Assumption, my dear, is the mother of all *******

Mei 26, 2008

Mense ly almal aan ‘n ongeneeslike siekte, hulle dink almal is soos hulle.  Ironies, ons is veronderstel om individue te wees, maar ons verwag almal moet soos ons dink.  Hulle reken padvarke is die beste bestuurders, hulle neem aan almal ry soos hulle.  So ook is mense wat motors bestuur die beste voetgangers. 

Jy kan die wet van gemiddeldes haat soos wat jy wil, maar met aannames is ons almal gemiddeldes.  Ja, ons weet daar is mense wat nie soos ons is nie, maar as dit nie voltyds voor ons oë is nie, vergeet ons gerieflikheidshalwe daarvan.  Dalk moet ek ‘n paar voorbeelde gee.

Alle Afrikaners is Christenne en handaf dieselfde beginsels as ek.  Alle Indiërs is Moslems.  Alle mans wat net effens verfynd is, is gay.  Almal wat ek ontmoet en van hou is straight.  Almal wil graag op een of ander tyd kinders hê.  As iemand ‘n klompie jaar getroud is en daar is nie kinders, dan is die ma selfsugtig en stel haar loopbaan eerste.  Almal wat op die blog is, is so intelligent soos ek.  Of almal, behalwe ek is stok onnosel.  Almal wat nors is het probleme.  Almal kan die goed doen wat ek as vanselfsprekend aanvaar.  Ens.

Ja, ons weet dit is nie noodwendig waar nie, maar dit keer ons nie om dit te glo nie.  Veral in die blogwêreld is ons nogal geneig om siende blind te wees.  Ons vergeet gerieflikheidshalwe dat ons net sien wat mense wil hê om te sien.  Die van julle wat my al beter leer ken het, weet hoe baie lieg ek op die blog.  Daar was al mense wat regtig gedink het ek is 12.  Omdat ek aangeneem het hulle sal kan agterkom dat ek heelwat ouer is.

Gestel nou ek vertel julle vandag dat ek ‘n geslagsverandering geondergaan het.  Dit sal julle dadelik skok omdat dit iets is wat baie van julle nooit sal oorweeg nie.  Dadelik gaan almal dink dit is ‘n issue en begin wys dat dit nie vir hulle saak maak nie.  En dit gaan vir almal wat dit gelees het saak maak.  Of dalk neem ek nou te veel aan.

Ek dink die titel van vandag se blog hoort die 12de gebod in die Bybel te wees.  Hoe voel julle daaroor?  Praat ek net weer nonsens, of is daar ‘n mate van waarheid daarin?

Blogvraag:  Op wie se lewensverhaal is Pricilla, Queen of the Desert gebaseer?

Blogantwoord:  Sam was reg met Vivianne Joan Abbott Walker.

Entry Filed under: Uncategorized. .

25 Comments Add your own

  • 1. Roer  |  Mei 26, 2008 at 5 : 08

    /me fluister “eerste”

  • 2. Samantha q  |  Mei 26, 2008 at 5 : 08

    EERSTE!

  • 3. Adrie  |  Mei 26, 2008 at 5 : 11

    Roer

    Jy moenie fluister nie, jy moet skree. Die ousie het jou amper gewen.

  • 4. Roer  |  Mei 26, 2008 at 5 : 12

    Amper issie stamper!

  • 5. Samantha q  |  Mei 26, 2008 at 5 : 14

    Gmpf!

  • 6. Roer  |  Mei 26, 2008 at 5 : 16

    Drag-queen Cindy Pastel.

  • 7. Roer  |  Mei 26, 2008 at 5 : 17

    Ek wonder wat was ’sy’ regte naam?

    Hy Sam… :lol:

  • 8. Roer  |  Mei 26, 2008 at 5 : 21

    Oi!

  • 9. Adrie  |  Mei 26, 2008 at 5 : 22

    Roer

    Ek soek Cindy se regte naam. My vy.

  • 10. Adrie  |  Mei 26, 2008 at 5 : 24

    Ek kry koud. Ek gaan gou huis toe. Sien julle ‘n bietjie later

  • 11. Roer  |  Mei 26, 2008 at 5 : 25

    ok :roll:

  • 12. Samantha q  |  Mei 26, 2008 at 5 : 26

    Ek sukkel my gat af om te blog. Sal later wee probeer.

  • 13. Roer  |  Mei 26, 2008 at 5 : 30

    okidoki :roll:

  • 14. Adrie  |  Mei 26, 2008 at 7 : 46

    Tot my vingers wil afvries. . . .

  • 15. Wipneus!  |  Mei 26, 2008 at 8 : 51

    Helloooooo is somebody out there

  • 16. Adrie  |  Mei 26, 2008 at 8 : 58

    Ja . . . Tot my vingers stokstyf gevries is.

  • 17. Wipneus!  |  Mei 26, 2008 at 9 : 06

    Huh?

  • 18. Adrie  |  Mei 26, 2008 at 9 : 08

    Dit is blerrie koud.

  • 19. Wipneus!  |  Mei 26, 2008 at 9 : 15

    Dit is blerrie koud! Ek verkluim….. ek dink ek moet die verwarmers gaan soek…. bogger eskom

  • 20. Adrie  |  Mei 26, 2008 at 9 : 26

    Ek is nie lus om in die donker koud te kry nie.

  • 21. Samantha q  |  Mei 26, 2008 at 9 : 35

    Ek watch vi julle! Watse pissie geit issit met julle? Dis gn koud nie!

  • 22. Samantha q  |  Mei 26, 2008 at 9 : 37

    Skink eerder obs en los daai heaters ;)

  • 23. Adrie  |  Mei 26, 2008 at 9 : 43

    Dit nou van ‘n ousie wat koud kry in die middel van die somer.

  • 24. Samantha q  |  Mei 26, 2008 at 9 : 46

    Ten minste mors ek nie krag nie. Ek drink obs TOT ek warm kry

  • 25. Samantha q  |  Mei 26, 2008 at 9 : 48

    Kom ons ga mxit

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

25 Christmas questio… on Blerrie huiswerk
vis on Tafelmaniere
Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye