Thank you for the music

Oktober 2, 2008

Jy lees beslis nie die blog as jy nie weet wat my twee gunsteling bands is nie.  My hart se punt is egter onbetwisbaar ABBA.  As jy my bloeddruk deur die dak wil jaag, laat iemand ‘n ABBA song cover.  Ek weier selfs om die Mamma Mia CD te koop, ek het my eie Mamma Mia CD gemaak.  Mamma Mia as sung by ABBA.  Nee, dit is nie te koop nie.

ABBA is ‘n Sweedse Popgroep wat in 1974 die Eurosongvision Kompetisie met Waterloo gewen het.  Hulle was twee jaar te vore tweede met Ring Ring.  Die groep was oorspronklik bekend as die Engaged Couple, omrede hulle twee paartjies (wat later getroud en geskei is) was.  ABBA is ‘n akroniem vir die 4 lede se name:  Agnetha wat met Bjorn getroud was en Benny wat met Anni-Frid saam gewoon het.  Mamma Mia, was in 1975 die lied wat bewys het dat ABBA nie net ‘n one hit wonder was nie.

ABBA was onwillige supersterre, lief om op te tree en te sing, maar het die aandag en reis gehad.  Hulle was nouwel nie die eerstes wat musiekvideo’s gemaak het nie, maar hulle het musiek video’s tot volle potensiaal gebruik.  Dit was ‘n skakel om bewonderaars te werf en gewild te bly, sonder om te veel van die huis af te wees.  Dit moes gewerk het, ABBA is vandag die kunstenaar/groep wat die derde meeste CD’s verkoop het.  Glad nie sleg as ‘n mens in aanmerking neem dat hulle net 10 jaar lank saamgesing het nie.

Ek speel al lank met die gedagte om ‘n blog oor ABBA te skryf.  Tannie Roer het al en ek wil nie hê die mense moet dink ek na-aap haar nie.  Wat ek nou gaan sê kom uit my duim uit.  Ek vors ABBA al langer as 15 jaar na. 

ABBA is ‘n groep wat sukses behaal het omdat die publiek gek was oor hulle.  Vandag nog kan hulle kleredrag afgekraak word, maar niks kan oor hulle musiek gesê word nie.  Bjorn en Benny se tweede (moontlik self derde of vierde) taal was Engels.   Ek kan net my hoed vir hulle afhaal oor die kwaliteit van hulle lirieke.  Tog word ABBA dikwels afgeskiet die die musiekwêreld.  Daar is byvoorbeeld besluit dat hulle nie ‘n plek in die Rock & Roll Hall of Fame verdien nie.  Die sogenaamde gesofistikeerde musiek kenners trek ook hulle neuse op.  ABBA liefhebbers is of oudtyds, weird (as jy vroulik is) of gay (as jy manlik is).

Hoekom?  Ek dink dit is omdat ABBA vandag nog baie privaat is.  Hulle het nie skandes gemaak nie en hulle het nie gedink hulle is ‘n geskenk van die gode nie.  Ek het al ‘n video gesien hoe hulle hulleself grimeer en hare doen voor ‘n konsert.  Hulle het ook nie probeer om die wêreld te verander nie.  Hulle het mense vermaak en gedoen wat van hulle verwag is.  Hulle het dus nooit kult status verkry nie en daarom ook nie die respek wat hulle verdien nie.

Maar wag:  I’ll let the music speak.  Hole in your Soul is een van hulle meer onbekende liedjies.

When I kiss the Teacher was een van die wat almal ken, maar wat nie Nr 1 in die VK gekry het nie.

Dancing Queen was die enigste Nr 1 in die VSA.  Sing kliphard saam.

Blogvraag:  Wie was ABBA se bestuurder?

Blogantwoord:  Willes was reg.  Kyk die prentjie op die vorige blog.

Sommer vir die lekker, Slipping through my Fingers, wat baie min mense in die fliek geken het.

Entry Filed under: Uncategorized. .

44 Comments Add your own

  • 1. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 6 : 17

    EERSTE!

  • 2. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 6 : 20

    Stig Anderson?

  • 3. Olga  |  Oktober 2, 2008 at 6 : 30

    Ag nee juf annie. jy vertel ons niks van abba wat ons nie reeds weet nhe. m.a.w JY IS N ABBA FREAK. vertel ons nou van hulle wel en wee asb

  • 4. Olga  |  Oktober 2, 2008 at 6 : 31

    Tweede.

  • 5. Roer  |  Oktober 2, 2008 at 6 : 38

    Nou praat jy sus! I like zee ABBA very much too.

  • 6. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 6 : 41

    Naand Olga & Tannie Roer

  • 7. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 6 : 43

    Ek speel gewoontlik my se ABBA kliphard wanne ek ver ry!

  • 8. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 00

    Ek dink iemand het die maan gesteel :shock:

  • 9. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 03

    Ek wil sooooo graag ‘n foto vanni stjoepid ding neem

  • 10. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 13

    Yippee! Daas donnerweer! Ek hoop daas nou reen :mrgreen:

  • 11. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 17

    En ons het ‘n wenner! Dit reën! Whoo Hoo!

  • 12. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 18

    Nou kan ek swem! Nou kan ek swem! Nou kan ek swem! Nou kan ek swem! Nou kan ek swem!

  • 13. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 21

    Ek hoop dit reen TOT more oggend!

  • 14. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 25

    Dêmmit! Die reen is viby :cry:

  • 15. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 27

    Fok! Ek ga nogsteeds swem!

  • 16. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 28

    GGGRRR!!!

  • 17. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 7 : 53

    Shame… Arme Aventer kom hie aan in ‘n nat PRETORIA

  • 18. Adrie  |  Oktober 2, 2008 at 8 : 17

    Olga

    My verskoning. Daar sal moreoggend ‘n ander blog wees.

  • 19. Wille kjind Q  |  Oktober 2, 2008 at 8 : 50

    Nou vir wat wil jy ‘n anne blog opsit my 3ling?

  • 20. Olga  |  Oktober 2, 2008 at 10 : 20

    dankie, juf annie. ek sien uit daarna.

  • 21. Rolling Stone  |  Oktober 2, 2008 at 11 : 17

    Ek sit by die huis met n flippen tekom lyn, ek gaan ontplof

  • 22. Saskia K. uit A'Dam  |  Oktober 3, 2008 at 1 : 51

    TAAL ???

  • 23. olga  |  Oktober 3, 2008 at 1 : 56

    Taal is natuurlik afrikaans.

  • 24. Wille kjind Q  |  Oktober 3, 2008 at 5 : 27

    He! He! Ek het gou Nederlands loop lees. Joh! Ek sal moet jok as ek sê ek het ALLES verstaan. Afrikaans was moeilik genoeg om te leer

  • 25. Wille kjind Q  |  Oktober 3, 2008 at 5 : 51

    Eksi baja lus om vandag werk toe te ga nie!

  • 26. Wille kjind Q  |  Oktober 3, 2008 at 6 : 43

    Ek het slegte nuus… Die koffie matjien is gebreek! :shock:

  • 27. Wille kjind Q  |  Oktober 3, 2008 at 6 : 45

    Maar wag so bietjie! Daas ‘n coolerbox VOL drank! :mrgreen:

  • 28. *Mathilda*  |  Oktober 3, 2008 at 7 : 56

    Willes

    Ek sal vandag die drank vat bo die koffie – thanx

  • 29. Adrie  |  Oktober 3, 2008 at 8 : 39

    More Almal

    Ek sien julle hopenlik later, Rome brand.

  • 30. *Mathilda*  |  Oktober 3, 2008 at 8 : 46

    more kloon – baai kloon

  • 31. WILLE KJIND Q  |  Oktober 3, 2008 at 8 : 52

    @ My 3ling se kloon

    Goeie more!

    @ My 3ling

    Ons het mos laas Rome in 1 dag gebou! Natuurlik sien ons jou later!

  • 32. *Mathilda*  |  Oktober 3, 2008 at 9 : 05

    kloon se 3 ling – ek dink dis tyd om daai coolbox te refill

  • 33. Olga  |  Oktober 3, 2008 at 9 : 12

    more, more. druk die wereld jou vandag tilla? jy gaan hoofpyn uit daardie coolerbox opdoen.

  • 34. *Mathilda*  |  Oktober 3, 2008 at 9 : 14

    olga

    wat gee jou daai idee ?

  • 35. Olga  |  Oktober 3, 2008 at 9 : 16

    coolerboxe het ingeboude hoofpyne. he he. die druk deel? gehoor as die wereld druk, dan verdrink mens dit. dis vroeg warm vandag.

  • 36. Olga  |  Oktober 3, 2008 at 9 : 19

    Ten minste kan mens THANK YOU FOR THE MUSIC sing as die cooler box oopgaan.

  • 37. *Mathilda*  |  Oktober 3, 2008 at 9 : 30

    Het ‘n moeilike nag gehad met baba, van 11uur af opgegooi tot omtrent half 4 vanoggend !

  • 38. WILLE KJIND Q  |  Oktober 3, 2008 at 11 : 02

    Sorry julle. Ek was gou drankwinkel toe om nog dop te koop!

    @ *M*

    Ek hoop jy gat dam vroeg huistoe. *fluister* ek wonner hoe ver is Rome gebou…….

  • 39. WILLE KJIND Q  |  Oktober 3, 2008 at 12 : 12

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 40. Olga  |  Oktober 3, 2008 at 12 : 16

    Sjym tilla. was sy darem vanmore ok? seker die een of ander virus. ag, ek hoop sy is beter.

  • 41. WILLE KJIND Q  |  Oktober 3, 2008 at 12 : 27

    Ek het chips en ribs…………………………

    Hallo Olga

  • 42. Adrie  |  Oktober 3, 2008 at 12 : 33

    Op watter blog is almal nou?

  • 43. skroplap  |  Oktober 3, 2008 at 2 : 26

    wonder ekke ook

  • 44. Olga  |  Oktober 3, 2008 at 3 : 46

    nuwe sexblog waar almal kuier. aids gewaarborg.

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin
antonie on Toemaar
Joey on Die nag wat by my spook . .…

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye