Reise
Junie 11, 2008
Ek het amptelik besluit dat ek volgende jaar op ‘n oorsese vakansie wil gaan. Verkieslik Brazilië toe, nog beter, sommer in die karnavaal tyd. Ek is net nie so seker dat ek wel gaan terugkom daarna nie. Dit is egter nou die tyd om al my drome te bewaarheid, voordat al my drome rondom pienkvoete geweef word.
Ek is tans besig om te beplan aan die reis. Eerstens wat wil ek alles van Brazilië ervaar, hoe gaan dit my as mens gaan laat groei, hoeveel memory cards my kamara gaan benodig, hoe ek in die Amazone gaan kom en laastens maar nie die minste nie. Hoe ek dit gaan finansier.
Hoekom is reise na vaste bestemmings altyd iets om na uit te sien, maar ons sien op na die reise na ons binnekamers. Oor die algemeen hou mense nie van hulleself nie en kan hulle enige masker vir die wêreld wys. In ons binnekamers lê alles wat ons verag rou en onopgesmuk. Ons sien onsself soos ons nie graag wil wees nie. Dus sien ons seker op na ons binnekamer reise juis omdat ons bang is.
Wat bedoel ek met binnekamer reise? Ek praat van die tye wanneer ons self ondersoek moet in stel, ons self moet aanspreek of moet ontdek wie ons is. Jy kan jouself byvoorbeeld wys maak dat jy ‘n persoon is wat nie ‘n vlieg sal skade doen nie. In jou hart weet jy dat jy dat jy met min motivering ‘n moord kan pleeg. ‘n Beter voorbeeld is dalk dat jy jouself oortuig dat jy vroumal is. Wat jou binnekamer jou wys is dat jy gay is.
Ek dink reise na jou binnekamer moet ten minste eenkeer ‘n dag gebeur. Dit moet objektief, maar genadeloos eerlik wees. Jy kan immers nie vir jouself jok nie. Dit is die tyd wat jy jouself moet leer ken, die tyd waar jy moet kyk waar het jy fouteer. Hoekom het jy gefouteer en hoe kan jy dit regstel.
Natuurlik is dit nie ‘n lekker werkie nie, maar ‘n baie noodsaaklike een.
Hoe voel jy oor reise? Watter plekke wil jy besoek voor jy op jou finale reis vertrek? Is my binnekamer gedagte ‘n pot snot?
Blogvraag: Wat is die hoogste waterval in die wêreld en waar is dit geleë?
Blogantwoord: As ek reg onthou, was dit Janez Vermeiren.
Entry Filed under: Uncategorized. .
258 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Nats | Junie 12, 2008 at 11 : 54
Sam
Ek het my pa gaan haal, maar hy wil nie uit kom nie… ek dink hy is nog skaam oor die hele hofsaak storie!!!
2.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 11 : 57
Ek wonner wanne ek wee af kan kry
3.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 11 : 58
Wie kom saam InniBos toe?
4.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 11 : 59
@ Nats
He he!
5.
Nats | Junie 12, 2008 at 11 : 59
Sam
Jy het nou al genoeg dae af gehad… askies ek meen weke!!!
Dis nou iemand anders se beurt… nie myne nie, ek moet maar werk!
6.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 12 : 00
My internet is vrek starag vandag!
7.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 12 : 00
My drieling het my lelik gedrop!!!!! ALTWEEEEEE van hulle!!!
8.
Nats | Junie 12, 2008 at 12 : 00
Ernstig nou Sam
Ek het… maar Milo bly daar!!!! Hoe kry ek Milo dat hy op standby is, want hulle (my pa se agente) sê hy is oor 10 / 15 minute hier maar ek sien hom nie!!!!
9.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 12 : 02
@ Nats
“n Voëltjie fluister in my se oor dat jy eerder jou skelmpie se gevreet moet op sit…..
10.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 12 : 03
@ Nats
Daai ou paar dae was gald nie genoeg nie! TSK!!!
11.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 11
Ek dog julle trek al by 300
12.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 12
Nats
Die liefde in my lewe vat ook maar sy tyd om die heks te kom aflos. GRRRRRRRRR
13.
Nats | Junie 12, 2008 at 12 : 12
Ok da vat my pa weer die pad!!!
Hy is nog baie skaam oor alles wat gebeur het, en na sy op het hy nou gedink dis beter dat hy vir eers uit die “lig” bly!
14.
Nats | Junie 12, 2008 at 12 : 14
Ek het, maar my arm is beitjie vasgeplak aan hom… ja ek lyk soos ‘n spook teenoor hom maar dis ok fine!!!
Dis nou wanneer hy sy verskyning gaan maak…
15.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 15
Nou is ek weer alleen.
Want my drieling sulk omdat ek werksverpligtinge het.
My ander drieling speel in Eurodisney.
My tweeling drool oor haar pa.
My kloon speel met MY BABA
My ma is siek in die bed
Zoekoe staak.
Zee raas met ons omdat ons nie op die onderwerp bly nie.
Wip het haarself honger gemaak en maak nou vir haar alleen kos.
16.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 12 : 17
Die blog refresh so starag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
17.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 17
En my liefie oefen kastig vir die Olimpiese Spele. Hoe donners moeilik kan dit nou wees om te swem.
18.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 17
Sam!!!! Ek love you gevreetjie!!!!!! Whahahahahahahahaha!
19.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 18
Drieling
Jou rekenaar is stadig, die blog is vinnig by my.
20.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 18
Adrie – donners moeilik, ek kan nou nog nie swem nie!!!!!!
21.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 18
Pikkie
Vertel my, is jy darem ‘n vriendelike gesig hier rond. Almal is lelik met my.
22.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 19
Kan jy nie sien hoe smile ek nie???????
23.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 20
Pik
Die blerrie mansmens swem al vandag hy kan loop. Drol. Ek gaan vir hom laat les opse.
*fluister – hy het kastig ook nie tyd om my te leer swem nie.
24.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 20
Pik
Toe ek die tande sien, dog ek jy knor ook vir my.
25.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 20
Shame, kry maar vir jou ‘n anner een!!!!
26.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 21
Tweeling
Whaahahahahahaha
Ek het amper dieselfde gevreetjie gebruik.
27.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 22
Adrie, hoekom is Patrick noggie op nie? Hy is mos darem nie sooooo oud nie???????
28.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 23
Pik
Dit is waar die probleem in kom. Die blerrie geswemmery maak hom glad nie sleg om na te kyk nie. En die stem. En die glimlag. En die hande.
Net jammer die ander vrou in sy lewe is ‘n swembad.
29.
Nats | Junie 12, 2008 at 12 : 23
Adrie
Ja nee swem is 2de natuur!! Hy moet reg kom!!!
Ons kan hom altyd gaan leer swem??
30.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 12 : 24
@ A3
Nou hoe gaan ek die 330+ comments al1 op sit as jy ga werk?
31.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 24
Patrick Swayze, Pik?
Die man is besig met behandeling, is tans baie swak en broos. En netnou mors hy drank. Ma sal my dan nooit vergewe nie.
32.
Nats | Junie 12, 2008 at 12 : 25
Adrie
Daai lyf!! Ek is mos mal oor ‘n man se rug en skouers….
Koue water vinnig!!! Nee wag ek gaan spring sommer gou in ‘n swembad… sy swembad!!!!! Whua ha ha ha!!
33.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 26
Ag magtig Adrie, ek is nou moeg vir daai seuntjies!!!! Gun my ook nou bietjie ietsie…
34.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 26
Nats, jy stook haar in haar kwaad!!!!!!!
35.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 27
Sam
Ek is besig met navorsing op die internet. Ha Ha Ha. En dit is werk. Ek is besig om te blog, kan jy nie sien nie.
Ek praat van volgende naweek, waar anders het ek jou gedrop?
36.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 28
Nats
Jy hou jou pote af. Ek is erenstig. Ek kap hulle af as jy aan my BF raak.
Pik
Ons het al vergeet van die mans.
37.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 29
Julle beter tik.
500 comments val nie uit die lug uit nie.
Pik
Wanneer kan ons ‘n blogjol by jou kom hou?
38.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 32
Net wanneer julle wil…. Laat weet net betyds dat ek die polisie in kennis kan stel dat dit orraait is. Julle is my maatjies….
39.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 34
Pik
Dan dryf die einste polisie jou saam met ons uit die dorp uit? Huh?
Dit gaan nie werk nie. Sadly sal ek my moet gedra, daar is mense wat daar woon wat my ken.
40.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 35
Kyk nou weer.
Sekere mense. Reis nou weer so rond, dan blameer hulle die internet.
41.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 35
Whahahahaha, dis die punt, hulle ken jou… Hulle sallie worry nie…
42.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 36
Hulle ken my net van wat hulle in die Excelsior gelees het. Dit was darem alles goed.
43.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 38
Dalk het hulle my vergeet. Wat ‘n salige gedagte.
Drieling!!!!!
Jy is veronderstel om te help.
44.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 39
Pik
Het Ouboet alweer vir Poppedyn in ‘n kas gedruk?
45.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 40
Altwee Soentjies skree seker weer blou moord.
46.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 40
Daar is seker spoke wat die arme soentjies afknou, die dat hulle altyd skree.
47.
Nats | Junie 12, 2008 at 12 : 40
Sien julle bietjie later!!!
48.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 41
Pik
Ek stel voor dat jy dringende die ghostbusters kry om met hulle te kom help.
49.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 12 : 41
Flippen hel, Adrie praat weer later met jou, nou kniediep in die bollie – letterlik!
50.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 41
Tweeling
Tatta. Maak ons trots.
51.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 43
O heng, my genade. Die mense gaan dink ek is mal as ek regtig nog 300 comments op my eie opsit.
52.
Adrie | Junie 12, 2008 at 12 : 44
Huh????
Kniediep in die Bollie? Ek wil alles hoor.
53.
Adrie | Junie 12, 2008 at 1 : 23
Sam en Salome
Liela Magnus
“Weet jy, dit gaan goed met my, so goed. Ek stink nie meer nie.”
Dít was die woorde van ’n 77-jarige vrou wat onlangs deur ’n maatskaplike werker van Pretoria Bejaardesorg uit ’n opgeboude varkhok en haar eie ontlasting gered is.
Die vrou, wat anoniem wil bly om haarself verdere vernedering te spaar, is een van verskeie bejaardes wat jaarliks deur dié organisasie uit haglike omstandighede gered en in ouetehuise geplaas word.
Me. Carien van Huyssteen, direkteur van Pretoria Bejaardesorg, het gister tydens ’n bewusmakingsdag gesê bejaardes is die vinnigs groeiende segment in gemeenskappe.
Dié groep is egter ook baie blootgestel aan fisieke, emosionele en geldelike mishandeling.
Volgens Van Huyssteen is 85% van die mense wat oumense mishandel, bekend aan die slagoffers of self lede van hul familie.
“Baie mense hou letterlik hul ouers in haglike toestande aan net sodat hulle dié se pensioen kan kry.”
Die Wet op Bejaardesorg maak nie, soos in die geval van die Kinderwet, daarvoor voorsiening dat ’n bejaarde wat mishandel word, verwyder en in alternatiewe sorg geplaas kan word nie.
“Ons moet die mense oortuig om self te loop en dit vat soms tot twee maande,” het Van Huyssteen gesê.
Pretoria Bejaardesorg plaas bejaardes wat instem om verwyder te word in ouetehuise met wie dié diens deur die jare ’n band opgebou het.
Dit bring egter net tydelike verligting omdat ouetehuise nie subsidies van die regering ontvang nie.
Bejaardes ontvang nagenoeg R940 maandelikse pensioen van die staat, maar ouetehuise skiet nog sowat R800 te kort op die bedrag vir elke mens wat die bejaardesorg na hulle verwys.
“Gewoonlik betaal die familie dié bedrag, maar sommige van die bejaardes het nie kind of kraai wat vir hulle omgee nie,” het Van Huyssteen gesê.
Daar is ook glo ’n groot gebrek aan sub-ekonomiese behuising waar bejaardes kan bekostig om met hul ouderdomspensioen te woon.
Mnr. Attie de Jager, ’n maatskaplike werker by Pretoria Bejaardesorg, het gesê die bejaardes sit eerder “in vrees en bewing en gaan voort in hul situasie” as om ander verblyf te soek omdat hulle bang is vir verandering.
Pretoria Bejaardesorg beplan om nou agt satellietkantore in die Tshwane-omgewing te stig en maatskaplike hulpwerkers op te lei om die stasies te beman.
Die plan is om die hulpwerkers by die satellietkantore te ontplooi sodat hulle na die bejaardes in hul omgewing kan omsien en hulle monitor.
Dit kos egter geld en Pretoria Bejaardesorg weet nie elke maand waar hulle die ekstra R60 000 gaan kry wat hulle nodig het nie.
Mense wat ’n skenking wil doen of by ’n bejaarde wil gaan kuier, kan Pretoria Bejaardesorg by 012 320 3577 skakel.
54.
Adrie | Junie 12, 2008 at 1 : 24
Wat doen julle almal wat met Jan Tuisbly se karretjie ry Sondag?
55.
Adrie | Junie 12, 2008 at 1 : 26
Sam
Dit is nou nie jou BF nie, maar dalk kan Megan ons meer lig op die saak gee.
Eagan Williamson
Die Eden-sanger Johan Vorster het net vir ’n paar uur die genot van vaderskap gesmaak voordat hy inderhaas in ’n hospitaal opgeneem is weens erge maagpyn en naarheid.
Gister was hy weer, ná ’n drup en medikasie, blitsvinnig uit die hospitaal onderweg na vroulief Renchia by die Femina-kliniek in Pretoria, waar hulle Joshua eergister verwelkom het.
“Ek kan nie glo hoe my hele lewe en prioriteite eensklaps só kon verander nie. Ek en Rennie is uit ons velle opgewonde en kan ons geluk nie glo nie,” het die sanger en liedjieskrywer gister aan Beeld gesê.
Joshua is omstreeks 08:15 met ’n keisersnee in die lewe gebring en weeg volgens sy trotse pa ’n gesonde 3,2 kg.
“Hy is die mooiste kleinding wat ek tot nóg toe gesien het.
“Volgens die hospitaalpersoneel is hy vreeslik woelig.”
Volgens Vorster was hy eergister nog in die wolke toe die olikheid hom onverwags oorval het.
Hy het eers gevrees vir ’n maagseer, maar dokters het toetse gedoen waarvan die uitslae later bekend sal wees.
Intussen maak hy en vroulief reg om vir Joshua vanmiddag sy splinternuwe babakamer in hul huis in Mooikloof, oos van Pretoria, te wys.
“En natuurlik is daar planne dat die familie die komende naweek by ons bymekaarkom sodat ek darem my eerste Vadersdag kan vier.”
Vorster was vol lof vir die dokters en verpleegpersoneel. “ ’n Mens hoor daagliks nagmerriestories oor ons land se gesondheidstelsel, maar ek het heldeverering vir daai ouens en wat hulle met soveel compassion vermag.”
Vorster beplan om soveel tyd moontlik met Joshua deur te bring en rustiger te raak met sy ander projekte.
56.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 1 : 52
@ A3
Ek is nou so diep in die kak, ou Johan en die baby moet nou maar wag.
57.
Adrie | Junie 12, 2008 at 1 : 59
Pik is in die kak
Sam is in die kak
Wat gaan aan dames?
58.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 2 : 00
Lyk my almal wag net dat ek loop dan praat hulle land en sand!
59.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 2 : 05
Ek is nie mee inni kak nie! My baas (lees DOOS) is net baie vies vi my. My ek gee nog ‘n 4k om wat hy van my dink nie. Hys slapgat en weet 4kol van mense verhoudings nie!
60.
Adrie | Junie 12, 2008 at 2 : 09
Sam
Hoeveel almals sien jy hier?
61.
Adrie | Junie 12, 2008 at 2 : 21
Drieling
Het jy 203 gelees?
62.
Tinkerbell | Junie 12, 2008 at 2 : 40
Hey almal.. wat het ek gemis?
63.
Tinkerbell | Junie 12, 2008 at 2 : 45
Haai lyk my as ek kom hallo sê loop almal weg.. kom maar terug ek sal iemand anders gaan pla..
64.
ADRIANA | Junie 12, 2008 at 2 : 45
Heeltemaal geheel en al – niks.
65.
ADRIANA | Junie 12, 2008 at 2 : 47
Martie Martelgat?
66.
Tinkerbell | Junie 12, 2008 at 2 : 55
Ja ek voel nogal vandag soos Martie..
67.
Adrie | Junie 12, 2008 at 3 : 00
Hoekom?
68.
Tinkerbell | Junie 12, 2008 at 3 : 09
Maar net ‘n af daggie.. eintlik moet ek maar net weer onthou dat daar nog soveel is om voor dankbaar te wees..
69.
Nats | Junie 12, 2008 at 3 : 20
Heeeeeeeeeellllllllllllllllloooooooooo!!!
Ek het sopas in winkels rond geloop vir die werk… lekker ne!?
Net jammer ek kon niks koop nie, ek moes op die uit kyk wees vir sekere produkte….
How goes it peeps?
70.
ADRIANA | Junie 12, 2008 at 3 : 22
Nats
Was jy ‘n spioen vandag? 007?
71.
Nats | Junie 12, 2008 at 3 : 23
Ek eet nou so ‘n verskrikle soet koeksister ek sal vir maande nie suiker in my koffie te gooi nie!!!!!
Lo Tienks!!
Turn your frown upside down!!!
72.
Nats | Junie 12, 2008 at 3 : 24
Adrie
Jip!!
73.
ADRIANA | Junie 12, 2008 at 3 : 24
Tweeling
Jy beter deel . . .
74.
ADRIANA | Junie 12, 2008 at 3 : 26
Wat moet ek in die winkels vermy?
75.
Nats | Junie 12, 2008 at 3 : 30
Adrie
As ek meer info gee moet ek iets drasties doen… met jou!!
Nee dis niks ernstig nie, dit is te doen met printers… ek moes sekere fake goed gaan soek het!! Wha ha ha ha!!!
Ek het nie gekry nie
Wat eintlik baie goeie nuus is!!
76.
Nats | Junie 12, 2008 at 3 : 31
Adrie
Nou waar is daai “skelmpie” van my… hoekom kan ek hom nie sien nie?? En net jy mag hom sien!!
77.
ADRIANA | Junie 12, 2008 at 3 : 33
Nats
Ek kan nie eers my BF sien nie. Ek sien dit net op die Admin page.
78.
Nats | Junie 12, 2008 at 3 : 36
My tannie het kom koffie drink… sien julle nou weer!!
79.
Nats | Junie 12, 2008 at 4 : 13
Ok eks terug… nou net met my nefie in London gechat!
Klink maar soos misluke reen weer da… whats new?
80.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 21
Niks
Niks
En nogmaals niks.
81.
Nats | Junie 12, 2008 at 4 : 27
231
82.
Nats | Junie 12, 2008 at 4 : 28
232
83.
Nats | Junie 12, 2008 at 4 : 29
233
Ek tik alweer te vinnig… teen die spoed sit ek tot vlg week hier om 500 te maak!!
84.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 30
Nats
Genade, is jy verveeld?
85.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 31
235
86.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 32
236
87.
Nats | Junie 12, 2008 at 4 : 42
Ja ek is nou moeg… wil huis toe gaan!!
237
88.
Nats | Junie 12, 2008 at 4 : 43
O ja ek het vir Rykie Ryk op die ander blog gesien wa jy gecomment het oor welsyn.
Very nice!!!!!
238
89.
Nats | Junie 12, 2008 at 4 : 44
239…
♫♫♫♫♫♫♫♫
90.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 47
Watse blog tweeling?
Ek wil dit ook sien.
91.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 47
241
92.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 48
242
93.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 48
243
94.
Nats | Junie 12, 2008 at 4 : 54
Gaan click op jou nuutste blog se link (in die middel iewers op jou post) in groen.
Ek moet gaan!!
Cherio!!!!!!!
More is Vrydag en laaaang naweek!!!
Whoopi!!!
244
95.
Nats | Junie 12, 2008 at 4 : 55
Of click op my naam…
96.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 56
Cheers almal.
97.
Adrie | Junie 12, 2008 at 4 : 57
Jou skelm wys weer op Ouma se blog. Unfair.
98.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 4 : 57
JULLE KROEK!!!!
Ek het vandag ‘n vergadering 17h30. Die &%##^%^ wil met ons praat. Oor wat weet die duiwel al1. Asof ek nie beter dinge het om te doen nie!
99.
Adrie | Junie 12, 2008 at 5 : 02
Sam
Waarmee kroek ons nogal?
Huh?
100.
Adrie | Junie 12, 2008 at 5 : 05
Ek smaak al die rose se dorings kwaai.
101.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 5 : 08
GGGRRR!!!!!
Ek check julle oulike gevrete uit ma die internet van my is soooooooo starag vandag ek wil slange vang!
102.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 5 : 09
Ons is halfpad! Ons het 18 minute om 500 comments op te sit!
103.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 5 : 12
Ek
104.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 5 : 12
wil
105.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 5 : 13
huis
106.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 5 : 14
toe
107.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 5 : 14
gaan
108.
Samantha Q | Junie 12, 2008 at 5 : 15