Wat het WordPress getref?
February 19, 2009
Dorings en soms rose was amptelik op 5 Januarie 2008 in die lewe geroep. Dit was veronderstel om my blog te wees waar ek kon galbraak soos wat ek lekker kry. My naam was op daardie stadium “Ingrid” gewees, juis om myself nie aan Adrie te koppel nie. Daar mag dalk ‘n blog gewees het, maar dit was sonder asem.
Dinge het op die 21 Februarie verander. Ons het Jacaranda 94.2 se blogs gerule, maar het ons daardie dag in ‘n ander geloof in vererg. Ons het op ‘n streep “bedank” en het ‘n nuwe kuierplek nodig gehad. Een wat deur ons bestuur word. Aangesien ek nog nie in volle swang met Dorings was nie, het ek dit as ‘n kuierplek aangebied. Ek moes inderhaas ‘n paar inskrywings delete, iets vars opsit en my naam verander – na waarnemer toe. Ek was so haastig dat ek skoon ‘n post gecopy het, maar dit was darem ‘n post wat ek self geskryf het. Die blog het afgeskop en dit is hoekom ek 21 Februarie as die blog se verjaarsdag beskou.
Ek het gedink Dorings gaan net ‘n verlenging van die Jacaranda blog wees. Dit gaan ‘n kuierplek wees vir die oud-Jacaranda bloggers, maar dat ons wel op een of ander stadium sal terug kruip. Ek was verkeerd en ja, ek het my daarin verlekker dat Jacaranda se breakfast blog se gewildheid getuimel het.
Ek het nooit daaraan gedink dat daar iets soos ‘n bloggemeenskap is nie. Ek was ook nooit van plan om deel van die blog gemeenskap te word nie. Tog het daar ‘n paar buitestaanders kom inloer. Vandag beskou ek hulle as deel van die Dorings. Sonkind was die eerste een wat dapper genoeg was om te comment. Nog ‘n paar het in haar spore gevolg. Natuurlik moes ek hulle blogs in ruil gaan lees het. Dit was die begin van my blog bullimië.
Die aanvanklike familie het gegroei. As ek hier iemand kan uitsonder, is dit Ouma Wipneus. Sy het sommer eendag haarself tot ouma verklaar en die blog kom opkikker. Sy kan self nie eers verklaar hoekom sy juis ouma wou wees nie. Op daardie stadium was daar reeds 2 blogouma’s, maar wie sê dat ‘n familie net 2 oumas mag hê? Ek wens net sy wil ‘n bietjie stadiger met die varkvet en knoffel.
Ons het ‘n aansoekvorm vir Jacaranda gehad, wat ons so effens aangepas het (kyk by bly te kenne). Die blogvraag het ook sy ontstaan aan Jacaranda se Your Question, My Question te danke. Oorspronklik was ek die alleenheerser van die blog gewees. Ongelukkig kan ek nie altyd ‘n oog hou nie en het Nats, Willes en Tilla nader gehark vir die takie. Dit is ‘n ons-blog. Enige iemand kan ‘n onderwerp skryf wat ek sal plaas.
Tot vandag toe was die tweede post die dag wat die meeste trefslae gehad het. 616 was die meeste comments wat ons op ‘n blog gehad het. My eerste ernstige meningsverskil was met Rosalind Franklin gewees. Vandag se post is die 368ste een wat verskyn. Ons het al 175 000 trefslae gehad en 50 000 comments.
Vandag wil ek almal bedank wat saam met my van Jacaranda gedros het. Ek wil almal bedank wat gereeld hier inloer. Ek wil almal bedank wat my gorrel gereeld lees. Baie dankie, julle is die beste.
Ek nooi julle om ‘n glasie te klink op Dorings en soms Rose te klink. Ek hoop dat ons julle nog baie lank sal kan vermaak.
Blogvraag: Wie het die naamverandering van b2\cafelog voorgestel?
Blogantwoord: Olga was reg met Dr Kenneth Meshoe.
Entry Filed under: Uncategorized. .
203 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 32
Goeie naand almal
Kyk wat is die tyd en ek kan nou eers hier uitkom, ek moet eers opvang met my skof , en al die latest hoor.
2.
Adrie | February 20, 2009 at 10 : 33
Haai Klip
3.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 34
Geluk met die blog se verjaarsdag.
Ek kan onthou toe ek die eerste keer op jac se blog was van die bakleiery , maar tot vandag toe het ek nog nie n clue wat daar aangegaan het nie.
As dit nie was dat een van die regulars(by jac) se naam ge-link was met dorings nie , dan het ek seker nooit hier uitgekom nie.
4.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 35
Hoe gaan dit A3 ? Hoop jy het nie n te besige dag gehad nie , en dat daar sommer n heerlike naweek voorle
5.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 36
Wanner stem ons vir die BLOG se ministerie??? ( is dit die regte woord)
6.
Adrie | February 20, 2009 at 10 : 40
Klip
Gee jou nominasies en ek oorweeg dit dalk.
7.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 40
Al die “portfolios” is seker al gevul?
8.
Adrie | February 20, 2009 at 10 : 42
Daar is ‘n minister van verversing, Salome. Maar as jy met iets cool vorendag kan kom, kan ons daaroor praat.
9.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 42
Ok daar sal geen dispuut wees as jy lewenslange president en eerste minister gaan wees nie .
Jy moet maar al die poste vul , of sal ek se skep, en dan kan almal van ons aansoek doen.
10.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 45
Minister van blogsport????
Minister van stront praat???
Minister van rooflees???
En dan sommer n klomp ministers sonder “portfolio”( ek kan nie die afr woord spel nie)
Minister wat boggerol doen in die kantoor van die president
11.
Adrie | February 20, 2009 at 10 : 46
He He He
Klip, jy het van Janet vergeet.
12.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 46
Salome het beslis haar portfolio verdien ( letterlik en figuurlik)
13.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 48
Ok waar dink jy sal Janet inpas??
Die belangrikheid van die portfolios gaan natuurlik bepaal hoe groot en luuks elkeen se bisiekel gaan wees ( dis nou vir amptelike transport)
14.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 50
Daar is darem al n mechanic wat die staatsgarage kan hanteer . Minister van vervoer……
15.
Koos Esterhuisen | February 20, 2009 at 10 : 51
Het Jakaranda ‘n blog gehad? Ek het gaan kyk en dit lyk asof dit deur ‘n skoolkind bestuur word, maar nou ja, Darren Scott gedra hom soos ‘n stoutgat skoollaaitie.
Geluk met julle blog se prestasie.
16.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 51
Ek moet nou vinnig praat , want ek gaan nou nou weer geselskap he.
Ek wens ek kon myself toesluit ….
17.
Adrie | February 20, 2009 at 10 : 52
Toilet skoonmaker – Janet
18.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 53
Hallo Koos
19.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 54
Toilet skoonmaker in die kantoor van die tweede minister sonder betaling.???
20.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 55
Darren Scott is n spons drol met n toe neus
21.
Adrie | February 20, 2009 at 10 : 55
Dankie Koos.
Ons en Darren het nooit eyeball tot eyeball gesien nie. Dianne, Trevor en Francios was ‘n ander saak.
Ons was in Kieno se dae daar. Eers was hy mal oor Willes, Sterretjie, Verons, Mario ens. Toe kom hy in die moeilikheid en begin ons afpis. Ons het hom natuurlk terug gekry.
22.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 56
Iemand moet bietjie n video van hom iewers uitkrap
23.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 58
A3 ek dink die volgende stap moet wees dat dorings sy eie radio stasie begin
24.
Adrie | February 20, 2009 at 10 : 59
Klip
Whahahahahhahahahaha
Niemand wou selfs eers teen betaling iets met hom doen nie
25.
Adrie | February 20, 2009 at 10 : 59
En wie moet dalk die program bestuurder wees?
26.
Klip | February 20, 2009 at 10 : 59
Hier is genoeg stront praters met goeie musiek smaak om die verkeer makliker te maak vir die stadsjapies
27.
Adrie | February 20, 2009 at 11 : 00
Ek kan ongelukkig nie DJ wees nie. Verons praat dalk genoeg daarvoor, mits sy nie op die job drink nie.
Netnou probeer sy Darren na-aap.
28.
Klip | February 20, 2009 at 11 : 02
Aangesien jy nou al so lank aan die bestuur staan van dorings ,ontbreek jy glad nie onderving om n radio stasie se programme te hanteer nie , jy het genoeg veldwerkers van oor die hele land om daagliks bydrae te maak
29.
Adrie | February 20, 2009 at 11 : 02
Dink net as Willes die oggendskof doen.
GRRRR!!!
Ek is nie lus om op te staan nie.
Ek bly sommer in die bed.
Doen julle dieselfde.
30.
Adrie | February 20, 2009 at 11 : 03
Net jammer vir daardie vloekwoord van kapitaal.
31.
Klip | February 20, 2009 at 11 : 03
Dink net hoe lekker sal dit wees as die “oggendskof “ook laat slaap, dan kan almal mos in rus en vrede le en slaap
32.
Klip | February 20, 2009 at 11 : 05
Praat is n bysaak , speel net musiek
Hier is my geselskap praat later
33.
Adrie | February 20, 2009 at 11 : 06
Ons sal die ekonomie tot ‘n finale val bring.
34.
Adrie | February 20, 2009 at 11 : 08
Cheers Klip.
35.
Klip | February 20, 2009 at 11 : 44
Hiers ek weer , ek sal maar die naguile wakker hou
en seker maak die bedlampies sien niks nie …
36.
Klip | February 20, 2009 at 11 : 47
Sweet dreams vir almal, ek sal seker maak dat al die nagmerries op hok bly en niemand pla nie
37.
Olga | February 21, 2009 at 12 : 10
Portefeulje klip. Want jy soen my nie meer nie, soen my nie meer nien k mis hoe dit was. ai, my ou daatji sing te mooi. Dankie ouma se kind.
38.
Olga | February 21, 2009 at 12 : 14
Hy was net n ou sampletjie met geboorte, maar my ou daatjie is nou to groter as dorosies juf annie. Ek moet regtig bloem toe. Leke werk en slaap almal.
39.
Klip | February 21, 2009 at 5 : 53
More More , wat n lieflike dag .
Dis n voorreg om dagbreek te aanskou
40.
Olga | February 21, 2009 at 6 : 42
More, more. happy bday dorings en soms rose. Mag jy nog ver gaan.
41.
Olga | February 21, 2009 at 6 : 45
Hoe stink die blog weer vanmore na roofleserspoep. Ek wens hulle wil beter knyp.
42.
Adrie | February 21, 2009 at 8 : 48
More almal.
43.
Adrie | February 21, 2009 at 8 : 52
Daardie daatjie is te pragtig.
44.
Olga | February 21, 2009 at 8 : 54
Opvolg van die grond onteiening bbbee klug in gister se laevelder, bl 4 NO FRUITS OF LABOUR ON SANDFORD FARMS. As jy wil of kan, bl14, what you had to say. Wie nie wil hoor nie, sal voel. Ons suid afrikaners beter maar ons posseel groentetuintjies kultuur maak. Dit mag dalk oorlewing beteken.
45.
Olga | February 21, 2009 at 8 : 57
Ag man, hy is. En so bekkig hoor. Pappa moet net bont staan.
46.
Jannas | February 21, 2009 at 9 : 22
Goeie more almal. Ja dis ‘n laaaaaang tyd gelede wat ons by Jakaranda geblog het. Verlang nog terug – nie na die goorgatte nie. Ek luister selde na die Breakfast show want Darren Scot irriteer die wit waks uit my uit. Die pranks is ook uiters kinderagtig. Weet nie hoe hou Dianne en Frankie met hom uit nie. Ek sou al lankal my pie gevat en geloop het.
Baie geluk met Dorings se verjaarsdag en prestasie. Al kuier ek deesdae nie veel hier nie, loer ek so af en toe in om te sien of my blogvriende nog ok is. Ek werk weer voltyds en blog net as ek tyd kry.
Seën vir almal.
47.
Olga | February 21, 2009 at 12 : 08
Ek weet nie hoe n intellegente mens na die breakfast show op radio jakaranda lan luister en se dis goed nie. Menige van die pranks is laag. Hoekom moet daar enigsins pranks wees. Kan die angels angel deur iemand anders begin werklik kompenseer vir n swak show wat nog in swak smaak aangebied word?
48.
Olga | February 21, 2009 at 12 : 12
Ek sal die jakaranda aanbieders kritiseer op elke geleentheid. Onthou, hulle is indirekte huismaats. Ja, wel, dan moet ek seker vir hulle gaan se nie hier nie.
49.
*mathilda* | February 21, 2009 at 12 : 47
Veels geluk liewe dorings
omdat jy verjaar
jou partytjie was lekker
maar jou koek maak my naar !
50.
*mathilda* | February 21, 2009 at 12 : 48
200ste
51.
Adrie | February 21, 2009 at 12 : 57
Gmf!
Kloon, jy kry nie koek nie.
52.
White Knight | February 21, 2009 at 2 : 12
Geluk met die Verjaarsdag van die blog Merries
53.
Adrie | February 21, 2009 at 2 : 48
Dankie Fossiel
Hier is tot vir jou ‘n bottel oor.