Kokaiene en Kaffiene

Julie 2, 2009

Baie beter bekend as Coca Cola of sommer net pleinweg COKE. 

Ek is nie ‘n Coke slaaf nie, ek drink net in uitsonderlike gevalle skoon coke.  Ek ken wel baie mense wat meer Coke ‘n dag drink as die voorgeskrewe hoeveelheid water.  Ek ken self mense wat meer van Coke as van suurstof afhanklik is.  Wat dit drink soos ander mense ‘n oggendkoffie geniet.  Hulle drink dit voordat hulle gaan slaap.  Ek dink hulle borsel tot hulle tande daarmee.

Cocawine was deur John Pemberton in 1885 ontwikkel om as ‘n medisyne gepatenteer te word.  Wetgewing ‘n jaar later het dit verbied, waarna hy dit as ‘n koeldrank bemark is.  Dit was oorspronklik van ‘n apteek verkoop, juis omdat mense geglo het dat soda water gesondheidsvoordele inhou.  Volgens Pemberton was dit ‘n middel wat onder andere hoofpyn, impotensie en morfien verslawing genees het.  Pemberton was, ironies genoeg jare later steeds aan morfien verslaaf.

Asa Griggs Chandler het ‘n aandeel in Pemberton se Coca Cola Maatskappy bekom in 1887.  Pemberton het dit later weer aan ‘n groep besigheidsmanne verkoop en sy alkoholis seun het sy eie weergawe daarvan verkoop.  Volgens Pemberton was net sy seun daarop geregtig gewees om die naam Coca Cola te gebruik.  Chandler het dit onder ‘n ander naam probeer verkoop, maar nie juis sukses behaal nie.

Hy het alleenreg op die naam gekoop, sommige beweer met ‘n slenter, en die Coca-Cola maatskappy soos ons dit vandag ken gestig.  Vandag nog maak hulle die stroop wat wêreld versprei word om deur ander maatskappye aangemaak en gebottel te word.  Die formule word in die Sun Trust Bank se kluis gehou.  Net twee uitvoerende beamptes het toegang tot die formule en anders wat dikwels beweer word, ken hulle elkeen die hele formule.

Coca-Cola word van van die twee stimulante in Coke afgelei, naamlik Coca blare (wat kokaien bevat) en Kola blare (wat Kaffien bevat).  Oorspronklik het Coke wel kokaien bevat (9 mg per glas), self nadat Chandler dit 10 keer verminder het.  Sedert 1903 bevat Coke egter nie meer kokaien nie.  Die Coca ekstrak word van Stephen Maatskappy (die enigste maatskappy wat wettig kokaien kan invoer na Amerika) verkry, wat kokaien vir die mediese mark uit die blare onttrek. 

Enige Coke aanhanger sal jou kan vertel dat Kola drankies nie noodwendig Coke is nie.  In 1985 het die Coca Cola maatskappy ‘n nuwe Coke op die mark gesit.  Verbruikerstoetse het getoon dat mense dit bo ander Kola’s, insluitende Coke verkies.  Dit het egter ‘n storm veroorsaak, mense het die ou Coke terug geëis.  Die maatskappy moes doodeenvoudig terug verander het.

Coke proe blykbaar nie dieselfde van een bottelaar na ‘n ander nie.  Volgens Coca-Cola is Coke wat in Skopje, Macedonia gemaak is die lekkerste.

Is jy mal oor Coke?

Blogvraag:  Wie het Pepsi ontwikkel?

Blogantwoord:  Willes was reg, Dias het verdrink.

Entry Filed under: Uncategorized. .

194 Comments Add your own

  • 1. Liewe Heksie  |  Julie 3, 2009 at 11 : 55

    EEEEEERRRRRRSSSSSSSTTTTTTTEEEEEEEEE

  • 2. Liewe Heksie  |  Julie 3, 2009 at 11 : 56

    Wie het my voetjie gestel? :cry:

  • 3. Liewe Heksie  |  Julie 3, 2009 at 11 : 57

    En toe steel iemand nog my e ook.

    Dit is mislik hier. Ek gaan eerder vir Blommie kuier. Hy sal nie my goed vat nie.

  • 4. Nats  |  Julie 3, 2009 at 12 : 00

    Tweeling
    Posduif oppad… hy het nou net 2MB (Mielie Bags) geeet so hy mag dalk bietjie stadig wees!

  • 5. Nats  |  Julie 3, 2009 at 12 : 04

    Grrrrrr!!!

    Almal weet spelling is nie my sterk punt nie!!!

    Hello Liewe Heksie… hoe gaan dit vanmiddag met jou?

  • 6. Liewe Heksie  |  Julie 3, 2009 at 12 : 08

    Hallo Tannie Juffrou

  • 7. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 12 : 11

    Dankie

  • 8. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 at 1 : 00

    Toets

  • 9. Jaco  |  Julie 3, 2009 at 1 : 02

    Wat wil jy toets

  • 10. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 at 1 : 03

    GGGRRR!!!!!!

    ek staan hie in Mr Price en my beursie is byri werk. Ek het ‘n jean wat ek jare lank al soek en dis afgemerk na R49-99.

  • 11. Jaco  |  Julie 3, 2009 at 1 : 08

    Shame willes, if you snooze u looze

  • 12. Olga  |  Julie 3, 2009 at 1 : 10

    en skielik is mashishing (township) nou naby lydenburg met die thcaba chweu munisipaleteit. ek wonder nou nogal of PRETORIA nog swannie is….

  • 13. Olga  |  Julie 3, 2009 at 1 : 12

    ai homer se foon is nie my vriendelik nie. het seker geskrik vir my bakkies.

  • 14. Olga  |  Julie 3, 2009 at 1 : 13

    wk, gryp die jeans en hardloop.

  • 15. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 1 : 16

    Moet net nie gevang word nie.

    Ek weet jy wil beroemd wees, maar seker nie op Third Degree nie

  • 16. Olga  |  Julie 3, 2009 at 1 : 19

    ag, wk sal die 3rd degree mense teen die mure uitdryf. hulle sal nie weet wat tref hulle nie. besides, ek sal my bb neem om haar uit die selle te gaan uitbreek.

  • 17. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 1 : 21

    Olga

    Ek praat van as sy nie die selle oorleef nie, wat dan.

  • 18. Olga  |  Julie 3, 2009 at 1 : 21

    I luv it when a plan falls apart. die sapd het met soveel glee witmense se wapens ingeneem. nou moet hulle ieder en elke wapen wat hulle ingeneem het teen markwaarde uitbetaal.

  • 19. Olga  |  Julie 3, 2009 at 1 : 23

    my bb sal die selle oopbreek om haar uit te kry. hy is darem meer as plore.

  • 20. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 1 : 26

    Olga

    Het hy ‘n vuurpyl om vinnig tot Pta sentraal te kom?

  • 21. Olga  |  Julie 3, 2009 at 1 : 31

    In die 4 ure wat dit sal duur om in pta te kom, sal wk hulle op hulle tone hou. teen dan gaan hulle ons smeek om haar te vat.

  • 22. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 1 : 36

    Ek wonder hoeveel peppersproei neem dit om iemand te vergifting.

  • 23. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 1 : 37

    TIKKIE OP DIE SKOUER

    Die passasier in ‘n huurmotor tik die bestuurder op die skouer om hom iets
    te vra.

    Die bestuurder gil, verloor beheer oor die voertuig, ry amper in ‘n bus
    vas, jaag oor die sypaadjie en stop millimeters van ‘n winkel venster af.
    Vir ‘n paar oomblikke is alles doodstil. Die drywer sê toe, “Moet dit
    asseblief nooit weer doen nie. Ek het my amper doodgeskrik.”

    Die passasier vra toe om verskoning en sê hy het nie gedink ‘n tikkie op
    die skouer sou hom so laat skrik nie.

    Die bestuurder antwoord toe, “Dit is nie werklik jou fout nie. Vandag is my
    eerste dag as huurmotor bestuurder. Vir die laaste 25 jaar het ek ‘n
    lykswa bestuur!!”

  • 24. Jaco  |  Julie 3, 2009 at 1 : 48

    Hay maaitjies ,beur bietjie op dis Vrydag vandag.

  • 25. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 at 2 : 24

    TRUG!!!!!! SJOE!!!!!

    Ek het die 1 meisie byri werk gebel en gedwing om my beursie na Mr Price toe te bring. Ek het soos ‘n neut aan daai jean geklou. Probleem is nou dat ek NOG goeters gesien het terwyl ek vir ha gewag het. Nou sit ek met ‘n duik in my sak en ‘n plaas vol klere.

  • 26. Nats  |  Julie 3, 2009 at 2 : 26

    Terug… vir nou! :D

  • 27. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 2 : 30

    Willes

    As jy wag hoef jy nie die winkel leeg te koop nie

  • 28. Jaco  |  Julie 3, 2009 at 2 : 34

    Willes het jou size gehad

  • 29. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 at 2 : 38

    @ Jaco

    Die tente was uitverkoop :mrgreen:

  • 30. Nats  |  Julie 3, 2009 at 2 : 39

    Wille Q
    Sien da was ‘n rede hoekom jy nie met jou beursie winkels toe is nie!

    Ek het so paar dae terug gaan soek vir skoene… terug met klere maar alas geen skoene!

    Vanoggend is my kar in vir ‘n diens, brieke moet vervang word, en more gaan sit ek bande op :shock: Nou baie vies dat ek daai klere gekoop het! ;) Ag wat, sal maar brood en water eet die maand. Darem kan ek rond rits in nuuf klere met ‘n smile op my gesig (van honger pyne natuurlik) :lol:

  • 31. Jaco  |  Julie 3, 2009 at 2 : 40

    Ek wou net se die cirkus het ook n special op tente

  • 32. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 at 2 : 44

    WHUHAHAHAHAHAHAAAAAA!!!!!!!

    @ Nats

    Waas jou kar? Hkm bel jou my nie vi die brieke nie? En wat charge hulle jou?

  • 33. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 2 : 45

    Bande is blerrie duur.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 at 2 : 46

    @ Jaco

    Mind you…….. Ek het ‘n paar narre EN tente ;)

  • 35. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 at 2 : 46

    @ Nats

    As jy bande by Hi-Q in Hatfield kan opsit dan kan ek vi jou discount reël

  • 36. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 2 : 51

    En jy het ‘n ollie en kontakte met nog ollies.

  • 37. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 2 : 52

    Nou sal sy die info gee.

    GRRRRR

    Wanneer ek al klaar bande opgesit het.

  • 38. Nats  |  Julie 3, 2009 at 2 : 54

    Wille Q
    Dankie baie! Hulle vra ek dink R1100.00 vir my voorste remme labour ingesluit. Bande is so R500 elk by ContiPartner – Michelins :?: spelling!

  • 39. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 2 : 59

    Net R500?

    Ek het laas R1100 betaal, dit het darem die balansering en allignment ingesluit.

  • 40. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 3 : 01

    En die all road hazard guarantee

  • 41. Adrie  |  Julie 3, 2009 at 3 : 02

    Okay, ek loop.

  • 42. Jaco  |  Julie 3, 2009 at 3 : 06

    Julle moet lekker slaap vanaand ,dan praat ons weer Maandag

  • 43. Nats  |  Julie 3, 2009 at 3 : 13

    Tweeling
    Is jou bande nie groter as myne nie?
    Het gister ‘n quotasie gekry – en ek gaan ‘n memory stick kry wat soos daai vet mannetjie lyk!

    Wa het jy bande opgesit en wat?
    Daar was ‘n plek wat my R950 per band wou vra!! Goedkoopste wat ek kan opsit is R400 maar vir ‘n ekstra R100 sit ek eerder ‘n beter band op!

  • 44. Wille Kjind Q  |  Julie 3, 2009 at 3 : 28

    @ Nats

    As jy die part koop (R360) dan sit ekkit vi jou free of charge in!

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin
antonie on Toemaar
Joey on Die nag wat by my spook . .…

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye