Kokaiene en Kaffiene
Julie 2, 2009
Baie beter bekend as Coca Cola of sommer net pleinweg COKE.
Ek is nie ‘n Coke slaaf nie, ek drink net in uitsonderlike gevalle skoon coke. Ek ken wel baie mense wat meer Coke ‘n dag drink as die voorgeskrewe hoeveelheid water. Ek ken self mense wat meer van Coke as van suurstof afhanklik is. Wat dit drink soos ander mense ‘n oggendkoffie geniet. Hulle drink dit voordat hulle gaan slaap. Ek dink hulle borsel tot hulle tande daarmee.
Cocawine was deur John Pemberton in 1885 ontwikkel om as ‘n medisyne gepatenteer te word. Wetgewing ‘n jaar later het dit verbied, waarna hy dit as ‘n koeldrank bemark is. Dit was oorspronklik van ‘n apteek verkoop, juis omdat mense geglo het dat soda water gesondheidsvoordele inhou. Volgens Pemberton was dit ‘n middel wat onder andere hoofpyn, impotensie en morfien verslawing genees het. Pemberton was, ironies genoeg jare later steeds aan morfien verslaaf.
Asa Griggs Chandler het ‘n aandeel in Pemberton se Coca Cola Maatskappy bekom in 1887. Pemberton het dit later weer aan ‘n groep besigheidsmanne verkoop en sy alkoholis seun het sy eie weergawe daarvan verkoop. Volgens Pemberton was net sy seun daarop geregtig gewees om die naam Coca Cola te gebruik. Chandler het dit onder ‘n ander naam probeer verkoop, maar nie juis sukses behaal nie.
Hy het alleenreg op die naam gekoop, sommige beweer met ‘n slenter, en die Coca-Cola maatskappy soos ons dit vandag ken gestig. Vandag nog maak hulle die stroop wat wêreld versprei word om deur ander maatskappye aangemaak en gebottel te word. Die formule word in die Sun Trust Bank se kluis gehou. Net twee uitvoerende beamptes het toegang tot die formule en anders wat dikwels beweer word, ken hulle elkeen die hele formule.
Coca-Cola word van van die twee stimulante in Coke afgelei, naamlik Coca blare (wat kokaien bevat) en Kola blare (wat Kaffien bevat). Oorspronklik het Coke wel kokaien bevat (9 mg per glas), self nadat Chandler dit 10 keer verminder het. Sedert 1903 bevat Coke egter nie meer kokaien nie. Die Coca ekstrak word van Stephen Maatskappy (die enigste maatskappy wat wettig kokaien kan invoer na Amerika) verkry, wat kokaien vir die mediese mark uit die blare onttrek.
Enige Coke aanhanger sal jou kan vertel dat Kola drankies nie noodwendig Coke is nie. In 1985 het die Coca Cola maatskappy ‘n nuwe Coke op die mark gesit. Verbruikerstoetse het getoon dat mense dit bo ander Kola’s, insluitende Coke verkies. Dit het egter ‘n storm veroorsaak, mense het die ou Coke terug geëis. Die maatskappy moes doodeenvoudig terug verander het.
Coke proe blykbaar nie dieselfde van een bottelaar na ‘n ander nie. Volgens Coca-Cola is Coke wat in Skopje, Macedonia gemaak is die lekkerste.
Is jy mal oor Coke?
Blogvraag: Wie het Pepsi ontwikkel?
Blogantwoord: Willes was reg, Dias het verdrink.
Entry Filed under: Uncategorized. .
194 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 6 : 24
Eerste!!!
2.
*Mathilda* | Julie 2, 2009 at 6 : 25
Caleb Bradham
3.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 6 : 26
Lo Tilla
4.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 6 : 27
Ek sou geskree het Pepsico sonner om te gat google
5.
*Mathilda* | Julie 2, 2009 at 6 : 27
Willes – hallo
6.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 6 : 28
Ek weet pepsi is swart en issi so lekka soos coke nie
7.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 6 : 29
Ek sit nog byri werk. Die manne sjuip en ek moet sluit
8.
*Mathilda* | Julie 2, 2009 at 6 : 30
Ek verkies ook coke bo pepsi
9.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 6 : 30
Eks lus en maak ‘n dop saam hulle ma mev dominee gatti davan hou nie
10.
*Mathilda* | Julie 2, 2009 at 6 : 31
Jy gat mosi vi mev dominee kuier nie
11.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 6 : 32
Nwt. Die manne het kla en ek gat sluit. Moet nog huistoe ry
12.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 6 : 34
Nee ek gatti. Nie vandag nie
13.
Olga | Julie 2, 2009 at 6 : 49
ek drimk selde koeldrank. water, met of sonder ys en suurlemoen en tee is my drink plesier.
14.
Olga | Julie 2, 2009 at 6 : 55
tante koba klink na n st sessie wat reken sy is baie amusant. arme ding. ek wonder of sy weet hier is sover bekend nie st 6 seuns nie.
15.
Olga | Julie 2, 2009 at 6 : 56
ene met n groot jeuk ne.
16.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 06
Drieling
Moes jy inni post sit van my tanne wat ek borsel met coke
17.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 07
Brrr
18.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 08
Ek hou oor die algemeen nie van gaskoeldrank nie.
19.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 10
Willes
As die skoen pas . . . .
Ek het niks van slapeloosheid gese nie.
Pepsi proe anders, want dit word van pepsin en kola gemaak.
20.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 12
Eish!! Nous ek WEE lus vi coke
21.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 15
Ek wonner of coca cola sal aflewer as jy meer as 2L per dag drink
22.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 17
Of sal hulle moet jou sponser met 1L vi elke 10L wat jy koop…………
23.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 18
Ek sal coca cola more moet bel en hoor hoeveel shares ek al by hulle het
24.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 20
He he he
Ek ken iemand wat 8l coke n dag gedrink het
25.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 21
Nou gat ek gou garage toe ry om coke te soek
26.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 22
Ek het op ‘n stadium meer as 10L gedrink. Dis inni dae toe ek 30 sigarette ‘n dag gerook het
27.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 29
Ek het my coke nous ek reg om te chat
28.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 31
Dis nou te sê AS DA IEMAND IS OM MEE TE CHAT
29.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 31
Ek het geweet jy sal liries raak oor die post
30.
Coyote | Julie 2, 2009 at 7 : 33
Hi willes ek was so dis nou te koud om coke te drink sit in wimpy en drink koffie voor di movie begin
31.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 34
Coke het dieselfde effek op my as red bull op ander mense het. Red bull hou my 3 dae lank wakker.
32.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 34
wanneer gaan ons iets wat die kyk werd is op tv kry?
33.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 35
Wat gaan jy kyk, Coyote
34.
Coyote | Julie 2, 2009 at 7 : 36
Nooit nie
35.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 36
heng skroppie, ek hoop jy neem n bbbers saam fliek toe.
36.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 37
Olga, die dag wat mense wat net SAUK mag kyk, die SAUK bestuur.
37.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 37
Wk, hou jy coke in jou garage by die huis aan of is die garage net om die hoek?
38.
Coyote | Julie 2, 2009 at 7 : 39
Gost of girlfriends past enigste ding wat okay lyk
39.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 40
darh dag hoor. stadig maar seker. almal sit soos motte in kokonne toegewikkel met bberse. warmsakke de worx. net ek sit daar sonder.
40.
Coyote | Julie 2, 2009 at 7 : 41
Olga ek het n mase jas aan voel nie die koue
41.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 42
Hoekom Olga? Het jy n skelmpie wat jou warm hou?
42.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 42
leke vir jou skroppie. ek hoop jy geniet die fliek. so snoesig toegewikkel in jou jas.
43.
Coyote | Julie 2, 2009 at 7 : 44
Sal danq sal na di tyd we kom in loer
44.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 45
Watse fliek wys vanaand op e?
Terloops, Pepsi is in dieselfde tyd as coke ontwikkel – ook deur n apteker.
45.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 47
baywatch, hawian wedding.
46.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 50
Trug
Olga
Ek gat na die BP garage toe ommi draai van my huis. Ek het hulle al gesmeek om meer coke te stock ma die blikems luister mossi na my nie
47.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 51
ek kan n boetie bessie kry. sy male gaan emmigreer. nou se homer nee.
48.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 51
Niks. Volgende jaar betaal ek my liksensie in monopoly geld.
49.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 51
En da gat ek alwee. Besig met ‘n oproep oppi landlyn wat lank gat vat. Check julle later
50.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 52
het jy hulle nou opgedons wk?
51.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 52
Olga
Wie se hond gaan dit wees? Joune of Homer sn.
52.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 56
hy is in new castle. en hy is pragtig.
53.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 56
Dink julle Konstantinobel (spelling) is te lank vir n kat? n Persiese kat kort n keiserlike naam.
54.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 56
Hy is al 7 jaar oud.
55.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 57
En Nero klink nie Turks nie.
56.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 58
Kleur?
57.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 58
wats fout met affer? dit was koninklik genoeg vir camelot.
58.
Adrie | Julie 2, 2009 at 7 : 58
Vir binne of buite?
59.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 59
nes bessie. haar tong is net blouer as hare.
60.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 00
Arthur is Engels en ek kan nie my seun se naam vir my kat gee nie.
61.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 01
Ja, ek weet ek het nie n seun nie. Ek het ook nie n kat nie.
62.
Olga | Julie 2, 2009 at 8 : 02
ekskuus skroppie en coyote. ek het deurmekaar geraak met al die prentjies wat so verander.
63.
Olga | Julie 2, 2009 at 8 : 03
gee die ding se naam sjah. en boetie bessie moet buite slaap.
64.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 05
Hie hie hie. Mens kry nie meer koninglik as Queen nie. (sal n mannetjies kat omgee as sy naam Queen is?
) Dalk eerder Farok.
65.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 06
Sjek. Wat is boetie se naam?
66.
Olga | Julie 2, 2009 at 8 : 08
of abdullah.
67.
Olga | Julie 2, 2009 at 8 : 09
wat van sjaitan?
68.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 11
Raasbanja!
69.
Olga | Julie 2, 2009 at 8 : 12
of somme sjnoekems.
70.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 14
Het die Turke ooit nog n keiser?
71.
Olga | Julie 2, 2009 at 8 : 17
nie waarvan ek weti.
72.
Olga | Julie 2, 2009 at 8 : 19
gee die kat se naam delight. wat kan nou meer turks wees as turkish delight?
73.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 19
Ek hoor persiese katte kos van R2000 af.
74.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 20
Olga
Ek is van plan om van die kat te hou.
75.
Olga | Julie 2, 2009 at 8 : 22
hou jy nie van td nie?
76.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 25
Nee. Laat my gril. Maar Delight is n goeie naam vir n kat.
77.
Olga | Julie 2, 2009 at 8 : 26
nag. leke slp. swt dreamz.
78.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 28
Ditto
79.
boervrou | Julie 2, 2009 at 10 : 04
WOW WOWOW WOWOOW IIEEIEIEIIE
Dis vrek baie comments. Any ways jys reg dis MM
80.
Wille Kjind Q | Julie 3, 2009 at 5 : 04
More more! Dis Vrydag! Dis Vrydag! Dis Vrydag! Dis Vrydag!
81.
Klip | Julie 3, 2009 at 5 : 54
Ek gaan huistoe , ek is naweek af…………….
82.
Klip | Julie 3, 2009 at 5 : 56
Die regte smaak van coke kom net uit as jy whisky of brannawyn bygooi
83.
Klip | Julie 3, 2009 at 5 : 56
Coke en rooiwyn ( Catemba) sp? is ook nie sleg nie
84.
Klip | Julie 3, 2009 at 5 : 59
Geniet n bevange Vrydag……….
@}`~~~~
85.
Wille Kjind Q | Julie 3, 2009 at 6 : 36
@ Klip
Jou moet jou nawee af geniet.
86.
Wille Kjind Q | Julie 3, 2009 at 6 : 36
Juffrou vra die klas of hulle weet wie is Jacob Zuma
Jannie spring op “Ek weet juffrou, hy is die weerman op die TV”.
Juffrou is gepuzzle en vra dan nou hoekom hy so dink.
Jannie antwoord dat elke slag as Zuma op die TV is, dan sê sy pa ” daar is die Donner weer …”
87.
Wille Kjind Q | Julie 3, 2009 at 6 : 45
Ek kry koud vandag. Het mossi ‘n warm ding saam gebring om aan te trek nie. Ek sal moet rondhardloop om warm te bly
88.
Jaco | Julie 3, 2009 at 7 : 59
More maaitjies
Sing die lietjie saam met my ;
Dis heerlikke winter ,,,,,die somer’s verby.
Die voeltjies sing vrolik vir my en vir jou.
Hola…..triuuuuuuuuuuuuaaa
Hola …triuuuuuu
Hola triuuuuaaa
Hola triuuuu
Morning foaks
Ja die ergste hutte is dam nougebreek
Thats my weather fore cast and im sticking to it
89.
Olga | Julie 3, 2009 at 8 : 12
more, more. in my tyd het ons darem al ordentlik gespel in st 2. vandag spyker mense al, dan kan hulle nog nie spel nie. maar dit is darem so ietsietjie warmer. eerste oggend sedert verlede saterdag dat die gras nie wit is nie.
90.
Olga | Julie 3, 2009 at 8 : 15
leke hardloop wk. dis darem vrydag. en ek kan jou nie eers n tent leen teen die koue nie.
91.
Adrie | Julie 3, 2009 at 8 : 24
Hallo
92.
Beeld | Julie 3, 2009 at 8 : 40
Sonja van Buul
Vanderbijlpark. – Die pa van ’n vermoorde babaseun het gister in die hof hier vir die ma, wat die kind glo versmoor het, en haar familie opgekom.
Me. Wilhelmina Johanna (Mimmie) Kraft (23), wat van die moord op hul seun, Daniël (vier maande), verdink word, het met ’n nuwe, kort kapsel in die beskuldigdebank verskyn.
“Mimmie, Mimmie!” het mnr. Danny Labuschagne (20) na haar geroep.
Labuschagne se verskyning by die hof was onverwags nadat hy glo vroeër te kenne gegee het hy is nie van plan om Kraft by te staan nie.
Hy het die media voor die hofsitting uitgetrap en Kraft en haar familie verdedig.
“Mimmie se ma-hulle was nie by die begrafnis nie omdat hulle nie ’n saamrygeleentheid kon kry nie, nie omdat hulle nie wou nie!” het hy geskreeu.
Beeld het gister berig geen van Kraft se familielede is by die begrafnis opgemerk nie.
Labuschagne het gesê mediaberigte het reeds vir “genoeg trane gesorg”.
Hy het later in die hofsaal luidkeels beswaar gemaak toe Kraft sê sy wil nie ’n borgtogaansoek bring nie.
Landdros Deidré Venter het Kraft gevra of sy seker is.
“U het verstaan wat ek u gevra het?” wou Venter weet.
“Laat sy borg vat,” het Labuschagne geskreeu.
Hy het dieselfde pak aangehad wat hy eergister na Daniël se begrafnis gedra het.
Kraft word daarvan verdink dat sy Daniël op 24 Junie versmoor het, hom daarna op Barrageweg neergesit het waar ’n ligte vragmotor vermoedelik oor hom gery het en toe die lykie aan die brand gesteek het.
Venter het Kraft vir 30 dae sielkundige waarneming na die Sterkfontein- psigiatriese hospitaal in Krugersdorp verwys.
Venter het daarop gewys dit kan moontlik lank duur voordat ’n bed beskikbaar is. “Ek hoop dit gebeur voor u volgende hofverskyning.”
Labuschagne het na Kraft geroep toe sy na die hofselle onder die hofsaal gestap het, maar insp. Thinus Oosthuizen van die Vanderbijlpark-polisie wat die moordsaak ondersoek, het Labuschagne stilgemaak.
Labuschagne het sy vuiste kwaad teen ’n muur gestamp toe hy uitstap.
Kraft bly in aanhouding totdat sy op 14 Augustus weer in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.
93.
Jaco | Julie 3, 2009 at 8 : 41
@ Olga
Ek sien jy het darem weer die moed bymekaar geskraap om weer jou bakkies op die blok te wys.
Welkom terug
Jy weet ek is eintlik n Christen ,ja ek bieg my spelling suck
Maar so van spyker gepraat, het jy geweet Jesus het eintlik n baie goeie sin vir humor.
Ja die dag toe Hy beplan het hoe jy gaan lyk het Hy lekker gelag en gedink “What a joke” en toe jy gebore is het jou male snot en trane gehuil en gese “Wat a desaster. OOO Ha ha ha ha
94.
Beeld | Julie 3, 2009 at 8 : 42
Moroni. – Die enigste oorlewende van ’n Jemenitiese straler wat neergestort het nadat die vlieënier in die Comore probeer land het, is gister vroeg met haar pa in Frankryk herenig.
Bahia Bakari (14), wat skaars kan swem, het langer as 12 uur aan drywende oorblyfsels vasgeklou voordat soekspanne haar in die rowwe see in die Indiese Oseaan gesien het.
“Ek is verskeur tussen verligting en hartseer. Ek is bly om my dogter te sien, maar haar ma het nie teruggekom nie,” het Bahia se pa, mnr. Kassim Bakari, op die Le Bourget-lughawe in Parys aan verslaggewers gesê kort nadat hy sy dogter ná haar terugkeer van die Comore gegroet het.
Reddingswerkers kon nie enige van die oorblywende 152 passasiers en bemanningslede vind nie sedert die lugdiens Yemenia se Airbus A310 Dinsdag in gure weer neergestort het.
Amerikaanse en Franse militêre vliegtuie het gister steeds die ongelukstoneel gefynkam. Die wrak lê vermoedelik tot 500 m diep.
Plaaslike dokters, wat verbaas is oor Bakari se noue ontkoming met nie veel meer nie as snyplekke, kneusings en ’n gebreekte sleutelbeen, het gesê sy is op versoek van haar pa ontslaan.
“Die meisie het haar gees begin terugkry en was in ’n bevredigende fisieke toestand,” het dr. Jean Youssef, hoofdokter by die ramp?eenheid op Grand Comore, gesê.
Hy het gesê die El Marouf-hospitaal in Moroni, die hoofstad, het nie die geriewe om die tiener se liggaam vir moontlike inwendige skade te behandel nie.
Bakari het saam met mnr. Alain Joyandet, die Franse minister van samewerking, aan boord van ’n Franse regeringstraler terug na Frankryk gevlieg.
Die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend. Die Franse departement van verdediging het Woensdag berigte ontken dat die vlugopnemer gevind is.
Die vliegtuig was die tweede Airbus in ’n maand wat in die see neergestort het. – Reuters
95.
Beeld | Julie 3, 2009 at 8 : 45
Durban. – ’n Vrou het by ’n polisiekantoor hier ingestap en vertel sy het haar negejarige dogter en driejarige seuntjie verwurg.
Sy het dit glo gedoen nadat haar dogtertjie vir haar gesê het sy wil eerder dood wees.
Die 25-jarige vrou het haar kinders verwurg toe sy in die bosse by Umlazi geslaap het nadat haar kêrel haar en die meisie glo aangerand het, het supt. Buhle Ngidi, polisiewoordvoerder, gesê.
Die paartjie het stry gekry toe sy Maandag onverwags van Hlabisa aan die KwaZulu-Natalse noordkus opgedaag het met die kinders om vir die kêrel te kuier. Tydens die rusie het die kêrel die vrou en haar dogter glo geslaan.
Volgens die vrou het sy toe haar bagasie en kinders gevat en in ’n bos ’n ent daarvandaan gaan skuiling soek. Daar het haar dogter haar glo gevra om haar dood te maak omdat sy nie meer vir die aanranding kans sien nie. Die ma het toe haar kinders verwurg.
Sy het die hele Dinsdag by die lyke deurgebring voordat sy Woensdag na die polisiekantoor in Umlazi gegaan het.
Sy is gearresteer en sal binnekort in die hof verskyn op twee aanklagte van moord, het Ngidi gesê. – Dries Liebenberg
96.
Beeld | Julie 3, 2009 at 8 : 47
Anesca Smith
Londen. – Geweldsmisdaad in Brittanje oortref dié in Suid-Afrika, wys statistieke deur die Europese Kommissie.
Die nuus het Britte wat gereeld teen die misdaadsituasie in Suid-Afrika gewaarsku word onkant betrap.
Wat geweld in verhouding tot bevolkingsgrootte betref is Brittanje volgens die statistieke boaan die lys met 2 034 geweldsmisdade vir elke 100 000 mense in 2007.
In Oostenryk is dié syfer 1 677 vir elke 100 000 mense, in Suid-Afrika 1 609 en in Swede 1 123. Die syfer vir Suid-Afrika is die gemiddeld vir 2006-’07.
Volgens die Britse pers is Suid-Afrika egter steeds die wêreld se moordmekka met meer as 20 000 moorde wat na raming per jaar in dié land gepleeg word, teenoor 921 in Brittanje.
Die statistieke kom uit dokumente van die Europese Kommissie en is ook deur die Verenigde Nasies uitgereik.
Die Britse Konserwatiewe Party het dit egter in tabelvorm gelys en gee die Arbeiders die skuld daarvoor dat Brittanje nou as Europa se mees gewelddadige land beskou word.
Op wat die party die “lys van skaamte” noem, is Suid-Afrika (3de) en Kanada (6de) die enigste twee nie-Europese lande in die toptien.
Kenners het egter aan die Daily Mail gesê die feit dat verskillende lande “geweld” verskillend interpreteer moet ook in aanmerking geneem word. Terwyl ’n relletjie ingevolge Britse wetgewing as ’n geweldsoortreding gelys word, word dit in ander lande soos Suid-Afrika eers aangeteken as iemand te lyf gegaan word.
Ook ontstellend vir Britte was die feit dat geweld sedert 1998 met 77% gestyg het.
Op nuuswebtuistes het dit gister gegons oor die inligting en Suid-Afrikaners in Brittanje het geesdriftig aan die kommentaar deelgeneem.
Ene Callum het op die Mail se webtuiste geskryf hy glo nie vir ’n oomblik die misdaadsyfer is hoër in Brittanje as Suid-Afrika nie.
“Brittanje en Europa is veilig om in te woon.”
Dean van Kaapstad het op sy beurt geskryf die nuus oor Brittanje se misdaadsyfer verras hom geensins nie en dis die rede hoekom hy na Suid-Afrika getrek het.
“Ek voel baie veiliger om in Suid-Afrikaanse strate te stap. Die meeste misdaad hier is in Johannesburg.”
Nog ’n skeptikus was ene Alan in Londen wat glo die Suid-Afrikaanse regering se beleid is “om misdaad?syfers nie behoorlik aan te teken nie”.
97.
Beeld | Julie 3, 2009 at 8 : 50
Antoinette Pienaar
Daar is nou 13 varkgriepgevalle in Suid-Afrika, onder wie die eerste persoon wat die influensa A (H1N1)-virus hier aangesteek het.
Dr. Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het gister bevestig ’n Wes-Kapenaar het die siekte in ’n huishouding daar aangesteek.
Blumberg het egter beklemtoon dit kwalifiseer nie as ’n “gemeenskapsuitbreking” nie.
Een lid van ’n paartjie het glo by die ander aangesteek nadat dié siek van ’n buitelandse reis teruggekom het.
Daar is nou altesame drie gevalle in die Wes-Kaap en tien in Gauteng, hoofsaaklik mense wat die land by lughawens binnegekom het.
Blumberg het gesê Nios bly gevalle toets en kyk hoe die siekte onder Suid-Afrikaners manifesteer.
Intussen het die Britse regering aangekondig die gesondheidsowerhede gaan toetsing vir elke nuwe varkgriepgeval staak omdat die aantal nuwe infeksies teen einde Augustus sowat 100 000 per dag kan wees.
Dit is dus nie meer moontlik om die siekte se verspreiding daar te beperk deur mense te toets en te isoleer nie.
Teen gister was daar minstens 7 500 laboratoriumbevestigde gevalle in Brittanje met ’n paar honderd nuwe gevalle per dag.
Die daaglikse opdatering van nuwe gevalle gaan glo ook omdat dit te tydrowend is, gestaak word.
Die gesondheidsowerhede sal ook moet besluit aan wie hulle die antivirale middel Tamiflu gaan gee omdat daar nie genoeg vir almal is nie.
Volgens Blumberg is varkgriep se simptome soortgelyk aan seisoenale griep s’n.
Hoewel dit vir mense met onderliggende mediese probleme dodelik kan wees, veroorsaak varkgriep in die meeste gevalle net matige siekte.
Tot einde Junie het Nios al 928 griepgevalle landwyd bevestig. Altesame 851 was influensa A/H3N2, die algemeenste soort seisoenale griep. Dié virusse was in toetsmonsters wat die instituut se 230 Viral Watch-persele landwyd na hul laboratoriums gestuur het.
Volgens Blumberg werk die stelsel doeltreffend en behoort dit dadelik gemeenskapsoordrag van varkgriep te wys wanneer dit gebeur.
Kenners van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het vandeesweek in Switserland vergader om ’n wiskundige model te probeer ontwikkel om vas te stel hoe dit gebeur het dat influensa A (H1N1) in net twee maande van ’n handjievol gevalle tot ’n pandemie uitgekring het.
Kenners meen ook die meer as 77 000 laboratoriumbevestigde gevalle in 110 lande (waaronder minstens 332 sterftes) is ’n onderskatting van die ware toedrag van sake. Hulle meen daar is tot ’n miljoen gevalle net in die VSA.
98.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 8 : 52
More more
99.
Beeld | Julie 3, 2009 at 8 : 54
Miami. – ’n Kleuter van Florida is eergister deur ’n Birmaanse luislang van 3,6 m lank doodgewurg nadat die slang glo uit ’n tenk in haar ouerhuis ontsnap het.
Die dier se eienaar, die kêrel van die kleuter se ma, het die slang bo-op die tweejarige meisie in die landelike gemeenskap Oxford, sowat 80 km noordwes van Orlando, gevind.
Die man het die slang met ’n mes gesteek, maar die kind was al dood toe die nooddienste opgedaag het.
“Dit is ’n baie seldsame gebeurtenis,” het me. Patricia Behnke van Florida se vis-en-natuurlewekommissie gesê. – Reuters
100.
Beeld | Julie 3, 2009 at 8 : 56
Hilda Fourie
“Hy wou my doodmaak.”
So het ’n erg geskokte prof. Anna van der Hoven (64) gister vanuit haar bed in die Unitas-hospitaal in Centurion gesê nadat sy met ’n tuinvurk aangerand is.
“Ek het om my lewe geveg. Ek het net probeer bly lewe en het baie gebid,” het Van der Hoven, ’n bekende forensiese kriminoloog van Unisa, vertel. Sy sukkel om te praat weens die swelling van haar gesig.
’n Man wat ’n fontein in haar tuin gebou het, het Van der Hoven eergisteroggend by haar huis in Lyttelton, Centurion, aangeval.
Volgens Van der Hoven het die man sowat ’n week lank by haar gewerk. Hy het eergisteroggend omstreeks 08:30 vir haar gesê hy wil vir haar iets in die tuin wys.
Terwyl sy gebuk het om na iets te kyk wat hy op die grond vir haar beduie het, het die man Van der Hoven met ’n tuinvurk oor die nek geslaan.
“Dis toe dat ek val.
“Hy het my begin wurg waarna ek my bewussyn verloor het. Ek dink hy het gedink ek is dood.”
Die man het haar ook in die gesig geslaan.
Terwyl Van der Hoven in haar tuin gelê het, het die man haar skootrekenaar, handsak en kontant uit die huis gesteel en gevlug.
’n Huiswerker van Van der Hoven het haar te hulp gesnel nadat sy alarm gemaak het.
Sy is in die hoësorgeenheid van die Unitas-hospitaal opgeneem en gister na ’n private saal oorgeplaas.
“Ek praat swaar, want my gesig het geswel, maar ek voel al beter as gister (eergister),” het sy gesê.
Die 28-jarige man is kort ná die aanval in hegtenis geneem.
Hy het gister in die Pretoriase landdroshof op ’n aanklag van huisroof verskyn, het me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, gesê.
As iemand wat gereeld met misdadigers werk, het Van der Hoven gesê sy het haar waaksaamheid verslap.
“Al werk ek met misdadigers, is ek nes enige ander mens. Ek ervaar die aanval dieselfde. Ek is net dankbaar ek leef.”
101.
Adrie | Julie 3, 2009 at 8 : 57
En dit is die nuus.
102.
Adrie | Julie 3, 2009 at 9 : 00
Op dorings en soms rose.
103.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 9 : 02
Sjoe, kindergeweld is weer erg aan die toeneem !
104.
Adrie | Julie 3, 2009 at 9 : 02
Om 9 uur.
Ek skiet solank popcorn.
105.
Jaco | Julie 3, 2009 at 9 : 06
Adrie dit klink lekker ,kan ek maar kom.
106.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 9 : 11
Huh ? Wat het ek gemis ? Wat gebeur 9 uur dat ons popcorn nodig het ?
107.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 9 : 13
Jaco – om te kan spel of nie maak nie ‘n beter mens van jou nie !
108.
Jaco | Julie 3, 2009 at 9 : 17
Dankie Mathilda vir daai bietjie ondersteuning.
Kry vir jou Olga
109.
Adrie | Julie 3, 2009 at 9 : 20
Jaco
Jy sal te besig wees om opgekerf te word om nog te kan popcorn eet.
110.
Olga | Julie 3, 2009 at 9 : 24
En die dag toe hy jou gemaak het, het hy sy doring kroon opgehad. arme hy. jaco wanneer die skool begin kan jy weer st 6 seuntjie gaan imponeer. in die tussentyd, tilla is jou geselskap, los my uit.
111.
Olga | Julie 3, 2009 at 9 : 27
jy wat n christen is gee nie om om Godslasterlik te wees om jouself amusant te verklaar nie, vir my is dit n steen des aanstoots. hou by tilla, jy is nie my soort nie.
112.
Adrie | Julie 3, 2009 at 9 : 41
En nou het Jaco gaan skuiling soek.
113.
Jaco | Julie 3, 2009 at 9 : 50
Olga ,toevallig het n Dominie vir my die grappie verstel , dis alles behalwe Gods lasterlik.
En jy moet maar vir jou kry jys die een wat eerste gese het ek klink maar bietjie af , as iemand my afpis soos julle se moet sy maar vir haar kry.
Ek kom nooit 2de ,altyd 1ste ,Tilla klink in elk geval na n oulike dame net soos vele ander op die blok, ek sal besluit wanneer ek klaar is met jou, sterkte !
114.
Adrie | Julie 3, 2009 at 9 : 53
Ek dog hy hou van scramble eiers
115.
Adrie | Julie 3, 2009 at 9 : 57
Wie sien almal my geel gevreetjie?
116.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 9 : 58
Olga – klim van jou perdjie af – ek het jou niks gemaak nie ! Ek het net na aanleiding van Jaco se comment dat sy spelling suck gesê dit maak nie van hom ‘n slegte mens nie – dit was op niemand gemik nie
117.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 10 : 00
Nee – al gesiggies wat ek sien is Olga, klip en boervrou sn
118.
Jaco | Julie 3, 2009 at 10 : 03
Oooooooooo Olga ,ek sien jy maak vyanda gif appeltjie, en ja Adrie ek sien jou geel gevreetjie .
Ouluk
119.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 10 : 06
O ja – oor die topic – ek drink my coke maar ek is ‘n totale caffeine freak – ek kan nie operate sonder koffie nie – baie koffie !
120.
Jaco | Julie 3, 2009 at 10 : 25
Ja Mathilda ek stem saam oor die koffie maar coke is sleg vir jou tande. Jy wil nie op 50 sonder tande sit nie ,ek het al sulke plat bek mense gesien uuuuu iuuuu ,nie baie mooi nie .
Wat het van Willes geword sy is maar stil.
121.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 10 : 31
Ek kan nie ‘n dag sonder koffie begin nie
122.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 10 : 31
Ek gaan julle ook nou love en leave, ek het 11 uur ‘n meeting, sal later op opera kom inloer
123.
Adrie | Julie 3, 2009 at 10 : 33
Ek drink koffie, maar ek is nie afhanklik daarvan nie
124.
Adrie | Julie 3, 2009 at 10 : 34
Ek drink gewoonlik eers by die werk koffie, net omdat ek beskuit vir ontbyt eet
125.
Wille Kjind Q | Julie 3, 2009 at 10 : 35
Hies ek wee!
Hies ek wee!
Met my obs voor jou deur……………
Mev dominee gat julle bliksem as julle faait
126.
Wille Kjind Q | Julie 3, 2009 at 10 : 36
Ek drink gemiddeld 8 koppies koffie ‘n dag en dan natuurlik my 10L coke wat coca cola weier om my te sponser
127.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 10 : 36
Wie fight ?
128.
Wille Kjind Q | Julie 3, 2009 at 10 : 37
@ Jaco
Hies ek nou……….. PRAAT
129.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 10 : 37
Ek drink ook so 8 koppies koffie ‘n dag – die catch is dat my beker 500ml vat ! Ek doen GLAD nie water nie !
130.
Wille Kjind Q | Julie 3, 2009 at 10 : 38
@ *M*
Ek weeti. net iets raakgelees van popcorn. Popcorn spring net as mense faait
131.
*Mathilda* | Julie 3, 2009 at 10 : 40
Toedeldoe
132.
Adrie | Julie 3, 2009 at 10 : 46
Minimum 2 koppies, maksimum 4. Ek hoor dit beveg alzheimers
133.
Nats | Julie 3, 2009 at 10 : 49
Sjoe maar julle kan omtrent gesels!!!
More julle!!
Ek is MAL oor Coke!!! Verslaaf is seker die woord! Het op ‘n stadium in die oggend opgestaan met coke en gaan slaap met ‘n glas coke! Voor ek natuurlik tande borsel want dis nie lekker na tande borsel nie!
Moet sê ek het geen probleem gehad om te slaap nie.
134.
Nats | Julie 3, 2009 at 10 : 52
Ek sal koffie in die oggend drink – dis omtrent dit… maar koffie shop coffee kan ek baie drink!!! My eie koffie is nie vir my lekker nie. Ons werk se koffie is vir my te sterk so ek het my eie!
My oupa het BAIE BAIE koffie gedrink, toe sê die homopaat (spelling??) dis omdat hy te veel koffie gedrink het dat sy gehoor gegaan het… weti hoe waar dit is nie
135.
Adrie | Julie 3, 2009 at 10 : 56
Bog man.
136.
Hazeldene | Julie 3, 2009 at 10 : 57
MATHILDA AKA JACO U R A NASTY PIECE OF WORK. JELOUS OLD COW.
137.
Adrie | Julie 3, 2009 at 11 : 00
Julle
Ons gaan skyt die dag wat ‘n Afrikaanse onnie die blog beetkry.
Ek seker heelvoor.
138.
Nats | Julie 3, 2009 at 11 : 01
Hazeldene
Wat rook jy?? Ek soek ook!!!!
139.
Adrie | Julie 3, 2009 at 11 : 02
Hazel
Hoe gaan dit met jou goeie vriendin, Winnie?
140.
Nats | Julie 3, 2009 at 11 : 03
Tweeling
Moenie daaroor bekommerd wees nie… sodra hy/sy klaar gelees het sal die hartaanval in tree!
141.
Adrie | Julie 3, 2009 at 11 : 07
He He He
Of teen die tyd wat hy/sy klaar is gaan daar hare op sy tande groei.
In Hazel se geval moet sy bid ‘n Engelse onnie ontdek ons nie
142.
Nats | Julie 3, 2009 at 11 : 16
Adrie
Ja nee kyk Hazelnut sal ook haar stem se volume moet laat sak – net nou hoor die musiek onnie hoe “off key” en goor sy skreeu!
Of die bure gaan by die polisie kla oor rus versteuring!
143.
Nats | Julie 3, 2009 at 11 : 16
En da is ek spam!
Seker oor my spelling… WP dink seker ek vloek!
144.
Adrie | Julie 3, 2009 at 11 : 20
Ek sal jou nou gaan red, Tweeling
145.
Jaco | Julie 3, 2009 at 11 : 24
Hi Hazel bly om te hoor ek het nog n maaitjie , hello
Willes ,hoe gaan dit met jou maagt probleem. ha ha
146.
Nats | Julie 3, 2009 at 11 : 29
Jaco
Dis weird… Hazelnut noem jou Mathilda (‘n vrou), nasty piece of work en boonop ‘n koei… en sy bly jou maaitjie?
Wil nie weet hoe jou vyhande jou hanteer nie!
147.
Adrie | Julie 3, 2009 at 11 : 32
Tweeling
Fluister . . . Dit is vyand.
148.
Adrie | Julie 3, 2009 at 11 : 49
Amper daar
149.
Adrie | Julie 3, 2009 at 11 : 51
Dan kan ek mense deurmekaar maak.
150.
Adrie | Julie 3, 2009 at 11 : 54
Nie juis dat dit baie vat nie