Moedersdag

Mei 11, 2008 at 4 : 53 118 Kommentaar

Moedersdag en Vadersdag hoort saam met Valentynsdag in ‘n asblik.  Dit was deur iemand uitgedink om sy sak te vul.   Daar word van jou verwag om ‘n geskenk te koop en nie om jou ma te vier nie.  Ongelukkig is jy die vark in die verhaal as jy dit boikot.  Hoe durf jy dan nie om jou ma te vier nie?  Die mees selfsugtige daad nog.  So kom ons vier vandag ons moeders.

Daar is een advertensie wat lui dat jou ma jou ma jou lewe gegee het, daarom moet jy haar bedank (natuurlik deur ‘n duur geskenk te gee).  Goed en wel, maar ek is my ma dankbaar vir meer as net die feit dat ek op hierdie aarde is.  Ons ma’s het vir ons ook waardes, liefdes en kunsies geleer wat in my oë waardevoller is as die geskenk van lewe.  Dit is mos ook waardevol om te vier.

Iets waaroor ek my ma baie dankbaar is dat sy haar liefde vir die geskrewe woord  aan my (ons) oorgedra het.  Ons is van kleins af aangemoedig om boeke te verslind.  Dit het ons geleer om te fantaseer en om dinge vir onsself te ondersoek.  Ons was ook dikwels in die diep kant gegooi met sekere boeke wat sy voorgeskryf het.  So het ek byvoorbeeld Fiela se Kind gelees toe ek 8 jaar oud was.  Ons boeke was nie gesensor nie, dus kon ons enigeiets lees wat ons wil.  Ek het eendag op 16 per ongeluk ‘n Mills & Boon boek uitgeneem.  Ek was ook nuuskierig en het dit gelees.  Dit is tot op datum die wildste boek wat ek nog gelees het.  Ons het die gebruik gehad om biblioteekboeke te ruil wanneer ons daarmee klaar is.  Ek was glad nie bereid om daardie boek te deel nie.  My ma het dit egter voor my al gelees, sy het my net onskuldig gevra wat ek daarvan dink.  

Ek lees graag ‘n goeie boek.  Iets wat baie goed was, word heel eerste met my ma gedeel.  Die omgekeerde geld natuurlik ook.  Ek, my ma, my suster en my een broer is seker in ‘n boekklub wat dit betref.  

Blogvraag:  Wie is Jana Cilliers se ma?

Blogantwoord:  Salome was reg.

About these ads

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Is jy ‘n held? Epos van Rassisme

118 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  Mei 11, 2008 om 4 : 56

    EERSTE!!!!!!

    “Moedersdag en Vadersdag hoort saam met Valentynsdag in ‘n asblik.” Hoor, hoor. Ek het ‘n vriendin wat nie kan kinders kry nie. Elke Moedersdag sien ek die pyn in haar oE. Ons kan mos ons ouers spoil op hul verjaarsdae.

  • 2. Samantha q  |  Mei 11, 2008 om 5 : 40

    Ek voel dat elke dag moedersdag moet wees. Dit is wel lekka om nou en dan bietjie bederf te word maar nou ja…..

  • 3. Samantha q  |  Mei 11, 2008 om 5 : 47

    O ja… Ek dink die antwoord is Bettie Cilliers. As ek nou mooi onthou… Was sy ‘n kunstenaar en DALK was ha van Cilliers-Barnard of Brand of iets. Aag 4k! Ek lussi nou dink nie… Daas ‘n tjoklit mousse wat my roep. En as ek dit nie nou ga opvreet nie, ga dit my aanhou roep en my mal maak! :mrgreen:

  • 4. Samantha q  |  Mei 11, 2008 om 5 : 48

    Dag Adriana

  • 5. Salomè  |  Mei 11, 2008 om 6 : 20

    Hallo Almal!!!

    Aan al die moeders op die blog – Gelukkige Moedersdag!!
    Aan die pessimiste – ander mense dink nie elke dag daaraan om ‘n ander te bederf nie. Daar is sulke dae nodig om hul te herrinner dat hulle iemand spesiaal MOET onthou.

  • 6. Roer  |  Mei 11, 2008 om 7 : 16

    En ek verbeel my ek hoor ‘n groot applous van die tempels van kapitalisme se kant af… Nou ja, naand Adriana, Sam. Moet erken, ek geniet Moedersdag. Of ek nou dink dit moet daar wees of nie. My manne bederf my lekker. Het jy vir jou ma bederf Adriana?!

  • 7. Adrie  |  Mei 11, 2008 om 8 : 49

    Roer

    Die kapitaliste sal seker maak dat moedersdag altyd bly. Dan moet jy ‘n duur geskenk koop vir m-dag, vir haar verjaarsdag en Kersfees. Wat is in elk geval so spesiaal aan die tweede sondag van Mei?

    In elk geval, ek het net my ma gebel. Sy bly ‘n paar 100 km van my af weg. Sal haar ‘n geskenk gee as ek haar weer sien.

    Salome

    Dit is nie pessimisties nie, net oopoog die waarheid. Almal wat iets verkoop glimlag van oor tot oor.

  • 8. sonkind  |  Mei 11, 2008 om 9 : 28

    Adriana, ek stem saam met jou op hierdie ene. Dis omtrent vir my op dieselfde skaal as blomme aandra na iemand se graf toe.

    Mens behoort jou ma, jou pa en jou geliefde elke dag goed te behandel. In my familie eet ons saam op hierdie dae en gee ‘n kaartjie, maar nie ‘n geskenk nie. Geskenke is vir verjaarsdae en Kersfees. So, jammer kapitalisme!

  • 9. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 7 : 04

    Goeie môre julle !!!

  • 10. Bos  |  Mei 12, 2008 om 7 : 34

    More Maters!!

    Ek het nie n probleem met die ou daggies wat ingestel is nie. Ek is gelukkig kreatief genoeg om met elke geleentheid iets saam te slaan wat nice genoeg is om as n geskenk te gee en wat nie n bank lening vereis nie!

    Ek het gister vir my ma en ouma n drie gang ete voorberei met n klein speechie net om hulle te laat weet hoe ons hulle wardeer!! Was baie lekker gewees, al moet ek nou self so se …

  • 11. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 7 : 44

    More Almal

    Sonkind, ek is bly daar is darem iets wat ek se waarmee jy kan saamstem. ;) Ek hou van hoe julle die dag gevier het.

    Bos, die kapitaliste gaan jou teer en veer. Jy moes ‘n kaartjie, ‘n geskenk en ‘n ete in ‘n duur restaurant gegee het.

  • 12. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 7 : 45

    Hallo Bos !! :D

    Ja ek het my ma een moerse boks tjoklits gekoop, en hulle gestick vir ‘n moedersdag ete, geen presente nie !!!

  • 13. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 7 : 53

    Ek sien.

    Chocolate tel nie as ‘n geskenk nie.

  • 14. Nico  |  Mei 12, 2008 om 7 : 58

    Hallo julle
    Ek het ook vrede oor die dag. Dit is vir my altyd lekker om vir mense geskenke te gee. En as daar ‘n ekstra dag is wat uitgesit word om ander te kan bederf, dan doen ek dit graag. My ma bly in Richardsbaai so ek kon nie iets gee nie. Het maar gebel en kinders ook laat bel. Maar ek het die geleentheid gebruik om vroulief te bederf.
    Ek was nie by die huis die oggend nie. Kon nie vir haar ontbyt in die bed bring nie. Maar ek het al in die week klomp geskenkies gekoop en skoonma het dit gisteroggend vir haar gegee namens my. Ons het saam met swaer en skoonsussie lekker gekuier en geëet. Heerlike dag. Niemand ontsteld nie.

  • 15. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 7 : 59

    Jy Sien ! :P

  • 16. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 8 : 02

    Wel eintlik gee ek my ma gereeld ‘n boks tjoklits, nie net op moedersdag nie, somme enige tyd as ek lus het om haar te bederf !

  • 17. Nico  |  Mei 12, 2008 om 8 : 02

    Ek gee nie om as iemand anders deur dit wat ek koop ryker word nie. Die vreugde in my vrou se hart en die liefdevolle manier waarop sy na my kyk, is vir my meer werd as al die geld in die lewe. En as sy weereens besef hoe lief ek haar het, dan doen ek dit met ‘n glimlag.

  • 18. Annie  |  Mei 12, 2008 om 8 : 07

    Goeie more julle

  • 19. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 8 : 08

    More Almal
    Julle sien waar kom die kapitalisme probleem in, dis die ouens wat die kopery tot die laaste los. Beplanning is die antwoord mense. Soos met enige ander spesiale dag koop ek gewoonlik die geskenk lank voor die tyd. Ek het ‘n kas met geskenkies wat ek aankoop so in my daagliks omgaan. As ek iets mooi sien wat ek dink iemand van hou, koop ek dit solank. So kos dit baie minder. Ons kinders se kersgeskenke is gewoonlik hier van Oktober af al in die kas. Voor die kapitaliste hul naels in die pryse inslaan.
    Dis soos kruideniersware koop reg aan die einde van die maand. Dis dan baaaaaie duurder.

    Zoekoe
    Jy sien hoekom dink ek jy is special. Ek hoop my seuns word ok so groot. Maar Liefie het darem gister gekook – poeding en all

  • 20. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 8 : 09

    Nico

    Weet jy, dit gaan nie regtig vir my oor die finansiele implikasies nie. Ek haat net die feit dat iemand besluit het dat ek op die tweede Sondag van Mei elke jaar vir my ma ‘n geskenk moet koop. Ek haat dit om voorgese te word.

  • 21. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 8 : 09

    More Doom Nico
    ‘n Man so na my hart. Al kry ek ok net ‘n gewone bos blomme – dis die gedagte wat tel.

  • 22. Nico  |  Mei 12, 2008 om 8 : 11

    Adrie
    Ek hou van jou opmerking. Jy stel my glad nie teleur nie. Ek het so iets vermoed.

  • 23. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 8 : 13

    Nico

    Ek is mal daaroor om vir mense geskenke te gee. Veral om klein geskenkies sonder rede te gee. Maar op my terme.

  • 24. Nico  |  Mei 12, 2008 om 8 : 13

    Hi Salome
    Ek glo natuurlik die wonderlikste ding wat die here gemaak het is die vrou. Ek stuur gereeld vir my vrou blome na haar werk toe. Sy geniet dit as die ander vroue so jaloers na die blomme kyk. Ek glo ook die Here het die man geskape sodat hy die vrou moet beskerm, versorg en bederf. So ek probeer my bes om dit na te kom.

  • 25. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 8 : 15

    Adrie, jy haat so baie ding….. :roll:

    Dankie Salomè !

  • 26. Nico  |  Mei 12, 2008 om 8 : 15

    Adrie
    Ek glimlag al hoe meer hier in my studeerkamer oor jou.

  • 27. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 8 : 17

    Adrie
    As jy dan nou vir iemand wil kwaad wees, hier is die outjies wat Moedersdag en Vadersdag begin het. Vadersdag het die mooiste storie en ek het dit verlede jaar in ons kerkblaadjie gesit.

    Genesis of Father’s Day in Modern Society
    The tradition of celebrating Father’s Day as seen today originated in the last century. Though there are several people who are credited for furthering the cause of Father’s Day, there is far greater acceptance for Ms Sonora Louise Smart Dodd’s contribution. A doting daughter from Spokane, Washington, Ms Dodd is recognized as the Founder or Mother of the Father’s Day Festival.

    Inception of the Father’s Day took place in Sonora’s mind when she happened to hear a Mother’s Day sermon in 1909. Sonora, who was 27 then, had begun to recognize the hardships her father must have gone through while bringing up his six children alone. When Sonora was 16, her mother had died during childbirth. Sonora’s father a Civil War veteran by the name of William Jackson Smart raised six children including the newborn on his own. Sonora questioned that if there is a day to recognize mothers then why is not there a day to honor fathers?

    Many people laughed and joked at Sonora’s idea. But her will did not droop. She began a sincere campaign lobbying for the cause of Father’s Day. Her hard work began to show signs of success when Spokane celebrated its first Father’s Day on June 19, 1910 with the support of Spokane Ministerial Association and the local Young Men’s Christian Association (YMCA). To pay tribute to her affectionate father, Sonora wished that Father’s Day be celebrated on her father’s birthday on June 5, but it so happened that there was not enough time for preparation and the day came to be celebrated on third Sunday in the month of June.

    The noble idea of celebrating Father’s Day became quite popular in US so much so that President Woodrow Wilson approved of the festival in 1916. President Calvin Coolidge too supported the idea but it was President Lyndon Johnson who signed a Presidential Proclamation declaring the third Sunday of June as Father’s Day in 1966. Then in 1972, President Richard Nixon established a permanent national observance of Father’s Day to be held on the third Sunday of June.

    Mothers Day Origin In The United Kingdom (England)

    In order to honor Mother Mary, mother of Lord Jesus, the early christians used to celebrate the mothers festival in England. This festival was celebrated on the fourth Sunday of ‘Lent’. Later on this celebration was brought into practise to honor all mothers. And hence this ocassion came to be known as “Mothering Sunday”.

    As time passed this festival started getting prominence and people who were working outside were expected to return back to the “Mother” church. Soon this unique festival turned out to be an occasion for family reunions coz it was believed that “Mother” church had the spiritual power that not only gave all those people life but also protected them from any harm or so called danger.

    On Mothering Sunday people started attending church services in honor of the Virgin Mary. This soon became a tradition. This festival gained so much significance that it was treated as the day when apprentices, servants and children specifically those working as domestic helps or as trainees, were given the day off so that they could visit their mother and family. These people, realizing the warmth of the occasion used to come back home with several gifts, flowers and unique Mothering Day cakes to celebrate their reunion. This day became an occasion when people could spend one special day with their mothers. Even today the Mother’s Day celebrations means the time for the children to express their love and concern towards their moms. And they do so by giving presents, flowers and other home made cards and crafts to their mothers.

  • 28. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 8 : 18

    Nico

    Ten minste sit ek vir jou ‘n glimlag op jou gesig op ‘n blou Maandag.

  • 29. Annie  |  Mei 12, 2008 om 8 : 20

    Moedersdag is vir my glad nie so belangrik nie, ek wys elke dag vir my ma hoeveel ek haar waardeer, maar op moedersdag vat ek haar maar tog uit vir ete. ‘n Mens hoef nie deur ‘n duur geskenk vir iemand te wys hoe lief jy haar/hom het nie.

  • 30. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 8 : 21

    MORE ANNIE!!!
    Jissie, hierdie Adrie hou mens ok nou weer so besig dat ek bo-oor jou kyk.

  • 31. Nico  |  Mei 12, 2008 om 8 : 23

    Adrie
    As enige dag vir my blou is, sit ek net my rekenaar aan en kyk na die vorige dae se blogs en lees jou kommentare. Gou-gou is my dag weer sommer opgehelder.
    More Annie

  • 32. Bos  |  Mei 12, 2008 om 8 : 24

    Adrie

    Soos ek gese het, ek mind nie die dae nie, want ek dink dat ons ouers sulke dae verdien en sommiges meer as ander, veral as hulle sulke klein terroriste gehad het vir kinders!! ;)

    Ek raak egter benoud as ek opmerk hoe ons wereld al meer in n een wereld orde verval ….. Die regering beheer ons geheel en al … scary …

  • 33. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 8 : 24

    Nico, dis skaars dat sy iemand laat smile, gewoonlik maak sy die mense huil !! :lol:

  • 34. Nico  |  Mei 12, 2008 om 8 : 25

    Salome
    Dankie vir die gedeeltes oor die ontstaan van moedersdag en vadersdag. Ek het dit baie geniet.

  • 35. Nico  |  Mei 12, 2008 om 8 : 27

    Adrie
    JY MAG NIE HIERDIE LEES NIE!!!!! MAAK JOU OE TOE!!!!
    Zoekoe
    As jy raaksien hoe voorspelbaar sy is, kan jy nie anders as om te glimlag nie.

  • 36. Bos  |  Mei 12, 2008 om 8 : 29

    Zoekoe

    Doom ken Adrie al van die begin dae af toe ons almal nog op daai ander plek gekuier het, die plek waar dinge toe naderhand erg begin hand uitruk het ….. jy weet mos van watse plek ek praat …

  • 37. Annie  |  Mei 12, 2008 om 8 : 30

    Ek gee nie om vir ‘n BLOU maandag nie, want die BLOU bulle het vrydag gewen!!!

  • 38. Bos  |  Mei 12, 2008 om 8 : 31

    Doom

    Ons almal ken Adrie in elkgeval te goed …. sy skroom nie om te se wat sy dink nie en as ek haar met n diertjie moet vergelyk sal dit n ratel moet wees!! Daai goedjies het sulke humeurtjies en hou nie op baklei voor hulle kapot is en omdop van moegheid nie!!

  • 39. Nico  |  Mei 12, 2008 om 8 : 31

    Bos
    Jy slaan die spyker op die kop.

  • 40. Nico  |  Mei 12, 2008 om 8 : 34

    annie
    Nou het jy die Maandag vir ons almal blou gemaak.

  • 41. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 8 : 36

    Ek sien Bos, ja ek trek maar net haar siel uit, maar vandag kry ek geen reaksie uit Adrie nie….. gewoonlik sal sy my darm vloek of iets… maar sys seker nie hier nie….. ;)

  • 42. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 8 : 42

    Doom Nico
    As jy elke nagmaal ‘n blaadjie moet uitgee vir mense om te lees en die “redaksie” is dan skielik net jyself, dan hol mens gou internet toe om sulke dinge te gaan soek.

  • 43. Samantha q  |  Mei 12, 2008 om 8 : 47

    More almal. Ek het net gou taxi gespeel met die dat die mislike paliteit nog staak! Ek wens hulle wil tog net my asblik kom leeg maak.

  • 44. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 8 : 50

    Adrie
    Nou moet jy betyds begin baklei want “Ouma-en-Oupa” dag is ok nog oppad.

    The history of Grandparents Day can be traced back to 1961 with the efforts of Mrs. Hermine Beckett Hanna. Hermine Hanna has been recognized nationally by The United States Senate, in particular Senator Alphonse D’Amato, and President Carter as the founder of National Grandparents Day. Hermine made it her goal to educate the young in the community to the important contributions senior citizens have made, and to the important contributions they are willing to make if asked. She also urged the young to adopt a grandparent, not for 1 day a year, not for material giving, but for a lifetime of experience and caring just waiting to be shared with others.

    Marian McQuade of Oak Hill, W.V. is credited with lobbying for a national observance of Grandparents Day.

    Also credited is Michael Goldgar of Atlanta, Georgia.

    In 1979 Their efforts paid off, when President Jimmy Carter signed Public Law 96-62 designating the first Sunday after Labor Day as National Grandparents Day. The statute cites the day’s purpose as: “… to honor grandparents, to give grandparents an opportunity to show love for their children’s children, and to help children become aware of strength, information, and guidance older people can offer.”

    Later that year, Senator Jennings Randolph (D-WV) introduced a resolution in the United States Senate to make Grandparents Day a national holiday. Five years later in 1978, Congress passed legislation proclaiming the first Sunday after Labor Day as National Grandparents Day and then-President Jimmy Carter signed the proclamation[1].

  • 45. Samantha q  |  Mei 12, 2008 om 8 : 50

    Saloom…. Daai laaaaang comments van jou maak dat ek nie lank saam kan kuier nie! :cry:

  • 46. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 8 : 51

    Hallo Sam Q

    Daar was saterdag mense daar in ons straat wat ‘n opportunity gesien het om geldtjie te maak, hulle ry rond met ‘n bakkie en trailer en vra mense dan net R20 om die asblike leeg te maak…

  • 47. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 8 : 51

    HAAAALLOOO SAM!!
    Ek hoop jy het darem ‘n lekker Moedersdag gehad – met Choklit mooose op die spyskaart kan dit nie anders.

  • 48. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 8 : 53

    Ek is vreeslik jammer, maar ek wou net vir Adrie op hoogte bring oor wie sy moet aanvat oor al die special dae wat sy so verpes.
    En dan wou ek graag nog gesing het ok, “sug” maar nou ja, ek sal dan nou maar my bek hou.

  • 49. Samantha q  |  Mei 12, 2008 om 8 : 55

    Zoeks… Stuur hulle na my toe. Ek sal R100 betaal :mrgreen:

  • 50. Samantha q  |  Mei 12, 2008 om 8 : 58

    Saloom…. 1 vanni dae sal A3 maar ‘n sing blog moet opsit SAAM met ‘n gewone blog. ELKE DAG!

  • 51. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 9 : 00

    Nico

    Dit is nou my lewens missie om jou te verras.

    Zoeks, jy soek seker nie eendag kinders nie.

    Salome, gelukkig het ek net blog oumas, wanneer dit my pas.

  • 52. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 9 : 05

    Adrie
    *Sjuut* jy moet my comment baie verklein want Sam spring op my omdat ek alweer te veel sê. Ek sal dan nou maar liewer nie vir julle sing “MY NOOI IS IN “N NARTJIE”

  • 53. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 9 : 05

    Ek wonder of julle instaat is om ‘n 1000 comments op die blog te sit. Dit is oop vir onderhandeling.

  • 54. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 9 : 07

    Salome

    Sam het nog haar eie blog met net 6 comments op.

  • 55. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 9 : 07

    Hoekom sê jy so Adrie?

    Sam Q jy kan my bad as ek weet waar daai mense nou is met die bakkie !!!

  • 56. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 9 : 07

    Ons kan definitief, maar Sam sal ons afslag.

  • 57. Bos  |  Mei 12, 2008 om 9 : 08

    Ek wonder wie is nou n kapatilis??? Nou voel ons verplig, ai, ai ai ;)

  • 58. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 9 : 09

    1000 !! jy raak weer baie ambisieus !!!

  • 59. Samantha q  |  Mei 12, 2008 om 9 : 22

    Ek kan nie eers 100 sien nie! Hoe dink jy moet ek 1000 help maak :?:

  • 60. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 9 : 22

    Bos

    Dit is nie kapitalisties nie, net ‘n uitdaging. . . .

  • 61. Bos  |  Mei 12, 2008 om 9 : 23

    Sien en daar gaan staan alles sommer stil en niemand se verder n woord nie!!! tsk!!

    Gaan nou ook weer bietjie werk julle!! Loer weer later in!!

  • 62. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 9 : 23

    Sam

    Okay, moet ek die uitdaging herroep tot jy ‘n rekenaar voor jou het?

  • 63. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 9 : 29

    Adrie
    Ag nee man, dis nog te blerrie lank voordat Sam weer ‘n rekenaar voor haar gaan hê

    Ek het nie sommer verniet Stilgebly nie, ek het my liedjie se woorde gaan soek anders moet ek weer so uit die gedagtenis uit sing en dan lag julle dalk vir my. Maar ek kry g’n niks nerens woorde oor DJ Opperman se “Sproeireen” of Jan De Wet se “My nooi is in ‘n nartjie nie”.

  • 64. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 9 : 30

    Adrie, hoe lank het ons om die uitdaging te doen? alles in een dag of het ons meer tyd?

  • 65. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 9 : 31

    Adriana
    Jy is ok nou weer nie lus om ‘n nuwe blog te skryf nie, nou wil jy kamma 1000 comment op die een hê. Nee wat ou sus, so maklik gaan jy ok nie weg kom van jou se joppie af nie.

    Skryf oor al die kleure en geure wat mens herrinner aan mense en dinge. Daaroor sal ons definitef 1000 comments kan hê

  • 66. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 9 : 33

    Saloom

    Want dit is mos in Afrikaans.

    Zoeks

    In eendag. Dit is nie eers ‘n uitdaging nie. As ek, jy, Sam, Tilla ens op ons pos is, is 2000 ‘n uitdaging.

  • 67. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 9 : 35

    Salome

    Op dit oomblik is ek besig om julle te beskerm teen die domste %^$# in die land. Ek kan nie vandag 10 blogs uit my duim suig nie. Ek sal jou onderwerp ingedagte hou.

  • 68. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 9 : 39

    Wie is die domste F*@%#$ in die land?

  • 69. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 9 : 39

    Almal

    Ek soek nie noodwendig vandag 1000 comments nie. Ek wil graag voor my aftrede ‘n blog he waar daar 1000 comments op is. Die dag dat ek ‘n blog het met 1500 comments, is ek beslis in ‘n ander liga as die res. Daarvoor het julle ‘n onderwerp nodig wat dit kan fasiliteer.

  • 70. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 9 : 42

    More more

    Hoe was jul klomp se naweek gewees?

    Moeders dag is seker maar ‘n manier om geld te maak ja. Maar tog dink ek dis lekker vir ‘n moeder om te weet daar is een spesiale dag net vir haar, en ja ek stem saam dat elke dag eintlik ‘n moedersdag, vadersdag en valentynsdag moet wees. Hoekom net daai een spesifieke dag anders wees. Mens moet elke dag aan daai spesiale persoon wys dat hy of sy spesiaal is en nie net een keer ‘n jaar nie.

  • 71. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 9 : 44

    Uuuhm, wanner beplan jy dan nou om af te tree?

  • 72. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 9 : 45

    Salome

    Die dag voor my dood.

  • 73. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 9 : 46

    Môre almal

    Jammer ek gaan nou my petrol op die vuur gooi. Ek is mal oor moedersdag, dit is soooooo lekker om presentjies oop te maak, ek word heeltemal te veel bederf. Ek sit op my hoop soos ‘n koningin en order almal rond, en ha ha ha almal doen net wat ek vra want…… dit is : Moedersdag!

    Dit is ook net so lekker om vir my ma geskenkies te gee, alhoewel sy heeltemal te veel bederf word, dis amper elke week moedersdag vir haar….

    O ek wil net sê Adrie, ek en Saloom sal hierdie blog binne ‘n uur tot op die 1000 kerf warm sing…. en soos jy opgemerk het op my blog…. verloor is nie ‘n opsie nie.. ;)
    Hier is natuurlik baie ander wat ons kan boo en baa en encore!!! so ek skat dit kan vinniger gebeur, die vraag is nie of ons dit kan doen nie, die vraag is kan wordpress dit hanteer? :lol:

    Aan al die mammas(of mamma’s to be ;) ) op die blog, hoop julle was gister lekker bederf!

  • 74. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 9 : 48

    Ouma Wip
    Sê haar!!! Dis net Sam wat mor oor die gesingery. Sy het gister seker nie genoeg choklit moose gekry nie.

  • 75. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 9 : 49

    Maar Ouma, om fair te wees, sal ons net sulke aanhalings sing. {FAK het baaaaaie liedjies in}

  • 76. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 9 : 51

    wip

    Hallo altyd lekker om jou op die blog te sien.

    (die Mammas to be was vir my bedoel en) ;)
    Dankie jy is te sweet. Wel actually het my liefie heeltemal daarvan vergeet so ja. Maar ons was darem voel en slang park toe gewees saam van sy family. Was lekker dankie.

    En ‘n gelukkige moedersdag aan jou ok, sorry dis biekie laat.

  • 77. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 9 : 51

    JIPEEEEE!! Ouma sê ons mag sing. ♫ ♪♫♪♫♫

  • 78. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 9 : 52

    Kom Adrie. Skryf daai “dare blog” van jou dat ons kan begin. Die son trek water.

  • 79. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 9 : 58

    Adrie is al die hele naweek so stuitig, vreeslik cheeky! Sy baklei my bloomer van my lyf af, ek is al op prozac, maar prozac help nie eers meer vir Adrie nie. Dis daardie “een” (by haar werk) wat nie kan verstaan nie, wat ons lewe nou so ondraaglik maak.
    Adrie leer natuurlik hierdie bakleiery ook by daardie “een”

    Saloom tjoklits gaan niks doen nie, jy sal moet navorsing doen, laat ons kyk wat kan ons maag toe stuur, wat die mond gaan toe kry. :lol:

    Adrie gee vir Zoekoe ‘n leidraad, iets soos stinkende knoffel ;) whaahaaha

  • 80. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 9 : 59

    Hallo Ouma Wip !!!!! :D

  • 81. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 10 : 01

    Never mind die mond Ouma. Ons moet iets kry wat die oge kan toe kry. Min slaap doen snaakse dinge aan ‘n mens . . .

  • 82. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 10 : 03

    Saloom ons sing ‘n stukkie en hulle moet raai wat die liedjie se naam is ala noot vir noot..

    Lilly dit was inderdaad vir jou bedoel en slangparke is baie lekker, as jy lief is vir slange. Dankie vir die lekker wense! Hoop jy geniet nog hierdie wonderlike tyd in jou lewe :)

    Die son trek water…ek moet nog bank toe ek het my internet banking opgefoeter, verkeerde password duh!! Dis aaklig, ek kort geldjies in my kaarte, ek kan nie shop nie…ek wil net oorplasings doen maar die ding hou aan vir my sê: stap bank toe Wipneus!!

  • 83. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 10 : 03

    Hiri Sam sal my nou wragtag soontoe laat ry met daai Cremora tert. En dit met die petrol prys en all . . .

  • 84. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 10 : 04

    Hello Zoekoe, wat het jy die naweek aangevang?

    Saloom vir die oge, sit ons slaappille in die rooi koeldrank….. ;)

  • 85. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 10 : 04

    Mooi ry Wip. Moet tog net nie in een van die slaggate verdwaal nie.

  • 86. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 10 : 06

    Adrie werk jy vandag????????????????????

    Kan jy nie ‘n oumens groet nie…. waar is my etiket handleiding…. laat ek die ding gaan opgrou…

  • 87. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 10 : 07

    Ouma
    Ons noem dit “Woord vir Woord”

    Mooi ry Wip. Moet tog net nie in een van die slaggate verdwaal nie.

  • 88. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 10 : 08

    Sam is te suinig om ‘n rekenaar te koop….dit kos haar seker ‘n fortuin om te blog…..aan die einde van die 3 maande sal sy sien sy kon ‘n rekenaar gekoop het seker nog met adsl ook…;)

    Hello Sam:) kan jy nog lees? Dis mos nog nie 100 nie??

  • 89. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 10 : 08

    en woord vir woord sal ons Adrie se 1000 comments kry.

  • 90. Nico  |  Mei 12, 2008 om 10 : 08

    Adrie
    Kry lekker onderwerp. Ek hou van uitdagings so noem ‘n dag dan kry ons 1000 inskrywings op die blog.

  • 91. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 10 : 09

    Wip

    Nie so lief vir slange nie maar dis baie interesant. van daai goed is masief. En wat vir my nogal weird is maar baie interesant is dat hoe groter die slang hoe minder giftig is nie ding maar die kleintjies wat skadeloos lyk is dodelik.

    Snaaks hoe die natuur werk.

  • 92. Nico  |  Mei 12, 2008 om 10 : 09

    Hallo Wipneus

  • 93. Nico  |  Mei 12, 2008 om 10 : 10

    Lilly
    Werk dit so by mense ook?

  • 94. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 10 : 10

    Ek sal weer kom inloer, ek gaan nou net gou bank toe….kom daarvan as mens nie meer die letters so mooi kan sien nie….en ek het nie rooi koeldrank gedrink nie, dis wat ek nie kan verstaan nie…

    Kyk nou in jou resepteboeke Saloom, dit moet iets wees soos “Death by chocolate”

    Gee ons net ‘n tyd vir die uitdaging, dat ek kliënte van my deur kan weghou…. ;)

    Cheerio julle!

  • 95. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 10 : 13

    Die naweek is so biekie van ‘n blur, te veel gekuier !!!!

  • 96. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 10 : 14

    Nico

    nee vrek ek hoop nie so nie anders is my ma seker een van die gevaarlikstes wat jy kan kry.

  • 97. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 10 : 15

    Hello Nico, hoop jy het ‘n lekker naweek gehad

    Lilly miskien moet ek ook weer bietjie slange gaan kyk, het dit lank laas gedoen … my man wil ‘n slang koop (groot vet ding) …ek sê liefies vir hom ….. nou kies maar, of ek….. of die slang, hier is nie plek vir ons altwee nie :lol:

    Nou wip ek gou hier uit

    ns:
    Adrie moenie met iemand hier baklei nie, hulle gaan my sê….dan kry jy niks meer rooi koeldrank vir 1 maand….. :evil:

  • 98. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 10 : 15

    Is reg ouma, ek sal die argiewe gaan na-slaan.
    Dalk moet ons Doom Nico vra of hy hipnose ken.
    Zoekoe, hoekom het jy nie bietjie van daai “blur” by Sam gaan aflaai nie?

  • 99. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 10 : 18

    “Lilly”
    Hulle sê kleinste botteljie grootste gif, en my moedertjie is ok een van daai klein botteltjies – sy laat nie maklik met haar mors nie. {geitjie sê ek vir jou}

  • 100. Wipneus!  |  Mei 12, 2008 om 10 : 19

    Zoekoe jy maak my klaar, ek het gesê stadig, stadig, my kind dis die goue reël, jy kan nie die lewe deurgaan op “blur” nie….

    Nee nou is ek regtig uit ek moet nog gaan hare blaas, sit hier met ‘n nat kop en dis al 10 uur gewees , ai jai jai….

    Die ding gebeur natuurlik elke keer met my, ek dink by myself ek gaan net gou hier kom inloer, en dan sit ek en ek sit en ek sit….

    (maar ek moet darem vir Zoekoe hello sê…. hy is Ouma se favourite seuntjie…..) Zoekoe jy moet oppas hierdie Ouma is sneaky ek steel kinders voor hulle ouers weg! ;)

  • 101. Nico  |  Mei 12, 2008 om 10 : 20

    Salome
    Sal al my kennis en ervaring inspan.
    Lilly
    In ons huis werk daardie teorie. Vroulief is korter as ek en sy is beslis die gevaarlikste.

  • 102. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 10 : 24

    Dankie Ouma, hoe was die troue toe gewees? :P

  • 103. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 11 : 00

    Ja wel as jul vat my ma is 1.45m lank en ek is 1.58m lank.

  • 104. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 11 : 02

    Jy sien Lilly, dit kom nou daarvan as mens nie jou groente eet nie.

  • 105. *lilly*  |  Mei 12, 2008 om 11 : 15

    Saloom

    Eintlik is ek baie lief vir my groente maar ek like dit om so kort te wees hoor.

  • 106. Zoekoe  |  Mei 12, 2008 om 11 : 27

    Dis nie so erg kort nie, kort vroumense is vir my seksy !!

  • 107. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 11 : 29

    Man dis darem baie interessant as mens so rondkrap op die net. Ek soek prentjies vir Babie se lekkergoed sakkies en kom toe op hierdie interressante webwerf oor verjaardag tradisies af. Gaan lees dit gerus.

    http://www.kidsparties.com/TraditionsInDifferentCountries.htm

  • 108. Pikkelik  |  Mei 12, 2008 om 11 : 34

    $k hier kom ek nou eers weer op my stokperd aangetrippel. Ek dink nie ek gaan nou eers al die comments lees nie. Die kinders skrouw te veel vanoggend. Wil net sê ons vier moedersdag met ‘n drukkie, soentjie en koffie innie bed. Dis genoeg vir my, my geskenk lê daarin dat ek almal wat ek liefhet by my kan hê. So lekker dag vir julle almal…. :oops:

  • 109. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 11 : 46

    Goeie bloue grond

    Die duiwel en al sy gesante is los vandag.

    Nico

    Ek sal aan iets dink wat julle wat erenstige debat sal uitlok.

  • 110. ADRIANA  |  Mei 12, 2008 om 11 : 49

    Spesiaal vir Wipneus – Niemand anders mag dit lees nie.

    Hallo Ouma

    Hoop Ouma het ‘n vreugdevolle dag gehad vandag. Ek is tussen die duiwel en die diep blou see. Ek weet nie of ek moet suip, moet spuit, moet moer of op ‘n hoop sit en tjank nie.

  • 111. neykie  |  Mei 12, 2008 om 11 : 50

    Ek het my ma bederf met ‘n ontbyt by Mugg& Bean en ‘n lekkerruik geskenk.

    Lekker dag verder vir almal

  • 112. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 11 : 55

    Hallooooooo Neykie

    Ek wou nou net eensaam raak.

  • 113. neykie  |  Mei 12, 2008 om 12 : 04

    Hoekom A3?

  • 114. Adrie  |  Mei 12, 2008 om 12 : 07

    Neykie

    Ek moet alleen met myself praat hier.

  • 115. neykie  |  Mei 12, 2008 om 12 : 10

    Praat maar met my A3…. moenie alleen voel nie

  • 116. Katvis  |  Mei 12, 2008 om 12 : 22

    Eer jou Vader en moeder sodat jou dae verleng kan word.

    Daar is voordele daar aan om eer aan jou vader en moeder te bring en daar volgens te lewe. Dit kan jou n baie lang lewe gee want dit is die belofte wat God aan jou maak.

    Ek stem saam die dae wat die media jou voorskryf om Ma’s en Pa’s en Jeug en wie weet wat nog te vereer met n persent of wat ook al laaik ek nie baie nie maar as dit n manier is om weer ruspek vir mekaar te kry “so be iet then” wat ons samelewing het geen ruspek vir mekaar meer nie.

  • 117. ADRIANA  |  Mei 12, 2008 om 12 : 23

    Neykie

    Ek sukkel nog om by jou uit te kom vandag.

  • 118. Salomè  |  Mei 12, 2008 om 12 : 52

    Jipeeee, ek gaan huis toe!!
    Ek gaan Teddiebeer koekies bak met Teddiebeer-vorm broodjies met teddiebeer-prentjies op lekkergoed sakkies, en, en, en,
    Adrie, dink jy nie dit pas baie oulik by blou-oog nie?
    {eintlik was die ander 2 seuns se eerste verjaardag ok ‘n Beertjie tema}

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: