Die Seerower Koningin
June 16, 2008
Tannie Roer het nou die dag genoem dat sy mal is oor seerowers. Ek dink ook hulle is cool, almal weet van Kaptein Swartbaard en Kaptein Rooibaard. Vandag gaan ek julle van my gunsteling seerower vertel.
Grace O’Malley is in 1530 gebore, die enigste dogter van Eoghan Dabhdara O’Malley en Magaret O’Malley. Sy het wel ‘n ouer half broer gehad, Donal na Piopa. Haar pa was die hoof van die O’Malley Clan, dus was Grace van koninlike afkoms. Die O’Malleys was seevaarders gewees en het mense wat in hulle gebied visgevang het belas. Grace staan ook bekend as Grainne Mhaol, nadat sy as jong meisie haar hare afgesny het om saam met haar pa na Spanje te vaar. Haar pa het verduidelik dat haar lang hare in die toue sou vas sit en deur dit te sny het sy hom in ‘n groot genoeg verleendheid gestel om haar saam te neem.
In 1546 het Grace met Donal an-Chogaidh O’Flaherty getrou, om die O’Malleys en O’Flaherty clans te verenig. Saam het hulle drie kinders gehad. Owen, die oudste seun was deur Richard Bingham (Grace se vyand) vermoor. Magaret het goed in haar ma se voetspore gevolg. Sy was getroud en haar man het dikwels Grace se lewe gered. Murrough was ‘n seksis en het nie sy ma se gesag erken nie. Nadat hy met Bingham ‘n venootskap gesluit het, het Grace gesweer om nooit weer met hom te praat nie – behalwe wanneer sy hom kon beledig. Donal is op die slagveld dood, waarna terug is na die O’Malley gebied, met heelwat O’Flaherty volgelinge wat aan haar lojaal was.
Grace het met haar tweede man, Yster Richard-an-Iarainn Burke, getroud om sy kasteel in die hande te kry. Na 1 jaar het sy seker gemaak sy is gevestig in sy kasteel en het hom vanuit die venster ontslaan. Die Rockfleet kasteel het vir eeue in die O’Malley familie se besit gebly. Ten spyte van die sogenaamde egskeiding, was hulle nog steeds minnaars en bondgenote. Hulle het een seun, Tibbot Burke, saam gehad. Grace was ook in buite egtelike verhoudings gehad waaruit daar ‘n seun gebore is. Dit is egter ook moontlik dat dit Burke se seun was. Die seun was na gerugte op see gebore. Grace was onder in die buik besig om die baba te voed toe haar manskappe in ‘n geveg met ‘n ander skip betrokke raak. Op ‘n stadium het hulle te veel geraas en Grace is op boontoe om hulle stil te maak. (Die baba wou seker nie slaap nie). Vrou alleen het sy die geveg stopgesit. Wat seker baie van haar humeur sê.
Grace was haar vader se enigste erfgenaam. Selfs in haar eerste huwelik het sy ‘n vloot gehad vir internasionale handel. Donal het ‘n fort van die Joyce Clan oorgeneem wat na aanleiding van sy houding die “Cocks Castle” genoem is. Na sy dood het hulle gedink hulle kan dit weer oorneem, maar Grace het hulle met geweld van die plan laat afsien. Daarna was die kasteel herdoop na “Hen’s Castle” en staan vandag nog so bekend.
Galway het in die tyd vir Grace van seerowery beskuldig. Die stad het mense wat in hulle hawens handel gedryf het belas. Die O’Malley en die O’Flaherty skepe wat in hulle gebied gevaar het ook belas. Die belasting kon in kontant of as deel van die vrag betaal word. Wanneer betaling geweier is, het Grace hulle dit met geweld geneem. Grace het ook skepe buite haar gebied en forte op land aangeval.
In 1576 het Grace ‘n hoflikheids besoek aan Graaf Howth gebring. Sy was in kennis gestel dat die familie eet en die hekke was in haar gesig toegeslaan. Sy het die graaf se seun ontvoer. Hy is vrygelaat nadat Howth belowe het dat sy hekke altyd vir besoekers sal oopstaan en dat daar altyd ‘n plek gedek sal wees vir onverwagte besoekers. Die verbond is verseël met ‘n ring wat Howth aan Grace oorhandig het. Beide die ring en die tradisie in vandag nog in die onderskeie families se nageslag.
Grace het seker die meeste bekendheid verwerf na haar besoek aan Koningin Elizabeth I in 1593. Sy het geweier om voor die Engelse koningin te buig omdat sy as koningin van Ierland haar gelyke was. Die doel van die besoek was om Bingham uit sy pos te verwyder en Grace se broer en seun uit die Engelse gevangenskap te kry. Grace het belowe om nie die Ierse rebellie verder te steun nie. Tydens die besoek het Grace die hof geskok omdat sy die sakdoek wat die koningin vir haar gegee het in die vuur gegooi het. Grace het verduidelik dat hulle dit in die Ierse hof doen, omdat die sakdoek nou vuil was. Die gesprek was in Latyn gevoer, Grace (wat Engels, Spaans, Skots, Galies en Frans magtig was) het geweier om Engels te praat en die Koningin kon nie Galies praat nie.
Omdat Elizabeth nie haar ooreenkomste nagekom het nie, het Grace weer na haar rebellie terug gekeer. Sy is waarskynlik in 1603 in die Rockfleet Kasteel dood.
Blogvraag: Watter ander Ierse Seerower was die buite egtelike dogter van Mary Brennen en William Cormac?
Blogantwoord: Sam was reg, Mary was Tom se niggie.
Entry Filed under: Uncategorized. .
81 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
SAM Q | June 16, 2008 at 8 : 57
EERSTE!
2.
SAM Q | June 16, 2008 at 8 : 57
Anne?
3.
SAM Q | June 16, 2008 at 8 : 57
Sarah?
4.
SAM Q | June 16, 2008 at 8 : 59
Nee wag! Laat ek gou eers ga google.
5.
Adrie | June 16, 2008 at 9 : 08
Sam
Voordat jy elke naam waaraan jy kan dink raai en hoop jy is reg, ek soek die volle naam.
6.
SAM Q | June 16, 2008 at 9 : 08
Gggrrr!!! As my google eers nie wil saam werki dan weet ek ek moet ma eerder my foon afsit en ga dux
7.
SAM Q | June 16, 2008 at 9 : 11
Gmpf!
8.
Adrie | June 16, 2008 at 9 : 18
Nag Sam.
Jy kan more by die werk google, tensy iemand jou vanaand voorspring.
9.
SAM Q | June 16, 2008 at 9 : 21
Anne Bonny
10.
SAM Q | June 16, 2008 at 9 : 23
Altans… Dis wat my brittanica sê. Moes gou soek. Wat het die oumense sonder google gedoen? Eish!
11.
SAM Q | June 16, 2008 at 9 : 23
Nag
12.
Adrie | June 16, 2008 at 9 : 23
Agge nee, ek gaan Grace OMalley SABC toe stuur. Sy kan dit dalk in hulle koppe kry dat ek nie TV lisensies betaal om verdomde sokker te kyk nie.
13.
Adrie | June 16, 2008 at 9 : 25
Nag Sam
Ek dink ek gaan my naam na Grace verander. As my ma aan familiename geglo het, was my naam vandag Grace. Grace is darem ‘n mooier naam as Adrie.
14.
SAM Q | June 16, 2008 at 9 : 25
Gaan slaap!
15.
Adrie | June 16, 2008 at 9 : 28
Fine!!!!! Ek sal maar gaan stort. Gmf!!!!!!!!!!!!!!!! Ek word ook alewig van my eie blog afgejaag.
Ek gaan dieselfde as Grace doen wanneer ek trou. Die wetter se goed vat en uitskop. Daar is net plek vir een ego in ‘n huis en dit is myne.
16.
SAM Q | June 17, 2008 at 2 : 53
Dêmmit! Ek kanni slaap nie en my kop voel duislig! Ek hoop ma net ek kom deur hierie dag wat voorlê.
17.
SAM Q | June 17, 2008 at 4 : 30
GGGRRR!!!
18.
SAM Q | June 17, 2008 at 7 : 10
BBBRRR!!!
19.
Adrie | June 17, 2008 at 8 : 17
HHHHAAAALLLLLLLLLLOOOOOOOOO!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
20.
SAM Q | June 17, 2008 at 8 : 35
Mirrag!
21.
demoerin | June 17, 2008 at 8 : 35
Baie Cool Stuk. Hierdie feite-vraat like!
22.
Adrie | June 17, 2008 at 8 : 41
Hi Drieling
Waar kruip almal weg.
Demoerin
Ek het ‘n dokumenter oor Grace O’Malley so 2 jaar terug gesien. Ek het een insident daaruit hier in gesit. Die res kom uit Wikipedia, lees gerus daar verder. Myne is ‘n baie kort opsomming van die storie.
23.
SAM Q | June 17, 2008 at 8 : 43
3ling… Hoopenlik staan hulle nie almal ok buite nie
24.
Adrie | June 17, 2008 at 8 : 45
Ek is ook oppad uit . . .
25.
Verons | June 17, 2008 at 8 : 52
More almal!!
Ek voel sommer sterk en fris vanoggend! Niks beter as regte vars lug om die koppie weer skoon te kry nie!!
Hie-hie ek het op skool altyd al die seerower “liefdesverhale” gelees en ek wou altyd ‘n seerower geword het!
26.
ADRIANA | June 17, 2008 at 8 : 55
Ek wil net ‘n seerower kaptein wees. Of dalk die kaptein van die Seerower Kaptein.
More Ma
27.
Samantha Q | June 17, 2008 at 9 : 15
Nee jinne!!! Kan die einde van die maand nie nou kom nie? Natuurlik nie NET virri geld nie……….
28.
Pikkelik | June 17, 2008 at 9 : 20
Ek wil eerder net ‘n seerower se vrou wees… Dink aan al daai buit wat hy sal aandra…! Maar nie ‘n seerower nie, ek hou nie van bloed en derms nie!
29.
Samantha Q | June 17, 2008 at 9 : 32
@ Pik
Ek sal enige tyd iemand se maag kan oop sny met ‘n swaard!
30.
Nats | June 17, 2008 at 10 : 14
Hello julle!!
Bietjie besig hier, kon nie alles lees nie!
My all time favourite seerower is natuurlik Jack Sparrow!! Al is hy nie regtig een nie…
Gelukkig is dit vandag Dinsdag!! Net jammer ek het 2 dae se werk!
31.
Nats | June 17, 2008 at 10 : 51
Hak wordpress weer by my vas… of is julle maar net baie stil vanoggend??
32.
Nats | June 17, 2008 at 10 : 57
Oooo ek sien julle is maar net bietjie stil…
Sal laaaatteeeeer weer inloer! Baie werk…
Cherio!!
33.
Samantha Q | June 17, 2008 at 11 : 18
@ My 3ling se 2 ling
Ek is net moer besig vandag jong. Gesels later
34.
meermin | June 17, 2008 at 12 : 15
Great, maar waar kom jy aan al hierdie vrae wat jy vra?
35.
Pikkelik | June 17, 2008 at 12 : 42
Wat gaan vandag aan op die blogs! Dis so dood soos ‘n hasie in Zim! Ek gaan maar bietjie google, daar gebeur darem altyd iets….
36.
Pikkelik | June 17, 2008 at 2 : 11
Oggie fokkie toggie, nog steeds gesneuwel!
37.
Samantha Q | June 17, 2008 at 2 : 15
@ Pik
Dis die kak weer wat ons het. Ek weet nie van die res nie maar hier by my is finansiele jaar einde
GGGGGGRRRRRR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
38.
Samantha Q | June 17, 2008 at 2 : 17
@ Pik
En van wanne af gebruik jy die fok woord?
39.
Roer | June 17, 2008 at 2 : 29
Shirbit!!!!!! Dankie vir hierdie pos Adriana. Skuus, ek sien nou eers. Die lewe jaag jong. Ek gaan dit vanaand rustig sit en lees. You da best! /me is Seerower MAL
40.
boendoe | June 17, 2008 at 2 : 37
Jinne, dit was nou interessant! Het jy nie ‘n prentjie van die girl nie, of moet ek self gaan Google??
41.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 06
Nee, genade, ek kan julle nie eers ‘n uur alleen laat nie. Dan laat julle alles ten gronde gaan.
42.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 07
Halloooooo???????
Iemand?
43.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 08
Tweeling????????????????
Pikkie???????????????
44.
Nats | June 17, 2008 at 3 : 08
TWEELING!!!
Jy roep??
45.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 09
Meermin
Google is ‘n wonderlike plek, ek sukkel my net dood om iets te kry wat Sam nie ken nie.
46.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 10
TWEELING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ek soen jou sommer.
47.
Nats | June 17, 2008 at 3 : 12
Adrie
Ek is sommer kwaai… was soooo lus vir lekker Beker en Boontjie coffee, nou sal ek miskien moet gaan gym!!! Ai tog…
En daai Drieling van jou is veels te slim!!!
48.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 15
Nats
Ek was ook so lus, ek ry sommer deur om jou van die gym te red. Ek sulk nou op die oomblik.
Se jy dalk ek is dom?
49.
Tinkerbell | June 17, 2008 at 3 : 21
Hallo julle!! Hoe gaan dit? Was julle naweek lekker, ek was so verveeld.. julle gemis, ek moet ‘n PC by die huis kry..!!
50.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 23
Tinks
Ek is BAIE armer na die naweek as wat ek voor dit was.
51.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 27
En hier is ek weer vinger alleen.
52.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 28
Ek gaan kyk hoeveel Ierse bloed het ek in my, ek is seker Grace was een van my voorouers.
53.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 30
Dalk moet ek vir my ‘n man kry wat van haar af stam as ek nou nie self van haar af kom nie.
54.
Tinkerbell | June 17, 2008 at 3 : 30
Hoe so dat jy al jou gelkies geblaas het?
55.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 31
Klere Tienks, klere. Dit is donners duur. As ek Grace was kon ek dit steel, maar no such luck.
56.
Tinkerbell | June 17, 2008 at 3 : 31
Onse Gracey klink na ‘n vrou wat ek nie mee sal kak soek nie.. sjoe!!
57.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 34
Tienks
Klink ek dan na ‘n vrou met wie jy moet kaksoek?
58.
Tinkerbell | June 17, 2008 at 3 : 35
Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek klere gekoop het nie.. dis depressing om in winkels te loop en nie te kan koop nie en ek is MAL oor skoene en jewelery.. ek voel partykeer so jammer vir myself.. sies!!
59.
Tinkerbell | June 17, 2008 at 3 : 36
Nee dolla dis nie wat ek bedoel het nie, maar as ek ‘n man was sou ek maar lig loop vir jou!! Maar dis ‘n goeie ding!!
60.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 37
Tienks
Ek haat dit om klere te koop. Ek het dit oorweeg om A-sus my kaarte te gee met wat ek nodig het, maar dan was ek nie vandag arm nie, maar bankrot.
61.
Tinkerbell | June 17, 2008 at 3 : 46
Ag nee man as jy weer wil gaan dan kom ek saam jou, ons kan gaan koffie tussen in jy sal dit geniet!! Deal?
62.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 47
Tienks
Ek hoop ek hoef dit nie gou weer te doen nie. Maar ons kan praat oor koffie.
63.
Nats | June 17, 2008 at 3 : 48
Sorry julle ek is vrek besig vandag!!
Ek het nie eens kans gehad om uit te gaan vir lunch nie, en ek MOET gaan want manlief se ouers kom nou mos more aand da eet!!! Vir Vadersdag… en boonop is hy kwaad vir my want ek het wou nie vir sy pa gelukkige vadersdag sê nie.
Hy is nie my pa nie!!!!! Maar manlief verstaan dit mos nie nou is ek sommer die en daai!
Maak my mal!!!!!
64.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 51
Nats
Moet ek hom vir jou kom regsien? Hy word eers jou pa nadat julle getroud is.
65.
Nats | June 17, 2008 at 3 : 53
Adrie
Vertel hom!!!! Self dan gaan ek die swart skaap wees… ek gaan baie moeilik vir iemand pa sê… ek meen ek het nie eens my pa, pa genoem nie.
Hy moet met my sukkel, ek kry weer my bauer pan!!!
Thx Tweeling!!
66.
Adrie | June 17, 2008 at 3 : 58
Tweeling
Het hy vir jou ma ‘n gelukkige moedersdag toegewens?
67.
Tinkerbell | June 17, 2008 at 3 : 59
Ek groet alweer, hopelik more meer kan blog..
Lekker aand maaitjies, mooi ry en Natsie gee sommer vir daai BF ‘n taai klap!!
Mwah!!! Koebaaaaaaaaaai
68.
Nats | June 17, 2008 at 3 : 59
Ek kry koud!!!!!!!!!!
Brrrrrrrrrrrrrrrrrrrr……
69.
Nats | June 17, 2008 at 4 : 02
Tienks
Thx en mooi ry!!
Tweeling
Net omdat hy haar gesien het, en dit was meer ‘n “Hallo” as ‘n “Gelukkige Moedersdag” so die antwoord is eintlik nee.
70.
Adrie | June 17, 2008 at 4 : 02
Baai Tienks
Nats
Dit is piskoud. Ek het nogal my kar vir vanaand laat was, in die weer. My lip is al stukkend gesleep.
71.
Adrie | June 17, 2008 at 4 : 04
Nats
Sy hele militere moer dan.
72.
Nats | June 17, 2008 at 4 : 29
Eks terug… meeste van die rush is nou verby.
Sjoe…
73.
ADRIANA | June 17, 2008 at 4 : 32
Nats
Die duiwel en al sy gesante vandag by jou los?
74.
Nats | June 17, 2008 at 4 : 46
My lip sleep ook…
75.
Nats | June 17, 2008 at 4 : 47
Skies, net toe ek dog dis stil toe kom daai tornado alweer!!!
Weet nie hoe more gaan lyk na vandag nie!!!
76.
Nats | June 17, 2008 at 4 : 50
Dis uiter swak!! 76 comment!!!
Wys jou net die mense is of nog met lang naweek, of hulle is net so toe gegooi met werk!
77.
ADRIANA | June 17, 2008 at 4 : 52
Eish
Dalk moet ek die blog sluit agv gebrek aan belangstelling. Blogvakansie hou.
78.
Nats | June 17, 2008 at 4 : 52
En da is ek alleen…
Gelukkig moet ek nou huis se kant toe staan!
Lekker aand, warm bly julle!!!
Brrrrrrr….
79.
ADRIANA | June 17, 2008 at 4 : 54
Tata Tweeling.
80.
Nats | June 17, 2008 at 4 : 55
Da is jy Tweeling!!!
Ta ta!!
81.
Adrie | June 17, 2008 at 5 : 00
Hel, ek mis julle almal erg.