Gesig van stede
Julie 5, 2009
Daar kan seker geredeneer word dat ‘n stad se mense oorsprong aan sy karakter gee. Dit is waar, maar die gesig van ‘n stad is gewoonlik te danke aan een of ander struktuur. Selfs meer as een.
Soos in New York. Tot 11 September 2001 wat Die Twin Towers een van landmerke van die stad gewees. Op ‘n stadium die hoogste geboue in die wêreld, dit het langer as 8 maande geduur, terwyl daar 24 uur ‘n dag gewerk is, om dit skoon te maak na die tragedie. Die bekenste landmerk in New York is seker die Lady of Liberty. Geleë in die New Yorkse hawe op Liberty Hawe, sal dit beslis iets wees wat ek sal besoek as ek ooit in New York is. Die Hollywood teken is weer ‘n kenmerk van Los Angeles.
In Europa is daar natuurlik ‘n hele paar. Parys is seker ‘n goeie plek om te begin. Vlieg ooit daaroor en ek waarborg jou dat jy jou nek sal verrek om die Eiffeltoring te sien. Die Arc de Triomphe verdien seker ook om genoem te word. In London is daar die Big Ben en die London Towers. In Rome is daar die Colosseum sowel as ‘n hele paar belangrike kerke.
Rio de Janeiro het die Christus Beeld. Wat hoog bo ‘n koppie oor die stad waak. Indië het weer die Taj Mahal. Sydney se landmerk is weer die opera huis.
In Kaapstad praat die mense van die Sout en Pepper potte. Verkoeltorings wat langs die snelweg staan. Kaapstad se bekendste landmerk is seker maar Tafelberg. In Johannesburg word daar weer met die Orlando torings en die Hillbrow Toring gespog. In Pretoria flankeer die Voortrekker Monument weer die heel tyd met die Uniegebou.
‘n Prentjie van een van die landmerke is meer as genoeg om die stad mee te identifiseer. Hoeveel van hulle het jy al met jou eie oë gesien? Hoeveel wil jy met die hand gaan groet? Watter landmerke verdien om genoem te word, maar skitter in hulle afwesigheid?
Blogvraag: Waar sal ‘n mens die Toring van Pisa vind?
Blogantwoord: Treasure – Tree 63 (Skat – nee, Olga, jy het nie eers geweet dat dit ‘n liedjie is nie), Colourful – Parlotones (Maxie), Wise Men – James Blunt (Olga). Bonuspunte: 4th of July – Sound Garden (Olga); People – Barbra Streisand (Olga); No Secrets – Angels (Olga); Darlin’ – Tom Jones (Olga); The Core – Eric Clapton (Olga); The Riddle – Nik Kershaw (Max); Today – The Smashing Pumpkins (Max); Couldn’t care less - Barenaked Ladies (Olga); In The Secret – Chris Tomlin (Olga).
Entry Filed under: Uncategorized. .
197 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
*Mathilda* | Julie 6, 2009 at 1 : 46
Hie hie willes – Be afraid – be very afraid !
2.
Nats | Julie 6, 2009 at 1 : 51
Wille Q
Ekke is ook een van daai rooflesers! Ek hou Dorings oop en werk so tussen in, onder deur en bo-oor!
Lo *M*
3.
Wille Kjind Q | Julie 6, 2009 at 1 : 58
Almal se vingers is afgevries
4.
Jaco | Julie 6, 2009 at 1 : 59
Jack the rip het by sy ma gaan huil , toe hy my die eerste keer ontmoed het ,daar was ook net n eerste keer toe was daar nie meer n Jackie nie.
5.
Wille Kjind Q | Julie 6, 2009 at 2 : 00
@ Nats
Esk het so gedink
6.
*Mathilda* | Julie 6, 2009 at 2 : 23
Ek hou ook als oop en comment maar as ek ‘n kansie kry
7.
Jaco | Julie 6, 2009 at 2 : 23
Willes
wek julle in vries kaste dat julle vingers so af vries ,hier in my kantoor is dit lekker warm
8.
Wille Kjind Q | Julie 6, 2009 at 2 : 27
@ Jaco
Ek werk in ‘n werkswinkel. Daasi tyd vi heaters en poep nie. Dissi ‘n plek vi sussies nie
9.
Jaco | Julie 6, 2009 at 2 : 30
Kick start jy die boings of skepe Willes
10.
Olga | Julie 6, 2009 at 3 : 11
dit is nie regtigmeer koud by ons nie. ai, ñu het die skip al vertrek. ek sal maar die dadelbrood met sy suurlemoen bottertjies self eet. ek sal maar met bessie, homer en my tumi deel.
11.
Wille Kjind Q | Julie 6, 2009 at 3 : 12
@ Jaco
Ek kickstart ALLES!
12.
Jaco | Julie 6, 2009 at 3 : 28
Willes
Gelukkig idel ek al klaar so jy hoef my nie te kick start nie
13.
Adrie | Julie 6, 2009 at 3 : 46
Olga
Kan ek van die dadelbrood kry as ek die Suid-Wester lied sing?
14.
Adrie | Julie 6, 2009 at 3 : 47
Die Suidwesterlied.
Hard soos kameeldoringhout, ja hard is ons land
en droog, o so droog sy riviere.
Die son het die klippe en rotse gebrand,
in veld en bos skuil skugter diere.
As iemand aan ons sou vra:
Wat bind jul aan die gewes?
Dan kan ons net se: ja,
Ons hart kies Suidwes!
Tog hierdie liefde is duur ook betaal,
in wel en wee hou ons stand.
want ook nog ons sorge word helder oorstraal
deur sonlig in ons Vaderland.
As iemand ons sou vra:
Wat bind jul dan aan die gewes?
Dan kan ons net se, Ja,
Ons hart kies Suidwes!
Kom jy dan self en leef saam in ons land,
so wyd en so ruim en so vry.
En steek dan ons son ook in jou hart aan die brand -
dan sal jy ook pal hier wil bly.
As iemand dan aan jou sou vra:
Wat bind jou dan aan die gewes?
Dan kan jy net se:ja,
My hart kies Suidwes!
Hart wie Kameldornholz ist unser Land
Und trocken sind seine Riviere.
Die Klippen, sie sind von der Sonne verbrannt
Und scheu sind im Busch die Tiere.
|: Und sollte man uns fragen:
Was hält euch denn hier fest?
Wir könnten nur sagen:
Wir lieben Südwest!
Doch unsre Liebe ist teuer bezahlt
Trotz allem, wir lassen dich nicht
Weil unsere Sorgen überstrahlt
Der Sonne hell leuchtendes Licht.
|: Und sollte man uns fragen:
Was hält euch denn hier fest?
Wir könnten nur sagen:
Wir lieben Südwest!
Und kommst du selber in unser Land
Und hast seine Weiten gesehen
Und hat unsre Sonne ins Herz dir gebrannt
Dann kannst du nicht wieder gehen.
|: Und sollte man dich fragen:
Was hält dich denn hier fest?
Du könntest nur sagen:
Ich liebe Südwest!
15.
Adrie | Julie 6, 2009 at 3 : 56
Die Duits volg die Afrikaans.
16.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 00
En nou is die lied in my kop
17.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 03
Ek mag seker sing tot die biesies bewe.
18.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 06
As ek nou net die woorde van nog F.A.K liedjies kan kry
19.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 08
Nope, no such luck.
20.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 10
DIE LIED VAN JONG SUID-AFRIKA
Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.
Die klop van die Voortrekkerwawiel
het die eeue se rus verstoor;
die klank van die voorlaaierskote
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika.
Waar songloed in glorie die berge
oor hul fronsende voorhoof streel,
waar ruisende wind oor die vlaktes
met grassaad kerjakker en speel,
die land wat ons vaders gekoop het,
met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika.
Die golwende veld is ons woning
en ons dak is die hemelblou;
die Vryheid alleen is ons koning,
sy wagwoord is: “Handhaaf en bou”.
Die stryd wat ons vaders begin het
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika.
21.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 11
Bewaar hierdie link met julle lewe
http://www.fak.org.za/site/page.php?id=2
22.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 12
SARIE MARAIS
Woorde: Waarskynlik deur (a) J.P. TOERIEN of (b) DIRK VAN ALPHEN of (c) SUSTERS BEZUIDENHOUT (d) B.A. DE WET: Vers 3
Musiek: SEP WINNER, na “Sweet Ellie Rhee” uit Scottish Students Song Book, 1891; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
[1]
My Sarie Marais is so ver van my hart,
maar’k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
nog voor die oorlog het begin.
[KOOR]
O bring my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
[2]
Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
en ver oor die see wegstuur;
toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
daar onder langs die Grootrivier.
[KOOR]
O bring my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
[3]
Die Kakies is mos net soos ‘n krokodillepes.
Hul sleep jou altyd water toe.
Hul gooi jou op ‘n skip vir ‘n lange, lange “trip”,
die josie weet waarnatoe.
[KOOR]
O bring my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
[4]
Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
terug na die ou Transvaal;
my liewelingspersoon sal seker ook daar wees
om my met ‘n kus te beloon.
[KOOR]
O bring my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
23.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 16
WAT MAAK OOM KALIE DAAR?
Woorde: Tradisioneel en C.J. LANGENHOVEN: Vers 1, 2, 3, 4, 5
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: H. PIETER VAN DER WESTHUIZEN, 1978
[Tradisioneel]
Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Oom Kalie steek ‘n stywe dop;
hy slaan sy vrou met die handsambok!
Wat maak Oom Kalie daar?
[C.J. Langenhoven]
Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Oom Kalie maak hom klaar vir trou
met Mietjie die kwaai jong wedevrou.
En sy is vir hom klaar.
Wat dra Nig Mietjie daar?
Wat dra Nig Mietjie daar?
Nig Mietjie dra ‘n rooi sisrok
en onder die rok ‘n handsambok
–Oom Kalie dra ‘n blaar.
Wat maak Oom Kalie daar?
Wat maak Oom Kalie daar?
Hy’s besig om hom vet te smeer,
en sweer: so nooit as nimmerweer
–hy’s met Nig Mietjie klaar.
Wat skree Nig Mietjie daar?
Wat skree Nig Mietjie daar?
“Oom Kalie,” skree sy, “kom tog weer
–my hartjie is tog al te seer,
nog seerder as die blaar.”
Wat maak die twee nou daar?
Wat maak die twee nou daar?
Oom Kalie steek ‘n stywe dop,
Nig Mietjie slaan met die handsambok.
En goed kom hulle klaar.
24.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 20
AANSTAP ROOIES
Woorde: B.A. DE WET: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN
Aanstap rooies! Die pad is lank en swaar,
die mense wag al daar en die koffie is al klaar.
O, laat julle kwassies swaai, swaai, laat julle kwassies swaai,
wieg julle koppe fraai en laat die wiele draai.
Uitspan kêrels, die dag se skof was ver,
die son trek lankal water, daar blink die awendster.
O steek maar die vure aan, aan, steek maar die vure aan,
en in die helder maan sal ons vannag hier staan.
Opstaan, inspan, die laaste trek lê voor,
nog lank voor dagbreek trek ons die eerste bultjie oor.
O, hoor net die sweep se slag, slag, hoor net die sweep se slag,
tuis kom ons nog vannag waar ons geliefdes wag.
25.
Klip | Julie 6, 2009 at 4 : 36
BORING !!!!!
26.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 44
Nou toe nou, hier is toe afterall mense
27.
Adrie | Julie 6, 2009 at 4 : 45
Of eerder ‘n klip.
Seker beter as niks.
28.
Olga | Julie 6, 2009 at 5 : 19
ai, ek wil suid wes toe gaan. *tantrum tantrum tantrum tantrum* hoekom doen jy dit aan my? die woorde het wragtig ook verander.
29.
Adrie | Julie 6, 2009 at 5 : 21
Olga
Wil jy my vertel Facebook gee die verkeerde woorde?
Lae Lakke
30.
*Mathilda* | Julie 6, 2009 at 5 : 37
Het jy lekker gesing kloon ?
31.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 38
32.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 38
Regte dopper liedjies
33.
*Mathilda* | Julie 6, 2009 at 5 : 39
More is ek 1 vani clowns, vat my kar vir n diens
34.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 40
A3 wanner kry ons nou terugvoer van daai profiles wat julle gestig het ?
35.
*Mathilda* | Julie 6, 2009 at 5 : 40
Klip – jy nog hier !
36.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 40
Of is ek agter met die latest?
37.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 41
Yes Mathilda …….. besig om stadig in die agtergrond te verdwyn
38.
*Mathilda* | Julie 6, 2009 at 5 : 41
Dit kan nogal interessant wees
39.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 42
Ek het al gesien as n mens baie verlief is dan blog ( comment ) jy heelwat minder
40.
*Mathilda* | Julie 6, 2009 at 5 : 42
Geestelike voorbereiding om huis toe te gaan
41.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 42
Ek het ook twee profiles opgesit en toe raak die twee verlief op mekaar
42.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 43
Absoluuut , ek dink dis meer van geestelike voorbereiding om weer more hier te wees
43.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 44
Nou sit ek elke tweede week make-up aan werk toe
44.
*Mathilda* | Julie 6, 2009 at 5 : 49
Ha ha – is dit nou sodat dai 2de profile nie interest moet verloor nie ?
45.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 52
My een profile wil my nou in lewende lywe ontmoet
46.
Klip | Julie 6, 2009 at 5 : 52
A3 jy word gemis , waar is jy
47.
*Mathilda* | Julie 6, 2009 at 6 : 14
Nuwe blog klip