Geldmaak dreams, schemes and ideas
Junie 11, 2008
Ek het amptelik besluit dat ek voltyds wil blog. Aangesien daar nie ‘n meneer Adrie is nie, moet ek nou maar vinnig ryk word.
Daarom gaan ek die Dorings en Rose kroeg oopmaak. Dit gaan ‘n skemerkelkiekroeg wees, waar al die kelners mans natuurlik is. Ek het nog nie finaal op werksdrag besluit nie, maar dit sal iets soos skoene en ‘n goedpassende denim wees. Dit is al, nie eers ‘n strikdas verder nie. Ons het vier kelners so ver ingedagte, maar daar sal beslis meer nodig wees. Ek sluit ‘n paar foto’s in.
Daar is basies 3 maniere om jou voete in die kroeg te kry.
- Wees ‘n erkende blogger hierso. Dit help as ons jou aansoekvorm het.
- Bring jou eie kelner wat aan die kommittee se vereistes voldoen. Ons is maklik, nie goedkoop nie. Solank die kelner ons laat kwyl en nie kots nie, is hy (lw – hy) aanvaarbaar.
- Betaal toegang van R200 per kop.
Ongelukkig is die drank nie by die toegang ingesluit nie. Salome sal steeds vir verversings sorg. Dit is egter net die eerste fase van die besigheid. Fase 2 sal Dorings en Rose verdeel. Dorings sal net vir die wat vroue verkies wees en Rose net vir die wat mans verkies. Met ‘n dansvloer en Restaurant in die middel. Maar eers moet ek kapitaal opbou. Diegene wat nie van mans hou nie, moet net ‘n klein bietjie vasbyt.
Watse wonderlike entrepeneursprojekte het julle? Veral die wat net in julle drome sal werk.
Blogvraag: Wie was die jaar die sexyste man op die Cosmopolitan 100?
Blogantwoord: Sam was reg met Lucy Lawless.
Entry Filed under: Uncategorized. .
158 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed





1.
Wipneus! | Junie 11, 2008 at 5 : 56
Bye gaan nou huis toe ek moet nog gaan blog bye bye baby
2.
Adrie | Junie 11, 2008 at 5 : 57
Whaaahahahahaha
Dalk moet Zoekoe my kroeg se curtesy driver wees. Vat die girls huis toe as hulle te lekker gekuier het.
3.
Adrie | Junie 11, 2008 at 5 : 58
Word ek van my eie blog afgejaag?
4.
Wipneus! | Junie 11, 2008 at 6 : 07
nee waar is my foto van Gregory weet jy wie dit is????
5.
Pikkelik | Junie 11, 2008 at 7 : 27
Nog steeds net seuntjiefoto’s!!!!!!!!!!!!
6.
Adrie | Junie 11, 2008 at 8 : 10
Pik
Ou Mans mors drank.
Dit kan ons nie toelaat nie.
7.
Salomè | Junie 12, 2008 at 10 : 27
Adrie
Glad nie te slegte smaak nie!!
Julle los vir Zoekoe uit!!! Hy is gebou vir comfort en nie spoed nie.
Ek wil graag ‘n tjoklit winkeltjie hê. Wil my eie sjokolade maak en dit in geskenpakkies opmaak. Mens moet die verleidings so een-een ok kan koop.
8.
Pikkelik | Junie 12, 2008 at 10 : 41
ADRIE!!!!!!!!!!!!!!! Patrick Swayze!!!!!!!!!! Ek wil hom hier hê