Feite, mites en pleinweg ouvroustories
Julie 1, 2008
Samantha Q is vandag (2 Julie) weer ‘n maagd. Sy het presies 5 jaar gelede seks gehad, dit was in die tyd wat haar prins op ‘n wit perd in ‘n brulpadda verander het. Ek is vandag die draer van slegte nuus. Hierdie storie is net so waar as wat die storie waar is dat ‘n seuntjie sy maagdelikheid verloor as hy besny word.
Daar is baie ouvrou stories in omloop, sommiges word selfs deur dokters geglo. Hulle was egter nie bewys nie of bevat ‘n baie klein deeltjie waarheid. Soos dat wortel help dat jy goed in die donker kan sien. Wortels bevat beta kerotien, wat help om Vitamien A te vorm wat wel goed is vir jou oë. Nie dat dit jou help om beter in die donker te sien nie.
Van die ouvroustories wat ek raak geloop het, het ek ook wragtig gedink is waar. As ek mos vandag ‘n sjokolade eet is ek more vol puisies. Volgens verskeie bronne op die internet is dit ‘n wolhaarstorie. Ek vermy ook suiwel as ek verkoue of hooikoors het. Pure verniet, dit keer nie die slymproduksie nie. Iemand het dit letterlik geweeg en gesien dat suiwel nie meer tot gevolg het nie.
Daar is regtig ‘n paar bizarre ouvroustories in die omtrek. Soos dat jy nie swanger kan word as jy staan tydens seks nie. Dit is wel moeiliker. Jy kan ook swanger word as jy seks het terwyl jy menustrueer. Wie het al die storie gehoor dat as jy na seks met jou bene in die lug lê dat jy wel swanger sal word? Dan is daar natuurlik die klassieke masturbasie veroorsaak blindheid. Vuil toiletsitplekke kan blykbaar veroorsaak dat jy swanger raak. Van nou af is Domestos my beste maatjie.
Het jou ma jou dalk al ooit vertel dat jy gaan wurms kry van kaalvoet loop? Of koue in jou vrouedele, weereens net iets wat iemand uitgedink het om kinders te dwing om skoene te dra. Blykbaar is dit ook onwaar dat ‘n kuiken deur sy ma verwerp sal word nadat ‘n mens hom hanteer het. ‘n Mens kry ook nie vraatjies van paddas nie, verkoue van koue weer nie en breinvliesontsteking van nat hare slaap nie.
Eet en kou het ‘n hele paar ouvroustories van hulle eie. Ongelukkig is dit heeltemaal onwaar dat jy nie sal vet word as jy staande eet nie. Jy sal nie vet word van te vinnig eet nie. Kougom gaan nie jou derms knoop nie, dit word net so normaal as ander kos uitgeskei.
Daar is omtrent net soveel swangerskap ou vrou stories as ou vroue. Veral oor goed wat die baba se geslag verklap. As jy byvoorbeeld hoog dra is dit ‘n meisie en as jy laag dra is dit ‘n seun. As die pa saam met die ma gewig optel, gaan dit ‘n seun wees. As die baba se hart vinniger as 140 keer ‘n minuut klop, gaan dit ‘n meisie wees. As die ma baie mooi raak tydens swangerskap, gaan dit ‘n seun wees. ‘n Meisie steel glo haar ma se skoonheid. ‘n Swanger vrou moet dit ook nie waag om haar arms bo haar uit te strek nie, dit gaan maak dat die baba met die naelstring verwurg.
Watter ander ouvrou of oumanstories ken julle? Hoeveel waarde heg julle daaraan? Was julle al ooit in die versoeking om dit oor te vertel?
Sam, jammer, jy het dalk al vergeet hoe, maar jy is nie weer ‘n virgin nie.
Blogvraag: Wie is die griekse godin van Onreg?
Blogantwoord: Zoekoe was reg met No-One but you.
Entry Filed under: Uncategorized. .
106 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed




1.
Salomè | Julie 1, 2008 at 5 : 23
Sjoe, dis nou ‘n onderwerp so in my kraal. Maar ek glo liewer in die fairies en ridders op wit perde as ander crap *fluister {ek sal maar liewer nie eerste skree nie – netnou is Sam en haar draak op my case}
2.
Nico | Julie 1, 2008 at 5 : 28
Weet jy, Adrie, ek kan onthou so in die tyd van my Plotstories het ons bure gehad – Leipoldt mense – wat geglo het dat as jy ‘n kersblaker met ‘n kers in op ‘n Bybel sit op die kombuistafel tydens ‘n donderstorm, die weerlig nie jou huis nie sal raakslaan nie… WEIRD…
3.
Salomè | Julie 1, 2008 at 5 : 28
Ek vertel natuurlik graag die storie oor dat mens horings kry as jy lê en eet. Maar dis baie ongeskik as mens so sit lê en aan iets eet.
Ds. reken dat mens net vet word van dit waarvoor jy nie bid nie, maar dan wil ek ok die storie glo want dink bietjie – dis al daai tussenin eet wat mens laat gewig aan sit. (nou gaan almal skielik heeldag skietgebedjies opstuur voor ‘n tjoklit – tsj – Judas)
4.
Nico | Julie 1, 2008 at 5 : 29
Blogvraag – was dit nie Eris nie?
5.
Salomè | Julie 1, 2008 at 5 : 55
Wat van; Jy mag nie op ‘n tafel sit nie, dan gaan jy nie man kry nie.
As daar ‘n mes val kom ‘n man kuier.
As daar ‘n Vurk val kom ‘n vrou kuier.
As daar ‘n teelepel val gaan daar ‘n kind kom.
As jy per ongeluk 2 teelepels in ‘n piering sit, gaan jy ‘n tweeling hê (jaaaa hooooor – dit het beslis nie vir my gewerk nie)
Wat van die ring wat op ‘n swanger vrou se maag geswaai word – links om is een soort en regs om ander soort. (ek weet darem ok nie so mooi nie)
6.
Pikkelik | Julie 1, 2008 at 6 : 28
O aarde ek het nou so lekker gelag ek hoes nou my longe uit!!! Baie goeie inskrywing Adrie!!!
7.
Rolling Stone | Julie 1, 2008 at 7 : 24
Hallo almal
Na aanleiding van gister se blog , hier is die woorde van Queen
“Queen No One But You (only The Good Die Young) lyrics”
A hand above the water, an angel reaching for the sky
Is it raining in heaven, do you want us to cry?
And everywhere the broken-hearted, On every lonely avenue
No-one could reach them, No-one but you
One by one
Only the good die young
They’re only flying too close to the sun
And life goes on
Without you
Another tricky situation, I get to drowning in the blues
And I find myself thinking, well, what would you do?
Yes, it was such an operation, forever paying every due
Hell, you made a sensation (sensation)
You found a way through (found a way through)
One by one
Only the good die young
They’re only flying too close to the sun
We’ll remember
Forever
And now the party must be over, I guess we’ll never understand
The sense of your leaving, was it the way it was planned?
So we grace another table, and raise our glasses one more time
There’s a face at the window
And I ain’t never, never saying goodbye
One by one
Only the good die young
They’re only flying too close to the sun
Crying for nothing
Crying for no-one
No-one but you
8.
Wipneus! | Julie 1, 2008 at 7 : 39
He he ‘n lekker inskrywing. Daar is soveel van hierdie stories maar ek steur my nie daaraan nie. Moenie onder ‘n leër deurloop nie, swart katte. Moenie die sambreel oopmaak nie ongeluk gaan jou tref. Pou vere bring ongeluk!! As ‘n spieël breek is dit 7 jaar ongeluk. As jy oesters eet gaan die liefde blom en en en
Maar hulle mag glad nie ‘n sambreel in my huis oopmaak nie, en bewaar die een se siel wat ‘n spieël gaan breek….. ek tart nie die noodlot uit nie
Alles sommer nonsies!!!!
9.
Sam q | Julie 1, 2008 at 7 : 45
EERSTE!
10.
Sam q | Julie 1, 2008 at 7 : 47
He! He! Ek dink die antwoord is Nemesis
11.
Rolling Stone | Julie 1, 2008 at 7 : 50
Die jong dominee sit op ‘n vliegtuig langs ‘n tannie en doen sy
blokkiesraaisel.
“Skuus tog tannie,” sê die dominee “ek wil net seker maak van die een.” “Wat
van ‘n vrou word soms as aantreklik beskou, maar as jy op verkeerde manier
daarmee karring kan dit infeksie opdoen? Ses letters, eindig op _oesie.”
“O, dis maklik.” sê die tannie “Dit is ‘n moesie.”
Dominee: “Het tannie dalk ‘n uitveër?”
12.
Rolling Stone | Julie 1, 2008 at 8 : 06
WICOE
(Women In Charge Of Everything)
Is proud to announce the opening of its
EVENING CLASSES FOR MEN!
OPEN TO MEN ONLY
ALL ARE WELCOME
Note: due to the complexity and level of difficulty, each course will accept
a maximum of eight participants
The course covers two days, and topics covered in this course include:
Program to follow
13.
Rolling Stone | Julie 1, 2008 at 8 : 07
DAY ONE
HOW TO FILL ICE CUBE TRAYS
Step by step guide with slide presentation
TOILET ROLLS- DO THEY GROW ON THE HOLDERS?
Roundtable discussion
DIFFERENCES BETWEEN LAUNDRY BASKET & FLOOR
Practicing with hamper (Pictures and graphics)
DISHES & SILVERWARE;
DO THEY LEVITATE/FLY TO KITCHEN SINK
OR DISHWASHER BY THEMSELVES?
Debate among a panel of experts.
REMOTE CONTROL
Losing the remote control – Help line and support groups
LEARNING HOW TO FIND THINGS
Starting with looking in the right place
Instead of turning the house upside down while screaming –
Open forum
14.
Rolling Stone | Julie 1, 2008 at 8 : 07
DAY TWO
EMPTY MILK CARTONS;
DO THEY BELONG IN THE FRIDGE OR THE BIN?
Group discussion and role play
HEALTH WATCH;
BRINGING HER FLOWERS IS NOT HARMFUL TO YOUR HEALTH
PowerPoint presentation
REAL MEN ASK FOR DIRECTIONS WHEN LOST
Real life testimonial from the one man who did
IS IT GENETICALLY IMPOSSIBLE TO SIT QUIETLY
AS SHE PARALLEL PARKS?
Driving simulation
LIVING WITH ADULTS;
BASIC DIFFERENCES BETWEEN
YOUR MOTHER AND YOUR PARTNER
Online class and role playing
HOW TO BE THE IDEAL SHOPPING COMPANION
Relaxation exercises, meditation and breathing techniques
REMEMBERING IMPORTANT DATES
& CALLING WHEN YOU’RE GOING TO BE LATE
Bring your calendar or PDA to class
GETTING OVER IT;
LEARNING HOW TO LIVE WITH BEING WRONG ALL THE TIME
Individual counselors available
15.
Rolling Stone | Julie 1, 2008 at 8 : 21
At a cocktail party, one woman said to another,
‘Aren’t you wearing your wedding ring on the wrong finger?’
‘Yes, I am. I married the wrong man.’
__________
A lady inserted an ad in the classifieds:
‘Husband Wanted’.
Next day she received a hundred letters.
They all said the same thing:
‘You can have mine.’
__________
A woman is incomplete until she is married.
Then she is finished .
__________
A young son asked,
‘Is it true Dad, that in some parts of Africa
a man doesn’t know his wife until he marries her?’
Dad replied, ‘That happens in every country, son.’
__________
Then there was a woman who said,
‘I never knew what real happiness was until I got married,
and by then, it was too late.’
__________
Marriage is the triumph of imagination over intelligence.
__________
If you want your spouse to listen and
pay strict attention to every word you say…
talk in your sleep.
__________
Just think, if it weren’t for marriage, men would go through life thinking
they had no faults at all.
__________
First guy says, ‘My wife’s an angel!’
Second guy remarks, ‘You’re lucky, mine’s still alive.’
__________
‘A Woman’s Prayer:
Dear Lord, I pray for: Wisdom, to understand a man ,
to Love and to forgive him , and for patience, for his moods. Because Lord,
if I pray for Strength I’ll just beat him to death’
16.
Wipneus! | Julie 1, 2008 at 8 : 50
Whahaha Klip speel jy met jouself!!!
17.
Zee | Julie 1, 2008 at 11 : 33
Excellent Adrie…. het nou lekker gesmile vir al die ou vrou tales!! Maar ek stem maar saam met Wippie, moet nie spieel breek nie, moet nie sambreel in die huis oopmaak nie……..
18.
Rolling Stone | Julie 1, 2008 at 11 : 52
A man walks into a pharmacy and wanders up and down the aisles.
The sales girl notices him and asks him if she can help him.
He answers that he is looking for a box of tampons for his wife.
She directs him down the correct aisle.
A few minutes later, he deposits a huge bag of cotton
balls and a ball of string on the counter.
She says, confused, “Sir, I thought you were looking for some
tampons for your wife?
He answers, ” You see, it’s like this, yesterday, I sent my wife to the
store to get me a carton of cigarettes,
and she came back with a tin of tobacco and some rolling
papers; cause it’s sooo-ooo–oo-ooo much cheaper.
So, I figure if I have to roll my own ………. so does she.
19.
Rolling Stone | Julie 2, 2008 at 12 : 46
So spog die 2 seuns …
Twee seuntjies spog met wie se pa se plaas die grootste is.
DANIE: “As ons langs die lyndraad wil afry met die bakkie, moet ons
al 5uur opstaan en dan kom ons eers teen sononder by die eerste
hoek-paal.”
JOHNNY: dink so ‘n bietjie, dan antwoord hy : ” Ons het ook al so ‘n
k@k bakkie gehad.”
20.
Rolling Stone | Julie 2, 2008 at 12 : 48
Die seuntjie en die Dominee
Eendag merk die dominee ‘n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op
wat aandagtig na ‘n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was
oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige
seuntjie het vir ‘n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe
loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê
saggies: ‘Goeiemore my Seun.’
“More, Dominee sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. Dominee, wat is
dit hierdie?” vra hy.
Die dominee antwoord: “Wel, my seun, dit is ‘n gedenkplaat vir al die
jongmanne wat in die diens gesterf het.”
In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en
staar na die name.
Uiteindelik, in ‘n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die
seuntjie: “Watter diens Dominee – die oggend – of die aanddiens?”
21.
Rolling Stone | Julie 2, 2008 at 1 : 10
Nog mites
A man boarded an aircraft in New York and took his seat. As he settled
in, he noticed a very beautiful woman boarding the plane. He realized
she was heading straight towards his seat. Bingo! She took the seat
right beside him.
Eager to strike up a conversation, he blurted out, “Business trip or
vacation?” She turned, smiled enchantingly and said, “Business. I’m
going to the Annual Nymphomaniac Convention in France.”
He swallowed hard. Struggling to maintain his composure, he calmly
asked, “What’s your business role at this convention?”
“Lecturer,” she responded. “I use my experience to debunk some of the
popular myths about sexuality.”
“Really,” he smiled, “What myths are those?”
“Well,” she explained, “one popular myth is that African American men
are the most well endowed when, in fact, it’s the Nativ e American
Indian who is most likely to possess that trait. Another popular myth
is that French men are the best lovers, when actually it is the men of
Indian descent. We have found that the best potential lovers in all
categories are the Afrikaners.”
Suddenly the woman became uncomfortable and blushed. “I’m sorry,” she
said, “I really shouldn’t be discussing this with you; I don’t even
know your name.”
“Running Bear,” the man said….”Running Bear Moodley, but my friends
call me Frikkie.”
22.
Rolling Stone | Julie 2, 2008 at 1 : 13
Coloured Girl’s new boyfriend …
A Coloured girl is giving directions to her new boyfriend to get to her
flat.
She says: ”You come to the front door of the complex where I live ne,
and look for unit 14A. With your elbow push button 14A. Come inside and
you’ll find a lift on the right. With your elbow hit 14. When you get out of
the
lift you’ll find my flat on the left. With your elbow, hit my doorbell and
I’ll open the door for you.”
The boy says: ”Neh shap Baby, that sounds mos blaaind easy to find.
But why must I do everything with my elbow huh???”
Girl says “Ha-a, Niee, Excuuuuse me, you’re not coming empty-handed? eishhhhh
23.
Rolling Stone | Julie 2, 2008 at 1 : 18
A man and a woman who had never met before, and were both married to other
people, found themselves assigned to the same sleeping room
on a transcontinental train.
Though initially embarrassed and uneasy over sharing a room,
they were both very tired and fell asleep quickly…
he in the upper bunk and she in the lower..
At 1:00 AM, the man leaned down, and gently woke the woman saying:
” Ma’am, I’m sorry to bother you, but could you reach into the closet and
get me a second blanket? I’m awfully cold”.
“I have a better idea,” she replied. “Just for tonight, let’s pretend that
we’re married.”
“Wow! That’s a great idea!” he exclaimed.
“Good,” she replied. “Get your own f***ing blanket.”
After a moment of silence, he farted.
24.
Rolling Stone | Julie 2, 2008 at 1 : 29
Robin Hood, 007 en Van der Merwe neem aan ‘n skyfskiet kompetitisie deel.
Hood vat sy pyl en boog en skiet ‘n appel bo ‘n ou se kop middel deur en se,
ek is Hood, Robin Hood.
Dis 007 se beurt en hy vat sy 9mm en skiet ook die appel middel deur en se,
ek is Bond, James Bond.
Van der Merwe se beurt: hy vat sy kettie en skiet die ou tussen die oe
morsdood en se, ek is Sorry, Fokken Sorry
25.
Rolling Stone | Julie 2, 2008 at 1 : 36
I was at my bank today. There was a short line. Just one lady in front of me.
An Asian lady who was trying to exchange yen for dollars. It
was obvious she was a little irritated . . .
She asked the teller, “Why it change? Yesterday, I get two hunat dolla fo
yen.
Today I only get hunat eighty? Why it change?” The teller shrugged his
shoulders
and said, “Fluctuations.”
The Asian lady says, “Fluc you people, too!”
26.
Olga | Julie 2, 2008 at 6 : 33
More, more. Ahhh, die liewe ou bygelofies. Baie mense glo dit en volg dit slaafs na. Wat van jy mag nie naels sny op n donderdag nie. Jy mag nie deur n venster klim nie. Al2 bring ongeluk. He he. Of …. as n kleuter of baba tussen sy of haar bene deur vir loer gaan jy swanger word.
27.
Samantha Q | Julie 2, 2008 at 6 : 49
Kom ek try weer!!
More almal!
28.
Zoekoe | Julie 2, 2008 at 7 : 29
Hallo julle !!!
29.
Zoekoe | Julie 2, 2008 at 7 : 32
eish !!! my koppie is seer vanoggend !!!!
30.
neykie | Julie 2, 2008 at 8 : 15
mORE JULLE hoe gaan dit vanmore?
A3 dis belaglik ek het nou te lekker gelag.
31.
Adrie | Julie 2, 2008 at 8 : 18
More Almal
32.
Adrie | Julie 2, 2008 at 8 : 19
Zoekoe
Wat het jy gedoen toe ons gewaai het?
33.
Adrie | Julie 2, 2008 at 8 : 42
Olga
Jy sal verstom wees. Volgens dit internet is naels sny verbode op ‘n Vrydag en ‘n Sondag. Ergste van alles. Dit is jou REGTER Hand wat moet jeuk vir geld – as jou linker hand jeuk gaan jy dit uitgee. Ek het amptelik besluit – as my hand jeuk (enige hand) gaan ek geld kry.
34.
demoerin | Julie 2, 2008 at 8 : 43
35.
Adrie | Julie 2, 2008 at 9 : 41
DMI
Jy het sommer ‘n bollie storie gehoor.
36.
Wipneus! | Julie 2, 2008 at 9 : 44
Ek het nie geweet ens mag nie naels sny op ‘n Vrydag nie, ek doen altyd my naels Vrydae, so voor die naweek. Geen wonder dinge loop nie reg by my nie
37.
Wipneus! | Julie 2, 2008 at 9 : 44
ens moet mens wees
38.
Nats | Julie 2, 2008 at 9 : 50
Hello hello!!!!!
39.
Adrie | Julie 2, 2008 at 9 : 58
WordPress maak my die
in.
Nats
Jy beter iets aan jou verloofde doen. Hy le seker weer uitgepass agter die hek. Nou kan niemand in nie.
40.
Nats | Julie 2, 2008 at 10 : 02
Tweeling
Nee jong ons is nog nie eens getroud nie dan gaan kuier hy mos lekker saam die pêlle!!
Net een drankie ek belowe!!
Ghf…. nou moet hy maar voel!! Ek sal kyk of ek hom kan skuif… maar ek het hulp nodig!!
41.
Adrie | Julie 2, 2008 at 10 : 05
Tweeling
Ek wil nie vir die mansmens opkom nie, maar ons was die pelle met wie hy gister gekuier het. Piepie hom nat, dit behoort te werk. Veral as dit weer koud word.
42.
Nats | Julie 2, 2008 at 10 : 08
Adriana
WAT!!!
Nou hoekom was ek nie genooi nie??? Het julle Sam se werk sonder my gaan vier???
En nee siesa ek pieps op niemand nie, ek sal gou Milo gaan haal!!
43.
Verons | Julie 2, 2008 at 10 : 09
More!! More!!

Zoeks my koppie makker niks!!!
Maar check my vanaand!! Ons gaan vannaand vir Zoeks by sy possie kuier!!
Hie-haaaaaaa! Zoeks het nie geweet nie maar ek het al baie daar gekuier en ek is seker as ek daar kom vannaand gaan ek ‘n hele paar mense daar ken! (Dis nou nie die wat ek saambring nie)
44.
Verons | Julie 2, 2008 at 10 : 12
Nats ek en my aanstaande skoonseun het gisteraand jul “verlowing” gevier en ons moes toe ophou want die plek het toegemaak en vannaand gaan ons dit net verder vier!
45.
Adrie | Julie 2, 2008 at 10 : 13
Nats
Dit was net ‘n opwarming vir Saterdag. En ons het eindlik net ‘n dop op Ma se bloeddogter gaan drink. Ons vier Saterdag Sam se nuwe werk. En jy is genooi.
46.
boendoe | Julie 2, 2008 at 10 : 44
Hehe! Ja, die stories, ne!
Maar die een van die babas se hartklop IS waar, hoor! Dogtertjies se hartjies klop oor die algemeen vinniger as seuntjies s’n…
47.
Adrie | Julie 2, 2008 at 10 : 47
Nats
Hardloop Milo weer vir jou weg?
48.
Adrie | Julie 2, 2008 at 10 : 50
Boendoe
Blykbaar net vir ‘n paar minute voordat hulle gebore word. Verskeie websites het dit weerspreek.
Ek is BAIE bekommerd oor die vuil toilet storie. Wanneer tel dit as vuil? Nadat 1 mens dit gebruik het?
Ek het by ‘n tannie gebly wat voordat sy getroud was vas geglo het as ‘n seun haar soen gaan sy swanger raak.
49.
Nats | Julie 2, 2008 at 11 : 23
Wat ‘n gesukkel… ons een sisteem het amper gekalf toe moes ek alles af sit en oor begin!
En dis nog steeds nie reg nie!!
Ma, Tweeling en 2Ling se 3Ling
Julle moet maar lekker met my aanstaande kuier… een van die dae is dit verby!! Dan moet hy soos ‘n getroue man skottelgoed was elke aand! Tensy hy vir my ‘n skottelgoedwasser koop
50.
Adrie | Julie 2, 2008 at 11 : 26
Nats
Ek sien jy hou jou lyf seekoei by Ouma.
Jip, jy weet wat om met ‘n man te maak. Hoop jy laat hom die kos ook maak.
51.
Nats | Julie 2, 2008 at 11 : 29
Adrie
Natuurlik… solank hy net vinnig besef ons eet nie elke aand braai vleis nie, dit gee kanker!!
Jip, ek het van daai prentjie gehou en tog pas dit nou so mooi by my met die dat ek amper ‘n getroude vrou is en al. Weet nie hoekom dit nie hier wys nie!
52.
Adrie | Julie 2, 2008 at 11 : 30
Tweeling
Ek like hierdie idee almeer. Terwyl Zoeks skottelgoed was, kuier jy saam met ons. As Zoeks klaar skottelgoed gewas het, dan hy by my of Sam ook gaan was.
53.
meermin | Julie 2, 2008 at 11 : 36
Ek het my nog nooit aan ou vrou storie gesteur nie, dit is bollie en klaar!!
54.
Adrie | Julie 2, 2008 at 11 : 52
Nats
Jou nuwe gevreet wys. Hoop nou net nie Zoekoe skrik hom dood nie.
55.
Jannas | Julie 2, 2008 at 12 : 14
More almal – W Press sê ek gesels te vinnig en ek het nog nie eens gesels nie.
Die grootste ouvroustorie is “Ek is lief vir jou” moet lees “Ek is lief vir jou beursie”
56.
Adrie | Julie 2, 2008 at 12 : 34
More Jan
Ek soek ook daardie beursie.
57.
neykie | Julie 2, 2008 at 12 : 42
A3 die pic was nie vanoggend daar nie? Maar dis cute…..
um wordpress het seker ‘n vieslike verkoue onderlede ek het amper ‘n uur gesukkel om my inskrywing te plaas. Stupid stupid wordpress
58.
Nats | Julie 2, 2008 at 12 : 43
Adrie
Jippeee!! My gevreetjie wys!
Zoekoeltjies moet net mooi was, ek wil nie skaam kry as vriendinne kom wyn drink en die glase het nog gister se lipstiffie aan die rant nie!!
Lo Jannas
59.
Paula | Julie 2, 2008 at 12 : 43
Sjoe, dit klink woes!
So ‘n paar van die ouvroustories ken ek, maar ander is nogal vreemd
60.
Jannas | Julie 2, 2008 at 12 : 44
Hi Adrie
Ek sê mos! Is ok – ek het dit al uitgewerk. Al wat ek doen is om ‘n paar vet rekeninge te genereer met “OVERDUE” stempels daarop en dit in my beursie te sit. As daar gespioeneer word verdwyn die ‘liefde’ soos mis voor die son.
61.
Dellie | Julie 2, 2008 at 12 : 45
Mirrag Adrie en almal
Wat van die ene van ‘n koue sleutel agter in jou hemp gooi as jou neus bloei? Ek kan sweer dit het gewerk toe ek klein was.
62.
neykie | Julie 2, 2008 at 12 : 46
whahaha Jannas
63.
Jannas | Julie 2, 2008 at 12 : 46
Hi Nats!
64.
Jannas | Julie 2, 2008 at 12 : 48
Hey Neykie, Dellie.
65.
neykie | Julie 2, 2008 at 12 : 49
As jy lê en eet gaan jy horings kry…
66.
Adrie | Julie 2, 2008 at 12 : 50
Welkom Paula!!! Die verwelkomings komittee is besig om haar troue te beplan.
Hallo Dellie
Eish, jou neus sou seker in elk geval op gehou bloei het.
Jan
Ek soek nie so ‘n beursie nie. Eish. Wat gaan jy maak as jou meisiekind wil trou?
67.
Nats | Julie 2, 2008 at 12 : 50
Jannas
Sjoe maar jy gaan darem maar positief in ‘n verhouding in… ek sal ook verdwyn as my geliefde Zoekoetjie sulke traps vir my stel.
Darem weet ek dis ware liefde… vir my wildsplase!!!
68.
Jannas | Julie 2, 2008 at 12 : 50
Neykie! Sies – kinders lees ook die blog! he he he ha ha!
69.
Adrie | Julie 2, 2008 at 12 : 51
Neykie
Salome se ook so, maar vandat sy my laat honger ly, glo ek niks wat sy se nie.
70.
Adrie | Julie 2, 2008 at 12 : 52
Tweeling
Jou 3 wildsplase en vliegtuig van ‘n klient. Eish.
71.
Nats | Julie 2, 2008 at 12 : 53
Paula
Welkom welkom…
Help jouself asb aan ‘n glasie obs
Een glaise vir verwelkoming, nog een vir Sam se nuuf werk en nog een vir my en Zoekoe se verlowing!
En terwyl jy so lekker sit en smul vul asb die in…
1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
2. Sit of staan jy as jy pieps
3. Hoeveel mini jys is daar?
4. Wat drink jy?
5. Hoeveel bang hare het jy?
6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
7. Wat moet met siek idiote gebeur?
8. Beskryf jou lepel.
9. Vir wie skree jy?
10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
Baie dankie!
Dis ook da doer bo onder “Bly te kenne” as jy meer van ons klompie wil weet!!
Dankie baie!
72.
Jannas | Julie 2, 2008 at 12 : 53
Adrie
As my meisieking wil trou is dit haar saak, sy ken die truuk en pas dit ook toe met die ouens wat kom kuier.
Nats
Donkie stamp nie sy kop driekeer nie.
73.
Nats | Julie 2, 2008 at 12 : 54
Julle ek moet gou bietjie ry…
Cherio!
*vroom!!!!!!*
74.
Adrie | Julie 2, 2008 at 12 : 55
Jan
Jou raad is dus: blaas al meneer se geld sonder om te trou. Kan werk.
75.
Nats | Julie 2, 2008 at 12 : 56
Jannas
Dan moet ek jou aan my ma voorstel (my ander ma)
Sy het weg gehol toe ‘n man haar in ‘n nuwe SLK uitgevat het.
Sy sê dis te “flash” vir haar… ek in die ander kant wat ‘n groot Merc fan is het dae lank gehuil!!!
76.
Jannas | Julie 2, 2008 at 12 : 56
Adrie
Jy kry die boodskap (behalwe dat sy haar eie geld het en die manne daaragter sit). Geldblaas sonder trou is korttermyn plesier. Jy stop wanneer jy wil.
77.
Jannas | Julie 2, 2008 at 12 : 58
Nats
Ek ry ook ‘n Merc (darem ‘n ou ene)
78.
Adrie | Julie 2, 2008 at 1 : 10
Eish
Milo!!!!! Gaan piepie gou jou nooi se verloofde nat. Hy le al weer agter die gate en slaap sy roes af.
79.
Adrie | Julie 2, 2008 at 1 : 11
Jan
Ek dog mens stop as al die geld gemors is.
80.
Jannas | Julie 2, 2008 at 1 : 15
Adrie
Jy kan mos fake dat die geld op is ook.
81.
Verons | Julie 2, 2008 at 1 : 17
Nats jou ander ma het weggehol vir ‘n ou met ‘n SLK ek het my moer so gestrip vir ‘n ou met ‘n SLK dat ek sommer my naam oppie kar geskryf het MET ‘N SLEUTEL!!
Dis nou een iets wat ek nog nooit gedoen het nie en glo my nooit ooit weer sal doen nie!! Plaas ek net die fokken ding gekrap het moet ek mos my voorletters ook daarop uitkerf! Betaal nou nog af aan daai fokken rekening!!
82.
Verons | Julie 2, 2008 at 1 : 19
Hallo Jan, as jy ‘n ou merc ry is jy mos al laaaaankal ryk!
83.
Adrie | Julie 2, 2008 at 1 : 20
Jan
Is dit nou wanneer ek moeg is vir meneer.
Ek wonder of die mense wat suiwer agter geld aan is, regtig omgee oor die geslag ook. Ek meen as my mission in my lewe is om ryk te trou, kan ek mos net so wel met ‘n vrou ook trou. Die eindlike liefde is dan geld.
84.
Jannas | Julie 2, 2008 at 1 : 26
Hi Verons
Sal dalk die ou Merc een van die dae moet parkeer agv die petrolprys. Oor die krap – daar’s nie pille vir domgeit nie. Dis soos ‘n ou wat ‘n bank beroof en sy ID uit gewoonte vir die teller wys.
Adrie
As jy moeg is of as daar iets beters kom. As jy vir geld trou, is daar net een reël – GELD.
85.
Adrie | Julie 2, 2008 at 1 : 30
Ma
Ek is seker dit was die geld deur en deur werd.
86.
neykie | Julie 2, 2008 at 1 : 48
as jy rou wors eet gaan jy wurms kry…
kidding ek is mal oor rou wors
87.
Adrie | Julie 2, 2008 at 1 : 53
Neykie
Ek ook. Of jy gaan maagpyn kry van warm koekies, nog nie met my gebeur nie. (Jy kan regtig van wors wurms kry, as dit van ‘n twyfelagtige bron kom.)
Oor die prentjies. . . Ek skryf die blog, maar het nie tyd om prentjies te soek nie. My tweeling kom agter na en sit dan prentjies in. Cool, nie waar nie. Ek noem dit saamwerk.
88.
neykie | Julie 2, 2008 at 1 : 55
A3 dis nou goed georganisering van jou…..
Wel ek steel al rou wors vandat ek kan onthou en niks is fout met my nie…..
89.
Adrie | Julie 2, 2008 at 1 : 59
Neykie
Ek doen dit ook. Maar dit is darem wors wat nie in iemand se garage gemaak is nie. Rou wors (vleis) kan lewendige wurm eiertjies bevat wat binne jou kan uitbroei. In die gaar maak proses word die eiers vernietig.
90.
neykie | Julie 2, 2008 at 2 : 04
o me goodness, a3 ek sal dan seker minder rou wors moet eet…..:sick:
91.
Adrie | Julie 2, 2008 at 2 : 14
Neykie
Hoekom, jy koop seker by ‘n betroubare winkel.
92.
neykie | Julie 2, 2008 at 2 : 22
ja ek doen, maar dit maak geen verskil aan die eiers nie….
93.
Adrie | Julie 2, 2008 at 2 : 27
‘n Goeie boer sal nie dat sy diere aan wurm ly nie. Dit is iets wat beheer word.
94.
Verons | Julie 2, 2008 at 3 : 12
A3 ek weet nie of dit die moeite werd was nie, maar ek kan jou verseker daai ou sal 2 keer dink voor hy weer vir ‘n girl bedreig!
95.
Nats | Julie 2, 2008 at 3 : 14
Heeellllllloooooo!!!!
Ek is terug na lekker verkeer… mense maar die hoofweg is vuil en da lê oral goed rond!!! As dit nie bande is nie is dit takke!! Mens kon sweer ons ry op ‘n 4×4 track.
96.
Nats | Julie 2, 2008 at 3 : 18
Verons
WTF
Darem leer mens uit jou foute… volgende keer bel ma ons en ons sal vinnig aan iets dink om te kom help skryf, oor die HELE kar!!!
97.
Nats | Julie 2, 2008 at 3 : 30
Ek voel nou soos my prentjie….
98.
Nats | Julie 2, 2008 at 3 : 31
En da is ek alleen….
99.
Nats | Julie 2, 2008 at 3 : 32
((((((HELLO))))))
100.
Nats | Julie 2, 2008 at 3 : 32
En niks….
So stap ek duer die blog aleen leen leen…
101.
Nats | Julie 2, 2008 at 3 : 35
♪♪♪
♫♫♫♫♫
♪♪♪♪♪♪♪♪♪
♫♫♫♫♫♫♫♫♫♫
102.
Nats | Julie 2, 2008 at 3 : 36
Fine ek gaan maar by ouma gaan kuier en hoopenlik ‘n sweet kry!!!
103.
Adrie | Julie 2, 2008 at 3 : 59
Hallo Tweeling.
104.
Zoekoe | Julie 2, 2008 at 4 : 44
Dammit !!!! my internet by die werk het ‘n vinnige dood gedooi ! wat het ek als gemis?
105.
oday | Oktober 14, 2009 at 8 : 18
hello almal
106.
oday | Oktober 14, 2009 at 8 : 22
ek lees die blog sjoe maar ek het so lekker gelag na slegte nuus.
ja ouvroustories passop van hulle is nogal waar, maar moet dit net nie probeer of glo nie dan slat die spel jou wragtig. veral dat as jy op tafel sit gaan jy nie man kry nie_nonsense lol ek het maar ek het man gekry. wat van as jy op die tafel sit gaan jy lui man kry? dit klink beter. wel ek moet gaan. lekker dag vir almal.