Is jy rigting bedonnerd?
Julie 17, 2008

Ek en ‘n vriendin het eendag ‘n ballet opvoering in Johannesburg gaan kyk. Oppad terug het ons so effens gaan verken. Dit is sag gestel, ons het ons asse af verdwaal. Die beste van alles is ons het ‘n kaartboek by ons gehad. Wat net mooi niks help as jy nie die straat kan kry waarop jy is nie. Dus was die gou-gou op die agterste sitplek vergete geraak. Ons het op ons instinkte vertrou. Dit het gewerk, ons het met ‘n baie vreemde pad wel by die huis gekom. Sonder om in sirkels te ry.
In alle eerlikheid en opregheid; ek (en my vriendin) is besonders rigtingvas. Ons het ‘n ingeboude radar wat ons druk in die rigting waarin ons behoort te gaan. Ons is ook altwee goeie lesers wat verstaan wat ‘n blou bordjie met ‘n N-iets op beteken. Ons weet ook gewoonlik min of meer met watter N-iets ons moet ry. Ons geheue hou gewoonlik ook lank genoeg om te onthou hoe om die pad wat ons gevolg het om te keer. Daar is basies 2 redes hoekom ons verdwaal. a) Ons het ‘n klein besonderheid òf vergeet òf nie geweet nie. Soos ons verkenningstog daardie Sondagmiddag, ons het nie geweet jy kan nie van Empire op die N1N klim nie. b) We take the road less travelled. Wat soms ook gebeur is dat ons begin stry oor wie het nou eindlik die regte pad beet, tot ons ‘n 3 de pad kies wat DALK kan werk. Na baie draaie en vasbyt werk dit dan ook gewoonlik. Dit veroorsaak ook dat ons baie meer saam verdwaal as wanneer ons op ons eie is.
Met die verloop van tyd het ons agtergekom dat dit nogal lekker is om te verdwaal. Dit lei ons op paaie wat ‘n GPS ons van sou beroof het. Wat baie help is dat ons nie gou paniekerig raak nie. Dus sit ons terug en geniet die rit. Ek dink dat ons partykeer aspris verdwaal net om onsself mee besig te hou. Dit was natuurlik die geval toe petrol nog R3/L was. Die enigste reel is om nie te verdwaal wanneer dit amper donker is nie. Veral nie in ‘n rowwe streek nie.
Ek weier om ‘n GPS stelsel te kry en twyfel of ek een sal gebruik. Ek loer gewoonlik op ‘n kaart waar iets is, maak dalk ‘n nota of twee en daar gaan ek. 98% van die tyd werk dit goed uit. Snaaks genoeg verdwaal ek meestal in Johannesburg. Ek ry ook sonder ‘n kaart in die kar rond, as gevolg van suinigheid. Ek weier om deur my neus te betaal vir iets wat ek van die internet kan kry. Ek glo ook dat die vinnigste manier om ‘n plek te leer ken is om te verdwaal.
Het julle al opgelet dat mense wat naby die see groot geword het in die binneland glad nie hulle weg kan vind nie? Dit is omdat hulle gewoond is om hulleself volgens die see te orienteer. Snaaks genoeg, in my ervaring, is dieselfde nie waar vir die binnelanders nie. Hulle is gewoond om hulle weg sonder bakens te vind.
Ek verdwaal nie maklik nie. In dieselfde asem moet ek ook sê dat ek nie goed kan navigeer nie. Nee, Nee. Ek is heeltemaal instaat om ‘n kaart te lees en te volg. My effense probleempie is nog ’n groter skande. Ek ken nie elke dag links en regs ewe goed uit mekaar uit nie.
Vertel my van julle verdwaaltogte? Kan jy nog sonder GPS lewe?
Blogvraag: Capella is die naam van ‘n ster wat vir navigasie gebruik word. Wat beteken dit?
Blogantwoord: Hertzogprys.
Baie welkom aan die nuwelinge (Sleepy Jane, Duskant, Kaalvoet, Annerkant, tussen die dorings. Ek hoop julle gaan nog baie genotvolle ure tussen ons deurbring. Vul gerus die aansoekvorm by bly te kenne in as julle ‘n kansie kry dat ons julle beter kan leer ken.
Entry Filed under: Uncategorized. .
280 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed



1.
Adrie | Julie 18, 2008 at 2 : 50
Zoeks
Dan stel ek voor jy kry die tools om dit self te doen.
Terloops, ‘n mens kan moedersmelk in ‘n bottel sit.
2.
Nats | Julie 18, 2008 at 2 : 54
EK DRAAI MY RUG VIR 5MIN DAN HET ONS AL SOMMER ZOEKATS!!!
Adrie
Nee wat was glad nie naar vanoggend nie, my een vriendin (die swanger een) se stiefsus se baba dogtertjie is vanoggend gebore met ‘n keisersnee.
Zoekoe
Ek gaan nie borsvoed nie!!!!!!!
3.
Adrie | Julie 18, 2008 at 2 : 55
So naby maar tog so ver.
4.
Adrie | Julie 18, 2008 at 2 : 56
Nats
EK HET MAAR NET BAIE ONSKULDIG GEWONDER HOEKOM JY SULKE VREEMDE FETISCHES HET. JOU VERLOOFDE HET ALLES BEAAM.
5.
Nats | Julie 18, 2008 at 2 : 56
Adrie
Posduif se kleinkind oppad na jou toe…
6.
Nats | Julie 18, 2008 at 2 : 57
Adrie
Jy hoef nie te skree nie ek sit net hier!!
Verons
Ek het mos nou my gat af geskrik vir daai ma moerse slang!!!!!
7.
Adrie | Julie 18, 2008 at 2 : 58
O heng
Ek het van die slang vergeet.
8.
Nats | Julie 18, 2008 at 2 : 58
Ek moet gou vir 5min ernstig werk… sien julle nou weer!!
9.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 00
Tweeling
Daardie laaste foto is pryswen materiaal. Dit is ongelooflik.
10.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 01
Nats
Jy het net 5 minute. Dan kom ek jou soek.
11.
Nats | Julie 18, 2008 at 3 : 07
Adrie
Jy hou my uit die werk…
maar ek stem saam dis een van die mooiste fotos wat ek in ‘n lang tyd gesien het!!!
12.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 09
Ek neem aan dit is geneem nadat die blonde een gebad en ‘n rukkie geslaap het. Sy lyk besonders netjies.
13.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 3 : 11
Nats hoekom nie? dis die beste ding wat ‘n ma vir haar kind kan doen, dit gaan nie net oor die melk nie, dit gaan oor die intiemheid van ma en kind…. dit is juis daai intiemheid wat die kind en ma onafskeidbaar maak !!
14.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 12
Nats soek nie ‘n telg wat sy orals moet saamsleep nie.
15.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 3 : 17
16.
Nats | Julie 18, 2008 at 3 : 18
Zoekoe
Punt nommer een… daai babatjie was nege maande in haar/sy moeder se maag!! Hoe meer intiem kan mens kry??
Ek was nie geborsvoed nie… so sue me!
17.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 21
Zoekoe
Klink na ‘n goeie plan.
Nats
Was jy erenstig waar nie geborsvoed nie?
Ek stem nogal vir borsvoed. Dit is gesonder vir die baba en help hulle om die nodige immuniteit op te bou. Die ideaal is ten minste 6 maande. Ek persoonlik dink 12 maande is die limit.
18.
Nats | Julie 18, 2008 at 3 : 21
Adrie
Ek weet jy gaan sê die babatjie was nie in mens se maag nie maar baarmoeder… maar ek as kind het altyd gesê die babatjie is in die vrou se maag
Ek wil net nie borsvoed nie… maak dit van my ‘n slegte ma?
19.
Nats | Julie 18, 2008 at 3 : 24
Adrie
Ernstig my ma kon nie borsvoed nie… en sy het regtig probeer!! Sy wou.
Ek sal dit (die moedersmelk) in ‘n bottel sit, maar ek weet nie of ek sal kan nie. Sal sien…
20.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 3 : 26
Ek het geen komentaar nie……
21.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 26
Tweeling
Ek dink nogal dat die ‘n geval is van famous last words. Nee, ek dink nie dit gaan van jou ‘n slegte ma maak nie, maar jy moet darem ten minste probeer.
22.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 28
Zoekoe
Jy het dan die onderwerp aangeroer.
23.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 33
Van die groter babas byt ‘n mens glo. Ek sal seker terug byt.
24.
Nats | Julie 18, 2008 at 3 : 33
Zoekoe
Vir eens kan ons die man die skuld gee om die onderwerp oor sulke goed te begin!!
Adrie
Ek sal probeer, maar ek gaan niks belowe nie!
25.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 34
Nats
Jy is geen belofde aan my verskuldig nie. Ek dink jy gaan uit jou eie uit probeer.
Posduif oppad.
26.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 41
Dit is nou as die lui wetter gaan vlieg.
27.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 42
Het iemand vir ‘n klapper?
Ek wil dit agter die duif skiet en hom laat wegvlieg.
28.
Nats | Julie 18, 2008 at 3 : 43
Die lui wetter het ‘n koffie breek langs die pad gevat!!
29.
rosalindfranklin | Julie 18, 2008 at 3 : 45
Capella beteken begelei, want A capella beteken sonder begeleiding.
Ek is nogal nie rigting beduiweld nie – maar net in die dag. Saans verdwaal ek.
Borsvoed….gelukkig hoef ek dit nie te doen nie….die idee klink weird.
30.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 52
Rosa
Jy is net nie rigtig befoeterd nie omdat jy ‘n see en ‘n berg het as bakens. Tensy jy die uitsondering op Kapenaars is.
Ek gaan net kyk hoe my tweeling borsvoed.
31.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 54
Nats
Die ding het sy vlieg gekry. Hoeveel kroee is daar tussen my en jou?
32.
rosalindfranklin | Julie 18, 2008 at 3 : 58
Adrie, saans kan ek nie die see of die berg raaksien nie! LOL
33.
Adrie | Julie 18, 2008 at 3 : 59
Rosa
Dit verduidelik nou die hele saak.
34.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 02
Ek het eenkeer op Kaapstad gedink vandag is die dag dat ek my in ‘n ander geloof in verdwaal.
Ek was op die N7 en besluit om die M5 te verken. Ek was oppad Constantia toe. Dit het al begin donker raak. Toe ek weer sien, is daar net bordjies wat se Retreat en Michells Plain. Ek het maar net my ogies toegeknyp en gery vir Muizenberg. Vandaar af was ek weer okay.
35.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 05
Rosa
Ek bespeur so bietjie Latyn (of dalk is dit Grieks) by jou. Min mense weet die a beteken sonder.
A cappella het 2 p’s en Capella het 1. Ek moes gou self ondersoek instel.
36.
Nats | Julie 18, 2008 at 4 : 07
Adrie
Dankie jou posduif het uiteindelik hier aan gekom… ek het vir hom swart koffie ingejaag en terug gestuur!
37.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 09
Nats
Jy moes die ding sommer dood gedonner het.
38.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 09
Nats
Tipies van jou verloofde. Hy sien my wishful thinking werk en dan verdwyn hy.
39.
Nats | Julie 18, 2008 at 4 : 11
Adrie
Dis grieks vir my… ek praat eerder in Afrikaans, al is my spellings soms power!!
Ek hou nie daarvan om in die aand te ry nie, ek het al verkeerde afrit gevat en in JHB beland!! Gelukkig het manlief agter my gery en gesien hier kom moeilikheid en my gaan haal, toe is ons da uit!! En toe AGTER hom gery nie hy agter my nie!
40.
Nats | Julie 18, 2008 at 4 : 12
Hy kan nie die “heat” vat nie… o no!
ZOEKOE
JY BETER NIE KOUE VOETE KRY VOOR DIE TROUE NIE!!!! Ek slag jou af as jy my da los… VOOR ALMAL!!!
41.
Nats | Julie 18, 2008 at 4 : 14
191
Nog 9 om te gaan dan is dit 200!!!!!
42.
Nats | Julie 18, 2008 at 4 : 15
192
43.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 16
Nats
Zoekoe se lewe gaan ‘n minus werd wees as hy jou iewers drop.
Wat is nou weer grieks?
44.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 17
Ek is so bly jy kan tel.
Ten minste sal Zoenats kan wiskunde doen. Maar met die pa se gene, het ek nie veel hoop nie.
45.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 19
Tweeling
Dit is wat gister gebeur het. Ek het met 2 wiele om ‘n draai gegaan en toe besef dat ek mos reguit aan.
Tannie Roer wou haar dood lag. Amptelik het ek nie verdwaal nie.
46.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 20
Hello
47.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 21
Ouma
How goes?
Sien daar was groot drama op een van die blogs gewees.
48.
Nats | Julie 18, 2008 at 4 : 24
193
49.
Nats | Julie 18, 2008 at 4 : 25
Groot drama???
Hello Ouma!!!!!!!!!!!!!!!!!!
50.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 25
Ek sien Nats kan nie meer tel nie.
51.
Adrie | Julie 18, 2008 at 4 : 26
Tweeling
Dit was al vroeg vanoggend.
52.
poplap | Julie 18, 2008 at 4 : 32
elo almal,
as hier nog iemand is…………
53.
poplap | Julie 18, 2008 at 4 : 33
huh????
54.
poplap | Julie 18, 2008 at 4 : 33
ADRIEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!
JOU KOEI, SENSOR JY MY COMMENTS????
55.
poplap | Julie 18, 2008 at 4 : 34
HELLLLOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOO
56.
poplap | Julie 18, 2008 at 4 : 37
adrieeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
57.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 41
Ek watch julle !!! vir julle, watch ek !!
58.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 41
drama
59.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 42
wie watch wie nou
60.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 42
wie tel nou waar
61.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 43
Uhm waar is ek nou
62.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 4 : 43
Vra dit ouma, vra dit.
63.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 44
uhmmmm hoe laat is dit
64.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 44
waar is my kierie
65.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 44
my tande het ek in die glasie voor die bed vergeet
66.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 45
Ek soek my bloomer ek het skoon vergeet om hom aan te trek
67.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 45
Zoeks maak Ouma se glasie vol asb
68.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 46
dis vrydag en die boeing is al oor
69.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 46
OK Ouma !!! hys weer tot BO vol
70.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 46
helllooooo is there somebody out there
71.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 47
Thanks ouma sluk hom met een sluk weg…. nog
72.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 4 : 47
Huh????
73.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 48
Adrie hoe lyk dit vir jou is ons al oor die lyn…. skink daai glas
74.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 48
Staaarig ouma, dis nie fanta nie…..
75.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 48
Gooi Zoeks dis Happy hour Adrie is alweer starrig sy is altyd starrig
76.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 48
BOKKE BOKKE !!!!! hier kommie BOKKE !!
77.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 49
Hie kom die bulle hie kom die bulle tra la da da da da daaaaaaaa
waar is daai goed wat jy sê mens gebruik saam die drankies Zoeks
78.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 50
OK hiers nog ‘n glasie vir Ouma !!! happy hour
ja alles maak mens happy
79.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 50
Gooi
80.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 50
Kan ek vir ouma ‘n koktyl gooi ?
81.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 50
Ouma begin nou lekker giggel, wat het jy hier in gegooi Zoeksie Ouma se seuntjie
82.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 51
gaaaap dit was ‘n lang dag !!!! ek moet ‘n middagslapie gaan neem
83.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 51
Dankie Zoeks sê vir Ouma wat gooi jy alles daarin moenie die sambreeltjie vergeet nie Ouma hou van sambreeltjies en ‘n cherry on top
84.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 52
Zoekoe moenie gaap as jy my drankie gooi nie, net nou maak jy ‘n fout
85.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 53
sal vir ouma ‘n Sex on the Beach gooi !!!
86.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 53
helllooooo is daar iemand daar
87.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 54
sex on the beach my liewe aarde Zoekoe moet ek nou met hierdie grillerige oumens lyf beach toe gaan
88.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 4 : 55
Ek soek ook ‘n cocktail.
As die bar vroeer oop was, kon ons dalk vandag 400 gehaal het.
89.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 4 : 55
Zoekoe
Moet maar eerder nie vir Ouma ‘n Blowjob aanbied nie.
90.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 56
dis maar net die naam van die koktyl !! of dalk sal ouma ‘n Seebreeze laaik ?
91.
Nats | Julie 18, 2008 at 4 : 56
Adrie
O da op Ouma se blog met Karin?
Dis niks daai Beeeech moet die kant toe kom!!
Wip
Sorry dat dit ouma se blog was
My Tweeling is maar die baklei tipe
Zoekoe
Sien jou net nou by die huis…
JULLE MOET ‘N LEKKER NAWEEK Hê!!!!!!!!!
CHERIO!!
92.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 56
ja ja ja ek moes eers my blog red van ineenstorting
93.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 56
of wat van ‘n tequila sunrise?
94.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 57
Seebreeze klink vir Ouma reg Zoeks
95.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 57
OK my lief, spec jou nou nou, kan nie wag nie, het jou vreeslik gemis !!!
96.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 58
Ouma luvvvvvv tequila hey hand me down that bottle of tequila Sheila
97.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 59
Bye Natsie, jy moet soet wees…. ons is maar ‘n bakleierige nasie ons vrouens geen probleem alles is weer gefix ek het giggelgras gaan rook
98.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 4 : 59
dis Vodka, Cranberry juice en Grapefruit juice !!! met baie ys ! en ‘n suurlemoen skyfie, en ek sal spesiaal vir ouma ‘n sambreeltjie ook insit met ‘n cherry !
99.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 59
gooi Zoeks jy vat te lank
100.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 4 : 59
Mmmmmmm kyk nou net so mannetjie jy het jou roeping gemis jy moes in die bar gewerk het
101.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 5 : 00
Hoekom moet Zoeks na Nats toe gaan hy is mos nou by Ouma, Ouma het hom gesteel
102.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 5 : 00
Nats
Ons praat van ‘n sekere dame genaamd AvW.
103.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 5 : 01
shit shit shit !
104.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 5 : 01
Het nou die dag gelees van hierdie ou Ouma wat vir haar ‘n bloedjong blaar gevat het sy was iets soos 70 toe vat sy die 22jarige ken julle die storie??? Dis hillarious
105.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 5 : 02
Wie is AvW starrig julle Ouma het nou al ‘n paar glasies weg…. dinge gebeur nou stadig
106.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 5 : 02
hoekom speel jy in die toilet rond Zoeks
107.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 5 : 03
Tevrede Adriana????? Nou gaan Ouma retire na die katel Dankie vir al die glasies Zoeks jy moet soet wees en stadig met die ford hoor
108.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 5 : 04
waarvan praat julle nou? het iemand weer kak gesoek iewers???
109.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 5 : 06
In die shit??????? het jy onder die tafel gedrink Zoeks
110.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 5 : 07
Ansophie wat by Ouma kak gesoek het.
111.
Wipneus! | Julie 18, 2008 at 5 : 07
Ooooo ek gaan nou eers die kos red…. die hele huis gaan op in rook whahahahah hulle eet vanaand klippe
112.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 5 : 11
Aag nee, lyk my niemand is velig meer teen die idiote nie !!
113.
Zoekoe | Julie 18, 2008 at 5 : 12
anyhow, koebaai ouma lekke naweek !!
114.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 5 : 17
Gaan almal nou naweek hou?
115.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 5 : 19
Ag demmit.
Nog net 40 en ons het actually 300 merk gehaal.
116.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 5 : 20
Dan moet ek ook seker my paai vat en waai.
117.
Adrie | Julie 18, 2008 at 5 : 23
SORRY POPLAP
Ek het nie agter gekom jy word gespam nie. Stuur my ‘n sms as dit gebeur. Dan despam ek jou.
Ek gaan nou WP se gat vol ou skoene skop.
118.
rosalindfranklin | Julie 18, 2008 at 5 : 31
Is Adrie en Adriana 2 mense. hel ek is deurmekaar. ek is so deur die blare…
lyk my ek is persoon-bedonnerd
119.
rosalindfranklin | Julie 18, 2008 at 5 : 32
jinne ek is baie verstrooid. sorry.
120.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 5 : 33
Rosa
Nee. Adrie is kort vir Adriana. As ek ingelog is, dan is ek Adriana. Ek log gewoonlik nie in as ek comment nie.
121.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 5 : 34
122.
rosalindfranklin | Julie 18, 2008 at 5 : 35
hel ek het nou geskrik en amper gedog ek slaan my naam! sjoe, LOL.
123.
rosalindfranklin | Julie 18, 2008 at 5 : 36
flip dis nou snaaks die skroewe in my kop het nou rondgerol
124.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 5 : 39
Wil jy ‘n skroewedraaier leen?
As ek myne kan kry, bygese.
125.
rosalindfranklin | Julie 18, 2008 at 5 : 39
Ok en wipneus se kierie ook
126.
ADRIANA | Julie 18, 2008 at 5 : 41
Gmf. Sy pas daardie kierie soos goud op. Mos baie handig om almal mee te poke. Sal dit nie maklik afgee nie.
127.
rosalindfranklin | Julie 18, 2008 at 5 : 44
Tja….ons sal sien..ek moet huistoe…sal weer kom inloer
128.
Adrie | Julie 18, 2008 at 5 : 44
Beter so Rosa?
Ek weet my bakkies is nou nie veel om na te kyk nie. Sjoe, ons sal vir jou kalmeerpille moet injaag.
129.
Adrie | Julie 18, 2008 at 5 : 46
Lekker aand. Dit is ‘n sonde om so laat te werk.
(Verwyt die een met die balk in haar oog.)
130.
rosalindfranklin | Julie 18, 2008 at 6 : 15
oe ek lief pille lol