Eed van Hipocrates

February 12, 2008

Ek lees in vandag se Beeld, van ‘n ou dame wat gesterf het nadat sy by 3 hospitale weggewys is.  Dikwels was die tannie deur sarkastiese aanmerkings van dokters beledig.

 Wat het geword van die eed van Hippocrates?  Is dit nou vervang met die eed van Mammon? 

Ek is glad nie ‘n aanhanger van die mediese lui nie.  Hulle dink hulle weet alles en intussen kan mens marathons om hulle hardloop.  Werk enige dokter nog om sy naaste te dien?  Stel hulle nog hulle eie behoeftes na die pasient?  Of voel hulle ‘n veer, immers kan ons nie sonder hulle lewe nie. 

Wat dink julle?

Entry Filed under: Uncategorized. .

5 Comments Add your own

  • 1. Ingrid  |  February 12, 2008 at 9 : 11

    Eerste.

    Waarnemer, ek dink dokters is net in die beroep vir geld.

  • 2. Miss Nats  |  February 12, 2008 at 11 : 12

    Ek dink ons regering moet reg kom en Hospitale vir almal beskikbaar maak!! Medies is mal duur en soek elke verskoning om jou nie te dek nie!!!

    PS: Dokters kan ook die regering aan vat, maar wie wil nou die man op straat help?? Alles gaan oor geld dit maak my siek!!!

  • 3. Ingrid  |  February 12, 2008 at 11 : 52

    Maak my ook siek, moet net nie ‘n geld wolf (lees dokter) naby my bring nie.

  • 4. Marilyn  |  February 22, 2008 at 5 : 24

    n Oud kollega van my, sy was n Bulgaar het eendag vir my gese die dokters in SA is useless. Ek was so kwaad vir haar. Maar nou weet ek wat sy bedoel het. Hulle is regtig net daar vir die geld. Ek sal nie se almal nie. Hier is n dokter wat baie “verniet” werk doen. Hy was al n Angel op Jakaranda ook gewees.

    Dis dus nie almal wat so geldgierig is nie, maar ek dink tog die meeste is.

  • 5. "Oubaas" (gawie)  |  Maart 1, 2008 at 8 : 47

    Ek was werkloos en genoodsaak om Kalafong Hospitaal toe te gaan vir medikasie. Na 2 jaar besluit ‘n jong vroulike Uroloog om my na die internisse te stuur. Ek beland toe daar onder ‘n professor wat my vir ‘n week daar hou vir toetse. Daarvandaan kyk ek nie weer om nie!

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Skou blomme

Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

5 sente

Stille Nag « H… on Stille nag
Wille Kjind Q on Little Angels
Elize on Little Angels
Wille Kjind Q on Tannie Roer
Vlam on Tannie Roer
Xena Phoenix on Bygelowe
*lilli* on Bygelowe
Vorige lewens … on Die Seerower Koningin
antonie on Toemaar
Joey on Die nag wat by my spook . .…

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

Bladsye