Ambagsmanne Etiket

Mei 19, 2008

Een van my vriendinne is deur die meerderheid van haar varsity vriende afgeskryf.  Die rede is lagwekkend.  Sy het die aardsonde begaan om met ‘n ambagsman te trou.  Iemand wat gegradueerdes as onopgevoed beskou.  So goed as ongeletterd.

Hoekom trek mense se graag hulle neuse vir ambagsmanne op?  Hulle word vuil, baie vuil wanneer hulle werk.  Hulle stink gewoonlik na olie.  Hulle het nie altyd matriek nie.  Hulle taal is erger as ‘n matroos s’n.  Redes of verskonings? 

Feit is dat hulle die werk doen waarvoor ons ons neuse optrek.  Werk wat hulle vuil maak, maar waarsonder ons nie kan nie.  Hulle sorg dat ons karre op die pad bly, daar elektrisiteit in ons huise is en dat fabrieke en myne met werk kan voorgaan.  Basies, die ruggraat van die ekonomie, as hulle almal ‘n dag lank staak, staan die land. 

Ambagsmanne is deesdae in ‘n kritieke tekort.  Wat beteken dat hulle netso veel indien nie meer as ‘n gegradueerde verdien.  In die toekoms gaan hulle die topverdieners wees.  Hulle is bereid om hard te werk, om lang ure van fisiese ure in te sit en om altyd op roep te wees.  Hulle kry net wat hulle verdien.

Ambagsmanne (en vroue voor Sam en Tilla my kom aanvat) mag bar en ru voorkom, maar ek het nog nooit gesien dat hulle hulle rug draai op iemand wat hulp nodig het.  Hulle val eerder dood neer voor hulle verby iemand ry met motorprobleme.  Onlangs op ‘n troue het iemand sleutels in ‘n gutter laat val.  ‘n Groot group mans het morele ondersteuning gegee, maar dit was die 3 ambagsmanne (almal ‘dates van gaste’ wat mekaar nie geken het nie) wat die sleutels uitgehaal het.  En nie eers ‘n dankie verwag het nie.  Hulle wag ook nie dat iets vir hulle gedra word nie, die takie word maklik self verrig.  Hulle voel erg gekrenk as daar nie op hulle knoppie gedruk word as jy hulp benodig nie.  (Mits jy nie met een getroud is nie).

Is ek onbeskaamd aan ambagslui se kant?  Ja, beslis.  ‘n Ambagsman het my gevoer, geklee, deur skool en varsity gesit.  In ons huis gaan dogters universiteit toe en seuns leer ‘n ambag.

Blogvraag:  Waar word vaktoetse in SA afgelê?

Blogantwoord:  Neykie was reg.

Entry Filed under: Uncategorized. .

352 Comments Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 3 : 21

    Waarom is ouma nou so geskok? ??

  • 2. Tinkerbell  |  Mei 20, 2008 at 3 : 23

    Zoekoe solank dit net vriendinne bly.. SONDER VOORDELE!! Ek het baie respek vir ‘n man wat getroud is en vriendinne kan he en sy meneer op sy plek kan hou. ‘n Man wat die grond aanbid waarop sy vrou loop se beloning sal groot wees..

  • 3. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 at 3 : 23

    Want jy het te veel girl friends Zoekoe, ek kan mos al die uitroep tekens sien, Ouma het haar brilletjies op haar oë gesit.. Te veel van ‘n goeie ding is nie goed nie

  • 4. Tinkerbell  |  Mei 20, 2008 at 3 : 26

    Ag dankie Adrie jy’s ‘n ou sterretjie ek sal oor so 10 min ek chat nie nou van my kantoor af nie ek drink gou koffie en smoke break in ander kantoor..

    Goed dankie Annie, waar is Lilly vandag? Julle is mos maaitjies of het ek dit verkeerd?

  • 5. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 3 : 26

    Ouma

    Trek sy ore.

  • 6. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 at 3 : 29

    Adrie

    Ek trek g’n niks aan Zoekie se oortjies nie, Ouma knou nie haar kinders af nie, dis kindermishandeling, hoe moet die man se ore nou lyk….. soos radar skerms?

  • 7. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 3 : 29

    Wip

    Sy ore is klaar so bak, enige verandering sal ‘n verbetering wees.

  • 8. Linda  |  Mei 20, 2008 at 3 : 31

    Hallo julle. Iemand het my vertel van die blog en hoe lekker julle gesels sy chat altyd so lekker saam met julle. Nou wil ek my graag voorstel.. ek is Linda kan ek ook saam kuier?

  • 9. Tinkerbell  |  Mei 20, 2008 at 3 : 35

    Hallo Linda.. almal is welkom! Gesels gerus jy sal dit geniet hier.. Adrie is ons blog mistress en ons haar gang!

  • 10. Wipneus!  |  Mei 20, 2008 at 3 : 35

    Hello Linda welkom!! ons hou baie van nuwe maatjies

  • 11. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 3 : 35

    Linda

    Welkom mens, nog ‘n siel is altyd welkom.

    Wie het jou van ons vertel?

  • 12. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 3 : 36

    Linda

    Net vir ons dat ons kan weet met wie ons praat, bo aan die bladsy sal jy ‘n tag sien “Wie is ek en wie is jy?”. Gee jy om om gou daar te gaan invul?

  • 13. Linda  |  Mei 20, 2008 at 3 : 37

    Die girl wat my vertel het sal vir jou ‘n posduif stuur maar jy mag nie se wie sy is nie.. dit maak dit meer exiting, nou kan ek ook sien watse mannewales sy hier aanjaag..

  • 14. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 3 : 41

    Cool

    Ons het ‘n mystery guest.

  • 15. Verons  |  Mei 20, 2008 at 3 : 47

    Maar julle kan ‘n klomp strooi gesels1 :)
    Nico binnelandse sake is seker een van die treurigste departemente in ons staatsdiens! Nou kan jy verstaan hoekom daai ou die klomp met ‘n speelgoed rewolwer aangehou het……..

  • 16. Linda  |  Mei 20, 2008 at 3 : 48

    Ek vul dit graag môre in. Tyd om huistoe te gaan. Chat weer.

  • 17. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 3 : 48

    En jy vind dit vandag eers uit?

  • 18. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 3 : 49

    Cheers Linda.

  • 19. Nats  |  Mei 20, 2008 at 3 : 50

    Hello!

    Ek het die “unthinkable” gedoen!!!!! Ek het ‘n skipant / skeepants spelling gaan koop vir gym!!!!!

    HELP MY KOP LOS MY!

  • 20. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 3 : 53

    Nats

    Gaan koop vir jou nou dadelik ‘n groot boks quality streets en eet dit alles alleen op.

  • 21. Nats  |  Mei 20, 2008 at 4 : 00

    Adrie
    Daai ding kan onmoontlik nog stywer sit nie!!!! Manlief gaan ‘n oorval kry as hy hoor wat ek gedoen het! Of homself dood lag!

  • 22. Tinkerbell  |  Mei 20, 2008 at 4 : 02

    Nats good for you girl ek wens ek het die lus gehad vir gym, gym sommer vir my part ook!!

    Ek wil nog chat man… maar moet nou ry.. sien julle more weer..

    Mooi bly, veilig ry en soet wees!!

    Love you all!!!!
    Mwah!!

  • 23. Nats  |  Mei 20, 2008 at 4 : 03

    Hi Tinks
    Thans girl! Maar ek sukkel nog om in die ding te kom…

    Mooi ry!!

  • 24. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 4 : 04

    Nats

    Jy jok op ‘n openbare blog, jy is so dun soos ‘n graatjie. Letterlik.

  • 25. Verons  |  Mei 20, 2008 at 4 : 04

    Nats
    Gelukkig gaan jy dit net gym toe dra!!

  • 26. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 4 : 13

    Slaap almal nou?

  • 27. Nats  |  Mei 20, 2008 at 4 : 15

    Tweeling… jy het my nog nie in ‘n bikini gesien nie… en daarvoor kan jy jou sterretjies dank!! Swart klere doen wonders vir die peer vorm!

    Verons
    Ek was geskok, van daai girls en vrouens is glad nie skaam nie. Ek probeer onder my handoek aan en uit trek, hulle loop da rond asof hulle by die huis is!! Ek kan nie! Ek is myle te skaam!!

  • 28. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 4 : 17

    Nats

    Daar deel ons gene. Pere en skaamheid. Maar ek het rede.

  • 29. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 4 : 20

    EK stel voor Nats, jy koop een size groter, as hy te tight is….. :lol:

  • 30. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 4 : 22

    Nats

    Ek dink Zoekoe oorweeg dit nou sterk om te gym.

  • 31. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 4 : 23

    Ek het eens op ‘n staduim gegym….. maar toe raak die oulike dames al hoe minner by daai gym toe los ek ook maar…..

  • 32. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 4 : 24

    Ek doen nou body building, van die binnekant af…. baie lekkerder….

  • 33. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 4 : 25

    Zoekoe

    Ek was op my dag ‘n giminstruktrise.

  • 34. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 4 : 27

    Wat toe jy net 9 was of iets? nie geweet mens kry sulke jong instruktrieses nie….
    :lol:

  • 35. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 4 : 29

    Lyk my Adrie, jy wil vandag 1000 komments kry voorlat daar ‘n nief blog gaan kom . . .

  • 36. *lilly*  |  Mei 20, 2008 at 4 : 30

    Hallo jul klomp.

    hoe gaan dit vandag hier. Sien sam kan lankal nie meer saam praat nie.

    My pa is ‘n diesel werktuigkundige (greasemunkey). Stink na olie het hy ja, maar het jul ‘n idee hoe moeilik dit is om te weet wat in al daai masjiene aangaan? Vra my ekt tri verstaan. Nie reg gekom nie.

  • 37. Katvis  |  Mei 20, 2008 at 4 : 35

    Terug op die onderwerp van ambagte. Olifantsfontein gaan toe gemaak word die opleidings instansie gaan dan agritasie kry om self ambag papiere te gee dit sal dan meer deurlopende evaluasie wees. Of dit gaan werk weet niemand nie want die tyd sal maar leer.

  • 38. Nats  |  Mei 20, 2008 at 4 : 35

    Zoekoe
    :lol:

  • 39. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 4 : 35

    Hallo Lilly !!!

  • 40. Jo-Ann Schou  |  Mei 20, 2008 at 4 : 36

    My pa werk in die enjinkamer van ‘n groot boot. Hy dra ‘n blou oorpak en swart beret en die meeste mense ken hom as Chief. Hy was lank hoofouderling en is ‘n ware heer en vreeslik aantreklik in ‘n pak. Hy is die dierbaarste oupa wat ek ken en praat nooit lelik nie. Ek ken nog baie sulke grease monkeys. Baie wat al en nog ver van saf is.

  • 41. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 4 : 37

    Katvis

    Dit is nou interessant.

  • 42. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 4 : 38

    somige van my beste vriende se vriende is ook grease monkies….. :P

  • 43. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 4 : 38

    Jo-Ann

    Werk jou pa in Walvis?

  • 44. Adrie  |  Mei 20, 2008 at 4 : 39

    Zoeks

    Was jy nie op jou dag ook ‘n grease monkey nie?

  • 45. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 4 : 41

    Adrie

    Wie ek? nee wat ek peuter maar so aan my Cortina se engin gereeld, maar dit maak my nie ‘n grease monky nie, eerder ‘n backyard mac !!!

  • 46. Katvis  |  Mei 20, 2008 at 4 : 43

    Die ambags rigting N1 N2 N3 wat by tegniese instansies aan gebied word. Het onderwys en opleiding ook begin uit faseer ek dink jy kan nog net N3 doen die jaar en dit is die laaste jaar. Hulle is besig om dit met n makliker kursus te vervang want N1 se tydperk was net drie maande nou maak hulle dit n jaar kursus. Die probleem is baie min mense het dit deur gekom in die driemannde tydperk. Dit sluit N2 en N3 in.

  • 47. ADRIANA  |  Mei 20, 2008 at 4 : 47

    Katvis

    Lyk my jy kom nogal baie in aanraking met die vakleerlinge.

  • 48. Nats  |  Mei 20, 2008 at 4 : 52

    Baai julle!!

    Sien weer more!!!

    Lekker aand ek gaan laat waai!!

  • 49. Zoekoe  |  Mei 20, 2008 at 4 : 55

    Baai Nats !!!!

  • 50. ADRIANA  |  Mei 20, 2008 at 4 : 56

    Tata Tweeling

  • 51. Salomè  |  Mei 20, 2008 at 5 : 33

    jA TIPIES!! Is ek ok nou eers weer hier as die party verby is, tsk

  • 52. BB  |  Mei 21, 2008 at 8 : 55

    Een van my beste vriendinne se man is ‘n motor-mechanic!! Thank God for Marius!! :mrgreen:

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

25 Christmas questio… on Blerrie huiswerk
vis on Tafelmaniere
Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye