Vlieg Tag: Posduiwe

Julie 18, 2008

Aangesien ek almal aan die kopkrap het, is dit net regverdig dat ek my grysstof ook nader hark. 

Ek is mal oor posduiwe, maar ek kan ook baie kwaad vir hulle word.  Nee, die enigste warmbloedige duiwe wat ek sien is die wat dink oom Paul is ‘n toilet.  Ek praat van epos.  So lief ek vir blog is, kom niks by ‘n ietsie in die posduifhok nie.  As jy my dag wil maak, skryf vir my ‘n gesels epos.  Ek is nie ondankbaar vir goed wat aangestuur word nie, dit wys immers iemand dink aan jou (of het jou adres en hulle is desperaat om in die hemel te kom).

Ek hou nogal van gmail, meestal omdat maklik is om met ‘n selfoon in kontak te bly.  Die ongeluk van die saak is dat die posduiwe by gmail nie altyd van die flukste is nie.  Veral as jy nog ‘n prentjie of 10 wil saam stuur.  Dit is seker omdat gmail so baie van die duiwe moet aanstel dat hulle nie juis kieskeurig is nie.  Ek is te bang om die duif aan die vlieg te skop, netnou dooi hy sonder dat hy die boodskap gaan aflewer het.  Of erger, hy dooi in vlug en verloor my boodskap.  Die duiwe is ook nogal geneig om die scenic route (met ‘n paar kroeë) te volg.  En hulle raak so maklik dors. . .

Punt is dat epos baie ouer as baie van ons is. Epos was ingebruik lank voor die internet.  In 1961 het MIT die eerste keer die beginsels van epos geillustreer.  Netwerk epos, ek vermoed dit is wat ons vandag ken as pop-ups, het al in 1965 hulle ontstaan gehad.  Epos soos ons dit vandag ken is grootliks te dank aan ARPANET rekenaar netwerk wat al so vroeg as in in 1969 met intersisteem eposse begin het.  Ray Tomlinson het in 1971 die @ teken gebruik om die verbruiker en masjien te skei.

Volgens Wikipedia werk epos as volg.  Jy stuur stel ‘n epos by jou MUA (mail user agent) op.  Die MUA vertaal dit dan in die internet epos formaat en stuur dit met ’n program genaamd SMTP (Simple Mail Transfer Protocol) na die MTA (Mail Transfer Agent).  Die MTA verkry die Na-Adres van die SMTP.  Die epos adres is bekend as ‘n FQDA (Fully Qualified Domain Address).  Wanneer die MTA die Domain Name System (DNS) ontsyfer het, kan die Mail Exchange Server bepaal word wat die epos sal ontvang.  Die DNS server  van die ontvanger epos kan dan die epos van die Mail exchange server onderskep.  Die DNS stuur dit dan na die MTA van die ontvanger se epos.  Dmv SMTP word die epos dan in die mailbox afgelewer.  Die ontvanger kan dan die mail van sy MUA ontvang dmv die Post Office Protocol (POP3). 

Dit klink baie eenvoudiger by Wikipedia (daar is ‘n pragtige vloei diagram), maar dit bly steeds verstommend hoe vinnig alles gebeur.  ‘n Mens ontvang dikwels jou nuwe epos binne sekondes.  Baie vinniger as die eerstydse posduiwe.  Ek waardeer nou my posduiwe eers.

Kan jy nog sonder epos lewe?  Hou jy van eposse?  Hoe voel jy oor fw eposse?

Blogvraag:  Wanneer is gmail aan die publiek vrygestel?

Blogantwoord:  Capella is Latyns vir ”Little she goat” wat dan  seker klein bok ooitjie is.

Dit is oud maar steeds goud.

Entry Filed under: Uncategorized. .

27 Comments Add your own

  • 1. Sam q  |  Julie 18, 2008 at 7 : 49

    EERSTE!

  • 2. Sam q  |  Julie 18, 2008 at 7 : 50

    Maart 2004?

  • 3. Sam q  |  Julie 18, 2008 at 7 : 51

    Fok! Wat ‘n gesukkel! Gmpf!

  • 4. Sam q  |  Julie 18, 2008 at 7 : 56

    Ek gee nie om as my posduif draaie vlieg nie. Solank hy net by die dranjwinkel stop oppad trug en vi my obs saam bring :mrgreen:

  • 5. Sam q  |  Julie 18, 2008 at 7 : 58

    Eish! Bedoel dranKwinkel!

  • 6. Sam q  |  Julie 18, 2008 at 10 : 02

    7 Feb 2007

  • 7. Sam q  |  Julie 19, 2008 at 6 : 47

    More! Ek ga lekka zoo toe! Ek ga lekka zoo toe! Ek ga lekka zoo toe! Wê la ke pê la!

  • 8. Sam q  |  Julie 19, 2008 at 6 : 49

    Ek sal ma probeer om self 200 comments op te sit……

  • 9. Sam q  |  Julie 19, 2008 at 6 : 51

    Net jammer die foon vat so blêrrie lank!

  • 10. Sam q  |  Julie 19, 2008 at 6 : 53

    Of as die stjoepid ding vi my sê NO GATEWAY reply!

  • 11. Roer  |  Julie 19, 2008 at 9 : 25

    Môre Sam. Ek het nou net opgestaan… wat ‘n lieflike dag. Waar’s juffrou Adrie? Het sy jou Coke vir jou gegee? Lekker naweek vir jou.

  • 12. ADRIANA  |  Julie 19, 2008 at 2 : 55

    Hallo almal.

    Ek het n treat in die dieretuin gekry wat ek nooit verwag het nie. Al wat ek gaan se is vat n Ousie en n kabelkarretjie. . . .

  • 13. Sam q  |  Julie 19, 2008 at 2 : 56

    Tannie Roer…. Ons het die beste dag gekies om zoo toe te kom!

  • 14. ADRIANA  |  Julie 19, 2008 at 3 : 26

    O my vy! Daar sit iemand bo in n kabelkar vas. Ek sou myself bevuil het. Net daar!

    Dit is n uitstekend dag vir die dieretuin!

  • 15. Sam q  |  Julie 19, 2008 at 9 : 24

    198

  • 16. Sam q  |  Julie 19, 2008 at 9 : 25

    199

  • 17. Sam q  |  Julie 19, 2008 at 9 : 27

    200! Hee haa!

  • 18. Sam q  |  Julie 20, 2008 at 11 : 15

    201!

  • 19. Sam q  |  Julie 20, 2008 at 11 : 16

    Ek kry koud!

  • 20. Sam q  |  Julie 20, 2008 at 11 : 19

    Ek kry koud en kanni eens in my warm bed klim nie. Eks besig om wasgud te was. :evil:

  • 21. Sam q  |  Julie 20, 2008 at 11 : 21

    204

  • 22. neykie  |  Julie 20, 2008 at 11 : 59

    Ja nee daar is niks lekkerder om te sien iemand dink nog soms aan jou nie. Lekker dag vir jou a3q

  • 23. Adrie  |  Julie 20, 2008 at 12 : 54

    Sam

    Kroeker van die dekade. Skaam jou.

    Hallo Neykie.

  • 24. ansophie van wyk  |  Julie 21, 2008 at 1 : 16

    Liewe hemel! Daar moet iewers ‘n geheime resep wees. Dis te vinnig! Dis mind bogling! Ek sal nie kan dit uitfigure nie al word ek 150!
    Interesssante blog Adrie. Very Impressive.
    Baie nice
    **********
    Groete.
    Ansophie

  • 25. ansophie van wyk  |  Julie 21, 2008 at 1 : 19

    laat my dink ek het klopm fotos innie dieretuin geneem noudei dag
    anyway
    bai bia
    lekker ry
    of vlieg

  • 26. Adrie  |  Julie 21, 2008 at 1 : 22

    Ansophie

    . . . of so iets. :)

  • 27. Wipneus!  |  Julie 21, 2008 at 5 : 38

    Ek is mal oor my epos, hou van sommige fwd epossie maar nie 20 van een persoon per dag nie. Dit is darem regtig te erg

    Nice song Adrie

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

25 Christmas questio… on Blerrie huiswerk
vis on Tafelmaniere
Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye