Kinderpartytjies

Junie 30, 2009

Met Baba Jana wat more 7 word, kan ons seker vandag oor kinderpartytjies praat.  Die snotneus sal ons seker kom vertel van hoe dit nou eintlik werk.

My ma het wel vir ons partytjies gehou toe ons klein was.  Dit was tot sy uitgevind het dat Wimpy soveel minder moeite is, maar dan het ons nog steeds ‘n keuse tussen ‘n partytjie en ‘n ete in die Wimpy gehad.  Die ete in die Wimpy het glad nie beteken dat daar nie koek was nie.  Koek is net so groot deel van verjaarsdae as die geskenke self.

Van geskenke gepraat, die verjaarsdagmeisie /seun het altyd twee geskenke gekry.  ‘n Groot een en ‘n klein een.  Al die boeties en sussies het saam ‘n kleintjie gekry, net sodat daar nie ‘n bakleiery moet wees nie.  Die storie het net gehou tot ons op sakgeld aangedring het en toe self vir die verjaarsdagboetie/sussie ‘n geskenk moes koop.  Die verjaarsdagmaatjie sou jou met ‘n sny koek beloon het.

Vandag nog is die koek ‘n groot storie, of ons by die huis is of nie.  Ons is seker geseën met ‘n ma wat goed kan bak en nie omgee om aan ons grille te voldoen nie.  Ek soek nog steeds elke jaar my wortelkoek en ek kry nog elke jaar my wortelkoek.  Elkeen van ons het natuurlik hulle eie gril wat die koek betref. 

Wel, terug na die tyd waar ons haasbekke met stukkende knieë was.  Ons kon altyd ‘n paar maatjies van skool nooi.  Die ander gaste was familievriende, niggies en nefies.  Hulle was gewoonlik met ‘n uitnodiging uit ‘n skryfblok genooi gewees.  (Die skryfblok het sommer daarna as ruilpapier gedien).  Ons het twee koeke gehad.  Een temakoek en een wat ons ouderdomsgetal was.  Daar was natuurlik southappies, soethappies (het ek genoem dat my ma ‘n goeie bakster is?), lekkergoed, skyfies en springmielies gewees om die hele dorp te voed.

Ons het onsself natuurlik eers knuppeldik geëet en daarna gespeel.  Die gaste se geskenke is oopgemaak soos hulle daar geland het.  Kaartjies was baie gewild en daar het gewoonlik ‘n blou of ‘n pers noot in weggekruip.  Die dag wat dit ‘n groen noot was (soos in R10), was jy superryk gewees.  Ek het een verjaarsdag R17 so by almal gekry en dit was genoeg vir ‘n silwer hangertjie.  Speletjies was goed soos vrot eier, open-the-gate en natuurlik koljander.

Dit was natuurlik voor die dae waar almal balonne op die hek vasmaak en springkastele huur.  Hoe was jou kinderpartytjies en wat se partytjies gooi julle vir julle kinders?

Blogvraag:  Wie was die jongste Oscar wenner tot op datum?

Blogantwoord:  Olga was reg met Land en Volk.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Baba Jana.

Entry Filed under: Uncategorized. .

170 Comments Add your own

  • 1. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 11

    Eerste

  • 2. Olga  |  Junie 30, 2009 at 7 : 16

    tatum o neal.

  • 3. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 20

    Tatum O’Neil – 10 jaar oud. 1973 vir paper moon

  • 4. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 25

    *fluister* Tweedeste?

  • 5. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 26

    Hallo maaikie

  • 6. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 27

    Lo da Tilla. Ganit?

  • 7. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 29

    Gud en jy ?

  • 8. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 29

    O ja………. Hêppie bifday Baba Jana!!!!!

  • 9. Sis Dudu  |  Junie 30, 2009 at 7 : 30

    :kiss:

  • 10. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 30

    Dit ga punt inni wind dankie. Was net besig vandag

  • 11. Olga  |  Junie 30, 2009 at 7 : 31

    happy happy birthday baby janey mwa. mwa. mwa. mwa. mwa. mwa.

  • 12. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 31

    Ous Dudu

    Vi wie soen jy so?

  • 13. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 32

    Het so gedink, jy was baie skaars

  • 14. Olga  |  Junie 30, 2009 at 7 : 32

    een kort. skuus. mwa.

  • 15. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 32

    Eish! Ek was eintlik driedeste

  • 16. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 33

    Ek kry koud :evil:

  • 17. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 34

    Nwt

  • 18. Olga  |  Junie 30, 2009 at 7 : 35

    my bad boy verjaar vandag.

  • 19. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 35

    Toemaar, ons sal vir niemand vertel jy kan nie tel nie

  • 20. Adrie  |  Junie 30, 2009 at 7 : 37

    Skuus julle, ek was vandag dol besig gewees.

    Hoe gaan dit?

  • 21. Adrie  |  Junie 30, 2009 at 7 : 39

    Baie geluk aan Olga se Bad Boy.

    Ek het oorweeg om dit op te sit, maar hy kom nie op die blog nie.

  • 22. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 40

    Jy moet dadelik ophou daarmee kloon

  • 23. Adrie  |  Junie 30, 2009 at 7 : 44

    Rome is nog lank nie klaar gebou nie.

  • 24. Olga  |  Junie 30, 2009 at 7 : 44

    sou nie gehelp het jy sit dit op nie. hy sou nie geweet het nie. maar danki in elk geval.

  • 25. Adrie  |  Junie 30, 2009 at 7 : 45

    Olga

    Jy het vir arme Baba Jana so gesoen, daar is seker nog net ‘n spoegkolletjie van haar oor.

  • 26. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 45

    Trug

  • 27. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 45

    Is dit nou oor Rome afgebrand het en oorgebou moet word

  • 28. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 46

    Nous ek lus vi koek. Black Forrest to be exact

  • 29. Adrie  |  Junie 30, 2009 at 7 : 47

    Ja, en die hele Europa brand ook nog steeds

  • 30. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 47

    Olga

    Kan jy dam bak of moet ek vi Salami roep?

  • 31. Adrie  |  Junie 30, 2009 at 7 : 47

    Wie was Ceasar se moordenaar?

  • 32. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 48

    Toema……. Ek vra somme vi mev dominee om ‘n koek te bak :mrgreen:

  • 33. Olga  |  Junie 30, 2009 at 7 : 48

    janey het kamoerse wammetjies. ek kan dit nie opgesoen het nie.

  • 34. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 48

    Julius

  • 35. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 49

    Wie kry saam my koud?

  • 36. Baby Jane  |  Junie 30, 2009 at 7 : 50

    Ek verjaar eers more! Tst altzeimers skop vroeg in

  • 37. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 50

    Werk Klip vanaand?

  • 38. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 51

    Baba Jana

    Niemand het gesê jy kanni vandag al begin celebrate nie

  • 39. Adrie  |  Junie 30, 2009 at 7 : 51

    SNOTNEUS

    Die blog is eintlik vir more bedoel.

  • 40. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 53

    Waasi koek?

  • 41. Baby Jane  |  Junie 30, 2009 at 7 : 54

    :cry: en die tannie wat se sy is my ma wili vir my n smartie koek bak nie!!!

  • 42. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 54

    Ek soek koek :evil:

  • 43. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 54

    Happy happy baby Janey omdat jy more verjaar

  • 44. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 7 : 55

    Kom ons toi toi vi koek. Dis mossi nuwe craze deesdae

  • 45. *Mathilda*  |  Junie 30, 2009 at 7 : 57

    Willes, dis n plan, en dis 2 vlieë met 1 klap, ons kry koek én warm

  • 46. Baby Jane  |  Junie 30, 2009 at 7 : 58

    Ja ma dis eers woensdag my bday! En nee die dude wat die wat se dat s my ma is se is my broer is verjaar vandag! So geen party vandag ni

  • 47. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 8 : 01

    Baba Jana

    Jys te klein om te besluit wanne jy vijaar. Ek besluit jy vijaar vandag EN more

  • 48. Baby Jane  |  Junie 30, 2009 at 8 : 06

    Eks nou te tiyard om 2 parties te he! Toodelz noodelz!!

  • 49. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 8 : 15

    Jy moet eers jou tanne ga borsel voorlat jy ga dux

  • 50. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 8 : 16

    Ek gat verder op mxit kuier

  • 51. Sebastiaan  |  Junie 30, 2009 at 9 : 17

    H K G K. Kan nie wag vir more nie. Seekere mense lees mos soos hulle gate.

  • 52. Wille Kjind Q  |  Junie 30, 2009 at 9 : 53

    Dit moet seke gatte wees en nie gate nie. Tensy sekere mense ma anyway nie kan spel nie

  • 53. Sis Dudu  |  Junie 30, 2009 at 10 : 56

    Auk! Ek soek hom ok darie mieks deng. Bakietie.

  • 54. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 at 5 : 22

    More more!

  • 55. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 at 5 : 23

    Dis nou amptelik die 2de helfte vanni jaar

  • 56. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 at 5 : 26

    Ou Dudu

    Kom was my wasgud dan wys ek jou hoe om mieks te kry

  • 57. Olga  |  Julie 1, 2009 at 7 : 00

    more, more.

  • 58. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 7 : 18

    More maters

  • 59. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 7 : 40

    Ek stap nou eers by die werk in – hier was ‘n ma mase ongeluk by ons hek – beslis nie hoe ek ‘n dag wil begin nie !

  • 60. Olga  |  Julie 1, 2009 at 7 : 49

    Snaaks hoe name maande lank verdwyn en dan skielik net weer opduik om suggestiewe stront te praat.

  • 61. Jaco  |  Julie 1, 2009 at 7 : 57

    Jys ma stil vandag Mathilda

  • 62. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 7 : 59

    Eish, een van die ouens in die kar is nie meer met ons nie en somehow dink ek ook nie sy passasier nie – ek wens hulle wil hierdie lorries van die pad af haal – die fokker het 2 stopstrate geskip en nou is ander mense (wat op nagskof en oppad huistoe was) nie meer daar nie

  • 63. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 8 : 01

    More Jaco – my gemis ?

  • 64. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 8 : 06

    More Almal

  • 65. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 8 : 08

    Ek hoes skoon al van die koue.

  • 66. Beeld  |  Julie 1, 2009 at 8 : 10

    Jean-Marie de Waal en Cecile Nel

    Elke Suid-Afrikaner wat ’n selfoon besit, sal van vandag daardie foon se SIMkaart persoonlik moet gaan registreer.

    Alle selfoonintekenare moet ’n bewys van identiteit, asook ’n bewys van woonadres, aan agente gaan wys.

    Dié reuse-proses, soortgelyk aan die banke se Fica-regulasies, skop vandag af ingevolge die Wet op die Onderskepping van Inligting en Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting, kortweg bekend as Rica na sy Engelse afkorting.

    “Die wet is deurgevoer omdat misdadigers gebruik maak van tegnologie om hul misdade te beplan en uit te voer,” het mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, gister gesê.

    Die registrasieproses geld alle SIM-kaarte in gebruik – voorafbetaalkliënte én rekeninghouers van foon- en internetkontrakte.

    Hoewel selfoonoperateurs reeds die meeste inligting van kontrakrekeninghouers het, moet laasgenoemde dit kragtens die wet steeds gaan bevestig.

    Intekenare sal 18 maande hê om te registreer en die SIM-kaarte wat nie geregistreer word nie, sal gedeaktiveer word. Die registrasie mag nie telefonies gedoen word nie.

    Selfoonoperateurs soos Vodacom, MTN, Cell C en diensverskaffers soos Nashua Mobile, Autopage en Virgin Mobile Suid-Afrika mag voortaan ook nie ’n nuwe SIM-kaart aktiveer voordat hulle die kliënt se besonderhede het nie.

    Selfoondienstegroepe het ’n geruime tyd gehad om hulle vir registrasie voor te berei en ontleders meen hulle is gerat om dit te doen. Soortgelyke regulasies is al suksesvol in ander lande in werking gestel.

    Selfoonmaatskappye sê die koste van die toepassing van die wet sal nie na kliënte deursyfer nie. Selfoonoperateurs sal die koste dra, het Vodacom gesê.

    Die maatskappye het 18 maande van vandag om die proses te voltooi. Indien nie kan die operateur met tot R100 000 beboet word vir elke dag wat die inligting uitstaande is.

    Kliënte van Vodacom, Suid-Afrika se grootste operateur, kan by enige Vodacom-afsetpunt registreer of die kliëntediensnommer, 0 111, skakel om die naaste Rica-agent op te spoor.

    MTN se intekenare kan by alle MTN-dienssentrums registreer of die kliëntediensnommer, 0 173, vir hulp skakel.

    Cell C-kliënte kan by Cell C- konsessiewinkels registreer of waar hulle Rica-bordjies sien. Hulle kan 0 140 skakel vir meer inligting.

    Mnr. Zolisa Masiza, hoof van korporatiewe dienste by MTN, het gesê landelike gebiede en die informele mark sal ’n uitdaging wees, veral in gebiede waar daar nie elektrisiteit is nie.

    Hy beklemtoon die bedoeling van die wetgewing is nie om mense “van die netwerke af te kry nie”.

    MTN het sowat 17 miljoen intekenare in Suid-Afrika.

    Me. Dot Field, kommunikasiehoof van Vodacom, het gesê dié operateur sal sy volle bemarkingskrag gebruik om seker te maak verbruikers voldoen aan die nuwe vereistes.

    Vodacom het sowat 27 miljoen Suid-Afrikaanse intekenare.

    Me. Leona Mentz, hoof van Cell C se regulatoriese afdeling, het gesê ’n “massiewe” mediaveldtog gaan kliënte oor die veranderings inlig.

    Cell C het sowat 7 miljoen intekenare.

    Dit is voortaan ook ’n strafregtelike oortreding om nie ’n gesteelde of verlore selfoon by die polisie sowel as die diensverskaffer aan te meld nie.

  • 67. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 8 : 10

    More kloon

  • 68. Beeld  |  Julie 1, 2009 at 8 : 15

    Philip de Bruin

    Gerugte dat die oud-Bok Joost van der Westhuizen Saterdagaand ineengestort nadat hy te veel gedrink of “iets anders gebruik het”, is van alle waarheid ontbloot.

    So het sy woordvoerder, me. Bridget van Oerle, gister gesê. Volgens haar het sy dokters tydens toetse die gebruik van enige vorm van bedwelmende middels met sekerheid uitgeskakel.

    Ook Van der Westhuizen se private ondersoeker in die sogenaamde Joost-seksvideo-skandaal, mnr. Mike Bolhuis, het gesê daar steek geen waarheid in bespiegelinge dat middelmisbruik ’n rol in sy ineenstorting gespeel het nie.

    Van der Westhuizen het glo intussen aan ’n familievriend wat anoniem wil bly, gesê hy het nie die “vaagste benul” wat hom oorgekom het nie.

    “Toe ek my oë oopmaak, het ek in die hospitaal gelê.”

    Die familievriend het gesê Van der Westhuizen “klink oukei”, hoewel hy nog moeilik praat.

    Van der Westhuizen het glo gesê hy het Saterdagaand “ongemaklik” gevoel terwyl gaste by hom en sy vrou, Amor Vittone, gekuier het, maar dat hy geen benul het wat tot sy ineenstorting gelei het nie.

    Net Vittone en die egpaar se familie word in die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg by hom toegelaat.

    Die uitslag van toetse wat tot dusver in die hospitaal op Van der Westhuizen gedoen is, is nog nie bekend nie.

    Dis dus steeds nie seker hoekom hy ineengestort het nie.

    Toetse op die linkerhelfte van sy brein sou gisternag gedoen word.

    “Al wat met sekerheid gesê kan word, is dat hy nie ’n hartaanval of ’n beroerte gehad het nie,” het Van Oerle gesê.

    Dit “gaan al hoe beter” met hom en hulle sal dalk vandag weet wanneer hy ontslaan sal word.

    Vittone wou gistermiddag net bevestig haar man is steeds in die hospitaal.

    Sy het Beeld gevra om later gisteraand te bel omdat sy met hul kinders besig was, maar het sedert dié oproep nie haar selfoon beantwoord nie.

  • 69. Beeld  |  Julie 1, 2009 at 8 : 24

    Michael Jackson het niks aan sy pa, Joe, in sy testament bemaak nie, het die Wall Street Journal (WSJ) berig.

    Die koning van pop het ’n moeilike verhouding met sy pa, voorheen ’n staalwerker, gehad. Hy het vroeër vertel hoe sy pa hom as kind geslaan het wanneer hy ’n noot gemis het.

    Sy pa was die dryfkrag wat die nege Jackson-kinders gedruk het om ’n popsensasie te word.

    Jackson het sy testament sewe jaar gelede opgestel en al sy rykdom aan sy ma, drie kinders en liefdadigheidsprojekte bemaak.

    Volgens die Jackson-familie se prokureur het hulle nog nie die testament gesien nie. Die WSJ berig dié testament, vermoedelik Jackson se laaste, sal so vroeg as Donderdag by die hof ingedien word.

    Sy ma, Katherine (79), is die tydelike voog van sy drie kinders en oppasser van sy Neverland-landgoed. Volgens Jackson se pa is Neverland waar die popster se kinders hoort en moet bly.

    Jackson se gewese vrou Debbie Rowe, met wie hy drie jaar getroud was, wil toesig oor haar twee kinders, Prince Michael (12) en Paris (11), verkry.

    Volgens regskenners het sy as biologiese ma ’n goeie kans om dit reg te kry.

    Intussen berig die webwerf TMZ.com en die skindertydskrif US Weekly nóg Jackson nóg Rowe is die biologiese ouers van die genoemde twee kinders wat tydens hul huwelik gebore is.

    Volgens US Weekly is dr. Arnold Klein, Jackson se dermatoloog, die pa van “sy” twee kinders. Jackson se derde kind, Prince Michael II (7), het ’n onbekende surrogaatma gehad en is nie sy biologiese kind nie. – Sapa-AFP

  • 70. Olga  |  Julie 1, 2009 at 8 : 24

    Mike bolhuis feature nog sterk vir n ondersoek beampte. wat ondersoek hy nou?

  • 71. Olga  |  Julie 1, 2009 at 8 : 34

    ek het nog nooit gedink 1 van die 3 is sy biologiese kinders nie. voorspoed debbie rowe.

  • 72. Beeld  |  Julie 1, 2009 at 8 : 39

    ’n Kind was gister waarskynlik die enigste oorlewende van ’n vliegramp by die Comoro-eilandgroep, eens ’n liefling-bestemming vir Suid-Afrikaners.

    Die kind – volgens Jemenitiese owerhede ’n 5-jarige seun, maar owerhede in die Comore sê dis ’n 14-jarige meisie – is in diep water sowat 15 km van die kus tussen wrakstukke van Yemenia Airways se Vlug IY626 opgepik nadat eers gesê is niemand het die ramp oorleef nie.

    Die 153 mense aan boord van die Airbus A310 was hoofsaaklik Franse (66) en Comorane wat uit Parys en Marseille via Sanaa, die Jemenitiese hoofstad, na die eilandgroep op pad was. Die straler het in gure weer met stormsterk wind neergestort toe dit blykbaar gereed gemaak het om te land.

    Teen druktyd het die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking nog van geen Suid-Afrikaners geweet wat op die vlug was nie.

    Daar woon net sowat 15 Suid-Afrikaners in Jemen, ’n klein land op die Arabiese skiereiland, het ’n konsulêre amptenaar in Sanaa aan Beeld gesê.

    Gister se ongeluk maak van Junie 2009 een van die dodelikste maande in die onlangse lugvaartgeskiedenis.

    Op 1 Junie het Air France se vlug 447 – ’n Airbus A330 – naby die Brasiliaanse kus aan stukke gebreek en in die see gestort. Al 228 insittendes, onder wie die Suid-Afrikaner mnr. Erich Heine, is dood.

    Franse owerhede het gister gesê hulle het Yemeni Airways se rampvliegtuig al in 2007 belet om in Frankryk te land nadat “foute” met die vliegtuig gevind is, maar Jemenitiese owerhede sê die Airbus is in Mei versien en was foutloos, berig Sapa-AP en Reuters.

    Die kind se identiteit en regte ouderdom was teen druktyd onbekend. Mnr. Mohammed Abdul Qader van die Jemenitiese burgerlugvaartowerheid het volgens Sapa-AP gesê dit was ’n vyfjarige seun, maar owerhede in die Comore het aan Sapa- dpa vertel dit was ’n 14-jarige meisie.

    Die soektog na oorlewendes het gisteraand voortgeduur.

    ) Die Comoro-eilandgroep was “eens ’n gewilde bestemming vir Suid-Afrikaanse toeriste” maar ’n string staatsgrepe het hom dié status ontneem, het mnr. Laurie Wilkinson, president van die reisagentvereniging Asata, gister gesê.

  • 73. Beeld  |  Julie 1, 2009 at 8 : 41

    Dit is inderdaad Pretoria en nié Tshwane nie.

    Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het gister beslis die SAUK oortree sy uitsaaikode deur in sy TV-nuus na Tshwane te verwys.

    Al het die kommissie nie die SAUK gestraf nie, kan hy swaar beboet word as hy die uitspraak ignoreer.

    Die UKKSA het verlede maand ’n verhoor gehou nadat die burgerregte-waghond AfriForum ’n klagte daaroor ingedien het.

    Mnr. Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, het gesê die uitspraak is ’n oorwinning vir die ondersteuners van Pretoria se naam én almal wat wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder.

    AfriForum het tydens die verhoor aangevoer dit is onprakties en onbillik om die naam Tshwane, wat ’n metroraad s’n is, saam met ander dorpe en stede s’n te gebruik.

    Kriel het daarop gewys dat die SAUK in nuusbulletins die naam Tshwane, wat ’n munisipaliteit s’n is, saam met die name van ander stede soos Port Elizabeth en Durban gebruik.

    Dié stede se munisipale name is onderskeidelik die Nelson Mandela-metropool en eThekwini.

    Mnr. Fakir Hassen, bestuurder van uitsaainakoming en -beleid by die SAUK, het ter verdediging gesê die presidensie is “inderdaad” in Tshwane en nie in Pretoria nie, “wat nou per definisie ’n woonbuurt in Tshwane is”.

    Die UKKSA het in sy uitspraak gesê hy moes eers probeer vasstel wat die hoofstad se naam is. Die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name se databasis het gewys Tshwane is nie as ’n pleknaam geregistreer nie, maar Pretoria wel.

    Daar word ook verwys na ’n besluit wat die Tshwane-metroraad in Maart 2005 geneem het om die “City of Tshwane” as ’n geografiese pleknaam te registreer.

    “Dié besluit bewys die metroraad was daarvan bewus dat die naam Tshwane geregistreer moet word voordat dit as die stad se naam gebruik kon word.

    “Volgens alle inligting het die minister van kuns en kultuur nog nooit die naamsverandering na Tshwane goedgekeur nie,” het die UKKSA in sy uitspraak gesê.

    Hassen het in die verhoor ontken die SAUK mislei sy kykers doelbewus deur na Tshwane te verwys.

    Die UKKSA het egter bevind die uitsaaier oortree sy kode “met onwaarhede deur voor te gee Tshwane is as ’n geografiese pleknaam geregistreer”.

    “Ons dink dus Hassen is verkeerd as hy sê die presidensie is in Tshwane en nie Pretoria nie.”

    Die UKKSA het beslis die SAUK oortree art. 34.1 van die uitsaaikode “omdat hy geen regsgronde het om tussen Pretoria en ander stede te onderskei nie”.

  • 74. Beeld  |  Julie 1, 2009 at 8 : 45

    Potchefstroom. – Nie een senior dokter is oor om narkose in dié stad se staatshospitaal toe te dien nie.

    Al die senior dokters het bedank en word nie vervang nie. Drie dokters in hul gemeenskapsdiensjaar en een intern is nou verantwoordelik vir dié werk, wat as ’n spesialisveld beskou word.

    “Dit kan vreesaanjaend wees vir ’n intern om narkose te gee vir iemand wat drie keer geskiet is of ’n vrou wat hoogswanger is,” het dr. Shawn Venter, woordvoerder van die hospitaal se dokters, gesê.

    Die sowat 30 dokters het gister die tweede dag agtereenvolgens in groepe verdeel om in hul etensuur voor die hospitaal te betoog. Al neem hulle nie aan ’n volskaalse staking deel nie, wys hulle tog sekere kliniek- en ongevallepasiënte weg wat nie ernstig siek is nie. Net noodgevalle word in die teaters gehanteer.

    “Ons was nooit bereid om oor salarisse as sodanig te staak nie, maar doen dit in ons pasiënte se belang. Ons wil die mag hê om ’n hospitaalomgewing te skep waarop ons trots kan wees,” het Venter gesê.

    Altesame vyf dokters het sedert begin vanjaar bedank. Nog nie een is vervang nie. Dit beteken die interns moet al hoe meer pasiënte sonder toesig behandel.

    “Die interns leer hulself. Hulle moet besluite oor lewe of dood neem. As hulle die verkeerde besluit neem, kan hulle nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.”

    ’n Gesukkel om selfs die mees basiese toerusting te kry, is een van die ander goed waaroor dokters kla. Dit sluit toerusting vir die ongevalle-afdeling in wat so min soos R20 kos.

    Terwyl hulle om dié toerusting smeek, word platskermtelevisies ongevraagd vir hul teekamer en die kraamsaal se personeelkamer gekoop. Tog word die “stokou” sonarmasjien in die ginekologiese afdeling nie vervang nie.

    “Dis bo blink en onder stink. Die noodsaaklike goed wat ons nodig het, is nie daar nie, maar die hospitaal lyk great,” het ’n ander dokter gesê.

    Mnr. Tebogo Lekgethwane, gesondheidswoordvoerder in Noordwes, het gesê hy weet van geen hospitaal in die provinsie waar dokters heeltyds staak nie. Buiten vir die Potchefstroom-hospitaal het dokters van Klerksdorp en Tshepong volgens hom eergister ook in hul etensuur betoog.

    “Ons inligting is dat Noordwes se dokters op die uitkoms van vandag se nasionale onderhandelinge wag voordat hulle oor stakings besluit,” het Lekgethwane gesê

  • 75. Beeld  |  Julie 1, 2009 at 8 : 48

    Jan Gerber

    Stellenbosch. – ’n Skoot in die donker, ’n “prostituut” en ’n geheimsinnige bendelid het gister opgeduik in die getuienis van mnr. Elton Smith (22) in verband met die dood van dr. Klaas Jonkheid.

    Smith het saam met sy broer, Wayne (23), voor landdros Anita Potgieter in die Stellenbosse landdroshof verskyn vir hul borgtogaansoek. Luidens die voorlopige klagstaat staan hulle tereg op aanklagte van moord en roof.

    Die lyk van Jonkheid (48), ’n gerekende bedryfsielkundige van Johannesburg, is op 30 Mei in ’n beboste gebied by Faure gevind. Hy was in die Kaap vir ’n konferensie op die Spier-landgoed.

    Elton Smith het getuig hy het voorheen as kontrakwerker vir ’n skoonmakersonderneming op dié landgoed gewerk.

    Hy het die betrokke aand in Ou Faureweg gaan stap nadat hy dagga gerook het. Toe hoor hy ’n skoot. Terwyl hy nadergekom het om te kyk wat aangaan, het ’n vrou uit die bosse geloop.

    “Sy is ’n prostituut wat op die pad staan,” het hy gesê.

    ’n Ent verder het hy ’n kennis saam met wie hy vantevore dagga gerook het, gesien met ’n vuurwapen wat voor by sy broek ingedruk was. Dié kennis is net bekend as Ses, Tarra en Bobby en is glo ’n lid van die 26’s-bende. “Hy is ’n guard vir die prostitute – ’n pimp .”

    Ses het glo aan hom ’n selfoon, ’n silwerring en R300 aangebied om die motor aan die brand te steek. Dit het hy gedoen nadat hy Wayne met die motor gaan oplaai het. Hy het nie ’n lyk gesien nie en ontken enige betrokkenheid by die moord.

    Adv. Alta van der Merwe, vir die staat, het hom daarop gewys dat sy verklaring aan die polisie lui hy het ’n wit man saam met die prostituut, en later die man se liggaam met sy broek op sy knieë langs die motor gesien.

    Hy het ook ’n beskrywing van die man se klere gegee wat ooreenstem met dié van Jonkheid.

    Smith het dit ontken en gesê hy het nie sy verklaring gelees nadat dit afgeneem is nie.

    Hy het die ring verpand. Die selfoon is by hom gevind. Die polisie het die ring by die pandjieswinkel opgespoor.

    Wayne Smith het getuig hy het brandwonde aan sy gesig opgedoen toe hulle die motor aan die brand gesteek het. Hy ontken enige kennis van die moord.

    Albei broers het hul samewerking met die polisie voorgehou as ’n rede dat borgtog toegestaan moet word. Die ondersoekbeampte, insp. George Ainslie, het hiermee verskil. Hy meen borgtog moet geweier word weens die erns van die misdaad, ’n vlugrisiko en moontlike inmenging in die ondersoek.

    Hy het toegegee daar is nog geen regstreekse getuienis wat hulle met die moord verbind nie.

    Bobby alias Ses, en die prostituut is nog nie opgespoor nie.

    Potgieter het die saak tot 9 Julie uitgestel.

  • 76. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 8 : 49

    My vingers vries af

  • 77. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 8 : 53

    Kyk ook na die heel eerste Beeld berig

    Dit was gemoderate.

    Tilla

    Beplan die myne om iets aan die trokke te doen, of beteken mens lewens regtig vir hulle so min?

  • 78. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 8 : 57

    51 miljoen selfone

    Nie sleg vir ‘n land met net 48 miljoen inwoners nie.

    Onthou ook dat Virgin se syfers nie ingereken is nie.

  • 79. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 8 : 58

    51 miljoen selfone, maar net 4 miljoen belasting betalers.

  • 80. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 12

    was daar niks van die 14jarige seun van skukuza nie? hy moes vir winkel diefstal in die hof verskyn. hy het nhe taxi geld gehad nie en het hof toe gestap. te laat aangekom. is n paar dae later gearresteer en paar dae later dood weens bloeding op die brein. dag voor sy dood was hy baie onrustig en het sy kop herhaaldelik teen die muur gestamp. tut tut tut.

  • 81. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 9 : 13

    Adrie

    Dis nie in die myne se hande nie, dit was op ‘n openbare pad en dit is die eienaars van die trokke se probleem, dis nie die myne se trokke nie.

    Al twee die mense in die kar is oorlede

  • 82. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 9 : 18

    Ek se al lankal, ban die trokke en sit alles op treine. Maar dink julle iemand luister vir my?

  • 83. Nats  |  Julie 1, 2009 at 9 : 20

    Lo julle!!

    My ouma het altyd vir ons tema koeke gebak! My ma is nou nie juis een vir bak en brou nie – winkel is soveel makliker en jou kombuis bly skoon :)

    Het ook maaitjies oorgehad maar was meestal familie – ons niggies was ons baie goeie maaitjies het altyd saam gekuier en lekker gespeel!

    Groot goed soos ‘n pophuis (wendy huis) het ons gewoonrlik saam gekry.

  • 84. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 23

    Ek sekondeer. steek die trokke aan die brand. hulle maak ons paaie gevaarlik. treine het hulle eie paaie. en as die treine oorlaai is, wel, kry nog n lokomotief. viva. kan ons hier oor stem? dink aan die duisende nuwe ou werksgeleenthede wat geskep kan word.

  • 85. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 27

    instede daarvan is hulle letterlik besig om die treinspore op te rol.

  • 86. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 9 : 27

    Olga

    Nie wat ek gesien het nie, sal later weer gaan loer.

  • 87. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 9 : 29

    Tweeling

    Het jy ‘n pophuis gehad?

  • 88. Nats  |  Julie 1, 2009 at 9 : 29

    Sjoe wee… my baas het Saterdag die draai by die kantoor te nou gevat en sy voorste wiel het die kant getref – net sy voor wiel!! Ja die rim en wiel is beskadig en die “steering rack” ens… maar dit alles vir R141 000.00!!!! :shock:

    Hy het van sy stoel afgeval! Mens kan ‘n kar gaan koop vir daai prys!

  • 89. Nats  |  Julie 1, 2009 at 9 : 31

    Adrie
    Jip!
    Ons het dae om gespeel in daai wendy huis – kinder meubels en alles gehad!!

  • 90. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 31

    ek wonder of baby janey al aan n stuk koek smul? dalk met leke dik icing waar sy haar vingertjie deur trek en dan aflek.

  • 91. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 9 : 33

    En ander wit olifant treinspoor te bou wat gaan oproes.

  • 92. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 34

    Of dalk het sy n snytjie toast voor haar waar die margarien in weggesmelt het o sulke geel blertse op die bordjie te los.

  • 93. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 36

    Ja, gaan seker. die spul sal seker nog aandring op custom made trein om goedere mee te vervoer en dit dan self aan die brand steek ook.

  • 94. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 9 : 36

    Olga

    Nou is ek honger vir koek en dit is alles JOU skuld.

  • 95. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 9 : 37

    Ek wonder eerder hoeveel missing tande het Baba Jana.

  • 96. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 9 : 38

    Ek is honger – punt !

  • 97. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 9 : 38

    Met ‘n bekkie soos hare is daar nie nog plek vir tande ook nie.

  • 98. Baby Jane  |  Julie 1, 2009 at 9 : 40

    Het k al gnoem dat die moederfiguur nie eers vir my n breakie gmaak het nie? Skandalig!

  • 99. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 9 : 40

    Ag hulle ou tandjies is te cute as hulle so klein is

  • 100. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 9 : 42

    Baby Janey – happy happy – hoop daar is sommer nog tonne

  • 101. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 44

    praat van die snotneus en jy trap op haar fopspeen.

  • 102. Baby Jane  |  Julie 1, 2009 at 9 : 44

    Dankie dankie. Nou moet ek net die ouer figure so ver kry om vir my ontbyt ini bed te bring!

  • 103. Baby Jane  |  Julie 1, 2009 at 9 : 49

    :cry: sies tannie olga ek gani tannie wat se dat sy m ma is se en sy sal tannie uit-halaal

  • 104. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 9 : 49

    Olga

    WHAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA

    Is dit wat so gesqueek het?

    Baba Jana

    Jy moet dit mooi afspoel voordat jy verder suie

  • 105. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 51

    hoe bang is ek nou. *loer omi hoekie* sowi janey.

  • 106. Baby Jane  |  Julie 1, 2009 at 9 : 53

    Sies eks vandag 7 het al lankal dai ding uit ghalaal! Tst

  • 107. Baby Jane  |  Julie 1, 2009 at 9 : 54

    Ja tannie moet wees! Ai die mense van vandag

  • 108. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 56

    Watter dinge het jy uitgehalaal?

  • 109. Olga  |  Julie 1, 2009 at 9 : 58

    nee, janey, ek is bang bessie byt jou mama.

  • 110. Baby Jane  |  Julie 1, 2009 at 9 : 59

    Als,fobspeen bottel als. Eks al n volle 2 en n half bakstene hoog! En ek is in negotiations opgneem vi n nuwe pos by die SAUK!

  • 111. Baby Jane  |  Julie 1, 2009 at 10 : 00

    Sy salie! Almal weet tog sy is n panzy!!!

  • 112. Olga  |  Julie 1, 2009 at 10 : 02

    Nou hoekom is jou mama n pantzy?

  • 113. Olga  |  Julie 1, 2009 at 10 : 04

    wat gaan jy by die sauk doen? Gaan jy nie by die saagmeul werk nie?

  • 114. Baby Jane  |  Julie 1, 2009 at 10 : 04

    Me go bye bye now! Toodelz noodelz. Moenie my te veel verlang nie!

  • 115. Olga  |  Julie 1, 2009 at 10 : 05

    kom terug. ek wil gou weer mwakies op jou wammekies plant.

  • 116. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 at 10 : 12

    Testing

  • 117. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 at 10 : 13

    GGGRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    WP is wee lelik met my :evil:

  • 118. Sis Dudu  |  Julie 1, 2009 at 10 : 13

    Heppie heppie babakie. Auk bakietie.

  • 119. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 at 10 : 14

    Hallo almal

  • 120. Sis Dudu  |  Julie 1, 2009 at 10 : 17

    Sawubona welles se tjend. Hoe gaan det met jou?

  • 121. Sis Dudu  |  Julie 1, 2009 at 10 : 19

    Auk sissie welles se tjend, moet ek nou die nuwe siemkart by my foun set? Mos die namba hy es mos lankal se tyd myne.

  • 122. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 10 : 34

    Willes !

  • 123. Jaco  |  Julie 1, 2009 at 10 : 49

    Hello Mathilda

  • 124. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 10 : 53

    What do you get when you mix PMS with GPS?

    A crazy b!tch who will find you!

  • 125. Olga  |  Julie 1, 2009 at 11 : 27

    wie werk hard? hand op. eisj. en dis leeu-koud.

  • 126. Jaco  |  Julie 1, 2009 at 11 : 46

    Mathilda ,ek is seker maar bietjie stoepid maar wat i PMS en GPS

  • 127. Olga  |  Julie 1, 2009 at 12 : 01

    never a truer word….

  • 128. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 at 12 : 03

    Ek gat nou nog net EEN KEER probeer! Simpel piesie laat my lyk soos ‘n vrou gekruis met PMS en GPS wat op steroids is.

  • 129. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 12 : 04

    Ek is terug vir ‘n paar minute.

    Waaroor baklei ons?

  • 130. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 at 12 : 04

    Halie! Halie! Halie!

  • 131. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 12 : 20

    Wie baklei ?

  • 132. Jaco  |  Julie 1, 2009 at 12 : 36

    Toema Mathilda ek het uitgevind, los ma ma ek is reg vir baklei as julle wil.

  • 133. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 12 : 40

    Nou hoekom wil jy baklei Jaco ?

  • 134. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 12 : 41

    Ek het gedink jy is slim genoeg om dit vir jouself uit te figure !

  • 135. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 12 : 46

    Dis niks lekker hier as dit so stil is nie

  • 136. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 12 : 54

    Tilla

    Almal baklei mos maar altyd vir een of ander rede.

  • 137. Jaco  |  Julie 1, 2009 at 12 : 58

    Hoekom is dit so stil daar Mathilda, wat doen jy nie wat jy moet doen.

  • 138. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 1 : 02

    Dis stil op die blog, niemand gesels nie.

  • 139. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 1 : 04

    Jaco

    Wat doen jy nie as jy hier krap?

  • 140. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 1 : 06

    Ek kan nie gesels dat dit stil is nie.

    Wat het julle vir verjaarsdae gedoen toe julle klein was.

  • 141. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 1 : 10

    Ek sien dit is nou my beurt om die blog aan die gang te hou.

  • 142. Jaco  |  Julie 1, 2009 at 1 : 15

    Ek gee nie klas nie

  • 143. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 1 : 18

    Ons het nie regtig partytjies gehad nie, net ‘n koek partykeer en die niggies en nefies wat dalk naby was het saam kom eet

  • 144. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 1 : 24

    Lyk my ons het ‘n latswaaier in ons midde.

    Tilla, met jou kinders?

  • 145. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 1 : 27

    Ek hou so elke 3de jaar vir hulle ‘n partytjie van hulle keuse, soos wil hulle ‘n sleepover hê of McDonalds of Wimpy toe gaan (nou is hulle te groot daarvoor), die ander jare doen ons maar net die koek eet ding, ek bak gewoonlik vir hulle die tema koeke wat hulle wil hê, maar nou deesdae raak ek lui en ek koop dit ook sommer

  • 146. Adrie  |  Julie 1, 2009 at 1 : 31

    Ek ken mense wat ‘n kinderpartytjie koordineerder huur vir hulle maaksels se verjaarsdae

  • 147. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 1 : 31

    Ek gaan julle nou love en leave – chat later

  • 148. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 1 : 32

    Dis mense wat geld het !

  • 149. Wille Kjind Q  |  Julie 1, 2009 at 1 : 32

    Tra la la la la

  • 150. *Mathilda*  |  Julie 1, 2009 at 1 : 32

    Ek glo ook nie aan 1ste verjaardag partytjies nie – die kiddies het geen idee waaroor dit gaan nie

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

25 Christmas questio… on Blerrie huiswerk
vis on Tafelmaniere
Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye