Bladskud
Oktober 8, 2008
Langenhoven het eenkeer ‘n man in die hof verdedig. Hy het die saak gewen. Die man wou hom met ‘n handdruk bedank het. Langenhoven het geweier om sy hand te neem. “Dit is erg genoeg dat ek jou moes verdedig het, ek hoef nie nog jou hand ook te skud nie.”
Almal van ons gaan op een of ander stadium met iemand bladskud. Dit is gewoonlik as ‘n groet, veral wanneer jy aan iemand voorgestel word. Ek het al mense teëgekom wat dit weird beskou as vroue handskud. Ek sien glad nie die weirdness nie.
Die handskud het blykbaar ontstaan as ‘n teken dat daar geen wapen in die hand is nie. Vandag is dit nie meer regtig van toepassing nie. Daar is wel baie mense wat ‘n persoon se karakter oordeel aan die manier waarop daar handgeskud word.
Mans is seker in die geval die kenners. Hulle skud meestal hand, met die meerderheid kollegas en as ‘n groet hulle manlike vriende en familie daarmee. Ek verstaan dat die manner man die een is wat die hardste druk. Baie mans gaan ook voluit om die wit waks uit ‘n ander een te druk. Daarmee stem ek nie saam nie. Daar is die wat met ‘n pap slap handjie groet. Dit irriteer my, so ek kan verstaan dat die mans hulle dan hard druk.
Vrouens skud basies net hand wanneer hulle aan iemand voorgestel word, in vergaderings en in die kerk. In my ervaring in elk geval. Ek kan nie dink dat ek al ‘n probleem met ‘n ander vrou se handskud gehad het nie. My ander probleem met mans is dat hulle gewoonlik jou vingers, in plaas van jou hand, druk. Ek weet dit is hoe ‘n heer geleer word om dit te doen. Ek dink wel ook dat dit ‘n man was wat dit uitgedink het. Vingers is gewoonlik ringe aan en dit draai. Al word die vingers sag gedruk, maak so ‘n ring steeds seer.
Persoonlik glo ek ‘n handruk moet stewig wees, ongeag die geslag van die persoon.
Die mens is seker gemaak om aan ‘n ander mens te raak. Hoekom anders is ‘n doodgewone groet nie goed genoeg nie? Hoe voel julle oor bladskud? Enige staaltjies of irritasies?
Blogvraag: Wie het bladskud aan die Westerse wêreld bekend gestel?
Blogantwoord: Tom Bundy
Entry Filed under: Uncategorized. .
190 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed


1.
*Mathilda* | Oktober 9, 2008 at 11 : 47
Dalk ook nie goeie idee nie – wil weer net daar mamma mia gaan moeg kyk !
2.
*Mathilda* | Oktober 9, 2008 at 11 : 50
Olga
Daar is nie dalk so ‘n ou verdwaalde sjokolade koek ook daar by jou nie ?
3.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 11 : 59
Hulle het ‘n sing-along version.
4.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 00
Kloon
Hou jou in.
Onthou Margate.
5.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 12 : 03
Testing…….
6.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 12 : 04
YIPPEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
7.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 05
Dit werk.
8.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 12 : 07
11 URE 51 MINUTE 30 SEKONDES!!!
9.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 12 : 08
Spietkop stop ‘n ou oomie want hy’t te vinnig gery.
Hy sê, “Ek sal omie ‘n kans gee. As oom vir my kan sê wat kom daar ver in die pad afgery, sal ek nie ‘n kaartjie uitskryf nie.”
Die oom sê, “Dis ‘n kar!”
Die spietkop sê: “Nee, oom LUISTER nie. Is dit ‘n Merc of ‘n BMW of ‘n Volksie of wat? ”
“Kom ons probeer weer: Wat kom NOU daar aan?”
Oom sê, “Dis ‘n motorfiets!”
Spiettie sê?. “Nee, oom LUISTER nie. Is dit ‘n Kawasaki of ‘n Honda of ‘n Yamaha? Watter motorfiets is dit?”
Hy skryf die tieket uit & gee dit vir die ou oompie, voordat hy terug stap na sy voertuig.
Die oompie skreeu, “Wag meneer. Hou net aan! Kom luister gou-gou hier!”
“Ja oom?”
“Sê vir my, seun. As jy daar in Sunnyside staan & daar op die anderkantse hoek staan daar ‘n ding met ‘n mienierokkie & boets aan, met so ‘n klein toppie & ‘n sigaret in die hand – wat is dit?”
Spiettie: “Oom, dis ‘n prostituut!!!”
Oompie: “Nee seun, jy LUISTER nie….. Is dit jou sussie, of jou ouma, of JOU MA???”
10.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 13
Wat is in elk geval so belangrik aan more?
11.
*Mathilda* | Oktober 9, 2008 at 12 : 14
Margate huh ?
12.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 16
He He he
13.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 17
Na watter see gaan julle nou weer?
14.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 12 : 19
@ MY 3LING
Dit betekin dat ons NIE by die werk is NIE!!
15.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 22
Speak for yourself.
Probeer jy ons jaloers maak?
16.
*Mathilda* | Oktober 9, 2008 at 12 : 22
Anner man se totti
17.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 12 : 25
@ A3
Natuurlik!
Wat het jy dan gedink? Mislik!
18.
*Mathilda* | Oktober 9, 2008 at 12 : 27
Maaikies – my naweek begin vroeg – ek gaan nou ‘meeting’ toe – ek sien julle weer Maandag
19.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 28
Tilla
Amper het ek jou nou iets geantwoord.
20.
*Mathilda* | Oktober 9, 2008 at 12 : 30
Adrie – ek watch jou – hou op mislik wees !
21.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 32
Fine
As julle so wil wees.
22.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 34
Ek sal more ‘n blog op sit wat Willes se hart se punt is . . . .
Ek het net mooi niks gedoen nie.
23.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 44
Okay
Ek sal my gedra
24.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 12 : 46
@ My 3ling
Ja nee kyk……. jy is die soetste! NOT!!!
25.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 48
GMF
Nie almal kan soet weet nie.
26.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 12 : 52
Asof jy so ‘n goeie voorbeeld is.
27.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 1 : 20
EK aan die ander kant……………
28.
Olga | Oktober 9, 2008 at 1 : 50
ek stop jou met n donnerse bedpan waar die son nie skyn nie en n loopraam in die ouetehuis.
29.
Olga | Oktober 9, 2008 at 1 : 56
kleim herriemerrie. gmf. laat ek nou in die hoek gaan ghob ook.
30.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 2 : 25
Ek kan ook nie my rug vir 5 minute draai nie
31.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 3 : 19
Hoe laat is dit nou? Het iemand dalk vir 18h00 gesteel? Ek sien nie vir 18h00 nie!!!
32.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 3 : 30
18h00 is uit vir ete.
33.
WILLE KJIND Q | Oktober 9, 2008 at 3 : 35
DêMMIT!!!!!!!!!!!
34.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 3 : 37
Nog ‘n ekstra lang lunch ook.
35.
aventer | Oktober 9, 2008 at 4 : 26
Ek herhaal, mens sou nie dink dat julle werk nie…
Maar anyways…1 week down and 2 to go!!!!!!!!!
Ek kan nie meer wag nie julle, dit gaan kickass wees in Pretoria volgende jaar!!
36.
aventer | Oktober 9, 2008 at 4 : 31
Nie een van julle is soet nie.
Net ek is want ek vat nie my selfoon saam skool toe nie
37.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 4 : 44
Aventer
Is dit lekker om op AVBOB se stoep te speel?
Ek stuur jou nou-nou hoek toe. En dit sal nie in my hoek wees nie.
38.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 4 : 45
My ma het altyd gese gedra jou. Sy het bedoel al is dit sleg.
39.
aventer | Oktober 9, 2008 at 4 : 52
My ma se weer beproef alle dinge
40.
Adrie | Oktober 9, 2008 at 4 : 56
En jy behou die verveliges?