Jakarandas op my voorstoep.
September 23, 2008
Enige gesoute Pretorianer sal jou kan vertel dat wanneer die stad sy pers kombers aantrek, raak dit tyd om die boeke nader te sleep. Dit is dan Oktober, die tyd om te kyk wat te redde is. Jy kan altyd die kortpad manier beproef. Gaan sit onder ‘n boom en wag totdat ‘n blommetjie op jou kop val. Jy sal dan glo al jou eksamens deur kom.
More is eerste erfenisdag en daarna braaidag. Vorige geslagte het ons ‘n pragtige Jakaranda erfenis gelaat in Pretoria. Pretoria is nie die enigste stad wat met ‘n Jakaranda kleed spog nie, maar dra nogtans die naam Jakarandastad, wat internasionaal aanvaar word. Selfs beweer die jaloerses oorkant die Jukskei dat hulle Jakarandas mooier is.
Jakarandas is nie ‘n inheemse boom nie. James Clarke het die saad in die 1880’s ingevoer. Die eerste twee bome is in 1888 by ‘n skool in Arcadia geplant. Kort daarna was die bome in Kochstraat (vandag Bosman) geplant. Die vet was in die vuur en ‘n Jakaranda ontploffing het gevolg. Ek is nie seker hoekom nie, maar ek vermoed die mense het hulle mooi gevind.
Die Jakarandas wat ons ken is Jacaranda mimosifolia. Die blou jakaranda. Hulle kom oorspronklik van Suid en Sentral Amerika en is ook inheems aan die Karibiese Eilande. Hulle kan temperature van tot -7 º C weerstaan, maar is nie bestand teen ryp nie. Hulle word 5 – 15 m hoog. Jakarandas het selfs medisinale waardes, hulle werk teen Bacillus, Staphylcoccus en E.coli. Hulle hout kan ook gebruik word. En julle het altyd net gedink dat hulle mooi is en jou lekker hooikoors kan gee.
Op die oomblik is dit onwettig om ‘n Jakarandaboom te plant. Die regering het dit ‘n paar jaar gelede as ‘n indringerplant geidentifiseer. Pretoria sal dus eendag nie meer die titel van Jakarandastad verdien nie. (Ek stem saam dat ons uitheemse plante moet beperk, maar in die geval is die Jakaranda die kern van die stad. Dit is amper al inheems.)
Erfenisdag is daar gestel om ons erfenis te waardeer en te herdenk. ‘n Erfenis waarvoor daar deesdae hand en tand voor geveg moet word. In plaas daarvan om almal hulle erfenis te gun en daarop voort te bou, word daar van die Afrikaner se erfenis verniel. Selfs al is dit ‘n onskuldige boom, wat nie as ‘n probleemplant bewys is nie. Jakarandas is deel van Pretoria se erfenis.
Eers ‘n naamverandering, dan ‘n identiteitsroof. Gevolg deur . . . ‘n herbevolking dalk?
Is ek onnodig sentimenteel? Behoort alle Jakarandas voor die voet uitgeroei te word? Waarmee behoort die Jakarandas in Pretoria vervang te word? Is daar ‘n Suid-Afrikaanse dorp wat die nie-amtelike naam van iets inheems dra? Rose en Eike is uitheemse plante?
Blogvraag: In watter stad word ‘n jakaranda blommetjie wat op jou val, gesien as ‘n teken dat jy gaan druip?
Blogantwoord: Willekjind is reg met arctophiles.
Entry Filed under: Uncategorized. .
85 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed



1.
Wille kjind Q | September 23, 2008 at 5 : 37
EERSTE!
2.
Wille kjind Q | September 23, 2008 at 5 : 38
Ek weeti!
3.
Wille kjind Q | September 23, 2008 at 5 : 45
Moet ek nou ga google?
4.
Wille kjind Q | September 23, 2008 at 5 : 46
Gee my ‘n clue
5.
Wille kjind Q | September 23, 2008 at 5 : 49
6.
Adrie | September 23, 2008 at 5 : 52
van wanneer af gee ek clues?
7.
Adrie | September 23, 2008 at 5 : 54
Daar was studente betrokke . . . nie in SA nie.
8.
Wille kjind Q | September 23, 2008 at 5 : 54
Gmpf!
9.
Wille kjind Q | September 23, 2008 at 5 : 57
Ek ga nou ry. Chat later
10.
The unpregnantmother | September 23, 2008 at 6 : 26
Jakaranda’s in blom gee my koue rillings! Dis dan wanneer ek besef dat ek laaaaaaankal al moes begin leer het!
11.
Olga | September 23, 2008 at 6 : 38
Stellenbosch is bekend as die eikestad. en antw op blogvraag vraag, australia?
12.
Olga | September 23, 2008 at 6 : 48
is daar iets in die land waarmee die regering nog nie geinterbliksem het nie? en oor die ministers wat nou so bedaek, hulle word vriendelik verplig. joelies sieser, zuma se baas, se dat mbeki hulle aangestel het MOET hulle bedank uit respek vir mbeki. en hy se, vir die res, WHAT WE GET RID OF TODAY, WE CAN REPLACE TOMORROW. WE HAVE LOTS OF PEOPLE WHO CAN RULE THIS COUNTRY. gr8 frigging stuff.
13.
Roer | September 23, 2008 at 6 : 49
Aaag, hoe mis ek Pretoria nou.
14.
Olga | September 23, 2008 at 6 : 55
seker enigste land op die gesig van die aardbol wat deur n jeugliga regeer word. met ander woorde indirek deur julus malema. plaas van gee hulle die kaartman n pos in die regering. die kakhuise moet skoon gemaak word!
15.
Adrie | September 23, 2008 at 6 : 58
Roer, ons sal sam moet aanstel om haar nuwe kamera vir jou in te span. Dan gaan jy eers verlang!
Olga, ek se eerder niks van die ministers nie. Manual is n gatslag.
16.
Adrie | September 23, 2008 at 6 : 59
Mamela moet eerder uit PTA bly. Die jakarandas sal net kots as hulle hom moet sien
17.
Olga | September 23, 2008 at 7 : 14
die jakarandas sal vrek nevermind kots.
18.
Olga | September 23, 2008 at 7 : 18
ek wonder hoe gaan malema die aanstelling van zuma as president regverdig? daar was nie 16 klagtes teen hom nie, maar oor die 700 klagtes. wonder wat ga malema doen wanneer hy nie adjunk president word nie?
19.
Wille kjind Q | September 23, 2008 at 7 : 46
QUEENSLAND! He! He!
20.
Wille kjind Q | September 23, 2008 at 7 : 50
Gat julle nou elke dag die hele dag oor die days of our lives in our fucked up country
21.
Olga | September 23, 2008 at 8 : 10
waarvan+praat jy wk?
22.
aventer | September 23, 2008 at 9 : 57
Hulle het al die jakarandas by die skool uitgehaal sussa, dit lyk nou so kaal
En ek’t geleer dat ek nie vreeslik baie kan drink nie…ook maar goed ons is vroeg weg by die partytjie
23.
Pikkelik | September 23, 2008 at 9 : 58
Ek is sooooo bly om te sien Weeskjind is nou wille kjind!!
Hallo julle, ek het net gou die koek en wyn gebring!!!! Praat weer more!
24.
Adrie | September 23, 2008 at 10 : 00
PIKKIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Mens, kan jou met die hand groet.
25.
Adrie | September 23, 2008 at 10 : 02
Aventer
Watter blerrie onnie kan nou weer nie poep nie? Dit is mos waar bollie idees vandaan kom.
Pikkie
Ek was ‘n naweek lank Herriemerrie tot Sam my HM noem. Toe onthou ek dit is ‘n hoer M**d
26.
aventer | September 23, 2008 at 10 : 15
Pikkie…
Bly jy’s terug…ek moes nou so baie foute regmaak, dink dis tyd dat ekke maar gaan doeks
Lekker slapies almal
27.
Olga | September 23, 2008 at 11 : 08
waar ons woon staan die jakaranda bome so geil, as dit bot, gee niks my groter vreugde as om bo by ie hej van die village te stop en af te kyk op die lila mosaiek nie. kan nie dink hoekom mense altyd moet krap waar dit nie jeuk nie. jakaranda boom is seker ongewens omdat daar te veel kp, np, awb ens plakkate deur die jare gehang het! die bome het dit nie verwelkom of vir daardie plakkate gevra nie. maar hulle is nietemin tot FAUNA NON GRATA verklaar.
28.
Olga | September 23, 2008 at 11 : 14
Almal lala al en die poepe onder die kberse bedwelm julle en laat julle dieper slaap. hoe jaloers word ek op julle vermoee om te gaan slaap. klaasvakie, jy is n bliksem. laat ek maar eerder nuwe marinadesous resep soek of prakseer vir more se braaihoender. al gatvol vir die gewone ou tamatie marinades.
29.
Wheelbarrow Jack | September 24, 2008 at 12 : 42
Die jakarandas kan mooi wees. Veral die lanings soos in julle fotos.
30.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 05
wie braai almal vandag???
31.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 07
baie duidelik almal!!
32.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 8 : 07
Ek ga zoo toe. Sal laat mirrag braai
33.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 8 : 08
More skroppi
34.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 08
zooooo??? ag bly net hier dan sien jy alles
35.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 09
lo wk
36.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 8 : 11
Ek ga heritage day deurbring by my 3ling se fêmily
37.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 11
hehehe
en ekke moet werk…….
38.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 8 : 11
Ek wil my kêmera nog testdrive
39.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 12
dis so nie reg nie!
40.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 8 : 13
Shame! Dis ‘n skande!
41.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 15
…in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien…
42.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 8 : 19
Dis erg om te sweet wanne almal braai
43.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 22
vryf dit nou in toe
44.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 8 : 23
Vryf vryf vryf
45.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 8 : 24
46.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 25
wa jou 3ling vandag?
47.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 25
le seker nog en poep ruik
48.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 8 : 29
My 3ling wag vi my met ons ‘operation wk’
49.
skroplap | September 24, 2008 at 8 : 40
ek sien
50.
Olga | September 24, 2008 at 9 : 51
more, more. dis warm. dis vrek warm in die laeveld. wie se slim idee was die braai tog.
51.
Olga | September 24, 2008 at 9 : 55
wonder of daar rerig jakarandas op juf annie se voorstoep is? daar is jakarandas by ons agterhek.
52.
aventer | September 24, 2008 at 10 : 02
Geniet die af daggie julle
En onthou dis nasionale braaidag
Oe jummy
steaks
53.
Adrie | September 24, 2008 at 11 : 22
More almal! Olga, die vraag is eerder, het ek n voorstoep?
54.
skroplap | September 24, 2008 at 11 : 23
die blog is gefok vandag
55.
skroplap | September 24, 2008 at 11 : 24
hi ola
56.
skroplap | September 24, 2008 at 11 : 27
weer ignore dit my
57.
skroplap | September 24, 2008 at 11 : 59
ek kan maklik 400 by myself doen tot 2uur
58.
skroplap | September 24, 2008 at 12 : 00
3 roofleser, en ek moet dit alleen doen….
59.
olga | September 24, 2008 at 1 : 44
Die rooflesers kan nie spel nie. daar gaan nie veel by jou werk aan nie skroppie. vertel die baas hy kan maar die deure toemaak of jy waai in elk geval.
60.
olga | September 24, 2008 at 1 : 46
ek gaan nie eers poog om 100 op my eie te maak nie.
61.
olga | September 24, 2008 at 1 : 47
Dalk moet ek maar vir bessie zoo toe neem.
62.
olga | September 24, 2008 at 1 : 49
oepsie. kani werk nie. sy is steeds bronstig.
63.
Annora | September 24, 2008 at 2 : 04
Ons laan is vol Jakarandas en die blommetjies kom nou uit…piepklein . In Oktober is als pers in die laan en heerlik om onder dit deur te draf.
64.
Annora | September 24, 2008 at 2 : 05
Maar hulle mors baie in Augustus as die takkies af val en ook slurp hulle baie ondergrondse water op so mens sukkel om ng plante onder hulle aan die groei te hou, maar ek lief alle bome inheems of uitheems. Veral inheems soms en soms uitheems.
65.
Olga | September 24, 2008 at 4 : 31
ek kan nie insien hoekom mense jakaranda, denne, wattel, sipresbome in n erf wil plant nie. daar was mase rooiwattelboom 3 meter van ons voordeur en 2 privetbome 1.5m van kamervenster toe ons hier ingetrek het. die privetbome het tot reusegrote gegroei. die bome teen die huis het lig uitgeblok. daar is verder 3 sipres bome en n eikeboom ook. en dit alles in die voortuin.
66.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 4 : 35
Wat ‘n dag! Ek is seker elke liewe swart kleuterskool was vandag by die PTA zoo. Nee my fok! Ek gaan gereeld zoo toe en vandag wassiti 1ste keer wat ek so iets beleef het
67.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 4 : 40
Dan wonner die mense hkm ek willetuin toe ry om die selle diere (as jy gelukkig is) te sien!
68.
Olga | September 24, 2008 at 5 : 34
besoek aan die dieretuin sien jy meer as net olifante en rooibekke. en lesbes, jy hoef nie heeltyd op jou gat te sit nie.
69.
Olga | September 24, 2008 at 6 : 01
het julle gesien hoe paradeer zuma en sy cronies op die nuus? die anc highlanders. ek wonder net, waar kom al darie kolle velle vandaan? kunsmatig? se wie?
70.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 6 : 30
Olga… Ek het daai deel gemis ma ek het genoeg van sy comrades vandag gesien
71.
Olga | September 24, 2008 at 6 : 51
Hoop jy kyk nuus 19.00 op 2 wk. wa kom darie katvelle vandaan?
72.
Olga | September 24, 2008 at 7 : 00
kan paula nie gehijack en vrek geskiet word nie? die ding irriteer my grensloos. dan kan aliens kom en ou netta onvver. hulle behoort laaaank op haar te oorleef.
73.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 7 : 13
He! He! Eks bly ek voeli al1 so oor Paula nie! Arme Xander. Ek dink hy gat John en sy skiewies se skelm streke oor 2 weke oopvlek. Shame…. Arme ding. Nohtnagel is ‘n poephol.
74.
Olga | September 24, 2008 at 7 : 19
nothnagel is n volslae dem ou doos. nee, o donner tog, n doos het n doen. maak n graad mens so hovaardig?
75.
Olga | September 24, 2008 at 7 : 26
juf annie,
is alle mense met grade so hovaardig met HOLIER THAN THOUGH houdings. ma kyk dan ou madel wat net ha ruggraad het is net so hoogmoedig. en dit n ou teef wat gelieg en gesteel het om n ou toilet grote sportwinkeltjie alleen te besit. toe laat die paragoon van waardigheid haar nog verneuk deur n man. wat wys vir al haar hoogmoed, het darie man sleutel tot haar beursie gehad. s.a. se skrywers ken nie mensie nie. ou hoogmoedige madel moes winkel klerke en kelners onthaal om mense op haar partydjies te kry.
76.
olga | September 24, 2008 at 7 : 33
more oggend is sirkusse van die wereld weer op tv2. s.a. sal aan die beurt wees. gaan parlement genoem word.
77.
Wille kjind Q | September 24, 2008 at 7 : 55
Eks vrek moeg. Gat nie eens my boek leesi. More issit wee aanmeld by die tronk
78.
Adrie | September 24, 2008 at 8 : 06
nee, olga. net ingineurs en manlike prokureurs. en skoolhoofde
79.
Olga | September 24, 2008 at 8 : 09
die prokureur wat ek ken, groet baie vriendelik, al is dit op n sondag oggend in checkers. of n woensdag oggend in wimpy in belfast.
80.
Adrie | September 24, 2008 at 8 : 13
ek ken nie so baie prokkies nie.
81.
Olga | September 24, 2008 at 8 : 17
skoolhoofde is is sonder uitsondering poepholle.
82.
Olga | September 24, 2008 at 8 : 19
Wil jy ni hond he nie, juf annie? hy is n heilige hond. hy bid die paternoster.
83.
Adrie | September 24, 2008 at 8 : 22
Gmf! nee dankie.
84.
Ek is ‘n Pretorianer . . . « Dorings en soms Rose | Oktober 1, 2008 at 5 : 26
[...] is veral bekend vir die Jakarandas wat nou weer kop uitsteek. Pretoria het die grootste en die beste universiteit in die land. Die [...]
85.
p@€skop | Mei 25, 2009 at 5 : 43
ag dis p@€slik