Die wit geskiedenis
Oktober 9, 2008
In ‘n vorige bedeling was 10 Oktober Krugerdag gewees. Dit beteken natuurlik dat ons ‘n langnaweek sou kon geniet het. Tot vandag toe weet ek nie hoekom juis Paul Kruger so belangrik was dat sy verjaarsdag tot inderewigheid gevier moes word nie. Ek is nie juis ‘n groot Kruger aanhanger nie, na my mening was hy stiksienig.
Punt is dat ek wel weet wie en wat Paul Kruger is. Ek is waarskynlik die laaste generasie wie gaan weet van oom Paul, van Bloedrivier, die Groot Trek en natuurlik Jan van Riebeek. Die regering is vasbeslote om die geskiedenis te herskryf. Hulle weergawe, wat volgens hulle die waarheid is. Ek sê geensins dat die weergawe wat ek op skool geleer het die volle waarheid was nie. As ek byvoorbeeld aan Bloedrivier dink, kan ek regtig nie sien hoe die water bloedrooi geword het nie. Ek dink die laaster water wat bloed was, was in Moses se tyd.
Die nuwe geskiedenis gaan ook waarskynlik nie ‘n paar goeie stories met feite bederf nie. Ek vrees dat dit daarop uit sal gaan om die blankes in die slegte lig te stel. Deesdae is jou grootste sonde as ‘n witmens om trots op jou herkoms te wees. Nie alles was boos nie. Daar rus op die nuwe generasies se ouers ‘n groot verantwoordelikheid. Hulle moet verseker dat die geskiedenis nie verlore gaan nie. Hulle moet hulle kinders opvoed om die agtergrond te verstaan.
Tog moet die kinders nie verhoed word om die ander weergawe ook te hoor nie. Hulle moet beide kante hê om ‘n ten volle ingeligte besluit te kan neem wie reg en wie verkeerd is. Daar is wel ‘n probleem met my sienswyse. Bittermin mense ken hulle eie geskiedenis. Dit is maklik om die alternatief te probeer doodskree as om agter die kap van die byl te kom. Makliker nog, beskou geskiedenis as dood en waardeloos.
Hoe voel julle ook die blank Suid-Afrikaner se geskiedenis? Hoe goed ken julle die nie-blanke Suid-Afrikaner se geskiedenis?
Blogvraag: Wat het die Tswanes Paul Kruger genoem?
Blogantwoord: Willes was reg met Sir Walter Raleigh.
Entry Filed under: Uncategorized. .
65 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Olga | Oktober 9, 2008 at 7 : 53
EERSTE!!!
2.
maxie | Oktober 9, 2008 at 8 : 19
‘Whistler of the Apies River’.
3.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 9 : 11
2ste!
4.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 9 : 44
Snaaks genoeg ga ek baaaaja naby aan oom Paul wees more!
5.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 9 : 46
Eks lus vi koffie
6.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 9 : 48
Sterk koffie!
7.
aventer | Oktober 9, 2008 at 9 : 56
Willes, ek’s oppad om na jou toe te hardloop.
As ek nou begin is ek more oggend daar
8.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 03
Wa dink jy is ek Aventer’
9.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 05
Ek het mos gesê ek is in ‘n plek wat met IEL eindig
10.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 07
Baja nader aan jou as wat jy dink
11.
aventer | Oktober 9, 2008 at 10 : 07
Ek weet nie meer nie
Hy’s ‘n opregte poepel, jammer maar daar is nie ‘n ander woord nie
12.
aventer | Oktober 9, 2008 at 10 : 09
As dit kriel is dan is dit net verkeerd
13.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 11
Wats nou fout?
14.
aventer | Oktober 9, 2008 at 10 : 12
Hy wou kom kuier toe se my ma nee hy mag nie by ons huis slaap nie, nou sit hy al die skuld op my…
15.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 13
Praat ons nou nog van dieselle drol?
16.
aventer | Oktober 9, 2008 at 10 : 14
Ja…het gedink hy sou darem bietjie verander
17.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 15
Hy is ‘n doos
18.
aventer | Oktober 9, 2008 at 10 : 16
19.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 17
Ernstig nou. Los die doos
20.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 18
Jou gesig gat so bly
21.
aventer | Oktober 9, 2008 at 10 : 19
ek kan dit nie meer v….n handle nie!!!
22.
*mathilda* | Oktober 9, 2008 at 10 : 20
Hallo almal
23.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 21
Hoor my lied. Hol en hol vinnig
24.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 22
TILLA!!
25.
*mathilda* | Oktober 9, 2008 at 10 : 22
Hoe lank nog willes ?
26.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 23
Mwah! Mwah!
27.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 24
Fok! Wie worry!?
28.
aventer | Oktober 9, 2008 at 10 : 26
Ek gaan maar in my droompies hol, dis verby my slaaptyd.
Lekker slapies almal
29.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 26
Ek het koffie gekry! In ‘n blik beker natuurlik!
30.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 28
Nag Aventer
31.
*mathilda* | Oktober 9, 2008 at 10 : 34
Adrie says:
Annermerrie, het jy nie ore aan jou kop nie? Moet ek hulle persoonlik kom trek?
Stuur hom in sy kanon in soos dit n dame met waardes betaam. Doen dit asb ordentlik en bedoel dit.
32.
*mathilda* | Oktober 9, 2008 at 10 : 36
Adrie says Nag
33.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 49
Tilla says nag
34.
*mathilda* | Oktober 9, 2008 at 10 : 52
Wille kjind sê nag
35.
Wille kjind Q | Oktober 9, 2008 at 10 : 58
Bos hie kom ons!
36.
Olga | Oktober 10, 2008 at 12 : 17
na al die gesays dink ek obs tenk is leeg. aventer, jy het gehoor wat die dames met wysheid sonder grysheid aanbeveel. neem hulle raad ter harte. stuur die skarmunkel IN SY MOER. VIVA vir jou ma.
37.
Wille kjind Q | Oktober 10, 2008 at 5 : 06
Eish! Voel of ek babalas het!
38.
Wille kjind Q | Oktober 10, 2008 at 5 : 07
Ek dink eerder dis babaraas…. Shame
39.
anne | Oktober 10, 2008 at 6 : 36
ek is n grrot fan van history,ek verskil nie tussen wit en swart history nie,history is history,whether it is black or white or coloured,ons land se history is awsome and important van kruger tot mandela,alles is belangrik,ons kinders moet van vertel word.
40.
Night Crawler | Oktober 10, 2008 at 6 : 42
Môre almal!!
Ek kan nie onthou wat hulle vir Oom Ou Baas genoem het nie maar ek weet die Nguni het Sir Walter, die engelse sersant, Taka-Taka genoem, want die Nguni het gesê dis die geluid wat sy automatiese geweer gemaak het as hy op hulle skiet.
41.
Adrie | Oktober 10, 2008 at 6 : 44
Hallo almal
Anne, ek stem saam. Maar of een of die ander is nie cool nie.
42.
Roer | Oktober 10, 2008 at 8 : 02
En nou wonder julle hoekom is ek lief vir Anna!
MOre. Ek gaan nie politiek praat nie. Om een of ander rede akkodeer dit nie met my gestel nie. Lekker dag Adriana, Willes en die res.
43.
Verons | Oktober 10, 2008 at 8 : 18
More julle,
Volgens my was Paul Kruger ‘n lafaard sy deel van die geskiedenis interesseer my nou glad nie, al hoekom ek van hom gelike het was dat sy verjaardag gewoonlik ‘n lekker langnaweek beteken het!
Wat die Tswanes hom genoem het sal ek nie weet nie maar ek dink dit moes iets met ‘n poephol te doen gewees het!
44.
Wille kjind Q | Oktober 10, 2008 at 9 : 00
Help? Wat word n trein se lughawe genoem?
45.
Adrie | Oktober 10, 2008 at 9 : 01
Lekker dag vir julle ook
46.
Adrie | Oktober 10, 2008 at 9 : 03
Willes
Bedoel jy dalk n vliegtuig se stasie?
47.
erns | Oktober 10, 2008 at 9 : 04
Loda almal
Ek kan ook nie so lekker di geskiedenis van SA onthou ni het meer van Internasionale history geliaak…..
Willes
K stel baja belang in oom Paul se miljoene toe se ek jy soek dit hy wil weet of jy met hom gaan deel
48.
Wille kjind Q | Oktober 10, 2008 at 11 : 14
Erns…. Ek deel daai miljoene met al my se maaikies
49.
Wille kjind Q | Oktober 10, 2008 at 11 : 16
Waas almal vandag?
50.
erns | Oktober 10, 2008 at 11 : 24
Willes
hy het tot die slot som gekom die moet iewers in die wille tuin wees want dit het oom Kruger se naam en dit is National soos in National treasure…..
51.
erns | Oktober 10, 2008 at 11 : 26
K het gese hy gaan as ons willetuin toe gaan gaan begin soek vir die miljoene
toe se ek hy mag nie uit die kar klim nie nou’s hy heel upset want hoe gaan hy die treasure kry
vra my vanoggend of weet ek of daar nie dalk ‘n map is soos in die movies nie
52.
Wille kjind Q | Oktober 10, 2008 at 11 : 29
Ek soek al 6 jaar lank inni wildtuin en het nog niks gekry nie
53.
Wille kjind Q | Oktober 10, 2008 at 11 : 31
Ek sal eerder nie sê wa ek heen ga die naweek nie….
54.
Wille kjind Q | Oktober 10, 2008 at 11 : 33
En bessie ka anyway nie byt nie!
55.
Verons | Oktober 10, 2008 at 11 : 44
EK GAAN LOFTUS TOE!!!
EK GAAN LOFTUS TOE!!!
EK GAAN LOFTUS TOE!!!
TREV LAAIK MY!!
56.
erns | Oktober 10, 2008 at 12 : 01
Willes
hoor nou net daars ‘n bewaarder in die tuin deur ‘n leeuw aangeval
Verons
Baja geluk het al voorheen dit gese jy deserve dit
57.
aventer | Oktober 10, 2008 at 6 : 39
Naand se almal
Dis tog naweek, nog net 12 daggies oor om te gaan
kan nie wag nie hehehe
Lekker naweek vir almal. Weet sommer dit gaan mal lekker wees
58.
Adrie | Oktober 10, 2008 at 9 : 33
12 daggies tot?
59.
Wille kjind Q | Oktober 10, 2008 at 9 : 44
Ek het oom Paul somme self geluk gewens met sy bifday. Ek hoop ek kry gou sy miljoene
Julle moet lekka dux. Praat more wee
60.
Olga | Oktober 10, 2008 at 10 : 00
het jy ga treasure hunt of lazyhorses gaan soek die nweek wk? oom paul was alles behalwe n lafaard. jeepers creepers. wie se clutch gly so. dan was die ou swerkater slim genoeg ook om sy ongeletterdheid vir die wereld weg te steek.
61.
Wille kjind Q | Oktober 11, 2008 at 5 : 05
Olga…. Ek soek ALTYD oom Paul se miljoene EN my lazyhorse
62.
Wille kjind Q | Oktober 11, 2008 at 5 : 11
Hoe kry jy klein merries uit die bed en reg vi aksie in 10 min?
63.
Wille kjind Q | Oktober 11, 2008 at 5 : 23
Wel nie met ‘dis tyd om op te staan’ nie!
64.
*Mathilda* | Oktober 13, 2008 at 7 : 43
Wat de moer gaan aan dat ons nou net al die ou nuus kan sien ?
65.
Adrie | Oktober 13, 2008 at 7 : 51
Tilla
Gaan by die 5 sente in en kyk vandaar af.