Robinsina Crusoe

Julie 1, 2009

‘n Paar eeue gelede, toe Europa van hulle room (lees Suid-Afrikaners) en skuim (lees Australiërs) ontslae geraak het, was die kanse goed dat die skip sou vergaan.  Die ou, baie bygelowige, seevaders het so na as moontlik aan die land gevaar.  As daar moeilikheid sou kom, was daar die moontlikheid dat hulle wel die land sou kon bereik.  (Hulle was natuurlik ook bang om van die aarde af te val, maar dit is ‘n ander storie).

Ons het gevestig geraak in ons nuwe vaderlande.  Eers het ons niks in Europa (of elders) gesoek nie, toe was ons te arm.  Stadig maar seker het ons wêreldburgers geraak.  Vlieg het omtrent so allerdaags geword soos klim-in-jou-kar-en-ry-Spar-toe.   Tot baie onlangs.  Eers het die resessie mense langtand gemaak om te vlieg en nou val vliegtuie soos klei eende uit die lug.

Gestel wel jy is een van die bittergelukkiges was na so ‘n fiasko op ‘n eiland uit te spoel.  Vingeralleen!!  Wat dan?

Ek neem aan ‘n mens sal seker maar doen soos Robinson Crusoe.  Red wat te redde is en hoop dat dit jou wel sal red wanneer dit nodig word.  Vol hoop die bosse invaar met die verwagting om ‘n ander mens teë te kom.  Hardbiddende dat die mens jou goedgesind gaan wees.  Terselfde tyd die omgewing ‘n bietjie verken.  As dit nie uitwerk nie, is dit tyd vir plan B.

Jy sal seker ‘n skuilintjie prakseer en hoop dit is bestand teen die elemente.  Ek neem aan jy sal ‘n lekker uitkykpunt soek en daar ‘n vuurstapel bou.  Met droë hout wat jy tussenin gesoek het.  Dan gaan jy begin sukkel om ‘n vuurtjie te maak.  Vir hoe lank dit mag neem, dit is nou nie asof jy iets beters het om te doen nie.  Elke nou en dan gaan jy jou vererg en dink aan ‘n plan C.  Terwyl jy natuurlik na vars water en kos soek.  Weer en weer probeer, welwetende dat dit dalk jou enigste hoop is.

Wanneer jy die vuur bemeester het en nog steeds nie gered is nie, gaan jy seker probeer om jou omstandighede te verbeter.  Maar wat dan?  In vandag se lewe is ons nie meer op onsself aangewese om vermaak te word nie.  Ons is gewoond aan selfone in die sak en ‘n rekenaar onder die arm.  Wat doen ‘n mens op ‘n eiland waar jy dalk nie eers pen en papier het nie?

Ek dink dat jou bont varkies gou-gou soek gaan raak.  Dit is nou as jy solank oorleef.  Ek meen, jy het niemand om mee te praat nie.  Jy is afgesluit van mense en het geen voeling wat in die wêreld aangaan nie.  Geen musiek, geen leesstof, geen kameras, geen TV . . .

So dikwels word die idee van ‘n verlate eiland geromantiseer.  Ek vir een hoop nie ek land onbepland op een nie.

En julle?

Blogvraag:  Hoe is Bartolomeu Dias dood?

Blogantwoord:  Olga was reg met Tatum O’Neal.  Tilla was reg, sy het dit vir Paper Moon gekry toe sy 10 was, maar dit was nie deel van die vraag nie.

Entry Filed under: Uncategorized. .

178 Comments Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 3 : 21

    @ My 3ling se 2ling

    Fênks!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 3 : 23

    Ek wens ek was nou op ‘n tropiese eiland gestrand maar da moet krag en alles wees

  • 3. Adrie  |  Julie 2, 2009 at 3 : 24

    Daardie Olga het dit verseker alleen geeet of met Bessie gedeel. Ek het nie een krummel gekry nie.

  • 4. Jaco  |  Julie 2, 2009 at 3 : 33

    Dit klink vir my julle is n klomp duk sussies nie een onder 100kg nie met al die tjoklits wat julle eet, ha ha ons praat weer more.

  • 5. Adrie  |  Julie 2, 2009 at 3 : 45

    200 kg, TSK

  • 6. Nats  |  Julie 2, 2009 at 3 : 46

    My Tweeling se Drieling
    Dis net ‘n plesier!
    Solank daai tropiese eiland bartenders het wat heeldag pina colades aandra sal ek saam met jou verlore gaan raak daar!

  • 7. Coyote  |  Julie 2, 2009 at 3 : 47

    Hi Willes congrats myne was in feb 4jaar ek het n topdeck as jy wil he

  • 8. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 3 : 48

    @ Jaco

    GMPF!!!! Ek het DRIE kg al verloor so ek weeg nou 99.9kg

  • 9. Nats  |  Julie 2, 2009 at 3 : 51

    @ Marilyn Manson
    Grrrrr…. 200kg!! Net nou is Jaco ‘n feeder… wat dan!!!??

  • 10. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 3 : 55

    @ Coyote

    Fênks maaikie

  • 11. Coyote  |  Julie 2, 2009 at 3 : 55

    Nats dan is julle almal in die tjol ha ha ha

  • 12. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 3 : 56

    Eks NOGSTEEDS hommer

  • 13. Coyote  |  Julie 2, 2009 at 3 : 56

    Pleasure dis huis toe gaan tyd yippy

  • 14. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 3 : 58

    Ma as ek eet dan gat ek OOR 100kg wees :shock:

  • 15. Adrie  |  Julie 2, 2009 at 3 : 59

    Tweeling

    SJUUUT

  • 16. Coyote  |  Julie 2, 2009 at 4 : 00

    Willes ek het net koekies ek los dit innie k-buis vir jou

  • 17. Nats  |  Julie 2, 2009 at 4 : 03

    Tove maak more klaar by Jac… :cry:
    Ek het haar show geniet!

  • 18. Adrie  |  Julie 2, 2009 at 4 : 03

    Coyote

    Nou los jy koekies vir die verkeerde mens. 6 jaar is afterall niks nie.

  • 19. Adrie  |  Julie 2, 2009 at 4 : 04

    Ag nee!!!!

    Hoekom???

  • 20. Adrie  |  Julie 2, 2009 at 4 : 14

    GRRR

  • 21. Nats  |  Julie 2, 2009 at 4 : 51

    Wat nou van 6 jaar!?

  • 22. Adrie  |  Julie 2, 2009 at 4 : 59

    Tweeling

    Tel 6 en herdenkings by mekaar

  • 23. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 5 : 02

    @ Nats

    Huh?

  • 24. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 5 : 09

    Oe ek wil huistoe gaan
    Na mamma toe………………

  • 25. *Mathilda*  |  Julie 2, 2009 at 5 : 46

    Ag nee – waar gaan Tove heen ?

  • 26. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 6 : 16

    Tilla

    Aag seke nie vêr nie……….

  • 27. Wille Kjind Q  |  Julie 2, 2009 at 6 : 24

    EERSTE!

  • 28. Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld  |  Julie 3, 2009 at 7 : 27

    [...] jou iewers bevind in ‘n land waarvan jy nie die taal magtig is nie. Jy sien, hoor en beleef dinge wat nie op die toeriste-roetes is nie – en vir solank ek my een voet voor die ander kan sit, [...]

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

25 Christmas questio… on Blerrie huiswerk
vis on Tafelmaniere
Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye