Genadedood

Maart 4, 2008 at 4 : 15 50 Kommentaar

Vir vandag se bespreking, wil ek graag aborsies van gestremde fetusse insluit. 

Wat dink julle van genade dood?  ‘n Fliek wat my nogal daaroor aan die dink gesit het, is Million Dollar Baby met Hilary Swank in die hoofrol.

 ‘n Mens kry 2 tipes.  Aktiewe genade dood behels dat iemand op een of ander menslike manier dood gemaak word.  Passiewe genadedood beteken behandeling woord weerhou wat lewe sal verleng, maar nie noodwendig verbeter nie.

Baie van ons Christelike opvoeding keer genadedood af.  Volgens die Bybel mag ‘n mens nie moord pleeg nie.  Maar is genadedood moord en hoekom?  Gelowe is verdeeld hieroor, veral Christendom, Jode en Budiste.  Net die Moslems is teen dit, so ook teen alle vorme van selfmoord (Moet my net nie vra oor selfmoordaanvalle nie, my kop is te plat daarvoor).

Ek self is nie ten gunste van genadedood nie.  Ja, ek sal ‘n dier uit laat sit wat ly, maar nie ‘n mens nie.  Hoekom nie?  Ek wil graag glo dat net God die mag van lewe en dood het.  Hy sal die mens uit sy lyding verlos, op Sy tyd.  Soos ‘n hond my eiendom is, is die mens seker God s’n.  Tog dink ek dat daar ander redes ook is.

Die mens is nie gemaak om ander te kan dood maak nie.  Wanneer ‘n mens (‘n normale mens) ‘n ander doodmaak, al is dit geregverdig, ‘n ongeluk of oorlog – gaan daar ‘n stukkie van sy mens wees dood.  Om iemand te help doodgaan sal jou gewete opvreet en jy sal dit nie noodwendig kan keer nie.

Daar gebeur elke dag wonderwerke.  As jy jou kind laat uit sit, wat gemaak as daar die volgende dag ‘n geneesmiddel ontdek word?

Wat gemaak met mense wat verstandelik en fisies erg gestrem is?  Ek praat van mense wat niks vir hulle self kan doen nie en geen benul het wat om hulle aangaan nie?  Ek weet regtig nie.  Maar tog, hulle is ook God se skepsels.  Wie hulle versaak of mishandel gaan eendag daar bo moet gaan verduidelik.  Selfde geld vir abnormale fetusse – immers loop daar vandag baie abnormale fetusse rond wat eindlik niks makeer nie. 

Stem julle saam met my?

Vraag vir die dag: 

Wie haal ek aan:  “I hate it when people don’t disagree with me, that means that I am wrong.”

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Genaliteit Ligter Onderwerp

50 Kommentaar Add your own

  • 1. Verons  |  Maart 4, 2008 om 4 : 24

    Genade dood moet op meriete beoordeel word! Ek is nie ten gunste daarvan nie maar ook nie vir dit nie!
    ‘n Hond is ook God se skepping en jy sal hom uitsit as hy ly maar ‘n mens mag maar ly?!??!

  • 2. Verons  |  Maart 4, 2008 om 4 : 25

    O JA EERSTE!!!
    En lekker aand vir julle praat more weer!!

  • 3. Adrie  |  Maart 4, 2008 om 4 : 29

    Verons

    Ek gaan nie in ‘n teologiese argument betrokke raak nie. Ek is nie gekwalifiseer daarvoor nie.

    Die mens is wel as heerser oor die aarde, diere ens aangestel. Nie teenoor mekaar nie. Ek dink dit is waar die verskil inkom. Jy maak ‘n dier dood, ‘n mens vermoor jy.

    Ek moes 2 jaar terug my hond laat uitsit het. Ek is glad nie ‘n dieremens nie, maar dit was vir my ontsettend swaar. Hoeveel swaarder moet dit nie wees om ‘n mens uit te sit nie.

  • 4. Val  |  Maart 4, 2008 om 4 : 32

    Ek hoop ek word nooit in so situasie geplaas om so groot, complicated besluit te moet maak nie. Maar as ek in ‘n bed le en net ‘n las vir my mense is, moet hulle dadelik genadedood oorweeg en uitvoer.
    Ek wil nooit ooit vir enige persoon ‘n las en verleentheid wees nie.

    By-the-way groetnis aan almal

  • 5. Adrie  |  Maart 4, 2008 om 4 : 37

    Val

    Weet jy, die eskimo’s het ‘n tradisie. Wanneer ‘n ou mens voel hy raak ‘n las vir die familie, kruip hy / sy na buite dat die wolwe hulle kan opeet. Die familie probeer hulle nie eers keer nie.

  • 6. Miss Nats  |  Maart 4, 2008 om 4 : 40

    Hello!

    Genade dood… ek was eers vir dit, maar nadat ek jou siening gesien het stem ek saam dat net die Here dit kan doen. Hy het ons tog hier gesit, en dis Sy wil wanneer en hoe Hy ons hier weg vat.

    Ek is 100% teen selfmoord.

    Jy moet maar die Here vra om jou te kom haal wanneer jy regtig nie meer kan nie.

    Wanneer dit by diere kom, sal ek eerder die lyding weg vat en die diertjie uit laat sit. Dis nie maklik nie, maar ons is hier om na hulle te kyk, en glo nie die Here sal dit sien as moord wanneer hulle erg lei nie.

  • 7. Adrie  |  Maart 4, 2008 om 4 : 43

    Nats

    Ek het gewonder of jy van die blog bewus is.

  • 8. Miss Nats  |  Maart 4, 2008 om 4 : 47

    @ Adrie
    Ek sukkel my as af om hier te blog!!

  • 9. Adrie  |  Maart 4, 2008 om 4 : 48

    Nats

    Jy en Ma. Iets vertel my dit is weer julle IP adresse.

  • 10. Miss Nats  |  Maart 4, 2008 om 4 : 50

    Alex
    Dit moet wees… en wanneer ek uit eindelik kan lees wat hier aan gaan en wil comment, dan skop die ding my weer af!

  • 11. Adrie  |  Maart 4, 2008 om 4 : 51

    :evil:

    Dit kan ‘n mens jou polse laat afbyt.

  • 12. Miss Nats  |  Maart 4, 2008 om 4 : 53

    Laat af kou!!

    Ek moet groet!

    Check julle Woensdag!!

  • 13. Val  |  Maart 4, 2008 om 4 : 55

    A3
    Die probleem is, ‘n mens is in so situasie dat jy niks vir jouself kan doen, hoe die hel gaan jy nog buitentoe kan kruip.
    Ek glo daar sou soveel meer “selfmoorde” gewees het as mense in sulke “helpless” situasies die vermoe gehad het om hul eie lewe te neem.
    Ek stem heeltemal saam met dit wat julle se, dat die Here gee en so ook sal neem maar in drastiese situasies verloor mens kop en jy doen dinge wat jy op daardie stadium dink die beste vir almal sal wees.

  • 14. Val  |  Maart 4, 2008 om 4 : 56

    Groete en gesels weer more as my werk dit toelaat

  • 15. Adrie  |  Maart 4, 2008 om 4 : 59

    Val

    Onthou net, met al my blogge gee ek my mening. Dit is nie noodwendig reg of logies nie. Onthou ook dat ek nie ‘n teoloog is nie. Ek praat van my gewete af, ek sal dit nie kan ondersteun nie. Ek gaan ook nie iemand veroordeel wat dit wel wil laat doen / daarmee gehelp het nie. As iemand my opinie vra, dit is my opinie.

  • 16. Val  |  Maart 4, 2008 om 5 : 05

    Oscar Wilde

  • 17. TristonJ  |  Maart 4, 2008 om 9 : 21

    ek is persoonlik van die opinie, nie dat dit veel te, dat ons met mediese toevoeging n mens se lewe slegs te ver verleng… ons hou n liggaam en brein aan die gang lank na dat hy verdere doel het, oumense word seniel… onthou nie wie hulle is waar hulle is, kan nie hulle kinders en kleinkinders onthou, hulle kan nie meer loop, lank sit raak pynlik, hulle harte klop slegs met hulp van n pil elke oggend… watse lewe is dit! nee genade dood is presies wat dit se n genade! ons hou ons oumense en erg beseerdes aan die lewe slegs vir ons eie selfsugtigheid… ons wil nie van hulle laat gaan nie, self wanneer hulle soebat vir die release!

  • 18. Zoekoe  |  Maart 5, 2008 om 7 : 34

    Hallo Julle…. dis ‘n moeilike onderwerp weereens… ek voel genadedood moet toegepas kan word, ons doen dit dan met ons troeteldiere waarvoor ons ook lief is. maar weereens dis net my opinie !

  • 19. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 8 : 01

    NEGENTIENDE!!!

    More Almal!!!

  • 20. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 8 : 03

    Eindlik is ek TWEEDE vir die dag

  • 21. Bos  |  Maart 5, 2008 om 8 : 04

    More se, sjoe, wat n topic …

    God se ons mag nie moor nie en se ook duidelik dat as jy jou hand aan jou eie lewe slaan, jy nie die ewige lewe sal be erwe nie. Aborsie is n sonde. Dit is net makliker om nou te se dat ons die verstand het om masjiene uit te dink om te sien iets is fout en dat ons dan van daardie baba kan ontslae raak. Wanneer het dit jou besluit geword? Ons is mense, met menslikke emosies wat wegskram van pyn en lyding en daarom verkies ons om ons harte te volg en nie die woord van God nie.

  • 22. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 8 : 09

    Ek stem glad nie saam met genadedood nie. Maar weereens was ek nog nooit in so situasie om daardie besluit te neem nie.
    Oor aborsies; ek dink nie dis vir ons om te besluit of ‘n fetusse geaborteer moet word of nie. Het iewers gelees dat die Here mens tot Groeipunt beproef en nie tot Breekpunt nie. As Hy dit goed gedink het om vir jou ‘n abnormale kind te gee, moet jy dit as jou voorreg beskou om daardie kind groot te maak. Hy het immers gedink jy is goed genoeg om na een van Sy spesiale maaksels om te sien.

  • 23. Bos  |  Maart 5, 2008 om 8 : 17

    @ Salome

    Ons met net een ding ook onthou, nie alles is altyd God se wil nie ….. Kyk maar wat het met Job gebeur. Die duiwel is vrek lustig en het Job laat lui soos geen ander mens nie, net om te kyk of hy God sal verloon. Ons geloof in vandag se tyd is beslis nie meer soos in Job se tyd nie, en dan wonder mense hoekom daar nie meer wonderwerke plaasvind nie!

  • 24. Multi  |  Maart 5, 2008 om 8 : 20

    ek is vir genadedood.

    ek het al gesien hoe iemand waarvoor ek vandag nog baie lief is en soms baie mis, ly vir dae voordat hy breindood verklaar was.
    hoekom vriende en famielie deur al daai lyding sit….

    Adrie
    wat is dit met die bedrukte topics die laaste paar dae?

  • 25. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 8 : 24

    More Almal

    Multi, as ek julle mos nie iets kontroverseel vra nie, blog julle nie.

  • 26. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 8 : 31

    Multi
    Dis jammer as sulke dinge gebeur, maar ek glo nog steeds dis die Here se wil. Die wat dit aanskou moet iets daaruit leer of verstaan. Ons moet besef daar is nie so iets soos toeval nie. Dis alles deel van God se plan. Al klink dit soms wreed – dis hoe Hy tot ons wil deurdring.
    Dis waar wat Bos sê, alles is nie Sy wil nie, maar Hy laat nog steeds dinge toe om ons net suiwerder juwele te maak.

  • 27. Bos  |  Maart 5, 2008 om 8 : 49

    Het n besige dag wat vir my voorle. Sien julle later!!!

  • 28. Multi  |  Maart 5, 2008 om 8 : 53

    Saloom
    net wat de fok moet ek daaruit leer of vertaan wanneer ek sien hoe my hele toekoms uitmekaar en in pyn lê.
    as dit God se plan was het Hy ‘n siek fokken sin vir humor en nog ‘n kakker plan gehad.
    en hoe is dit veronderstel gewees om my sterker of suiwerder te maak.
    ek is jammer as ek Godslasterlik klink maar die Bybel se ook dat ons nie ‘n onregverdige God dien nie – maar ek voel God was hier onregverdig gewees.

    so weereens – uit persoonlike ondervinding – pro ganadedood.

  • 29. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 9 : 06

    Multi
    Dis jammer as jy so agressieg voel daaroor. Ek leef elke dag met ‘n swaard oor my kop. My Liefie is baie siek en die kanse dat die 3 seuns die lewer siekte ge-erf het is baie groot. Liefie se pa het in ‘n week se tyd baie siek geword en is dood. Dieselfde kan met hom gebeur.
    Ek was aan die begin baie opstandig daaroor want ek glo ek het ‘n wonderlike man – daar is nie nog sy gelyke nie. Maar dit het my laat besef, die lewe is baie kort, ons moet mekaar elke dag beskut, beskerm, bewaar, liefhê, waardeer en elke oomblik saam met mekaar net die beste maak. Ek het al ‘n baba aan die dood afgestaan en dis nie maklik nie, maar mens moet aanvaar dat dit nie sonder rede is en weet God is nie ‘n onregverdige God nie.
    Ek sê weer; Hy beproef mens tot Groeipunt, nie Breekpunt nie.

  • 30. Erns  |  Maart 5, 2008 om 9 : 07

    Hello almal

    Ek voel dat as ek so oud is en niks vir myself kan doen nie dan wil ek eerder nie meer in die lewe wees nie

  • 31. Verons  |  Maart 5, 2008 om 9 : 09

    Multi ek voel in ‘n mate ook soos jy, want vir een wil ek nooit ‘n las vir my kinders of enige iemand anders for that matter wees nie!
    As ek die dag my menswees verloor sal ek verkies dat die genadedood op my toegepas word!
    Ek glo ook nie God is onregverdig nie en Hy sal verstaan as mens ‘n genadedood toepas en soos ek gister gesê het daar is sekere mirietes wat in ag geneem moet word voor daar tot so ‘n stap oorgegaan word!

  • 32. Rooi Koos  |  Maart 5, 2008 om 9 : 13

    Daar is n storie wat ek as kind by my ouma gehoor het. Die drama het af gespeel naby die drakens berge een van die spits koppe in die Vrystaat. Dit gaan oor n kind wat skape in die kop gaan haal het toe val hy in n kloof in. Toe kon hulle hom nie daar uit kry nie. Hy was net te diep in die skeur in en dit was te vêr onder toe. Die mense wat sy pa en familie in gesluit het het alles probeer om die kind daar uit te kry maar niemand kon naby hom kom en as hulle toue laat sak het kon hy nie lank genoeg vashou om hom uit te trek. Ek kan nou nie die hele verhaal presies onthou nie maar die uiteinde was dat na dae van probeer het die kind vir sy pa gese hy moet hom maar dood skiet wat die pa toe gedoen het want hy was toe al reeds so swak dat die dood al was wat vir hom gewag het. Elke keer as ek daar verby ry dan sien ek die plek waar my ouma my gewys het waar dit gebeur het. Dan kan ek nie anders as om n traan daar te laat loop oor my wang want wat het deur almal se koppe gagaan daardie dag toe die drama daar af gespeel het. Dit was baie jare terug wat dit gebeur het.

  • 33. Bos  |  Maart 5, 2008 om 9 : 19

    @ Multi

    Klink of jy deur hel is en weer terug. Ek dink daar is baie aspekte rondom God, goed wat ons nie kan of wil verstaan nie. Ek vra altyd vir my ma, hoekom sou Hy als wat op aarde was eenkeer uitwis? Mens dier plante, als net omdat die mens ongehoorsaam was? Hoekom het hy n mens gekies om sy seun in die wereld te bring en sy het daardie kind as haar eie grootgemaak, net om te sien hoe hy gekruisig word en tot met die dood toe gemartel en bespot was?Weereens Job. Hy het sy vrou, sy kinders, sy eindom, sy geld, sy status, sy menswees verloor. Hy het soos n boemie op die ashope gesit en sy sere met kleipotte gekrap terwyl vliee en brommers en die vader weet alleen wat nog om hom gedrom het. Ek het beslis nie al die antwoorde nie, het ook baie vrae, maar weet dat ek ook n kwaai God aanbid, n God wat nie nonsens vat nie, n God wat nie ongehoorsaamheid gaan duld nie. Ons moet lief wees vir Hom, maar ook in vrees lewe, of beter gestel RESPEK he vir Hom. Met tyd sal die antwoord kom en jy sal verstaan, as die tyd reg is en God kan vir jou se hoekom hy dit toegelaat het.

  • 34. Erns  |  Maart 5, 2008 om 9 : 24

    My mening is dat ja hulle gaan sleg en hartseer wees sodra jy weg is maar hulle gaan jou beter onthou as wat jy lei en hulle sien hoe baie jy agteruitgaan

  • 35. Multi  |  Maart 5, 2008 om 9 : 39

    Saloom en Bos
    ek is deur hel en nog meer ja!
    ek is kwaad – en het nog steeds nie antwoorde nie, ek is ‘n kerkmens, my pa is ‘n priester ek ken God en verstaan Hom. maar ek kan nie verstaan hoekom nie…..
    wat het ek gedoen – is ek so vol sedes dat ek so gestraf moes word.
    die afgryslike manier waarop my maat dood is en toe dit nie genoeg was nie – die dood van die ongebore baba.

    nie een van julle op die blogs ken my regtig nie. ek is altyd vriendlik en soms vol kak.
    nou lê ek my siel bloot aan julle oor Adrie se kak topic…….

  • 36. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 9 : 43

    Ek vra nie om verskoning oor my onderwerp nie. Ek wou lankal al so ‘n blog geplaas het en dit is soms goed om self ondersoek te doen.

  • 37. bruinogies  |  Maart 5, 2008 om 9 : 49

    mre mre julle

    multi ek dink als gebeur mer ‘n doel en ‘n rede, God is nie onregverdig nie. Jy besef nie altyd wat God vir jou probeer sê nie, maar tog op ‘n latere staduim kom j agter wat God probeer sê het. Al leef jy hoe naby aan God, is dit nie ‘n te sê dat jy nie slegte tye moet deur gaan nie. Dis God se manier om jou Christenskap en jou geloof te beproef!

    Ons almal kan net dankie sê dat God nog ‘n dag in ons lewens toegevoeg het en dat ons Hom kan ken!

  • 38. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 9 : 51

    Adrie
    Ek dink jou Platinum graaf krap hopeloos te diep vandag . . .

    Multi
    Jy moet dit nie as ‘n STRAF sien nie. Dit gaan dinge baie makliker maak.

  • 39. Bos  |  Maart 5, 2008 om 9 : 53

    @ Multi

    Jy is reg, ons ken jou nie, en ek kan net se ek is jammer. Ek weet nie waardeur jy gegaan het nie, so ek kannie se ek verstaan nie, ek kan net se ek hoop jy vind vrede, ek kan nie se dit sal beter gaan nie, ek hoop net jy vind berusting. Is goed om net soms te laat gaan en jou hart leeg te praat, al daai seer en opgekropte woede en watter beter plek as hier, waar ons jou nie kan judge nie, altans ek, want ek het jou nog nooit ontmoet nie. ek praat met my rekenaar skerm. Jy is sonder n gesig vir my maar ek voel jou hartseer en pyn en ek kan net se sterkte ek glo dit sal beter raak.

  • 40. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 9 : 54

    Multi
    Voorlat jy nou verder met my raas;
    Organise bietjie vir ons ‘n anner koffiemasjien daar by jou. Hierie blerrie Adrie wil ons laat diep dinge praat maar sy en Sam sal ok wragtag nie sorg vir ‘n bietjie drinkgoed nie.

  • 41. Salomè  |  Maart 5, 2008 om 9 : 55

    Bos
    Ag ek is so bly as daar anner is wat goed is met die gevleulde woorde. Ek sê amen op dit wat jy gesê het.

  • 42. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 10 : 07

    Salome

    Dit gaan nie oor stir nie. Dit gaan om kwessies te bespreek wat gewoonlik onder die mat in gevee word. Dit gaan oor filosofeer. Daar gaan nog baie sulke onderwerpe in die toekoms wees. Al is dit ontstellend, mag ons dit nie ignoreer nie.

    Ek het vir julle ‘n ander blog op gesit, maar ek is nogtans bly ek het hierdie blog geplaas.

    @ Multi

    Ek is nie God nie, en kan nie Sy aksies ontleed nie. Ek het net lankal geleer om Hom onverwaardelik te vertrou en nie vrae te vra nie. Dit gaan nie op aarde beantwoord word nie.

  • 43. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 10 : 11

    Ek weet ook dat dit moeilik is om iemand te sien ly. Ek weet ook dat dit moeiliker is om ‘n lewe te neem, al bedoel jy dit hoe goed. Ek weet niemand wil ‘n las vir ander wees nie.

    Die dag as ek moord pleeg is dit uit woede. Nie om iemand te help of te probeer verlos nie. Dit is nie my plek nie.

  • 44. boendoe  |  Maart 5, 2008 om 10 : 18

    Die probleem wat ek met genadedood het, is WIE NEEM DIE BESLUIT? Die dokter, die nursie wat die pasient oppas, die familie? As almal links en regs kan besluit hulle pas genadedood toe, wie is daar om die sieke te beskerm? Ek is teen genadedood, juis om daardie rede. Dalk is die pasient self ook nie juis lus om doodgemaak te word nie, al kry hy swaar!
    Ek is eerder vir ge-assisteerde selfmoord. As iemand, soos Hilary Swank se karakter, nie self ‘n einde aan sy/haar lewe kan maak nie. Ten minste le die besluit by die persoon self.

  • 45. Adrie  |  Maart 5, 2008 om 10 : 28

    Boendoe

    Dit is juis daardie fliek wat my aan die dink gesit het. Sy het gesmeek om dood gemaak te word, haar eie tong in die proses probeer afbyt juis om dood te bloei. Dit is nie reg om ‘n ander van sy vryheid tot keuse te ontneem nie, met die verstande dat hy verantwoordelikheid vir sy besluit aan vaar.

  • 46. Bos  |  Maart 5, 2008 om 10 : 51

    My oupa is oorlede aan kanker. Prostaat en anaal.
    Hy was n wonderlikke man, pa, oupa, vriend. Almal het tyd gehad vir hom en hy vir ander. Hy het n rustigheid in n vertrek ingebring wat ek nie kan verduidelik nie. Vir langer as tien jaar het hy geweet hy het kanker en niemand gese nie. Toe ons uindelik agterkom hy is siek toe was dit al te laat om iets te doen. Die dokters was verstom en hul se hul kan nie glo my oupa het so lank stilgebly nie, want hy moes deur helse pyn gegaan het. My oupa het God gevolg met alles in sy hart, met sy hele wese. Ek het lank gevra: ‘waarom my oups? waarom iemand wat so lief is vir God en lief is vir die lewe? Ek kon en wou dit nie verstaan nie. Vyf jaar terug was hy uit ons lewens uitgepluk, lank voor ek dink hy moes gaan, maar God het n ander plan gehad met ons familie. Dit het alaml geruk tot in hul siele en n verskeurde familie het stadigaan toevlug bymekaar kom soek. Bieties en sussies wat nie meer gepraat het nie, sussies wat nie gepraat het nie, sewe kinders in totaal ….. so is almal weer terug gebring aarde toe en het hulle (ons) besef dat familie soms al is wat jy oor het en so vinnig kan dit verby wees, dit is my getuienis en ons familie se storie, daarom weet ek Met als het God n doel en al is Hy nie self verantwoordelik vir sommige goed nie, draai dinge altyd reg uit, solank ons net ons vertroue in hom stel.

  • 47. Val  |  Maart 5, 2008 om 11 : 14

    Multi
    Ek voel vir jou en het ook gesien hoe my groot, sterk en trotse Pa dag vir dag in die hospitaal wegkwyn en hy was maar 54. Ek was kwaad vir almal even vir myself want ek het, uit ongeduldigheid, my moer gestrip vir hom op die dag van sy dood. Hy kon nie sy water drink wat ek vir hom vas gehou het nie. Hy het baklei en ek is kwaad daar uit.
    Ek hoop net dat uit die gespreke wat jy hier gehad het dit ‘n bietjie van jou pyn sal kan lig. Ek dink die kwaad kan metertyd weggaan maar ek kan nie sien dat ‘n mens ooit kan vergeet nie.

  • 48. johannes coetzee  |  Maart 5, 2008 om 12 : 15

    Die Laaste Dag…!

    21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 …. 5 maande van hel op aarde!!!

    (Openb 9:5) En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.

    (Openb 9:6) En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

    (Openb 16:17) En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

    (Openb 16:18) En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.

    lees ook die boek “We Are Almost There!!!” by http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html

  • 49. sonkind  |  Maart 6, 2008 om 10 : 35

    Ek stem saam met passiewe genadedood. Met ander woorde, moenie mense met masjiene aan die lewe hou nie. Masjiene is mensgemaakte goed. As jy glo God is in beheer, moet jy ook glo dat God daardie persoon sal laat bly lewe as dit Sy wil is, SONDER masjiene.

    Vir die res, nee, dan word dit moord.

  • 50. Hans Matthysen  |  Maart 6, 2008 om 9 : 07

    Sou mens die masjiene afsit wat mens se liggaam aan die lewe hou, met die oog op genadedood, is dit nie moreel verkeerd nie. Sou daar nie masjiene gewees het , sou die natuur sy gang geneem het, dus as die masjiene afgesit word, neem die natuur sy gang.
    Ongelukkig moet ons die wette van die land gehoorsaam wees, volgens die bybel en kan ons dus nie iets doen totdat die wette gewysig word. Johannes, dit help nie jy noem ‘n klomp teksverse wat nie van toepassing is, op hierdie gesprekspunt nie. Die verse wat jy noem, is van toepassing op ander sinario’s.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: