou.

    “Ondanks ’n swak ekonomie was dit een van die grootste July-dae nog,” het mnr. John Bescoby, mede-voorsitter van die wedrenoperateur Gold Circle, gesê. “Dit was wonderlik om pres. Zuma hier te hê.

    “Die atmosfeer was fenomenaal,” het hy gesê.

    Om ’n woord met die president te wissel was nie maklik in die teenwoordigheid van sy veiligheidswagte nie.

    Zuma het die byeenkoms duidelik gate uit geniet. Volgens mnr. Vidrik Thurling, mede-voorsitter van Gold Circle, was Zuma verstom oor die geesdrif en passie van die volk rondom die July. Meer as 50 000 toeskouers was by die baan en miljoene het die aksie op televisiestelle gevolg. Markiestente was reeds ’n jaar gelede vol bespreek.

    “Die bywoning was die beste in jare,” het die wedrenbestuurder van Gold Circle, mnr. Graeme Hawkins, gesê.

    Wedders was nie skaam om miljoene te verwed nie.

    “Daar is net effens minder as verlede jaar aan weddenskappe bestee. Die omset het met net 1% gedaal. Ons is baie tevrede.”

    Volgens mnr. Alberts Breedt, streekbestuurder van Vodacom, het hy hoendervel gekry oor die sukses van die dag.

    “Dit is natuurlik nie net die borg wat die sukses bydra nie. Ons het ’n wonderlike vennootskap met die wedrenbase,” het hy verduidelik.

    Modebewustes het die verbeelding vrye teuels gegee met die tema Games People Play. Dit was ook die plek vir sosiale vlinders om gesien te word met talle bekende politici, vermaaklikheid- en sportsterre onder die toeskouers.

    Daar is ’n sterk moontlikheid dat aanstaande jaar se July op die laaste Saterdag van dié maand eerder as die eerste Saterdag sal plaasvind.

    Dít word oorweeg sodat die byeenkoms nie met die Wêreldbeker-sokkertoernooi bots nie.

    Die July is deur die driejarige Wes-Kaapse perd Big City Life gewen.

    Greg Cheyne was die jokkie.

    Big City Life se afrigter, Glen Kotzen, het ná die wedren onthul dat veiligheidsmaatreëls rondom Big City Life die aand voor die wedren opgeskerp is.

    “Ek het anonieme oproepe gekry om te sê ek moet gaan kyk of alles met die perd in orde is. Ons wou nie ’n kans waag nie, want baie geld was op die spel.

    “Frikkie Greyling, assistent-afrigter, het daarna die nag by Big City Life se stal deurgebring,” het Kotzen gesê.

  • 49. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 8 : 57

    More Almal

  • 50. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 8 : 59

    Al die bohaai, alles net om ‘n race (lw, een race) van ‘n paar minute te kyk.

  • 51. Klip  |  Julie 6, 2009 at 9 : 01

    More more !!

  • 52. Klip  |  Julie 6, 2009 at 9 : 02

    Die aunties kon darem mooi aantrek, vir die dag , natuurlike die k@kste modes as jy my vra

  • 53. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 9 : 06

    Hallo Klip

    Lekker naweek gehad?

  • 54. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 9 : 08

    Hallo klip !

  • 55. Jaco  |  Julie 6, 2009 at 9 : 17

    Ja Mathilda baie lekker dankie

  • 56. Olga  |  Julie 6, 2009 at 9 : 23

    perderesies soos die durban july, ag ok juf annie, vodacom july, sal nie inbreek maak op n sokker wedstryd nie. for the love of harry. kan jy n sokker hooligan deftig uitgevat langs die baan sien sonder sy of haar vuvuzela? as die goed daar moet opdaag gaan die wereld n race sonder weerga sien. sokker hoolgan, vuvuzela deur sy ore geryg wat by die hekke uitgery word. met n fyn uitgevatte resies toeskouer op die rug. en perde wat amok maak in die strate rondom die renbaan. ek sal daarop geld wed.

  • 57. Olga  |  Julie 6, 2009 at 9 : 25

    so hulle kan die vodacom durban july gerus, nes in die geskiedenis van die byeenkoms op die eerste saterdag van julie hou.

  • 58. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 9 : 26

    Olga

    Die sokker sal ook nie inbreek maak op Inniebos nie. Maar alles word vir die sokker uitgestel.

  • 59. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 9 : 28

    Thanx klip

    Hoe gaan dit met Mev Klip, mini klip en haar amper mini mini klip ?

  • 60. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 9 : 31

    Is die July nie in elk geval ouer as die Wereldbeker nie?

  • 61. Sis Dudu  |  Julie 6, 2009 at 9 : 31

    Auk, bakietie. Hulle wil donnor met die debin joelai? Ek sal gaan daso by malema.

  • 62. Olga  |  Julie 6, 2009 at 9 : 36

    die absolute pits oor die wereldbeker strooi is dat hulle gaan inmeng met skool vakansie tye. gaan n lange wintervakansie en kort somer vakansie tot gevolg he. hoeveel kinders gaan na n sokker wedstryd kyk? na die ou sokker stront gaan innibos glo in die nelspruit sokker stadion aangebied word.

  • 63. Sis Dudu  |  Julie 6, 2009 at 9 : 39

    Auk bakietie. Hoekom hulle gaan tjyng hom die skolini holiday! Dis die tyd van die iniesjasjin school. Komryd malema sal hor dai story. Bakietie.

  • 64. Jaco  |  Julie 6, 2009 at 9 : 40

    @ Olga

    kyk na die positiewe kant , teminste kan die kinders bietjie later slaap in die winter.

  • 65. Olga  |  Julie 6, 2009 at 9 : 42

    gaan sien hulle reg sissie dudu. die skool wat aan is kan die kinders n paar ure langer veilig en uit die moeilikheid hou.

  • 66. Klip  |  Julie 6, 2009 at 9 : 42

    Mathilda , dit gaan goed met al die pantoffel regerings daar by die huis . Daar word nou net naarstigtelik na n gepaste naam gesoek , hulle het al n paar name voorgestel , maar dis so amerikaans, ek dink hulle moet bly by die afrikanse name , soos Susara , Magrieta, Jakobolina , Kakabenia of so iets

    Foook NOOIT OOIT!!!!!!!!!!!!

  • 67. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 9 : 44

    Klip

    Is jy gerook??? Baie hoog op iets baie duur?

    Susara?

  • 68. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 9 : 44

    Ja klip ! Kakebenia – whuhahahaha

    Gaan kyk op babynames.com dink ek, kies dogtertjie name en dan kan jy sien wat die herkoms en die betekenis van die naam is.

  • 69. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 9 : 45

    Die sokker werk al klaar op my senuwees. En die afskop is nog ‘n jaar weg.

  • 70. Klip  |  Julie 6, 2009 at 9 : 45

    Comrade Maleme , moet ook gesurcumcise word, maar hulle moet n ou geroeste okapi mes , dat hy deur sy wortels roes

  • 71. Klip  |  Julie 6, 2009 at 9 : 46

    A3 sokker is bollie!!

  • 72. Olga  |  Julie 6, 2009 at 9 : 46

    moenie boring wees nie, klip. my kleinseun se naam is JOHANNES. en weet jy wat? hy het homself in n ander naam ingelieg by die skool. wil jy he jou kleindogter moet dieselfde doen as sy as susara kakebenia van helsdingen deur die lewe moet gaan!

  • 73. Klip  |  Julie 6, 2009 at 9 : 48

    Dankie Matilda ek sal daar gaan loer

    A3 ek beleef n besondere “high” vanoggend , seker te veel “mis” in geasem werk toe vandag :shock:

  • 74. Klip  |  Julie 6, 2009 at 9 : 50

    Olga Olga , ek sal dit nooit toe laat nie , ek dink sy moet n chinese naam kry soos net so 2 lettertjies

  • 75. Sis Dudu  |  Julie 6, 2009 at 9 : 50

    Hei kliep moet ek djou tanne kom sircumsize met my garoeste beitel? Hulle moet vat hom die ram se rekkie daso by malema. Meibie hulle kan hom die bou maak ok.

  • 76. Klip  |  Julie 6, 2009 at 9 : 51

    Daar is sulke mooi vroumens name , maar die strippers het hulle almal al gevat , om die ou omies se harte vinniger te laat klop

  • 77. Olga  |  Julie 6, 2009 at 9 : 52

    net so klip. lmga. dan sal jy dit altyd reg kan spel.

  • 78. Sis Dudu  |  Julie 6, 2009 at 9 : 55

    Auk miesie gola, jwanis is die wit tjend.? Seker die mies djok hom nou.

  • 79. Olga  |  Julie 6, 2009 at 9 : 58

    glad nie sissie dudu. sy 2 jarige nefie is naam is ook johannes. §¥#€*®¢¤@ tog.

  • 80. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 9 : 59

    Holla Holla!!!

    @ Klip

    Sê vi jou dogter sy moet onner inni tuin staan en klip hard die name skree wat sy ingedagte het. Glo my……. jy kom gou gou agter waai naam die mooiste klink.

  • 81. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 9 : 59

    Ek vir een haat familiename – ek sal nooit my kinders so straf nie

  • 82. Sis Dudu  |  Julie 6, 2009 at 10 : 00

    Auk bakietie miesie gola, djy het hom nou lilik gavloeg. Die jwanis tjend gat leer hom darie worde.

  • 83. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 10 : 00

    Willes !!!!

  • 84. Olga  |  Julie 6, 2009 at 10 : 01

    nee sis dudu, ek het dit nie gese nie, net getik.

  • 85. Sis Dudu  |  Julie 6, 2009 at 10 : 05

    Auk, bakietie. Sjeim darie tjend sy galop hom nou met die boi se naam by skolini. Bakietie. Bakietie. Dudu gat hom nou maak die putu se pap met die sjieba en die boerwors die miesies het gabere hom by die frietj.

  • 86. Olga  |  Julie 6, 2009 at 10 : 07

    hamba kahle sis dudu en leke eet die miesies se wors ne.

  • 87. Olga  |  Julie 6, 2009 at 10 : 13

    ai sis dudu, ek dink dit is omdat baie kinder nog met die ou tipe name om die nekke gehang word dat jy al meer kinders kry wat met letters vir name deur die lewe gaan. lj, cj, mj, jd, jp, jc jj en jt om maar n paar te noem. en dit blyk dat almal n j inhet. seker om johannes of jacobina weg te steek.

  • 88. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 10 : 23

    Jis Olga, noudat jy dit so noem, ek het nog nooit so daarna gekyk nie, maar dat die J altyd of meeste van die tyd feature is ‘n feit !

  • 89. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 10 : 25

    Ek is hommer en ek kry koud!

  • 90. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 10 : 29

    Willes – was jy kerk toe gister ?

  • 91. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 10 : 29

    Jislaaikit. As dit maar net gister die tyd was……….

  • 92. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 10 : 30

    @ *M*

    Yip! Voor inni koor :mrgreen:

  • 93. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 10 : 31

    Ek kry rerig erig koud mense. Ek verander somme my naam na STM toe ;)

  • 94. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 10 : 33

    Die hommer moet maar da bly. Ek pas AMPER in my se jean!!! :twisted:

  • 95. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 10 : 33

    Dis noggi eens helfte vanni maand nie en eks alreeds arm. Brand arm sê ek julle!

  • 96. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 10 : 36

    Die nuwe jean ?

  • 97. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 10 : 37

    Willes – jy is nie die enigste een nie !

  • 98. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 10 : 45

    Tilla

    Dis ‘n ou jean watti mee passi. Die zip willi mee oppi :evil:

  • 99. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 10 : 47

    Die op en af getravelry gat my armer as ‘n kerk muis maak

  • 100. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 10 : 52

    En dan gaan dit nog interfere met jou willetuin trippies ook

  • 101. Nats  |  Julie 6, 2009 at 11 : 08

    Goeie more julle!!!

    Ek sal nie omgee om die Eiffeltoring te sien nie, maar as ek moet kies sal ek graag eerder na Egipte toe gaan!

    Die is seker eerder ‘n wonder maar wat van Stonehenge? My sus het dit darem al gesien
    Of Mount Rushmore!

  • 102. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 11 : 10

    Nats

    Nou praat jy.

    Hoe kon ek van die piramides of die sfinks vergeet het?

  • 103. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 11 : 11

    Ek sal graag Mount Rushmore wil sien. Dit moet awesome wees.

    Een van die dae word Mandela se gesig seker teen Tafelberg uitgeskiet.

  • 104. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 11 : 12

    Die verlore stad wat ek dink in Peru is. Aardrykskunde is nie my sterkpunt nie.

    Meestal omdat dit my nie juis interesseer nie.

  • 105. Klip  |  Julie 6, 2009 at 11 : 16

    Man discovered WOMEN and invented SEX …

    Woman discovered SEX and invented HEADACHES .

    Man discovered the WORD and invented CONVERSATION .

    Woman discovered CONVERSATION and invented GOSSIP .

    Man discovered GAMBLING and invented CARDS .

    Woman discovered CARDS and invented WITCHERY .

    Man discovered FRIENDSHIP and invented LOVE .

    Woman discovered LOVE and invented MARRIAGE .

    Man discovered AGRICULTURE and invented FOOD .

    Woman discovered FOOD and invented DIET .

    Man discovered COLOURS and invented PAINT .

    Woman discovered PAINT and invented MAKEUP .

    Man discovered TRADING and invented MONEY .

    Woman discovered MONEY and that’s when it all got f* ***** up!!!!!!!

  • 106. Jaco  |  Julie 6, 2009 at 11 : 18

    Willes

    Jy moet bietjie olie onder daai Beetle van jou opvang en dan smeer jy dit aan daai jean se zip , dit sal help vir die op en aftrek.

  • 107. Klip  |  Julie 6, 2009 at 11 : 20

    Ek het al die verlore stede op Nat Geo gesien

  • 108. Klip  |  Julie 6, 2009 at 11 : 23

    Hulle was so verlore ek kan nie eers meer onthou of hulle nog daar is nie

  • 109. Klip  |  Julie 6, 2009 at 11 : 24

    WK een van die dae dan noem ons jou Pribbes

  • 110. Klip  |  Julie 6, 2009 at 11 : 25

    @@@@ en ribbes

  • 111. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 11 : 27

    Halie! Halie! Halie!

  • 112. Nats  |  Julie 6, 2009 at 11 : 28

    Adrie
    Ek wou nog altyd soontoe gaan!
    Wat van Las Vegas – is dit iemand se droom om soontoe te gaan?

    Wie van julle het die fliek “Hangover” gesien?
    Dis vrek snaaks!!! Julle moet dit gaan kyk! (nou daaraan gedink toe ek Vegas noem!) :)

  • 113. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 11 : 33

    @ Nats

    My naam is gat!

  • 114. Nats  |  Julie 6, 2009 at 11 : 37

    Wille Q
    As jy my soontoe sponsor $$$ pak ek nou I & J se tassies!

  • 115. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 11 : 40

    @ Nats

    Heelduidelik het jy die gedeelte misgelees wat sê eks BRAND ARM!!

  • 116. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 11 : 42

    Ek weet!! Kom ons Hi-Jill ‘n plane

  • 117. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 11 : 43

    Dan maak ons die opvolg van Con-Air

  • 118. Sis Dudu  |  Julie 6, 2009 at 11 : 50

    Darie pieramiedas
    En sfienkse goed es hom grys van die dust. En vol s paidawebs. Ek gat nie saam om te dust by dari plek nie. Auk. Bakietie.

  • 119. Sis Dudu  |  Julie 6, 2009 at 11 : 56

    Auk. Soos djulle gahai het darie errieplein, onsg at hom by manerika. Ons gat by michael jeksin se fjoenral. Bakietie hulle gaslag hom sieke die prime bul vir die fjoenril. Met die salid van patytou en die baked beans en tjielie. Auk. Sal hom mooi maak.

  • 120. Nats  |  Julie 6, 2009 at 12 : 00

    Wille Q
    Damn… ek ook!! Hi-Jill klink vir my na ‘n plan! Maar na al die wat so uit die lug val dink ek ons moet eerder ‘n boot hi-jill dan re-write ons sommer Pirates… See Ladies from the wild waters of Southern Africa on mission Egypt – somalia pirates beware!! :evil:

  • 121. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 12 : 07

    Dudu

    Is jy een van die 1.6 miljoen mense wat na Wacko se begrafnis gaan?

  • 122. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 12 : 09

    Geen boot word gehi-jill as Grace nie saamgaan nie.

  • 123. Adrie  |  Julie 6, 2009 at 12 : 09

    Skuus, ek het vergeet dit is Ignoreer-vir-Adrie-dag.

    Ciao

  • 124. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 12

    @ My 3ling se 2ling

    Ek het die skip ge hi-jill. Pak gou jou tassie terwyl hulle die stickers op sit.

  • 125. Jaco  |  Julie 6, 2009 at 12 : 13

    Willes

    Jy is die eerste brand arm meisie waarvan ek weet wat n Harley ry

  • 126. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 18

    @ Adriana

    Moetie al1 voeli. Dit gebeur met ons almal

  • 127. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 20

    @ Jaco

    Huh!? Weet jy iets wat ekki weeti?

  • 128. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 22

    Ek soek nou dadilik daai Harley wat Jaco van praat. Anners maak ek kak…….. groot kak :twisted:

    My harley gat natuurlik saam oppi skip.

    @ Nats

    Jy al gepak suster?

  • 129. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 23

    @ Nats

    Wa gat ons nou wee? Ek moet die GPS solank instel ;)

  • 130. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 24

    Wie almal gat saam? Ek wil weet hoeveel take aways ek moet bestel

  • 131. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 25

    Ons kan somme alli plane crash survivors optel langs die pad

  • 132. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 25

    En nou praat ek wee met myself

  • 133. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 27

    Ek hoopi ek gat al1 op hierie gehi-jillde skip nie. Hoe gat ek myself entertain?

  • 134. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 12 : 29

    Tra lala lala la la lala

  • 135. Jaco  |  Julie 6, 2009 at 12 : 34

    Willes

    Ek weet nie waantoe gaan die skip nie ,ma ek gaan saam.

    Klink lekka,ek sal vi jou n Harley tat two laat kry ,kan ook werk.

  • 136. Klip  |  Julie 6, 2009 at 12 : 39

    Nou sit almal met opgeblase wangetjies voor die pc en rooflees

    Chill mense dis MAANDAG

  • 137. Klip  |  Julie 6, 2009 at 12 : 41

    Skeerbuik se ek vir julle

  • 138. Klip  |  Julie 6, 2009 at 12 : 42

    Naweek babbelas!!! , nou sit almal vandag met los magies ….

  • 139. Klip  |  Julie 6, 2009 at 12 : 45

    Gelukkig het ek n gesplete persoonlikheid , so ek en myself kuier te lekker hier op die blog

  • 140. Nats  |  Julie 6, 2009 at 12 : 58

    Wille Q
    Sorry man ek sit so en beplan ons roete dat ek skoon vergeet het om te pak!!! Hierso… vat jou tas – hy is die swaarste daai tent *hoes* maak keel skoon* denim van jou weeg amper so veel soos jy! ;)

    Tweeling
    As jy ‘n getikte uitnodiging wil staan en hê gaan jy nooit een kry nie!! Ons los nie paper trails nie – so kom klim!

  • 141. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 1 : 10

    @ Klip

    Eks 1 van daai rooflesers. Probleem is net dat ekki rooflees nie. Eks ingelog dan raak ek besig en kry nie kans om te praati.

    @ Nats

    Gat ons kus langs of see langs. En daai jean wee BAJA minner as ek :evil:

  • 142. Klip  |  Julie 6, 2009 at 1 : 10

    A woman walked into the kitchen to find her husband stalking around with a fly swatter

    “What are you doing?”
    She asked.

    “Hunting Flies”
    He responded.

    “Oh. ! Killing any?”
    She asked.

    “Yep, 3 males, 2 Females,” he replied.

    Intrigued, she asked.
    “How can you tell them apart?”

    He responded,
    “3 were on a beer can,
    2 were on the phone.

  • 143. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 1 : 22

    Daai skip vertrek oor 15 minute. Dies watti betyds issi moet ma swem om op te vang.

    @ Jaco

    Ek sien hulle het die harley sopas by my afgelewer. Dankie ;)

  • 144. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 1 : 23

    6 Rooflesers. Ek hoop julle kan swem!

  • 145. Jaco  |  Julie 6, 2009 at 1 : 30

    Wat as ek nie n roof leser is nie maae n nare see rower.

    Wees bang …………baie bang!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 146. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 1 : 36

    @ Jaco

    Ons bangi seerowers of rooflesers nie!

  • 147. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 1 : 37

    Enige seerower moet (en sal) bang wees vi ons

  • 148. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 1 : 38

    Ons is ‘n mean team. Dis nou te sê as en wanne die res ontwaak

  • 149. Wille Kjind Q  |  Julie 6, 2009 at 1 : 39

    Ons is so mean dat ons partykeer onself bang maak :shock:

  • 150. *Mathilda*  |  Julie 6, 2009 at 1 : 43

    Dis weer tipies Maandag vandag

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

25 Christmas questio… on Blerrie huiswerk
vis on Tafelmaniere
Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye