One Hit Wonders

Junie 17, 2008

Hier was ‘n bietjie lank laas op die blog gesing.  Wikipedia definieer ‘n One Hit Wonder as ‘n kunstenaar wat net een single treffer gehad het.  Die liedjie is gewoonlik vir ‘n kort tyd baie gewild, maar vervaag dan tot Jacaranda fm dit uitkrap as ‘n pump it or dump it song.  Ek definieer dit as ‘n enkel treffer van ‘n groep wat die toets van tyd geslaag het.  ‘n Lied wat mense jare later nog steeds ken, al was dit ‘n treffer voordat jy gebore is.

Kom ek gee ‘n voorbeeld.  Ek dink Van Morrison is ‘n one hit wonder.  Ek het die naweek ‘n CD van hom gekoop net om Brown Eyed Girl in die hande te kry.  Ek kon nog nooit ‘n goeie compilation CD kry met die lied op nie.  As ek Gloria Gaynor gaan noem, sal baie mense met my stry.  Ja, sy het baie treffers gehad lank voordat ek gebore is, maar is meer van hulle blywend as “I will survive”?  Almal ken dit, almal is mal daaroor en dit maak enige dansvloer onmiddelik vol. 

Kom ek gee vir julle ‘n paar voorbeelde van my gunsteling One Hit Wonders.  Eye of the Tiger – Survivor, deur Rocky bekend gemaak en kry nog steeds lugtyd.  Sam se gunsteling, The Weather Girls se “It’s raining men”.  Wie van julle ken almal “And then I got High” van Afroman, “Who let the dogs out” van Baha Men of Macarena van Los Del Rio.  Ek is seker Tainted Love lui by baie mense ‘n klokkie, sonder dat hulle weet dat Soft Cell dit gesing het.  Ek is mal oor Shangri Las se “Leader of the Pack”, Toni Basil se “Mickey” en “Kung-fu Fighting” van Carl Douglas.  Voordat iemand my van diskriminasie aankla, moet ek Vanilla Ice se “Ice Ice Baby” insluit.

One Hit Wonders verskil van land tot land en selfs van streek tot streek.  Abba kan as ‘n One Hit Wonder in Amerika gesien word met Dancing Queen, maar as ‘n Supergroep orals anders in die wêreld.  So kan ‘n liedjie in Kaapstad vir ‘n ruk lank groot aftrek gekry het, terwyl die res van Suid-Afrika gedink het dit suig.  Ek kan op die oomblik nie aan een Afrikaanse One Hit Wonder dink nie, maar dalk het julle ‘n paar nominasies.  Al ken julle nie die lied of die kunstenaars wat ek genoem het nie, is ek seker almal sal dit erken as hulle dit hoor.

Het kunstenaars meer nodig as net daardie een Treffer?  Ek dink nie so nie.  Alles ekstra is ‘n bonus, maar jy het jou doel bereik as jy een liedjie agter laat wat verewig sal voortbestaan.  Dan het jy jou merk op musiek gemaak en immortal geraak.

Watter liedjies het ek vergeet en wat is jou gunsteling One Hit Wonder?  Hier is my gunsteling:

Blogvraag:  As wie is Gabriele Susanne Kerner beter bekend?

Blogantwoord:  Sam was reg met Anne Bonny.  Ek sê julle, ek het seerowerbloed in my are.  Hoe meer name ek ontdek, hoe meer daarvan is in my familie.

Entry Filed under: Uncategorized. .

168 Comments Add your own

  • 1. frik stander  |  Junie 17, 2008 at 5 : 51

    goeie naand adrie

    watter 80’s en 90’s musiek is jou gunsteling?

  • 2. Samantha Q  |  Junie 17, 2008 at 5 : 57

    EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 3. Samantha Q  |  Junie 17, 2008 at 5 : 57

    Nena?

  • 4. Adrie  |  Junie 17, 2008 at 6 : 01

    Naand Frik.

    Ek kan die hele aand ‘n lys tik van al my gunsteling musiek. Ek hou baie van die musiek uit die negentigs, maar my gunstelinge kom uit die tagtigs. Ek het nog nie ‘n bloemlesing van 80’s musiek opgetel waarvan ek nie hou nie.

    Wat is jou gunsteling?

  • 5. Emil  |  Junie 17, 2008 at 6 : 15

    Hi daar. Skaam my om nou eers te kom inloer. Skande!
    Ek hou van “Life is life”. Matriek kaskenades.

  • 6. Adrie  |  Junie 17, 2008 at 6 : 18

    Emil

    Opus!!!!! Dit is ‘n nice een. Kan nie glo ek het dit vergeet nie.

  • 7. frik stander  |  Junie 17, 2008 at 6 : 43

    wel die gewone goed,laat ek maar n lys saamstel van dit wat ek nog het en kan onthou.

    A-ha – take on me
    alphaville – forever young
    Belinda Carlisle – Heaven Is A Place On Earth
    Billy Joel – Uptown Girl

    Bon Jovi – Livin’ On A Prayer
    Bon jovi se midnight in chelsea is eintlik 90’s maar dis een van my bestes

    en dan so paar van roxette

    Dressed For Success
    Listen To Your Heart
    The Look

  • 8. Pikkelik  |  Junie 17, 2008 at 6 : 50

    Nou miskien kan julle slimmes my bietjie help. KZN het ‘n paar jaar, shit seker amper 10 of meer jaar, kannie nou datums onthou nie, ‘n song gespeel. Ek dink dit was ‘Remember to use sunscrene’. Ek sweer daai song spook by my, met tye onthou ek so bietjie en dan woers hy net weer in die vergetelheid in!!! :mrgreen:

  • 9. frik stander  |  Junie 17, 2008 at 6 : 51

    ek is oortuig dis baz luhrman

  • 10. Pikkelik  |  Junie 17, 2008 at 6 : 54

    Frik, dink jy so, ek gaan gou google, miskien word ek iets wys…

  • 11. frik stander  |  Junie 17, 2008 at 6 : 55

    jip dis baz luhrman – to wear sunscreen die laaste opgeneemde weergawe is ‘99

  • 12. frik stander  |  Junie 17, 2008 at 6 : 57

    ladies and gentleman of the class of ‘99,wear sunscreen if i could offer you one tip for the future,sunscreen would be it a long term benefit of science…

    gaan hy so?

  • 13. Pikkelik  |  Junie 17, 2008 at 6 : 58

    Dis hy…. Heehaa, dankie ou Frik!!!!

  • 14. frik stander  |  Junie 17, 2008 at 7 : 06

    my plesier. as daar een ding is wat oom frikkie ken is dit musiek oud of nuut dis ‘n bron van groot plesier in die lewe.

  • 15. Dra dit!!!! « Pikkelik se Blik  |  Junie 17, 2008 at 7 : 16

    [...] Posted on June 17, 2008 by Pikkelik Adrie het vanaand oor Ond Hit Wonders geskryf en dit het my dadelik aan hierdie song laat dink.  Ok ek [...]

  • 16. Adrie  |  Junie 17, 2008 at 7 : 48

    Frik

    Ek en jy kan maar saam op ‘n road trip gaan. Ons gaan mekaar nie vermoor oor musiek keuses nie. Ek hou alles wat jy genoem het. hier is nog ‘n paar.

    Karma Charmeleon
    Eternal Flame
    I am the One and Only
    I love Rock & Roll
    Paint my Love
    Girls just wanna have fun

  • 17. Jaco  |  Junie 17, 2008 at 8 : 44

    Safety Dance – Men without hats
    Bang – Corky Park

    Ek sal aan nog so paar dink vannag as ek veronderstel is om te slaap

  • 18. Jaco  |  Junie 17, 2008 at 8 : 45

    O ja.
    Pop goes the world – Men without hats
    The race – Yellow

  • 19. frik stander  |  Junie 17, 2008 at 10 : 09

    adrie

    janee ek sien jy het daar nog ‘n paar genoem wat nie onmiddelik in gedagte gekom het

    daai “eternal flame” is goed so anner vrou van duitsland “rollergirl” het destyds ons sê so min of meer 99-2000 n “remix” gemaak van daai track, jy moet hom bietjie gaan luister daar op youtube as jy nie alreeds het.

    watvan nuwe musiek adrie wat speel deesdae op jou musiekspeler?

  • 20. Adrie  |  Junie 17, 2008 at 10 : 15

    Frik

    Ek dink Mika het nogal potensiaal.

  • 21. Zee  |  Junie 17, 2008 at 10 : 37

    Mmm, kan aan niks nou dink nie maar jou Eye of the tiger het my baie aan my ysskaats dae laat dink, ons het darem laat wiel oppie ys met daardie liedjie hoor!

    (/me so bietjie groen en sad)

  • 22. Adrie  |  Junie 17, 2008 at 10 : 44

    Zee

    Vir wat is jy groen? Oor liedjies wat jy nie meer kan onthou nie? Breinselle sterf af met die ouderdom saam, dan raak ‘n mens vergeetagtig. Niks om oor te worry nie. :)

    Wie onthou sexy eyes van Wingfield?

  • 23. Zee  |  Junie 17, 2008 at 10 : 58

    Ok ek onthou darem sexy eyes… jip, het nog so paar breinselle oor!

  • 24. Etienne  |  Junie 17, 2008 at 11 : 22

    whole of the Moon – Waterboys. dis nou vir jou ‘n one hit wonder. En One Night in Bangkok, het dit nou die dag weer in die Chess musical gesien – ‘n kombinasie van woorde en musiek wat in my opinie die toets van tyd weerstaan het.

  • 25. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 7 : 02

    Mexican Radio – Wall of Voodoo

    “I wish I was in Tijuana (spelling)
    Eating barbecued Iguana”

  • 26. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 8 : 05

    More almal

  • 27. Zee  |  Junie 18, 2008 at 8 : 06

    More Adrie

  • 28. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 8 : 09

    More Tannie Zee.

    Hoe gaan dit vanoggend?

    Baie geluk met ‘n kwart eeu huweliks herdenking.

  • 29. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 8 : 11

    Genade – 25 jaar met een man. Tel ook seker as ‘n one hit wonder.

    Ek het darem 25 jaar met geen mans. Tel dit vir iets?

  • 30. Zee  |  Junie 18, 2008 at 8 : 28

    Adrie, dankie.
    Dit kan verseker tel as ‘n one hit wonder.
    Geen mans vir 25 jaar…. sal moet bietjie gaan dink hieroor!

  • 31. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 8 : 31

    Genade, my ma’le is al amper 30 jaar getroud. Dit is darem baie jare.

  • 32. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 8 : 34

    Uit die Beeld

    Elsabé Brits

    Kaapstad. – In ’n neurowetenskaplike studie het navorsers bevind sommige fisieke brein-eienskappe van gay mense verskil van dié van heteroseksuele mense van dieselfde geslag. Dit steun studies wat sê dat mense nie gay is omdat hulle ’n lewenskeuse gemaak het nie.

    Wetenskaplikes aan die Karolinka-instituut van die Stockholm-breininstituut se finale bevinding was: “Die observasies kan nie maklik toegeskryf word aan persepsies of gedrag nie.”

    Die navorsing is pas gepubliseer in die vakjoernaal Proceedings of the National Academy of Sciences.

    90 mense van albei geslagte en seksuele oriëntasies het aan die magnetiese-resonansiebeeldvormingstudie deelgeneem.

    In die toetse is bevind dat heteroseksuele mans en gay vroue se twee breinhemisfere effe asimmetries is. Die breinhemisfere van gay mans en heteroseksuele vroue is simmetries.

    Daar is ook verskille opgemerk in die verbinding met die amigdala (wat belangrik is in emosionele leer). Gay vroue stem ooreen met heteroseksuele mans en gay mans stem ooreen met heteroseksuele vroue.

    Dit blyk ook dat gay mans en heteroseksuele vroue beter presteer in verbale take, terwyl gay vroue en heteroseksuele mans beter is met visuele spasiëring.

    Volgens navorsers is dit nie moontlik om te sê of die breinverskille weens aangeleerde gedrag is nie, of weens ’n skakel met neurobiologiese entiteite.

    Daar bestaan ook nog vrae oor die onderliggende en waarskynlike genetiese meganismes van seksuele oriëntasie.

    Dit is ook moontlik dat ouderdom die toetse kan beïnvloed omdat seksuele reproduksie ’n invloed kan hê; daarom sal verdere toetse mense in ouderdomsgroepe verdeel.

  • 33. Verons  |  Junie 18, 2008 at 8 : 52

    More julle!!
    Zee hoe verlang ek ook toe so na my tienerdae oppie yskaatsbaan!!
    Eye of the tiger laat my ook altyd aan yskaats dink…..
    Baie geluk met jou huweliksherdenking dis beslis ‘n mylpaal!

  • 34. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 8 : 57

    Hallo Ma

    Was gister se mission darem ‘n sukses?

  • 35. Zee  |  Junie 18, 2008 at 9 : 01

    Verons baie dankie.

    Adrie, gaan jy my nou niks vertel nie?

  • 36. Nats  |  Junie 18, 2008 at 9 : 02

    Hello hello!!

    Spesiale verwelkoming aan die nuwelinge!!

    Ek is mal oor 80’s seker maar omdat ek ‘n 80’s babatjie is!!

    Tweeling
    Da is ‘n 80’s cd waarvan jy sal hou “The best of the 80’s” ek is mal oor daai dubbel cd dis so rooi cover. Moet net nie 100 80’s songs koop nie – ek het en hou niks van dit nie! Welkom om dit by my te leen en te kyk of jy daarvan hou!

    Nog ‘n one hit wonder
    90’s se Shakespears Sister – Stay. Dis vir my sooooo mooi!!!
    Kan nie aan nog van hulle liedtjies dink nie.

  • 37. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 04

    Zee

    Hmmmm, :oops: eeeeee

    Kyk maar eerder uit vir ‘n posduif.

  • 38. Nats  |  Junie 18, 2008 at 9 : 05

    Zee
    Congrats!!!! Dit vat om gedoen te kry!
    My ouma hulle gaan Des vir 50 jaar!

  • 39. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 06

    Tweeling

    Hoe wys jy my nou op my maniere. :oops: Stay in ‘n nice song. Ek is mal daaroor.

    Welkom Ettienne, hoop om jou nog baie hier te sien.

    Emil, ek weet nie of ek jou al welkom geheed het nie, maar welkom. Hoop jy gaan baie aangename ure hier deurbring.

  • 40. Nats  |  Junie 18, 2008 at 9 : 12

    Tweeling
    Ons verstaan jy kan nie alles op die blog doen nie…

    Tainted Love onthou ek net omdatMarilyn Manson dit gesing het met die hase ens… baie weird!! Ek het nie geweet Soft Cell het dit oorspronklik gesing nie.

  • 41. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 14

    More, more, hier is lekker warm moerkoffie….

  • 42. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 16

    Nats

    Ons moet jou minister van verwelkoming maak. Jy loop te lank rond sonder portefeulje.

  • 43. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 17

    As julle sal gemoer word as julle nie my moerkoffie wil hê nie!

  • 44. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 17

    Pikkie

    Dankie, net wat ek nodig het. Salome raak juis so laks deesdae.

    Gaan jy jou boete afbetaal?

  • 45. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 9 : 18

    Goeie More mense !!

  • 46. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 18

    Nee, ek het besluit 2 maande in die tjoekie klink rustiger…

  • 47. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 19

    Hallo luigat Zoeks

  • 48. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 19

    Pikkie

    Starrag met die aggressie. Ek is al op my 2 de koppie van jou koffie. As dit my ook so aggressief maak gaan die bollie netnou spat.

  • 49. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 20

    Whahahaha, dis nie die koffie nie, dis die min slaap!

  • 50. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 21

    :lol: dis nie die koffie nie, dis die min slaap…

  • 51. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 21

    Zoeks

    Lewe jy nog?

  • 52. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 22

    Whahahaha, dis nie die koffie nie, dis die min slaap!

  • 53. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 22

    Ek wonder ook Adrie, hy het weke laas gepost, en mens sien hom nooit meer hier nie???

  • 54. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 23

    Eers is my comment weg, dan verskyn hy weer???????

  • 55. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 9 : 23

    Luigat? ek werk my malle moer suur kom skaars by blog uit en as ek my enigste minuut wat ek deesdae vry het kom hallo sê op die blog dan word ek uitgeskel…… !!! :shock:

  • 56. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 23

    Watse webbrowser gebruik julle…. Ek is keelvol vir Windows Internet Explotion!

  • 57. Verons  |  Junie 18, 2008 at 9 : 24

    A3 nee wat lyk my ek sal ‘n nuwe wasmasjien moet gaan koop! :(
    Ek was toe vroeg klaar toe gaan eet ek en my vriendin toe maar by Boston BQ prawns, sit lekker en pong vannie garlic hier! ;)

  • 58. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 24

    Ag toemaar Zoeks, hier is vir jou ‘n soentjie… Mwaaaaaa!

  • 59. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 24

    Pikkie

    Wie gaan na jou soentjies kyk as jy in die tjoekie is?

  • 60. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 25

    More Verons wil jy ook moerkoffie hê?

  • 61. Nats  |  Junie 18, 2008 at 9 : 25

    *vee haar ogies oor en oor en knik twee keer om seker te maak*

    Zoekoe is jy hier?? Is dit regtig jy?

    Tweeling
    Dis reg, ek sal die Gasvrou wees wat mense verwelkom. Ek sal net ‘n tafeltjie moet kry vir die OBS en so paar glasies… kan ek dit maar voor by die deur sit? Soos jy inkom aan die linker kant.

    ALMAL
    Moet asb nie die tafeltjie stamp nie!! Ons kan nie obs mors nie Sam sal ‘n oorval kry en ma ook!!!

  • 62. Verons  |  Junie 18, 2008 at 9 : 25

    ZOEKS!!!!!! Mhwa! Mhwa! Welkom terug!!!

  • 63. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 25

    Jy Adriana… :lol: :lol:

  • 64. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 26

    Nats, waar sit ons dan my moerkoffie???

  • 65. Verons  |  Junie 18, 2008 at 9 : 27

    Pik ja dankie geen melk en geen suiker net so ‘n dubbel Amaroelajie by sal hom perfek maak dankie

  • 66. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 28

    OOOOEEEEEEE! Lekker, hiersy Verons, ek skink sommer vir my ook enetjie!

  • 67. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 9 : 28

    Testing 1 2 3

  • 68. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 9 : 30

    Mirrag!!!!

  • 69. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 9 : 30

    Hallo amal, ja dis rerig ek, net te besig deesdae, en amper nooit op kantoor nie… ek mis julle vreeslik baie !!!

  • 70. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 30

    Nats

    Ek dink eerder ons moet ‘n kroeg in die hoek in bou. Maar waar gaan ons die jukebox sit?

    Pikkie

    Ek bang nie jou soentjies nie. Bring them on.

  • 71. Pikkelik  |  Junie 18, 2008 at 9 : 31

    Ons mis jou ook vreeslik baie Zoeks… Shame my arme ou bloedjie…
    More Sam, moerkoffie vir jou?

  • 72. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 31

    Hi Daar drieling

  • 73. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 9 : 39

    @ My 3ling

    Jitte!!! Eks so besig dat ek nie eers vastrapplek kry nie. Ek raak net nou en dan grond. Ek sou jou gister bel toe kom ek agter dat ek net R0.01 op my foon het :evil: . Toe kon ek natuurlik ook nie mxit nie. Gmpf! Ek sal later airtime ga koop.

    @ Zoekie

    Genade mens….. Lewe jy nog :mrgreen:

  • 74. Nats  |  Junie 18, 2008 at 9 : 39

    Pik
    Ons sit die koffie in die sterretjies kombuis… en kan dit dan op die koffie tafel sit in die oggende.

    Sam
    Dag sê!

    Adrie
    Dan kan ek dit op die kroeg sit! Slim plannetjie! En die mense kan dan sommer by die kroeg sit en hul “bly te kenne” vorm invul!

  • 75. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 9 : 41

    Dankie virrie koffie Pik !!! gee my skop vir die dag !!

  • 76. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 42

    Drieling

    Ai tog. Beplanning.

    Tweeling

    Wanneer hier te veel mense is kan ons op die kroeg dans.

  • 77. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 9 : 43

    Hi Sam Q mwah mwah :D :D ja jong ek lewe nog, ook maar net net !!!

  • 78. Nats  |  Junie 18, 2008 at 9 : 46

    Adrie
    Dit kan werk!! Ons moet net bordtjies op sit wat sê “op eie risiko”

    Zoekoe
    Sit gou… asem in asem uit… ok gaan nou maar weer mal! Onthou net om asem te haal ook!

    Sam
    Ai tog my 2Ling se 3Ling!! Nou wat as jy in ‘n noodgeval was?? Soos my 2Ling sê Beplanning!!!

  • 79. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 9 : 49

    Nats, ek het nie tyd om te sit nie…. maar ek belowe om asem te haal so nou en dan !!

  • 80. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 9 : 50

    Tweeling

    As iemand dom genoeg is om af te val, raak ons net van hulle ontslae.

  • 81. Zee  |  Junie 18, 2008 at 10 : 01

    Adrie, jy het seker nou al 5 posduifies ontvang jong!

  • 82. neykie  |  Junie 18, 2008 at 10 : 11

    more almal

  • 83. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 10 : 55

    Hallo Neykie

    Ek kan ook nie my boude draai nie.

  • 84. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 11 : 19

    Ek try gou weer…………………….

  • 85. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 11 : 21

    Dit werk drieling.

  • 86. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 11 : 21

    Nou issit net I&J

  • 87. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 11 : 21

    waars amal nou skielik heen? is daar i anner post wat ek gemis het?

  • 88. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 11 : 23

    Vir hoe lank wonner ek

  • 89. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 11 : 26

    I & J & Z

  • 90. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 11 : 26

    Totdat die ander sien hier gaan weer iets aan.

    Ek dink ek kort ‘n vakansie.

  • 91. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 11 : 27

    Zoekoe

    Smaak my die mense is met verlof

  • 92. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 11 : 27

    Nee

    Dit is net I

  • 93. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 11 : 28

    Ek wens ek is met verlof. Watse nonsens is dit.

  • 94. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 11 : 32

    FINE

    Ek gaan verlof vorms soek.

  • 95. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 11 : 33

    Weet iemand waar kry ‘n mens nou weer verlof vorms?

  • 96. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 11 : 38

    @ Almal

    Ek het goeie nuus en slegte nuus. Wat wil julle eerste hoor?

  • 97. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 11 : 41

    Sam

    Het ek dit al gehoor?

  • 98. Nats  |  Junie 18, 2008 at 11 : 41

    Hierso is ekke ook… die mense wil my net nie uit los nie!!

    Lyk dit nie of ek nie al genoeg werk het nie!!

    Tsk!

    Sam
    Slegte nuus maar eerste…

  • 99. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 11 : 49

    @ A3

    Natuurlik het jy

    @ Nats

    Ek ga baie skaars wees. Soos in net nnnnooouuu en dan oopi blog wees.

  • 100. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 11 : 51

    Ag demmit!!!!!!

    Sam, dit suig.

  • 101. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 11 : 52

    @ A3

    Het ons ‘n minister van verlof al aangestel? Ons sal verlof vorms moet kry vir dies wat ‘n breekie norig het.

  • 102. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 11 : 54

    He He He

    Ek dink Nats kan dit doen in haar hoedanigheid as gasvrou.

    Ek sal gou vinnig aan ‘n vorm moet dink.

  • 103. Roer  |  Junie 18, 2008 at 11 : 57

    More…ok, dis amper middag so Middag almal.

  • 104. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 11 : 58

    More Tannie Roer

    Hoe gaan dit?

  • 105. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 11 : 59

    @ Roer

    Mirrag

    @ A3

    Ek ga moer besig wees in Hatfield en ek ga natuurlik die base MEER impress. *fluister* Dit ga nie vir ewig wees nie!

  • 106. Roer  |  Junie 18, 2008 at 12 : 01

    Dit gaan goed dankie en hierso? Die klein mannetjie is pap, koors, so ek vat hom 3 uur dokkie toe, maar andersins goed.

  • 107. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 12 : 02

    Sam

    Glimlag net mooi vir hulle.

  • 108. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 12 : 03

    Ag shame

    Roer, moenie dat ek jou vang dat jy hom boelie as ek nie sien nie. :evil:

    Hoe oud is hy nou weer.

  • 109. Roer  |  Junie 18, 2008 at 12 : 06

    A3, 4 jaartjies oud. April 4 geword. Ek sal hom NOOIT boelie nie.

  • 110. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 12 : 08

    GMFFF!!!!!

    Hy is regtig nog op ‘n nice ouderdom. Dit was dus sy superheld partytjie wat jy gehou het.

    Kinders op daardie ouderdom kry dikwels virus infeksies wat gou oorwaai. Ek hoop dit is al wat met hom fout is.

  • 111. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 12 : 13

    Ek dink ek moet op die vakansie kinders gaan steel.

  • 112. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 12 : 14

    Hakuna Matata

  • 113. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 12 : 20

    Help gou dink aan ‘n verlof vorm.

  • 114. Nats  |  Junie 18, 2008 at 12 : 21

    Sam
    :cry:
    :cry:

    Net nie dit nie… dan gaan jy seker in die aand kom hallo sê wanne ek nie hier is nie!!!

    Ek is net nou weer terug… moet gou ry sien later!!

  • 115. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 12 : 22

    Aansoek vir Verlof

    Van:
    Tot:
    Gaan daar foto’s wees:
    Hoe gaan jy dit deel:
    Hoekom kan jy nie blog nie:

  • 116. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 12 : 25

    Dalk kort ons ‘n kamerverlaat vorm ook.

  • 117. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 12 : 29

    Watse verlof vorm is dit nou?

  • 118. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 12 : 31

    Blog verlof.

  • 119. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 12 : 34

    o Shit !!!!!!!!!!

  • 120. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 12 : 37

    Wat nou?

  • 121. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 12 : 37

    Ek kan nie eers vandag op my eie blog inkom nie…… damn !!!

  • 122. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 12 : 39

    Tipies Iblog.

  • 123. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 12 : 41

    @ Nats

    Dis net die slegte nuus. Die goeie nuus is dat ek einde van die maand hier klaar maak. Ek hoef nie mee buite te staan in die koue nie. My huis is 10 minute van die nuwe werk af (in spits verkeer!). Ek kan ‘n uur later slaap inni oggend en ‘n uur vroeër by die huis wees. Ek gaan weer bonus kry en laaste maar nie die minste nie………. DIE BAAS IS PIS COOL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 124. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 12 : 54

    Baie Geluk Sam Q. yipeee !!!!!!

    maar ‘n “word of advice” daar is nie ‘n ding soos ‘n cool BAAS nie… een of anner tyd gaan hy/sy ‘n poepol wees !

  • 125. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 12 : 58

    Ek hol weg! Wie kom saam?

  • 126. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 12 : 59

    EK!!!!!!!!!

  • 127. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 1 : 03

    ek hol ook :lol:

  • 128. ADRIANA  |  Junie 18, 2008 at 1 : 14

    Waarheen hol ons?

  • 129. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 1 : 16

    ja, waarheen? ek hoop daar gaan baie drank wees !

  • 130. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 1 : 20

    Die ousie het skoon onder ons uitgehol

  • 131. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 1 : 22

    Ja….. sy weet ek is dik en stadig….. :roll:

  • 132. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 1 : 24

    ek het nou maar eenmaal nie ‘n comrades marathon lyf nie….

  • 133. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 1 : 25

    Ons hol tot by SAB, hi-jill ‘n (vol) trok, ry tot die diesel op is dan sit ons net da en suip alles uit!!

  • 134. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 1 : 29

    whooo hhooooo I’m IN !!!!!!!!!!

  • 135. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 1 : 30

    Sam

    HMMMM, ons het het ‘n SAB kontak.

  • 136. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 1 : 32

    @ Zoeks

    Ek ken daai man al 7 jaar lank. Hy is rerig erig ‘n man met ‘n hart van goud. Die mense wat daar onder hom werk vat eintlik moerse advantage van hom. Hy het my 1 000 000 keer meer komplimente gegee as my heidige baas (lees DOOS)

  • 137. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 1 : 34

    Wat van ons elkeen ry ons eigene trok en DAN suip ons alles uit? :mrgreen:

  • 138. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 1 : 34

    Sam

    Ek is nie Manto nie, ek sal nie so vinnig as sy ‘n nuwe lewer kry nie.

  • 139. Zoekoe  |  Junie 18, 2008 at 1 : 39

    Ek het my lewer maar laat loop…. ek kon nie mee die ge-klaery handle nie !!!

  • 140. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 1 : 43

    Laat my dink aan Bossie toe ek haar gebel het.

    (Sam, jy gaan haar nog ‘n weduwee maak?)

    Blykbaar is daar elke dag ‘n bloedstreep van haar bed af na die badkamer. Haar lewer wat net al die alkohol gaan uitspoel het.

  • 141. Nats  |  Junie 18, 2008 at 2 : 31

    Eks terug!

    Sam
    Sjoe… die goeie nuus is DAMN GOEIE NUUS!! Congrats so bly vir jou!!!!!!! As jy vir my gaan sê dis by ‘n Merc dealership met ‘n Merc as ‘n company car trek ek nou by jou in!!! En word sommer jou assistent! ;)

    So wanne vier ons dit??

  • 142. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 2 : 32

    My rekenaar het verlof EN ‘n dop norig!

  • 143. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 2 : 34

    Nats

    Dit is ‘n goeie vraag.

    Drieling, wanneer vier ons dit.

  • 144. Samantha Q  |  Junie 18, 2008 at 2 : 39

    Wat van by InniBos OP mnr Bos?

  • 145. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 2 : 42

    Sam

    Fine. Vier dit alleen en geniet elke oomblik.

  • 146. Nats  |  Junie 18, 2008 at 2 : 45

    Grrrr….

    Sopas werk by my kantoor ingeloop…

    NWT

  • 147. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 2 : 54

    Pik

    Moenie my se jy ken nie al die spietkops op die naam nie?

  • 148. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 2 : 57

    O heng. Verkeerde blog. :oops:

  • 149. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 3 : 00

    Ook maar goed. Dan lyk daar of hier darem iets aangaan. :evil:

  • 150. Adrie  |  Junie 18, 2008 at 3 : 01

    Wragtig is ek alweer alleen hier gelos.

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin
antonie on Toemaar
Joey on Die nag wat by my spook . .…

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye