Slaansakke
Mei 7, 2008
As Salomo nie alles begryp het nie, kan ek ook nie begrip vir sekere goed hê nie. Ek het van Dellie se vriendin gelees wat tans goed deurmaak wat ek nooit wil nie. Ek ken sulke verhoudings goed.
My peetma is aan so ‘n drel verslaaf. Ek sê verslaaf, want om watter ander rede bly hulle by die boks nie. Kom ons noem die vark – hoekom nie? – Vark. Haar pa het altyd gesê sy sal oor sy dooie liggaam met Vark trou. Haar oudste kind was twee, toe sy oor sy dooie liggaam kon trou. Voor die tyd het almal geweet Vark is gemors, maar sy wou nie hoor nie.
Eers was daar jare lank gesukkel om op hulle voete te kom. Met tye het dit goed gegaan, maar dan eis drank en dagga weer sy tol. Vark verloor sy werk, kry ‘n ander vrou, trek. Haar familie en vriende help haar op haar voete, hy kom smeek, sy neem hom terug en trek na ‘n ander plek. Hy mishandel haar, fisies en verbaal. Hy knou die kinders af. Die oudste 2 het blou oë, daarom kan hulle nie sy kinders wees nie, sy oë is bruin. Die jongste een wat bruin oë het is alles – tot die dagga praat.
Een aand wat ek spesifiek onthou, hulle het op die stadium in dieselfde dorp as ons gewoon. Vark het haar en 3 klein kinders (4 – 10 jaar) in gietende reën uitgesmyt half elf in die aand. Sonder geld, sonder vervoer. Sy moes 4 km na ons huis loop met die kinders. ‘n Week later is sy terug na hom. Sy is ‘n paar jaar later geskei. Hy is vort en sy ‘n paar maande later agter hom aan. Saam het hulle ‘n besigheid begin, tot sy in ‘n ongeluk beseer is. Vark is weg met al hulle geld en het haar en die kinders (7 – 13) sonder kos gelaat in ‘n vreemde plek. Weer het my ma ingegryp. Paar maande later was Vark terug.
So het dit jare en jare aangegaan. Sy het ‘n paar keer met hom getrou en ‘n paar keer geskei. Hulle is nog steeds saam en steeds gaan die storie aan. Die oudste kind is 28. Nie een van die kinders het matriek gemaak nie. Ja, hulle sorg goed vir hulle gesinne, maar die letsels is sigbaar.
Dit is net een geval. Ek het deur die jare nog baie sulke gevalle gesien. Dit is asof die vroue die mishandeling geniet. Daarom het ek GEEN simpatie nie. Julle dink ek praat groot? Ek het onlangs dieselfde met ‘n vriendin deur gemaak. Haar nuwe ou was jaloers, ek het gewaarsku, sy het nie geluister nie. Een dag bel sy my in trane omdat hy haar geklap het. Ek vra: “Is jy steeds by hom?” Sy het ja gesê en ek het gesê ek hoop hy slaan haar weer. Skokterapie, maar dit het gewerk. Sy is weg van hom af – al vir jaar.
Ek is baie lief vir my peetma, maar sy het haar bed opgemaak. Sy moet daarin slaap.
Blogvraag: Op watse dag vier Bridget Jones haar verjaarsdag?
Blogantwoord: Wip is reg met 8 November 1887.
Entry Filed under: Uncategorized. .
87 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Dellie | Mei 7, 2008 at 5 : 18
Adrie, ek hoop van harte dat my vriendin nie dieselfde paadjie oor en oor gaan stap nie. Alhoewel hulle al ‘n paar keer uitmekaar uit is, is hierdie die eerste keer wat dit so ver as ‘n egskeiding gaan. Ek wil haar nogal glo as sy sê sy het genoeg gehad, sy is nie meer lief vir hom nie… maar net die tyd sal leer.
Intussen sal ek haar ondersteun waar ek kan. Ek het belowe ek sal.
2.
Adrie | Mei 7, 2008 at 5 : 23
Dellie
Jy het vergeet om te eerste.
Ek weet hoe voel jy in daardie bootjie, ek was al menige kere daar. Daar is die 5 % kans dat sy wel sal bly by haar voornemens. Maar wees gereed vir ontnugtering. Sterkte vir jou en vir haar.
3.
Zoekoe | Mei 7, 2008 at 5 : 34
Ek het al ook sulke mense tee gekom, spesifiek vroumense, die mans waarmee hulle uitgaan is rubbish, maar hulle stamp oor en oor hulle koppe leer fokken nie….. wel dan is my simpatie ook op geleende tyd !
4.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 05
Dis vreeslik dat vrouens terug gaan, om maar weer ‘n slaansak te wees. Ek het ook al gehoor, hulle sê sommige vrouens soek ‘n man wat hulle bietjie pakslae gee.
Nou wonder ek altyd, hoekom sal dit wees/ Het ietsie dalk uit “getrip”
Mens sal nooit weet nie, maar dit kan nie ‘n lekker lewe wees om altyd pakslae te kry, minderwaardig te voel, moontlik bang te wees, ens ens
5.
sonkind | Mei 7, 2008 at 6 : 05
Adrie, soms bly ‘n vrou omdat jy emosioneel so afgetakel is dat jy nie dink jy verdien ‘n beter lewe nie. Dis maklik om te se mens het jou bed opgemaak, nou moet jy daarop slaap. Stap eers ‘n myl in die ander persoon se skoene voor jy ‘n oordeel vel.
Ek stem saam met jou dat genoeg genoeg is en ek glo daar is seer sekerlik vrouens wat nooit die emosionele krag sal he om die wrede sirkel te verbreek nie. Maar daar is wel party van ons wat een dag wakker word en besluit, al is dit na 12 jaar – hier trek ek die streep. Met of sonder geld, met of sonder doodsdreigemente, ek loop vandag.
En dan loop jy en jy gaan deur hel en jy skei en jy kry iewers deur die gemors ‘n interdik teen hom en jy skaam jou dood om vir die skool te gaan vra hulle moet seker maak hy kom steel nie jou kinders nie. Maar jy doen hierdie dinge. Jy gaan ses maande na ‘n sielkundige toe en jy huil so tydens die eerste paar sessies dat hy vir jou kalmeerpille voorskryf, maar grappenderwys vir jou se hy maak jou dood as jy ‘n oordosis daarvan neem.
En eendag vind jy uit jy haat hom nie meer nie, jy is ook nie meer bang vir hom nie. Hy het vir jou geword presies net wat hy is – ‘n patetiese persoon.
En dan weet jy dat jy weer heel is en dat niemand jou OOIT weer so stukkend sal breek nie. En dan kry jy weer ‘n tweede kans op geluk en vandag voel dit of daardie tyd met iemand anders gebeur het, Dis net die hartseer vir jou kinders wat bly, want hy bly hulle pa en jy wens so dat jy destyds vir hulle ‘n ander pa gekies het.
Dit is hoe dit is, Adrie.
6.
Samantha q | Mei 7, 2008 at 6 : 05
Eerste!
7.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 10
Sonnie
8.
Roer | Mei 7, 2008 at 6 : 12
Hoe doen ‘n mens die groot oge Ouma Wip? Wag, ek gaan toets. Ek het ‘n spesmaas…
9.
Roer | Mei 7, 2008 at 6 : 13
Woohoo. Hoe kry mens roll oge, want dis mos nou twee woorde…of hou ek my nou blond. Kom ons probeer. :rolleyes:
10.
Roer | Mei 7, 2008 at 6 : 14
ok…
11.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 15
Roer hello
12.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 15
13.
Roer | Mei 7, 2008 at 6 : 18
Fanks Wippie.
14.
Roer | Mei 7, 2008 at 6 : 18
kewl!
15.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 19
Gaan dit goed met jou Roer
16.
Roer | Mei 7, 2008 at 6 : 20
Uitfreakinstekend Wips, en da?
Oja, oor egskeiding…nee wag, ek het niks daaroor te sê nie.
17.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 21
Whaahaahaa het jou liefie jou nog nie so kwaad gemaak nie?
18.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 22
Sjoe ek wens ek het so goed gevoel ‘n lang wonderlike woord oor hoe goed jy voel
Ek het griep…. sleg man, maar môre is ek beter ek overdose vandag op gemmerbrandewyn vit c en en en
19.
Roer | Mei 7, 2008 at 6 : 24
Ja wel…ek reken hy’t meer rede om my aan te rand of te wel skei, as ek. Die Here het geweet hy beter vir my ‘n geduldige siel kry, maar hy reken daar’s hoop vir my. Ek raak beter met die jare.
20.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 25
Selfde hierdie kant ek het ook ‘n geduldige een, wat my bietjie tem
21.
Roer | Mei 7, 2008 at 6 : 25
Daai gemmerbrandewyn werk plus jy kan gesuip raak met ‘n verskoning. Nie sleg nie.
22.
Roer | Mei 7, 2008 at 6 : 27
Lekker aand. Ek het butternutsoup op die stoof. Lekker koue weer hier by ons. Gaan nou snoesig op krul onder die duvet, voor die tiewie, ‘n bulletjie onder elke arm. Hoop jy voel gou beter Wipstertjie.
23.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 27
hie hie dit werk beslis Roer, ek weet nou net nie vir wat nie…:lol:
24.
Wipneus! | Mei 7, 2008 at 6 : 29
Lekker inkruip Roer
25.
Jannas | Mei 8, 2008 at 12 : 07
Do you have the answer to these questions?
Before they invented drawing boards, what did they go back to?
Can atheists get insurance for acts of God?
How can you tell when your out of invisible ink?
Why is there an eject button on the VCR remote? Don’t you have to get up to get to the tape?
Did the early settlers ever go on a camping trip?
Did you ever notice when you blow in a dog’s face he gets mad at you? But when you take him in a car, he sticks his head out the window!
Do infants enjoy infancy as much as adults enjoy adultery?
Do Lipton employees take coffee breaks?
Does anybody ever vanish with a trace?
Does the little mermaid wear an algebra?
Does the Postmaster General need a stamp of approval?
How can overlook and oversee be opposites, while quite a lot and quite a few are alike?
How can someone “draw a blank”?
How can the weather be hot as hell one day and cold as hell another?
How can there be “self help” “GROUPS”?
How come Superman could stop bullets with his chest, but always ducked when someone threw a gun at him?
How come you press harder on a remote control when you know the battery is dead?
If 7-11 is open 24 hours a day, 365 days a year, why are there locks on the doors?
If a jogger runs a the speed of sound can he still hear his walkman?
If a man speaks and there is no woman there to hear him, is he still wrong?
26.
Roer | Mei 8, 2008 at 6 : 33
Hi siestog. Julle twee weer boggerall geslaap. Koffie?
27.
Zoekoe | Mei 8, 2008 at 7 : 22
Môre môre !!! – eintlik is môre boggerol, vandag is die dag !!!!
28.
Samantha q | Mei 8, 2008 at 7 : 38
Hi Zoeks
29.
Samantha q | Mei 8, 2008 at 7 : 40
Roer……..
30.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 7 : 50
Sam, Roer, Zoeks môre….
Zoekoe ek vra ‘n gunsie daar op my blog?
Sam ouma wil bietjie met jou praat onder 4 oge…
Bring sommer die boekie daar in die boekrak saam..
Wat meisies moet weet…
Kom sit hier langs ouma op die bank…
31.
Samantha q | Mei 8, 2008 at 7 : 54
Wat ek nou wee gedoen!? Ek moet ga regmaak v my hare afspraak ouma…..
32.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 7 : 55
Hare, hare??????????????
Hoe kan ek jou in die strate laat gaan, jy wil net gaan stout wees, jy moet in die bed bly, hare gaan niks doen vir jou wond nie?
Het jy geslaap?
As jy terug kom gaan ons bietjie lees oor dogtertjies en seuntjies
33.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 7 : 57
Ouma sê vir jou na 10 moet seuntjies huis toe gaan, mens kuier na 10 in die nag met seuntjies nie….. Ouma wil dan deure sluit…..
34.
Samantha q | Mei 8, 2008 at 8 : 01
Ouma het my dan uit die huis gesluit
. Ek sê ouma wat…. Los daai boek en soek eerder die boek van HOE OM OUSIES TE LAAT SLAAP!
35.
Adrie | Mei 8, 2008 at 8 : 02
More Almal
Son
Ek haal my hoed vir jou af dat jy die sirkel gebreek het. Ironies kry die vroue dit makliker reg as hulle hulle vrees oorwin het. Ek het een persoon se lewe geskets, ek kan maklik nog 7 s’n oor blog.
36.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 8 : 08
Sam gaan doen maar jou haartjies, Ouma weet van tiener tantrums, jy slaap nie omdat jy in die nag met mannetjies klets…..
Ek het op jou eie blog wat Adrie vir jou gemaak het met jou begin gesels
Hi Adrie
37.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 8 : 10
Ekself het Son se kommentaar ook gelees met baie hartseer en hoendervleis….
Die lewe is ‘n b*tch…… hy speel rondomtalie met ons…
38.
Samantha q | Mei 8, 2008 at 8 : 23
Ouma… Wa oor ga d geskellery nou wee
?
39.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 8 : 26
Oor die boek wat Meisies en Seuns moet weet, geen teenstribbel…… gaan doen nou maar eers jou haartjies, dit staan vanoggend vreeslik en jou oge sit groot in jou kaste, seker van te min of geen slaap….. Ouma skud bekommerd haar kop….
Mens moet mooi kies as jy ‘n man kies….geen vrou mag ‘n slaansak wees nie…uh uh Ouma wil jou ook leer hoe werk ‘n eierpan, dat jy jouself kan verdedig sou jy in die moeilike situasie kom
40.
Salomè | Mei 8, 2008 at 8 : 30
Sonkind
Kan ek dit uit die kind se oog vir jou antwoord.
Het in so huis groot geword en gesien hoe my ma “niks” geword het. Na elf jaar, baie fisiese letsels, baie trane en baie van die doodsdreigemente, het sy ok eendag haar voet neergesit en besluit sy en haar 2 meisiekinners is beter werd. Dit het sukkel-sukkel gegaan en party aande was daar net pap en eier maar ons was haar dankbaar vir haar besluit. Vandag is ons 3 baie close en hy is ‘n sieklike alleen “patetiese” ou man. Sê ek ok nie lekker nie maar ek dink hy het gekry wat hy verdien.
En daar het ek ok nou net my ID nommer die wereld ingestuur.
41.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 8 : 38
(((Salome))) jou ma het uiteindelik gewen. Dit vat seer sekerlik baie moed om die besluit te neem, om te gaan.
Ek sê jou, as mens nie in sekere omtandighede is nie, kan jy nie altyd lekker saam praat nie…..
Maar ek sê nogsteeds, vat jou goed en hardloop as jou man die eerste hou slaan, want hy gaan nooit weer ophou as hy dit eers eenkeer gedoen het nie.
Maar voor ek gaan, sal ek hom wraggies eers in sy slaap goed hel met ‘n swaar eierpan!!!
42.
Salomè | Mei 8, 2008 at 8 : 42
Ouma Wip
Hy was juis bang vir my ma en het altyd met die messe onder sy kopkussing geslaap want sy was eendag so “tjiekie” om vir hom te sê dat sy hom nog in die hande gaan kry. Watse kans het ‘n vroutjie van 5 voet 2 teen ‘n ma van 6 voet 6 – behalwe as sy hom in sy slaap in die hande kan kry.
43.
Nico | Mei 8, 2008 at 8 : 45
Hi julle
Ek kry elke dag met hierdie goed te doen. Ek het al kontak by ‘n gastehuis op die dorp waarnatoe ek vrou neem vir verblyf as dit rof gaan die aande. Ek is al deur mans wat stormdronk is uit hulle huise gejaag, moes mans in kroeë gaan uithaal, ‘n getroude man het al by my erken dat hy gereeld hoere oplaai en baie ander dinge waarvan julle net op die agterkant van die Rapport lees.
Mans maak vroue afhanklik van hulle. Die man weier dat die vrou werk want sy moet kwansuis na die kinders by die huis kyk. Dan het hy houvas op haar want sy het geen inkomste en is bang hy kry hulle met ‘n egskeiding. Baie mans probeer die vrou van die familie en haar gesin vervreem sodat sy meer van hom afhanklik is. So kry hulle mag oor die vroue. Die vroue kan nie waag om uit die huwelik te klim nie want” Wat van die kinders?” Vroue verdra baie ter wille van die kinders.
44.
Adrie | Mei 8, 2008 at 8 : 47
Weet julle, ek sal nie skei nie. Ek sal sy grootste nagmerrie word. Hy sal sy hande vir my lig en ek sal hom laat toesluit. Die bliksem.
45.
Nico | Mei 8, 2008 at 8 : 49
Hoekom kan vroue nie saamstaan en ‘n geheime organisasie begin nie. Kry vrouerofstoeiers en vroue bodybuilders om sulke slapgat (verskoon die woord maar dit is al hoe ek dit kan beskryf) mans tot in die hospitaal te m..r.
46.
Adrie | Mei 8, 2008 at 8 : 50
Nico
So waar. My peetma, vark en kinders het dikwels saam met ons in die huis gewoon. Dus is ons en die kinders baie na aan mekaar. Geskiedenis herhaal homself.
Die oudste is met ‘n man getroud wat haar van haar familie vervreemd en weier dat sy mag werk. Toegegee, my peetma het altyd haar werk behou.
47.
Nico | Mei 8, 2008 at 8 : 50
Adrie
Het iemand al die vraag beantwoord oor Bridget Jones se verjaarsdag?
48.
Salomè | Mei 8, 2008 at 8 : 51
Doom Nico
Ek wil nou nie te filosofies raak nie, maar die meeste van hulle vergeet ok dan in daardie situasie “Die Here sal voorsien”
Kan ek jul ‘n staaltjie vertel – sal dit probeer kort hou. My ma het vir die kerk tikwerk gedoen wat sy so nou en dan ‘n paar sentjies voor gekry het. Dit het swaar gegaan en en ouma het oor die foon probeer moed in praat. Ma was opstandig en sê vir ouma “die Here kan nie haar varing geld maak nie” (sy het die mooiste varing gehad wat van die kas tot op die grond soos ‘n waterval gehang het.) Ouma het gepaai maar tevergeefs. Die volgende dag kom ds. by haar werk ingestap met ‘n koevertjie (betaling vir die tikwerk). Maak nogla verskoning dat hy nou vir haar sulke “simpel geld bring maar die kassiere het klaar die ander geld gebank. In die koevertjie – R120 – almal R10 rand note. Is die “groen” toe nou toeval?
49.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 8 : 51
Salome dis die regte manier, wag dat meneer slaap……slaan hom pot blou hy moenie sy gesig herken die volgende oggend. ‘n Man slaan nie aan ‘n vrou!
Nico ….. ek haal my hoed af vir jou, ek is vreeslik cheeky waar dit by die goed kom…ek storm hande viervoet in, om die vrouens te beskerm, partykeer sonder om te dink. Ek sal nog so vrou finansieël help ook om weg te kom.
Dit is ook nie goed nie want jy verwoes ‘n huwelik, wat miskien nog ‘n kans gestaan het. Soos ek sê, ek weet nie veel van die goed nie. Dit bring my soms in die moeilikheid.
50.
Adrie | Mei 8, 2008 at 8 : 53
SAM!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Oor Nico se voorstel, ek is die voorsitter. Jy kan die hoofregmaker wees.
Nico, ek weet van ‘n predikant wat moeg geraak het vir die vrou se geklaery en toe self die man gaan opfoeter het.
51.
Adrie | Mei 8, 2008 at 8 : 55
Nico
Nee, hulle moet seker eers die fliek gaan kyk.
52.
Adrie | Mei 8, 2008 at 8 : 57
Wip
Weereens, die varke slaan nie aan ‘n selfversekerde vrou nie. Jy sal instorm en hom iets aandoen en hy sal nie sy pote lig nie. Diep binne is hulle lafharte
53.
Nico | Mei 8, 2008 at 8 : 58
Kan ek vir julle probeer raad gee. As jy weet van ‘n vriendin of familielid wat deur sulke goed gaan, moet asb. nie verwyte en beskuldigings na haar kant toe gooi nie. So iemand beleef dit as verdere veroordelings en maak haar meer negatief. Wees simpatiek met haar, sonder om die situasie goed te keur,behandel haar met liefde en wees vir haar ‘n vertroueling. Jy gaan meer beteken as wat jyself ooit kan besef.
54.
Adrie | Mei 8, 2008 at 9 : 02
Nico
In die geval van my peetma, sy sal my altyd sien as ‘n kind. Dus skip sy my as dit met sulke sake begin.
In die geval van my vriendin, sy was nog nie getroud nie. Daarom was pak en voetsjek die beste oplossing.
In die geval van ander mense – ek is skuldig.
55.
Nico | Mei 8, 2008 at 9 : 09
Adrie
Een ding wat jy sê wat belangrik is, is dat ‘n mens ook elke probleem individueel moet hanteer.
Ek het al vir ‘n man wat pille gesluk het in die hospitaal gesê “As jy dit weer doen, dan d….r ek jou” Hy het dit nie weer gedoen nie!
Ek sal dit nie met almal doen nie.
56.
Nico | Mei 8, 2008 at 9 : 10
Tata almal. Dis weer ek en die oumense. praat later weer.
57.
Adrie | Mei 8, 2008 at 9 : 12
Baai Nico.
Soet wees, en stadig maar met die mense wat in die hospitaal vasgekluister le.
58.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 9 : 12
Dankie Nico,
die vorige keer, het ek net begin tasse en klere pak, gelukkig het sy gewerk. so ek het net haar tydelike blyplek betaal…..sy is vandag baie bly, en baie gelukkig – die man is tot vandag toe nog vir my kwaad…. nie so lekker nie.
‘n Ander een bly nogsteeds by die man, om die waarheid te sê hulle het nog ‘n baba gehad, sy leef vandag nog so…. ek het weg gehardloop….. Die man is arrogant, hy lieg, bedrieg (steel) en hy sit vierkantig op haar kop. Hy koop tot die huis se meubels, sy het geen keuses nêrens? Is dit regtig ‘n lewe?
Sy doen dit vir die “geld” – wil nie swaarkry nie, hoe is dit? Natuurlik maak die meneertjie baie geld. (eerlik? nee)
Ek het en kon dit nie verstaan, daarom het ek weg geraak.
59.
Adrie | Mei 8, 2008 at 9 : 19
Wip
Dit verstom my hoeveel vroue in die polisie is in die situasie. ‘n Mens sal verwag dat hulle van beter weet.
60.
Salomè | Mei 8, 2008 at 9 : 22
Adrie
Mens sou verwag dat hulle darem op hul agterpootjies sal staan en dit stop. Vandag se vroumense word mos nie meer soos ‘n klomp gewillige slafies groot gemaak nie.
61.
Adrie | Mei 8, 2008 at 9 : 25
Salome
More skryf ek oor die skoen aan die ander voet.
62.
Adrie | Mei 8, 2008 at 9 : 32
Uit die beeld. Ek se maar eerder niks.
St. Poelten (Oostenryk). – Josef Fritzl (73), die Oostenryker wat sy dogter 24 jaar lank as ’n seksslaaf aangehou het, het aan sy prokureur, Rudolf Mayer gesê: “Ek is nie ’n monster nie.”
Mayer het dit aan die Oesterreich-poniekoerant oorgedra. In die Oesterreich beweer Fritzl verder dat hy die lewe van Kerstin, sy oudste kind by sy dogter, gered het.
Kerstin is op 19 April hospitaal toe gehaas omdat haar organe besig was om in te gee. Dokters vermoed dit is ’n gevolg van haar jare lange aanhouding.
Dit het gelei tot die ontdekking van Fritzl se wandade. Maar hy beweer: “As dit nie vir my was nie, was Kerstin nou dood.”
Volgens mnr. Guenther Moerwald, direkteur van St. Poelten, die tronk waar Fritzl aangehou word, word hy van die res van die gevangenes weggehou uit vrees vir geweld.
Mayer het vroeër die week gesê dat Fritzl ’n geestesversteuring vir versagtende omstandighede sou aanvoer. – Sapa-AFP
63.
Zoekoe | Mei 8, 2008 at 9 : 34
Adrie, het jy my pics gekry?
64.
Adrie | Mei 8, 2008 at 9 : 35
More Zoeks
Ja dankie, ek is grasgroen.
65.
Zoekoe | Mei 8, 2008 at 9 : 40
Mooi ne, stuur biekie vir ons anner maaikies ook dit, ek sukkel met die emails by die huis, ek sal julle nog stuur
66.
Adrie | Mei 8, 2008 at 9 : 42
Zoeks
Ek maak so.
67.
neykie | Mei 8, 2008 at 9 : 47
Ek kan nie verstaan dat vroue bly terug gaan na mans toe, wat hulle so behandel nie- dalk is ek net nie einstein nie maar ek kop nie so lekker nie
68.
Adrie | Mei 8, 2008 at 9 : 53
Neykie
Ek verstaan glad nie. Ek is so dom soos grond.
Hoe gaan dit vandag.
69.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 9 : 59
Hi Neykie, ek verstaan ook nie, soos die dag aangaan sal ons hopelik meer begin verstaan……
70.
Wipneus! | Mei 8, 2008 at 10 : 02
Zoekoe baie dankie vir die foto’s ek waardeer!
71.
Adrie | Mei 8, 2008 at 10 : 07
Wip
Dalk, maar ek twyfel.
72.
neykie | Mei 8, 2008 at 10 : 35
Kyk Wip ek reken nou so, die vrou weet watter tipe man hy is, en as sy tog dan terug gaan- wie is ander om haar te keer? Die liefde is Baie BLIND. so blind dat jy die letsels jare later nog sal kan sien. Liefde maak maar seker seer ook
73.
Adrie | Mei 8, 2008 at 10 : 36
Neykie
Liefde is ‘n pot snot. Vergeet daarvan.
74.
Samantha q | Mei 8, 2008 at 10 : 52
Trug en my huis is vol kerk tannies. Ek moet seke ma gaan saam bid…..
75.
Samantha q | Mei 8, 2008 at 10 : 54
Of inni kombuis sit tot alles verby is….
76.
Adrie | Mei 8, 2008 at 10 : 54
Sam
Ek dog dan jy bid elke liewe aand.
77.
Adrie | Mei 8, 2008 at 10 : 55
Opsie 2.
Vertel Neykie van die liefde.
78.
neykie | Mei 8, 2008 at 11 : 15
Liefde…. Kom ek stel dit so Adrie- ek het ook eens op ‘n tyd daarin geglo nou weet ek nie mee nie. Is dit wat ek voel slegs jaloesie omdat hy iemand anders bo my gekies het of is dit ‘n baie erger dinkg?
79.
ADRIANA | Mei 8, 2008 at 11 : 19
Neykie
Ek skryf juis ‘n blog daaroor. Dit sal more op wees.
80.
neykie | Mei 8, 2008 at 11 : 20
Adrie dit gaan darem biekie beter as gister
81.
neykie | Mei 8, 2008 at 11 : 21
kan in daai geval dan nie wag nie adrie…
82.
ADRIANA | Mei 8, 2008 at 11 : 22
Neykie
Jy sal dalk nie daarvan hou nie.
83.
neykie | Mei 8, 2008 at 11 : 35
hoe so?
84.
ADRIANA | Mei 8, 2008 at 11 : 41
Wag en sien.
85.
Bos | Mei 8, 2008 at 11 : 55
Lo daar maters
Kom gou oe wys! My ouers het my geleer dat net n slapgat man aan n vrou slaan en as n vrou se hande lig is en sy kan slae uitdeel moet sy die pakslae wat volg kan vat. My sus het so rukkie terug uit so verhouding uitgekom, en hoekom, nie omdat sy sterk genoeg was om self daar uittestap nie, maar omdat ons as gesin (Pa, ma en ek) haar daar gaan uithaal het!! Hulle is so slinks die manne, hulle breek daardie vrouens se selfbeelde so af dat hulle dink dit is hulle skuld, ek het dit nie net met my sus gesien nie maar ook met my beste vriendin. O.k, ons is nie regtig meer so goed bevriend nie, want ek het haar eendag daar gaan uithaal en hy het my amper geslaan, toe se ek hom, slaan ou, moenie terughou nie, slaan met als wat jy in jou het, maar weet dit, as ek hier uitstap gaan ek reguit polisie toe en dan wil ek sien wat jy gaan maak!! Ek is nie een van daai butchies wat dink ek kan n man aanvat nie, maar ek is ook nie een van daai vrouens wat net gaan le en dit vat nie. Daar sal maar altyd sulke mense wees wat ander se hulp in die lewe nodig het, want sommige van ons is sterker as ander!! My vriendin het egter uitgevind dat sy swanger was en het hom terug gevat toe se ek haar, ek sal altyd haar vriendin wees, maar sy moenie weer by my kom huil as hy haar rondruk en slaan nie, en dat sy moet onthou kinders maak nie sulke goed beter nie, hulle ly ook op die einde van die dag onder dit. So, al wat ek se is, al verstaan ek nie hoe hulle by sulke mans kan bly nie, die Here ons as mens gebruik om mense wat nie so sterk is nie te help, en dit is ons plig. Daarom kry mens leiers en volgers, is maar die kringloop van die lewe.
86.
Zoekoe | Mei 8, 2008 at 11 : 59
Wat mis ek? biekie banja besig vandag !!
87.
Pikkelik | Mei 8, 2008 at 2 : 45
Hi daar, alweer heeltemal te laat geslaap. Oor die post, ‘n strykyster werk goed. Jy sit hom aan op high, soos wanneer jy ‘n denim wil stryk. Dan los jy hom daar om gooooeeeed warm te word. Dan wag jy tot die bliksim slaap en laat waai. Jy stryk en stryk en stryk en stryk ooral waar jy plek kry, en dan staan jy die volgende week in die hof met ‘n aanranding saak teen jou. Bleddie bad, maar die vark wil jou dan ook gelukkig nie weer terughê nie want sien hy is nou bledddddiiiiieeeee bang vir jou…..