Terugkoms in koerante

April 24, 2008

Met die langnaweke wat voorlê, is dit nie iets waaraan ons wil dink nie, maar daar gaan ongelukke wees.  Daar gaan 5 Mei heelwat minder mense in Suid Afrika wees.

‘n Donker prentjie, maar een wat ons kan probeer voorkom.  Elke bestuurder weet wat goed is vir hom, ek gaan dit nie weer herhaal nie.  Of dalk tog net ‘n paar.  Moet nie drink en bestuur nie.  Moet nie drink en loop nie.  Moet nie roekeloos wees nie.  Maak seker jou kar is padwaardig. 

In plaas van preek, moet ons dalk ons ongeluk ervaringe met mekaar deel.  Ek was al in 3 ongelukke gewees.

Met die eerste een was ek 15 jaar oud gewees.  Ek was ‘n passasier in ‘n motor wat met ‘n bees kennis gemaak het teen 80 km / h.  Die bestuurder van die motor het daarop aangedring dat ons veiligheidsgordels moet dra.  Ek het reg agter haar gesit en het die veiligheidsgordel halfpad afgehaal om gemakliker te slaap.  In nabetraging, was ek baie gelukkig.  Ek het net ‘n blou oog en ‘n stukkende wang gekry in die ongeluk, die tannie wat bestuur het was in intensief.  As ek egter wakker was en regop gesit het, was ek daardie dag onthoof. 

Ongeluk 2 – ek het geld op straat ingesamel vir Jool.  Ek was 19 jaar oud en het tussen die rye motors gestaan.  Soos baie kere van te vore en baie kere daarna.  ‘n Taxi het my raak gery en weggejaag.  Geen erenstige beserings nie, ek het net my ligamente in my elmboog geskeur.  Vir ‘n paar weke was ek nie instaat om my eie skoene vas te maak nie. 

Ongeluk 3- Ek hou nie daarvan om hieroor te praat nie.  Ek was in my eerste werk en moes hulle uitstedig gaan verteenwoordig.  Oppad uit die dorp waar ek was, teen so 60 km / h het ‘n dronk vrou voor die werk se kar ingespring.  Ek voel nie skuldig oor die ongeluk nie, ek voel wel skuldig oor my optrede daarna.  Ek was ‘n gekwalifiseerde noodhulp beampte, maar behalwe om te kyk of sy lewe het ek glad nie verder hulp verleen nie.  Ek was te besig om myself te red en ek sal seker eendag dit gaan verduidelik.  Ek was gelukkig nie aangekla gewees nie.  Die vrou het haar been erenstig gebreek.

Blogvraag:  Wat is die wettige limiet van alkohol in jou bloed?

Blogantwoord:  Night Crawler was reg.

Veels geluk liewe Tinkerbell

Omdat jy verjaar

Mag die Here jou seën

En nog baie jare spaar.

Ons Tienkie is vandag 25

Entry Filed under: Uncategorized. .

151 Comments Add your own

  • 1. Wipneus!  |  April 25, 2008 at 4 : 43

    Lekker naweek! Gaan vir goud!!! Groete vir Sam, ek gaan nou eers Streepsuiker lees, dan gaan ek ook waai!!

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin
antonie on Toemaar
Joey on Die nag wat by my spook . .…
Skoor on Die nag wat by my spook . .…
oday on Feite, mites en pleinweg …
oday on Feite, mites en pleinweg …
mukesh on Kopers spyt
Xena Phoenix on Dit was lekker . . .
coyote on Dit was lekker . . .

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye