Hulp net vir die uitverkorenes?

Junie 12, 2008

Ek is gegrief, of dalk is diep beswaard ‘n beter uitdrukkig.  Ek gaan verduidelik en dalk sal dit vir iemand sin maak.  Heeltemaal moontlik word ek na hierdie post voëlvry verklaar. 

Ek is keelvol vir eposse / berigte / webtuistes wat iemand se ellende uitspel in die hoop dat ander mense sal kom help.  Daar was onlangs ‘n berig in die Beeld van ‘n seun wie se fiets gesteel is en hoe lief hy die fiets gehad het.  Die volgende dag was daar 6 mense wat ‘n fiets aan hom geskenk het.  Daar verskyn ‘n blog wat vertel van ‘n kind wat dringend bloedplaatjies nodig het en dadelik kan die mense die nommer bel om hulle dienste aan te meld.  Daar is ‘n webtuiste wat noem hoe ‘n sekere organisasie swaarkry, dit word goed bemark en dadelik is daar 10 000 mense wat kan help.

Wat my teen die bors stuit, is die feit dat net enkeles so gehelp word.  Ja, ons kan nie almal help nie, maar wie besluit wie die bevoorregte 0.01% is wat geregtig is op daardie hulp.  Ek kan nie die vinger wys na die mense wat help nie.  Dit is my ervaring dat die meeste mense baie graag help waar hulle kan.  Hulle weet net nie altyd waar hulp benodig word nie.  Tog is dit ook waar dat party mense verkies om blind deur die lewe te gaan.

Tyd is geld, behalwe waar die welsynorganisasies aangaan.   Baie mense het vrye tyd of selfs vaardighede wat hulle vir ‘n goeie saak sal beskikbaar wees.  Het julle al ooit as vrywilliger iewers geregistreer (‘n stap wat jou gewoontlik geld kos)?  Nadat jy baie opgewonde aangesluit het hoor jy nooit weer iets van hulle nie. 

Wat staan die gewone man op straat te doen wat graag ‘n verskil wil maak?  Almal van ons koop ons jaarlikse bandana, ons kleur / skeer ons hare vir kanker, gooi ‘n geldjie in die blik van die heilsleër en koop die kaartjies van almal wat belowe dit is vir liefdadigheid?  Is dit genoeg?  Wat van al die gevalle wat in stilte ly?  Wat te trots is om te vra of wat niemand die moeite werd ag om te help.  (Die is juis hulle wat ons met die Rose Projek wil help). 

Ek dink my grief gaan oor die onregverdigheid van die stelsel.  Wat is die blinde meriete waaraan arme drommels moet voldoen om gehoor te word?  Ek soek ‘n demokratiese stelsel waarop almal regverdig gehelp kan word.

Hoe besluit jy wie/wat jy wanneer gaan help?  Ek sê in 90% van die gevalle nee.  Ek laat my vir niemand uitbuit nie. 

Blogvraag:  Wie was die vrou agter die tot standkoming van die Avril Elizabeth Home?

Blogantwoord:  Rosalind Franklin was eerste reg met Angel Watervalle (ook bekend as Salto Angel) en Sam is reg dat dit in Venezuela (Canaima National Park) is.

ONS HET VANDAG ‘N VERJAARSDAG MAATJIE.  SO OP VRYDAG DIE 13DE, NOGAL EEN VAN MY GUNSTELING BLOGGERS.

LETTIE, EK HOOP JOU DAG IS VOL SEëN EN VREUGDE.  MAG ‘N BAIE MOOI JAAR VIR JOU WAG.

Entry Filed under: Uncategorized. .

316 Comments Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 at 4 : 43

    Wie is die welsyn tannie

  • 2. Adrie  |  Junie 13, 2008 at 4 : 43

    Nee, ek ry met Jan Tuisbly se karretjie.

  • 3. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 at 4 : 43

    hie haaaaaaaaa!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 4. Adrie  |  Junie 13, 2008 at 4 : 44

    Ouma

    Ek het netnou verduidelik oor die welsyn tannie.

  • 5. Adrie  |  Junie 13, 2008 at 4 : 45

    Ja ek het.

    Dit was darem nie die doel van die post nie.

  • 6. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 at 4 : 45

    Ouma is besig met my site se hoof foto maar ek kry niks hier wat mooi is nie

  • 7. Adrie  |  Junie 13, 2008 at 4 : 46

    Waar is my tweeling nou weer heen?

  • 8. Adrie  |  Junie 13, 2008 at 4 : 46

    Het Ouma Zee siekte gekry?

  • 9. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 at 4 : 48

    Nee maar my blog lyk boring daar kort sterre by die maan jy weet

  • 10. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 at 4 : 48

    nou soek ek tussen die foto’s maar ek kry niks ek soek verdomde sterre

  • 11. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 at 4 : 48

    sal nou met my siek lyf maan foto’s moet neem vanaand

  • 12. Adrie  |  Junie 13, 2008 at 4 : 49

    Ek wil ook my look verander. Ek moes wragtig ‘n beter naam vir my blog gebruik het. Nou is dit net ‘n gesukkel.

  • 13. Adrie  |  Junie 13, 2008 at 4 : 50

    En sieker word?

    Ouma, die latyn vir ster is aster. Plak asters op.

  • 14. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 at 4 : 51

    Nee man hou die naam ek hou daarvan, maar ‘n change is altyd as good as a holiday, hoe lank is die blog al aan die gang

  • 15. Wipneus!  |  Junie 13, 2008 at 4 : 55

    Jy moet lekker naweek hou!!! Ek gaan ook….. gesels weer later….

    Soet wees!!!!

  • 16. Adrie  |  Junie 13, 2008 at 4 : 59

    Van Jan af. Maar dit was eer van einde Feb regtig in gebruik geneem.

    Lekker naweek almal.

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin
antonie on Toemaar
Joey on Die nag wat by my spook . .…

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye