Erkenning vir misdaadslagoffers

February 17, 2009 at 6 : 35 81 Kommentaar

Daar was ‘n versoek om 24 uur blogstilte te handaf in meegevoel met Blixer wat onlangs haar man verloor het.  Ek het besluit om eerder die geleendheid te gebruik om hulde aan alle misdaad slagoffers te bring.

76146360

Die fokus rus gewoonlik op die misdadiger nadat ‘n misdaad gepleeg is.  Hy moet so spoedig as moontlik aangekeer word,ten alle koste vervolg word en baie lank agter tralies gehou word.  Ons noem dit geregtigheid.  So dikwels aanvaar ons dat wanneer iemand gestraf word, dat die daad sal verdwyn. 

Dit is nie die geval met die slagoffers nie.  Hulle het gely en niks kan die ongedaan maak nie.  Daar lê ‘n lang herstel proses voor.  Geregtigheid kan dalk die pad vergemaklik, maar dit help niemand om te genees nie.  Dus wil ek vandag alle misdaadslagoffers herken.

Eerstens diegene wat hulle lewe as gevolg van misdaad verloor het.  Niks kan dit terug gee nie.  So ook die mense wat hulle lewe figuurlik verloor het.  Die families wat weer die stukke moet optel en sonder ‘n geliefde moet aangaan.  Die familie en vriende wat moet keer dat die wêreld rondom die slagoffer inmekaar stort.  Die familie en vriende wat ook deur die daad getraumatiseer is, maar wat moet vasbyt en aangaan. 

Ek gaan ook die mense erken wat elke dag in vrees lewe, al was hulle nog nooit deur misdaad geraak nie.  Die gene wat te bang is om snags na die sterre te gaan kyk.  Wat sorg dat hulle na donker by die huis is.  Diegene wat selfs in hulle eie huise onveilig word.

Ek bid dat al die slagoffers oorwinnaars sal word.

Blogvraag:  Wie was Charmaine Phillips en Peter Grundlingh se eerste moordslagoffer?

Blogantwoord:  Olga was reg met Divine Brown.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Skuldig soos aangekla Vir wie om te stem

81 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  February 17, 2009 at 6 : 40

    Eerste.

  • 2. Nats  |  February 17, 2009 at 6 : 45

    2de!!!!!

    Kan julle dit glo :shock:

  • 3. Wille Kjind Q  |  February 17, 2009 at 6 : 49

    Drieste!

  • 4. Adrie  |  February 17, 2009 at 6 : 52

    TWEELING!!!

  • 5. Nats  |  February 17, 2009 at 6 : 53

    Gerald Douglas Meyer!

  • 6. Nats  |  February 17, 2009 at 6 : 54

    Tweeling
    Al wanneer ek nou lyk my kan blog is wanneer ek veronderstel is om te gym!!

    ‘n Half uur is seker meer as genoeg ne? :)

  • 7. Adrie  |  February 17, 2009 at 6 : 55

    Gym het tot google.

  • 8. Adrie  |  February 17, 2009 at 6 : 58

    Lyk my in elk geval nagskof is deesdae baie gewilder

  • 9. Adrie  |  February 17, 2009 at 6 : 59

    Steel wp wragtig my comments!

  • 10. Adrie  |  February 17, 2009 at 7 : 01

    GRRR!

    Bly een comment agter. Opera kort n nuwe kar.

  • 11. Nats  |  February 17, 2009 at 7 : 04

    Dis moeilik om hier te google… moet eers google in tik, dan wat ek soek… en dan kan ek nie eens copy en paste nie!!! En ek kan net een webiste op ‘n slag oop hê!!

    Ek kon nie die serial killers se name onthou nie… terug google toe om weer rose toe te gaan… toe weer google en weer rose toe… terug google toe… ai ai ai!!

  • 12. Nats  |  February 17, 2009 at 7 : 05

    Ok laat ek gaan… moet nog kos gaan maak!!

    Cherio check julle more… ek hoop!!!

  • 13. Adrie  |  February 17, 2009 at 7 : 10

    Ciao Tweeling.

  • 14. *mathilda*  |  February 17, 2009 at 8 : 45

    Naand nagskof

  • 15. Wille Kjind Q  |  February 17, 2009 at 8 : 55

    Curse you WP! En opra wat kaalgat rondloop! GGGRRR!!!

  • 16. Adrie  |  February 17, 2009 at 9 : 01

    Moet hulle nie te hard vervloek nie, netnou vererg hulle hulle self behoorlik.

  • 17. Wille Kjind Q  |  February 17, 2009 at 9 : 24

    Testing

  • 18. Wille Kjind Q  |  February 18, 2009 at 5 : 41

    GGGRRR!!!!!!

  • 19. *mathilda*  |  February 18, 2009 at 6 : 38

    More julle

  • 20. *mathilda*  |  February 18, 2009 at 6 : 39

    En nou willes

  • 21. Klip  |  February 18, 2009 at 7 : 30

    Goeie more almal.

    F al die misdadigers

  • 22. Adrie  |  February 18, 2009 at 7 : 31

    Dag

  • 23. Klip  |  February 18, 2009 at 7 : 32

    Ewe skielik kry ek ook n kramp, eks mos ook een

  • 24. Klip  |  February 18, 2009 at 7 : 33

    A3 jy klink heel saaklik vanoggend ….. hoop jy het goed geslaap

  • 25. Adrie  |  February 18, 2009 at 8 : 09

    Klip

    Ja, dankie en jy?

  • 26. Wheelbarrow Jack  |  February 18, 2009 at 8 : 25

    More, goeie blogstuk.

  • 27. Adrie  |  February 18, 2009 at 8 : 29

    Dankie Domkrag.

  • 28. Beeld  |  February 18, 2009 at 8 : 32

    Hartford (Connecticut). – ’n Sjimpansee van 90 kg is deur die polisie doodgeskiet nadat hy ’n vrou aangeval en ernstig beseer het.

    Travis (15) het om ’n onverklaarbare rede ’n vriendin van me. Sandra Herold, sy eienaar, aangeval toe die vrou voor Herold se huis stilgehou en uit haar motor geklim het.

    “Herold het ’n groot slagtersmes gaan haal en Travis gesteek om haar vriendin te red,” het kapt. Richard Conklin van die Stamford-polisie gesê.

    Die beseerde vrou het gesigbeserings opgedoen en bloed verloor.

    Sy is in ’n ernstige toestand in die Stamford-hospitaal, het die polisie gesê. Haar naam is nie bekend gemaak nie.

    “Daar was geen uitlokking sover ons weet nie. Een verduideliking wat ons ondersoek, is dat die sjimpansee Lyme se siekte het en dalk weens die medikasie daarvoor nie homself was nie. Ons weet nie regtig nie,” het Conklin gesê.

    Travis het ná die eerste aanval weggehardloop en op Herold se eiendom rondbeweeg voordat die polisie opgedaag het.

    Die sjimpansee het daarna teruggekeer en van die polisielede probeer aanval wat in hul voertuie geklim het.

    Travis het die spieël van ’n polisievoertuig afge-stamp voordat hy probeer het om in die voertuig te klim.

    Die vasgekeerde polisie-lid het hom toe geskiet.

    Die gewonde sjimpansee het gevlug.

    Die polisie het sy bloedspoor gevolg tot by sy slaapplek, waar hy aan sy skietwonde dood is.

    Travis het in sy jonger dae in talle TV-advertensies, asook ’n TV-reeks, verskyn. – Sapa-AP

  • 29. Verons  |  February 18, 2009 at 8 : 32

    More, as daar 24uur blog stilte moet wees beteken dit mos ons moet vir 1 hele dag nie blog nie???

  • 30. Beeld  |  February 18, 2009 at 8 : 33

    Gloria Edwards

    ’n Kleinhoewe-gemeenskap aan die Oos-Rand word deur honde-vergiftigings en motordiefstal geteister.

    Minstens ses motors is gesteel en byna tien honde vergiftig in die Hallgate-kleinhoewe naby Nigel.

    Verlede Woensdag alleen is twee bakkies gesteel en agt honde in dié gebied vergiftig.

    Mnr. Danny Geral sê sy twee honde, Lucky (5), ’n poedel-kruis, en Pepsi (5), ’n foksterriër, is vermoedelik gif gevoer en met ’n graaf geslaan toe boewe ’n week gelede sy bakkie probeer steel het.

    “Lucky is doodgeslaan, maar Pepsi het gelukkig weggekom. Ek het hom veearts toe geneem en hy is nou weer tuis.”

    Die boewe kon nie die bakkie se ratslot afkry nie, maar het Vrydag teruggegaan en Geral se twee motorfietse gesteel.

    Me. Marietjie Barnard se bakkie is glo Woensdagnag uit haar geslote motorhuis gesteel en haar twee honde, Vlekkie (3), ’n foksterriër, en Bruno (4), ’n Amerikaanse veghond-kruis, vergiftig. “Toe ek die oggend uitkom om werk toe te ry was hulle reeds dood. Ek het die gif in stukke polonie op die erf gevind.”

    Barnard se buurvrou, me. Bessie van der Walt (67), se vier honde is dieselfde aand ook die polonie gevoer. Van der Walt het gesê sy was vreeslik geskok toe sy die oggend uitgaan en sien hoe Douglas (10), ’n skaaphond, voor haar vrek.

    Nóg ’n hond, Mutley (’n kruis), was reeds dood. Van der Walt se seun, Jacques (39), het haar ander twee honde, Tiny, ’n foksterriër, en Rusty, ’n kruis, na ’n veearts geneem. Dié twee het oorleef.

    Konst. Sindy van Zyl, Nigel-polisiewoordvoerder, het gesê dit lyk of die boewe spesifiek bakkies teiken. “Die meeste voorvalle vind in die vroeë oggendure plaas. Mense moet hul honde en eiendom beveilig en alle voorvalle moet aangemeld word.”

  • 31. Adrie  |  February 18, 2009 at 8 : 34

    Verons

    Jip, maar ons handaf nie blogstilte nie.

  • 32. Adrie  |  February 18, 2009 at 8 : 42

    In plaas om ‘n blogstilte af te kondig, het ek eerder ‘n huldeblyk geskryf. En om sodoende vir alle misdaadslagoffers meegevoel te bewys.

  • 33. Olga  |  February 18, 2009 at 8 : 45

    More, more. ek dink ons het n gepaste onderwerp in die plek van blogstilte..

  • 34. Adrie  |  February 18, 2009 at 8 : 56

    Dit is in elk geval vir my onmoontlik om 24 h stil te bly.

  • 35. *Mathilda*  |  February 18, 2009 at 9 : 16

    Dis onmoontlik vir enige van ons om vir 24hr stil te bly !

  • 36. Adrie  |  February 18, 2009 at 9 : 24

    Dit is hoekom ek nie eers ‘n poging aangewend het nie.

  • 37. Olga  |  February 18, 2009 at 9 : 31

    As jy vir 24 stom word, gaan ons posts uit die malhuis kry.

  • 38. Olga  |  February 18, 2009 at 9 : 35

    As n trok vol mieliemeel gehighjack word van en n paar sakke mieliemeel beroof word, kan mens dit as n misdaad van nood sien. Maar goeie geeftig, hoekom mense doodskiet, honde vergiftig? Die goed kom te maklik los na so n misdaad.

  • 39. Adrie  |  February 18, 2009 at 9 : 37

    Olga

    Hulle kom al reeds van daar af.

  • 40. Adrie  |  February 18, 2009 at 9 : 42

    Ek moes seker gese het ek verwys oor die algemeen na geweldsmisdade.

  • 41. Olga  |  February 18, 2009 at 9 : 50

    Het so aangeneem ja. n Bakkie kan nie n honger gesin voed nie. Maar ja, ek is nie n dokter nie, ek sal nie weet nie.

  • 42. Olga  |  February 18, 2009 at 9 : 52

    Snaaks genoeg word meeste geweldsmisdade uit suiwer hebsug gepleeg.

  • 43. Adrie  |  February 18, 2009 at 9 : 53

    ‘n Bakkie kan seker verkoop word om die gesin te voed.

    Ek is ook nie ‘n hardcore misdadiger, polisie, berader, regslui of slagoffer nie – dus weet ek seker ook maar niks nie.

  • 44. Adrie  |  February 18, 2009 at 9 : 54

    Is daar ooit ‘n rede dat ‘n geweldsmisdaad regverdig is?

  • 45. Olga  |  February 18, 2009 at 10 : 03

    Nee, daar is geen rede wat n geweldsmisdaad kan regverdig nie. n Bakkie kan seker verkoop word om n gesin te voer, ja. Maar gaan jy gou in die parkeerterrein of by die robot n R300 000 bakkie vir se r5 000 koop sodat iemand gou pnp toe kan hol en gaan kos koop?

  • 46. Adrie  |  February 18, 2009 at 10 : 07

    Olga

    Ek sal nie. Daar is wel baie mense wat nie ‘n saak het om gesteelde goed te koop nie.

  • 47. Adrie  |  February 18, 2009 at 10 : 11

    As ek gesteelde goed soek, gaan ek self steel. Ek gaan beslis nie iemand betaal om namens my te steel nie.

  • 48. Olga  |  February 18, 2009 at 10 : 13

    Wha ha ha ha, ja, ek sal dit graag wou sien.

  • 49. Adrie  |  February 18, 2009 at 10 : 16

    Wat?

    Hoe ek self steel?

    As ek skuldig aan ‘n daad is, moet ek darem self die daad gepleeg het. Die deler (koper) is mos net so skuldig as die steler.

  • 50. Adrie  |  February 18, 2009 at 11 : 10

    Lyk my in elk geval dat ons stilte handaf.

  • 51. Adrie  |  February 18, 2009 at 11 : 23

    HEY!!!!

  • 52. See Kat  |  February 18, 2009 at 11 : 24

    Se wie

  • 53. Adrie  |  February 18, 2009 at 11 : 26

    Seekat

    Ek groet jou sommer met die hand.

    Jy was vir ‘n lang tyd baie stil.

  • 54. See Kat  |  February 18, 2009 at 11 : 32

    n Soen sal beter wees

  • 55. Adrie  |  February 18, 2009 at 11 : 46

    Ek is bly om jou weer te sien, maar nie so bly nie.

  • 56. See Kat  |  February 18, 2009 at 11 : 51

    Is jy bang dat dit sondag in die raport gaan wees

  • 57. Adrie  |  February 18, 2009 at 11 : 56

    Dit sal maar ‘n sad dag wees as piksoentjies die koerant haal. . . .

  • 58. Zoekoe  |  February 18, 2009 at 12 : 20

    Hallo mense !!!

  • 59. Wheelbarrow Jack  |  February 18, 2009 at 12 : 24

    Ari, dit sal gewis die koerant haal as die herrie merrie mens genoeg word om n medemens te soengroet.

  • 60. Wheelbarrow Jack  |  February 18, 2009 at 12 : 25

    Elo zoekoe. Hoe gaan dit?

  • 61. *Mathilda*  |  February 18, 2009 at 12 : 47

    Okay, daar is die assignment ook nou van my rug af !

  • 62. Adrie  |  February 18, 2009 at 1 : 03

    Domkrag

    Whateva!!! Ek is nie in die soen besigheid nie.

  • 63. Wille Kjind Q  |  February 18, 2009 at 1 : 12

    A3 & See kat sitting in a tree………….

  • 64. Wille Kjind Q  |  February 18, 2009 at 1 : 13

    O ja……………..

    Mirrag almal

  • 65. Adrie  |  February 18, 2009 at 1 : 15

    Willes

    Jy wou laas kraam toe ek dit vir jou gesing het.

    Netnou knoop ek jou in Seekat se arms vas.

  • 66. Zoekoe  |  February 18, 2009 at 1 : 22

    Hallo Willes :D

  • 67. Wille Kjind Q  |  February 18, 2009 at 1 : 22

    Hey wenna! Ek het net gesê julle sit inni boom. TSK!!!

  • 68. Adrie  |  February 18, 2009 at 1 : 26

    Hy sal dood as hy in die boom moet sit.

  • 69. Wille Kjind Q  |  February 18, 2009 at 1 : 39

    @ Zoeks

    Lo da maaikie

    @ A3

    Dink jy hy sal? Kan hy darem ‘n dop aanpass of moet hy net doodstil sit?

  • 70. Adrie  |  February 18, 2009 at 1 : 44

    Jy sal seker die dop by hom onder water gaan drink.

  • 71. Wille Kjind Q  |  February 18, 2009 at 1 : 49

    :mrgreen:

  • 72. Adrie  |  February 18, 2009 at 1 : 55

    Dit gaan seker ‘n baie flou dop wees, vol vis piepie.

  • 73. Wille Kjind Q  |  February 18, 2009 at 2 : 23

    Haai julle….. Ek was gister stoksiel al1 in ons reception. Die ander 2 span leiers was al2 nie hier nie :shock:

  • 74. Adrie  |  February 18, 2009 at 2 : 35

    Willes

    Ons weet mos al lankal dat net jy daar werk. Hoekom verbaas dit jou nog?

  • 75. *mathilda*  |  February 18, 2009 at 4 : 35

    Waar is almal

  • 76. *mathilda*  |  February 18, 2009 at 4 : 38

    Dan waai ek ook maar weer

  • 77. Adrie  |  February 18, 2009 at 4 : 47

    Kom terug!!!!!!

  • 78. Adrie  |  February 18, 2009 at 4 : 48

    Dalk die begin van die einde.

  • 79. Klip  |  February 18, 2009 at 6 : 26

    Is daar nog iemand hier???

  • 80. Klip  |  February 18, 2009 at 6 : 29

    Wel lekker slaap, ek hoop almal is more terug vol moed en hoop

  • 81. Die Week in ‘n Neutedop….. « Demoerin se Wêreld  |  February 27, 2009 at 7 : 08

    [...] trek. En as ‘n wiel afbliksem sal ek uitklim en hom deurstoot. Glo my, my lewe is ook deur misdaad geraak. Ek dink dit was die enkele grootste gebeurtenis in my lewe. So hartseer as wat die moord [...]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.