Hoe om te ry in Gauteng
Mei 22, 2008
Ek hoop daar is hare op jou tande. Regte hare, nie fungi omdat jy nie weet hoe om ‘n tandeborsel te gebruik nie. En dat jy van chicken speel hou? Indien nie, bid dat die Gautrein vinnig klaar kom. Ry in Gauteng is nie vir sussies nie.
Eerstens, alle BMW’s word verkoop met ‘n sertifikaart dat die pad in hulle eienaars behoort. Aanvaar dit net, niks gaan dit verander nie. Golf bestuurders is windgat, grin en bear. Dit is al genade. Putco busse is groter as jy, jy moet respek daarvoor toon. Anders gaan hulle jou respek op die harde manier leer. Gauteng is ‘n demokrasie, waar die meerderheid gelukkig gehou moet word. Dit is op enige stadium taxi’s, daar is meer passasiers in. Weereens, aanvaar dit. Dink mooi gedagtes.
Gautengers is haastig, ons het places to see, things to do and people to visit. Spoedgrense is verkeerd aangedui, tel ten minste 20 km per uur by. Let op as die karre voor jou rem, daar is of ‘n kamera of ‘n kakiemonster. Jy is in die land van Gautengers, maar soos ‘n Gautenger. Moet nie sonder waarskuwing voor iemand insny nie, hulle is dalk besig om epos te lees en sien jou dalk nie betyds nie.
Kom ons praat nou oor plekke waar jy moet stop. Toegeeteken beteken jy gee net toe as jy nie vir die aankomende kar kan wegry nie. Stopstrate werk dieselfde as toegeetekens. Jy stop net as daar motors of kakiemonsters is. Dan Robotte, kom ek verduidelik hoe dit werk. Groen is ry, oranje is ry vinnig, rooi is ry nog vinnig, want as die ander kant groen is gaan hulle jou vang.
Onthou, niemand op die snelweg gaan vir jou plek maak nie. Jy moet jou eie plek soek. As jy jou flikker aansit, gaan die kar wat ‘n kilometer agter jou was versnel om seker te maak jy land nie voor hom nie. Hier moet jy chiken speel. Druk gerus in net waar jy wil, die ander karre het almal brieke. Anders hoort hulle nie op die pad nie. Onthou net asseblief van al die motorfietse wat op die lyn jaag. Mense julle het spieëls, gebruik die goed. Selfde geld as jy iemand verby steek.
Ek het al van die kakiemonsters gepraat. Maar elke motor rondom jou is ook ‘n spietkop. Moenie dat hulle jou vang iets doen wat nie in hulle wetboek geskryf is nie. Let wel, hulle wet en die land se wet is nie noodwendig dieselfde nie.
Herinner my as ek dalk iets vergeet het. Ry veilig en sit daardie radio hard aan.
Blogvraag: Wie is Wayne Minnaar?
Blogantwoord: Sam was reg met 52 distrikte.
Entry Filed under: Uncategorized. .
122 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Jaco | Mei 22, 2008 at 10 : 03
Jy het vergeet van die Baseballbat en AK 47 vir gebruik in roadrage insidente
2.
Verons | Mei 22, 2008 at 10 : 05
EERSTE!!!!
3.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 06
Jaco
Ek is bang iemand hoor dat ek NIE ‘n AK47 het NIE, dan het het probleme. Ek is net te dankbaar dat ek my kar sonder ‘n skrapie by die huis kan kry.
4.
Jaco | Mei 22, 2008 at 10 : 11
Adrie, dis uiters onverantwoordelik om sonder jou Ak en ten minste R100 “bribe money” te bestuur.
Die pad is nie waar my karre vol skrape en duike raak nie. Nee dit gebeur in die winkelsentrums se parkeerterreine
5.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 16
Jaco
Dit is waar, mens moet maar bus ry winkels toe.
Ek het my AK begrawe en weet nie meer waar dit is nie.
Wat nou? Ek weier om te bribe. Onder geen omstandighede nie, ek gaan eerder tronk toe.
6.
Jaco | Mei 22, 2008 at 10 : 22
Ok, hier is wat jy doen. Moet onder geen omstandighede oogkontak maak nie, met niemand nie. As jy iemand dalk tenagekom het, maak dat jy wegkom – vinnig.
As for the koeltegoggas, forseer hom om vir jou ‘n kaartjie te skryf. Jy het ‘n goeie kans dat hy/sy ongeletterd is en dat iets op die kaartjie teenstrydig gaan wees, in welke geval jy dit laat skrap deur die hof.
7.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 25
Koeltegoggas – WHAAAHAAHHHAAAAHAHAHAHa
Dit is oulik.
Ek is ‘n vrou, ek komnie iemand op die pad te na nie. Ek sal in elk geval maak dat ek wegkom.
8.
Jaco | Mei 22, 2008 at 10 : 27
Hehehe. Genoeg nonsens gepraat. Die outjie gaan nou terugklim in die bed
9.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 31
Jaco
Vat die rekenaar saam bed toe.
10.
Bos | Mei 22, 2008 at 11 : 00
Die ding wat die meeste werk op n gautenger se kar is die brieke en die toeter en dan is daar ook daai liederlikke middelvinger wat jou moermeter opstoot as iemand jou met hom beduie en dan beter die middelvinger ou hoop die ander ou is nie oorlaai met stress en roadrage nie, want dan is die gort gaar!! spieeltjies word in vrouens se karre gebruk vir make-up check’s en in manne sin om vir die oulikke pop agter hom ogies te maak. die kant spieeltjies se gebruik moet nog uitgevind word. flikkers is beslis vir oumense en sissies want in gauteng ry jy vir jouself en al is die gap waarvoor jy mik net so onder die drie meter stoot jy jou neus in want hulle los mos nou spasies en dit is mos nou n duidelikke uitnodiging om inte kom. Jy briek nie vir iets wat oor die snelweg hardloop nie, want jy kry tien punte vir n vars roadkill, never mind die skade op jou kar en jou girl wat langs jou sit en jou klap en huil nie, is iets om jou buddies vanaand om die braaivleis viir te vertel. IS COOLL MY OU!!! O, ja n lisensies? wat is dit? Die lasste ou sin kom uit n lucky packet uit so as die kar wil ry dan ry jy hom, te hel met die res!!
11.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 11 : 04
More almal, oi, wat ‘n dag…
12.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 11 : 06
Genade tog praat met my, ek is in staat tot liederlike dinge vandag…
13.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 09
Pikkie
Die oumense is nog op die ou blog.
14.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 11 : 10
Ag aarde tog gee my krag!
15.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 12
Pikkelik
Al was ek Eskom, kon ek jou nie help nie.
16.
Roer | Mei 22, 2008 at 11 : 12
Jammer. Nog nie jou stukkie gelees nie. Dit gaan MAL hier by die werk. Net gou kom hallo sê. Ek was vanoggend in SO ‘n goeie bui. Als te danke aan my nuwe skoene! (Ek raak sommer weer opgewonde). Tot ek by my kantoor ingestap het en die volgende oomblik ‘all hell broke loose’. Eish! Koebaai.
17.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 11 : 13
Ek weet, in any way, Les nommer 3: Hoe om 30 ton voorraad uit iemand se winkel uit te steel: Ek weet wragtig nie, sodra hulle die d’se inbrekers vang sal ek julle laat weer…
18.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 14
Roertjie
Bly jy kon ‘n tydjie afknyp vir ons.
19.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 11 : 20
Ag nee wat, praat maar weer later met julle as my bui afgekoel het.
20.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 24
Pik
Het julle alweer deur geloop?
21.
Verons | Mei 22, 2008 at 11 : 28
Al wat regtig aan jou kar moet werk in Gauteng is jou toeter en brieke! Die res is in elk geval net wit Olifante!
Eendag toe keer een van daai koeltegoggas (laaik die beskrywing Jaco) my voor, hy loop toe al om my kar om te kyk of als werk en die volgende oomblik vra hy my om my toeter te druk, ek druk en druk maar fokkol het gebeur, daar skryf hy toe mos vir my ‘n kaartjie omdat die ding nie werk nie! Later toe ek die blerrie kar invat sodat hulle kon kyk hoekom werk die toeter nie werk die ding toe NIKS fout nie! Het die kar latere so verkoop partykeer werk die toeter partykeer nie en niemand kon uitfigure hoekom so nie!!
22.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 11 : 31
Hallo weer..
23.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 33
Ek vergeet gewoonlik my toeter. Maar ek is nie ‘n selfaangestelde koeltegogga nie.
24.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 34
Tinks
Ek wonder hoekom werk jou prentjie nie.
25.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 11 : 42
Kan jy nie die leeutjie sien nie? Ek het probeer vir ‘n feetjie maar hy wil nie wys nie..
26.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 11 : 47
Hier kom ek ook uiteindelik aan, niemand sê my ook nooit niks
van nuwe blogs
27.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 49
Tinks
F-ol. Net ‘n lelike monster. Dalk is daar iets met die settings verkeerd. Sal gaan kyk.
28.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 11 : 53
Ag Oumie Wip.. vat gou hieso.. ‘n tjoklit!! Ek voel net so kakka vandag.. en julle kan nie eers my leeutjie prentjie langs my naam sien nie.. hoekom kan ek dan?
29.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 54
Tinks
Dit sal seker nog deur kom.
30.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 11 : 58
Nog deur kom? Ek het gister als gedoen na die mail wat jy gestuur het.. toe was daar ‘n leeutjie toe click ek op die ding. Ek het ‘n feetjie geadd en volgens Gravator sal hy my logo wees maar dit werk nie ek sien net die leeutjie.. sien julle nog die parra?
31.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 11 : 59
Dankie Tinky ek sien ‘n prentjie langs jou naam, gelukkig is dit nie ‘n monster… laat ek net my brille opsit
32.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 00
Hierdie heks gesig maak my ook so deurmekaar
33.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 12 : 00
AITSA JULLE KYK MY FEETJIE YIPEEEEEEEEEE!!! DANKIE ADRIE!!!!
34.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 01
feetjie??????
35.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 12 : 01
Kyk oumie.. dis ‘n feetjie!! Kan julle nou sien?
36.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 12 : 01
Ek ken ook al die vingertaal van Gauteng !!!!
37.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 01
ouma sien geen feetjie net iets met ‘n blou jas aan
38.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 12 : 01
Ag nee man daars die leeutjie weer.. HOE NOU?
39.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 12 : 02
Ag asb se my watse prentjie sien julle?
40.
Adrie | Mei 22, 2008 at 12 : 03
Feetjie
Nou het niemand meer monsters nie.
Almal moet maar hulle eie prentjie gaan soek.
41.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 05
Hoe om te ry in Gauteng, spring in jou kar en jaaaaag vir jou bestemming…
Maar pasop vir sirkeltjies in die straat….iemand stop botstil, of iemand jaag net eenvoudig oor die sirkel (glo dit ek het dit gesien) jy sien net mense se koppe die dak tref…. hierdie klein sirkeltjies maak my op.
42.
Adrie | Mei 22, 2008 at 12 : 06
Wip
Ek ken sekere mense wat gewoonlik verkeerd om die sirkel ry.
43.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 12 : 06
Ditsim, kyk hoe mooi! Ai Ai.. net jammer Oumie kan net haar jassie sien..
44.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 07
Oe!!! Neeee!!! Zoekoe is deurskynend
45.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 07
Stuur vir Ouma die prentjie met ‘n duifie ek sweer ek kan regtig nie sien nie
46.
Adrie | Mei 22, 2008 at 12 : 12
Ouma
Sit die regte bril op.
47.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 12
Adrie dit sal kakastrofies wees as ek naby die sirkel is. Ek sal road histeria kry en dadelik my pepper spray gereed kry …
Iemand het so rukkie terug oor die ding gery, my vriendin se kar is afgeskryf…
jy weet mos waar…… maar die lady se mercedes het amper niks oorgekom nie, in my vriendin se passasiers deur in. Natuurlik was lady onder die invloed en so arrogant !!
48.
neykie | Mei 22, 2008 at 12 : 12
dagse
A3 goed geskryf. Na gister ry ek nou erger as die johannesburgers… he-he
49.
Adrie | Mei 22, 2008 at 12 : 14
Neykie
Omdat jy nou beter kan sien?
Help tog net vir Ouma uit.
50.
Adrie | Mei 22, 2008 at 12 : 15
Wip
Ek bestuur met veiligheid in gedagte. Dit is die enigste wet wat ek volg.
51.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 12 : 24
Ek chat weer nou nou
52.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 12 : 25
Ai maar ek like my feetjie….
53.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 26
Hello Neykie Hoe gaan dit
Adrie moenie spot nie
die wit bo laat die feetjie nie so mooi uitstaan nie
54.
Adrie | Mei 22, 2008 at 12 : 27
Wip
Soek jy specsavers se nommer?
55.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 39
Ok die feetjie is mooi Tinks….
56.
Adrie | Mei 22, 2008 at 12 : 44
Ouma het haar bril gekry. Ek hoop nie sy gaan nou bestuur nie.
57.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 51
Adrie het jy jou posduif gekry whaahaaahaaa
Jy moet oor so paar minute gaan loer by my hoor
Ken jy daardie liedjie
I started a joke, dum da di da dum and the whole world smiling….
58.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 12 : 55
hie hie pasop vir jou….jy ry sonder ‘n besem rond
59.
Adrie | Mei 22, 2008 at 12 : 59
Wip
Ken jy die frase – ek weet waar jy bly?
60.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 03
ja ja ja
61.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 04
Ek van daardie fase……”snoop around” snoopy
62.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 05
meen ek ken van daardie fase jy maak my ook so klaar….. ek het huiswerk gedoen
63.
Adrie | Mei 22, 2008 at 1 : 06
Watch dit. Ek hou jou fyn dop.
64.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 1 : 07
Is my deurskynendheid nou reg? ? ?? ?
65.
Annie | Mei 22, 2008 at 1 : 09
Hallo julle
66.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 1 : 11
Nee ek is nog steed invisible !!
Anyhow, ek toet slegs as die idioot voor my by ‘n robot staan en nie dadelik wegspring as die lig groen word nie…. maar deesdae moet ek ook wag voorlat ek ry by ‘n groen lig want daar is gewoonlik nog so 5 karre wat nog oor ry !!!!
67.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 1 : 13
Hallo Annie !!!
68.
Adrie | Mei 22, 2008 at 1 : 15
Zoekoe
Gaan soek vir jou ‘n prentjie.
69.
Annie | Mei 22, 2008 at 1 : 17
Hallo Zoekoe
70.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 17
Hello Annie
gee asb vir my Zoekoe kind ‘n prentjie Adrie
71.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 1 : 19
Adrie, ek het een gehad, ek het van hom gehou, so ook anner mense, nou hoekom is hy weg gevat?
72.
Adrie | Mei 22, 2008 at 1 : 19
Wip
Ek wil dit net eers so 24 uur gee, dat almal wat hulle eie prentjies soek dit kan kry.
73.
Annie | Mei 22, 2008 at 1 : 20
Hello wip
74.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 21
Hoe gaan dit Annie
Zoekoe as jy my wil kwaad hê, moet iemand nou vir my toet….
Ek is gewoonlik ‘n vinnige bestuurder, het al my g a t gesien maar anyhow… hulle toet deesdae sommer as die lig nog nie eers groen geword het nie…. of as jy moet draai in aankomende verkeer, wil hulle hê jy moet ‘n gap vat, as hulle kan sien dit is bykans onmoontlik…. en ‘n taxi moet byvoorbaat nie eers dink om te toet nie, ek is klaar wild vir hulle…..
75.
Adrie | Mei 22, 2008 at 1 : 22
Zoekoe
Die mense wat hulle eie prentjies wil laai, kry dit nie reg saam met hulle monsters nie. Ek wil hulle net gou kans gee om dit te doen. Sal dit more weer vir julle terug sit.
76.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 22
Watse prentjie het jy gehad Zoekoe
77.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 23
Zoekoe sit een van jou ford op man
78.
Zee | Mei 22, 2008 at 1 : 23
Hoe ry ek in Gauteng……
Met my Getzie, woerts warts en ekke is daar.
Adrie, verbeel ek my of is jou prentjie onderste bo? Wag, laat ek my bril reg opsit
79.
Annie | Mei 22, 2008 at 1 : 24
Te jonk om te kla wip, en met jou?
80.
ADRIANA | Mei 22, 2008 at 1 : 27
Zee
Ek gaan vir jou toor – sukkel maar lekker.
81.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 28
Zee ek sê vir haar die prent is lelik sy wil nie hoor nie
Annie dis so mooi as julle jongmense nog so vol energie is
82.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 29
Zee ek het haar besem gebreek…. sy kan nou maar die heksie prentjie afhaal …wat is ‘n heks sonder ‘n besem? ughhhh
83.
ADRIANA | Mei 22, 2008 at 1 : 30
Sies
Dit is ‘n foto van my, njannies stroes en julle dink ek lyk na ‘n heks.
84.
Annie | Mei 22, 2008 at 1 : 32
Jip, ons is altyd aan die gang
85.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 1 : 35
Ek hou van mense wat vinnig kan ry….. mense wat poer poer poer poer en moerse gaps los in die verkeer piss my af !!!! mens moet fokken ry, nie sight seeing doen in spitsverkeer nie…. mmm!
86.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 1 : 38
Adrie, my monstertjie werk dan nog op Ouma Wip se blog… ek wil nie verskonings hê nie, ek weet anycase nie hoe om my eie gesiggie op te sit nie…..
87.
Annie | Mei 22, 2008 at 1 : 38
Stem saam met jou Zoeks
88.
Bos | Mei 22, 2008 at 1 : 45
Annie en Zoeks
Geduld mense, geduld!!More is julle gedroggies terug!!
Sam!!!!! Wa jy?? Ek sal nogal jou opinie wil hoor op die gauteng manier van ry … het jy ook n bat in jou kar?
89.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 1 : 45
Zoekoe dan sal jy lekker saam Ouma kan ry, Ouma laat wiel, ek laat nie my tjor aankruie nie…. dis hoekom ‘n ding wiele en ‘n stuurwiel het om te kan vlieg oor die teer
Hel Adriana maar dan is jy lelik, sorry ek sê nie graag vir iemand so iets nie…. maar ek dink jy kort bietjie werk aan daardie gesiggie.
Maar mense julle moenie te vinnig jaag nie vat dit van my…. jy kan lelik seer kry…en veiligheids gordels is regtig baie belangrik….in ‘n ongeluk kan jy dêm seerkry sonder daardie ding….
Dis maklik om jou eie prentjie op te sit Zoeks
Registreer op http://en.gravatar.com/ dit is verniet, for free mahala!
90.
Nats | Mei 22, 2008 at 2 : 12
Ek van gou ‘n breek…
Jy het vergeet van die trokke!!
Ja hulle is stadiger as ons, en ja hulle ry in die vinnige baan, middel baan en stadige baan en dan breek hulle nog ook, gewoontlik in die middel of vinnige baan!
Da is ‘n stopstraat nie eens 200m af in die straat van ons nie (waar ek en manlief amper kis toe gery is deur ‘n simple poppie wat die stop straat ‘n skipstraat gemaak het)
Ek gaan nog eendag lelik my Wille weste maniere daar uit haal!!! Sien elke oggend hoe mense dit skip!!!
91.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 2 : 30
Hallo!!!! Eks terug..
92.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 2 : 34
Ag nee waar is almal nou? Ek het nie ‘n tjorrie nie so ek kan nie regtig saam praat oor die topic nie maar ek druk baie iemand se toeter as hy/sy dit nie self doen nie.. JA JA ek weet mense haat dit..
93.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 2 : 40
Ek sal maar later terug kom.. ek wil nie met myself praat nie..
94.
Nats | Mei 22, 2008 at 2 : 43
Tinks
Nee kyk, ek is ‘n baie rustige bestuurder op my tyd, en gee gereeld taxi ens plek… so ja dit sal my pla as jy my toeter druk terwyl ek bestuur!!! Moet dit eerder nie saam my doen nie!
Anders hoe gaan dit??
95.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 2 : 55
Hallo!! Ja ek weet die toeter druk storie is ‘n pyn in die gat.. ek wonder soms as ek my tjorrie het hoe lank hy sal hou.. ek het nie geduld nie..
Dit gaan okay.. my dag was gemaak toe A3 my gehelp het met my prentjie.. eks sommer chuffed man!! Jy?
96.
demoerin | Mei 22, 2008 at 2 : 59
Hahaha, ek wens elke dag ek het my baseball bat by my en as ek by die huis kom, bid ek en sê dankie ek het hom nie by my gehad nie!
Hahahahah….kakiemonsters!
97.
Nats | Mei 22, 2008 at 3 : 03
Tinks
Kyk maar Noord… besig by die werk. Verder nie juis nuus nie, ek is maar boring kom deesdae by niks en iemand uit nie.
Demoerin
Ek laaik jou naam!! Ek is soms lus en gebruik my “pepper spray” op die outjies wat alewig goed aan my wil smouse omdat ek vrou alleen in die kar is.
98.
Blixer | Mei 22, 2008 at 3 : 18
Hahaha! Eintlik is dit baie erger as wat jy beskryf!
99.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 3 : 28
Halooooooooo? Wies nog hier? Ek sien iemand…
100.
*lilly* | Mei 22, 2008 at 3 : 48
Hallo jul klomp freaks
How goes
101.
*lilly* | Mei 22, 2008 at 4 : 05
haai weet jul dis nie nice nie. ek kan sien daar is meer van jul maar jul wi nie gesels nie nou wat nou?
102.
Nats | Mei 22, 2008 at 4 : 11
Hi Lilly
Ek sien jou prentjie is ‘n feetjie… maar die kleiner weergawe lyk soos ‘n scary kat gesig of iets
103.
Nico | Mei 22, 2008 at 4 : 33
Hi almal. Is hier nog iemand?
104.
Nico | Mei 22, 2008 at 4 : 34
Kan iemand vir my ook ‘n prentjie opsit asb.
105.
Samantha q | Mei 22, 2008 at 4 : 54
Ek sal seke net 1 keer kan comment. Ek het geslaap en staan nou eers op. Die antwoord is HOOF DROL VAN DIE METRO POLISIE. Die ’spokesperson’ so 2 speak. Ek ry gewoonlik baie mooi assi kjinders saam ry. As ek al1 is en daar is meer as 1 baan moet jy begin bid jou kar is vinniger as myne as jy inni vinnige baan ry. Ek ry letterlik soos my gat op ‘n agterpad. Dat hulle my noggi toegesluit het nie is ‘n wonderwerk. As iemand saam met my in die kar ry dan ry ek baaaaja voorbeeldig. En inni wildtuin ry ek natuurlik die stadigste…. Niks oor 100 nie
106.
Samantha q | Mei 22, 2008 at 5 : 13
En nou is almal huistoe! Ek was so moeg van niks slaap dat ek somme uit gepass het. En nous almal weg. Ai tog… Die ousie sukkel wee met die witmense vandag!
107.
Roer | Mei 22, 2008 at 5 : 14
Wag, hier’s nog een whitie hier! Gannit Sam?
108.
Samantha q | Mei 22, 2008 at 5 : 16
Roep my as da iemand is EN ‘n nuwe blog
109.
Samantha q | Mei 22, 2008 at 6 : 23
Roer…. Ek vra nederig omverskoning! My foon is baja ongeskik deesdae. Ek wou jou antwoord na ek jou raak gesien het ma ek het net ‘no gateway reply’ gekry. Ek is van nature ongeskik ma ek het my perke. Makoeloe Sorry Mêdêm. EISH!
110.
boendoe | Mei 22, 2008 at 6 : 27
Tsk, tsk!! Ek het so pas deur al 108 comments gewerk, net om agter te kom ek is alleen en sal die ligte moet afsit en sluit!
Oulike stukkie, by the way, Adrie. Vir ‘n jongeling kan jy nogal die taal slaat, sussie!
111.
Samantha q | Mei 22, 2008 at 6 : 27
En hie sit ek wee vinger al1
112.
boendoe | Mei 22, 2008 at 6 : 28
Okay, klink my ene Sam is nog hier! Hi, Sam!
113.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 6 : 29
Hi boendoe, kom ook nounet hier
114.
boendoe | Mei 22, 2008 at 6 : 31
Pikkie, wat maak jy voor die pc hierie tyd vannie aand? Is dit nie tyd vir kinders kosgee, bad en dan vir pappa verleidelik inwag nie??
115.
Samantha q | Mei 22, 2008 at 6 : 32
Naand Boendoe, Pik
116.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 6 : 32
Nie vanaand nie, moes eintlik vir hulle kom les gee, maar hulle is so skytbang, as hulle my naam sien disappear hulle…
117.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 6 : 33
Hi Sam hoe gaan dit?
118.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 6 : 34
Ek sit nou net en dink, as ek nie nou onmiddelik gaan piepie nie gaan hier perde wees. Lekker slaap!
119.
boendoe | Mei 22, 2008 at 6 : 35
Luister, susters, ek moet waai. Kind bad, kosgee, ens! Onthou om te sluit as julle waai! Toedels!
120.
Adrie | Mei 22, 2008 at 6 : 49
Ag nee!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
DIT IS MY BLOG EN EK MIS OOK ALTYD ALLES.
121.
Adrie | Mei 22, 2008 at 6 : 52
Boendoe
Ek slaat darem al die taal vir langer as ‘n dekade (of twee).
122.
"Oubaas" (gawie) | Mei 23, 2008 at 8 : 51
Ai toggie, toggie. Hoekom het ek hierdie gemis? Ek sal minder moet werk en meer moet blog!
Mooi daggie vir almal.
PS: Vir diegene wat belangstel kyk na hierdie forum wat juis oor o.a. ons vriende in hul taxis en die padkoubusse gaan:
http://www.jacarandafm.com/component/option,com_joomlaboard/Itemid,0/func,view/id,12407/catid,6/limit,6/limitstart,0/