Robinsina Crusoe
Julie 1, 2009
‘n Paar eeue gelede, toe Europa van hulle room (lees Suid-Afrikaners) en skuim (lees Australiërs) ontslae geraak het, was die kanse goed dat die skip sou vergaan. Die ou, baie bygelowige, seevaders het so na as moontlik aan die land gevaar. As daar moeilikheid sou kom, was daar die moontlikheid dat hulle wel die land sou kon bereik. (Hulle was natuurlik ook bang om van die aarde af te val, maar dit is ‘n ander storie).
Ons het gevestig geraak in ons nuwe vaderlande. Eers het ons niks in Europa (of elders) gesoek nie, toe was ons te arm. Stadig maar seker het ons wêreldburgers geraak. Vlieg het omtrent so allerdaags geword soos klim-in-jou-kar-en-ry-Spar-toe. Tot baie onlangs. Eers het die resessie mense langtand gemaak om te vlieg en nou val vliegtuie soos klei eende uit die lug.
Gestel wel jy is een van die bittergelukkiges was na so ‘n fiasko op ‘n eiland uit te spoel. Vingeralleen!! Wat dan?
Ek neem aan ‘n mens sal seker maar doen soos Robinson Crusoe. Red wat te redde is en hoop dat dit jou wel sal red wanneer dit nodig word. Vol hoop die bosse invaar met die verwagting om ‘n ander mens teë te kom. Hardbiddende dat die mens jou goedgesind gaan wees. Terselfde tyd die omgewing ‘n bietjie verken. As dit nie uitwerk nie, is dit tyd vir plan B.
Jy sal seker ‘n skuilintjie prakseer en hoop dit is bestand teen die elemente. Ek neem aan jy sal ‘n lekker uitkykpunt soek en daar ‘n vuurstapel bou. Met droë hout wat jy tussenin gesoek het. Dan gaan jy begin sukkel om ‘n vuurtjie te maak. Vir hoe lank dit mag neem, dit is nou nie asof jy iets beters het om te doen nie. Elke nou en dan gaan jy jou vererg en dink aan ‘n plan C. Terwyl jy natuurlik na vars water en kos soek. Weer en weer probeer, welwetende dat dit dalk jou enigste hoop is.
Wanneer jy die vuur bemeester het en nog steeds nie gered is nie, gaan jy seker probeer om jou omstandighede te verbeter. Maar wat dan? In vandag se lewe is ons nie meer op onsself aangewese om vermaak te word nie. Ons is gewoond aan selfone in die sak en ‘n rekenaar onder die arm. Wat doen ‘n mens op ‘n eiland waar jy dalk nie eers pen en papier het nie?
Ek dink dat jou bont varkies gou-gou soek gaan raak. Dit is nou as jy solank oorleef. Ek meen, jy het niemand om mee te praat nie. Jy is afgesluit van mense en het geen voeling wat in die wêreld aangaan nie. Geen musiek, geen leesstof, geen kameras, geen TV . . .
So dikwels word die idee van ‘n verlate eiland geromantiseer. Ek vir een hoop nie ek land onbepland op een nie.
En julle?
Blogvraag: Hoe is Bartolomeu Dias dood?
Blogantwoord: Olga was reg met Tatum O’Neal. Tilla was reg, sy het dit vir Paper Moon gekry toe sy 10 was, maar dit was nie deel van die vraag nie.
Entry Filed under: Uncategorized. .
178 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 24
Eerste!!!
2.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 27
Ek kan net onthou dat sy skip in stormagtige see waters missing geraak het
3.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 28
Ek dink da was 4 skepe
4.
Adrie | Julie 1, 2009 at 6 : 37
Willes, en die oorsaak van sy dood was?
5.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 43
Hyt versuip?
6.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 44
Ek weeti. Die biduur anties het begin opdaag so ek kanni google nie
7.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 45
Moet ek nog sê watte see dit was?
8.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 46
Da iewers naby die Kaap
9.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 47
Ek hoef seke nie te sê wat die skip se naam issi
10.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 49
3ling
Hoelaat is jou ………. Uhm afspraak?
11.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 50
Daas 4 rooflesers en niemand praati
12.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 51
OK……… Ek sal dan solank die post lees
13.
Adrie | Julie 1, 2009 at 6 : 52
So 9 uur. En nee, die see en skip is onnodig. Nar!
14.
*Mathilda* | Julie 1, 2009 at 6 : 55
24 Mei 1500 is hy dood in n violent storm in die Kaap de Goede hoop
15.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 58
Tilla
maw hyt versuip? Het jy ga google? Eks te lui
3ling
Gmpf!
16.
Wille Kjind Q | Julie 1, 2009 at 6 : 59
Die biduur gat nou begin. Praat later
17.
*Mathilda* | Julie 1, 2009 at 6 : 59
Willes – ek glo sy swemtaktiek het hom ini steek gelaat !
18.
Adrie | Julie 1, 2009 at 7 : 02
Hulle kon nie juis swem nie.
19.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 15
Goeie naand almal
Ek het klaar aangemeld vir nagskof!
20.
Olga | Julie 1, 2009 at 7 : 15
Hy het vermis geraak. heel waarskynlik hetwn haai hom opgevreet as hy nie verdrink het nie. anders swem hy nou nog. hy is dalk al halfpad portugal toe.
21.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 17
Ou Robinson was my hero…. real survivor!
22.
Olga | Julie 1, 2009 at 7 : 17
Ek het vir my tumi roti en kerrie gemaak. en leke geeet. nou wil ek slaap.
23.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 17
Seker hoekom porras so lief is vir vis……….
24.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 23
Olga het daai kerrie , genoeg woema vir considerable “ringsting” more ogend?
25.
Olga | Julie 1, 2009 at 7 : 24
Omdat hulle nie kan swem nie?
26.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 24
Ons het n Mr Ko Lee , wat die lekkerste roti’s maak
27.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 26
Skuus vir my spelling , ek was weer vandag by n disleksie klas
28.
Adrie | Julie 1, 2009 at 7 : 26
Seker net die Japanese wat geen respek vir die enigste mobi dick walvis sal he nie.
29.
Olga | Julie 1, 2009 at 7 : 26
dit was net plein leke klip. as da n ringsting is, eisj. dis more se worries.
30.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 28
Kerrie vir die koue , daar is niks beter nie
31.
Olga | Julie 1, 2009 at 7 : 28
ek sal graag n mr ko wou he. roti’s is leke. maar vrek baie werk.
32.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 40
Die Japanese voer walvis olie(vet) uit …hulle maak anti wrinkle cream daarvan
33.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 40
Ook nog nooit n walvis met plooie gesien nie
34.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 44
Was Jona , nie japanees gewees nie ?
35.
Klip | Julie 1, 2009 at 7 : 45
Wag ek begin tjol praat , geniet julle aand!!
36.
Olga | Julie 1, 2009 at 8 : 34
ek moet vir my van daardie anti wrinkle cream kry. dan sal my ninatjie weer se “ouma lyk vandag nes n mamma.”
37.
*Mathilda* | Julie 1, 2009 at 10 : 52
Hallo klip
38.
*Mathilda* | Julie 1, 2009 at 10 : 54
Olga, ek het vir my ma so yskas magneet gekoop wat sê ‘oumas is net antieke klein dogtertjies’
39.
*Mathilda* | Julie 1, 2009 at 11 : 04
Ag, ek moet seker probeer slaap
40.
*Mathilda* | Julie 1, 2009 at 11 : 07
Nightie night
41.
*Mathilda* | Julie 1, 2009 at 11 : 12
Moenie te hard werk nie klip – jy wil nie moeg wees as jy huistoe gaan nie
42.
Klip | Julie 1, 2009 at 11 : 59
Ek hang hier rond soos n hommelby …..
43.
Klip | Julie 1, 2009 at 11 : 59
Sweet dreams Mathilda
44.
Klip | Julie 2, 2009 at 3 : 47
Laas nag die tyd was dit al 07:00
45.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 5 : 09
More more
46.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 5 : 10
Dis amper Vrydag! Yippee!!!!!
47.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 12
More, more.
48.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 23
Ek is diep seer gemaak. My 3ling het wragtag vigeet van my 6 jaar herdenking!!!!!
49.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 24
Sy van alle mense moes onthou het
50.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 7 : 24
Nous my dag somme omgekrap
51.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 43
eisj. hoe sad. herdenk jy jou vryheid al solank? dan is dit tyd dat jy die buurman huis toe neem.
52.
demoerin | Julie 2, 2009 at 7 : 46
Ek sal duim vashou dat Brook Shields saam met my uitspoel op die eiland. Sy ken mos klaar van oorlewing op ‘n eiland.
53.
Olga | Julie 2, 2009 at 7 : 47
ek wil ook nie op n verlat eiland uitspoel nieg. ek is bang vir die donker. eisj. as ek egter doen, hoop ek dit is met n hand vol geld. dit sal eenvoudig gr8 wees om ALTYD meer geld te he as wat ek kan gebruik. wha ha ha ha ha ha ha.
54.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 8 : 01
Olga
55.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 8 : 03
Die clowns vat hul tyd om in te kom vandag
56.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 8 : 15
Enni maaikies ôk
57.
Adrie | Julie 2, 2009 at 8 : 20
More Almal
Willles, hoe moet ek weet wat doen jy en jou buurman in sy winkel.
58.
Beeld | Julie 2, 2009 at 8 : 49
’n Johannesburgse huiseienaar het ’n 11-jarige seun met sy jaggeweer doodgeskiet nadat hy hom blykbaar vir ’n inbreker aangesien het.
Mnr. Warren Vorster (35) van Parkmore en sy gesin was al meer as een keer misdaadslagoffers.
Hy het na verneem word eergisternag iets in die buitekamer gehoor en ondersoek ingestel.
Kgopotso Ramolefe (11) is in die kamer doodgeskiet, het insp. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, gister gesê. Hy en sy ma het vir die skoolvakansie by sy ouma, die Vorsters se huiswerker me. Elizabeth Ramolefe, gekuier.
Vorster is gisteraand steeds deur die polisie aangehou in die polisieselle van die Sandton-polisiekantoor.
Sy prokureur, mnr. Aadil Lambat, het die noodlottige skietery as ’n “tragiese voorval” beskryf en bevestig dat die Vorster-gesin onlangs misdaadslagoffers was. Maphakela het gesê die kind is geskiet deur die venster in die buitekamer waar sy ouma woon.
Vorster het volgens Maphakela eergisternag geluide in dié kamer gehoor, waarna hy gaan ondersoek instel het.
Hy het ’n skoot afgevuur, wat die seun getref het.
’n Familievriendin wat nie haar naam genoem wil hê nie, het gister buite die huis gesê dat die gebeure haar vriend, sy vrou en hul twee jong kinders geweldig getraumatiseer het.
“Dit is ’n vreeslike ding wat hier gebeur het,” het sy gesê.
“Hierdie gesin is al soveel keer deur misdaad geraak. Hulle is al drie keer by hierdie huis gekaap.”
Volgens haar het Vorster “paniekerig geraak” toe hy gedink het daar is ’n indringer in die huis.
“Hy wou net sy vrou en kinders beskerm. Dit was ’n aaklige ongeluk.”
Daar is glo vroeër die middag, enkele ure voor die skietvoorval, by die gesin se bure ingebreek.
Ramolefe werk al vier jaar vir die gesin in Parkmore.
Sy het aan Talk Radio 702 gesê sy verkwalik nie haar werkgewer nie.
“Hy het net sy gesin probeer beskerm.”
Tydens Beeld se besoek aan die huis gister het Ramolefe geslaap en familielede, wat nie met die media wou praat nie, het haar ondersteun.
Vorster doen vandag aansoek om borgtog in die Randburgse landdroshof. Hy word van moord aangekla.
59.
Beeld | Julie 2, 2009 at 8 : 56
Die polisie soek ’n pa wat na bewering sy vervreemde vrou aangerand en toe met hul driejarige dogter gevlug het.
Me. Marguerite Fasen (32) sê die voorval het verlede Woensdag gebeur toe haar man, mnr. Willem Fasen (32), op haar ouers se plaas buite Ventersdorp opgedaag het. Sy het hom twee dae tevore verlaat. Sy het hul dogter, Monique, saam met haar geneem.
“My ouers het my verlede Maandag by ons huis in Krugersdorp kom haal en hy het ons agtervolg.”
Volgens Fasen het ’n polisielid wat ook teenwoordig was haar man toe gewaarsku dat haar ouers se plaas private eiendom is, maar hy het glo twee dae later teruggekeer.
“Hy het gewag totdat my pa en my boetie weg is en my en my ma aangerand.”
Fasen sê haar man het haar en haar ma, me. Annatjie Pauley, met ’n vuisyster (knuckleduster) geslaan en Monique toe “met geweld afgevat”.
“Hy kruip nou weg en lei die polisie op ’n dwaalspoor.”
Fasen en haar man het ’n motorhandelaaronderneming van hul huis in Krugersdorp af bedryf, maar hy is nie by die huis nie.
“Ek weet nie eens hoe dit met Monique gaan nie. Hy (mnr. Fasen) het my vanoggend (gisteroggend) gebel en gesê sy is siek. Hy dreig en intimideer ons. Ek weet nie wat die waarheid is nie.”
Fasen sê sy het haar man sowat 18 maande gelede ook verlaat en toe ’n interdik teen hom gekry.
Supt. Kebaakae Metsi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê klagte van ontvoering en aanranding word ondersoek.
60.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 8 : 58
@ Adriana Magrieta Swanepoel
61.
Beeld | Julie 2, 2009 at 8 : 58
“Ek het nie meer ’n rolstoel nodig nie. Ek loop nou soos ’n ouma. Dis baie lekker om nie meer ’n rolstoel te hê nie.”
So het die hoogs opgewonde verlamde klein Courtney Ellerbeck (9) gister in Johannesburg gesê nadat sy onlangs haar eerste treë gegee het danksy ’n spesiale loopstut van die VSA.
Courtney het in Maart 2000 sover bekend Suid-Afrika se jongste misdaadslagoffer tot nog toe geword. Haar ma, Lesley, was swanger met haar toe sy tydens ’n motorkaping aan die Oos-Rand in die maag geskiet is. Die koeël het Courtney in die boud getref en soveel skade aangerig dat sy in haar onderlyf verlam is.
Courtney het Saterdag haar “nuwe bene” gekry. Sy loop ook met ’n loopraam om te keer dat sy agtertoe val.
“Sy swaai skoon soos ’n dronk mens,” het me. Lesley Ellerbeck (32) gister tuis in Bonaeropark in Kempton Park aan die Oos-Rand gesê.
Sy is nou met skoolvakansie, maar kan nie wag om haar maatjies by die Muriel Brand-skool in Brakpan te wys hoe sy loop nie.
“Ek weet sommer my onderwyser gaan huil.”
Toe sy Sondag by die Metodistekerk in Kempton Park ingeloop het, is sy met ’n geroffel van tromme begroet.
Ellerbeck sê sy het nie geweet of sy moet huil of lag nadat sy Courtney sien loop het nie.
“Ek is baie gelukkig, maar ook bekommerd. Ek wag altyd vir die ‘maar’, want daar was nog altyd een.”
Courtney sê die stut is bietjie ongemaklik, maar dit pla haar glad nie.
“Sy het nog altyd gesê sy gaan loop. Haar kop is reg,” het Ellerbeck gesê.
62.
Beeld | Julie 2, 2009 at 9 : 04
Die polisie het ’n Johannesburgse man glo “sonder rede” aangerand en in die tronk gestop nadat hulle hom van dwelmbesit beskuldig en beveel het om sy broek in die openbaar uit te trek.
Mnr. Angelo Oosthuizen (30) van Berea in Johannesburg was glo Saterdagmiddag met sy motorfiets op pad om by sy ma, me. Adele Oosthuizen, te gaan kuier.
Hy het in Tudhopelaan, Berea, gestop om ’n sigaret te rook.
Volgens me. Oosthuizen het lede van die Langlaagte-honde-eenheid met hul patrolliemotor langs hom gestop en gesê hulle weet hy sit daar om dwelms te koop. “Hy het geantwoord hy rook slegs ’n sigaret en dat die polisiebeamptes hom net hoef te vra as hulle hom wil deursoek. Hulle het gesê hy moenie vir hulle sê wat om te doen nie.”
Hulle het hom glo in die straat deurgesoek en daarna beveel om sy broek uit te trek.
“Toe hy weier om dít te doen, het die vrou gesê: ‘Julle f****n dwelmslawe is almal dieselfde.’ My seun het toe sy humeur verloor en gevloek.”
Mnr. Oosthuizen is glo op die kop en nek geslaan, geboei, in die patrolliemotor gestop en na die Hillbrow-polisiekantoor geneem waar hy aangekla is van crimen injuria en dat hy ’n polisielid verhinder het om haar werk te doen.
“Hulle het nooit dwelms by hom gevind nie,” het me. Oosthuizen gesê. “Sy enigste ‘oortreding’ was om te weier om sy broek in die openbaar uit te trek.”
Volgens me. Oosthuizen is sy later Saterdagmiddag na die polisiekantoor. “Hulle kon my nie sê hoekom hy daar is nie en het gesê sy borgtog is R1 000. Hulle wou ook nie sê wie die beamptes was wat hom in hegtenis geneem het nie.”
Mnr. Oosthuizen het die hulp van ’n prokureur gekry en is vrygelaat en gewaarsku om eergister in die Hillbrow-landdroshof te verskyn.
“Die saak is daar teruggetrek en die polisielede het nie eens opgedaag nie,” het me. Oosthuizen gesê.
Kapt. Cynthia Magoai, polisiewoordvoerder, het bevestig Oosthuizen is van crimen injuria aangekla.
“As hulle ongelukkig is met hoe hulle behandel is, moet hulle ’n klag by die polisie indien.”
63.
Beeld | Julie 2, 2009 at 9 : 05
Buks Viljoen
’n Voormalige lykhuiswerker van Lydenburg wat verlede week beweer het hy het liggaamsdele wat hy as moetie verkoop het van ’n Nederlandse toeris se lyk afgesny, mislei die polisie.
So sê kapt. Leonard Hlathi van Mpumalanga se eenheid teen georganiseerde misdaad.
Beeld het eergister berig oor uitlatings wat die lykhuiswerker mnr. Ben Mongadi (35) gemaak het dat hy die hand en bors van die vrou afgesny het nadat sy in ’n ongeluk buite Lydenburg dood is.
Drie mense, onder wie twee Nederlandse vroue, is in dié gru-botsing dood skaars vier uur nadat hulle vir vakansie in Suid-Afrika aangekom het.
“ ’n Senior polisie-offisier het albei lyke, wat tans in ’n Pretoriase lykhuis is, persoonlik gaan bekyk ná Mongadi se bewerings. Geen liggaamsdele word vermis nie,” het Hlathi gesê.
Mongadi en ’n selfaangestelde “pastoor” van Acornhoek, mnr. Phillemon Baloyi (47), is twee weke gelede deur die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad aangekeer. Mongadi het glo aan Baloyi liggaamsdele vir R800 verkoop. Toe Baloyi geprobeer het om die liggaamsdele vir R3 500 aan ’n toordokter te verkoop is hy gearresteer.
Mongadi het eergister in die hof in Lydenburg verskyn. Baloyi het gister weer vlugtig in die hof in Acornhoek verskyn.
Die saak is tot later vandeesmaand uitgestel.
64.
Nats | Julie 2, 2009 at 9 : 06
Hallo julle!!
Wat is daai fliek se naam waar Tom Hanks alleen op ‘n eiland uitgespoel het? Dit was baie baie goed gewees!! En ook baie hartseer gewees, ek moet dit eintlik weer kyk!
Hy het mos “vriende” gemaak met ‘n bal, ‘n gesiggie gemaak en die bal was sy maat – met hom gepraat en alles, dink dis dalk hoekom hy nie juis baie mal geword het nie.
65.
Adrie | Julie 2, 2009 at 9 : 06
Willes
Jy kan bly wees as ek jou verjaarsdag onthou.
66.
Adrie | Julie 2, 2009 at 9 : 13
Cast Away as ek reg onthou.
67.
Olga | Julie 2, 2009 at 9 : 15
Re# 58. hy wou sy gesin in die huis beskerm deur buite toe te gaan en n skoot deur die buitekamer se venster, wat hy geweet het word deur die huishulp bewoon te gaan skiet. baie logies. hy het n geluid in die buitekamer gehoor. ja, ma die buitekamer word bewoon. deur die huishulp. tog gaan skiet hy n skoot deur di venster. ek sou gevra het “liesabet, wat gaan hier aan?”
68.
Adrie | Julie 2, 2009 at 9 : 19
Olga
Ek dink daar is hopeloos te veel cowboys wat vuurwapens besit.
69.
*Mathilda* | Julie 2, 2009 at 9 : 26
Willes
Vier jy VANDAG jou vryheid ? Dag en datum ?
70.
Olga | Julie 2, 2009 at 9 : 26
snaaks hoe dat dit net crimen injuria is as jy die polisie vloek. as hulle jou vloek, dan is dit niks.
71.
Adrie | Julie 2, 2009 at 9 : 29
Tilla
Sy vier die dag voordat sy uit haar huis uitgeskop is. Voordat sy geweet het sy gaan skei.
72.
Adrie | Julie 2, 2009 at 9 : 31
Ek sweer ek het deesdae meer respek vir ‘n misdadiger as die polisie.
73.
Olga | Julie 2, 2009 at 9 : 34
die polisie lid wat hom beveel het om sy broek uit te trek was n vrou. het dalk drange gehad. of lanklaas aksie gesien. snaaks hoe hulle altyd aankla, beskuldigings maak dan word die saak teruggetrek.
74.
Olga | Julie 2, 2009 at 9 : 36
Dis kleinlikheid. hulle kan jou eerste vloek en slegse. doen jy in rome wat die romeine met jou doen, dan is daar gronde vir klagtes.
75.
Nats | Julie 2, 2009 at 9 : 38
Tweeling
Ja Cast Away!! Ek het dit baie geniet!
Wille Q
In daai geval – Congrats!!
76.
Adrie | Julie 2, 2009 at 9 : 52
Nats
Sy rou eintlik.
Olga
Dalk as hulle meer werkloses in die polisie opneem, sal daar ‘n verbetering intree.
77.
Jaco | Julie 2, 2009 at 9 : 56
Olga klink my jyt gereeld met die polisie te doen.
78.
Nats | Julie 2, 2009 at 9 : 57
Adrie
O… ok… in daai veval
Wille Q
Ek dra vandag swart – Help dit darem?
Die probleem met die polisie is soos met al die ander probleme wat ons kry in Binnelandse sake, enige hof, hospitale ens ens… die mense word nie meer reg opgelei nie en hulle dink omdat die “power” nou by hulle is kan hulle maak en breek soos hulle wil en jy kan niks maar niks aan hulle doen nie – en hulle is in elk geval te dik vellig om om te gee.
79.
Adrie | Julie 2, 2009 at 10 : 06
Nats
Dit is geen verskoning vir magsmisbruik nie.
Jaco
Jy kom huil nie by my as Olga jou op jou plek wys nie.
80.
Jaco | Julie 2, 2009 at 10 : 10
Ek wag daarvoor Andre
81.
Adrie | Julie 2, 2009 at 10 : 28
Sure, Jacoba
82.
Nats | Julie 2, 2009 at 10 : 28
Adrie
Ek maak nie vir hulle verskonings nie. Ek stem saam hulle misbruik hulle mag.
Jaco
Wie is Andre?
83.
Jaco | Julie 2, 2009 at 10 : 32
Ek neem so min notisie van haar dat ek nie eers gesien het dis Adrie nie , geen wonder sy kom op vir haar maaitjie nie.
84.
Salome | Julie 2, 2009 at 10 : 33
KOFFIE!!!
More almal!!!!
85.
*Mathilda* | Julie 2, 2009 at 10 : 33
Willes
As jy my eendag kom antwoord – ons het dan iets in gemeen, ek is ook tot op dag en datum die 2de Julie geskei (al verskil is myne is nie 6 jaar nie maar 10)
86.
Salome | Julie 2, 2009 at 10 : 33
Ek sal seker nou weer 1000 comments moet skryf om op te maak vir lost time
87.
*Mathilda* | Julie 2, 2009 at 10 : 35
Saloom
Thanx viri koffie
Jaco
More
88.
Salome | Julie 2, 2009 at 10 : 36
Ek sal seker nou weer hier moet pad gee sodat die kinners kan games speel. En nou het ek so baie van hulle. Liefie het besluit ek moet “mommy daycare” wees en van die mense wat by hom werk se kinners bly bedags hier.
Sjoe . . . , kan ek maar met een van julle jobs ruil?
89.
Adrie | Julie 2, 2009 at 10 : 38
Jacomina
Dit is jou voorreg.
Salome
4 is nog lank nie ‘n 1000 nie.
90.
Adrie | Julie 2, 2009 at 10 : 39
Jacomina
Die mense daarso in Kameelpoort soek hulle krag terug. Lyk nie of jy jou werk doen nie.
91.
Adrie | Julie 2, 2009 at 10 : 40
3 comment, nie vier nie. Saloom, jy kort nog ‘n volle 997 comments
92.
Olga | Julie 2, 2009 at 10 : 49
nogal jaco. ek pis gereeld moddergooiers soos jy se batterye nat en stuur hulle ikeys toe.
93.
Jaco | Julie 2, 2009 at 10 : 51
Adrie ek soek self ook n bietjie krag vir die dag ,kan jy dalk help.
94.
Olga | Julie 2, 2009 at 10 : 53
Jacobina? of meen jy ou tante koba met die mat broek? wens seker sy kan jaco wees.
95.
Olga | Julie 2, 2009 at 10 : 54
ja, gaan trek n droe broek aan en hou jou kniee teen mekaar. dankie.
96.
Olga | Julie 2, 2009 at 10 : 54
demmit, daar vergeet ek. ha ha.
97.
Olga | Julie 2, 2009 at 10 : 56
nou wag ta koba eers om te hoor wat gy moet se.
98.
Olga | Julie 2, 2009 at 10 : 57
ha ha sing die donkie as sy stoep toe gaan. ha ha, ha ha ha ha ha ha.
99.
Adrie | Julie 2, 2009 at 11 : 01
Jacomina
Nope, ek weet net hoe om krag te misbruik.
100.
Adrie | Julie 2, 2009 at 11 : 02
Olga
As jy iemand gaan afpis, gaan dit seker seer maak as die ysblokkies hom tref.
101.
Adrie | Julie 2, 2009 at 11 : 04
Ek kon nie help om vanoggend oppad werk toe aan die stofie grappie te dink nie.
102.
Olga | Julie 2, 2009 at 11 : 05
ou julius malema het sy stem terug gekry. hy reken die myne moet genationaliseer word. wha ha ha ha ha en die banke moet almal aan die staat behoort.
103.
Jaco | Julie 2, 2009 at 11 : 07
Olga as iemand vir jou se jy is mooi en aantreklik, vat dit maar met n knippie sout en se maar net dankie al weet jy dis nie waar nie, want enige iemand kan n fout maak.
104.
*Mathilda* | Julie 2, 2009 at 11 : 21
Watter stofie grappie ?
105.
Adrie | Julie 2, 2009 at 11 : 36
Die stofie grappie van Sannie en Jannie.
106.
Jaco | Julie 2, 2009 at 11 : 37
Houzit Mathilda
107.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 12 : 03
@ Tilla
Ek kan jou nie op ‘n openbare blog antwoord nie
@ Adriana
Ek was nie uitgeskop nie. Ek was ge uhm…… ja
108.
Jaco | Julie 2, 2009 at 12 : 36
Julle is maar stil, is julle bang om iets te se ?
109.
Adrie | Julie 2, 2009 at 12 : 41
Willes
You’ve been screwed after you have been screwed.
110.
Jaco | Julie 2, 2009 at 12 : 49
Dit klink amper lekker
111.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 12 : 59
ADRIANA!!!!!!!! Gat spoel dadelik jou mond met tjoklits uit!
@ Jaco
My 3ling is ‘n nar. Ignoreer asb haar laaste comment
112.
Jaco | Julie 2, 2009 at 1 : 05
Net solank ek ook kan tjoklits kry.
113.
Adrie | Julie 2, 2009 at 1 : 06
Jy is die een wat op ‘n herdenking aangedring het.
114.
Adrie | Julie 2, 2009 at 1 : 07
Ja, kan iemand asseblief vir ons tjoklits bring?
115.
Jaco | Julie 2, 2009 at 1 : 07
Kan ek ook na die herdenking toe kom ,aan wat het ons die eer te danke.
116.
Adrie | Julie 2, 2009 at 1 : 10
Aan Willes se laaste iets-wat-sy-skielik-oor-skaam-is
117.
*Mathilda* | Julie 2, 2009 at 1 : 16
Willes skaam ? That’s a first !
118.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 1 : 16
@ A3
TSK!
@ Jaco
Aanename kennis. My naam is Willes
119.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 1 : 18
@ Tilla
Jou kloon sukkel wee met my vandag
120.
Jaco | Julie 2, 2009 at 1 : 18
Hello Willes my naam is Jaco ,hoe like jy my so ver.
121.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 1 : 19
Eks hommer
122.
Adrie | Julie 2, 2009 at 1 : 20
Tilla
Hoe verduidelik jy dit dan?
Eers soek sy erkenning en nou praat sy dit weg.
123.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 1 : 20
@ Jaco
Ek het jou noggi met die hand gegroet nie so ek salli weeti. As jy jou tjoklits met my deel sal ek jou meer like
124.
Adrie | Julie 2, 2009 at 1 : 23
Op die oomblik groet ek net mense met warm hande met die hand
125.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 1 : 26
Adriana Magrieta Swanepoel
Jy weet blêrrie goed dat dit die herdenking is van my nuurgevonde maagdelikgeid!!! Daas dit……… uitgeblaker op ‘n openbare blog!
126.
Adrie | Julie 2, 2009 at 1 : 29
Willes
Daar is geen wetenskaplike bewyse daarvoor nie. Nope, jy is nie ‘n virgin nie.
127.
Jaco | Julie 2, 2009 at 1 : 42
Hoekom so ongelukkig Willes ( Shame some girls has all the luck) gee my jou werks addres dan stuur ek vir jou tjoklets en sommer miskien nog n blommetjie ook
128.
Sis Dudu | Julie 2, 2009 at 1 : 43
Welles se tjend, het jy gakry hom die panty kouse se wejen
129.
Sis Dudu | Julie 2, 2009 at 1 : 46
Die lektoq van die joenewesatie gaspel hom adres vakeerd. Deibie gy moet gaspeel hom met die gr.0 se bloks.
130.
Adrie | Julie 2, 2009 at 1 : 54
Hallo Dudu
Het jy mooi gestofsuig by my?
131.
Jaco | Julie 2, 2009 at 2 : 10
Aan Dudu ,jy moet se as Adrie jou mishandel, ek sal haar vas vat met warm hande
132.
Adrie | Julie 2, 2009 at 2 : 12
Jacomina
Jy het hoE ambisies, ek hou daarvan.
Ek hoop jy hou van scramble eiers.
133.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 2 : 12
@ Jaco
Gee my jou adres dan kom haal ek my se tjoklits
@ Ous Dudu
My pêntiehous is styf om my se bene getrek
134.
Jaco | Julie 2, 2009 at 2 : 23
Ja Adrie ek hou van scrable eggs en Willes ek kan mos nie my addres vir jou op die blok gee nie Olga het haar mes vir my in.
135.
Adrie | Julie 2, 2009 at 2 : 27
Liewe Ouers
Maar Jac is nou deur mekaar.
136.
Adrie | Julie 2, 2009 at 2 : 31
Jaco
Ek is bly om dit te hoor.
137.
Jaco | Julie 2, 2009 at 2 : 36
Adrie ek hoop nie ek is Jac nie want dan is jy besig om moeg te raak ek is Jaco
138.
Adrie | Julie 2, 2009 at 2 : 42
Jac = Jacaranda
Die we^reld draai nie om jou nie.
139.
Jaco | Julie 2, 2009 at 2 : 45
Adrie ek like om die middelpunt van belangstelling te wees , en ja Jakaranda is maar bra verveelig op die oomblik
140.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 2 : 56
Test4kintieng
141.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 2 : 58
GGGRRR!!!!!!
142.
Nats | Julie 2, 2009 at 3 : 03
Alo alo julle!!
Nog net 2 ure oor… en my maand einde is ampertjies klaar!! Maar dis ons jaar einde ook
Ek het nou skoon pyn op my maag – besluit mos ek eet daai chuckles van Woolies… nou pyn my maag!!
143.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 3 : 03
Roofleser
Het jy dalk tjoklits by jou?
144.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 3 : 04
NATS!!!!!!!!!
145.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 3 : 06
@ Nats
Ek sien jy en jaco snoep ons lekka met swiets en tjoklits
146.
Jaco | Julie 2, 2009 at 3 : 12
Ag Willes van watse tjoklits hou jy ,ek sal spesiaal vir jou gaan koop, wil jy dalk n chomp he ou groot bek.
147.
Adrie | Julie 2, 2009 at 3 : 13
Tweeling
Kry vir jou. Jy wou mos nie deel nie.
148.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 3 : 14
@ Jaco
149.
Nats | Julie 2, 2009 at 3 : 15
Wille Q!!!!!!!!!!!!
Asb eet die laaste chuckles!! Regtig ek maak nie grappies nie, ek het lanklaas sooo maag pyn gehad! Of dis daai spagetti bolonaise van hulle… was in elk geval nie lekker nie.
150.
Wille Kjind Q | Julie 2, 2009 at 3 : 15
@ 3ling
Jy moet laaste praat van nie wil deel nie. Jy en Olga eet mos tjoklit koek onneri tafel wa niemand julle kan sien nie