Dis ‘n land
Mei 21, 2008
Anders as wat my vorige pos dalk wys, wil ek nêrens anders in die heelal bly nie. Ek is ‘n Suid-Afrikaner in murg en been. Die 10 generasie wat van die Suidepunt van Afrika my tuiste gemaak het. Hoekom?
Ons Suid Afrikaners is bederf. Ons het alles op ons vingerpunte. Ons is gewoond aan ruimte. Maak nie saak hoe klein jou nes is nie, dit is waarskynlik groter as wat jy in Europa sal hê. Ons het maklike toegang tot vars vrugte en groente. Ons kan dit selfs in ons agtertuine verbou. Ons plaaslike produkte smaak beter as die wat in Amerika verbou word. Al is vleis so duur, kan ons nog bekostig om dit elke dag te eet. Baie Suid-Afrikaners eet dit selfs 3 keer ‘n dag. Ons het biltong, ons het Mrs Balls, ons het Marmite en ons weet van boerekos. McDonalds is nog die uitsondering.
Ons land is mooi! Ons het die voorreg om die dierekoning in die wild te sien. Ons kan olifante van nader beskou en ons weet dat hulle regtig gevaarlik is. Ons het ook genoeg voëls om ‘n entoesias vir jare besig te hou. Weet julle hoe liries raak uitlanders oor ons inseklewe? Ek het nog nie van ons watervalle (Nigella is die tweede hoogste in die wêreld), strande, damme, berge en selfs woude gepraat nie. Amper vergeet ons ons plante. Ons het nog dele wat wild is, waar daar geen mense is so ver as wat die oog kan sien nie.
Ek moet seker iets oor ons nommer 1 afgod sê. Sport! Gaan ‘n ander land se krieket of rugby dieselfde wees? Gaan ‘n goue olimpiese medalje so baie beteken? Ander lande het nie WP nie. Ook nie Nuweland nie. Selfs ons kultuur en leefwyse gaan sterf in ‘n ander land. Afrikaanse boeke, Afrikaanse tydskrifte, Afrikaanse musiek, Afrikaanse mense. Ja, hulle steek orals kop uit, maar daar is lekkerder dinge om saam te doen as om saam te verlang.
Dan die rede hoekom ek nog hier is. Die mense. Suid-Afrika het wonderlike mense. Oor die algemeen is almal vriendelik. Almal is bereid om ‘n ander te help. Waar mense nog ‘n sin vir humor het en nie polities korrek is nie. Waar daar nog foute begaan kan word en waar daar nog verdraagsaamheid is. Waar daar lekker baklei kan word, sonder dat daar klagtes of eise is. Suid Afrikaners dink nog. Alles is nie gevaarlik nie. Ons is nie paranoid nie. Hier is nog gesonde verstand en logika. Ek is mal oor ons verskeidenheid en al die verskillende stories. Ons kan almal meer as 1 taal praat.
Hier is uitdagings. Hier is probleme. Hier is geweld. Maar hier is ook geleendhede en hoop vir ‘n toekoms saam.
Hoekom bly jy nog hier? Wat mis jy die meeste van SA as jy oorsee is? Wat gaan jy die swaarste groet as jy trek?
En dan die hoofrede.
Blogvraag: Hoeveel distrikte is daar in Suid-Afrika?
Blogantwoord: Sam was reg met 1895.
Amper versuim ek my plig. Ek wil net graag vir BB, Demoerin, Pandora en Skaduwee welkom heet. Hoop ons gaan julle baie op die blog sien.
Entry Filed under: Uncategorized. .
133 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed


1.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 05
eerste
2.
Adrie | Mei 21, 2008 at 8 : 09
WIPNEUS!!!!!
Gee my gou ‘n halfuur.
3.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 33
Ek stem, ons het ‘n pragtige land, die bosveld, die berge, die see, tafelberg…wag dat ek ophou.
En “sommige” van die Suid Afrikaners is die vriendelikste en oulikste mense in die wêreld.
Ons kan lekker braaivleis hou, ons het die blou bulle en die blou bul song whaahaahaa laat ek net weer my gunsteling sanger aan julle voorstel mnr SH. Gee vir hom ‘n staande applous asseblief!!! Dankie dankie dankie mense…….
Ons het beskuit, Mrs Balls se chutney, bobotie, koeksisters, melkterte ens ens ens geen wonder ek rol al rond nie. Dis lekker hier in die land van melkterte en koeksisters
Hoekom bly ek hier……………..want dit is my land.
4.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 33
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
Al dwaal ek heel die wêreld rond,
waar so gelukkig, so gesond?
O boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
5.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 34
Saloompie waar is jy, ek sit alleen hier rond
6.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 35
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
niks wat my siel ooit so bekoor.
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
7.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 37
Hello Wipneus, hoe was jou dag
nee goed dankie geen skete nie genadiglik
hoekoms sit jy hier alleen rond
want ek is ge-order om te wag
raak jy nie moeg nie
ja ek is al vrek moeg hard ge-arbei en geskaaf vandag
8.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 39
sorry weet nie wat is die antwoord nie, weet net daar is 9 provinsies
9.
Adrie | Mei 21, 2008 at 8 : 42
Wip
Geduld dame. Bly jy deel my sendiment.
10.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 48
Geduld is my tweede naam al hang ek hier oor my screen, en my oë dop om, en my lyf kramp al van al die gesit en wag….
11.
Adrie | Mei 21, 2008 at 8 : 49
Ek is nou reg om almal die hele aand uit die slaap te hou.
12.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 54
Ry jy ‘n ossewa
13.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 55
Ek los net gou vir Stevie ‘n boodskappie
14.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 55
Eet jy nou
15.
Adrie | Mei 21, 2008 at 8 : 56
Wip
Met petrol wat so duur is (al is dit baie goedkoop hier) kan jy my blameer?
16.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 57
Ja nee kind, mens moet maar jou kar inruil vir ‘n perd
17.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 8 : 59
nou hoe moet ek nou op 2 blogs byhou in my toestand
18.
Adrie | Mei 21, 2008 at 8 : 59
Nee, ek ontvries nog.
19.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 02
Is dit koud buite
geen wonder alles voel so styf aan my nie ek dog ek is moeg
20.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 07
Wip
Gaan kyk hier bo, daar is rede om te ontvries.
21.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 07
nee jy wil nie met my praat nie ek kan nie vir die screen sit en kyk nie, ek is ook gevries hier lady jane
22.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 08
Wat het ek nou weer verkeerd gedoen?
Laat ek gou die ousie gaan roep.
23.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 10
Ag oe!!! Ouma gryp haar kop vas, ruk haar bloomer op en so wraggies sy kan nie glo die kind is alweer met die mannetjie besig nie.
Ek is bly jy het al ons maatjies welkom geheet…..
24.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 11
Sam is aan my kant…
25.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 13
Naand! Eks hier. Die antwoord is 52. Daar was eers 53
26.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 14
Ek ken nie al my maniere nie, maar ek ken darem ‘n paar.
Ek heet almal altyd welkom.
Ek het Sam geroep om te kom blog.
27.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 15
Wie is met watter mannetjie besig!?
28.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 17
Sam
My droolman se foto op die blog.
29.
Jaco | Mei 21, 2008 at 9 : 17
Ek sal annerdag weer my land like. Net nie vandag nie.
30.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 18
Wa julle nou?
31.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 19
Jaco
Whaaaahaaahaaaahaa
Goed gestel.
32.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 20
Jaco ek sien Mbeki het uiteindelik geantwoord
33.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 20
Hello Sam wat vang jy aan
34.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 21
Ouma! Los vi A4 en ha boyfriend. Ryk het ha gevra om te trou!…. Naand Jaco
35.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 21
Sam
Jy het die strykles gemis. Pik het ons geleer stryk, my tipe stryk.
36.
Jaco | Mei 21, 2008 at 9 : 22
Seker oor hy bang was hulle dink hy is ‘n foreigner, synde dat hy nooit in die land is nie
37.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 23
Samantha sy sal nie trou nie, te beduiweld geen man wil so merrie hê nie
38.
Jaco | Mei 21, 2008 at 9 : 23
Naand Sam. Stryk is vir mense sonder tuimeldroers
39.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 23
Ek lê hie in my kaya op my se katel ouma. Die nek is wee stokstyf. Sal ma nie sê wat ek aangevang hetti….
40.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 23
Jaco
ha ha nee jy is goed beduiweld vir hierdie regering, ek voel ook so.
Hoe het dit met Krista se eksamen gegaan
41.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 26
Sam wat het jy met jou nek aangevang? Jy is veronderstel om jou stil te gedra
42.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 26
Die strykles
1.Terwyl jy nou wag vir hom om aan die slaap te raak, gaan sit jy solank die strykyster aan. Soos vir wanneer jy wil jeans stryk…. Baie 4ken warm.
2.Na so 10 minute gaan kyk jy of hy slaap. Maak 100% seker deur aan sy snor of borshare te trek.
3. As jy 100% seker is hy slaap dan begin jy te stryk.
4. Nee dom vrou, nie die jeans nie, vir hom. Jy stryk en stryk en stryk tot al die bollie uit sy lyf uitgestryk is….
5. Nou vat jy jou klaargepakte tasse, ry polisiestasie toe en gee jouself oor. ‘n Crime of passion
43.
Jaco | Mei 21, 2008 at 9 : 26
Wippie: Sy het meestal reg “gespot” maar kon dit nie onthou nie. Dit gaan waarskynlik touch en go wees. Sy sit juis nou hier en leer, die dat ek maar sit en blogs lees en depressed posts skryf
44.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 28
Jaco
Wat swot Krista?
45.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 28
Ek stryk gin niks. My uitlander meid doen dit vir next to nothing
Ouma…. Ryk salli sukkel met B4 nie. Sys te verlief oppi man!
46.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 29
Jaco, Sê vir haar sterkte, as sy die eksamen ook net deurskuur is alles reg…
47.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 30
Sam
Ek sal hom beslis nie stryk nie. Kan jou dit belowe.
48.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 31
My sel is al wee te starag! Ai tog
49.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 33
Whaahaahaa Sam jy kort weer mondspoel vanaand! Laat Ouma die blou seep gaan haal so kan dit nie aangaan nie…
Nee ek ken die Ryk storie van Adrie , ek voorsien groot probleme…
50.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 35
Ek het baie skuurpapier assie kjind wil deur skuur… A3, ek sal enige man v jou stryk as hy kak soek
51.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 37
Sam
Ek het Nats belowe ons staan reg om haar army te wees. Mnr Nats kort glo ‘n paar warm klappe.
52.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 38
Wat het ek nou wee gedoen om ‘n mondspoel te verdien? Arme ek… Altyd inni kak
53.
Wipneus! | Mei 21, 2008 at 9 : 39
Almal
Ouma gaan nou weg by hierdie boks as ek nog langer in hierdie skerm moet vaskyk gaan ek hom in die muur in slaan….
lekker aand vir almal gesels môre weer
54.
Jaco | Mei 21, 2008 at 9 : 39
Adrie sorry. B.Com (Hr) by Unisa
55.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 41
Jaco
Dit is goed. Geniet sy dit darem? Ek is ook maar baie lui as dit by swot kom.
56.
Jaco | Mei 21, 2008 at 9 : 43
Sy haat dit soos pes, maar sy is net 6 vakke weg van graadkry. So sy druk nou maar deur
57.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 43
Ek sal mnr Nats persoonlik bliksem. Niemand sukkel met my 3ling se 2ling nie! Tsk! Wie dink hy is hy!? Gmpf!
58.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 43
Ek moet groet. Ek moet nog ‘n bietjie werk.
59.
ADRIANA | Mei 21, 2008 at 9 : 45
Jaco
Mens moet soms uithou, bekhou en klaar maak.
Se vir haar sterkte.
Sam
Ons het haar al mooi geleer.
60.
Samantha q | Mei 21, 2008 at 9 : 46
Nag
61.
Jaco | Mei 21, 2008 at 9 : 47
Thanx ek maak so. Ek gaan nou my medlemon drink en slaap. Koebaai!
62.
Adrie | Mei 21, 2008 at 9 : 49
Sam
Onthou om die ligte af te sit.
Jaco
Hoop jy voel gou beter.
63.
riaanoosthuysen | Mei 21, 2008 at 9 : 59
Ek het van hierdie positiewe inskrywing gehou. Ek het onlangs met iemand gepraat wat in Nieu Zeeland bly. Hy sê dat Suid-Afrika is die land waar ons kinder die meeste Geestelike beskerming geniet.
64.
Samantha q | Mei 22, 2008 at 12 : 25
Ek ga nou die ligte afsit. Koenaait almal en lekka dux! Onthou net jou flits as jy inni donker kom inloer….
65.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 7 : 00
Goeie More mense !!
Dis my land, maar dis ook nie meer my land nie…. Hy word nou so vinnig opgeneuk, at least bly die natuur nog steeds mooi, hulle kan darm nie so maklik ‘n berg opfoeter nie, dit klink te veel na harde werk . . .
66.
demoerin | Mei 22, 2008 at 7 : 45
Hoe wonderlik om iets positiefs te lees. Ja, met al ons kak en drama het ons nog steeds BAIE om voor dankbaar te wees! Ek sal niks mis nie, want ek sal nie trek nie! Been there and tried it!
67.
Skaduwee | Mei 22, 2008 at 8 : 05
En hoor jy die magtige dreuning, oor die veld kom dit wyd gesweef, die lied van ‘n volk se ontwaking, wat harte laat sidder en beef, Van Kaapland tot bo in die Noorde, rys dawerend luid die akkoorde: Dit is die lief van Jong Suid-Afrika, dit is die lied van Jong Suid Afrika,Dit is die lied ( dit is die lied) van Jong Suid Afrika!!!
68.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 8 : 06
More almal, daar steel Skaduwee nou net my liedjie wat ek vir julle wou skryf. Baaaa!!!! Sy interfere altyd met my comments…
69.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 8 : 07
Waars al ons maaikies vandag ! ???
70.
Skaduwee | Mei 22, 2008 at 8 : 07
Pikkelik, jy moet net vroeër opstaan en vinniger comment.. More Adrie.
71.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 8 : 08
More Zoekoe, hoe was jou gym?
72.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 8 : 09
Hallo Pikkelik
Hallo Skaduwee
73.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 8 : 10
More Zoeks, lekker geslaap… het jy gisteraand se les gelees?
74.
Skaduwee | Mei 22, 2008 at 8 : 11
Adrie, jy moet vir Pikkelik verban, sy gaan jou ‘n slegte naam gee…
75.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 8 : 12
Zoeks, ek praat later weer met julle… Lekker dag!
76.
Nico | Mei 22, 2008 at 8 : 14
Hi julle.
Vanoggend is dit ‘n verkeerde vraag om my te vra. Wat sal ek mis? Ek het altyd gedink dit sal my kerk en sy mense wees. Maar ek het eers vanoggend 01:15 by huis gekom. Het ek gejol? I wish!!!!!! Moes vergadering bywoon van mense wat beweer dat hulle christene is maar so twis onder mekaar. Jy kan dit nie glo nie. Om eerlik te wees. Die enigste wat ek gaan mis is my ouers en broers. Niks anders nie.
77.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 8 : 16
Pikkelik, nee waars daai les opgesit?
78.
Nico | Mei 22, 2008 at 8 : 17
Hi Zoekoe
Het jy gegym vanoggend?
79.
Samantha q | Mei 22, 2008 at 8 : 18
More almal!
80.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 8 : 20
Dagsê Nico… nee jong ek weet nie wat die Gym storie is nie, ek is hopeloos te lui om te Gym
Samantha Q Hallo jy
81.
Adrie | Mei 22, 2008 at 8 : 21
More Almal
Skaduwee, ek sal besluit wie ek op die blog verban, nie jy nie.
Ons hou nie van skaduwees nie.
82.
Nico | Mei 22, 2008 at 8 : 21
Hi Sam
Hoe gaan dit vanoggend?
83.
Nico | Mei 22, 2008 at 8 : 23
Adrie
Hi. Ek het iets op my hart vanoggend wat ek wil he jy vir my moet antwoord. Hoe hanteer jy mense wat beweer hulle is christene maar die dinge wat hulle se en doen wys dit nie?
84.
Samantha q | Mei 22, 2008 at 8 : 24
Eish! Ek ga groet
85.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 8 : 27
Hallo Adrie…. welkom op jou blog
86.
Adrie | Mei 22, 2008 at 8 : 29
Nico
Hoe hanteer ek hulle? Ek vertel hulle reguit wat ek van hulle Christenskap dink. Maar jy kan nie.
As jy uitdagend wil wees, die christenne sit jou kerk Sondag vol. Preek oor een van Paulus se gemeentes wat onder mekaar baklei het. Onthou net, hulle dink hulle sondig nie. Noem spesifieke voorbeelde dat hulle hulself kan erken. Hulle gaan niks daarvan hou nie, jy gaan moontlik lede verloor. Preek dan oor eerlikheid, ‘n week later. Die wat hulleself gekonfronteer het en die kwaad uitgesny het sal weer vir jou lief wees.
87.
Nico | Mei 22, 2008 at 8 : 31
Adrie
Kan ek dalk elke week Maandag by jou idees en gedagtes vir preke kry?
88.
Adrie | Mei 22, 2008 at 8 : 31
Zoekoe
Dankie, al is dit net vir ‘n rukkie.
89.
Adrie | Mei 22, 2008 at 8 : 35
Nico
‘n Blog wat ek oor jou dilemma geskryf het.
Idee vir ‘n preek – hmmmm, is jy dominee genoeg?
90.
Adrie | Mei 22, 2008 at 8 : 36
Nico
Die blog: http://doringsensomsrose.wordpress.com/2008/03/26/christen-wanbegrip/
91.
Nats | Mei 22, 2008 at 8 : 52
Hello julle!!!
Mense ek is moeg… ek het min slaap in!
Topic
My land is my land!! Ek was nog nooit oorsee nie, en tot in ‘n mate pla dit my nie. Ek wou nog altyd Egipte toe gaan. (al is dit nou nie oorsee nie)
Ek glo nie ons gaan sommer in ‘n ander land aan pas nie, ek sê nie dis onmoontlik nie gaan net tyd vat. Soos Adrie sê ons huise / tuine alles is lekker groot en ons kan in ons kar klim en ry. Ons ry net so uur dan voel dit of ons vêêêêêêêr weg is, en diep in die bos!! En ons kan braai sonder om vir ‘n permit te vra!
Ons natuur sal ek baie mis! My direkte familie (ma, susters en ouma en oupa) kan ek nie agter los nie, dan gaan ek maar net nie.
O ja en vrouens beteken darem iets in ons land, en kan vandag onafhanlkik wees.
92.
Nico | Mei 22, 2008 at 8 : 55
Dankie Adrie
Tatta julle. Daar is mense wat na omgesien moet word.
93.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 8 : 56
Hi Nats
Ja jong sal darm nie lekker wees iewers waar ek nie kan braai nie !!!
94.
Adrie | Mei 22, 2008 at 9 : 01
Zoekoe
Jy sal anoreksies raak.
95.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 9 : 19
Hey almal!!
96.
Tinkerbell | Mei 22, 2008 at 9 : 20
Kom later chat..
97.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 9 : 33
Hoekom is dit so stil hier vandag?
98.
ADRIANA | Mei 22, 2008 at 9 : 38
Zoeks
Ek weet nie. Jou kar skrik almal af.
99.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 9 : 42
My Kar ?
onmoontlik !
100.
ADRIANA | Mei 22, 2008 at 9 : 45
Zoeks
Hulle dink nou dit is ‘n common plek. Gaan kry eerder ‘n donkie, dan sal almal welkom voel.
101.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 9 : 47
102.
Adrie | Mei 22, 2008 at 9 : 50
Zoekoe
Trane pas nie in jou blou ogies nie.
Jy beter die olie kolle voor die deur kom was. Net jou kar lek so.
103.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 10 : 03
GMPF !!!! se moer… my kar is in tip top shape…. hy lek niks !!!
104.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 10 : 05
In anycase, since when sou ek weet waar jy bly?
105.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 09
Zoeks
In jou baan – ek praat van voor die blog se deur!!!!
106.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 10 : 09
Adrie jy is weer bitsig vanoggend, ek is te bang om hier in te kom, skaduwee het nou sommer weg gehardloop
Ek het so droë sin vir humor, eindelik alle soorte humor, net nou verstaan jy nie vir Ouma nie. Ouma kyk bekommerd rond of iemand haar gaan beskerm teen die rissiepit vanoggend….
Tot Zoeks se kar word weer vanoggend bygedam
Sy het obviously te laat gaan slaap, dis die man hier bo in die inskrywing se skuld, heelnag gedroom oor hom.
Hi Zoekoe
Hello Nats
Môre Adriana ry jy weer vanoggend op jou besem rond???
107.
Verons | Mei 22, 2008 at 10 : 09
More more!!
Thanx man my hart swel sommer weer van trots……
Genade ek was so besig toe ek instap dat ek nou eers kans kry om in te loer!
Skaduwee die lied van Jong Suid Afrika het my skoon bewoë gemaak! Ek het hom skoon hardop gesing die klomp by die werk het my omtrent skeef aangekyk!
Wip nou weet ek hoekom ek jou laaik ons stem oor dieselle dinge saam! (BB en SH)
Ek was al ‘n keer of wat in ‘n ander land en ek het al regtig mooi goed gesien maar elke keer as ek so in ons eie landjie rondry kan ek maar nie help om te besef dit is defnitief die mooiste land!!
108.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 13
Ouma
Moet ek die verbrande Skaduwee toelaat om lelik met Juffrou Pik te wees? Netnou kry ons nie weer lesse nie. Wat dan?
109.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 10 : 14
Hallo Ouma Wip !! Adrie kort ‘n goeie loesing as jy my vra !!
Hallo Verons !!
110.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 17
Zoekoe
Ek het ‘n mes en jy het nuwe tyres. Verstaan jy?
111.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 10 : 19
Zoekoe sy kort verseker ‘n loesing, klein rissiepit.
Pikkie sal nogsteeds lesse gee, sy is ons maatjie
Skaduwee kom terug, Adrie het net in ‘n bui opgestaan hoor, sy is nie gewoonlik so lelik nie. Ek sukkel maar elke dag so met die kleinkind van my…..maar sy is eindelik dierbaar, sy speel Phantom of the Opera
Verons jy praat my taal, wat is ons land sonder STEVE HOFMEYR
se pampoen en Agter elke man. Dankie….
Verons vertel my meer van BB ek kom nog nie agter die kap van die byl nie……
112.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 22
Wip
Ek beskerm Pik! Punt. Skaduwee moet ‘n ander blog gaan soek.
BB – blou bekotsing.
113.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 10 : 33
O bloubul song aaaaag Ouma se kop werk alweer nie vanoggend nie Verons hoe kan ek nou nie weet van die blou bul song nie….
Ek dog jy praat van BB op die blog….my hele lewe draai nou om blogging ek droom al glad van blog, Demoerin is nie meer vir my ek is demoerin nie, nee ek dink aan ‘n mens as ek demoerin hoor….ens ens ens
Die bloubul eet nie van die vloer af nie
Die bloubul weet nie van verloor af nie ♪
Adrie strooi met jou….
en ek skaam my vir jou
114.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 37
Verskoon my – ek moet gaan kots.
STORMERS!!!!!!!
115.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 10 : 43
Borsel net jou tande as jy klaar is…..
Julle het nie eers ‘n song nie…..:lol:
116.
Adrie | Mei 22, 2008 at 10 : 45
Wip
Hulle het, terwyl Steve nog op skool was.
Province,
province,
prooooovince
Die curriecup kom weer
Die curriecup kom weeeeer
Mark Leon se woorde, die Beker gaan terug na waar dit hoort. Nuweland.
117.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 10 : 50
EK SKREE NIE W.P. NIE EK BLY N BUL
EK SKREE NIE O.P. NIE EK BLY N BUL
EK SKREE NIE VRYSTAAT NIE EK BLY N BUL
LAAT STAAN DIE SHARKS EN DIE LEEUS EN DIE HELE BLEDDIE SPUL
118.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 10 : 55
Wat vang jy aan by Dellie se Age by music inskrywing Adriana, jy moet ons oumense respekteer
jong jy is vreeslik stout!
119.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 10 : 59
Ek het bullet proof tyres op my kar Adrie, so ek is nie bang vir jou ou kein stomp messie nie !!!
Blou Bulle RULE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
120.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 07
Julle is discusting.
121.
Pikkelik | Mei 22, 2008 at 11 : 08
Waar de hel moet ek nou kuier…
122.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 10
Pik
Vind uit en lig my ook in. Wat is vandag se les?
123.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 11 : 13
Hallo Pik !!!
Ek dink die les van vandag moet wees, (spesiaal vir Adrie) hoe om met mense te werk…. 101 !
124.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 11 : 20
Pikkie jy kuier hier…Adrie is lelik met almal vandag
Ons het geduldig gewag vir ons les
ons sit almal met nuuskierige ore en wag
125.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 11 : 21
Zoekoe is reg ons soek ‘n les oor etiket reëls
126.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 29
Gmf!!!!!
127.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 11 : 34
moenie so bang wees nie Adrie, dit sal glad nie seer….. wel…. dalk in jou geval so effens seer wees !!!
128.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 36
Zoekoe
Ek moet nog my praktiese lesse doen. Dit gaan oor hoe om ‘n man te stryk. So watch dit. Netnou gaan koop ek ‘n strykyster.
129.
Wipneus! | Mei 22, 2008 at 11 : 37
Jy baklei vandag een strook deur Adriana Magrieta wat is fout, wie het jou omgekrap….wil jy ‘n sweetie hê, soetigheid maak dit altyd beter…….
PIKKIEEEEEEEEEEEEEE ons wag vir ons les….
130.
ADRIANA | Mei 22, 2008 at 11 : 38
Pikkie se les is op die nuwe blog.
Waar het ek met wie baklei?
131.
Rolling Stone | Mei 22, 2008 at 11 : 42
Goeie dag aan almal
132.
Zoekoe | Mei 22, 2008 at 11 : 42
Aag Adrie, my kar is tog vinniger as joune, ek sal net eenvoudig die olie optop, en vir jou weg ry .. ..
133.
Adrie | Mei 22, 2008 at 11 : 46
Zoekoe
Ek verstaan olie is nog duurder as petrol.
Geen wonder jy is soos jy is nie, jy laat die petrol check en gooi olie in.