I’ll drive you crazy if you let me
Maart 6, 2009
Die afgelope paar dekades het vervoer net vinniger, sterker en beter geword. Een van die groot voordele daarvan is dat ons nou wêreldsburgers geword het, dit is net so maklik om te kom na waar jy wil wees. Met al die verbetering het reis prettig geword. Reis is nie meer net om van A tot B te kom nie, maar hoe lekker / vinnig dit is om van A tot B te kom. Tog het die oudtydse metodes nog nie verval nie. Vir baie mense is dit nog die enigste vervoer wat hulle het, vir ander is dit iets romanties en vir nog ander is dit net ‘n buitengewone ervaring.
Met die post wil ek uitvind wie het al met die coolste vervoermiddel te doen gehad. Daar is drie afdelings. 1) Die coolste vervoermiddel wat jy self “gestuur” het. 2) Die coolste vervoermiddel waarvan jy al ‘n passasier was. 3) Die grootste verskeidenheid van vervoermiddels al beproef. Die doel is om almal wat lees jaloers te maak. As jy kan.
In die eerste afdeling kan ek nie eers ‘n inskrywing waag nie. Dit is amper te vervelig om te noem. Ek het maar die gewone gedoen wat die meeste mense bokant 20 al gedoen het. My eerste een wat ek kan onthou was ‘n skopfiets en trap “trekker”. Van daar af het ek na ‘n fiets opgegradeer. Ek het ook ‘n kans of tien met rolskaatse, skaatsplanke, ysskaatse en ‘n skatebike gevat. Volgende was ‘n gewone kode 8 voertuig en behalwe my maantuig, het ek nog niks bestuur wat iemand jaloers kan maak nie.
Ek het ook al ‘n bromponie gery en ‘n baie opwindende minuut op ‘n veld motorfiets gehad.
In die tweede afdeling het ek ‘n klein bietjie beter gevaar. Net ‘n klein bietjie, ek is bevrees dat die standaard wat ek stel baie laag is.
Ek het al perd gery en ek dink ek was al op ‘n ossewa. Ek is nie seker of die bure se St Bernard tel as ‘n vervoermiddel nie. In daardie geval, moet ek noem dat ek al deur verskeie mense rond gedra is (of hoort dit in afdeling 1?). Ek het al op ‘n trekker, in ‘n vragmotor en op verskeie sleepwaens gery. Ek is ook al met ‘n dinkie rondgery. Ek was al in verskeie passasiersvliegtuie en in ‘n helikopter. Ek was al in spoedbote, ‘n jag en ‘n piepklein stoombootjie (wat my baie naar gemaak het). Ek het al die vlot ding en die binneband ding gedoen, maar altyd net as ‘n passasier. Ek was ook al in verskeie militêre voertuie, onder andere ‘n Caspar, ‘n Buffel en ‘n Ratal.
Dit bring my verskeidenheid tot 18. Beat that.
Blogvraag: Waarvoor is Cornelius Drebbel bekend?
Blogantwoord: Volgens Wikipedia was Wipneus by Hook or by Crook reg met Robert Hunter.
Entry Filed under: Uncategorized. .
63 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 6 : 14
Eerste
2.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 6 : 19
Eerste teleskoop met n dual lens of so iets
3.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 6 : 20
Of die eerste submarine met nevigation
ek dink
4.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 6 : 22
Halie halie
5.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 6 : 24
Ek sal vanaand verder kom speel
6.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 6 : 25
Tenminste kan ek nou enter druk
So!
7.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 6 : 26
Koebaai
Rerig
8.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 7 : 47
Ek moet seke ok sê wat ek wa al gery het en wanne………
9.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 7 : 49
Eks net bly ek kan blog EN tv kyk
10.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 7 : 52
Wa my comments?
11.
WILLE KJINDQ | Maart 6, 2009 at 8 : 46
Uhm……………….
12.
Adrie | Maart 7, 2009 at 1 : 25
Ek het vergeet dat ek al bus en trein gery het.
13.
Olga | Maart 7, 2009 at 1 : 31
More, more. Wat het ek al gery? Kar, fiets, motorfiets, jetski, tel n roeibootjie? Ou karbonnet op sandduin? Waarmee ek al passasier was? Boot, trein, vliegtuig, perrekar, donkie, bus, intercape caddy, mallemeule, golden loop, slee, kasper, buffel, ratel, motorboot, vistreiler, sleepboot, skip, kabelkar, en dis seker al. Ek weet nou nie, seker so 25 gud?
14.
Olga | Maart 7, 2009 at 1 : 34
Wie gaan daarop jaloers raak. Ek het natuurlik ook n 750 suzuki gery.
15.
Olga | Maart 7, 2009 at 1 : 38
En natuurlik – voor ek vergeet – apostelperde
16.
fokker | Maart 7, 2009 at 1 : 39
km lat ons sien wat het ek al self gery my ma se rug n skop fiets n tricycle n fiets unicycle skatebike n skatebord n snakebord moterfiets quadbike gruistipper trekker strooper perd donkie kalwers n volstruis cameel n olifant vark dan het ek n kar gery n
17.
fokker | Maart 7, 2009 at 1 : 53
n troki n horse en treiler n voor end laier 3 wiel bel bobcat forklift sideloader timberjack 50 ton mobilecrane overheadcrane backacter padskraaper padroller traverse foefieslide n donki en perde kar n osewa en n stoom angedrewe bakie
18.
fokker | Maart 7, 2009 at 1 : 58
en wat ek al saam imand gery het n polisie van warm lug ballon helikopter trein kabelkar en natuurlik skool bus
19.
WILLE KJINDQ | Maart 7, 2009 at 6 : 48
Sjoe! Julle was besig!
o ja….. My se maniere! More almal
20.
WILLE KJINDQ | Maart 7, 2009 at 8 : 13
@ Adriana Magrieta Swanepoel
Gaan jy my antwoord?
21.
Olga | Maart 7, 2009 at 8 : 52
Nore, more. Neelsie drebbel het die eerste NAVIGEERBARE duikboot ontwerp.
22.
Wipneus! | Maart 7, 2009 at 10 : 38
Hello
Ek het myself op ysskaatse vervoer!! Die lekkerste vervoermiddel volgens my, jy gly grasieus oor die ys…. baie naby in tweede plek is perdry!
In my jongdae: rolskaats, motorfiets, Teddie se oupa se trekker ek jaag daai mielielande dat jy net mielies sien trek. Ski agter ‘n boot nie op die sneeu!! Ek het al ‘n resieskar bestuur by kyalami! Serious!! Ek is dood ernstig, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag! (Ek is glad nie bang vir spoed nie, ek het ‘n ding oor wind in my hare)
Maar die lekkerste vervoer is nogsteeds my eie karretjie!
Lekker naweek hou almal!
En wees maar veilig met jou vervoermiddel selfs kruiwa’s kan jou laat seerkry!!! As ek Saterdae tuin werk doen is ek gereeld nerf-af, die kruiwa neuk al links…
O ja Adriana, hoe kan jy nou sê ek kroek met die antwoord!!?? Ek kroek nooit
behalwe met kaartspeel! LOL
23.
Adrie | Maart 7, 2009 at 11 : 03
Natuurlik kom kruiwa-ongelukke voor waar mense op n openbare blog lieg. Ek het geen simpatie nie. Niks!!
24.
Adrie | Maart 7, 2009 at 11 : 05
Ek hoop WP skop die Bulle se gatte!!
25.
The Rides of My Life « Op die Seepkissie | Maart 7, 2009 at 3 : 43
[...] Rides of My Life By Jo-Ann Categories: Nostalgie Die vraag is gevra om te gesels oor vervoermiddels waarin daar gery is en die “coolste” een wat [...]
26.
Olga | Maart 7, 2009 at 3 : 45
Wie het julle hare laat kleur of afskeer vir kansa?
27.
Olga | Maart 7, 2009 at 4 : 07
Daar vergeet ek die gepoleerde board wat ons gebruik het om van die duine af te gly. Dit heeltyd met kers was gesmeer. En ons moes die tou stewig vas hou. Want soos jannas destyds gese het so n board wat nie stewig aan die voorpunt gelig was nie kom vassteek en jou aflaai. Em dit was beslis nie leke nie. Maar sien jannas, dit was gedoen.
28.
WILLE KJINDQ | Maart 7, 2009 at 4 : 11
Ek het al my hare afgeseer
29.
WILLE KJINDQ | Maart 7, 2009 at 4 : 14
…………Twee jaar trug
30.
Adrie | Maart 7, 2009 at 5 : 59
Ek het van die bollietrollie vergeet – passasier natuurlik.
31.
WILLE KJINDQ | Maart 7, 2009 at 7 : 04
My beste rit was op ‘n ollie
32.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 12 : 12
ZZZZZZzzzzzzzzzz
33.
Olga | Maart 8, 2009 at 2 : 12
Iemand is bang petrie hou nie van kaalkop nie. Toemaar wk, ek dink die hare afskeer of groen kleur is n lee gebaar. Ek sal hulle r50 gee. Maar nie die hare of die kleur van hare kan n jota verskil aan n kankerlyer maak nie. Hulle kan nie eers die afgeskeerde hare gebruik om n pruik mee te maak nie. Hoekom dus afskeer?
34.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 3 : 18
Olga
Ek weeti hoekom anne mense dit doen nie ma ek het my redes. Soos met die bandana wat ek elke naweek dra
35.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 3 : 22
ZZZZzzzzzz
36.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 3 : 27
EK WIL SLAAP!!!
37.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 3 : 32
Ek kanni eens mee myself entertain nie. Sommige mense kry mos ‘n kramp in hul hol…. Oor alles
38.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 3 : 42
Dis ôk ‘n goeie ding dat die spens nou te vêr is (voel so). Anners het ek myself nou dik gevreet aan paas eiers, tjoklits en sweets
39.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 8 : 00
More! More!
Julle moetie vigeet van tannie Roes wat haself straf vandag nie
40.
Adrie | Maart 8, 2009 at 9 : 38
Willes
Dit is maar net n geleendheid om meer oorspronklik te raak wanneer jy jouself moet entertain.
41.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 9 : 44
OK……. Ek sal dan die huisgenoot en sarie lees vi tips
42.
Olga | Maart 8, 2009 at 9 : 46
More, more.
43.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 11 : 18
Eks bly my 3de load wasgoed is al inni matjien
44.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 2 : 24
Ek het nou baja lekka geëet. Basmati rys met lamvleis kerrie, gebakte hoender met artappels en gestoomde gemengde groente
45.
Olga | Maart 8, 2009 at 3 : 46
Ons het bruinrys met gammon, groenbone, gestoofde pampoen, gebakte aartappel kerriebeet en mengelslaai geeet. geen nagereg nie, want dis lent.
46.
Olga | Maart 8, 2009 at 3 : 48
En nou is ek lippe opi klippe.
47.
Olga | Maart 8, 2009 at 4 : 48
Ek wonder of tannie en oom roer in 1 stuk van hulle fietse afgeklim het.
48.
Salome | Maart 8, 2009 at 4 : 53
Hallo Olga
49.
Salome | Maart 8, 2009 at 4 : 53
Hallo al die anner afgeskeeptes van die familie!!
50.
Salome | Maart 8, 2009 at 4 : 56
Wille kjind
Vandag was da nie tyd vir wasgoed. Was al van 6 uur by die kerk en het 2 uur eers by my se huis in gestap. Nog net volgende naweek se funksie, dan is die naweke hopelik weer myne . . .
Olga
Ek moes maar vadag daar by jou kom eet het. Da was net snoepgoed op my spyskaart.
51.
Salome | Maart 8, 2009 at 5 : 03
Adriana
Ek dink nie iemand kan jou sommer beat nie {behalwe miskien Oom Jan – as ek nou so vinnig kan dink}.
Ek was darem al by die skou in ‘n melihopter, agtien jaar terug was ek in ‘n vliegtuig af Jeffreysbaai toe, fiets was natuurlik deel van my ondervinding – het onlangs op oudste se fiets in die strate op en af gejaag, het die plaas in die lande op en af gery met jeep wat my voete nie by die pedale kon bykom nie so ek moes maar soos ‘n bojaan aan die stuurwiel hang om bo-oor die dash te sien, en ek het darem al die voorreg gehad om met ‘n Scrambler te ry wat my hele rug vol ghries gespat het sover as wat ons gery het.
52.
Olga | Maart 8, 2009 at 5 : 55
Heng salome, jou kerk is bevoorreg om jou dienste en toewyding te he. Ek hoop hulle waard3r jou toewyding.
53.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 10 : 00
Tra la la
54.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 10 : 36
En nou kan ek wragtag nie slaap nie. Ek gaan seke nie more oggend ka opstaan nie
55.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 10 : 40
GGGRRR!!!!!!
56.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 10 : 47
4kkit! Ek gat nou ‘n zol rook. Dis oorlat ekki mee mag nie dat ek nou nie kan slaap nie
57.
Olga | Maart 8, 2009 at 10 : 53
Dari zol gaan jou net wakker hou. En elke liewe nagmerrie in die omter laat uitkom om te speel.
58.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 11 : 03
Dis wavoor die prozac is
59.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 11 : 04
En die rooiwyn……..
60.
WILLE KJINDQ | Maart 8, 2009 at 11 : 06
Weg is my anne comment vanni prozac
61.
Olga | Maart 8, 2009 at 11 : 10
Nee wk. as jy al dari gemors gebruik gaan jou naam gat word. Die welsyn gat jou weg vat.
62.
ADRIANA | Maart 8, 2009 at 11 : 10
Nuwe blog is op.
Hopenlik hou dit vir Willes van die dwelms af.
63.
Verons | Maart 9, 2009 at 9 : 53
More,
Die koelste iets wat ek self bestuur het was ‘n porch gewees…
Van doe koelste goed wat ek as passesier was is die Bogaloo in Houtbaai dis ‘n rubberduck met moers speedboat engins op en dan jaag jy teen ‘n moerse speod op die see rond nogals ‘n ervaring en ‘n half, dan was ek op die “speed cruise” tussen Dar-es-salaam en Zanzibar eiland – is ‘n boot wat soos ‘n vliegtuip op ski’s lyk nogals weird maar ry ook met hoe snelheid op die see vat so 1 en half uur van Dar-es-salaam tot by Zanzibar..
Dan die scarieste was toe ek en my vriendin as “passesiers” was toe ons pel ‘n conversion op ‘n klein 4 seater vliegtuigie moes doen…. Dis iets wat ek hoop om NOOIT weer te doen nie!