Geskenk van lewe
Junie 26, 2008
Spesiaal vir die van julle wat nie van naalde hou nie!
Wie van julle het al ooit ‘n lewe gered? Daar is duisende Suid-Afrikaners wat elke 2 maande tot en met 3 lewens red. Stille helde, wat nie eers dink aan die verskil wat hulle 30 minute uitstappie maak nie. Ek praat van bloedskenkers. Eindlik is dit ‘n skande. Duisende mense uit ‘n land van oor die 40 miljoen. Selfs as 75% van die land HIV positief is (hipoteties gesproke), is daar nie eers 10 % skenkers nie.
Dit is in die meerderheid van ons se vermoë om ‘n ander die geskenk van lewe te gee. Vir vandag is die geskenk van lewe om iemand iets van jou te gee wat hulle lewe letterlik kan red. Dit kan op 2 maniere basies gebeur. Jy kan bloed skenk of jy kan ‘n orgaan skenker word.
Bloedskenk in Suid-Afrika is ‘n vrywillige skenking. Daar is lande waar jou bloed gekoop word. In SA word jou bloed net gekoop as dit vir navorsing gebruik word. Wanneer mense teen vergoeding skenk, is bloed onveiliger. As jy desperaat is vir geld, sal jy alles moontlik doen om dit te kry. Vrywillige skenkings verhoed ook dat mense uitgebuit word. Daar is mense wat ander sal dwing om te skenk en die geld vir hulle self sal hou. Die van julle wat al ooit bloed nodig gehad het, weet dat dit nie goedkoop is nie. Hoekom, veral omdat die bloed gratis gegee word? Die bloed moet getoets en verwerk word, wat opsigself duur is. Die bloedbank mense werk ook nie vir die liefde van die saak nie.
Dit is maklik om ‘n bloedskenker te word. Ek dink dat as dit in jou vermoë is om te skenk en jy skenk nie, is dit uiters selfsugtig. Jy weet immers nie wanneer jy of jou geliefdes bloed gaan nodig hê nie. Om bloed te skenk moet jy ouer as 16 wees, meer as 50 kg weeg en ‘n gesonde lewenstyl volg. Dit beteken basies net dat jy nie roekeloos moet wees nie. Jy kan of bloed of plaatjies skenk. Daar sal van jou verwag word om ‘n 4 bladsye vorm eerlik te voltooi. Die bloei proses neem net ‘n paar minute, behalwe as jy plaatjies skenk. Dan neem dit 2 ure.
Wanneer jy eendag die tydelike met die ewige verwissel, beteken jou organe nie vir jou iets nie. Daarom dat baie mense verkies om orgaanskenkers te word. Dit is nog makliker as bloedskenk. Jy vul ‘n vorm in, kry ‘n plakker wat jy op jou lisensie plaas en maak seker jou familie gaan ja sê wanneer jou organe ge-oes word. Weereens is dit vrywillige skenking. Jy kan kies watter van jou organe geskenk mag word, mits dit natuurlik geskik vir gebruik is.
Ek het die onderskeie websites gegee waar nodig. Die media is vol stories van mense se dankbaarheid van ander se geskenk op die lewe. Dink daaroor en kyk of jy nie ook ‘n stille held kan word nie. Dit kos jou immers niks.
Blogvraag: Die eerste nieroorplanting in Groote Schuur hospitaal is deur Dr Christiaan Barnard gedoen as voorbereiding vir die hartoorplanting. Op wie was dit gedoen?
Blogantwoord: 42.45 (gemiddeld). 43.21 jaar vir vroue en 41.66 jaar vir mans
Sam was die naaste… but no cigar!
Then again… die statistieke verander seker soos Zimbabwe se inflasie!
Entry Filed under: Uncategorized. .
200 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Zoekoe | Junie 27, 2008 at 3 : 24
Maar wag nou eers tot nadat hulle jou die (goeie) nuus gegee het !
2.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 26
O hel 150 comments, Adrie gaan ons slag…
3.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 27
Julle moet comment Zoekoe en Sam, hier kom groot pêrre! Die merrie sê net gisteraand haar oor is seer!
4.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 28
Sam!!!!!!! Al iets gehoor???
5.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 28
Damn waar is almal nou!
6.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 29
Ek sit en tik met my linkervoet op die teelvloer… tik, tik, tik…
7.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 29
Tik, tik, tik, tik, tik…….
8.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 30
Zoekoe!!!
9.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 31
Saaaaaaammmmmmmmmmm!!!!
10.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 31
11.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 31
12.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 32
Verdomp ek kan nie by myselwers nog 39 comments opsit nie!!!
13.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 32
Hierdie merrie se oe val toe. Ek gaan slaap. Sam, bel my wanneer jy die bottel reg het.
14.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 32
Adrie!!!!!!!!!!!!!!!!!
15.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 33
Praat met my vrou!!!! Kan jy nie sien hoe hard werk ek aan jou stats nie, en dan is ek nog hondsiek ook!
16.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 33
Hoekom nie Pik? Dit is maklik.
17.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 34
Jong dis jou ore wat seer is nie jou vinger nie, tik!!!!
18.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 34
Wat is maklik?????????
19.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 35
Pik
My oor is nog steeds seer, ek het besluit die bank kan tot more wag.
20.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 35
Nee, jy het my nou heeltemal verloor, dit moet al die medlemon wees…. Ek is darem nie gewoonlik so dof nie!!!
21.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 35
Pik
My rekenaar is stadig.
22.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 36
Pik
Dit is ‘n lang storie en ek tik in my slaap.
Onthou ek was ‘n week lank weg gewees.
23.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 36
Shoot, ek moet nog gaan skorrelgoed was, die blerrie bediende se ma is mos dood, toe vat sy sommer 7 dae verlof, kom eers dinsdag terug en my boetie se twee terries is ook nog hier….
24.
Nats | Junie 27, 2008 at 3 : 37
Hello hello!!
Iemand hier??
25.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 37
Ai tog Pik
Nou net ‘n emmer koffie gaan maak en nou los jy my alleen.
26.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 38
Ok, kom vertel maar as jy terug kom, of stuur ‘n posduifie of iets…. Ek moet nou rerig eers hierdie huis regruk voor die terroriste wakker word…. ‘Stopain’ – Almal slaap
27.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 39
Ek is weg….. (het darem nou my kant gebring of hoe Adrie????)
28.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 39
Tweeling!!!!!!!!!!!!!!!!!
Julle meng met my slaaptyd in.
29.
Pikkelik | Junie 27, 2008 at 3 : 39
Lief vir julle almal!!!!!!!!!! Smile!!!!!!!!!! Lag!!!!!!!!!!!! Mwha, mwha, mwha, mwha……
30.
Nats | Junie 27, 2008 at 3 : 39
TWWWWWWEEEEEEEEEEELLLLIIIIINNNNNNGGGG!!!!!
Ek soen jou sommer!
Mwah!
31.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 41
Pik
Jy sal tot maandag moet wag vir ‘n posduif. Gooi my ‘n postor (sms) na 079 239 8488
32.
Nats | Junie 27, 2008 at 3 : 41
Adrie
Jy meng in met my werk tyd… maar dis fine!! Ek is nie naasten by so besig soos laas week nie!
33.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 42
Nats
Asb nie, ek het immers nie uit die dood opgestaan nie.
34.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 42
Nats
Ek sien so. Laas week was jy nie ‘n sekond van die blog af nie.
35.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 44
Julle
Ek moet regtig bank toe, apteek toe, bed toe en dan drieling vergadering toe. Sien julle later.
36.
Adrie | Junie 27, 2008 at 3 : 44
Ek is in elk geval alleen hier.
37.
Nats | Junie 27, 2008 at 3 : 45
Adrie
Laas week Vrydag was ek vrek besig!! Ek het dan nie eens jou posduiwe terug gestuur nie.
Die blerrie goed sit nou nog hier en vreet al my posduiwe se kos op!!
Jy beter vinnig terug kom of ek maak lekker pasteie!!
38.
Samantha Q | Junie 27, 2008 at 3 : 59
En da mis ek die koei wee!!!!!!!!!!!
evil:
evil:
evil:
evil:
evil:
evil:
39.
Nats | Junie 27, 2008 at 4 : 09
Sam
Toemaar jy het niks gemis nie… sy het net gekla!!
40.
Nats | Junie 27, 2008 at 4 : 17
En da is ek nou alleen…
So stap ek deur die strate alleen leen leen..
41.
Salomè | Junie 27, 2008 at 4 : 43
HALLO NATS!!!
42.
Adrie | Junie 28, 2008 at 9 : 18
Net nog 9 comments kort, en almal verdwyn net stil.
43.
Adrie | Junie 28, 2008 at 9 : 20
As jy iets wil doen moet jy dit self doen.
44.
Adrie | Junie 28, 2008 at 9 : 21
Ek wil gaan slaap, maar nee die diktatorskap soek moes my aanwesigheid.
45.
Adrie | Junie 28, 2008 at 9 : 22
Diktatorskap, lees bank
46.
Adrie | Junie 28, 2008 at 9 : 23
En ek soek kos, niks in die huis nie.
47.
Adrie | Junie 28, 2008 at 9 : 23
In elk geval nie ontbytkos nie.
48.
Adrie | Junie 28, 2008 at 9 : 24
Dalk is dit tyd vir middagete. Hoe laat is dit.
49.
Adrie | Junie 28, 2008 at 9 : 25
Bed of bank, bed of bank, bed of bank, bed of bank,
Dammit, bank is dringend.
50.
Adrie | Junie 28, 2008 at 9 : 26
Petrol is ook belangrik.
Ek mis publieke vervoer.