One Hit Wonders
Junie 17, 2008
Hier was ‘n bietjie lank laas op die blog gesing. Wikipedia definieer ‘n One Hit Wonder as ‘n kunstenaar wat net een single treffer gehad het. Die liedjie is gewoonlik vir ‘n kort tyd baie gewild, maar vervaag dan tot Jacaranda fm dit uitkrap as ‘n pump it or dump it song. Ek definieer dit as ‘n enkel treffer van ‘n groep wat die toets van tyd geslaag het. ‘n Lied wat mense jare later nog steeds ken, al was dit ‘n treffer voordat jy gebore is.
Kom ek gee ‘n voorbeeld. Ek dink Van Morrison is ‘n one hit wonder. Ek het die naweek ‘n CD van hom gekoop net om Brown Eyed Girl in die hande te kry. Ek kon nog nooit ‘n goeie compilation CD kry met die lied op nie. As ek Gloria Gaynor gaan noem, sal baie mense met my stry. Ja, sy het baie treffers gehad lank voordat ek gebore is, maar is meer van hulle blywend as “I will survive”? Almal ken dit, almal is mal daaroor en dit maak enige dansvloer onmiddelik vol.
Kom ek gee vir julle ‘n paar voorbeelde van my gunsteling One Hit Wonders. Eye of the Tiger – Survivor, deur Rocky bekend gemaak en kry nog steeds lugtyd. Sam se gunsteling, The Weather Girls se “It’s raining men”. Wie van julle ken almal “And then I got High” van Afroman, “Who let the dogs out” van Baha Men of Macarena van Los Del Rio. Ek is seker Tainted Love lui by baie mense ‘n klokkie, sonder dat hulle weet dat Soft Cell dit gesing het. Ek is mal oor Shangri Las se “Leader of the Pack”, Toni Basil se “Mickey” en “Kung-fu Fighting” van Carl Douglas. Voordat iemand my van diskriminasie aankla, moet ek Vanilla Ice se “Ice Ice Baby” insluit.
One Hit Wonders verskil van land tot land en selfs van streek tot streek. Abba kan as ‘n One Hit Wonder in Amerika gesien word met Dancing Queen, maar as ‘n Supergroep orals anders in die wêreld. So kan ‘n liedjie in Kaapstad vir ‘n ruk lank groot aftrek gekry het, terwyl die res van Suid-Afrika gedink het dit suig. Ek kan op die oomblik nie aan een Afrikaanse One Hit Wonder dink nie, maar dalk het julle ‘n paar nominasies. Al ken julle nie die lied of die kunstenaars wat ek genoem het nie, is ek seker almal sal dit erken as hulle dit hoor.
Het kunstenaars meer nodig as net daardie een Treffer? Ek dink nie so nie. Alles ekstra is ‘n bonus, maar jy het jou doel bereik as jy een liedjie agter laat wat verewig sal voortbestaan. Dan het jy jou merk op musiek gemaak en immortal geraak.
Watter liedjies het ek vergeet en wat is jou gunsteling One Hit Wonder? Hier is my gunsteling:
Blogvraag: As wie is Gabriele Susanne Kerner beter bekend?
Blogantwoord: Sam was reg met Anne Bonny. Ek sê julle, ek het seerowerbloed in my are. Hoe meer name ek ontdek, hoe meer daarvan is in my familie.
Entry Filed under: Uncategorized. .
168 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Nats | Junie 18, 2008 at 3 : 26
Hier is ek!!!
Ek was sopas amper Paula op Pik se blog… toe ek ‘n comment los skop die internet my uit!
2.
ADRIANA | Junie 18, 2008 at 3 : 29
Nats
Ons moet iets doen aan hierdie kloon probleem wat jy het.
3.
Nats | Junie 18, 2008 at 3 : 41
Adrie
Dit raak nou bietjie erg…
Hello my naam is Nats… nee wag Verons… oops ek bedoel Wip… en ek is ‘n kloner!!
Wha ha ha!!!
Ek het jou maar da op Pikkie se blog gaan soek…
4.
Adrie | Junie 18, 2008 at 3 : 46
Wat????
Het almal na Pikkie getrek?
5.
Nats | Junie 18, 2008 at 3 : 50
Nee silly… Adrie
Jy het net nou beongeluk jou comment aan haar hier kom plaas so toe het ek maar net gewonder wat julle oor gesels.
6.
Adrie | Junie 18, 2008 at 3 : 52
Tweeling
He He He
Gaan loer by Tannie Roer se blog in. Jy gaan jouself doodlag.
7.
Samantha Q | Junie 18, 2008 at 3 : 52
@ 3ling
Sjarrap!!! Ons hettie getrek nie…… Ons doen huis besoek!!
8.
Adrie | Junie 18, 2008 at 3 : 54
Drieling
Whaahahahahahaha
Ek like dit. Huisbesoek.
9.
Adrie | Junie 18, 2008 at 3 : 56
Dalk moet ek tog aan ‘n huisbesoek lys begin werk. EISH
10.
Samantha Q | Junie 18, 2008 at 4 : 04
My voete is seer!!
11.
ADRIANA | Junie 18, 2008 at 4 : 08
Hoekom?
12.
Samantha Q | Junie 18, 2008 at 4 : 12
Ek hol nogsteeds!!!! *fluister* dis hkm my voete nog seer is!
13.
ADRIANA | Junie 18, 2008 at 4 : 14
Nog nie die trok gekry nie?
Fluister – vra vir tannie Zee.
14.
Samantha Q | Junie 18, 2008 at 4 : 42
((((((((((((((((((((TANNIE ZEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!)))))))))))))))))
15.
Adrie | Junie 18, 2008 at 4 : 46
Tannie Zee moet klein Zee by die kleuterskool gaan haal.
16.
Zee | Junie 18, 2008 at 5 : 54
Tannie Zee het trok op ander roete gestuur. Ek dink hy moet al daar naby Sandton se kant wees!
17.
Nico | Junie 19, 2008 at 6 : 00
Paar dae laat maar darem hier. Ek het eintlik ‘n hele paar one-hit-wonders…
Kim Carnes – Betty Davis Eyes
Kim Wilde – Kids in America (alhoewel “Cambodia” ook as ‘n treffer afgaan)
Dead Eye Dick – New Age Girl
Deep Blue Something – Breakfast at Tiffany’s
One More Time – Highland
Blind Melon – No Rain
Hel, daar is eintlik so baie. Ek kan nie eers aan almal dink nie. Ek wonder dikwels wat van One Hit Wonders word. Deesdae se musieksterre wat dit maak kry (ongelukkig) ‘n cult-following sonder dat hulle dit verdien, bloot omdat mense meestal so leeg is en ‘n rolmodel soek… Daar is nie onder die “pop”-beweging meer one hit wonders nie – you either make it all the way or you don’t. Dankie tog, want ek kan nie nog ‘n Britney, Xtina, Pink, Avril of Rihanna hanteer nie… ek weet almal voel nie so daaroor nie, waarskynlik net ek, en dis dalk vir musiek ‘n goeie ding dat jy ‘n loopbaan moet bou; jy kan jouself nie vir altyd op een song roem nie.
Maar soos die OHWs vir ons bewys het, ek wonder hoeveel goeie songs raak verlore OF WORD NOOIT GEHOOR NIE.
Adri, ek wil nie adverteer op jou blog nie en jy moet my kommentaar afhaal as jy dit so voel, maar hoeveel mense hier WEET van Aviya? Sy het onlangs haar eerste CD opgeneem. Mense kan haar besoek en gerus met haar musiek kennis maak…
18.
Adrie | Junie 19, 2008 at 8 : 27
Nico
Ek is mal oor Hiland. Kan nie glo ek het dit vergeet nie.
Ek gee nie om vir ads van vriende nie.